Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 

%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 31
- File size
- 604.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 31
This exam
NSC November Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)33 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)34 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Poësie (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
AFDELING D: POËSIE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om jou te help.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
7. Spandeer ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2016
NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn Bos 35 4
2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 8
3. Meeulanders 35 12
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
4. Poppie – die drama 35 16
5. Paljas 35 20
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6. “Die pakkie” 18 24
“Benedicta” 17 26
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7. “Kabouterliefde” 18 28
“Kontak” 17 30
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
GETAL VRAE DUI AAN
AFDELING VRAAGNOMMERS
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–3 1
B: Drama 4–5 1
C: Kortverhale 6 1 (Sluit 2 kortverhale in)
D: Gedigte 7 1 (Sluit 2 gedigte in)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 Drie maande later, toe hy oortuig was dat die goud ook maar net weer ʼn
2 droom was, het MacDonald hom een middag onder op die kaai laat roep.
3 Dit was ʼn Maandag. Daar het ʼn vreemde man by hom in die kantoor gesit.
4 “Dit is mister Patterson,” het MacDonald hom ingelig. “Hy verstaan nie
5 kitchen Dutch nie, hy kom van oorsee af. Hy wil ʼn paar dae lank Bos toe gaan
6 om die loeries te bestudeer en hy soek iemand om met hom saam te gaan.”
7 Saul het geweet MacDonald sit en lieg. Ná twee jaar in sy skuur het hy
8 MacDonald se liegstem goed geken. “Aangesien mister Patterson my gas is,
9 het ek gesê ek sal jou met hom saamstuur omdat jy die Bos ken. Hy het ʼn
10 kaart van die Bos, een wat ons by mister Harison gekry het. Al wat jy moet
11 doen, is om hom te neem waarheen hy wil gaan. Verder moet jy saans sy tent
12 opslaan en natuurlik ook sy kos maak.”
13 “Die beste plek vir loeries is in Kom-se-Bos.”
14 “Mister Patterson sal self sê waar hy geneem wil wees,” het MacDonald
15 ergerlik wal gegooi. “Sorg jy maar net dat hy veilig daar kom en weer veilig
16 terugkom ook. Ek sal vir julle kos vir twee weke laat inpak. As hy langer wil
17 bly, kom haal jy nog. En jy los hom nie alleen en foeter na die houtkappers
18 toe nie! Elke dag wat jy saam met mister Patterson in die Bos is, is jy in my
19 diens.”
1.1 “Drie maande later toe hy oortuig was dat die goud ook maar net weer ʼn
droom was, ...” (Reël 1–2)
1.1.1 Waarom was Saul oortuig dat die storie oor die goud doodgeloop
het? (1)
1.1.2 Watter ander droom van Saul het ook op hierdie stadium gelyk
asof dit nie sou waar word nie? (1)
1.2 Hoe weet ons (in hierdie uittreksel) dat Saul vir MacDonald goed kon opsom? (1)
1.3 By wie het Saul vir die eerste keer van die goud gehoor? (1)
1.4 Wat het Saul gedink toe hy die eerste keer van die goud in die Bos gehoor
het? (1)
1.5 MacDonald het Saul beveel om vir Patterson die Bos te gaan wys.
1.5.1 Wat was die rede waarom Patterson nie in die Bos wou bly nie? (1)
1.5.2 Hoekom wou Saul nie hê Patterson moes omdraai nie? (1)
1.6 Wat moes Patterson, volgens Saul, doen as ʼn olifant hom jaag? Noem TWEE
dinge. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2016
NSS
1.7 Wat het Patterson vir Saul belowe as hy hom uit die Bos sou kry? (1)
1.8 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(1.8) en die antwoord neer.
MacDonald se uiteindelike plan was om ʼn goudmaatskappy te stig, want hy
het (gehoop om die Bosmense te verdryf/van mag en geld gehou). (1)
1.9 Saul was die eerste Bosmens wat van die goud geweet het.
1.9.1 Hoe het oom Wiljam en oom Gert Oog gereageer toe Saul vir hulle
van die goudstorie vertel het? (1)
1.9.2 Hoe het Saul gedink kon die goud in die Bos sy familie uit die
skewe sirkel van die houtkopers wegkry? (1)
1.10 Vertel hoe dit gebeur het dat Arend gesterf het nadat hy en Saul met
Patterson op die dorp aangekom het. Gee DRIE feite. (3)
1.11 Na die insident met Arend was Saul kwaad en wou nie meer vir MacDonald
werk nie. Hoekom wou hy nie meer vir MacDonald werk nie? (1)
1.12 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(1.12) en die antwoord neer.
Om te wys hoe ontsteld Saul oor Arend se dood was, het Saul (op Arend se
beeshoring geblaas/vir MacDonald met ʼn kluit gegooi). (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 “Maar volgende keer sal ons jou vra om ons saak by die Goewerment te gaan
2 stel,” het MacDonald bytend bygevoeg. “Jy behoort ʼn sprekende voorbeeld te
3 wees van iemand wat hout vir goud verruil het! Miskien sal jy hulle oortuig.”
4 “Julle hardloop met ʼn ding weg wat nog glad nie behoorlik oopgekrap is
5 nie,” het Saul koelweg volgehou. Dit het nog stiller om hulle geword. “Julle
6 gooi hekke oop wat moes toegebly het. Hoeveel plunderaars, reken julle, kan
7 die Bos nog absorbeer? Of het die houtkopers nou genoeg laat plunder en
8 gee hulle nie meer om vir wat nog oor is nie?”
9 MacDonald was wit om die mond. “Die Bos bly maar in jou bloed, Barnard.
10 Die lagie goud wat jy bo-oor geplak het, is maar baie dun, nè? Die dae toe jy
11 vir my houtkneg was, het jou skynbaar ook ontgaan!”
12 Jy kon die dreuning van die see buite hoor, so stil het dit in die saal geword.
13 “Jy maak ʼn fout, mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jou kneg
14 was, kan dit ooit vergeet nie.”
15 Dit was soos die trek van ʼn streep, die einde van ʼn tydperk.
16 Hy het omgedraai en uitgestap. Agter hom het die saal in beroering gekom en
17 hy was al ʼn hele ent in die straat af voordat die orkes weer begin speel het.
18 Dit was nagdonker.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2016
NSS
1.13 Hierdie uittreksel vertel van die ontmoeting tussen Saul en MacDonald by ʼn
vrolike danspartytjie.
1.13.1 Waarom was die mense by die danspartytjie baie opgewonde? (1)
1.13.2 Verduidelik waarom Saul nie ook opgewonde was soos die res van
die partytjiegangers nie. (1)
1.14 MacDonald wou by die danspartytjie wys dat Saul nie regtig by die inwoners
van Knysna inpas nie.
Noem EEN geleentheid vroeër in die roman toe Saul gevoel het hy was nie
goed genoeg vir die Knysna-mense nie. (1)
1.15 In die uittreksel is daar konflik tussen Saul en MacDonald.
1.15.1 Waarom, dink jy, kon Saul hierdie konflik met selfvertroue hanteer? (1)
1.15.2 Hoekom het MacDonald juis die sosiale geleentheid gebruik om
Saul te konfronteer? (1)
1.16 Waarom, dink jy, kon Saul dit nie regkry om die bos te beskerm nie? (1)
1.17 Saul het gesê die Knysna-mense het weggehardloop met die goudstorie wat
“nog glad nie behoorlik oopgekrap is nie”. (Reël 4)
Wat het Saul met hierdie aangehaalde woorde bedoel? (1)
1.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.18) neer, byvoorbeeld 1.18 E.
Na die konfrontasie tussen MacDonald en Saul, het Saul oorhaastig besluit
om ...
A op die Pictor weg te gaan.
B ʼn hotel in die Bos te bou.
C nie meer vir Kate te wag nie.
D nie meer goud te gaan delf nie. (1)
1.19 “Hy het omgedraai en uitgestap.” (Reël 16)
Watter boodskap het Saul met sy optrede hier vir MacDonald probeer gee? (1)
1.20 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer, byvoorbeeld 1.20 E.
Saul is sosiaal aanvaar en die meisies het hom die ... genoem.
A handsome Dutchman
B ryk hotelmagnaat
C aantreklike dromer
D kwaai delwer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2016
NSS
1.21 Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.21.1–1.21.4) neer,
byvoorbeeld 1.21.5 F.
KOLOM A KOLOM B
1.21.1 Hierdie karakter het Saul gewys dat A Jozef Barnard
rykdom nie van jou ʼn beter mens
maak nie. B Joram Barnard
1.21.2 Hierdie karakter het Saul gehelp om C Alexander MacDonald
deel te word van die sosiale lewe in
Knysna. D James Stewart
1.21.3 Hierdie karakter het in Saul geglo E Abraham Steyn
en hom gemotiveer om sy talente
uit te leef.
1.21.4 Hierdie karakter sou ook voordeel
trek uit Saul se planne vir ʼn
meubelfabriek.
(4 x 1) (4)
1.22 Saul het sy drome aan die einde van die roman bewaarheid.
Verwys na EEN droom en verduidelik hoe die droom bewaarheid is. (2)
1.23 Watter kring in hierdie roman het jou die meeste geraak? Motiveer jou
antwoord. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van
der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
1 “Dis nie wat ek gesê het nie,” keer Mana. “Ek het gesê Hanna eet nie meer
2 so baie tjoklits soos voorheen nie, want sy’s meer besorg oor haar vel, toe sê
3 julle ...”
4 “Ek waardeer dit rêrig dat julle almal so besorg is oor my vel,” knip ek hulle
5 kort. “Maar dit beteken nié dat ek my tjoklits met die res van die wêreld gaan
6 deel nie.”
***
7 ... “Dié keer het jy niks gevra nie ...”
8 Ek het niks gevra nie oor ek gedog het daar sal nie vanjaar juis geld wees
9 vir geskenke nie, met die nuwe huis en die nuwe baba op pad en alles, en
10 hier kry ek meer geskenke as ooit tevore.
11 “Maar moenie dink jy gaan die boek vryspring nie,” grinnik Beyers en gee vir
12 my ʼn dun bundeltjie, in bruin leer gebind, met Shakespeare se sonnette. “Wil
13 jy hê ek moet vir jou een lees?”
14 Ek is teen dié tyd so oorstuur van opgewondenheid dat ek net kan knik.
15 “When to the sessions of sweet silent thought, I summon up remembrance
16 of things past,” lees my stiefpa met sy diep akteurstem, “I sigh the lack of
17 many a thing I sought ...”
18 ʼn Verjaardag wat begin met ʼn Shakespeare-sonnet kan nie ʼn slegte
19 verjaardag wees nie, sê ek vir myself.
2.1 Hanna was baie bekommerd toe sy hoor Gavin gaan ook daar wees vir haar
verjaardag.
2.1.1 Waarom was Hanna bekommerd oor Gavin se besoek? (1)
2.1.2 Hoekom, dink jy, was Gavin nie ʼn perfekte pa met Hanna se vorige
verjaardae nie? (1)
2.2 Hoe het die gesin daardie oggend van Hanna se verjaardag die dag vir haar
spesiaal gemaak. Noem DRIE maniere. (3)
2.3 Hanna het onverwags baie verjaardaggeskenke gekry. (Reël 8–10)
Wat het Hanna hieruit geleer? (1)
2.4 Wat was Tibo en Amos se slim plan met hul verjaardaggeskenk aan Hanna? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2016
NSS
2.5 Hanna het minder sjokolade geëet, omdat sy nie ʼn mooi vel gehad het nie.
2.5.1 Vir wie in die roman het Hanna oor haar mooi vel bewonder? (1)
2.5.2 Hoekom is die gebruik van die woord “tjoklits” (reël 2 en 5) gepas
in hierdie situasie? (1)
2.5.3 Sharon en Margot het Hanna die volgende dag gegrimeer. Watter
effek het dit op Hanna gehad? (1)
2.6 “... met die nuwe huis ...” (Reël 9)
2.6.1 Na watter huis het Hanna hier verwys? (1)
2.6.2 Bespreek die ironie in hierdie reël. (2)
2.7 Waarom het Gavin eers laatmiddag by die huis op Botterberg aangekom? (1)
2.8 Wat het Gavin gedoen om Hanna se verjaardag onvergeetlik te maak? Noem
TWEE dinge. (2)
2.9 Wat het Yann met die pen as verjaardaggeskenk vir Hanna probeer wys? (1)
2.10 Hoe het die gebeure op Hanna se verjaardag haar siening oor haar gesin
verander? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
1 “Wel, haar stem is groot genoeg,” sê Margot met ʼn stralende glimlag op
2 haar besmeerde gesig. Ek het haar nog nooit so afskuwelik sien lyk nie. Ek
3 het haar nog nooit so fantasties sien lyk nie. “Dis miskien ook maar goed sy’t
4 besluit om ʼn bietjie vroeër op te daag. Oor nog ʼn paar weke sou sy ʼn reus
5 gewees het.”
6 “Geluk, Bey,” sê Mana. “Jy’s die pa van ʼn dogter.”
7 Beyers is te oorstelp om ʼn woord uit te kry. Hy vryf net met ʼn verwonderde
8 vinger oor die baba wat soos ʼn klein hondjie aan my ma se bors snuif.
9 “Kan ek die ander gaan roep?” vra Sharon. “Ek is seker hulle sal ...”
10 “Nee, wag, ek wil eers die naelstring afbind,” keer Margot. “En haar ʼn bietjie
11 afspons. Sy sal my mos nóóit vergewe as ek haar in só ʼn toestand aan haar
12 broers voorstel nie. A girl has her pride, you know. Gaan haal gou vir my ʼn
13 plastiekkom met warm water.”
14 Sharon skarrel kombuis toe. Ek hoor hoe Gavin en die seuns begin juig.
15 Hulle klink soos ʼn klomp rugby-ondersteuners wie se span pas ʼn beker
16 gewen het.
17 “Dankie, Margot,” sê my ma toe sy die baba weer vir Margot aangee. “Ek
18 sou dit nooit sonder jou kon gedoen het nie ...”
19 “Jy’t al die harde werk self gedoen,” glimlag Margot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2016
NSS
2.11 “Wel, haar stem is groot genoeg, ...” (Reël 1)
Na wie verwys Margot met hierdie woorde? (1)
2.12 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(2.12.1–2.12.2) en die antwoord neer.
Tydens die lang geboorteproses het Margot die leiding geneem, want sy was
vroeër ʼn (2.12.1) (dokter/verpleegster). Na die baba se geboorte wou Mana
haar Amanzi noem. Dit wys dat Mana (2.12.2) (egoïsties/eksentriek) was. (2)
2.13 Waarom het Margot vir ʼn naelknipper gevra toe sy met die geboorte
begin help het? (1)
2.14 Hanna het tydens die hele geboorteproses vir Mana ondersteun.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
2.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer, byvoorbeeld 2.15 E.
Gavin was baie benoud tydens die geboorte en hy het ...
A sonder ophou gepraat.
B heeltyd op en af geloop.
C al die oorskietkos opgeëet.
D net gesit en voor hom uitgestaar. (1)
2.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.16) neer, byvoorbeeld 2.16 E.
Gavin en die seuns het gejuig (reël 14), want ...
A Sharon kon langer by hulle bly.
B hulle kon in die helikopter vlieg.
C Sharon het vertel dat die baba gebore is.
D hulle sou vroeër van Botterberg kon weggaan. (1)
2.17 Wat het Hanna gesê wat daarop dui dat sy dadelik lief was vir haar
babasussie? (1)
2.18 Na die geboorte moes Mana en die baba medies ondersoek word.
2.18.1 Wie moes ook Botterberg dadelik verlaat? (1)
2.18.2 Waarom moes hierdie persoon so gou wegkom? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2016
NSS
2.19 Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.19.1–2.19.4) neer,
byvoorbeeld 2.19.5 F.
KOLOM A KOLOM B
2.19.1 Hanna kon aan die einde van die verhaal A Margot
finaal vir hierdie karakter tot siens sê.
B Gavin
2.19.2 Hierdie karakter het belowe om in die
toekoms by Hanna-hulle te kom kuier. C Fabienne
2.19.3 Vir hierdie karakter het die helikopter nie D Beyers
dieselfde redding/uitkoms as vir die ander
beteken nie. E Sharon
2.19.4 Hierdie karakter het reg aan die einde die
Botterbergvakansie vir die kinders op ʼn
hoogtepunt laat eindig.
(4 x 1) (4)
2.20 Hanna het die bynaam Hanna Hoekom vroeg in haar lewe gekry. Waarom,
dink jy, sou hierdie bynaam nie meer by haar gepas het ná die vakansie op
Botterberg nie? (1)
2.21 Die titel van hierdie roman is Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom.
2.21.1 Noem EEN van Hanna se avonture wat as “ongelooflik” beskou
kan word. (1)
2.21.2 Motiveer waarom die avontuur in VRAAG 2.21.1 ongelooflik was. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
1 Sheila keer voordat hulle weer begin: “Toe, julle, kom eet eers. Daar’s lekker
2 spesiale kos vandag.”
3 “Hmmm, ek ruik braaiboud en aartappels en gebakte poeding en vla,” raai
4 Bernard en soen sy ma vinnig op die kroontjie van haar blonde kop. Hy
5 hardloop binnetoe met Tamara agter hom aan.
6 Sheila kyk hulle agterna. Dis nie altyd maklik om hulle in toom te hou nie.
7 Veral nie as sy die hoofpyne kry nie. Soos vandag met die ekstra spanning
8 van die stemdag.
9 Die voordeurklokkie lui. Sy stoot haar stoel na die voordeur en gaan maak
10 oop. ʼn Jong bruin meisie staan op die stoep. Sy dra ʼn dik trui en romp met ʼn
11 fabrieksoorjas bo-oor. Haar oë lyk onskuldig, kinderlik verleë.
12 “Kan ek help?” vra Sheila. Dis ongewoon vir die werkers om by die huis te
13 kom aanklop.
14 Die meisie klink senuagtig. “Ek moet meneer sien, mevrou.”
15 “Hy is nie hier nie. Is daar miskien ʼn boodskap?”
16 “Waar is hy, mevrou? Dis baie dringend.” Die meisie lek oor haar droë lippe.
17 Sheila kyk haar simpatiek aan. “As dit fabrieksprobleme is, moet jy meneer
18 Brand gaan sien. Hy is mos in die kantoor.”
19 Maar die meisie skud haar kop. “Dit het nie met die fabriek te doen nie,
20 mevrou.”
3.1 Sheila was in ʼn rolstoel.
3.1.1 Wie het veroorsaak dat sy in ʼn rolstoel beland het? (1)
3.1.2 Wat het gebeur dat sy in ʼn rolstoel beland het? (1)
3.2 Hoekom het baie mense in Salamanderbaai geglo Fred sou die verkiesing
wen? (1)
3.3 Hermanus was opgewonde oor die stemdag.
3.3.1 Wie het die stemdag vir Hermanus kom bederf? (1)
3.3.2 Wat het die persoon in VRAAG 3.3.1 op die stemdag gedoen wat
Hermanus so ongelukkig gemaak het? (1)
3.4 Sheila maak die voordeur oop. (Reël 9–10)
3.4.1 Noem EEN rede waarom Kinnie so verleë gevoel het toe Sheila die
deur oopgemaak het. (1)
3.4.2 Kinnie en Sheila se gesprek in die studeerkamer was nie so privaat
soos hulle gedink het nie. Waarom kan ons so sê? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2016
NSS
3.5 Kinnie het eintlik gekom om met Fred te praat.
3.5.1 Waarom wou Kinnie so dringend met Fred praat? (1)
3.5.2 Dink jy dit was reg dat Kinnie by Fred se huis met hom wou praat?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
3.6 Lees reël 9–13.
Hoe kry die skrywer dit reg dat die leser vir Kinnie jammer voel? (1)
3.7 Waarom, dink jy, is Sheila se optrede teenoor Kinnie ʼn goeie voorbeeld vir
ander mense? (1)
3.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer, byvoorbeeld 3.8 E.
Sheila het selfmoord gepleeg, want sy het toe gedink dat sy ...
A nie ʼn ware vrou vir Fred was nie.
B nie meer die kinders kon hanteer nie.
C nie die verhouding tussen Fred en Schalk kon herstel nie.
D nie die spanning tussen Fred en Hermanus kon hanteer nie. (1)
3.9 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(3.9) en die woord neer.
Bernard het sy hartseer op Sheila se begrafnis gewys deur (eenkant alleen te
sit/ornamente in die huis stukkend te gooi). (1)
3.10 Na Kinnie se dood het Jannerik haar baba Meeuland toe gevat. Vertel in
DRIE aparte sinne hoe die baba se koms op Meeuland Elsabet, Ryna en
Jannerik se lewens beïnvloed het. (3)
3.11 Jannerik het later by Fred oor Kinnie se geld gaan navraag doen.
Waarom het daardie besoek Fred so bang gemaak? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
1 Die son het verdwyn. Die brandewyn versag die pyn van Jackie. Dit bring ʼn
2 warm gloed in haar onderlyf.
3 Toe Skalla meteens die kajuitdeur oopmaak en voor haar staan, lag sy
4 honend.
5 Hy dra ʼn denimbroek en swart T-hemp en hy kom die enkele treetjies af na
6 haar toe.
7 “Wat sit jy hier? Wat gaan met jou aan?”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2016
NSS
8 “Ek ... ssit hier as ek wil ... okay?”
9 Sy lag weer. Hy neem ʼn glas en skink vir hom ʼn brandewyn uit die bottel
10 wat voor hom staan. Hy kom sit by haar op die leerbank.
11 “Het hulle jou uitgewerp, Sussie?”
12 Sy kyk hom aan met verdrietige groen oë.
13 “Ek ken van uitwerp, Sussie. Moenie worrie nie. Jy kan maar huil ook. Dit
14 help nie. Vat liewers jou goed en neuk weg. Dis al wat help. Want jy sal teen
15 ʼn oormag baklei, Sussie. Ek weet wat ek sê.”
16 Sy begin histeries huil. Hy slaan sy arm om haar skouer en vryf haar arm
17 liggies. Die aanraking laat haar effens bedaar. Sy kyk na hom: “Fred het
18 iemand anders.”
19 “Ek weet. Vroue vind hom onweerstaanbaar.”
20 Sy hand beweeg van haar skouer onder haar rooi hare in. Hy lê sy
21 oopgespreide vingers op haar kopvel. “Ek wou nie hê hy moes dit aan jou
22 doen nie. Jy is so mooi.”
3.12 Toe Elsabet nog op Meeuland was, het ʼn vriendskap tussen haar en Ryna
ontstaan.
3.12.1 Gee EEN rede waarom Elsabet aan die begin ongelukkig was oor
Ryna se koms na die eiland. (1)
3.12.2 Op watter manier was haar vriendskap met Ryna later tot Elsabet
se voordeel? Noem EEN feit. (1)
3.13 Hoekom het Elsabet na haar huwelik met Fred begin drink? (1)
3.14 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(3.14) en die antwoord neer.
Fred se nuwe boot se naam het vir Elsabet gewys dat Fred (nie sensitief was
vir Elsabet se gevoelens nie/hom nie deur sy kinders laat beïnvloed het nie). (1)
3.15 “Sy kyk na hom: ‘Fred het iemand anders.’
‘Ek weet. Vroue vind hom onweerstaanbaar.’ ” (Reël 17–19)
3.15.1 Hoe het Elsabet uitgevind van Fred se verhouding met Jackie
Stevens? (1)
3.15.2 Dink jy dit was vir Elsabet ʼn totale verrassing om van Fred se
verhouding met Jackie uit te vind? Motiveer jou antwoord. (1)
3.16 Hoekom het Elsabet gevoel dat sy nie in Fred se huis ingepas het nie? (1)
3.17 Elsabet was in haar krisisuur op pad Meeuland toe. Waarom was dit ironies? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2016
NSS
3.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.18) neer, byvoorbeeld 3.18 E.
Schalk het baie jammer vir Elsabet gevoel omdat hy ...
A geweet het sy familie doen alles om raakgesien te word.
B ook deur die familie tot selfmoord gedryf is.
C sy familie en hulle geldmag so goed geken het.
D ook deur die familie eenkant toe gestoot is. (1)
3.19 Hoe het Schalk indirek tot Elsabet se dood bygedra? (1)
3.20 Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.20.1–3.20.4) neer,
byvoorbeeld 3.20.5 F.
KOLOM A KOLOM B
3.20.1 Hierdie karakter het na ʼn verhouding met A Ryna
ʼn ander man weer haar lewe herstel.
B Ousanna
3.20.2 Hierdie karakter se besluite het haar eie
lewe verwoes. C Doreen
3.20.3 Hierdie karakter was ʼn eenvoudige, D ant Hansie
simpatieke, gasvrye mens.
E Elsabet
3.20.4 Hierdie karakter het na ʼn tragiese verlede
innerlike vrede op Meeuland gevind.
(4 x 1) (4)
3.21 Watter invloed het Elsabet se dood op Janka se lewe gehad? (1)
3.22 Jacob en Jannerik was ware Meeulanders.
Watter Meeulander (Jacob of Jannerik) het jou die meeste beïndruk?
Motiveer jou antwoord met TWEE feite uit die roman. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
1 OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
2 MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
3 POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir
4 my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor.) Maar toe ontmoet ek
5 nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader
6 aan Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van
7 Herschel, in die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste boetie, Witbooi, kom kuier
8 en nou kry hy werk in die fabriek as boilerman, maar ek het nooit met hom
9 gepraat nie.
10 MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie. Sy jonger
11 boetie kom kuier by hom.
12 HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.
13 PLANK. Hulle sê hy’t klaar ʼn ogie op jou ...
14 POPPIE. Ek is nie lus nie. Ek is nie gewoond aan die mense wat van die land
15 afkom nie. (Aan gehoor.) Maar toe begin hy briefies aan my skrywe, so
16 skelm-skelm. Ek was toe sestien.
17 MIMIEK: Stone skryf terwyl Poppie aan die oorkant van die verhoog op ʼn
18 trommel sit en lees. Die familie reageer onder mekaar ... Hier’s ʼn vryery aan
19 die gang!
4.1 “MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.” (Reël 2)
4.1.1 Met wie was Ma Lena getroud toe sy met Poppie oor trou gepraat
het? (1)
4.1.2 Hoekom, dink jy, was dit vir Mama belangrik dat Poppie aan trou
moes begin dink het? (1)
4.2 “Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van Herschel, in die
Ciskei gekom ...” (Reël 6–7)
4.2.1 Poppie was beïndruk met Stone.
Waarom was Poppie so beïndruk met Stone? (1)
4.2.2 Waarom is dit verkeerd van Poppie om Stone op grond van sy
grootwordplek te oordeel? (1)
4.3 Waaruit kan die leser aflei dat Stone ʼn romantiese man was? (1)
4.4 Dink jy Ma Lena se opdrag aan Poppie dat sy op vyftien aan trou moes dink,
is vandag nog aanvaarbaar? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2016
NSS
4.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(4.5) en die antwoord neer.
Die eerste dag van Poppie se troue was by (Ma Lena/die skoonmense) se
huis. (1)
4.6 Kort nadat Poppie en Stone getroud is, is hulle Herschel toe.
Vertel van DRIE dinge wat Poppie op Herschel geleer het. (3)
4.7 Watter gesinstragedie het Poppie en Stone vroeg in hulle huwelik getref? (1)
4.8 Poppie het haar kind Bonsile genoem.
4.8.1 Wat beteken hierdie naam? (1)
4.8.2 Watter karaktereienskap van Poppie kan hieruit afgelei word? (1)
4.9 Poppie en Stone moes al taamlik vroeg in hulle getroude lewe weg van
mekaar af wees.
Hoekom het Poppie toe Kaap toe getrek? (1)
4.10 Noem TWEE probleme wat Poppie dadelik ondervind het toe sy in die Kaap
aangekom het. (2)
4.11 Hoe het Poppie se skoonouers haar na Stone se dood ondersteun? (1)
4.12 Waarom is die woorde in reël 17–19 kursief gedruk? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
1 POPPIE. (herwin haar krag) Gaan dit goed met ons Mama en met Baby?
2 HOEDJIE. Hulle is nie seergemaak nie, maar hulle is van ʼn kant af gevloek,
3 sê Baby. Dit was voorlat hulle gehoor het Jakkie is oor die grens. Toe’t hulle
4 vir Mama en Baby laat loop.
5 MOSIE. Hulle sal jou kinders ook laat loop. Sodra hulle sien like die kinders
6 het nie verstand van hierdie goete nie.
7 POPPIE. Die kinders sal moet sien lat hulle regkom. Oor alles het ek gekom,
8 maar nou het ek geleer, hieroor kan ek nie kom nie. Want dis nou uit my
9 hande uit geneem, dis nou oorgegee in my kinders se hande. Dis nou my
10 kinders wat voortgaan. Vrede sal daar nie kom nie. Selfs dié wat vrede wil hê,
11 word ingesleep in die moeilikheid. Daaraan sal ons maar gewoond moet
12 word. Daaraan kan ons niks doen nie. Maar God is my getuie, ek het die
13 moeilikheid nie gesoek nie. Van die begin af was dit nie ek wat die
14 moeilikheid gesoek het nie. Here, waar is dit dan lat ek uit jou pad gedraai
15 het? (Sy vee haar oë, waaruit daar nog nie trane gekom het nie, met haar
16 sakdoek af, asof sy die onduidelikheid daaruit wil vee.)
17 As die Here wil lat jy gaan, sal jy gaan, as die Here wil lat jy bly, sal jy bly.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2016
NSS
4.13 “HOEDJIE. Hulle is nie seergemaak nie, maar hulle is van ʼn kant af gevloek,
sê Baby.” (Reël 2–3)
4.13.1 Hoekom is Mama en Baby deur die polisie gearresteer? (1)
4.13.2 Dink jy dit was reg van die polisie om Mama en Baby te arresteer?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
4.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) en die vraagnommer (4.14) neer, byvoorbeeld 4.14 E.
Poppie het ... dat haar kinders hulle eie paadjie van daar af moes loop.
A gedroom daarvan
B gelate aanvaar
C jammer gevoel
D baklei daarteen (1)
4.15 “Selfs dié wat vrede wil hê, word ingesleep in die moeilikheid.” (Reël 10–11)
Hoe het Poppie se omstandighede moeiliker geraak as gevolg van die
politieke onreg in die land? Gee TWEE feite. (2)
4.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) en die vraagnommer (4.16) neer, byvoorbeeld 4.16 E.
Hierdie uittreksel (TEKS H) vorm die ... van die drama.
A eksposisie
B slot
C motoriese moment
D klimaks (1)
4.17 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(4.17) en die antwoord neer.
Poppie is die (antagonis/protagonis) van die drama. (1)
4.18 Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) en die vraagnommer (4.18.1–4.18.4) neer, byvoorbeeld
4.18.5 F.
KOLOM A KOLOM B
4.18.1 Hierdie karakter het beter omstandighede A Mosie
by Poppie gehad.
B Bonsile
4.18.2 Hierdie karakter het vir Poppie aan die
leser bekendgestel. C Hoedjie
4.18.3 Hierdie karakter het Poppie se hart D Jakkie
seergemaak met sy geweld teenoor Plank. E Vukile
4.18.4 Hierdie karakter het Poppie, toe hy op
hoërskool was, groot hartseer besorg.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2016
NSS
4.19 In reël 16 lees ons hoe Poppie probeer om die onduidelikheid uit haar oë
te hou.
4.19.1 Noem TWEE dinge wat vir Poppie onduidelik was en wat sy nie
verstaan het nie. (2)
4.19.2 Hoe het Poppie gevoel toe sy hierdie woorde sê? (1)
4.20 Op watter manier was Poppie ʼn goeie rolmodel vir ander oumas? Verwys in
jou antwoord na haar kleinkind. (1)
4.21 Die drama sluit af met Nkosi Sikelel' iAfrika. Watter boodskap gee hierdie lied
aan die leser? (1)
4.22 Poppie se verhaal het eers in romanvorm verskyn. Waarom, dink jy, is dit
goed dat dit ook in ʼn drama verwerk is? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
1 11. Hendrik is op die stasieperron besig met iets.
2 Willem gaan staan tien meter van sy pa en wuif vir hom.
3 HENDRIK: O nee, nie so nie. Sê! (Die kind hou aan wuif met ʼn oop
4 handpalm.) Sê, Willem. (Dringend, maar nie onvriendelik nie.) Sê “tot siens,
5 Pa”.
6 Die kind sien die goudgeel skoolbus aankom. Hy wys vir sy pa.
7 HENDRIK: Ja, ek sien. (Hy stap heeltyd nader.) Sê gou. (Die kind begin
8 wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”.
9 Die bus stop al.
10 En Willem ruk los en hardloop. En heeltyd waai hy oor sy skouer vir sy pa.
11 Hy hardloop oor die spoor.
12 Hendrik staan en kyk hoe hy in die bus klim. En die bus ry in die vroeë
13 môrelig in.
14 Hendrik se gesig is heeltemal uitdrukkingloos.
15 Die bus is nog nie heeltemal weg nie wanneer ʼn bakkie van dieselfde kant
16 verskyn waar die bus vandaan gekom het. Dis Frans Lombard se groen
17 bakkie. Hendrik sien hoe die bakkie oor die spoor swenk en werf toe ry.
18 En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die
19 werf aangaan.
20 12. Katrien skrop die kombuisvloer. Haar hare, wat vanoggend netjies gekam
21 was, is klaar bietjie deurmekaar. Tussen die hale van die borsel deur
22 steek haar hand skielik vas. Sy luister, en hoor die bakkie en kom vinnig
23 van haar knieë af orent.
5.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(5.1) en die antwoord neer.
Hierdie drama speel af in die (Karoo/Boland). (1)
5.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.2) neer, byvoorbeeld 5.2 E.
Die herhaling van Hendrik se woorde, “… sê ‘tot siens, Pa’ ”, beklemtoon dat
Hendrik ... voel oor Willem wat nie praat nie.
A desperaat
B verleë
C woedend
D bedreig (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2016
NSS
5.3 Verwys na reël 3–5.
5.3.1 Hoe lank was dit al dat Willem nie gepraat het nie? (1)
5.3.2 Hoe het die kinders op die skoolbus gereageer op Willem wat nie
kon praat nie? (1)
5.3.3 Wat was, volgens Oudokter, die rede waarom Willem nie gepraat
het nie? (1)
5.3.4 Watter raad het Oudokter toe aan Hendrik oor Willem se probleem
gegee? (1)
5.4 Katrien het baie keer in die drama Hendrik se verkeerde hantering van sy
gesin gekritiseer.
5.4.1 Verwys na Hendrik se verkeerde hantering van Katrien, Emma en
Willem in DRIE aparte feite. (3)
5.4.2 Waarom was dit verkeerd van Katrien om vir Hendrik voor die
kinders te kritiseer? (1)
5.5 “En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die werf
aangaan.” (Reël 18–19)
5.5.1 Wat sê hierdie optrede van Hendrik se karakter? (1)
5.5.2 Noem EEN verskoning wat Frans gebruik het om Katrien te
besoek. (1)
5.5.3 Hoe het Emma gewoonlik opgetree as Frans Lombard haar ma
besoek het? Gee TWEE feite. (2)
5.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer, byvoorbeeld 5.6 E.
Die feit dat Katrien vinnig opgestaan het toe sy die bakkie gehoor het, wys
dat ...
A sy vir Frans wou wegkruip.
B sy skaam was oor haar voorkoms.
C sy eers wou kyk waar Hendrik was.
D Frans te vroeg in die dag kom kuier het. (1)
5.7 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(5.7) en die antwoord neer.
Volgens Emma het Hendrik baie oor (onbelangrike dinge/probleemsituasies)
gepraat. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2016
NSS
5.8 Almal in die McDonald-gesin, behalwe Hendrik, was ongelukkig op die verlate
stasietjie.
5.8.1 Wat het Katrien gewens as die trein soggens verbyry? (1)
5.8.2 Hoe het Nollie probeer om die McDonald-gesin gelukkig te maak?
Noem EEN feit. (1)
5.8.3 Ná watter gebeurtenis het die dorpsmense finaal gewys dat hulle
nie die McDonalds aanvaar nie? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
1 128. Die gesin om die etenstafel. Manuel is nie by nie. Willem aanvanklik ook
2 nie. Hulle eet.
3 HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.) Wie die moer dink
4 hulle is hulle?
5 KATRIEN: Hendrik.
6 HENDRIK: Nee, ek vra. Ons pla niemand. Ons sukkel aan op ons eie manier.
7 Ek laat verdomp niemand my rondneuk met ʼn spul mausers nie.
8 KATRIEN: Dis hoekom ek sê: gaan polisie toe.
9 HENDRIK: Nee, Katrina. Die polisie is saam met hulle. Ek het gesien daardie
10 dag toe die polisie hier was. Hulle verstaan g’n niks van ons af nie.
11 EMMA: Pa, ons is nie so ingewikkeld nie.
12 HENDRIK: Presies! Ons is maar net mense. Wat ons ding op ons eie manier
13 doen. Maar daar’s ʼn groot wêreld daar buitekant, my kind, wat sê: Julle doen
14 dit soos ons almal dit doen, of ons maak ons mausers leeg op julle.
15 Willem het binnegekom en hy staan langs sy ma.
16 KATRIEN: Sê hy al iets?
17 WILLEM: Hy slaap.
18 HENDRIK: Ek is Hendrik McDonald. En ek mág ek wees. En jy mag Emma
19 wees. En Ma en Willem en almal. Nollie Kemp is Nollie Kemp en klaar. Ons is
20 ons met al ons skete en al. (Hy kyk skielik vir Willem.) Of wat sê jy, Willem?
21 WILLEM: Manuel het niemand iets gedoen nie.
22 HENDRIK: Presies!
23 129. Manuel lê vir die dak en kyk. Willem staan langs die bed. Hy is besig om
24 Manuel uit te lok ...
5.9 Ná watter gebeurtenis het die McDonalds Manuel die eerste keer ontmoet? (1)
5.10 Verwys na reël 1–2.
5.10.1 Waarom was Manuel nie hier by die gesin aan tafel nie? (1)
5.10.2 Waarom het Willem ook aan die begin nie saamgeëet nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2016
NSS
5.11 Wie was die “hulle” na wie Hendrik in reël 3 verwys? (1)
5.12 Waarom kan ʼn mens verstaan waarom Hendrik in reël 3–4 gevloek het? (1)
5.13 Wat het Katrien probeer regkry deur slegs Hendrik se naam in reël 5 te
noem? (1)
5.14 Verwys na reël 9–10.
Die polisie het nie altyd reg opgetree teenoor die McDonalds nie.
Motiveer hierdie stelling met TWEE feite. (2)
5.15 Hoekom kan ons sê die rolle tussen Manuel en Willem het in reël 23–24
omgeruil? (2)
5.16 Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.16.1–5.16.4) neer,
byvoorbeeld 5.16.5 F.
KOLOM A KOLOM B
5.16.1 Hierdie karakter het dit reggekry om die A Emma
McDonald-gesin te oorreed om na die
Volstruisdans te gaan. B Nollie
5.16.2 Hierdie karakter het die McDonald-gesin C Manuel
gedwing om oor seermaakdinge te praat.
D Katrien
5.16.3 Hierdie karakter het met skinderstories
hartseer vir die McDonalds veroorsaak. E Jan Mol
5.16.4 Hierdie karakter het met paljas die
McDonalds se gesinsverhoudings herstel.
(4 x 1) (4)
5.17 “Ek is Hendrik McDonald. En ek mág ek wees.” (Reël 18)
Watter universele boodskap word met hierdie woorde oorgedra? (1)
5.18 Hoekom was dit reg dat Manuel later weer terug sirkus toe is? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2016
NSS
AFDELING C: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale.
VRAAG 6
“DIE PAKKIE” – Leonard Koza
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
1 “Wat is daai onne’ djou arm toegedraai in koerantpapier? Djy kommie uit die
2 kamer voordat ek wiet wie is daai wat by die hek staan nie.”
3 Daar is geen manier hoe Esther haar maat by die hek kan waarsku dat daar
4 nou moeilikheid is nie. Op sy beurt kan hy nie loop voordat hy die pakkie by
5 Esther gekry het nie. Nog minder wil Esther haar ma sê wat in die pakkie is
6 en wat haar maat by die hekkie met die pakkie te doen het.
7 “Gie daai pakkie hie’ of sê my wat is daarin,” beveel haar ma. Mevrou
8 Filander is vasbeslote om uit te vind wat in die pakkie is.
9 Esther vee die trane met haar mou af en sê: “Dis nie Mammie se
10 biesagheid nie. Gee my ʼn kans en ek sal later explain.”
11 Mevrou Filander is nie tevrede met die antwoord nie. Sy wil nou weet wat in
12 die pakkie is. “Asseblief Mammie, dis anne’ mense se goed, los dit net uit. Die
13 mense van hierdie goed is dangerous,” soebat Esther.
14 Haar ma probeer haar vaskeer toe sy wil ontsnap. “Madampie, by my kom
15 djy glad nie verby nie, soe oud soes ek hie’ is. Ek wil daai pakkie onne’ djou
16 arm hê!” skree haar ma histeries.
6.1 Esther het huis toe gekom met ʼn pakkie onder die arm. Wie moes die pakkie
aan die einde van die verhaal hê? (1)
6.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.2) neer, byvoorbeeld 6.2 E.
Hierdie verhaal het in Manenberg afgespeel waar ...
A bendes verskillende gebiede beheer het.
B inwoners vir mekaar pakkies afgelewer het.
C die polisie die inwoners goed beskerm het.
D die meeste skoolkinders by dwelms betrokke was. (1)
6.3 Mevrou Filander het glad nie van Esther se “maat” (reël 3) gehou nie.
6.3.1 Wat is Esther se “maat” se naam? (1)
6.3.2 Hoekom het mevrou Filander hom “Mopkop” genoem? (1)
6.3.3 Met watter ander negatiewe naam/woord het sy na hom verwys? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2016
NSS
6.4 Dit was ongewoon dat Esther vir haar ma probleme gegee het.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. Verwys in jou antwoord na
Esther se normale roetine na skool. (1)
6.5 Mevrou Filander het die pakkie by Esther gevat.
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.6 “ ‘Die mense van hierdie goed is dangerous,’ soebat Esther.” (Reël 12–13)
6.6.1 Watter aanduiding is daar in die verhaal dat Pang gevaarlik is? (1)
6.6.2 Hoekom het Pang mevrou Filander later met respek behandel? (1)
6.7 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(6.7) en die woord neer.
Mevrou Filander het (bewerig/selfversekerd) opgetree toe sy die voordeur vir
Pang oopgemaak het. (1)
6.8 Kies die naam in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.8.1–6.8.4) neer,
byvoorbeeld 6.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
6.8.1 Hierdie karakter was gelowig en nie A Miena
gewoond aan moeilikheid nie.
B Pang
6.8.2 Hierdie karakter is by dwelms ingetrek en
het hulpeloos gevoel. C Slang
6.8.3 Hierdie karakter het uiteindelik die angs D Esther
oor die pakkie weggeneem.
E Sally
6.8.4 Hierdie karakter het gedreig om mevrou
Filander te skiet.
(4 x 1) (4)
6.9 “Esther vee die trane met haar mou af ...” (Reël 9)
Voel jy jammer vir Esther? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
6.10 Het die kortverhaal jou oortuig dat dit gevaarlik is om by dwelms betrokke te
raak? Verduidelik jou antwoord. (1)
6.11 Noem iets wat jy dink Esther aan die einde van die verhaal kon doen om haar
verhouding met haar ma te herstel. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2016
NSS
“BENEDICTA” – Margaret Bakkes
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
1 ... Op sy kalm manier het my geneesheerskoonseun
2 alle besluite geneem en reëlings getref – met dié soort beserings is daar vir
3 Christiaan net een plek: 1 Militêre Hospitaal, waar daar deur die jare soveel
4 grenstrauma gehanteer is. Daarheen moet hy so gou moontlik per
5 ambulansvliegtuig vervoer word.
6 Ons ry deur die indonkerende landskap. Ons praat min. Om ons gedagtes
7 en vrese te deel, is onhoudbaar, want dan gee ons woorde gestalte.
8 By die Ultra City buite Middelburg vra ek dat ons stilhou. Ek klim stram uit die
9 bakkie, kyk gedisoriënteerd rond om die toilet te soek. Die plek is verlate,
10 sonder ʼn mens of ʼn motor. Uit ʼn glashok beduie ʼn swart vrou vir my die
11 rigting.
12 Dis terwyl ek staan en hande was dat die verskrikking en die vrees en die
13 verlatenheid op my toeslaan. Die trane wat ek heelpad probeer terughou om
14 my oudste kind se onthalwe (hy hanteer rou emosie moeilik, veral by sy ma),
15 spat uit my oë en ek huil soos een wat baie seer het en weet dat hy alleen
16 huil.
17 Sodat ek nie die persoon sien wat om die hoek verskyn en ontsteld na my
18 kyk nie. Die swart vrou van die glashok slaan haar arm om my.
6.12 “... met dié soort besering is daar vir Christiaan net een plek ...” (Reël 2–3)
6.12.1 Wat was die ernstige besering wat Christiaan opgedoen het? (1)
6.12.2 Hoe het Christiaan hierdie ernstige besering opgedoen? (1)
6.13 “By die Ultra City buite Middelburg vra ek dat ons stilhou.” (Reël 8)
6.13.1 Watter soort verteller is daar in hierdie verhaal? (1)
6.13.2 Wat is die funksie van hierdie tipe verteller? (1)
6.13.3 Waarom was die verteller in haar krisissituasie ʼn voorbeeld vir
ander mense? Verwys na die uittreksel in jou antwoord. (2)
6.14 Christiaan was al vantevore naby aan die dood.
6.14.1 Vertel van DRIE insidente toe hy naby aan die dood was. (3)
6.14.2 Waarom was dit goed dat die verteller hierdie insidente onthou
het? (1)
6.15 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(6.15) en die woord neer.
Die verteller het saam met (Francois/Johannes) na die hospitaal gery. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2016
NSS
6.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.16) neer, byvoorbeeld 6.16 E.
Die titel “Benedicta” beteken ...
A leier.
B redder.
C geseënde.
D wonderwerker. (1)
6.17 “Die swart vrou van die glashok slaan haar arm om my.” (Reël 18)
Noem NOG TWEE dinge wat die vrou gedoen het om die verteller te troos. (2)
6.18 Wat het uiteindelik veroorsaak dat die verteller sonder vrees verder gery het? (1)
6.19 Noem TWEE tegnieke wat die skrywer gebruik om spanning in die verhaal op
te bou. (2)
6.20 Waarom, dink jy, sal veral ma’s hierdie storie waardeer? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2016
NSS
AFDELING D: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte.
VRAAG 7
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
KABOUTERLIEFDE – Ingrid Jonker
(Vir Simone)
1 Die kabouter met die rooi-rooi pet
2 die kabouter met die geel hemp aan
3 het sy hart gistraand vir my gegee
4 en sy hemp is vir die maan
5 Die hoepelronde blou-blou lug
6 het kadoemps op die grond geval
7 hy’t dit blink-blou in sy hand gerol
8 toe speel ons daarmee bal
9 Die sterre met hul wit ligte
10 het geknipoog toe ons lag
11 hul’t rondom ons in ʼn kring getrek
12 soos ʼn laer in die nag
13 Die aandblom het sy trom-trompet
14 geblaas in die warrelwindkring
15 die kalkoentjies met hul rooi mondjies
16 het die sprinkaan-wals gesing
17 Die maan met sy geel lyfie
18 het gaan plat lê op sy rug
19 hy’t gaan slaap by die gousblomme
20 met sy boepens in die lug
21 Die kabouter met die rooi-rooi hart
22 het dit self vir my gesê
23 hy’t die aardbol oor sy kop gegooi
24 o dis hier waar die liefde lê
7.1 Watter inligting gee die titel oor die inhoud van die gedig? (1)
7.2 Aan wie het die digter die gedig opgedra? (1)
7.3 Wat impliseer die helder kleure van die kabouter se pet en hemp oor die
kabouter? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2016
NSS
7.4 Haal TWEE aparte woorde uit strofe 1 aan wat bydra tot die romantiese
atmosfeer in die gedig. (2)
7.5 “Die hoepelronde blou-blou lug
het kadoemps op die grond geval” (Reël 5–6)
Watter tegniek gebruik die digter om die blou kleur van die lug te beklemtoon? (1)
7.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.6) neer, byvoorbeeld 7.6 E.
Die dinge wat die spreker ... het, het die belangrikste rol in hierdie gedig
gespeel.
A geproe
B gevoel
C gesien
D geruik (1)
7.7 Watter aksies van die kabouter dui op die fantasie-element in die gedig?
Noem TWEE aksies. (2)
7.8 Kies die term in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.8.1–7.8.4) neer,
byvoorbeeld 7.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
7.8.1 “het sy hart gistraand vir my gegee” A klanknabootsing
(reël 3)
B alliterasie
7.8.2 “het kadoemps op die grond geval”
(reël 6) C elisie
7.8.3 “soos ʼn laer in die nag” (reël 12) D vergelyking
7.8.4 “Die aandblom het sy trom-trompet” E assonansie
(reël 13)
(4 x 1) (4)
7.9 “Die sterre met hul wit ligte
het geknipoog toe ons lag” (Reël 9–10)
7.9.1 Waarna verwys die sterre wat “knipoog” letterlik? (1)
7.9.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (7.9.2) en die antwoord neer.
Die emosie wat die “ons” in hierdie reëls ervaar, is (geluk/
onsekerheid). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2016
NSS
7.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.10) neer, byvoorbeeld 7.10 E.
ʼn Strofe van vier versreëls staan as ʼn ... bekend.
A oktaaf
B tersine
C koeplet
D kwatryn (1)
7.11 Waarom kan ons sê dat hierdie gedig ʼn universele tema het? (1)
7.12 Verduidelik wat die taalgebruik in hierdie gedig só gepas vir ʼn kindergedig
maak. (1)
EN
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
KONTAK – Theo de Jager
1 Ek kon jou met ʼn selfoon bel
2 om te sê dat ek jou baie mis,
3 maar die kaart was gekrap, die batterye pap
4 en die boodskap het in die niet verdamp.
5 Ek het vir jou ʼn brief geskryf
6 en my hart se hoeke daarin uitgewas
7 maar my pen was krom, my vingers te dom
8 om die woorde in die koevert te pas.
9 Toe het ek maar ʼn duif gestuur
10 sonder skrif of klank, en nou wag ek,
11 hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom
12 met ʼn takkie blare in sy bek.
7.13 Vir wie probeer die spreker kontak? (1)
7.14 Watter woord in versreël 1 dui aan dat die spreker nie gebel het nie? (1)
7.15 Watter TWEE probleme het die spreker met die selfoon ondervind? (2)
7.16 Verduidelik reël 4 in jou eie woorde. (1)
7.17 Verwys na strofe 1.
Dink jy die spreker se redes in hierdie strofe om nie kontak te maak nie, was
aanvaarbaar? Verduidelik jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2016
NSS
7.18 “en my hart se hoeke daarin uitgewas” (Reël 6)
7.18.1 Word die woord “uitgewas” denotatief of konnotatief gebruik? (1)
7.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.18.1 deur te verduidelik wat
hierdie aangehaalde woord beteken. (1)
7.19 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(7.19) en die antwoord neer.
Die spreker gee in strofe 2 sy (koevert/vingers) die skuld vir die brief wat nooit
gepos is nie. (1)
7.20 Na watter vorige kommunikasiemiddels wat die spreker gebruik het, verwys
die volgende woorde van versreël 10:
7.20.1 “skrif” (1)
7.20.2 “klank” (1)
7.21 Die spreker het in strofe 1 en 2 probeer om kontak te maak, maar dit het nie
gewerk nie.
Noem die DRIE dinge wat hy/sy toe in strofe 3 gedoen het. (3)
7.22 Noem ʼn simbool wat in die laaste strofe gebruik word en verduidelik wat die
simbool beteken. (2)
7.23 Die spreker was nie seker dat die duif sou terugkom nie.
Watter afleiding kan die spreker dus maak? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c/v1-605963f548fb2ced2c1f/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper