Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2019 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2019, 20 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 486.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die assesseringsrubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 CV en DEKBRIEF
VRAAG 2.3 KOERANTBERIG
VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK
AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning van idees, formaat, redigering van woord- en sinstrukture en
struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit ook met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer
hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak.
6. Die nasiener moet die voorgestelde nasiensimbole (bl.3) gebruik by die
nasien van 'n skryfstuk.
7. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
8. Visuele tekste: Vraag 1.6.1–1.6.3
Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n
woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van 'n nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
- Standaardafrikaans bly die
norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3. Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, byvoorbeeld
KNAP.
Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP hoog.
Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Die nasiener skryf slegs
een punt neer. Uit die kategorie (22–24) skryf die nasiener byvoorbeeld
net 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning neer.
Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
Dis 'n hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
IB Knap + 22 IBF Gemiddeld 10
TSR Uitsonderlik - 13 TSR Elementêr 5
S Knap 4 TOTAAL: 15
TOTAAL: 39
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 DIT WAS 'N WONDERWERK
Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld verhalend of
beskrywend.
Die opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Hierdie opstel behoort in die verlede tyd geskryf te word.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat byvoorbeeld op 'n interessante
wyse van iets wat hy/sy as 'n wonderwerk ervaar het.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat iets wat hy/sy as 'n
wonderwerk ervaar het.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.2 MY TWEE GUNSTELINGFOTOꞌS
Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
beskrywend/verhalend/bespiegelend.
Die opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Hierdie opstel kan in al drie hooftye aangebied word.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar twee gunstelingfoto's
op 'n realistiese wyse. Die kandidaat moet duidelik stel waarom dié twee foto's
sy/haar gunstelingfoto's is.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat byvoorbeeld op interessante wyse
die storie agter sy/haar twee gunstelingfoto's. Die kandidaat moet duidelik stel
waarom dié twee foto's sy/haar gunstelingfoto's is.
o Bespiegelende opstel: Hier kan die kandidaat bespiegel oor die waarde van
sy/haar twee gunstelingfoto's.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 NIKS IS MEER PRIVAAT NIE
Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/verhalend/beskrywend.
Die opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Hierdie opstel behoort in die teenwoordige tyd geskryf te word.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat byvoorbeeld oor die feit
dat die wêreld klein geword het en dat tegnologie dit so oorgeneem het, dat niks
wat 'n mens doen, werklik meer privaat is nie. Die kandidaat kan hom/haar oor
die gevolge hiervan uitspreek.
o Beredeneerde opstel: Hier sal die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel
redeneer of daar enigsins nog privaatheid bestaan en of dit 'n teken van ons tyd
is dat niks meer privaat is nie. Die kandidaat moet die standpunt(e) motiveer en
kan 'n gevolgtrekking insluit.
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
standpunt in, nl. dat niks meer privaat is nie en motiveer die standpunt.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat byvoorbeeld op interessante wyse
van iets wat gebeur het wat hom/haar laat besef het dat niks meer privaat is nie.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat byvoorbeeld 'n situasie
waarbinne hy/sy besef het dat niks meer privaat is nie.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.4 SÊ JOU KLERE WIE JY IS?
Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
argumenterend/beredeneerd/bespiegelend/beskrywend/verhalend.
Die opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Hierdie opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
standpunt in, nl. dat die klere wat jy dra, sê wie jy is en motiveer die standpunt.
o Beredeneerde opstel: Hier sal die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel
redeneer of die klere wat iemand dra, die persoon definieer. Die kandidaat moet
die standpunt(e) motiveer en kan 'n gevolgtrekking insluit.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat byvoorbeeld of die
klere wat jy dra, jou enigsins as mens definieer.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat hom-/haarself of iemand
anders se kleredrag en in watter mate dit sê wie hy/sy of die ander persoon is.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat byvoorbeeld op 'n interessante,
selfs grappige wyse, van iets wat gebeur het na aanleiding waarvan 'n mens
sou kon sê of jou klere sê wie jy is.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Klere kan geïnterpreteer word as persoonlike drag,
uniform, werksklere, tradisionele drag, ens. Klere moet sentraal in die opstel wees. [50]
1.5 DANKIE!
Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
bespiegelend/verhalend/beskrywend.
Die opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Hierdie opstel behoort in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf te word.
Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die klein woordjie wat
so baie kan sê/so swaar weeg, of oor die verskil wat dit maak as iemand wel
''dankie'' sê. Die kandidaat kan ook bespiegel oor dinge waarvoor 'n mens
dankbaar behoort te wees, of uitwys dat daar steeds baie is om voor dankie te
sê, selfs al gaan dinge moeilik.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat byvoorbeeld van 'n insident
waarna hy/sy vir iemand dankie moes sê/gesê het.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat byvoorbeeld op 'n lewendige
wyse 'n situasie waarin hy/sy hom/haar bevind het en wat hom/haar genoop het
om iemand te bedank.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.6 VISUELE PRIKKELS
Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer
dit by die prikkel aansluit.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
1.6.1 PRENTJIE: MENSE WAT OP DIE MAAT VAN MUSIEK SING EN DANS
Kandidate kan verskillende tipes opstelle aanbied.
Hierdie visuele prikkel kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word:
o Letterlike interpretasie: mense wat op die maat van musiek sing en dans, die
meeste mense hou van musiek, musiek skep gees, musiekloopbane, ens.
o Figuurlike interpretasie: musiek bou brûe/oorbrug verskille, musiek is universeel,
musiek bring mense bymekaar, ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie.
Die inhoud van die opstel moet 'n deel van die inhoud van die prikkel weerspieël. In
hierdie prikkel is dit dans/musiek. [50]
1.6.2 PRENTJIE: MENSE OM 'N TAFEL WAT SAAM 'N LEGKAART BOU
Kandidate kan verskillende tipes opstelle aanbied.
Hierdie visuele prikkel kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word:
o Letterlike interpretasie: legkaart bou as 'n stokperdjie, vriende wat saam aan 'n
legkaart bou, aktiwiteit om spangees te bou, ens.
o Figuurlike interpretasie: deur saam te werk, kan 'n mens probleme oplos, deur
samewerking vermag 'n mens soveel meer, ter wille van die groter saak,
behoort mense hulle verskille eenkant toe te skuif, ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie.
Die inhoud van die opstel moet 'n deel van die inhoud van die prikkel weerspieël. In
hierdie prikkel is dit samewerking. [50]
1.6.3 PRENTJIE: TWEE HANDE WAT GELDNOTE VASHOU
Kandidate kan verskillende tipes opstelle aanbied.
Hierdie visuele prikkel kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word:
o Letterlike interpretasie: tel jou geld sodat jy kan weet of jy genoeg geld het, hoë
lewenskostes, mense wat nie genoeg geld het nie, hanteer jou geld versigtig,
begrotings, spaar geld, erkenning aan Nelson Mandela deur sy gesig op ons
geldnote te sit, ens.
o Figuurlike interpretasie: liefde vir geld, geld het geen waarde nie, geld wat stom
is ..., ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie.
Die inhoud van die opstel moet 'n deel van die inhoud van die prikkel weerspieël. In
hierdie prikkel is dit geld. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat se beste maat wil na matriek gaan werk in plaas van studeer.
Skryf 'n vriendskaplike brief aan hierdie maat en vertel vir hom/haar wat jy
daarvan dink.
KENMERKE
Die informele brief se formaat is herkenbaar.
Die aanslag is informeel.
Die doel van hierdie informele brief is hoofsaaklik om raad te gee/om te
waarsku.
Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud handel oor wat die kandidaat van die maat se idee om na
matriek te gaan werk in plaas van te studeer, dink. Die kandidaat kan die
maat waarsku of vir die maat raad gee.
Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
'n Verskeidenheid idees van werk in plaas van studeer (voor-en nadele),
word genoem.
Gepaste detail brei die idees (voordeel/nadeel) uit.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens:
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 20 November 2019.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot:
Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou vriend/in en die naam
oopgelaat nie.
Die omskrywing, bv. Jou vriend/in voor die briefskrywer se naam, is
opsioneel.
Die paragrawe:
'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer vir die maat wil wys op die voor- en nadele daarvan om
na matriek te gaan werk in plaas van studeer.
Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
verduidelik aan die maat wat hy/sy as voor- en nadele van werk in plaas
van studeer beskou.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE
soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom
kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 174)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die taal en styl van die brief is informeel.
Die toon is belangstellend en raadgewend, of selfs waarskuwend.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
Die grammatika en spelling geniet aandag. [30]
2.2 CV EN DEKBRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n dekbrief om aansoek te doen om die pos as leerling-
sjef by die restaurant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
KENMERKE
Die dekbrief se formaat is herkenbaar.
Die aanslag is formeel.
Die doel van hierdie dekbrief is om die aansoek om die pos as leerling-sjef
te ondersteun.
Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud sluit 'n beknopte opsomming van die inhoud in die CV in en
behoort te bevestig dat die aansoeker die ideale kandidaat is vir die pos
as leerling-sjef.
Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees vorm die inhoud van
hierdie brief.
Gepaste detail brei die idees uit.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
Die adres van die briefskrywer mag regs boaan in blokvorm geskryf word.
Die bestuurder van die restaurant se adres word links teen die kantlyn in
blokvorm geskryf.
Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 4 November 2019.
'n Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
Die bestuurder word as "Geagte ..."/"Meneer" aangespreek.
Die doel/essensie van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
kleinletters geskryf en dan onderstreep word.
"Die uwe" en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot.
Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word.
'n Reël word nie tussen "Die uwe" en die naam/handtekening oopgelaat
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Die paragrawe
'n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die brief
die aansoek om die pos as leerling-sjef ondersteun.
Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
doen aansoek om die pos as leerling-sjef. Hierdie brief vat die dokumente
saam.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let wel: Verwys na p. 9 vir die verskillende wyses waarop die adres geskryf
kan word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die taal en styl van die brief is formeel.
Die toon is hoflik en oorredend.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
Die grammatika en spelling geniet aandag. [30]
2.3 KOERANTBERIG
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n koerantberig oor 'n tiener wat 'n baba uit 'n brandende
huis gered het.
KENMERKE
Die koerantberig se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is objektief/saaklik, maar nie streng formeel nie.
Die doel van hierdie teks is om oor 'n insident te berig/van 'n insident te
vertel.
Die skrywer berig oor/vertel objektief van wat gebeur het.
Die koerantberig word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
insident verwys word.
Die naam van die persoon wat die berig skryf, moet verskaf word.
Die koerantberig word in die derde persoon geskryf, nl. hy/sy het ...
Feite of inligting moet korrek wees.
Dit is kort en bondig.
Kommentaar van ooggetuies kan ingesluit word.
Die koerantberig behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud handel oor wie, wat, waar, wanneer, hoe, ens.
Die inhoud van die koerantberig moet die fokus ondersteun.
Die feite/inligting is logies, betroubaar en duidelik uiteengesit.
Net die nodigste detail word gebruik om die feite uit te brei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
Die meeste feite word opsommend in die eerste paragraaf gegee: Wie,
wat, waar, wanneer, waarom, hoe, in watter mate?
Die koerantberig kan in paragrawe of kolomme aangebied word.
Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende paragrawe
uitgebrei.
Die koerantberig se titel moet gegee word en dit mag ook 'n subtitel hê.
Die slot vat die koerantberig saam.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is saaklik en informatief.
Die koerantberig kan in die bedrywende of lydende vorm geskryf word en
die woorde/taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar wees.
Die taal en styl van die koerantberig is saaklik, maar nie streng formeel
nie.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat. Emosioneel gelaaide
woorde is nie gepas nie.
Die grammatika en spelling geniet aandag. [30]
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n gepaste informele toespraak wat tydens die
matriekgroep se afskeidsete gelewer word.
KENMERKE
Die informele toespraak se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is informeel.
Die doel van hierdie teks is om dank en waardering uit te spreek.
Die spreker spreek die graad 11's op gepaste wyse namens die
matriekgroep toe.
Die toespraak se inhoud wissel tussen die teenwoordige- en verlede tyd.
Die informele toespraak behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud kan dank, waardering en goeie wense insluit.
Die inhoud van die informele toespraak moet die fokus ondersteun.
Idees kan met detail uitgebrei word, byvoorbeeld deur na bepaalde
geleenthede te verwys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.
Die spreker verwys na die graad 11ꞌs se ete, hulle ondersteuning en die
matrieks se goeie wense vir die graad 11ꞌs se matriekjaar in 2020.
Die slot vat die toespraak saam.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is waarderend.
Die taal en styl van die informele toespraak is informeel.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat. Emosioneel gelaaide
woorde is gepas.
Die grammatika en spelling geniet aandag. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 30
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp 'n advertensie om sy/haar ouma se eetgoed te
adverteer.
KENMERKE
Die advertensie se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is oorredend/manipulerend.
Die doel van hierdie advertensie is om mense te oorreed om die kandidaat
se ouma se eetgoed te koop.
Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat lekker eetgoed wil koop.
Die nodige inligting word in die advertensie gegee.
Die krag van 'n advertensie lê in sy eenvoud.
Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
o Die advertensie moet 'n leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
o Hierdie advertensie moet 'n begeerte by die leser wek om die ouma se
eetgoed te koop, deur middel van manipulerende taal, bv. die gebruik
van byvoeglike naamwoorde, intensiewe vorme, leestekens, ens.
o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die eetgoed koop. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur
volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.
Die advertensie behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud van die advertensie moet die fokus ondersteun.
Die volgende inligting behoort uit die advertensie te blyk:
o Wie is die teikengroep?
o Waar word die eetgoed verkoop?
o Wat word aangebied?
o Wat is die prys van die verskillende tipes eetgoed?
o Kontakbesonderhede/Adres
FORMAAT
Die advertensie moet aandag trek.
Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
Verskillende lettergroottes word gebruik.
Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
Geen omslagtige paragrawe nie.
Inligting kan puntsgewys gegee word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is manipulerend en spreek die leser direk aan.
Die taal en styl is informeel en gemaklik.
Die woordkeuse is oorredend van aard en getuig van goeie woordeskat.
Die grammatika en spelling geniet aandag.
Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings om uiting te gee aan
sy/haar gevoelens oor 'n studiebeurs waarvoor hy/sy aansoek gedoen het:
EEN inskrywing vóór die aankondiging
EEN inskrywing ná die aankondiging
KENMERKE
Die dagboekinskrywings se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is persoonlik en informeel.
Die doel van die dagboekinskrywings is om die kandidaat se gevoelens en
gedagtes te verwoord.
Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud sluit in: wat die beurs vir die kandidaat sal beteken, die
kandidaat se voornemens indien hy/sy wel die beurs ontvang,
opgewondenheid omdat die aansoek suksesvol was of
teleurstelling/hartseer omdat die aansoek onsuksesvol was, ens.
Die inhoud van die twee dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.
Gevoelens/gedagtes/ervaring wat beleef word, word beskryf.
Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
FORMAAT
Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.
Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is persoonlik.
Die taal en styl is informeel en gemaklik.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
Die grammatika en spelling geniet aandag.
LET WEL
Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus
as ꞌn geheel geassesseer word.
Indien een van die inskrywings ontbreek, word die kandidaat by die
kategorie INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT gepenaliseer. Die
kandidaat kan ꞌn maksimum van 7/12 punte behaal. [20]
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee vir sy/haar ouers rigtingaanwysings hoe om van die
skoolhek af tot by die Afrikaansklas te kom.
KENMERKE
Die rigtingaanwysings se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is informeel en informatief.
Die doel van hierdie teks is om rigting aan te dui.
Die rigtingaanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan afgewissel word
met bakenaanduiding in die vorm van stelsinne.
Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud sluit in: bakens, afstand, na watter kant toe gedraai moet word,
ens.
Die inhoud van die teks moet die fokus ondersteun.
'n Verskeidenheid logiese aanwysings verduidelik die rigting.
Gepaste detail by die aanwysings dra by tot geslaagde kommunikasie.
FORMAAT
Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word
of slegs as sinne geskryf word.
Die kandidaat kan bakens noem.
Die rigtingaanwysings moet in volsinne aangebied word.
Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is verduidelikend.
Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
van min woorde inligting te gee.
Die grammatika en spelling geniet aandag. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie en nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, nie en is
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en onsamehangend
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid staan en kan onderwerp te wees
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik verwarrend wees nie
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van -Heeltemal irrelevant
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en en ontoepaslik
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang -Deurmekaar en
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en geen fokus nie
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat en woordeskat nie
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en minder gepas vir gepas vir doel,
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik konteks nie -Taal onverstaanbaar
konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te -Taalgebruik baie -Woordeskat so
woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra basies beperk dat dit
taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele -Woordkeuse skaars onmoontlik is om sin
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis toepaslik te maak
punktuasie, -Knap gedaan te versterk -Baie beperkte
grammatika, spelling woordeskat
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog meer sin nie
gekonstrueer effens sin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
organisering van idees vir volwasse -Behou fokus; geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie; enkele fokus, maar met -Geen samehang in
doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks nie
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie
punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute geskik vir doel nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons uitsonderlik, -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
-Idees intelligent en goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van van die soort teks nie
Respons en idees; volwasse kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik
organisering van idees -Grondige kennis van soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
vir beplanning; kenmerke van die -Behou fokus; geen gefokus nie; enkele fokus, maar met -Geen samehang in
doel, gehoor, soort teks afwyking nie afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies -Skryfwerk behou -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks fokus en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
-Samehang in inhoud uitgebrei met detail -Sommige detail nie onderwerp
12 PUNTE en idees wat die onderwerp ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
-Idees behoorlik ondersteun onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
uitgebrei met detail -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp nie
wat die onderwerp met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van
ondersteun foute. enkele foute formaat vaagweg
-Gepaste en akkurate toegepas
formaat -Kritiese foute
begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks nie
doel en konteks; -Grammatika akkuraat -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
taalgebruik en en goed gekonstrueer algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
konvensies; -Feitlik foutloos goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik
woordkeuse; -Baie goeie woordeskat foute vir doel nie
punktuasie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
-Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
8 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper