Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202222 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June 2022, 22 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye, wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF VRAAG 2.2 E-POS VRAAG 2.3 HULDEBLYK VRAAG 2.4 DIALOOG AFDELING C: VRAAG 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit ook met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak. 5. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die nasien van 'n skryfstuk. 6. Vraag 1.6:  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X bo die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte) AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.  Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP hoog.  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22-24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.  Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt IB Knap + 22 AFDELING B Kode Punt TSR Uitsonderlik - 13 IBF Gemiddeld 9 S Knap 4 TSR Elementêr 5 TOTAAL: 39 TOTAAL: 14 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. AFDELING A: OPSTEL 1.1 DIT WAS MOEILIK OM TE GROET  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van iets wat vir hom/haar moeilik was om van afskeid te neem/te groet. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe moeilik dit vir hom/haar was om te groet. o Bespiegelende opstel: Hier wonder/bespiegel die kandidaat oor die emosies rondom afskeid.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2 DIE MENSE BY DIE VERKEERSLIG  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse die mense wat hy/sy by die verkeerslig ontmoet/sien. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat van 'n interessante insident(e) by die verkeerslig waarby mense betrokke was. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die mense by die verkeerslig.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.3 HOE STEEK EK DIT WEG?  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die reg/verkeerd van dinge wegsteek (letterlik of figuurlik). o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse hoe hy/sy iets weggesteek het. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe hy/sy iets weggesteek het.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.4 AS JY DIT KAN DROOM, KAN JY DIT DOEN. IS DIT WAAR?  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat as jy iets kan droom, kan jy dit doen, of nie. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat die moontlikheid dat as 'n mens iets kan droom, jy dit kan doen, of nie. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die moontlikheid dat 'n mens alles kan doen wat jy kan droom. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van iets waarvan hy/sy gedroom en toe gedoen het, of iets waaroor hy/sy gedroom het en toe nie kon doen nie. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse iets waarvan hy/sy gedroom en gedoen het, of iets waaroor hy/sy gedroom het en toe nie kon doen nie.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 MASKERS  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Bespiegelende opstel: Hier wonder die kandidaat oor letterlike of figuurlike maskers. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe hy/sy of ander mense maskers dra – letterlik of figuurlik. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van mense wat maskers dra – letterlik of figuurlik. o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat alle mense maskers dra, of nie. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat die aanname dat elke mens maskers dra, of nie. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6 VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die kern van die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die kern van die prikkel aansluit.  Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6.1 PRENTJIE: TROETELDIERE  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: troeteldiere, iemand wat van diere hou, versorging van troeteldiere, verskeidenheid troeteldiere, ens.  Figuurlike interpretasie: die waarde van troeteldiere, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.  Let wel: Kandidate kan nie een van die diere in die prent uitsonder en daaroor skryf SONDER om dit op die een of ander manier deur te trek na die kern van die prikkel, nl. troeteldiere nie. [50] 1.6.2 PRENTJIE: 2022-HAND  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: positiewe dinge wat in 2022 gebeur het/nog gaan gebeur, positiewe vooruitsigte ná 2022, ens.  Figuurlike interpretasie: die positiewe aspek/te van 2022, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.  Let wel: Kandidate kan nie die hand of net 2022 uitsonder en daaroor skryf SONDER om die duim wat op iets positiefs dui, te verreken nie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 1.6.3 PRENTJIE: MENSE WAT IN 'N TOU STAAN  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: mense wat in 'n tou staan en wag vir iets, mense se lewensomstandighede, ens.  Figuurlike interpretasie: mense wat wag, maar niks ontvang nie of mense wat lewenslank wag op beter omstandighede, opofferinge, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat om dankie te sê vir die rol wat die maat in die kandidaat se lewe speel EN vir die goeie voorbeeld wat die maat aan hom/haar stel. KENMERKE  Die vriendskaplike brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir die kandidaat se maat dankie te sê vir die rol wat die maat in die kandidaat se lewe speel en vir die goeie voorbeeld wat die maat aan hom/haar stel.  Die brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die tweeledige fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o 'n Duidelike dankie-sê o Redes waarom die briefskrywer dankbaar voel o 'n Gepaste groet FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 15 Junie 2022.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die naam oopgelaat nie.  Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se naam is opsioneel. Die paragrawe  'n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die briefskrywer vir die maat dankie wil sê.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer gee die redes waarom hy/sy dankbaar is vir die maat se rol in sy/haar lewe en die goeie voorbeeld wat die maat vir hom/haar gestel het.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.  Die toon is vriendelik en getuig van waardering.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2 E-POS FOKUS Die kandidaat skryf 'n e-pos aan die bestuurder van die maatskappy by wie die kandidaat tekkies aanlyn gekoop het. In die e-pos kla die kandidaat oor swak diens. KENMERKE  Die e-pos het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.  Die onderwerp gee 'n aanduiding van die e-pos se inhoud.  Die doel van die e-pos moet duidelik wees, nl. om te kla oor die swak diens wat die kandidaat ontvang het.  Die e-pos behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die e-pos moet die fokus (kandidaat se klagte oor swak diens) ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en gepaste idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Watter swak diens die kandidaat ontvang het, nl. lank gewag en verkeerde bestelling o Wat die kandidaat van die bestuurder verwag om te doen FORMAAT Die formaat van die e-pos moet korrek wees. Leestekens Geen leestekens word in die aanhef of slot gebruik nie. Elemente van die e-pos  AAN Ontvanger se e-posadres  AA/CC Dit is die ontvangers vir wie se aandag die e-pos ook gestuur word.  ONDERWERP Dit is 'n opsomming van die inhoud van die e-pos. Dit moet kort en kragtig en beskrywend wees, bv. SWAK DIENS. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.  Die doel van die e-pos moet duidelik blyk.  Geen leestekens word na "Die uwe" in die slot gebruik nie.  Die skrywer van die e-pos kan sy/haar noemnaam/voorletters en van in die slot gee.  Dit is aanvaarbaar om slegs voorletters en van te gee; m.a.w. die kandidaat hoef nie die e-pos te onderteken nie. Die paragrawe  'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede/doel vir die e-pos duidelik, nl. dat die skrywer ontevrede is oor swak diens.  Die liggaam van die e-pos brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail verskaf om sy/haar klagte te ondersteun.  Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die kandidaat spreek die vertroue uit dat sy/haar klagte ernstig opgeneem sal word en dat daar iets aan die klagte gedoen sal word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die e-pos is formeel, bv. die bestuurder van die maatskappy word as ''u'' aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.  Die toon is informatief om die skrywer se klagte te ondersteun. Dit getuig van hoflikheid.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Vermy die gebruik van onnodige leestekens, bv. hoofletters en uitroeptekens. o Vermy die gebruik van afkortings, verkortings, sleng, emotikons/ emoji's en ander informele terminologie. [30] 2.2 HULDEBLYK FOKUS Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir 'n buurman wat na ʼn ander dorp toe trek. KENMERKE  Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en waarderend.  Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om van die buurman afskeid te neem en hulde aan hom te bring. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Die huldeblyk kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.  Die mense wat die afskeidspartytjie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die buurman kry.  Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Bekendstelling van die buurman o Oorsig oor sy lewe saam met julle in die straat o Enkele staaltjies uit die buurman se lewe o Waardering vir die buurman  Kultuurkontekste moet in ag geneem word. FORMAAT  Opskrif Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.  Inleidende paragraaf Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee die rede vir die samekoms.  Paragraaf 2 Die volgende besonderhede van die buurman kan gegee word: naam en van en jare saam met julle in die straat.  Paragraaf 3 en verder Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies van die buurman se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker wens hier of in die slotparagraaf die buurman 'n gelukkige lewe op die nuwe dorp en sterkte met die nuwe werk toe.  Slotparagraaf In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die buurman se lewe saam met die ander mense in die straat. Die spreker moet hier of in een van die ander paragrawe die buurman 'n gelukkige lewe en nuwe werk toewens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is informeel, vriendelik en waarderend.  Die taal en styl van die huldeblyk ondersteun die toon.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die huldeblyk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.4 DIALOOG FOKUS Die kandidaat skryf 'n telefoongesprek in die vorm van 'n dialoog tussen hom/haar en die onderwyser oor die redes waarom hy/sy nie die ekstra klasse bygewoon het nie. Die fokus is op wáárom die kandidaat nie die klasse bygewoon het nie. KENMERKE  Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel, dog hoflik.  Die doel van die dialoog is om te verduidelik, nl. om vir die onderwyser redes te gee waarom hy/sy nie die ekstra klasse bygewoon het nie.  Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.  Die taal en styl is gemaklik, dog hoflik binne die konteks van die verhouding tussen kandidaat en onderwyser.  Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees/redes word duidelik uiteengesit.  Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek: o Redes waarom die kandidaat nie die ekstra klasse bygewoon het nie  Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word. FORMAAT  Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan die linkerkantlyn.  Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.  Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Spreekbeurte is in blokvorm.  Die kandidaat mag 'n konteks skep voordat die dialoog geskryf word.  Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde geskryf, waar dit toepaslik is. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon getuig van verduideliking en verskoning.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie dialoog vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE FOKUS Die kandidaat skryf 'n uitnodiging om gaste na die suster se troue uit te nooi. KENMERKE  Die uitnodigingskaartjie het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is vriendelik en uitnodigend.  Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om gaste na die troue uit te nooi.  Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word.  Die uitnodigingskaartjie behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die uitnodigingskaartjie moet die fokus ondersteun.  Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word: o Wie is die teikengroep/Wie word genooi? o Wanneer (dag, datum en tyd) is die troue? o Waar word die troue gehou? o Wat is die kleredrag? o Kontakbesonderhede o Hoe moet die gaste laat weet of hulle die troue gaan bywoon? FORMAAT  Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.  Verskillende lettertipes (fonts) en lettergroottes kan gebruik word om die uitnodigingskaartjie interessant/leservriendelik te maak.  Geen omslagtige paragrawe nie.  Inligting kan puntsgewys gegee word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is uitnodigend en spreek die leser direk aan.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie uitnodiging vereis.  Grammatika: o Sinne, indien van toepassing, word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy gevoel het voordat en nadat die president Vlak 5 van inperking verander het.  EEN inskrywing die aand vόόrdat die president weer met die land gepraat het  EEN inskrywing die aand nádat die president Vlak 5 verander het KENMERKE  Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en spreek van persoonlike belewing.  Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.  Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die kandidaat se gevoelens/gedagtes voor- en nadat die president Vlak 5 van inperking verander het.  Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef is, word beskryf. FORMAAT  Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.  Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.  Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.  Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is persoonlik: verlig/ontsteld/dankbaar/teleurgesteld, ens.  Die persoon skryf vir hom-/haarself.  Die styl is informeel.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.  Beskrywende woorde word fyn gekies.  Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. LET WEL Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel geassesseer word. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die kandidaat gee vir sy/haar broer instruksies vir 'n gesonde leefstyl. KENMERKE  Hierdie teks het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en informatief.  Die doel van hierdie teks is om te verduidelik wat gedoen kan word om gesond te leef.  Die instruksies is herkenbaar as 'n reeks voorstelle vir 'n gesonde leefstyl.  Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met stelsinne afgewissel word.  Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die teks moet die fokus ondersteun.  'n Reeks instruksies hoe om gesond te leef, word gegee, bv.: o Moenie gemorskos eet nie. o Eet genoeg vars vrugte en groente. o Maak seker dat jy genoeg water drink. o Jy moet gereeld oefen, maar moet dit nie oordryf nie. o Maak seker daar is 'n gesonde balans tussen werk en ontspanning. o Jy moet genoeg slaap. o Luister na rustige musiek. o Kry vir jou 'n interessante stokperdjie. o Fokus op positiewe mense en dinge. o Verwyder saans alle elektronika uit jou slaapkamer. o Wees versigtig vir fopnuus en ander negatiewe stories op sosiale o media. o Lag is die beste medisyne.  Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie. FORMAAT  Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word. LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die instruksies puntsgewys onder mekaar moet neerskryf.  Die instruksies moet in volsinne aangebied word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is verduidelikend/informatief.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord of ''Jy moet...'' of ''Onthou om ...'' o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename. o Lydende vorm mag gebruik word. o Spelling moet korrek wees. o Taalstrukture en -konvensies moet korrek wees. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks konteks Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat grammatika, spelling 13 10 7 4 15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid -Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk -Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word gedaan spelling opgemerk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer 5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie gekonstrueer effens sin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat 18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 22 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees; volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees en konteks kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun 12 PUNTE -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees ondersteun onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute formaat begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie doel en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend konvensies; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Woordkeuse; -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie Punktuasie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer 8 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all