Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2019
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 45 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019, 45 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 45 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 45
- File size
- 833.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 45
This exam
NSC November Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)23 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)29 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
en kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
7. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos 35 5
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 14
4. Lien se Lankstaanskoene 35 18
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama 35 23
6. Paljas 35 27
7. Fiela se kind – Die Drama 35 31
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Van Precious: 'n Buisie salf" 18 36
EN
8.2 "Roep van die vleikuiken" 17 38
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "By die robot in Eerstelaan" 18 41
EN
9.2 "Huiskat" 17 44
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2019
NSS
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 9 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander
mense in die son woon ...
"Ek sê, jy moet nou kom!" het oom Anneries begin kwaad word. "Ek sê dit nie
weer nie!"
"Ek bly hier, oom kan alleen dorp toe gaan." 5
"Wat?"
"Oom kan die goodfor vir MacDonald loop vra en die goed kry. Ek bly net
hier."
"Jy sal lat ék jou vandag bykom! Waar kan jy soos 'n Veltmaspad-muil staan
vassteek en sê jy gaat nie verder nie? Het jy nou bejosie geraak?" 10
"Ek bly net hier."
"Dit lyk my jou pa het jou nie goed genoeg bygekom nie! As ek vandag vir jou
gat 'n spar vat, sal jy spyt wees! Jy't gekom tot hier en jy sal gaat tot daar al
moet ek jou hier afsléép!"
Saul het geweet hy het die meeste uitstel uit die ou man getart en sonder 'n 15
verdere woord begin aanstap. Dit het gevoel of sy lyf in rieme vasgewoel was en
alles in hom wou uitbreek.
Dieselfde magtelose koppigheid as die dag toe hy die byl teen die kalander
moes lig, het in hom opgestaan en aan die rieme geruk.
Toe hulle kort voor kwartdag in die stil stofstraat afstap, het hy probeer om so 20
te loop dat sy tone nie voor by sy skoene uitpeul nie.
1.1 Waarmee was Joram so besig dat hy vir Saul saam met oom Anneries dorp
toe gestuur het? (1)
1.2 "Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander
mense in die son woon ... " (Reël 1 en 2)
Op 'n letterlike vlak verwys "skemer" na die Bos waar die son gesukkel het
om deur die digte bome te kom.
Wat is die figuurlike betekenis van "skemer" in hierdie sin? (1)
1.3 Saul het toe ook die "skemer" Bos verlaat om in die "son" te gaan woon.
Noem TWEE redes waarom Saul hierdie besluit geneem het. (2)
1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Oom Anneries verwys in hierdie uittreksel na Joram wat vir Saul geslaan
het. (Reël 12) Hierdie pak slae was omdat Saul nie (wou dorp toe gaan
nie/aan die kalander wou kap nie). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2019
NSS
1.5 Tydens Saul se tweede besoek aan die dorp het hy ook vir die eerste keer die
see gesien. Hy het homself belowe dat hy sy vryheid op 'n skip op die oop
see sou kry.
Waarom is hierdie belofte ironies as jy aan die einde van die roman dink? (1)
1.6 Saul se besoeke aan die dorp het hom laat besef dat die Bosmense anders
as die dorpsmense was.
1.6.1 Watter woorde van die dorpskinders en veral van Kate en haar pa,
het Saul altyd onthou? (1)
1.6.2 Hoe het die dorpskinders Saul laat voel toe hulle so oor hom
gepraat het? (1)
1.7 Tydens Saul se tweede besoek aan die houtwerf het MacDonald vir Saul
werk aangebied, maar Joram het gesê: "Ons werk vir onsselwers."
Sê waarom Joram se siening eintlik ONWAAR is. (1)
1.8 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Saul se besluit om by MacDonald te gaan werk, het die Bosmense baie
kwaad gemaak en hulle het hom as (leuenaar/verraaier) gebrandmerk. (1)
1.9 Saul het by MacDonald gaan werk sodat hy sy belofte aan homself, om
eendag op 'n skip te klim, waar kon maak.
Wat het MacDonald gedoen om Saul se droom NIE te laat waar word NIE? (1)
1.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer.
Gedurende die twee jaar wat Saul by MacDonald gewerk het, het Saul geleer
dat MacDonald sowel as die Bosmense ...
A deel van die skewe sirkel was.
B eerlike, hardwerkende mense was.
C graag wou saamstaan en saamwerk.
D die Bos vir die volgende generasie wou bewaar. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2019
NSS
1.11 Verskeie karakters het 'n rol in Saul se lewe gespeel.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.11.1 tot 1.11.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.11.1 Kate bring vir Saul boeke A Saul besluit om terug te keer
om te lees. Bos toe.
1.11.2 Jane Steward se naam word B Saul voel gemaklik in die sosiale
as verskoning gebruik. kringe.
1.11.3 Beth Johnson nooi Saul na C Saul verlaat Knysna en gaan
die danse in Knysna. Swellendam toe.
1.11.4 Caroline MacDonald D Saul en Kate kan tyd saam
konfronteer Saul oor sy deurbring.
verhouding met Kate.
E Saul leer Engels praat en sy
opvoeding verbeter.
(4 x 1) (4)
1.12 Saul het hard gewerk aan sy droom om eendag "in die son" te woon, m.a.w.
om menswaardig te voel.
Waarom kan 'n mens sê dat hierdie droom ook soms vir Saul negatiewe
dinge gewys het? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
... Hy buk af en tel die kluit op en gooi MacDonald agter tussen die blaaie dat
die kluit in duisend stofkrummels teen sy rug verspat, en hy skram nie eens weg
toe MacDonald omsteier nie,
"Wie de hel het my gegooi?" skree MacDonald en kyk reguit na hom.
Hy het MacDonald nie geantwoord nie, net omgedraai en skuur toe geloop. Hy 5
het sy paar stukkies goed in sy baadjie gebondel en sy skoene aangetrek.
Toe hy omdraai, staan MacDonald en Pearston en Jones soos drie wagte
tussen hom en die uitgang. Braaf, soos skuldiges. En miskien was dit instink wat
hulle gewaarsku het dat hy verby enige vrees of omgee was en wat hulle nie
laat nader kom het nie. Hy moes tot voor hulle loop. 'n Kop langer as die langste 10
een van hulle, sy liggaam taai en sterk gebrei onder baie hout en met die oë wat
sê: Raak vandag aan my, en ek breek hierdie plek op julle koppe af!
"En waar dink jy gaan jy heen?" het MacDonald die aanvoorwerk gedoen. "Ek
vra jou waarheen jy dink jy op pad is?"
"Net waarheen ek wil." 15
Toe het Pearston probeer. "Jy moet vir jou staan en brutaal hou met ons!"
MacDonald was aan die rooi word. "Jy sal hier bly totdat mister Patterson se
pan uitgekom het en julle skuld afbetaal is!"
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2019
NSS
1.13 Watter nuus het Saul ontvang wat hom só ontstel het dat hy vir MacDonald
met die kluit gegooi het? (1)
1.14 Saul het vir MacDonald as 'n leuenaar leer ken.
Hoe het MacDonald vir Saul oor Patterson gelieg? (1)
1.15 Saul het ook vir MacDonald leer ken as iemand wat sy mag misbruik. Hoe het
MacDonald sy mag met die volgende karakters misbruik?
1.15.1 Kate (1)
1.15.2 Saul (1)
1.15.3 Die houtkopers (1)
1.16 Na watter skuld verwys MacDonald in die laaste reël as hy met Saul praat? (1)
1.17 Hoe het Patterson, sonder dat hy wou, vir Saul gehelp om ryk te word? (1)
1.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.18) neer.
Terwyl Saul vir MacDonald gewerk het, het hy geleer dat jy net 'n mens is as
jy ... is.
A eerlik en opreg
B Engels en eerlik
C Engels en ryk
D ryk en oneerlik (1)
1.19 Saul se lewe het hom op vreemde paaie geneem. Skryf die volgende vier
gebeure in sy lewe binne en buite die Bos onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer:
A Saul kom agter dat MacDonald weier om hout by sy familie te koop.
B Saul besluit om Engeland toe te gaan.
C Saul begin goud in die Bos delf.
D Saul leer in Swellendam om meubels te maak. (4)
1.20 Waarom, dink jy, kon Saul aan die einde van die roman bly wees dat hy
MacDonald se diens verlaat het? (1)
1.21 Watter innerlike konflik dink jy het Saul na sy pa se dood beleef?
Onthou om beide kante van die konflik te noem. (2)
1.22 Tot watter gevolgtrekking het MacDonald aan die einde van die roman oor
Kate gekom? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2019
NSS
1.23 Saul as hoofkarakter het sterk karaktereienskappe.
1.23.1 Kies die karaktereienskap van Saul wat die sterkste in hierdie
uittreksel na vore kom:
Saul het hard gewerk.
Saul was nie bang nie.
Saul was lief vir sy familie. (1)
1.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.23.1. (1)
[35]
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
"Nee! Ek bedoel, kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek,
die lang naels, die ... die ... die hare! Dis goedkoop!"
"Wel, ek sal haar nou nie as 'n deftige dame beskryf nie." Dit klink of Sharon
haar kop in haar kussing druk om nie te lag nie.
"Maar jy's ook die een wat altyd sê mens kan nie mense oordeel aan hoe hulle 5
lyk nie."
Helaas. As Sharon my moes oordeel aan hoe ek lyk – 'n vaal muis met 'n paar
puisies wat nooit die regte klere met die regte etikette dra nie – sou ons seker
nooit maats geword het nie.
"Maar alles aan haar is vals," hou ek vol. "Dis tog onmoontlik om só te lyk as 10
jy amper veertig jaar oud is!"
"Is sy al só oud?" Sharon se stem klink skoon verskrik.
"Sy was oor die twintig toe Yann gebore is. Jy kan dit self uitwerk."
"Wow." Sharon bly 'n rukkie stil. "Sy moet 'n baie goeie plastic surgeon hê."
"Of miskien is sy 'n heks," sê ek spottend. "Miskien kan sy haarself jonger 15
tóór. En sommer ook ander mense toor om van haar te hou."
"Nee. Dan moes sy mos vir jou ook kon toor." Sharon lag saggies. "Tensy jy
ook 'n heks is. Ou Hanna Heks!"
Ek wonder skielik hoekom ek nog wil stories opmaak.
2.1 Margot het op Botterberg gaan kuier omdat sy toe in Suid-Afrika was.
Wat het Margot in Suid-Afrika kom maak? (1)
2.2 "Of miskien is sy 'n heks," sê ek spottend." (Reël 15)
In hierdie gesprek gebruik Sharon en Hanna die woord "heks" in sy letterlike
betekenis.
Wat is die figuurlike betekenis van "heks", wat ook by Margot sou pas as
Hanna reg was met haar siening oor Margot? (1)
2.3 Noem TWEE redes waarom Margot, soos Beyers haar onthou, dalk nie haar
kuiertjie op Botterberg sou geniet nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2019
NSS
2.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hanna noem haarself in hierdie uittreksel 'n "vaal muis". Margot het hierdie
beeld van Hanna verander toe sy (gesê het dat Hanna vreeslik slim was/vir
Hanna mooi gegrimeer het). (1)
2.5 In reël 10 sê Hanna dat alles aan Margot "vals" is.
Waarom is dit ironies as jy aan Hanna se eie lewe dink? (1)
2.6 Beyers het vir Margot genooi om by hulle op Botterberg te kom kuier.
2.6.1 Watter bynaam het Beyers vir Margot gehad? (1)
2.6.2 Hoe kon hierdie bynaam die meeste gesinslede se houding
teenoor Margot beïnvloed? (1)
2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Sharon en die seuns het Margot se stories oor Amerika baie
(opwindend/irriterend) gevind. (1)
2.8 Wat het Margot gesê waaruit ons kan aflei dat sy gemaklik met Mana en
Beyers se verhouding was? (1)
2.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.9) neer.
"Wow." Sharon bly 'n rukkie stil. "Sy moet 'n baie goeie plastic surgeon
hê." (Reël 14)
Die manier waarop Sharon hier praat, wys dat sy ... Margot se voorkoms.
A geïrriteerd is met
B beïndruk is deur
C negatief is oor
D neutraal is teenoor (1)
2.10 In reël 18 noem Sharon vir Hanna "ou Hanna Heks".
Hoe noem Hanna se ma haar omdat sy altyd so baie vrae gehad het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2019
NSS
2.11 Die karakters in hierdie roman het verskillend teenoor Margot opgetree.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.11.1 Beyers is by as Mana A Hy kan nie genoeg van Margot se
geboorte skenk. lewe as aktrise in Amerika hoor
nie.
2.11.2 Margot maak keuses oor
haar kinders en stel Yann B Hy is die eerste een om te erken
teleur. dat hy nie weet wat hulle sonder
Margot sal doen nie.
2.11.3 Amos mis sy ma baie.
C Hy dans saam met Margot die
2.11.4 Tibo is van die begin af tango.
beïndruk deur Margot.
D Hy steek tydens Margot se besoek
sy regte gevoelens weg.
E Hy klou letterlik van Margot se
aankoms af aan haar vas.
(4 x 1) (4)
2.12 Margot het hard probeer om almal te laat dink dat sy 'n suksesvolle aktrise is.
Hoe het Gavin dit reggekry dat Margot eerlik na haarself begin kyk het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2019
NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
"Wonderlik vir haar?" vra Beyers. "Of wonderlik vir ons?"
Sy oë blink oor die rand van sy beker.
"Vir haar én vir ons." Ek dompel 'n stuk karringmelkbeskuit in die koffie en
suig versigtig daaraan. Ná twee weke het ek geleer dat dit die beste manier is
om hierdie boeretroos afgesluk te kry. 5
"Alhoewel … ek het nogal gewoond begin raak aan haar …"
"Dit beteken nie dat sy vandag al gaan wegkom nie," sug Beyers.
"Ons weet nie hoe lank dit nog gaan wees voor die rivier begin sak nie."
'n Heldin uit 'n avontuurverhaal, liewe leser. Dís wat ons nou nodig het. Nie 'n
bedorwe brokkie soos Fabienne nie, nog minder 'n ou bangbroek soos Hanna 10
Hoekom. Ons het 'n meisiekind met moed en spiere nodig, iemand wat fiks en
vreesloos genoeg is om deur 'n bruisende rivier te swem en 'n paar uur na die
naaste dorp te draf …
Margot het spiere. En sy is waarskynlik fikser as enigiemand anders in die huis.
Maar sy is hopeloos te bekommerd oor haar hare om in 'n rivier te spring. Ons 15
het 'n heldin sonder ydelheid nodig. Sonder grimering ook. Die rivier sal in elk
geval al haar grimering afspoel.
Ons het 'n heldin nodig wat haar spiere en haar verstand sáám kan inspan.
Helaas. Ons het nie so 'n heldin in hierdie huis nie.
2.13 Waarom is Hanna en Beyers so opgewonde in die eerste drie reëls van
hierdie uittreksel? (1)
2.14 Waarom verras Hanna se woorde in reël 6 die leser? (1)
2.15 Watter gebeurtenis het van Margot 'n heldin in die oë van almal op Botterberg
gemaak? (1)
2.16 Die helikopter het op die regte tyd by Botterberg opgedaag.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
2.17 Margot se vertrek het 'n uitwerking gehad op elke karakter wat op Botterberg
agtergebly het.
Sê watter uitwerking Margot se vertrek op die volgende karakters gehad het:
2.17.1 Hanna (1)
2.17.2 Yann (1)
2.17.3 Tibo (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2019
NSS
2.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.18) neer.
In Hanna se roman sal Margot die rol van 'n karakter tussen 'n ... speel.
A uitstekende verpleegster en 'n hopelose ma
B talentvolle aktrise en 'n swak danseres
C afwesige ma en 'n onbekende aktrise
D bose heks en 'n goeie fee (1)
2.19 Hanna en haar gesin het regtig ongelooflike avonture beleef. Skryf die
volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
A Die gesin beleef 'n wolkbreuk op Botterberg.
B Interessante gaste, onder wie Margot Jordan, daag op.
C Mana en haar hele gesin kom vir 'n wittebrood op Botterberg aan.
D Die gesin sien hulleself nou, in Yann se woorde, as 'n nuwe familie. (4)
2.20 Waarom, dink jy, kon Margot, aan die einde van die roman bly wees dat sy vir
twee weke op die berg vasgekeer was? Konsentreer in jou antwoord op
Margot se persoonlike lewe. (1)
2.21 Watter innerlike konflik kon Margot beleef net voordat die helikopter opgestyg
het? Onthou om beide kante van die konflik te noem. (2)
2.22 Tot watter wonderlike besef het Hanna gekom toe sy vir Gavin beter leer ken
het? (1)
2.23 Margot het in hierdie roman baie verander.
2.23.1 Kies die belangrikste verandering in Margot se karakter wat van
haar die heldin op Botterberg gemaak het:
Sy het besef hoeveel sy haar seuns gemis het.
Hoe sy lyk, was nie meer so belangrik nie.
Gesonde eetgewoontes was nie meer vir haar belangrik nie. (1)
2.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.23.1. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
KAAPSTAD. SILKWOOD-KLINIEK. MAANDAG, 14 AUGUSTUS 1978
Ek word Woensdag ontslaan. My sketsboek is vol duiwe. Prof. Van Keulen was
weer vanmiddag hier. Hy sê hulle almal by die Instituut wag vir my. Maar ek
weet nie of ek kan teruggaan nie. Ek weet nie ek weet nie. Ron Ronnie
Ronniekie. Mamma mis jou vandag. Daar is baie duiwe in hierdie tuin. Hulle 5
gaan kruip weg in die verskuilde skadu's van oerou bome. Wanneer ek opkyk,
sien ek dat die son goue skerwe in die blare maak en iewers sit jou gesig in die
skerwe. Ek wens, ek wens ek het 'n wildevyboom met groot groen takke. Ek
wens ek kan in sy skemer skadu's gaan wegkruip en ek hoef nooit weer uit te
kom nie. 10
Daar is 'n groot wit muur om die tuin. Agter die muur lê die stad.
KAAPSTAD. ORNITOLOGIESE INSTITUUT VAN S.A. DONDERDAG,
17 AUGUSTUS 1978
Ek voel soos 'n besoeker hier in my eie kantoor. Iemand het al my boeke in
bokse gepak asof hulle gedink het ek kom nooit weer terug nie. Daar is ander 15
gordyne. Ek het vir prof. Van Keulen gesê ek wil weggaan. Hoe meer
afgesonderd, hoe beter. Ek wil my lewe gaan oormaak. Hy is besig om met die
Departement van Seevisserye te reël om my na 'n guano-eiland toe te stuur vir
navorsing.
3.1 Noem EEN hartseer insident wat veroorsaak het dat Ryna in 'n kliniek
opgeneem moes word. (1)
3.2 Hoekom is hierdie uittreksel in skuinsdruk? (1)
3.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Prof. Van Keulen het Ryna besoek om haar (met haar depressie te help/
'n tweede kans te gee). (1)
3.4 Camilla het besluit om as Ryna van Rensburg vir die werk op Meeuland
aansoek te doen. Waarom, dink jy, het sy só besluit? (1)
3.5 Verskillende karakters het Ryna verskillend behandel toe sy haar nuwe lewe
begin het. Hoe het die volgende karakters Ryna behandel?
3.5.1 Ant Hansie (1)
3.5.2 Matthys Langhans (1)
3.5.3 Jacob (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2019
NSS
3.6 Gee TWEE redes waarom die naam Mamma Meeu by Ryna pas. (2)
3.7 Watter verkeerde idee het Jacob gehad oor Ryna wat op Meeuland moes
kom werk? (1)
3.8 Ryna se eerste indruk van Jacob was 'n stem oor die burgerbandradio.
3.8.1 Watter idee het Ryna van Jacob gekry toe sy Jacob se gesprek oor
die radio gehoor het? (1)
3.8.2 Hoe het Ant Hansie oor Jacob se optrede gevoel? (1)
3.9 Wie het later in die roman Camilla/Ryna se wens oor die wildevyeboom
(reël 7) só goed verstaan? (1)
3.10 "Ek wil my lewe gaan oormaak." (Reël 17)
Waarom kan 'n mens Ryna bewonder vir hierdie woorde? (1)
3.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.11) neer.
Die eerste lewensles wat Jannerik vir Ryna van Meeuland geleer het, was ...
A om nie toe te laat dat een mens se optrede haar wegdryf nie.
B dat 'n mens op hierdie eiland ver vooruit kyk en ver agteruit ook.
C dat drie jaar hier 'n ewigheid is, maar 'n mens sal leer om aan te pas.
D om net geduldig te wees, die tyd sal haar leer om alles te kan hanteer. (1)
3.12 Ryna het geglo die alleenwees op die eiland haar goed sou doen.
Waarom is dit ironies? (1)
3.13 Waarom, dink jy, was dit vir Elsabet goed dat Ryna op Meeuland gaan bly
het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2019
NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
Attie skuif nader na haar en sien hoedat sy stil word voor hom. Hy buk vorentoe
en gee haar 'n baie klein piksoentjie op haar mond. Maar dit is nie goed genoeg
nie en hy omhels haar in alle erns en probeer haar soen. Maar sy keer hom,
sodat hy ophou.
"Van?" 5
Sy kyk na hom toe.
"Hoekom ontwyk jy my altyd?"
"Ek is nie reg vir ... ek is bang ek ..." Sy kyk skuldig weg oor die see.
"Sorry, Van."
Dis sewe-uur toe Jacob oor die skemer werf na Ryna se blyplek toe stap. Die 10
Meeuland Express staan voor die deur en van binne af weerklink Attie en Daniel
se stemme. Hy gaan in. Attie is op die swartstoof besig om die perlemoen met 'n
houtlepel te roer, terwyl Daniel suurlemoensap uitdruk. Op die kombuistafel
staan Janka se badjie en babapoeier. Jacob bekyk die gesellige atmosfeer en
voel meteens soos 'n buitestander. "Waar's Janka?" 15
Attie proe aan die perlemoen en strooi 'n bietjie grofgemaalde peper oor. "Ou
Van het haar gebad en kamer toe gevat om slaap te maak. Daniel, die
suurlemoensap. Jacob, sê vir Ou Van haar brode moet uitkom."
Jacob kom haar slaapkamer binne. Kleurryke tekeninge van pikkewyne en
duikers versier die eens sombere vertrekkie. Die rooi gordyne hul die vertrek in 20
'n sagte gloed in die lig van die lamp.
3.14 Skryf die volgende vier belangrike gebeure in Attie se lewe onder mekaar in
die korrekte VOLGORDE neer:
A Ryna aanvaar nie Attie se trou-aanbod nie.
B Attie ontmoet vir Ryna op Salamanderbaai.
C Attie gaan werk op 'n diamantboot in Suidwes.
D Attie besluit om 'n pos op Meeuland te aanvaar. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2019
NSS
3.15 Attie het vir Fred tydens die munisipale verkiesing gehelp, maar vir Jacob het
die Blanckenbergs net hartseer beteken.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.15.1 tot 3.15.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
3.15.1 Schalk verkrag Magrietjie. A Jacob moet sy kind alleen
grootmaak.
3.15.2 Skalla betrek ander mense by
onwettige dinge. B Jacob beland in die tronk.
3.15.3 Fred het 'n verhouding met C Jacob vlug Meeuland toe.
Elsabet.
D Jacob se pa beland in die
3.15.4 Schalk skiet vir Janka. tronk.
E Jacob raak verlief op Ryna.
(4 x 1) (4)
3.16 Meeuland was vir Ryna net soos 'n tronk.
Sê hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
3.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die Meeuland Express was (Jacob se boot/Janka se stootkarretjie). (1)
3.18 Hoe het Janka Ryna se lewe op Meeuland sinvol gemaak? (1)
3.19 Watter innerlike konflik het Ryna oor haar, Jacob en Jannerik se geheim
beleef elke keer as sy Janka versorg het? Onthou om beide kante van die
konflik te noem. (2)
3.20 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.20) neer.
Jacob voel soos 'n buitestander omdat hy nie ...
A vir Janka gebad en kos gegee het nie.
B weet hoe om perlemoen gaar te maak nie.
C gehelp het om Ryna se huisie reg te maak nie.
D deel van die lekker atmosfeer in Ryna se huis is nie. (1)
3.21 Dink aan alles wat in Ryna en Janka se lewens gebeur het.
Hoekom kan die leser aan die einde van die roman wens dat alles vir hulle
reg uitwerk? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2019
NSS
3.22 Watter lewensles het Attie aan die einde van die verhaal oor verhoudings
geleer? (1)
3.23 Attie is 'n plat karakter, maar ons leer hom tog goed in hierdie roman ken.
3.23.1 Kies die karaktereienskap van Attie wat die beste in hierdie
uittreksel na vore:
Hy is hardwerkend.
Hy neem ander mense se gevoelens in ag.
Hy is lojaal teenoor sy werkgewers. (1)
3.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.23.1. (1)
[35]
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
"Sy bene is af," sê die suster. "Net onder sy knieë." Sy druk iets in haar uniform
se sak en krap aan haar skouer.
"Dokter sê dit sou nie reggekom het nie. Hy is baie siek en net familie mag
ingaan."
Dit lyk asof sy haar bedink. Sy krap weer aan haar skouer. 5
"Maar vir dié mense is almal mos maar eintlik familie ..." Sy kyk na Lien. "Jý's
nie familie nie." Die vrou lyk bietjie na 'n perd en ruik na rook.
"Ons werk saam," sê Lien. Sy kyk terug. "Ek wil asseblief net vir hom iets sê.
Ek sal gou maak."
Die suster kyk oor haar skouer in die gang af. 10
"Jy moet wikkel. Twee minute."
Goed piep en pype peul oral uit Tibbey, wat steeds 'n vreemde vaalbruin kleur
het. Sy mond is half oop. Daar is 'n wilde kyk in sy oë, maar hy herken haar al
het sy nie die pruik en die brilletjie op nie, sien Lien. Hy lê vir haar en kyk. Dit lyk
asof hy iets wil vra, maar daar is nie 'n manier hoe hy 'n woord gaan uitkry nie, 15
besef sy. Sy vou sy vaalbruin hande wat op die wit deken lê in hare toe.
"Tibbey, alles gaan regkom. Ons sal 'n plan maak," sê slim Lien Jooste terwyl
'n hele klomp hane kraai.
4.1 Wat het gebeur dat Tibbey in die hospitaal beland het? (1)
4.2 "Maar vir dié mense is almal mos maar eintlik familie ..." (Reël 6)
Wat kon Lien uit hierdie woorde van die verpleegsuster aflei oor haar siening
van Tibbey? (1)
4.3 As Lien sê hulle werk saam (reël 8), bedoel sy hulle bedel in dieselfde straat.
Noem TWEE ander plekke waar Lien gewerk het voordat sy begin bedel het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2019
NSS
4.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Al het Lien meer geld verdien deur te bedel, het sy in die proses (haar
skoolwerk afgeskeep/verkeerde vriende gemaak). (1)
4.5 Dit was vir Roos belangrik dat elke bedelaar sy bedelplek moes hê.
4.5.1 Hoe het Roos die hoek waar Tibbey gestaan en bedel het,
genoem? (1)
4.5.2 Hoe sluit hierdie naam aan by die manier waarop Tibbey na sy werk
as bedelaar gekyk het? (1)
4.6 "Dit lyk asof hy iets wil vra, maar daar is nie 'n manier hoe hy 'n woord gaan
uitkry nie, ..." (Reël 14 en 15)
Waarom is hierdie situasie so ironies as jy dink aan Tibbey met sy
Blou Bul-vlag? (1)
4.7 'n Deel van die plan wat Lien wou maak om Tibbey te help, was om vir hom 'n
karretjie te laat bou.
Waarom kan ons sê dat hierdie karretjie vir Tibbey nuwe moed gegee het? (1)
4.8 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lien se pa se gunstelingsêding was: "The buck stops here."
Dit het Lien eers verstaan toe sy agterkom dat (sy/Tibbey se vriende) vir die
bou van die karretjie sou moes betaal. (1)
4.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer.
Al die planne wat Lien vir Tibbey beraam het, wys dat Lien ...
A meer vir Tibbey omgegee het as vir haar eie broer.
B vir niemand anders van haar en Tibbey se vriendskap wou sê nie.
C nou op Tibbey se hoek sou moes gaan bedel om meer geld te maak.
D 'n vriendin was op wie 'n mens onder moeilike omstandighede kon reken. (1)
4.10 Met Tibbey se ongeluk, het Dirkie gewys dat hy iemand is op wie Lien kan
staatmaak. Motiveer hierdie stelling. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2019
NSS
4.11 Lien het haar bes gedoen om onder moeilike omstandighede alles bymekaar
te hou. Tog het daar dinge gebeur wat dit vir haar moeilik gemaak het.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.11.1 tot 4.11.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.11.1 Lien se pa gaan tronk toe. A Lien wonder of sy aan die
dramaproduksie by die skool moet
4.11.2 Lien se ma kom dronk by deelneem.
die skool aan.
B Lien moet by 'n nuwe blyplek en
4.11.3 Braam hou homself skool aanpas.
eenkant by die huis.
C Lien wonder of almal dink dat sy 'n
4.11.4 Sproet tree verkeerd prostituut is.
teenoor Lien op.
D Lien moet alleen die takies in die
huis verrig.
E Lien kry skaam voor haar
skoolmaats.
(4 x 1) (4)
4.12 " ... terwyl 'n hele klomp hane kraai." (Reël 17 en 18)
Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
Hein het vir Tibbey by die rolbalklub gaan aflaai, maar hy moet terug wees,
want die bakkie van Venter Constructions staan eenkant onder 'n boom. Lien
wonder waar hy heen verdwyn het.
"Ek is bly julle was hier," sê sy vir Roos en gee haar 'n druk.
"Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." Sy snuif. 5
Peroxide kyk belangstellend na die skoolseuns wat by haar verbyloop. Sy
draai skoon skeef om vir Christiaan dop te hou, wat met 'n mond vol kos vir
Wian iets vertel. Christiaan kyk belangstellend terug na waar Peroxide terterig
vir hom glimlag.
Dis dalk tyd dat Roos-hulle koebaai sê, dink Lien benoud. 10
"Wil julle nie nog iets eet nie?" vra sy. Peroxide haal 'n groterige Tupperware-
bak uit haar sak en begin pak. En sy pak. Roos beduie na iets in die
Tupperware-bak en Peroxide pak terug. Dis tannie Bets se kerrietertjies, sien
Lien dik van die lag. Sy stap nader.
Lien vryf oor Roos se stywe hare. "Jy is 'n great pel." 15
Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm 'n
knypie. Sy sê niks nie, snuif en draai om. Lien dink hulle besef albei dat Lien
Jooste waarskynlik nie weer met plat skoene iewers op 'n hoek sal staan nie.
"Sien jou wanneer ek jou sien," groet Roos ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2019
NSS
4.13 Ons weet dat Lien net ná Tibbey se ongeluk by die rolbalbaan was.
Wat het Lien daar gaan maak? (1)
4.14 Ná Tibbey se ongeluk het Hein gewys dat hy Tibbey se behoeftes baie goed
verstaan het.
Sê hoekom hierdie stelling WAAR is. (1)
4.15 Hoe het Roos vir Lien aan die begin van haar tyd as bedelaar gehelp? (1)
4.16 Wat is die onderwyseres se van wat vir Lien 'n rol in die skoolkonsert
aangebied het? (1)
4.17 Om by die skoolkonsert betrokke te wees, was net wat Lien nodig gehad het.
Sê hoe die skoolkonsert vir Lien gehelp het om ...
4.17.1 nuwe vriendskappe te vorm. (1)
4.17.2 van haar probleme weg te vlug. (1)
4.17.3 haar ma positief te beleef. (1)
4.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.18) neer.
Lien het die rol van … in die konsert gespeel.
A Heilige Maria
B Weird Maria
C Maria Antoinette
D Maria Jones (1)
4.19 Lien se tydjie as bedelaar was nie maklik nie. Skryf die volgende vier gebeure
onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
A Tibbey beland in die hospitaal.
B Lien se ma steel by die winkel.
C Lien besef finaal sy is nie meer deel van die ou omgewing nie.
D Lien vervals briewe om skool te "bunk". (4)
4.20 Watter les, dink jy, het Lien by haar bedelaarsvriende geleer? (1)
4.21 Watter innerlike konflik beleef Lien toe sy Roos en Peroxide in die donkerte
sien wegstap? Onthou om beide kante van die konflik te noem. (2)
4.22 Wat het Lien daardie aand van die skoolkonsert oor haar en Wouter besef? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2019
NSS
4.23 Die leser leer Lien as hoofkarakter baie goed ken.
4.23.1 Kies die karaktereienskap van Lien wat die duidelikste in albei
uittreksels na vore kom:
Lien is lojaal teenoor haar vriende.
Lien vergewe mense.
Lien gee om vir haar gesin. (1)
4.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.23.1. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
OUMA HANNIE. Maar toe die kinders nou groter word, toe trek ek nou met die
kinders oor die rivier daar na Upington sodat hulle skool en kerk kon kry.
(Die ander spelers begin sag die skoollied sing – sy luister daarna.) Maar die
kinders het nie lank skoolgegaan nie … het weggetrek Koegas toe en by 'n boer
gaat werk en Domani is weg oorlog toe en hy het nóóit weer teruggekom nie. 5
Die ander kinders het maar so rondgewerk van Lüderitz af, al langs die spoor;
Upington, Putsonderwater, Draghoender en Prieska. En ons meisiekinders het
uitgetrou en ná hulle troues maar gewerk soos hulle kon.
POPPIE. My mama wou nie haar man gehad het nie – hy het op die see kom
werk by Lüderitzbucht, toe sien hy haar en hy het al met die wind same al agter 10
haar aangeloop en verlief geraak op haar. (Plank en Hoedjie spot haar: "Verlief
geraak op haar!")
MOSIE. Toe gaan hy nou Upington toe om Ouma Hannie te vra om met my
mama Lena te trou.
OUMA HANNIE. Hy was glad met sy bek en hy't groot lobola betaal. 15
HOEDJIE. Maar toe't hy nou een Saterdagoggend weggeloop en vir die oorlog
gaan teken. Hy is toe weggestuur na die Noorde as lorriedrywer en hy het nooit
weer teruggekom nie.
POPPIE. Toe gaan bly ons kinders nou by Ouma Hannie daar in 'n lokasie by
Upington … 20
5.1 Noem die dorp waar Mama Lena gaan werk het nadat sy van De Aar af
gekom het. (1)
5.2 Wat het Poppie as klein dogtertjie by ouma Hannie oor haar kultuur geleer? (1)
5.3 Poppie se kinderdae was nie altyd maklik nie.
Skryf die volgende vier gebeure in Poppie se lewe onder mekaar in die
korrekte VOLGORDE neer:
A Ouma Hannie sterf.
B Poppie word op negejarige ouderdom uit die skool gehaal.
C Poppie werk in die visfabriek.
D Poppie se pa is weg. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2019
NSS
5.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.4) neer.
Poppie moes baie aande luister na oompie Pengi wat dronk was en ouma
Hannie wat nooit met hom geraas het nie.
Poppie het besef dat ouma Hannie ... oompie Pengi was.
A kwaad vir
B hartseer oor
C ontevrede met
D ongeduldig met (1)
5.5 Poppie se tyd by ma Lena en haar tweede familie was vir Poppie baie lekker.
Sê hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Vir Ouma Hannie was Poppie en haar broers baie spesiaal, want hulle pa het
('n ander vrou gevat/nie vir hulle gesorg nie). (1)
5.7 Ma Lena is weer getroud.
5.7.1 Wat het Poppie ma Lena se tweede man aan die begin genoem? (1)
5.7.2 Hoekom het Poppie gedink dit is reg om hom só te noem? (1)
5.8 Wat het Poppie geniet om te doen as Mosie van die skool af kom? (1)
5.9 Waaruit kan jy aflei dat ma Lena vir Poppie anders as haar seuns behandel
het? (1)
5.10 Poppie het by haar familie geleer dat jy baie keer swaarkry as gevolg van
ander mense se dade. Wat het die volgende karakters gedoen wat Poppie
laat swaarkry het?
5.10.1 Bonsile (1)
5.10.2 Jakkie (1)
5.10.3 Stone (1)
5.11 Waarom kan ons sê dat alkoholmisbruik later in die drama 'n negatiewe
invloed op die gemeenskap gehad het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2019
NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
MOSIE. Poppie is met die trein na Herschel om die meisiekinders na Stone se
ouers op die land te neem, en toe is sy verder na Mdantsane om die huis te
verhuur en te reël dat Bonsile by die huismense inwoon. En daar was nog iets
waaroor sy met hom moes praat.
POPPIE. Bonsile, jy moet die kind na my laat bring wat gebore is toe ons in die 5
Kaap was vir die begrafnis. Dis bloed van my bloed en ek het die kind nog nie
gesien nie. (Hulle bring 'n bondeltjie. Sy neem dit in haar arms en kyk lank
daarna.) Die onderhoud van die kind sal ek ook op my skouers moet neem,
maar hieroor kla ek nie. Oor die kind is ek bly. (Poppie begin geld uit haar
handsak haal.) 10
MOSIE. Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma van die kind
gegee en toe Kaap toe vertrek.
MAMA. Sy is siek. Sy het baie swaar gehad. Die dinge was te veel vir haar.
Sy lê net en sien niemand raak nie.
MOSIE. Ons sisi is siek. Ek dink sy voel nou eers ons swaertjie se dood. 15
MAMA. Die dinge was te veel vir haar.
JAKKIE. Poppie het 'n week gelê, en toe het sy opgestaan.
POPPIE. Ek moet gaan werk. Die kinders het kos en geld nodig.
PLANK. Sy het werk gekry by Mrs Swanepoel.
5.12 Waarom het Poppie nou planne gemaak om Mdantsane te verlaat? Gee
TWEE redes. (2)
5.13 Hoekom dink jy was dit vir Poppie se meisiekinders beter om by Stone se
ouers te gaan bly? (1)
5.14 Later in die drama het Poppie besluit om Bonsile se kind saam met haar te
neem. Watter innerlike konflik was daar toe by Poppie? Onthou om beide
kante van die konflik te noem. (2)
5.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In reël 5 en 6 praat Poppie van (Stone/Vukile) se begrafnis. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2019
NSS
5.16 Poppie se lewe het nie net uit swaarkry bestaan nie.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.16.1 tot 5.16.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.16.1 Poppie bly by ouma Hannie. A Poppie se kinders kan
skoolgaan.
5.16.2 Poppie trou met 'n goeie man.
B Poppie het 'n pas wat haar
5.16.3 Poppie kry 'n huis in sekuriteit bied.
Mdantsane.
C Poppie kry 'n huisie in
5.16.4 Poppie werk by Mrs Jakkalsvlei waarop sy trots kan
Swanepoel. wees.
D Poppie kry 'n kleinkind by.
E Poppie leer van haar taal en
kultuur.
(4 x 1) (4)
5.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.17) neer.
Selfs na Stone se dood was ... vir Poppie die grootste motivering om aan te
gaan.
A die geld
B haar werk
C haar kinders
D die familie (1)
5.18 Hoekom word sekere dele in die uittreksel skuins gedruk? (1)
5.19 Bonsile se naam beteken "iets het reggekom". Waarom is dit ironies as jy aan
Poppie se lewe dink? (1)
5.20 In hierdie drama is Poppie die hoofkarakter.
5.20.1 Kies die karaktereienskap van Poppie wat die sterkste in hierdie
uittreksel na vore kom:
Poppie loop nie weg van haar verantwoordelikhede nie.
Poppie is nie lui nie.
Poppie glo daarin om haar kinders godsdienstig groot te maak. (1)
5.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.20.1. (1)
5.21 Bonsile het sy pa (Stone) vroeg in sy lewe verloor, maar hy was vir Bonsile 'n
voorbeeld van hoe 'n pa behoort te wees. Motiveer hierdie stelling. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2019
NSS
5.22 Wat besef Poppie aan die einde van die drama? (1)
5.23 Hoekom sluit die drama met Nkosi Sikelel' iAfrika af? (1)
[35]
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
Klein Willem staan vir die aankomende prosessie en kyk.
Die nar stap reg op Willempie af. En kom staan voor hom.
NAR: Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam? (Nog
geen reaksie nie. Willempie kyk net vir die olifant.) Dè. (Hy druk die tou in die
kind se hand.) Loop bietjie met hom. (Die kind staan net met die tou.) Trek hom. 5
Jy sal sien. Hy sal loop as jy trek. (Willempie staan net. En die nar begin
aanstap. Hy stap weg van hulle af. Tien tree weg kyk hy om.) Bring hom! Trek;
hy sal kom. (En Willempie kyk vir die olifant. En trek. En die olifant kom.) Jy
sien?
35. 'n Montage van die olifant wat al agter Willempie aanstap. Eers met die nar 10
naby hulle. Dan met die nar op die agtergrond. Daarna net Willempie en die
olifant. Oor 'n bult, deur 'n land vol koringbale, deur 'n stroom water, oor 'n brug,
deur 'n bos. Willempie stap al hoe regopper, al hoe meer kordaat – en die olifant
waggel agterna.
36. Dis aand. Hendrik, Katrien en die kinders sit by die lamplig en eet. 15
HENDRIK: Ons sal ten minste nog tot môre met hulle sit. Die oorlaaitrein is
Oudtshoorn toe. Die 34 sal nie die vrag vat nie.
KATRIEN: Arme mense. Het hulle ooit iets om te eet vanaand?
6.1 Waarom het Willem nie die nar se vrae beantwoord nie? (1)
6.2 Waarom was dit vreemd om sirkusdiere op hierdie stasie te sien? (1)
6.3 "Dè. (Hy druk die tou in die kind se hand.) Loop bietjie met hom."
(Reël 4 en 5)
Hoekom verbaas dit 'n mens dat die nar die tou waaraan die olifant vas is, vir
Willem gee? (1)
6.4 Noem TWEE dinge wat die sirkusmense gedoen het om te wys dat hulle geen
respek vir Hendrik gehad het nie. (2)
6.5 Waaruit kan ons aflei dat Hendrik reg was om vir Emma teen die sirkusmense
te waarsku? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2019
NSS
6.6 Die treine het vir Katrien 'n simboliese betekenis gehad.
Sê hoekom hierdie stelling WAAR is. (1)
6.7 Wat is die funksie van die montage in toneel 35? (1)
6.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.8) neer.
Willem en die nar het met mekaar gekommunikeer deur ...
A tekeninge te maak.
B briewe vir mekaar te skryf.
C diere in die veld te voer.
D fiets te ry. (1)
6.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Willem en die nar het die meeste van hulle tyd in die (skuur/sirkustrein)
deurgebring. (1)
6.10 Willem het een middag weggeloop. Daardie aand het Hendrik en Katrien eers
regtig met mekaar begin praat oor die dinge wat saak maak.
6.10.1 Wat het gebeur dat Willem besluit het om weg te loop? (1)
6.10.2 Wat het Hendrik daardie aand besef oor Katrien se gevoel vir
hom? (1)
6.11 Wat sou gebeur het as Willem vroeër vir almal van die nar se
teenwoordigheid vertel het? (1)
6.12 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Manuel is nie saam met die ander sirkusmense weg nie. Hy het gesê hy (wou
bly om by Willem te wees/was klaar met die sirkus). (1)
6.13 Verduidelik hoe die nar se paljas die volgende karakters se lewens verander
het:
6.13.1 Emma (1)
6.13.2 Willem (1)
6.13.3 Hendrik (1)
6.14 Waarom word sekere dele in hierdie uittreksel skuins gedruk? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2019
NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
... Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die dominee.)
Verwyder asseblief vir ons die – grapmaker.
Die ouderling stap op die nar af.
Die nar kyk hom reguit in die oë. Dis duidelik die nar glo nie wat hy
sien gebeur nie. 5
Die ouderling gaan staan twee tree van die nar af. Hy wys met sy kop:
uit.
Die nar wys: ék?
Die ouderling wys nou met sy kop én sy duim: uit!
Die nar skud sy kop. 10
Die ouderling kyk hulpeloos om na die dominee toe.
Jan Mol kom orent. Hy wys met sy vinger na die nar toe.
JAN MOL: Dis hy! Dis die ou wat daardie McDonald-kind so teken!
Die nar sien hier kom moeilikheid, vlieg op en vlug uit die kerk uit.
En tien, twaalf, twintig mans storm uit die banke uit agterna. 15
107. Buitekant die kerk gryp die nar sy fiets, spring op en jaag straataf. Die
swartgeklede kraaie storm in die straat in en kyk rond, beduie. Hulle sien die nar
dóér trek. Party begin agterna hardloop. Ander storm vir hulle bakkies.
108. 'n Ent af in die straat jaag die nar op sy fiets. Hy kyk om en sien die spul
wat agterna kom. Hy swaai in 'n systraat in, spring by 'n heining van sy fiets af, 20
prop die fiets onder die heining in ...
6.15 Verkeerde stories is versprei oor Willem wat dik snye brood by hom gehad
het.
Wat was Willem se doel met die brood? (1)
6.16 Die dorpsmense het nie mense aanvaar wat nie soos hulle is nie.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.16.1 tot 6.16.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.16.1 Frans kom baie by A Die dorpsmense glo dat die gesin
Hendrik-hulle se huis. met duiwelskuns besig is.
6.16.2 Willem doen toertjies. B Hendrik en sy gesin verlaat die
dans.
6.16.3 Ouderling Bothma is
aggressief. C Daar is skinderstories oor Katrien.
6.16.4 Die mense by die D Hy skiet die eerste skoot op die
Volstruisdans is negatief nar.
teenoor die McDonalds.
E Die sirkusmense gaan weg.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2019
NSS
6.17 Hoekom, dink jy, was dit verkeerd dat die dominee na die dorpsmense se
skinderstories oor die McDonalds geluister het? (1)
6.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.18) neer.
Willem het gehoor toe die dominee vir sy ma-hulle gesê het dat dit sonde is
om ...
A 'n knertsie te drink.
B konsertina te speel.
C toertjies met balle te doen.
D op mense se gesigte te teken. (1)
6.19 Nadat die nar uit die kerk gejaag is, het daar baie dinge in die McDonalds se
lewens gebeur. Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer:
A Die McDonalds versorg die nar.
B Die nar gee sy konsertina vir Willem.
C Die dorpsmense aanvaar die McDonalds.
D Hendrik raak van die nar se teenwoordigheid bewus. (4)
6.20 Die kerk speel 'n belangrike rol in hierdie drama.
6.20.1 Kies die swak karaktereienskap van die gemeentelede wat in
hierdie uittreksel na vore kom:
Hulle gaan nie gereeld kerk toe nie.
Hulle glo net hulle is reg (onverdraagsaam).
Hulle hou van aksie. (1)
6.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.20.1. (1)
6.21 Voor die Volstruisdans het Manuel besluit om terug te gaan sirkus toe.
Watter innerlike konflik kon daar by Manuel wees toe hy hierdie besluit
geneem het? Onthou om beide kante van die konflik te noem. (2)
6.22 Watter belangrike lewensles het Willem by Manuel geleer? Dink aan Willem
se geverfde gesig. (1)
6.23 Al was Willem aan die begin skaam, was hy aan die einde van die drama 'n
gelukkige seun.
Waarom kon Willem toe so gelukkig wees? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 7: FIELA SE KIND - DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
BENJAMIN: My naam was maar altyd Benjamin Komoetie.
MAGISTRAAT: Goed. Kan jy enigiets onthou voordat jy by die mense in die
Lange Kloof beland het? Enigiets.
BENJAMIN: Nee, weledele heer.
MAGISTRAAT: Ek wil hê jy moet nou vir my so ver as moontlik terugdink en dan 5
moet jy vir my alles sê wat jy dink.
BENJAMIN: Ek kan nie so lekker dink as ek bang is nie, baas.
MAGISTRAAT: (se wange in en uit): Jy hoef vir niks bang te wees nie, seun, ek
wou maar net seker maak of jy enigiets kan onthou. Dit maak nie
saak as jy niks onthou nie. Kom staan nou vir my nog 'n klein 10
entjie vorentoe en bly dan staan net so doodstil.
(MAGISTRAAT wink vir KONSTABEL. Gee hom 'n opdrag.
KONSTABEL uit. KONSTABEL terug met vier seunskinders.
Hulle stamp aan mekaar en lag en kom weerskante van
BENJAMIN staan. Stemme op die agtergrond.) Stilte asseblief! 15
(MAGISTRAAT beduie aan die KONSTABEL en KONSTABEL by
die deur uit. Kom terug met BARTA by hom. 'n Rukkie later kom
ELIAS verskrik op.) Kom nader, mevrou Van Rooyen, kom tot by
hulle en moenie haastig wees nie. Kyk net so lank as wat u wil.
(BARTA nader: Wys met haar vinger na BENJAMIN. Draai haar 20
om en begin huil. Opgewonde stemme van mense wat inloer.
MAGISTRAAT roep KONSTABEL. Gee hom opdrag.
KONSTABEL laat mense van die verhoog gaan.) Seun ... begryp
jy wat so pas hier gebeur het?
7.1 Wat moes die magistraat oor Benjamin besluit? (1)
7.2 Hoe het Fiela gevoel oor Benjamin wat voor die magistraat moes verskyn? (1)
7.3 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer soos wat dit in die drama gebeur:
A Die sensusmanne kom Wolwekraal toe om die mense op te skryf.
B Fiela knoop vyf sjielings in die lap om te wys dat die Komoeties nie
kaalgat is nie.
C Benjamin sê vir Fiela dat sy skuitjie tot onder in die vangdam gedryf het.
D 'n Driejarige kind verskyn voor Fiela se agterdeur. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2019
NSS
7.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.4) neer.
Fiela het nie saam met Benjamin Knysna toe gegaan nie, want ...
A Lange het gesê die magistraat wou vir Benjamin alleen sien.
B Dikke het gesê sy sou die kind net ontstel as sy daar was.
C die magistraat wou net die Van Rooyens daar hê.
D daar was nie vir haar plek om saam Knysna toe te ry nie. (1)
7.5 Die Saterdag nadat Benjamin in die hof was, was vir Benjamin 'n gelukkige
dag.
Motiveer hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
7.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In die hof was Benjamin baie bang en het soms vergeet om die magistraat as
(meneer/weledele heer) aan te spreek soos wat Selling hom geleer het. (1)
7.7 Wie het vir Barta aangemoedig om Benjamin as haar verlore seun in die hof
uit te wys? (1)
7.8 Hoekom, dink jy, was dit so maklik om Barta te oortuig om vir Benjamin uit te
wys as haar kind? (1)
7.9 "BARTA nader: Wys met haar vinger na BENJAMIN. Draai haar om en begin
huil." (Reël 20 en 21)
Watter innerlike konflik het Barta in hierdie reël ervaar? Onthou om beide
kante van die konflik te noem. (2)
7.10 Die magistraat het 'n besluit geneem wat Benjamin se hele lewe verander het.
7.10.1 Wat het die magistraat toe uiteindelik besluit? (1)
7.10.2 Waarom is hierdie besluit ironies as jy kyk na Elias se optrede
teenoor Benjamin? (1)
7.11 Hoekom het Fiela gedink dat hierdie besluit van die magistraat onregverdig
is? (1)
7.12 Hoekom is sekere dele in die uittreksel skuins gedruk? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2019
NSS
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
LUKAS: Wie het dit gebring? Wie het my goed gebring?
ELIAS: Sy sê haar naam is Fiela Komoetie. As ek vandag 'n hond gehad het,
het ek hom agter haar gesteek dat sy nou nog gehardloop het.
LUKAS (skree): Waar's sy? Waar is my ma?
ELIAS: Daar staan jou ma by die vuur! Die bruinvel is weg en ek het vir haar en 5
die een wat by haar was, gesê as hulle weer 'n voet op hierdie eiland
sit, gaat ek magistraat toe en laat ek hulle vang. Elias van Rooyen laat
nie met hom van 'n bruinvel mors nie.
LUKAS: Wie was by haar?
ELIAS: 'n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy. 10
LUKAS: Laat my verbykom!
ELIAS: Jy bly waar jy is!
LUKAS: Laat my verbykom, asseblief!
ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bruingeid uit
jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word en wit 15
mens sal jy bly!
LUKAS (soebat): Wat het Fiela Komoetie gesê? Wat het sy gesê?
ELIAS: Sy het niks hier te sê nie. Sy't jou goed gebring en klaar.
NINA tel die dasvelkombers op en draai dit om haar.
LUKAS: Los! (Ruk dit van haar af.) Jy sit nie jou pote aan my goed nie! 20
Musiek op en ligte doof uit vir die einde van die tweede bedryf.
7.13 Fiela gaan twee keer om die magistraat te sien, elke keer om 'n ander rede.
Sê wat sy met elke besoek wou doen. (2)
7.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was vir Benjamin beter om sy eerste kinderjare by die Komoeties deur te
bring, want daar het hy ('n goeie opvoeding gekry/elke dag skool toe gegaan). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2019
NSS
7.15 Die lewe was moeilik en deurmekaar toe Lukas, die verlore seun, by die Van
Rooyens in die Bos moes gaan bly.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (7.15.1 tot 7.15.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.15.1 Barta is bang die A Lukas weet heeltyd en sê hy is 'n
magistraat vat vir Komoetie.
Benjamin terug.
B Lukas moet leer almal deel alles in die
7.15.2 Nina is bang dat Lukas Bos.
haar alleen sal agterlaat.
C Barta dring daarop aan dat Elias
7.15.3 Fiela neem Benjamin se eerder vir Nina slaan.
goedjies Bos toe.
D Elias kry inligting oor die rigting waarin
7.15.4 Lukas kry Latjie se Lukas probeer wegloop.
boodskap te laat.
E Lukas kan nie sy broer se begrafnis
bywoon nie.
(4 x 1) (4)
7.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.16) neer.
Barta wou aan die einde van die drama teruggaan na die magistraat toe om
vir hom te gaan vertel dat sy ... Benjamin.
A bekommerd was oor
B gelukkig was met
C tevrede was met
D gelieg het oor (1)
7.17 Watter rol het die volgende karakters in Lukas/Benjamin se lewe gespeel?
7.17.1 Fiela (in sy kinderjare) (1)
7.17.2 Nina (in sy volwasse lewe) (1)
7.17.3 John Benn (in sy volwasse lewe) (1)
7.18 Elias is 'n karakter van wie niemand hou nie.
7.18.1 Kies die negatiewe karaktereienskap van Elias wat in hierdie
uittreksel na vore kom:
Hy is lui.
Hy is aggressief.
Hy kry homself jammer. (1)
7.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.18.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2019
NSS
7.19 Waarom was Fiela só hartseer oor Tollie? (1)
7.20 Wat het Benjamin by Noetzie gesien wat hom laat besluit het om nie terug te
gaan Bos toe nie? (1)
7.21 Hoe het Kaliel September vir Benjamin gehelp om by sy besluit te bly om nie
terug te gaan Bos toe nie? (1)
7.22 Benjamin sou nog net 'n rukkie by John Benn werk. Hieruit lei ons af dat hy
ander planne vir sy toekoms gehad het.
Hoekom, dink jy, het Benjamin rede gehad om opgewonde oor die toekoms te
wees? (1)
7.23 Wat, dink jy, het Benjamin aan die einde van die drama by Miss Weatherbury
gaan maak? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/November 2019
NSS
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale.
VRAAG 8: SPIEËLBEELDE
8.1 "VAN PRECIOUS 'N BUISIE SALF" – Maretha Maartens
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
Jy begrawe jou talente, Coenie; jy moes lankal begin deelneem het.
Dis 'n prestige-geleentheid: die vyf beste redenaars uit elke skool
ding teen mekaar mee. Jy moet net in jouself begin glo.
Hy wonder soms of mevrou Buchner hom uit sy dop wou krap. Ma
het die manier om stilletjies met die onderwysers te gaan praat. Dalk 5
het Ma ook vir mevrou Buchner vertel hoe diep hy in sy dop wegkruip.
"Jy moet lyk asof jy alles van die saak af weet," hoor hy oom
Willem sê. "Die selfvertroue moet uit jou straal. Jy moenie lyk asof die
hond jou in die saal ingedra het nie. Skouers waterpas, klere netjies
skoon ... dis soos hulle ons altyd geleer het. Is ek reg, Pat?" 10
"Natuurlik," sê Ma.
"En smile," sê oom Willem. "Dis waarvoor hulle kyk: of jy smile."
Hy staan voor sy kamerspieël en wens hy het nie destyds die
vliegtuig- en motorfietsplakkers al langs die raam op die spieëlglas
geplak nie. As jy klein is, doen jy ook onnosel goed. Nou pas sy gesig 15
nie in die spieël nie: hy staan altyd minus een van sy twee ore, minus
die boonste gedeelte van sy kop of minus sy ken.
Hy sug. Die boonste gedeelte van sy kop moet dan maar waai.
Vandag moet hy sy ken bekyk, want dié lyk die slegste.
8.1.1 Wie se woorde (skuinsdruk) het hier in Coenie se kop gedraai?
(Reël 1 tot 3) (1)
8.1.2 Wat was die onderwerp van die toespraak wat Coenie en sy vier
spanmaats tydens die redenaarskompetisie moes lewer? (1)
8.1.3 Hoekom was Coenie skaam voor mense? (1)
8.1.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.4) neer.
In hierdie kortverhaal gebruik Coenie die storieboekkarakters ... om
sy verhouding met meisies uit te druk.
A Jakkals en Wolf
B Hansie en Grietjie
C Skoonlief en die Ondier
D Rooikappie en die Wolf (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/November 2019
NSS
8.1.5 Hoe het die volgende karakters Coenie op 'n positiewe manier
beïnvloed?
(a) Mevrou Buchner (1)
(b) Ma (1)
(c) Louise (1)
8.1.6 Watter innerlike konflik, dink jy, het Coenie beleef voordat hy aan die
redenaarskompetisie gaan deelneem het? Onthou om beide kante
te noem. (2)
8.1.7 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer:
A Die redenaars vertrek saam met hulle onderwyseres.
B Die bussie rol.
C Coenie en Precious deel hulle geheime en hou mekaar aan die
lewe.
D Almal probeer vir Coenie raad gee oor die redenaars-
kompetisie. (4)
8.1.8 Waarom was die redenaarskompetisie se tema so gepas as ons aan
die gesprek tussen Coenie en Precious dink? (1)
8.1.9 Watter gebeurtenis in Precious se lewe het daartoe gelei dat sy
Coenie se doodswens goed verstaan het? (1)
8.1.10 Precious speel 'n belangrike rol om Coenie te leer om uit sy dop te
kruip en in homself te glo.
(a) Kies die eienskap van Precious wat die duidelikste in die
gesprek tussen haar en Coenie ná die ongeluk na vore kom:
Precious maak seker dat sy altyd goed versorg lyk.
Precious gee oplossings vir ander se pyn en probleme.
Precious kan praat dat dit klink of sy op pad na 'n
piekniek is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.10(a). (1)
8.1.11 Kyk weer na die spieël-episode in die laaste 7 reëls van hierdie
uittreksel.
Wat het Coenie aan die einde van die verhaal omtrent sy
velprobleem besef? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/November 2019
NSS
8.2 "ROEP VAN DIE VLEIKUIKEN" – Margaret Bakkes
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
... En daar was die baie vrae: Wie was hy? Wat was waarheid en wat
was leuen? Wat was die sin van sy jaar op Kimberley en sy jaar op die
Caprivi? Wat was die sin van sy studie van natuurbewaring in hierdie
vernielde land? Wat was die sin van sy lewe, sy liefde? ...
Sy broer het hom die advertensie gewys. Hy het al sy papiere en 5
getuigskrifte laat waarmerk en aansoek gedoen, sonder veel
optimisme. 'n Mens kry nie sommer werk in die wildtuin nie, veral nie
met 'n mank been nie, al is hy hoe sterk.
Hy moes vir 'n onderhoud kom, het hulle laat weet. En toe hy by die
kantoor uitstap, kon hy dit beswaarlik glo; hy is vir 'n proeftyd van ses 10
maande aangestel as staptoerveldwagter.
Hy moes olifante skiet wat met helikopters op hom afgejaag word. Hy
moes leer by ervare staptoerveldwagters. Hy moes deur 'n malaria-
aanval worstel. Hy moes bereid wees om 'n streng gedragskode stip
na te kom. 15
En toe, twee dae gelede, het hy die brief gekry. Hy het die toets
deurstaan en is permanent aangestel. Hy sou sy eie staptoerroete kry,
sy eie blyplek, sy vier mure teen die suidewind. Die woestynjare is
verby. En eendag, wie weet, dalk vroeër as later, sou daar weer 'n
Nina wees, wat saam met hom in die bos sou bly, saam met hom sou 20
luister na die naggeluide in die wit maanlig ...
8.2.1 Wat het vroeg in die jongman se matriekjaar met hom gebeur? (1)
8.2.2 Jaap het nie sy vriend se wens om uit die stad te kom, verstaan nie.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
8.2.3 Hoe het die jongman se pa ook gewys dat hy sy seun verstaan? (1)
8.2.4 Gee 'n rede waarom ELK van die jongman se TWEE vorige meisies
hom gelos het. (2)
8.2.5 "Die woestynjare is verby." (Reël 18 en 19)
Letterlik beteken "woestynjare" 'n tyd in 'n droë, warm plek waar
byna niks groei nie.
Wat is die figuurlike betekenis van "woestynjare" binne hierdie
verhaal se konteks? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/November 2019
NSS
8.2.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In die maande nadat die jongman uit die Caprivi teruggekom het,
het hy sleg geslaap.
Hy het hom bekommer oor (of sy passie vir die natuur die moeite
werd is/of hy ooit weer werk sou kry). (1)
8.2.7 Waarom is dit ironies dat die jongman nou weer nie kon slaap nie? (1)
8.2.8 Die wildtuin het 'n staptoerveldwagter gesoek en die jongman het
aansoek gedoen.
(a) Hoe het hierdie werk by die jongman se persoonlikheid gepas? (1)
(b) Hoekom, dink jy, kon hy nou weer aan 'n ander Nina in sy lewe
begin dink? (1)
8.2.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die jongman beskryf sy eie blyplek as sy vier mure teen die
suidewind.
Dit beteken dat sy eie huis vir hom 'n plek sou wees waar hy (kon
wegkom van alles wat vir hom sleg is/die suidewind om die hoek
sou kon hoor huil). (1)
8.2.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.10) neer.
Die dinge uit sy verlede het nie meer seergemaak nie omdat hy ...
A nou gelukkig in sy werk is.
B niemand meer vertrou het nie.
C te moeg is om daaraan te dink.
D gewoond is dat mense hom teleurstel. (1)
8.2.11 Die titel van hierdie kortverhaal is simbolies.
Wat simboliseer die roep van die vleikuiken vir die karakter? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/November 2019
NSS
8.2.12 Die jongman in hierdie kortverhaal het 'n moeilike lewe gehad.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A
te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(8.2.12(a)–8.2.12(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Daar is komplikasies met A Die jongman beleef
die operasie aan die vryheid op die plaas.
jongman se been.
B Die jongman is
(b) Die jongman se ma is geïrriteerd.
oorbeskermend.
C Die jongman begin die
(c) Die dokter stel die tweede dokter en volwassenes
operasie ná drie maande wantrou.
met nog 'n week uit.
D Die jongman se lewe is
(d) Die jongman kry nou weer doelgerig.
studentewerk in die wildtuin.
E Die jongman se vriende
begin hom vermy.
(4 x 1) (4)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/November 2019
NSS
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 "BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN" – Marita van Aswegen
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN – Marita van Aswegen
1 twee pare voete girts oor die teer
2 sy arm en nek is so styf en seer
3 sy bene so lam van gister se staan
4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan
5 motors se bande knars tot stilstand
6 in die blikkie klingel vyf sent en 'n rand
7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
8 hier by die robot waar hy die dag omstaan
9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik
10 toe sy voet dom oor 'n pyp eenkant toe swik
11 "ons beter geld kry, of ek los jou hier,"
12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier
13 sy hart klop vinnig soos dié van 'n bang kind
14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam
16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan
17 trieng, trieng lui 'n fiets se klokkie
18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
19 die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
20 sy arm en skouer is so styf en so seer
21 'n motorruit tjier af en ver weg dreun 'n bus.
22 as die dood hom tog net wil kom haal
23 dan kan hy vir ewig en altyd rus
24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg 'n straal
25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil
26 die duiwe koer en 'n kindjie jil
27 "mammie hy's blind," piep 'n dogtertjie sag
28 Hy draai sy kop skuins en hy wag
29 "hier is nog tien rand," sê die vrou
30 "koop vir jou iets om aan te kou"
31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag
32 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 42 DBE/November 2019
NSS
9.1.1 Watter inligting gee hierdie gedig se titel vir ons? (1)
9.1.2 Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit reël 1 aan om te sê
dat die blinde man nie alleen is nie. (1)
9.1.3 Volgens strofe 1 is dit die eerste keer dat hierdie bedelaar op straat
bedel.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
9.1.4 Wat sê die woord "gedwee" (reël 4) van watter soort mens die
bedelaar is? (1)
9.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.1.5) neer.
Die bedelaar weet dat hy naby 'n vis-en-tjipswinkel is omdat ...
A hy verby die winkel loop op pad na die robot.
B die motoriste hom daarvan vertel het.
C hy die reuk van vis en tjips kry.
D hy by die tsotsi daarvan gehoor het. (1)
9.1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In reël 9 word (innerlike/uiterlike) konflik uitgebeeld. (1)
9.1.7 Lees weer reël 12.
Watter kenmerk van die tsotsi kom die sterkste in reël 12 na vore? (1)
9.1.8 Lees weer strofe 3.
Watter emosie ervaar jy teenoor die tsotsi? (1)
9.1.9 Lees weer strofe 2.
(a) Gee 'n voorbeeld uit strofe 2 wat die klank van die geld, wat in
die blikkie val, naboots. (1)
(b) Waarom is dit gepas om klanknabootsing in hierdie gedig te
gebruik? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 43 DBE/November 2019
NSS
9.1.10 Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(9.1.10(a)–9.1.10(c)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) sy hart klop vinnig soos A alliterasie
dié van 'n bang kind
(reël 13) B metafoor
(b) as die dood hom tog net C personifikasie
wil kom haal (reël 22)
D vergelyking
(c) skraap sy keel en spoeg
'n straal (reël 24)
(3 x 1) (3)
9.1.11 Hoekom het die tien rand wat die vrou gegee het NIE die bedelaar
se omstandighede verbeter NIE? (1)
9.1.12 Verduidelik hoe die tsotsi die blinde man ...
(a) FISIES mishandel.
(b) EMOSIONEEL mishandel. (2)
9.1.13 Hoe laat hierdie gedig jou oor bedelaars voel? Sê hoekom jy so
voel. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 44 DBE/November 2019
NSS
9.2 "HUISKAT" – Elizabeth Eybers
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
HUISKAT – Elizabeth Eybers
1 Die kat strek hoog op vier strak bene, buig
2 behaaglik om haar luiperdlies te lek,
3 rol om en lê fluwelig oopgevlek
4 dat keel en bors en buik die son kan suig.
5 Ons noem haar "kat" want sy is sonder siel
6 en anoniem. Smal skerwe van agaat
7 staar koud uit die driehoekige gelaat.
8 Arglistig, vloeibaar, soos 'n blink reptiel
9 van los en lenig wees versadig: sy
10 sal nooit – die veearts het haar "reggemaak" –
11 ekstase en angs van lewe voortbring smaak,
12 sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.
13 Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit
14 sy haar oë, kronkel by my greep verby.
9.2.1 Die titel van die gedig is "Huiskat".
Wat verwag 'n mens om in 'n gedig met só 'n titel te lees? (1)
9.2.2 Wat doen hierdie huiskat in reël 1? (1)
9.2.3 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat beskryf hoe die kat in die
son lê en bak. (1)
9.2.4 Hoe word die kat se hare (pels) in strofe 1 beskryf? (1)
9.2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.5) neer.
Die woord "luiperdlies" is 'n voorbeeld van ...
A 'n vergelyking.
B 'n metafoor.
C personifikasie.
D eufemisme. (1)
9.2.6 Hoe word die kat se oë in strofe 2 beskryf? Verwys in jou antwoord
na enige TWEE van die volgende:
Vorm
Kleur
Gevoel (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 45 DBE/November 2019
NSS
9.2.7 Waarom kry hierdie kat nie 'n naam nie? (1)
9.2.8 Watter woord in reël 7 word in plaas van "gesig" gebruik? (1)
9.2.9 Watter werkwoord in strofe 3 stel die beweging van 'n "reptiel"
voor? (1)
9.2.10 Waarom is dit ironies as die spreker sê dat die kat "reggemaak" is? (1)
9.2.11 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die funksie van die aandagstrepe in reël 10 is (om die ekstra
inligting te beklemtoon/om aandag op reël 9 te vestig). (1)
9.2.12 Haal 'n voorbeeld van assonansie uit reël 12 aan. Onderstreep die
assonerende klanke. (1)
9.2.13 Hoekom wou die spreker nader aan die kat kom? (1)
9.2.14 Verduidelik in jou EIE WOORDE wat die kat doen om te wys dat sy
NIE van die spreker se optrede in VRAAG 9.2.13 hou NIE? (1)
9.2.15 Wat kan die leser uit hierdie gedig leer? (1)
9.2.16 Waarom word die huiskat met die kenmerke van wilde diere
beskryf? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper