Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2021 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202122 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2021, 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye, wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VRAAG 2.2 CV EN DEKBRIEF VRAAG 2.3 TYDSKRIFARTIKEL VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK AFDELING C: VRAAG 3.1 STROOIBILJET VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit ook met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak. 5. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n skryfstuk gebruik. 6. Vraag 1.6:  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin Woorde uit ander tale/ X Trek 'n X bo die verkeerde woord. nie-funksionele/vreemde woorde: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte) AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.  Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, bv. KNAP hoog.  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.  Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt IB Knap + 22 AFDELING B Kode Punt TSR Uitsonderlik - 13 IBF Gemiddeld 9 S Knap 4 TSR Elementêr 5 TOTAAL: 39 TOTAAL: 14 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. AFDELING A: OPSTEL 1.1 EK HET IEMAND GEHELP  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse hoe hy/sy iemand gehelp het. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe hy/sy iemand gehelp het.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.2 DIT LAAT MY LAG  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse wat hom/haar laat lag. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat van 'n interessante insident(e) wat hom/haar laat lag het. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor dinge wat hom/haar laat lag.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.3 KRY MENSE TE MAKLIK RYBEWYSE?  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat mense te maklik rybewyse kry en motiveer die standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of mense te maklik rybewyse kry. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van sy/haar ervaringe wat hom/haar laat voel dat mense te maklik rybewyse kry, of nie. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse iemand se bestuursvernuf, wat hom/haar oortuig het dat mense te maklik rybewyse kry of nie.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.4 MATRIEK IS NIE MAKLIK NIE  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat matriek nie maklik is nie en motiveer die standpunt. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die eise wat matriek aan leerders stel. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van sy/haar ervaring van matriek wat hom/haar tot die slotsom laat kom dat matriek nie maklik is nie. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n insident(e) wat hom/haar laat besef dat matriek nie maklik is nie.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.5 EK IS UNIEK  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beskrywende opstel: Hier kan die kandidaat deur vergelyking beskryf waarom hy/sy uniek is. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van dinge/ervaringe wat hom/haar laat besef het dat hy/sy uniek is. o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat hy/sy uniek is en motiveer die standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat die aanname dat elke individu uniek is. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Bespiegelende opstel: Hier wonder die kandidaat of daar werklik iets soos 'n unieke mens is; wat dit beteken om uniek te wees, ens.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6 VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die prikkel aansluit.  Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6.1 PRENTJIE: IEMAND WAT SING  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: iemand wat sing (bv. by 'n troue/konsert/kompetisie), sangloopbaan, talentkompetisies, ens.  Figuurlike interpretasie: om jou passie uit te leef, musiek bou brûe, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie, bv. iemand wat 'n toespraak hou. [50] 1.6.2 PRENTJIE: DIE GROOT VYF  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: Suid-Afrika se Groot Vyf, ons geldnote, ons besoek ʼn wildpark, ens.  Figuurlike interpretasie: toerisme, natuurbewaring, inkomste vir die land, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.  Indien die kandidaat op een van die Groot Vyf wil fokus, behoort die ''Groot Vyf''- konsep darem ook in die opstel te figureer. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.6.3 PRENTJIE: DRIE MENSE OP 'N LEER / PAADJIE  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: drie mense saam op 'n paadjie/op 'n leer wat op-/af- /oorklim, ens.  Figuurlike interpretasie: samewerking, ondersteuning, dwarsboming, ondermyning, deursettingsvermoë, waaghalsigheid, leierseienskappe, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 INFORMELE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar maat om te sê wat hy/sy van neusringe dink. KENMERKE  Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir die kandidaat se maat te vertel wat hy/sy van neusringe dink.  Die brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o 'n duidelike standpunt vir of teen neusringe o 'n interessante motivering vir die briefskrywer se opinie oor neusringe o 'n gepaste groet FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 15 Junie 2021.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die naam oopgelaat nie.  Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se naam is opsioneel. Die paragrawe  'n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer vir die maat wil vertel.wat hy/sy van neusringe dink.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer vertel in detail wat hy/sy van neusringe dink.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.  Die toon is vriendelik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.2 CV EN DEKBRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n dekbrief aan die bestuurder van die Klawer Winkelsentrum as deel van sy/haar aansoek vir die vakansiewerk. KENMERKE  Die dekbrief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.  Die opskrif gee 'n aanduiding van die brief se inhoud.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om die voltooide aansoek- vorm te ondersteun deur bv. uit te brei op persoonlikheidseienskappe en/of vaardighede wat NIE in die aansoekvorm vervat is NIE.  Die brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die fokus (kandidaat se persoonlikheids- eienskappe/vaardighede/bekwaamhede) ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en gepaste idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Detail wat die voltooide aansoekvorm ondersteun o Motivering waarom die kandidaat dink hy/sy in diens geneem moet word FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 15 Junie 2021.  Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.  'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger oopgelaat.  'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.  Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.  Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.  Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.  Die hoedanigheid van die briefskrywer word onder die handtekening uitgeskryf.  Dis aanvaarbaar om slegs voorletters en van te gee; m.a.w. die kandidaat hoef nie die brief te onderteken nie. Die paragrawe  'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer aansoek doen vir vakansiewerk.  Die liggaam van die brief brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail verskaf om sy/haar aansoek te ondersteun.  Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die kandidaat spreek die vertroue uit dat sy/haar aansoek gunstig oorweeg sal word. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adresse geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Plenaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die bestuurder van die winkelsentrum word as ''u'' aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.  Die toon is informatief om die skrywer se aansoek te ondersteun.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.3 TYDSKRIFARTIKEL FOKUS Die kandidaat skryf 'n tydskrifartikel oor boelies in skole. KENMERKE  Die tydskrifartikel het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel en die perspektief is objektief.  Die doel van hierdie teks is om lesers in te lig oor boeliegedrag in skole.  Die tydskrifartikel word hoofsaaklik in die teenwoordige tyd geskryf.  Die titel vat die onderwerp saam.  Die tydskrifartikel word gewoonlik in die derde persoon geskryf.  Die tydskrifartikel behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die tydskrifartikel moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit: o Voorbeelde van boelies se gedrag o Redes vir boeliegedrag o Statistiek o Gevaartekens waarvoor ouers op die uitkyk moet wees o Hantering van boelies en slagoffers FORMAAT  Die tydskrifartikel het 'n titel wat 'n aanduiding van die inhoud gee.  Die joernalis se naam volg na die titel.  Die tydskrifartikel kan in paragrawe of kolomme aangebied word.  Die omgekeerde piramide-metode word gebruik, m.a.w. die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee: wie, wat, waar, wanneer en waarom  Die slot vat die artikel saam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is saaklik en informatief.  Die taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar wees.  Die taal, styl en register van die tydskrifartikel is hoofsaaklik formeel en die stellings/feite moet verifieerbaar wees.  Die woordkeuse getuig van goeie en gepaste woordeskat wat 'n impak op die leser sal hê.  Die grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling van woorde is korrek. [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK FOKUS Die kandidaat lewer 'n toespraak by die studiegroep se laaste sessie. KENMERKE  Die informele toespraak het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van hierdie toespraak is om die studiegroep te bedank en vir die eksamen te motiveer.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die informele toespraak behoort 120 –150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die toespraak moet die fokus ondersteun.  Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet, gestel, nl. om die studiegroep te bedank en vir die eksamen te motiveer.  'n Verskeidenheid volwasse, gepaste en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die toespraak: o Enkele staaltjies oor die studiegroep o Dinge wat die studiegroep saam deurgemaak het o Motivering en voorspoedwense word uitgespreek FORMAAT  Begin die toespraak met die groet.  Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.  Die toespraak bestaan uit 'n inleiding, 'n liggaam en 'n slot. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon kan getuig van waardering en goeie gesindheid.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Die grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling van woorde is korrek. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 STROOIBILJET FOKUS Die kandidaat maak 'n strooibiljet waarin sy/haar karwasdiens geadverteer word. KENMERKE  Die strooibiljet het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is oorredend/manipulerend.  Die doel van hierdie strooibiljet is om mense te oorreed om die kandidaat se karwasdiens te gebruik.  Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense met motors.  Die nodige inligting word in die strooibiljet gegee.  Die krag van 'n strooibiljet lê in sy eenvoud.  Die leser moet die strooibiljet maklik verstaan.  Hierdie strooibiljet berus op die sogenaamde ABBA-beginsel: o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes. o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud en uitleg. o Hierdie strooibiljet moet 'n begeerte by die leser wek om die kandidaat se karwasdiens te gebruik. o As die strooibiljet in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die kandidaat se karwasdiens gebruik. Die strooibiljet moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.  Die strooibiljet behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die strooibiljet moet die fokus ondersteun.  Die volgende inligting behoort in die strooibiljet gegee te word: o Wie is die teikengroep? o Wie lewer die karwasdiens? o Waar is die karwasdiens? o Wanneer is die diens beskikbaar? o Wat sluit die karwasdiens in? o Is daar enige koste aan verbonde? o Wat is die pryse? o Kontakbesonderhede? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Die strooibiljet moet die indruk van 'n advertensie skep.  Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.  Verskillende lettergroottes word gebruik.  Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.  Geen omslagtige paragrawe nie.  Inligting kan puntsgewys gegee word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig van goeie woordeskat.  Die grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling van woorde is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy gevoel het voordat en nadat hy/sy met sy/haar ouers gaan vrede maak het nadat hulle 'n argument gehad het.  EEN inskrywing die dag voordat die kandidaat vrede gaan maak het  EEN inskrywing die dag nadat die kandidaat vrede gemaak het KENMERKE  Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.  Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die kandidaat se gevoelens/gedagtes voor- en nadat die kandidaat vrede met sy/haar ouers gemaak het.  Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef is, word beskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.  Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.  Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.  Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is persoonlik: hartseer/verlig/ontsteld/dankbaar, ens.  Die persoon skryf vir hom-/haarself.  Die styl is informeel.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.  Beskrywende woorde word fyn gekies.  Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. LET WEL: Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel geassesseer word. [20] 3.3 RIGTINGAANWYSINGS FOKUS Die kandidaat gee vir sy/haar oupa aanwysings hoe om van die kandidaat se huis af tot by die eksamenlokaal te kom. KENMERKE  Hierdie aanwysings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en informatief.  Die doel van hierdie aanwysings is om rigting aan te dui.  Die aanwysings is herkenbaar as 'n reeks opeenvolgende stappe.  Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  In hierdie aanwysings kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met stelsinne afgewissel word.  Die aanwysings behoort 80–100 woorde te hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die aanwysings moet die fokus ondersteun.  'n Reeks opeenvolgende stappe wat uitgevoer moet word, word gegee.  Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie. FORMAAT  Die aanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word. LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die aanwysings puntsgewys en onder mekaar moet neerskryf.  Die aanwysings moet in volsinne aangebied word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is verduidelikend/informatief.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord of ''Oupa moet ...'' of ''Onthou om ...'' o Persoonlike voornaamwoorde/Oupa word in plaas van eiename. gebruik. o Lydende vorm mag gebruik word. o Spelling moet korrek wees.  Taalstrukture en -konvensies moet korrek wees. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks nie konteks Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat grammatika, spelling 13 10 7 4 15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid -Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk -Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word gedaan spelling opgemerk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer 5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie gekonstrueer effens sin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat 18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 22 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees; volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees en konteks kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun 12 PUNTE -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees ondersteun onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute formaat begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie doel en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend konvensies gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Woordkeuse; -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie Punktuasie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer 8 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all