Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2016 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12201620 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2016, 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2016

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: BYLAE A: VRAAG 1 OPSTEL BYLAE B: VRAAG 2.1 BRIEF AAN DIE PERS VRAAG 2.2 HULDEBLYK VRAAG 2.3 KOERANTBERIG VRAAG 2.4 DIALOOG BYLAE C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. 5. Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste kode. 6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR. 7. Kandidate word nie gepenaliseer indien hulle minder as die minimum of meer woorde gebruik nie. 8. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3 • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit. • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer. • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van ʼn nuwe sin Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X bo die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte) AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3. • Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP. • Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP Hoë vlak. • Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning. • Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywings in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt I/B Knap + 22 I/B/F Gemiddeld 10 T/S/R Uitsonderlik - 13 T/S/R Elementêr 5 S Knap 4 TOTAAL: 15 TOTAAL: 39 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. AFDELING A: OPSTEL 1.1 Daardie dag sal ek nooit vergeet nie. • Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/ bespiegelend. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse van ʼn dag/dae wat hy/sy nooit sal vergeet nie, vertel.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die dag/dae wat hy/sy nooit sal vergeet nie, beskryf. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.2 Wintertyd ... • Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, bv. beskrywend/verhalend/ bespiegelend/beredeneerd/argumenterend. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse wintertyd beskryf.  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse van ʼn spesifieke winter of wintersdag in sy/haar lewe vertel (m.a.w. letterlik). Die verhaal mag ook figuurlik wees, bv. ʼn wintertyd in sy/haar lewe.  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor wintertyd in ʼn mens se lewe bespiegel. Die leerder sal die wintertyd oorweeg/deurdink. (Die leerder kan wintertyd letterlik of figuurlik interpreteer.)  Beredeneerde opstel: Hier kan die leerder bv. in ʼn gebalanseerde opstel redeneer oor enige aspek in verband met wintertyd, bv. is wintertyd regtig die beste tyd van die jaar? Is daar te veel/te min wintertyd? Die leerder kan ʼn gevolgtrekking insluit. (Die leerder kan wintertyd letterlik of figuurlik interpreteer.)  Argumenterende opstel: Hier neem die leerders van die begin af standpunt in bv. waarom wintertyd die beste tyd is/daar te min of te veel wintertyd is, ens. Die standpunt word gemotiveer. (Die leerder kan wintertyd letterlik of figuurlik interpreteer.) • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.3 Die laaste skoolklok van my graad 12-jaar het gelui. Wat nou? • Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/verhalend/ beskrywend/beredeneerd/argumenterend. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die toekoms nadat die laaste skoolklok gelui het, bespiegel. Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel wat (sal) gebeur nadat die laaste skoolklok lui.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die gebeure nadat/toe die laaste skoolklok gelui het, beskryf. Die beskrywing sal aansluit by die emosies of gevoelens gewek deur die ervaring dat die laaste skoolklok lui/gelui het.  Beredeneerde opstel: Hier kan die leerder bv. in ʼn gebalanseerde opstel redeneer of die skool werklik leerders voorberei het vir die volwasse lewe of nie. Standpunt(e) word gemotiveer en ʼn gevolgtrekking kan in die opstel ingesluit word.  Argumenterende opstel: Hier neem die leerder van die begin standpunt in dat die skool hom/haar voorberei het/nie voorberei het nie vir die toekoms. Die standpunt word deurgaans in die opstel gemotiveer. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.4 Is dit goed om risiko’s te neem? • Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/ argumenterend/verhalend/beskrywend/ bespiegelend. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel redeneer in watter opsig(te) dit goed is om risiko’s te neem of nie. Die leerder moet die standpunt(e) motiveer en mag ʼn gevolgtrekking insluit.  Argumenterende opstel: Hier neem die leerder van die begin af standpunt in dat dit goed is om risiko’s te neem of nie te neem nie. Die standpunt word deurgaans in die opstel gemotiveer.  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel van ʼn insident as bewys dat dit goed is om risiko’s te neem of nie te neem nie.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse beskryf hoe/waarom dit goed is om risiko’s te neem of nie.  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. bespiegel/wonder of dit goed is dat ʼn mens risiko’s neem of nie neem nie. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.5 Musiek is ʼn taal wat almal verstaan. • Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/ beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. • Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die standpunt in, naamlik dat musiek ʼn taal is wat almal verstaan/nie ʼn taal is wat almal verstaan nie en motiveer die standpunt.  Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel redeneer of musiek ʼn taal is wat almal verstaan of nie. Die leerder mag uiteindelik ʼn gevolgtrekking insluit.  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. bespiegel/wonder of musiek ʼn taal is wat almal verstaan of nie.  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel waarom musiek ʼn taal is wat almal verstaan.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse beskryf in watter ʼn mate musiek ʼn taal is wat almal verstaan. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.6 VISUELE PRIKKELS • Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word. • Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. 1.6.1 Prentjie: Boelie • Die leerder kan enige soort opstel aanbied:  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. van ʼn spesifieke boelie-insident in sy/haar lewe vertel. Die verhaal mag ook die prent figuurlik interpreteer. Letterlike interpretasie: Boelie, aanranding, misdaad, fisiese mishandeling, verbale mishandeling, ens. Figuurlike interpretasie: Emosionele seer, vernedering, letsels, ens.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. boelies/ʼn boelie-ervaring beskryf. Letterlike interpretasie: Boelie, aanranding, misdaad, fisiese mishandeling, verbale mishandeling, ens. Figuurlike interpretasie: Emosionele seer, vernedering, letsels, ens.  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die kwessie van afknouery in die lewe bespiegel. Die leerder sal die kwessie oorweeg/deurdink. Letterlike interpretasie: Boelie, aanranding, misdaad, fisiese mishandeling, verbale mishandeling, ens. Figuurlike interpretasie: Emosionele seer, vernedering, letsels, ens.  Beredeneerde opstel: Hier kan die leerder bv. in ʼn gebalanseerde opstel redeneer oor enige aspek in verband met boelies, bv. Hoekom sekere mense boelies is? Letterlike interpretasie: Boelie, aanranding, misdaad, fisiese mishandeling, verbale mishandeling, ens. Figuurlike interpretasie: Emosionele seer, vernedering, letsels, ens.  Argumenterende opstel: Hier neem die leerders van die begin af standpunt in teen of ten gunste van bv. boelies/afknouery. Letterlike interpretasie: Boelie, aanranding, misdaad, fisiese mishandeling, verbale mishandeling, ens. Figuurlike interpretasie: Emosionele seer, vernedering, letsels, ens. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.6.2 Prentjie: Sleutel • Die leerder kan enige soort opstel aanbied:  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse van ʼn spesifieke sleutel-insident in sy/haar lewe vertel. Letterlike interpretasie: Sleutels wat slotte oopsluit, sleutel verloor, iets wat oopgesluit moet word, ʼn skat, ens. Figuurlike interpretasie: Sleutels tot die toekoms, geleerdheid, kanse, geheime, ens.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder sleutels beskryf. Letterlike interpretasie: Sleutels wat slotte oopsluit, sleutel verloor, iets wat oopgesluit moet word, ʼn skat, ens. Figuurlike interpretasie: Sleutels tot die toekoms, geleerdheid, kanse, geheime, ens.  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die kwessie van sleutels in ʼn mens se lewe bespiegel. Die leerder sal die kwessie oorweeg/deurdink. Letterlike interpretasie: Sleutels wat slotte oopsluit, sleutel verloor, iets wat oopgesluit moet word, ʼn skat, ens. Figuurlike interpretasie: Sleutels tot die toekoms, geleerdheid, kanse, geheime, ens.  Beredeneerde opstel: Hier kan die leerder bv. in ʼn gebalanseerde opstel redeneer oor enige aspek in verband met sleutels. Hier sal leerders moontlik eerder oor die figuurlike interpretasie skryf, bv. Is ʼn matrieksertifikaat werklik ʼn sleutel tot my toekoms? Letterlike interpretasie: Sleutels wat slotte oopsluit, sleutel verloor, iets wat oopgesluit moet word, ʼn skat, ens. Figuurlike interpretasie: Sleutels tot die toekoms, geleerdheid, kanse, geheime, ens.  Argumenterende opstel: Hier neem die leerders van die begin af standpunt in bv. waarom sleutels ʼn noodsaaklikheid/ʼn probleem is, ens. Letterlike interpretasie: Sleutels wat slotte oopsluit, sleutel verloor, iets wat oopgesluit moet word, ʼn skat, ens. Figuurlike interpretasie: Sleutels tot die toekoms, geleerdheid, kanse, geheime, ens. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6.3 Prentjie: Renoster(s) • Die leerder kan enige soort opstel aanbied:  Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse van ʼn spesifieke renoster-insident in sy/haar lewe vertel. Die verhaal mag ook die prent figuurlik interpreteer. Letterlike interpretasie: Renosters se waarde, renosterstropery, die beskerming van renosters, ens. Figuurlike interpretasie: Iemand wat soos ʼn renoster optree, renostermaniere, ens.  Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse renosters beskryf. Letterlike interpretasie: Renosters se waarde, renosterstropery, die beskerming van renosters, ens. Figuurlike interpretasie: Iemand wat soos ʼn renoster optree, renostermaniere, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum  Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die kwessie van renosters se waarde/oorlewing/stroping bespiegel. Die leerder sal die kwessie oorweeg/deurdink. Letterlike interpretasie: Renosters se waarde, renosterstropery, die beskerming van renosters, ens. Figuurlike interpretasie: Iemand wat soos ʼn renoster optree, renostermaniere, mense as ʼn bedreigde spesie, ens.  Beredeneerde opstel: Hier kan die leerder bv. in ʼn gebalanseerde opstel redeneer oor enige aspek in verband met renosters, bv. word renosters bewaar/in gevaar gestel, word genoeg gedoen om renosters te beveilig, ens.? Letterlike interpretasie: Renosters se waarde, renosterstropery, die beskerming van renosters, ens. Figuurlike interpretasie: Iemand wat soos ʼn renoster optree, renostermaniere, ens.  Argumenterende opstel: Hier neem die leerders van die begin af standpunt in bv. renosterstropery moet gekeer word, ens. Letterlike interpretasie: Renosters se waarde, renosterstropery, die beskerming van renosters, ens. Figuurlike interpretasie: Iemand wat soos ʼn renoster optree, renostermaniere, mense as ʼn bedreigde spesie, ens. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 BRIEF AAN DIE PERS FOKUS Die leerder skryf ʼn formele brief aan die redakteur van die tydskrif, Waterwys, waarin hy/sy sy/haar opinie gee oor die kwessie van waterbesparing na aanleiding van Vissie se brief wat in die tydskrif verskyn het. KENMERKE • Die formele brief word aan die redakteur van die tydskrif, Waterwys, gerig, n.a.v. die brief wat gepubliseer is. • Die taal en styl van die brief is formeel/saaklik. • Die inleidingsparagraaf stel die leerder se mening/standpunt duidelik. • Die liggaam brei uit op sy/haar mening en gee moontlike oplossings indien nodig. • Die toon en woordkeuse is hoflik, maar selfgeldend. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum • Die adres van die briefskrywer mag regs boaan in blokvorm geskryf word. Dit kan ook links onderaan die brief na die briefskrywer se naam geskryf word. ’n Reël word oopgelaat tussen die naam en die adres. • Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word. • Die datum word voluit geskryf: 15 November 2016. • ʼn Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat. • Die redakteur se adres word links teen die kantlyn in blok vorm geskryf. Die aanhef, afsluiting en slot • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel. • Die redakteur word as “Geagte ...”/“Meneer”/“Mevrou” aangespeek. • ʼn Opskrif wat die essensie/doel van die brief weergee, volg en word onderstreep. Indien die essensie van die brief in hoofletters geskryf word, word dit nie onderstreep nie. • “Die uwe” en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot. • Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word. • Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en dan die sender se regte naam en handtekening. ʼn Streep word dan onder die skuilnaam getrek. • ʼn Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Die paragrawe • ʼn Reël word na elke paragraaf oopgelaat. • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik en dui aan op watter brief gereageer word. • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer gee sy/haar opinie oor waterbesparing. • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia- Straat. (AWS, 2009 bl. 121) Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. [30] 2.2 HULDEBLYK OOR SPORTAFRIGTER FOKUS Die leerder skryf ʼn huldeblyk oor ʼn sportafrigter. KENMERKE • Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ʼn belangrike rol in die leerder se lewe gespeel het. • Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of hoogtepunte van die afrigter se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol wat die oorledene in die leerder se lewe gespeel het. • Die doel van die huldeblyk is om die afrigter se lewe te vereer en om die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig. • Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die afrigter kry. • Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/ toekomende tyd geskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die afrigter verwys word. • Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard. • Kultuurkontekste moet in ag geneem word. FORMAAT • Opskrif Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê. Die huldeblyk mag ʼn subopskrif insluit. • Inleidende paragraaf Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die afrigter se lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik. • Paragraaf 2 en verder Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies van die afrigter se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor ʼn nuwe feit/gedagte. • Slotparagraaf In die slot kan die spreker ook vir die familie/leerders/kollegas sterkte toewens. [30] 2.3 KOERANTBERIG FOKUS In hierdie skoolkoerantberig fokus die skrywer op die ongelukkigheid oor die skool se verlengde ure. KENMERKE • Die opskrif vat die onderwerp saam. • Feite of inligting moet feitelik korrek weergegee word in ʼn koerantberig. Die inhoud/inligting is dus logies/duidelik uiteengesit en betroubaar. • Feite kan opspraakwekkend wees. • Die berig word in die bedrywende vorm geskryf en die woorde/taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep moet dus in gedagte gehou word. • Die styl is gemaklik, maar moenie te informeel wees nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2016 NSS – Memorandum FORMAAT • Die titel/opskrif is kort en treffend en pas by die onderwerp. • Die omgekeerde piramiede-metode word gebruik, m.a.w. die belangrikste feite word in die eerste paragraaf gegee: Wie, wat, waar, wanneer, waarom? • Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word. • Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende paragrawe uitgebrei. • Die slot vat die berig saam. [30] 2.4 DIALOOG FOKUS Die leerder skryf die gesprek tussen hom/haar en sy/haar kêrel/meisie in dialoogvorm. Die leerder en sy/haar kêrel/meisie stry omdat die kêrel/meisie afgeskeep voel omdat die leerder te veel tyd aan sy/haar studies bestee. KENMERKE • Die dialoog handel oor die gesprek tussen die leerder en sy/haar kêrel/meisie. • Elke spreekbeurt dra by tot die tema van die dialoog. • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel. • Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm. • Toon, styl en woordkeuse is hoflik, maar selfgeldend. FORMAAT • Leerders mag ʼn konteks skets voordat die dialoog geskryf word. • Die sprekers (leerder en meisie/ou) word netjies onder mekaar teenaan die linkerkantlyn aangedui. • Die naam van die leerder kan met “Ek” vervang word. • Na elke naam is ʼn dubbelpunt. • Geen aanhalingstekens word gebruik nie. • Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop. • Die spreekbeurte is in blokvorm. • Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of waar dit toepaslik is. [30] LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers word getel. ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 PLAKKAAT FOKUS Die leerder ontwerp ʼn plakkaat waarin tieners ingelig word oor hoe hulle meer oefening kan kry. KENMERKE • Hierdie plakkaat adverteer goeie oefengewoontes. • Die plakkaat teiken tieners by die skool. • Die plakkaat moet die nodige inligting verskaf. Die vrae hoe?, wat?, hoekom? moet beantwoord kan word. • Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:  Die plakkaat moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes te hê.  Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud/uitleg/visuele aspekte/gevoelstaal.  Hierdie plakkaat moet ʼn begeerte by die leser aanspreek, bv. om meer oefening te kry.  As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan deur meer oefening te doen. • Toon, styl en woordkeuse moet die tieners oorreed om ʼn oefenprogram te volg. FORMAAT • Die volgende inligting behoort op die plakkaat te verskyn:  Hoekom moet tieners oefening kry?  Hoe kan tieners meer oefen?  Hoe kan tieners by meer oefening baat? [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings om uiting te gee aan sy/haar emosies oor die aaklige dag in sy/haar lewe en die volgende dag toe dit beter gegaan het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2016 NSS – Memorandum KENMERKE • Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die leerder se emosies oor die aaklige dag en die volgende dag toe dit beter gegaan het. • Gevoelens/ervarings wat beleef word, word beskryf. • Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf. • Plekke, familie en vriende word op die naam genoem. • Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun. FORMAAT • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word. • Die leerder moet TWEE dagboekinskrywings maak. • Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie. • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. LET WEL: • Getal woorde: In die dagboekinskrywings word slegs die getal woorde in die inhoud getel. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die leerder skryf instruksies neer oor hoe om ʼn maat te help wat sy/haar vinger met ʼn mes gesny het. KENMERKE • Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word. • Die instruksies is bedoel om te verduidelik hoe om ʼn snywond te behandel. • Toon, styl en woordkeuse moet by die instruksies pas. FORMAAT • Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:  Puntsgewys: Reëls tussen-in oopgelaat Ander aanduiders soos koeëlpunte  Paragraafvorm • Die skryfstuk kan ʼn opskrif hê, bv. Hoe om ʼn snywond te behandel. • Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met werkwoorde begin. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING C: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/November 2016 NSS – Memorandum BYLAE A LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas woordeskat minder Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie en konteks Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars beperk dat dit Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte te maak punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat grammatika, spelling 13 10 7 4 15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid -Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk -Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word gedaan spelling opgemerk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie 5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog meer sin nie gekonstrueer effens sin VERSPREIDING VAN PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail 12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all