Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2019 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 1220196 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2019, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2019 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ꞌn kopkaart of ꞌn vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy ꞌn streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2019 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Dit was ꞌn wonderwerk [50] 1.2 My twee gunstelingfotoꞌs [50] 1.3 Niks is meer privaat nie [50] 1.4 Sê jou klere wie jy is? [50] 1.5 Dankie! [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron:fr.pngtree.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2019 NSS 1.6.2 [Bron: Google images] [50] 1.6.3 [Bron: RNEWS] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2019 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Jou beste maat wil na matriek gaan werk in plaas van studeer. Skryf ꞌn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie maat en vertel vir hom/haar wat jy daarvan dink. [30] 2.2 CV EN DEKBRIEF Mnr. Paulus is die bestuurder van die Pik en Proe-restaurant. Hy adverteer ꞌn pos vir ꞌn leerling-sjef by die restaurant. Jou naam is Mpho Petersen en jy doen aansoek vir hierdie werk. Gebruik jou CV hieronder en skryf ꞌn DEKBRIEF aan mnr. Paulus. CV van Mpho Petersen Volle naam en van: Mpho Petersen ID-nommer: 990228 0023 085 Adres: Impalastraat 33, Musina Kontaknommer: 072 123 4567 Belangstellings: Kosmaak en kyk graag na Master Chef op televisie Hoogste graad geslaag: Graad 11 Vorige werksondervinding: Werk naweke en vakansies vir Sjef Sabrina Referente: Mev. Erna Nel (selnommer: 071 876 5432) [30] 2.3 KOERANTBERIG Gebruik die opskrif hieronder en skryf 'n KOERANTBERIG wat in julle plaaslike koerant gepubliseer gaan word. TIENER RED BABA UIT BRANDENDE HUIS [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK Die graad 11's het ꞌn spesiale ete vir die matriekgroep gereël om vir julle totsiens te sê. Jou matriekmaats vra vir jou om tydens hierdie ete ꞌn gepaste toespraak te lewer waarin jy die graad 11's bedank. Skryf jou TOESPRAAK. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2019 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jou ouma maak die lekkerste vetkoeke en samoesas. Sy wil dit graag van haar huis af verkoop. Sy vra vir jou om ꞌn advertensie te ontwerp om haar eetgoed te adverteer. Ontwerp hierdie ADVERTENSIE. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jy het by die plaaslike munisipaliteit om ꞌn studiebeurs aansoek gedoen. Hulle moet nou besluit of jy die beurs kan kry. Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:  Die dag vόόrdat hulle besluit of jy die beurs kan kry  Die dag nádat hulle jou van hulle besluit laat weet het [20] 3.3 RIGTINGAANWYSINGS Dit is oueraand by die skool. Jou ouers wil graag met jou Afrikaansonderwyser gaan praat. Hulle weet nie hoe om van die skoolhek af tot by die Afrikaansklas te kom nie. Skryf SEWE RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys en onder mekaar neer en verduidelik vir jou ouers hoe om van die skoolhek af tot by die Afrikaansklas te kom. Onthou: Jy verduidelik rigting op die skoolterrein en NIE straatlangs NIE. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2019 Question Paper | Hlayiso