Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy i van x
TEKS 1
Kunstenaarsoog: Kuns in 'n neutedop
GAAN NA DIE (SKAAL)DIER EN WORD WYS
deur Johan Myburg
1. Kluisenaarskrappe is voortdurend aan die soek vir ander en soms beter blyplekke. Omdat
dié krappe nie doppe het wat verhard nie, skuil hulle in leë slakskulpe – waarvoor dié krappe
se lyf aangepas is. Die lang buikgedeelte krul gemaklik in die spiraal van die skulp op.
2. Namate die krap groei, moet 'n groter blyplek gesoek word. Wyfies wat eiers lê, het dus
meer ruimte nodig.
3. Dit dan kortliks die biologiese kant van dié rubriek.
4. Metafories gesien is dié krappe dalk nog interessanter. Die vryheid wat hulle het om telkens
'n nuwe blyplek aan te skaf, stel dié skaaldiere in staat om aan hul identiteit te torring. En
boonop rakel hulle ook aspekte van emigrasie en vlugtelingstatus op. Alles kwessies wat in
die hedendaagse visuele kunste belangrik én gesog is.
5. Met haar kunsprojek Why not hand over a "shelter" to hermit crabs? (2009) het die Japanse
kunstenaar Aki Inomata die aandag van die wêreld én dié van 'n paar bevoorregte
kluisenaarkrappe aangegryp.
6. Sy ontwerp draagbare, deursigtige huurhuise, in verskillende groottes en boustyle, vir dié
krappe.
7. Die Japannese term vir die kluisenaarskrap is "yadokan", die woord wat ook gebruik word
vir iemand wat 'n huis huur. Dit is dié betekenisgelaagdheid wat Inomata geprikkel het.
8. Sy het die natuurlike vorm van die skulpe wat dié krappe verkies, bestudeer en met
soortgelyke ontwerpe vorendag gekom: gedruk met 'n 3D-drukker ... en met argitektoniese
strukture van oral in die wêreld as deel van die skulp.
9. "Die skuilings wat ek gemaak het," sê die 34-jarige Inomata, "verteenwoordig stede
wêreldwyd. As 'n krap een skuiling vir 'n ander verruil, steek hy as 't ware internasionale
grense oor."
10. Die gedagte vir die projek het gekom terwyl Inomata, 'n kunstenaar wat in Tokio woon en
werk en ook daar kuns bestudeer het, besig was om vir 'n uitstalling by die Franse
ambassade in Japan in 2009 voor te berei. Die grond waarop die ambassadegebou staan,
was tot in 2009 in Franse besit totdat die Franse die grond aan Japan gegee het – vir 50 jaar
– waarna dit weer Franse eiendom word.
11. Dit was die veranderende aard van identiteit soos dit in bogenoemde gegewe gestalte kry,
wat haar aan die gang gesit het en 'n middel vir kommentaar op eienaarskap, nasionaliteit
en migrasie in 'n toenemend globaliserende wêreld geword het.
12. Van die skuilings wat sy maak, strek van weergawes van die wolkekrabbers van New York
tot windmeulens van die Zaanse Schans in Nederland.
13. Inomata het geen planne vir massaproduksie van dié krapskuilings nie. Sy het destyds 'n
beperkte oplaag daarvan vertoon en in die Ai Kowada-galery in Tokio verkoop.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentAddendum 





View all
Afrikaans HL P1 Insert 2018 hlayiso.com
Afrikaans HL · Grade 12 · 2018. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 552.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy ii van x
14. In 2014 het Inomata 'n video-installasiewerk gemaak wat sy I wear the dog's hair, and the
dog wears my hair noem. Vir dié werk het sy vir haar 'n mantel van hondehaar gemaak en
vir haar hond, Cielo, een van haar eie hare. Op dié manier sou sy en haar hond "jasse kon
ruil" en kon sy die verhouding tussen mens en troeteldier in die kollig stel.
15. Maar, belangriker vir Inomata, wil sy met dié werk die aandag op die mens se verknoeiing
van die natuurlike ekologie vestig deur diere by sý behoeftes en willekeur te laat aanpas.
"Die konsep agter my werk is om mense sover te kry om weer te besin en respek te kry vir
die verskillende vorms wat lewe by verskillende lewende wesens aanneem," sê sy.
[Bron: Myburg, J. 2017. Kunstenaarsoog: Kuns in 'n neutedop: Gaan na die (skaal)dier en word wys.
In: Vrouekeur, 24 November 2017: 40.]
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy iii van x
TEKS 2
[XXX – OPSKRIF – XXX]
Lori Farr
1. STELLENBOSCH. – Die vermaarde Britse skrywer Tom Michell tree vanjaar tydens die
Stellenbosse Boekeweek op. Hy sal oor sy boek The penguin lessons (Penguin, 2015) gesels.
2. Michell is 73 jaar oud. Hy het in die suide van Engeland grootgeword. Tydens die 1970's
het hy in Argentinië skoolgehou. Vandaar is hy eenkeer met vakansie na Uruguay.
3. Op die laaste aand het hy langs die strand gaan stap. Hy het derduisende dooie pikkewyne
gesien. Hulle was die slagoffers van oliebesoedeling.
4. Michell het een lewendige pikkewyn teengekom, dit na sy gehuurde woonstel geneem en
skoongemaak. Sy pogings om die voël weer in die see vry te laat, was egter tevergeefs: die
pikkewyn het hom bly volg en Michell het hom die naam José Salvado gegee.
5. Ten einde raad het Michell die pikkewyn teruggeneem na sy skool in Argentinië. Hy het
wonder bo wonder daarin geslaag om dit by die doeane verby te smokkel. By die skool was
die pikkewyn gewild onder Michell se kollegas en studente en het vir 'n hele tyd daar gebly.
6. Sy debuutboek, wat oor hierdie ervaring handel, is wêreldwyd uitgegee en in verskeie tale
vertaal.
7. Dave Pepler, bekende natuurkundige, sal Michell by die Boekweek oor die lesse wat hy en
sy studente uit hierdie ervaring geleer het, uitvra.
8. Benewens skrywer is Michell ook amateurskilder met 'n besondere belangstelling daarin
dat mense 'n volhoubare lewe op die aarde moet voer. Hy is getroud en het vier kinders en
drie kleinkinders.
9. Michell se teenwoordigheid is met die vriendelike samewerking en finansiële bystand van
die uitgewers Penguin Random House (Suid-Afrika) en die Britse ambassade gereël.
10. Die gesprek tussen Michell en Pepler vind op Maandag 5 Maart 2018 om 18:00 in die
ouditorium van die universiteitsbiblioteek plaas.
[Verwerk uit: Farr, L. 2018. (Koerantartikel). In: Stellenbosch Nuus/News, 5 Januarie 2018.]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy iv van x
TEKS 3
Literêre kritiek
Willie Burger kyk hoe 'n boek geresenseer word.
'n Resensent moet 'n waarde-oordeel, wat byna altyd op vergelyking berus, uitspreek. Die
resensent plaas die teks dus in verhouding tot iets anders en "meet" dit daaraan.
Argumente wat die boek aan die die karakters of omstandighede kan
"werklikheid" meet identifiseer. 'n Resensent kan ook oordeel
Ons lees dikwels opmerkings soos: "Die boek dat die boek leersaam is, want dit bied vir die
is so realisties", of "Dit is nie hoe mense leser baie inligting of idees.
werklik optree nie". Hierdie oordele Argumente wat die boek met ander boeke
veronderstel dat 'n literêre teks die vergelyk
werklikheid moet uitbeeld. Natuurlik hang dit 'n Boek se waarde word bepaal in
af van die "werklikheid" waarmee die boek vergelyking met ander boeke. Dit kan boeke
vergelyk word – dikwels hou resensente 'n van dieselfde outeur wees (is dit sy beste
ideale werklikheid voor, soos dat Afrikaanse boek?) of binne 'n genre (is dit 'n uitstekende
mense almal ordentlik leef; as hulle dalk liefdesverhaal?). Soms word tekste ook
armoedig of immoreel voorgestel word, is vergelyk in terme van oorspronklikheid:
die boek dus swak. Lewer hierdie werk iets nuuts? Bring dit
Soms word die boek as goed beskou omdat vernuwende tegnieke of insigte teweeg?
dit so by die politieke of ekologiese situasies Argumente wat die boek "aan homself"
van die dag betrokke is. Hieragter skuil meet
dikwels morele redenasies: die boek is goed Argumente wat die teks slegs in terme van
wanneer dit by die resensent se waardes of die teks self beoordeel, fokus op die
opvattings oor die werklikheid aansluit, en "eenheid" van die teks en wys gewoonlik
swak as dit daarvan verskil. daarop dat alles in die teks naatloos tot 'n
Argumente wat die boek met die leser geheel saamgevoeg word en dat elke
vergelyk element (van klank en taal tot tegnieke en
Baie argumente fokus op die emosionele inhoud) geïntegreer is.
effek van die teks op die leser, aangetoon 'n Knap resensent benut verskillende
deur stellings dat die werk "boeiend" of argumente en berus sy waarde-oordeel nie
"ontstellend" is, of dat dit die leser "koud slegs op een idee oor die boek nie.
laat". Ook identifiseringsargumente word
gebruik: die boek is goed as die leser met
[Verwerk uit: Burger, W. 2017. Literêre kritiek (deel 2). In: Vrouekeur, 24 November 2017: 44]
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy v van x
TEKS 4
Lady Anne by die mikrogolfoond
Antjie Krog
o my susters in kombi's en stasiewaens 1
met stylvolle donkerbrille en hare teen die grys getint
liggame wat soggens in fleurige leotards1
jog en gym en joga
verbete klou aan soepelheid en Pil 5
soos ons by mekaar op oorbrûe verbyjaag
in stofwolke stop langs sportvelde
aandagtig sit en tydhou voor musiekkamers
mekaar aan die huil bid op Bybelstudies
wonder ek: van watter breed is ons? 10
in die meedoënlose metodiek van beplanning
herken ek die waansin van wa-pak
die drif waarmee kinders gedryf word
tot uithaal en byhou ruik na kamp en kroep
soos ons op sandersonlinne sit en aai en paai 15
en die mans by ingeboude kroeë druk drink en desperaat praat oor naai
weet ons ons is die laaste
die laaste wat kinders teer laat verblond op melk en heuning
ons is die laaste
agter ons onder ons langs ons 20
stort met sagte geluid van as
strukture wat ons soort in stand hou
in hulle maai.
[Bron: Brink, A. P. 2008. Groot verseboek (deel twee). Kaapstad: Tafelberg]
1
wat pas by die voetlose tights, wat pas by die leg warmers, wat pas by die polsband, die kopband
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy vi van x
TEKS 5
Marilyn Monroe: foto in rou
Joan Hambidge
Beskeie waag ek 1
vanaand 'n gedig
oor jou Nee eintlik vir jou
ek wou begin:
die argetipiese seksgodin 5
wat ander voor en na
leepoog weg laat kyk
besluit: té dramaties
gewigtig lomp
ensovoort 10
my onvermoë word nou
net 'n oomblik lank
opgehef
wanneer ek met 'n skok
Bert Stern se L.A.-foto 15
sien
dat toeval hier net toevallig
was, glo ek nie
Marilyn Monroe in rou!
net die skouers wys effe 20
lyf (verder niks)
soos ons gewoond was
jou kop skalks weg áfgedraai
jou hand voor jou mond
asof jy stil waarsku: ek word nie meer gebruik 25
jou linkeroog bot toe
selfs die wimpers glimmend swart
dan: die immer wit gebleikte hare
O altyd witter ja witter as sneeu
begin swart uitskif 30
in jou sagte swanenek
hiervolgens moes jy wel weet
(kyk selfs die moesie wit)
of was jy reeds tot-die-einde-toe
moeg? 35
die dood is net 'n droom
[Bron: Brink, A. P. 2008. Groot verseboek (deel drie). Kaapstad:
Tafelberg]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy vii van x
TEKS 6
Marilyn Monroe: foto in goud
Lina Spies
Die kleur van heuning en van hars, 1
van seesand by 'n somersee:
kartels ougoudse rooi streel
à la Botticelli se Venus
die slank nek. 5
Die badjas gee niks bloot
wat dit bedek:
daar is tinte branderblou
waar die skuimwit handdoekstof
oor hals en skouers vou 10
en waar dit wegskuif is onopsigtelik
die regterbors toevallig effens oop,
'n paar los hare vee tot teen
die lagplooitjies om die linkeroog
met sy helder, onbevange blik 15
onder die breë wenkbrouboog.
Die hande palms op mekaar
is soos van 'n kind wat inslaap
die kenmerkende gebaar
of soos vir handeklap gelig, 20
die glimlag is skaars kyker- en kameragerig:
"Dit is maar skyn dat ek poseer:
mooi is ek – lewensbly en eg."
Oor jou, Marilyn, het ek nooit geswymel;
as tiener jou nie in my sterboeke geplak, 25
maar nou meteens deur dié een foto geraak,
wil ek vir die duur van die gedig
jou ook as ikoon vereer:
laat digters vir wie jy muse en kultus is
– wat met die dood flankeer, 30
met slaappille speel en met die see –
besef: voor die blond gebleikte prikkelpop
– groot geverfde mond, beauty spot, pendun wenkbroue –
was jy 'n goue meisie rossig in die son.
[Bron: Brink, A. P. 2008. Groot verseboek (deel twee). Kaapstad: Tafelberg]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy viii van x
TEKS 7
Hartomleiding
Naudé Kritzinger
Dáár lê die dop van lyf: 1
'n hoofgereg langs geslypte silwer
op 'n tafel uitgedek.
'n Drietandvurk steek stewig
die ribbes van die brose borsie vas, 5
die lem skei haar metodies
oop tot by die binnegoed.
*
Weer markeer die hart sy pas;
sy sug nou sterker in haar lyf.
*
'n Wit handskoen wys op prentjies 10
hoe vloei die bloedrooi bloed.
Sy knik maar net, gedagtes by die rose
wat sy elke jaar voor winter snoei.
[Bron: Slippers, B. en Naudé, C. (samestellers). 2017.
Nuwe stemme 6. Kaapstad: Tafelberg.]
Woordverklaring:
'n Hartomleiding is 'n "operasie waarby die bloedsomloop na die hart deur 'n alternatiewe gang gelei word"
(HAT6: 424). Hierdie operasie word nodig omdat van die belangrike are om die hart verstop raak en bloed
dus nie meer na die hartspier kan vloei nie. Indien die bloed nie betyds om die verstopping gelei kan word
nie, sal die persoon sterf.
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy ix van x
TEKS 8
ADVERTENSIE (EFEKTO-MIERGIF)
[Bron: Efekto-miergifadvertensie. 2016. In: Die tuinier, November 2016.]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – ADDENDUM Bladsy x van x
TEKS 9
SPOTPRENT
[Bron: Mouton, F. 2017. Verwarring na foute op dierekaarte [spotprent]. In: Die Burger, 13 Mei 2017.]
IEB Copyright © 2018
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans HL P1 Memo 2018 hlayiso.com

Question paper
AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 May June 2018 hlayiso.com

Memorandum
FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans HL
Explore more published documents in this catalogue.



_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)







