Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n Addendum van 11 bladsye (i–xi). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. In hierdie vraestel is daar drie afdelings:
AFDELING A: Begrip, Taal en Styl
AFDELING B: Poësie
AFDELING C: Visuele Geletterdheid, Kritiese Taalbewustheid
3. Beantwoord AL die vrae in Afdeling A en C.
4. In Afdeling B is daar een keusevraag, nl. Vraag 5 of 6. Beantwoord dus drie vrae in
hierdie afdeling: Vraag 4 (verpligtend), Vraag 5 of 6 (kies een) en Vraag 7
(verpligtend).
5. Jou antwoorde moet presies soos die vrae genommer wees.
6. Begin elke vraag op 'n skoon bladsy. Rofwerk moet duidelik aangedui word.
7. Laat asseblief 'n reël oop tussen antwoorde en bly binne die regterkantse kantlyn.
8. Lees asseblief die instruksies by ELKE vraag noukeurig deur en voer die opdragte
presies daarvolgens uit. Let veral op die puntetoekenning by elkeen van die vrae
as riglyn vir die antwoord se lengte.
9. Dit is in jou eie belang om netjies en duidelik leesbaar te skryf.
10. Goeie taalversorging sal in jou guns tel.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the 2017, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2017. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 11
- File size
- 759.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 2 van 11
AFDELING A
VRAAG 1 BEGRIP, TAAL EN STYL
Lees die bekende kunstenaar en bewaringsaktivis, Chris Chameleon, se rubriek
getiteld Red die groente (TEKS 1 in die Addendum) aandagtig deur voordat jy die
onderstaande vrae beantwoord.
1.1 Verwoord die jaloesie-idioom waarop die skrywer in paragraaf 1 sinspeel. (1)
1.2 Verduidelik in jou eie woorde wat die skrywer met "om groener te wees"
(paragraaf 1) bedoel deur paragraaf 2 volledig te betrek. (2)
1.3 Verwys na die vetgedrukte werkwoorde in paragraaf 3. Al drie is in die
verledetydsvorm. Waarom word "was" nie in die derde geval ook gebruik
nie? Staaf jou antwoord vanuit die taalleer – meer spesifiek sinsleer. (1)
1.4 Bestudeer die woordeboekinskrywing vir die woord "poets" soos dit in die
HAT (2015:992) verskyn en beantwoord die vrae wat daarop volg.
poets 1. ww. [het ge-] skoonmaak; blink maak: skoene/meubels poets ᵒ jou
motor poets.
poets 2. snw. [-e; -ie] (onaangename) grap/streek: Dis nou die soort poets wat 'n
mens net kwaad maak. I iemand 'n poets bak iets grappigs doen/bedink om
iemand anders dom te laat voel of hom/haar laf/verspot te laat lyk: iemand 'n
lelike/wrede poets bak.
1.4.1 Waarop, lei jy af, dui die skuinsgedrukte dele ná beide
betekenisverklarings? (1)
1.4.2 Watter een van die twee moontlike betekenisse van die woord pas
die beste by die manier waarop dit in paragraaf 3 gebruik word?
Motiveer jou antwoord deur die konteks te betrek. (1)
1.5 Verduidelik die moontlik dubbelsinnige betekenis van "goed op my plek
gesit is" binne die konteks van paragraaf 3. (2)
1.6 Verwys na paragraaf 3. Die skoolsielkundige vra droogweg wat die spreker
se probleem is en die spreker blaker die antwoord uit. Die onderstreepte
woordkeuses pas by die twee betrokkenes se karakter/manier van doen.
Haal nou ander beskrywende woorde uit dieselfde paragraaf aan (een wat
pas by die sielkundige en een wat pas by die spreker) om bogenoemde
stelling te staaf. (2)
1.7 Sê kortliks hoe die samelewing "in daardie jare" (paragraaf 4) se
natuurbeskouing verskil van die hedendaagse samelewing. (1)
1.8 Waarom dink jy kom die skoolsielkundige tot die spesifieke gevolgtrekking
oor die spreker – soos in paragraaf 4 aan die moeder verwoord. Verduidelik
noukeurig. (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 11
1.9 1.9.1 Sê in jou eie woorde van wanneer af die spreker hom werklik begin
bemoei het met die ontbossingsprobleem (en waarskynlik ander
natuurprobleme). (1)
1.9.2 Skryf 'n woord uit paragraaf 5 neer wat daarop dui dat sy
natuurbelangstelling op bogenoemde tydstip begin het. (1)
1.10 Die woord "gepeupel" in paragraaf 5 is 'n versamelnaam vir 'n gewoonlik
onordelike menigte, asook die laagste, grofste deel van die bevolking. Die
spreker kies om op dié manier na sy gehoor te verwys. Dus: 'n meer
gelaaide woord in die plek van 'n meer neutrale woord.
Bespreek wat jy dink die effektiwiteit van dié woordkeuse is deur paragraaf
5 breedvoerig te betrek. (3)
1.11 Verwys na paragraaf 5 tot 7.
1.11.1 Die spreker beskou homself as 'n aktivis. Skryf die basis/stam van
die woord "aktivisme" neer. (1)
1.11.2 Noem enige voorbeeld waardeur die spreker aktivisme t.o.v. die
Amasone- /natuurprobleem illustreer. (1)
1.11.3 Skep nou jou eie woordeboekinskrywing vir die woord "aktivisme"
aan die hand van die voorbeeld by 1.4. Gee aandag aan die
volgende:
die hoofwoordsoort
'n definisie/(denotatiewe) betekenisverklaring [slegs EEN is
nodig]
jou eie gepaste skuinsdrukgedeelte (jy kan dit onderstreep)
die korrekte aanbieding van bogenoemde om soos 'n
woordeboekinskrywing te lyk (2)
1.12 Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker bedoel met die feit dat hy met
'n kapsel gesit het wat sy lewenslange status as randfiguur bevestig het
(paragraaf 6). Gee aandag aan die onderstreepte woorde in jou
verduideliking. (1)
1.13 Verduidelik die humor in die slotparagraaf (paragraaf 8) volledig soos jy dit
verstaan. (2)
[25]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 11
VRAAG 2 BEGRIP, TAAL EN STYL
Die leesstuk "Versugting na 'n lekkerleesboek in Afrikaans" (TEKS 2 in die
Addendum) moet deeglik deurgelees word voordat jy die vrae beantwoord.
2.1 Gee 'n gepaste sinoniem vir "Versugting" in die titel van die leesstuk. (1)
2.2 Verduidelik noukeurig die verskil in betekenis wat 'n verlede (voltooide)
deelwoord teweeg sou bring in die eerste sin van paragraaf 2 in plaas van
die vetgedrukte teenwoordige (onvoltooide) deelwoord soos dit in die
leesstuk gebruik word.
Verduidelik met ander woorde die verskil tussen: veranderde versus
veranderende. Betrek die konteks. (2)
2.3 Die vertelperspektief verander in paragraaf 3 se eerste sin van 'n
derdepersoonsverteller na 'n ek-verteller in die tweede sin. Dui kortliks
aan wat jy dink die effek van hierdie verskuiwing/verandering in dié konteks
is. (1)
2.4 Let op na die funksies van die volgende lees- en skryftekens soos dit in
paragraaf 5 gebruik word:
"en die wind waai …" (ellips)
", my poedelkind," (kommas)
"bal-op-strand-jaag" (koppelteken)
"neerval, haal" (komma)
"werk- en leestablet" (koppelteken)
"móét" (akuut)
OPDRAG:
Skryf jou EIE 2–3 sinne oor enige leeservaring wat jy gehad het en maak
seker jy gebruik ENIGE VIER van die bostaande lees- en/of skryftekens
MET DIESELFDE FUNKSIE toepaslik in jou skryfwerk. (Dui jou gekose
lees- en/of skryftekens duidelik in jou skryfstukkie aan.) (2)
2.5 2.5.1 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 5 in die bedrywende
vorm. (1)
2.5.2 Waarom dink jy is die onderstreepte sin tog meer gepas in die
lydende vorm? Motiveer jou antwoord deur te verwys na die
konteks. (1)
2.6 Verduidelik in jou eie woorde wat die skrywer bedoel met die opmerking
"Ons land is fiktiewer as fiksie." in paragraaf 7. (1)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 11
2.7 Die hele paragraaf 8 bestaan uit vraagsinne – met die doel om die leser te
betrek by wat gesê word en daaroor te laat nadink.
2.7.1 Wat word hierdie stylfiguur/stylmiddel genoem? (1)
2.7.2 Noudat jy nagedink het, deel jou denke deur jou eie standpunt oor
Afrikaanse romans duidelik te bewoord. Betrek die teks – veral een
van die genoemde punte in paragraaf 7 EN jou kennis van
Afrikaanse leesstof om jou standpunt te versterk. (3)
2.8 Sê kortliks waarom die spreker eintlik om hulp roep (paragraaf 9). Neem die
groter konteks in gedagte. (1)
2.9 Die skrywer slaag daarin om te verseker dat die slot (paragraaf 11) op 'n
subtiele, slim wyse die inhoud en boodskap van die leesstuk saamvat.
Bewys bogenoemde stelling deur ENIGE EEN van die onderstaande
tegnieke in 'n goeie volsin te bespreek:
"sug" as effektiewe woordkeuse;
OF
"Hoekom" as effektiewe keuse vir die hond se naam (naamgewing);
OF
die effektiwiteit van die fisiese ruimtebeskrywing. (1)
[15]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 11
VRAAG 3 OPSOMMING
Lees TEKS 3 in die Addendum deur en voer die onderstaande opdrag nougeset
uit:
OPDRAG:
Jy doen navorsing vir die bekende Radio Sonder Grense (RSG) vir 'n radioprogram oor
die jaar se neigings of tendense en gebruik TEKS 3 as jou bron. Maak 'n opsomming van
hierdie teks in EEN samehangende PARAGRAAF.
BYKOMENDE INSTRUKSIES:
Voorsien jou paragraaf van jou eie opskrif wat die inhoud treffend belig.
Jy mag nie meer as 90 woorde gebruik nie (jou opskrif word nie bygetel nie;
die en 'n wel).
Korrekte taalgebruik en volsinne is van uiterste belang en die gepaste styl,
toon en register vir die formele RSG-program moet gehandhaaf word.
Dui die akkurate woordtal onderaan jou opsomming aan.
Gebruik hoofsaaklik jou eie woorde en gee aandag aan samehang sodat jou
paragraaf as 'n vloeiende geheel lees.
WENK: Jy moet 10 tot 11 hoof- en ondersteunende feite uit die teks opsom. Dit
is daarom raadsaam om eers 'n rofwerkpoging voor jou finale poging te doen.
Jou opsomming sal met 'n metingskaal nagesien word.
[10]
50 punte
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 11
AFDELING B POËSIE
VRAAG 4 VOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "'n Student skryf aan sy meisie" geskryf deur Hennie Aucamp (TEKS 4
in die Addendum) én die vrae hieronder deur en beantwoord dan die vrae noukeurig.
4.1 Gee 'n logiese rede vir die Russiese naam en van wat onder die subtitel
verskyn. (1)
4.2 Skryf twee volsinne waarin jy die situasie in die gedig verduidelik:
Gee in die eerste sin kortliks aandag aan die spreker en die
aangesprokene se verhoudingsake.
Sê in die tweede sin waarom die titel van die gedig ietwat ironies is. (3)
4.3 Dit is uit die staanspoor duidelik dat die spreker eensaam is. Skryf TWEE
gepaste voorbeelde uit die gedig neer wat aantoon hoe die fisiese ruimte
by hierdie gevoel van eensaamheid aansluit. (2)
4.4 Die spel met tipografie dra by tot 'n baie interessante gedig. Oorweeg die
volgende stellings as moontlike interpretasies van die tipografie:
A. Die gewone druk verteenwoordig die brief wat die student skryf en
die skuinsdruk/kursiefgedrukte dele stel sy gedagtegang waarin hy
besin (dalk dagboekhou in briefformaat) voor.
B. Slegs die skuinsdruk/kursiefgedrukte dele van die gedig is die brief
wat die student sover kom om neer te skryf en die gewone druk stel
die student se gedagtes in gemaklike geselstrant voor.
C. Die hele gedig stel dalk die brief voor – 'n soort tweespalt in die
student se gemoed word bloot op interessante maniere uitgehef.
D. 'n Ander geldige verklaring as een van bogenoemde.
Opdrag:
Kies watter interpretasie (A–C) jy dink die oortuigendste binne die konteks
van die gedig werk en skryf die letter duidelik langs jou vraagnommer neer.
MOTIVEER nou jou keuse breedvoerig deur – aan die hand van
VOORBEELDE uit die gedig – te verduidelik hoekom jy die tipografie só
interpreteer.
Let wel: Indien jy oor 'n ander/beter interpretasie as A–C beskik, skryf die
letter D langs jou vraagnommer neer en verwoord jóú interpretasie duidelik.
MOTIVEER nou jou interpretasie breedvoerig deur – aan die hand van
VOORBEELDE uit die gedig – te verduidelik hoekom jy die tipografie só
interpreteer. (3)
4.5 Beskou die toon in strofes 7 (reël 25–28) en 8 (reël 29–32).
4.5.1 Haal een woord uit strofe 7 aan wat dui op die spreker se ietwat
geïrriteerde toon met die tante. (1)
4.5.2 Gee jou eie woord of 'n kort omskrywing vir die spreker se toon in die
gebruik van die kragwoord "dêmmit" binne die konteks van strofe 8. (1)
4.6 Die skrywerskeuse om die laaste reël (reël 36) met 'n vraagteken in plaas
van 'n punt af te sluit, kan meer as een rede of effek hê. Wat sou jy sê is die
funksie van die vraagteken binne dié konteks? (1)
[12]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 11
[BEANTWOORD VRAAG 5 OF VRAAG 6]
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
Lees die uittreksel uit die gedig "Gebed om die gebeente" (TEKS 5 in die
Addendum) reeds in 1950 gepubliseer en beantwoord die vrae daaroor gestel.
5.1 Deel kortliks jou agtergrondkennis oor die gedig (in gebedsvorm) deur te sê
wie die spreker is EN wat die aanvanklike doel van dié spreker se
gebed is. Wees spesifiek. (2)
5.2 Verwys na reël 49–53.
5.2.1 Sê in jou eie woorde hoe die "hy" (Gideon Scheepers) van wie hier
gepraat word, kan leef al het hy meer as een maal gesterf. (1)
5.2.2 Wat word die bogenoemde skynbare teenstrydigheid in die
letterkunde genoem? (1)
5.3 Hoewel 'n baie spesifieke deel van die geskiedenis betrek word, is die
gebed-gedig uiteindelik universeel – dit is algemeen geldend en toepaslik
op enige plek, situasie of tydperk.
Bespreek die bogenoemde stelling deur aandag te gee aan die volgende
aspekte in die inhoud:
VAN: "my kind" (reël 6) en "die drag gebeente van my skoot" (reël 13)
NA: "soveel beendre" (reël 54) en "ál die bleek gebeente" (reël 55) EN
"een land vol skedels en gebeente, een groot graf" (reël 57). (2)
die uiteindelike/groter doel van die gebed (vanaf reël 55 en veral ook
reël 61–64). (2)
[8]
OF
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
Lees die uittreksel uit die gedig "Gebed om leiding" (TEKS 6 in die Addendum)
reeds in 1979 gepubliseer en beantwoord die vrae daaroor gestel.
6.1 Deel kortliks jou agtergrondkennis oor die gedig (in gebedsvorm) deur te sê
wie die spreker is EN wat die doel van dié spreker se gebed is. Wees
spesifiek. (2)
6.2 Die spreker verwys in reël 3 na die "seëninge" wat hy/sy ontvang. Som
enige TWEE van hierdie seëninge (wat in die uittreksel voorkom) letterlik, in
jou eie woorde op. (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 9 van 11
6.3 Hoewel 'n baie spesifieke gemeente betrek word, is die gebed-gedig eintlik
universeel – dit is algemeen geldend en toepaslik op enige plek, situasie of
tydperk.
6.3.1 Die feit dat hierdie "gebed" eintlik 'n bespotting is van menslike
swakhede of wantoestande ontmasker, is 'n duidelike aanduiding
van die stelling hierbo. Wat word hierdie genre of digsoort in die
letterkunde genoem? (1)
6.3.2 Bespreek die stelling by 6.3 deur aandag te gee aan die volgende
aspekte binne die konteks van die gedig:
die skuinsdrukgedeelte onder die titel van die gedig. (1)
die doel van hierdie gedig – met ander woorde: wie/wat word
eintlik deur hierdie gedig ontmasker of bespot? Verduidelik. (2)
[8]
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "Ek het 'n huisie aan die Rand" (TEKS 7 in die Addendum) geskryf
deur Pirow Bekker én die onderstaande brokkies inligting alvorens jy die vrae
beantwoord.
A. Hierdie gedig is 'n intertekstuele "gesprek" met die gedig Ek het 'n huisie by die
see geskryf deur H.A. Fagan en gesing deur onder andere Laurika Rauch.
B. Die Rand, soos in die titel gebruik, verwys na die Witwatersrand en eintlik die
groter Johannesburg-omgewing. Dus kan dié gedig as een van Afrikaans se
ekokritiese stadsgedigte beskou word.
7.1 Bestudeer die bou van die gedig en benoem dan die digsoort hier ter sprake. (1)
7.2 Hierdie gedig is 'n verdraaiing van die oorspronklike teks deur Fagan waarin
"huisie" 'n positiewe konnotasie het.
7.2.1 Bespreek hierdie stelling breedvoerig deur die konnotasie wat
"huisie"/"huis" in hierdie gedig verkry, noukeurig te verduidelik. Lig
jou verduideliking toe met voldoende voorbeelde uit die gedig. (3)
7.2.2 Wat dink jy wil die digter (Bekker) met die konnotasie-verskuiwing sê
oor die stadslewe? Verwoord dus kortliks die tema van dié gedig. (1)
7.3 In die oorspronklike teks word die frase "Dis nag" een maal gebruik, maar
drie maal in hierdie gedig (reëls 1, 9 en 13). Wat dink jy is die betekenis van
die frase EN die funksie van die herhaling binne die konteks van dié gedig. (2)
7.4 Gee een goeie rede vir die gebruik van die hakies (reël 8) binne die
konteks van die gedig. (1)
7.5 Verwys na die slotstrofe. Kies enige EEN van die onderstaande poësie-
tegnieke wat in reël 13–14 aangetref word. Skryf jou keuse neer en
verduidelik hoe dié tegniek die kernboodskap in die eindkoeplet versterk.
Personifikasie OF hiperbool OF ironie OF paarrym (2)
[10]
30 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 10 van 11
AFDELING C VISUELE GELETTERDHEID,
KRITIESE TAALBEWUSTHEID
VRAAG 8
Kyk na die visuele materiaal gemerk A tot C (TEKSTE vir Vraag 8 in die
Addendum) en voer dan die onderstaande opdragte uit.
A
Dit is 'n bekende feit dat adverteerders gebruik maak van sagteware-programme
(soos Photoshop) om foto's digitaal te redigeer/te manipuleer. Die voorbeeld by A
is maar een wat in die laaste jare opspraak verwek het – soveel só dat L'Oréal se
"Revitalift"-advertensie, ná klagtes, verban is.
8.1 Noem een visuele verskil tussen die voor-foto en die na-foto wat uit die
adverteerder se oogpunt aangebring "moes word". (1)
8.2 Dink jy die persone wat klagtes oor dié tipe redigering in die advertensie
gelê het, het oorreageer OF is die klagtes geldig? Betoog jou standpunt
deur die volledige bewoording daarvan EN dryf dit deur na die doel van dié
advertensie, sowel as na die gevorderde hedendaagse tegnologie te
verwys. (3)
B
Die onderklere-vervaardiger "Victoria's Secret" het ook ontsteltenis veroorsaak
met hul reklame-veldtog vir hul reeks "Body" (vertaal as "Lyf"). Na 'n aanlyn-petisie
en 'n herrie op sosiale media het hul die bewoording van die advertensie verander
van: Die perfekte "lyf" (verwysend na die onderklere, maar ook suggestief) na: 'n
"Lyf" vir elke lyf.
8.3 Wat suggereer die gebruik van die aanhalingstekens in die oorspronklike
bewoording? (1)
8.4 Verduidelik kortliks hoe "Victoria's Secret" wel daarin geslaag het om
agterna die bewoording van die advertensie te verbeter. (1)
8.5 Verwys na die twee twiets.
8.5.1 Dui duidelik aan watter een se styl jy verkies en gee 'n goeie rede vir
jou antwoord. (1)
8.5.2 Waarvoor staan die afkortings nm. en vm. wat onderaan die twiets
verskyn, onderskeidelik? (1)
8.6 Dink jy sosiale media kan werklik positiewe verandering teweegbring?
Motiveer jou opinie deur die "Victoria's Secret"-voorbeeld EN jou
persoonlike ervaring te betrek. (2)
C
8.7 Die organisasie "Truth in Advertising" sê die stryd aan teen misleidende,
vals advertensies en nader jou om vir hul reeds ontwerpte advertensie (C)
'n treffende opskrif vir die wit spasie (*) te skryf. Skryf jou opskrif in jou
eksamenboek neer. (2)
[12]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 11 van 11
VRAAG 9 SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent (TEKS 9 in die Addendum) aandagtig en beantwoord die
onderstaande vrae.
9.1 Verduidelik die vergelyking tussen voëls en mense in hierdie spotprent
volledig, deur die situasie wat hier uitgebeeld word, te betrek. (2)
9.2 Sê in jou eie woorde waarom die jonger voël "GELUK" én "STERKTE"
toegewens word. Wees spesifiek. (2)
9.3 Noem een visuele aspek van die jonger voël se lyftaal wat by die
STERKTE-wens aansluit. (1)
9.4 Die woorde in die wolke voorspel moeilikheid. Noem nog een visuele
aspek wat hierdie woorde se boodskap ondersteun. (1)
9.5 Wat dink jy is die IRONIESE spottende kommentaar wat deur die
spotprent gelewer word? Verduidelik volledig. (2)
[8]
20 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum
Related documents

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Addendum

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum

MemorandumIEB

