Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n Addendum van 10 bladsye (i–x). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. In hierdie vraestel is daar drie afdelings:
AFDELING A: Begrip, Taal en Styl (50 punte)
AFDELING B: Poësie (30 punte)
AFDELING C: Visuele Geletterdheid en Kritiese Taalbewustheid (20 punte)
3. Beantwoord AL die vrae in Afdeling A en C.
4. In Afdeling B is daar een keusevraag, nl. Vraag 5 of 6. Beantwoord dus drie vrae in
hierdie afdeling: Vraag 4 (verpligtend), Vraag 5 of 6 (kies een) en Vraag 7
(verpligtend).
5. Jou antwoorde moet presies soos die vrae genommer wees.
6. Begin elke vraag boaan 'n nuwe bladsy. Rofwerk moet duidelik aangedui word.
7. Laat 'n reël oop tussen antwoorde en skryf slegs binne die kantlyne.
8. Lees die instruksies by ELKE vraag noukeurig deur en voer die opdragte presies
daarvolgens uit. Let veral op die puntetoekenning by elkeen van die vrae as riglyn
vir die antwoord se lengte.
9. Dit is in jou eie belang om netjies en duidelik leesbaar te skryf.
10. Goeie taalversorging sal in jou guns tel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the 2018, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 150.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 2 van 10
AFDELING A BEGRIP, TAAL EN STYL
VRAAG 1 BEGRIP, TAAL EN STYL
Die skrywer en kunstenaar Johan Myburg skryf 'n rubriekreeks vir die tydskrif
Vrouekeur met die titel "Kunstenaarsoog: Kuns in 'n neutedop".
In die uitgawe van November 2017 is die titel van daardie maand se rubriek "Gaan
na die (skaal)dier en word wys".
Lees nou hierdie rubriek (Teks 1 in die Addendum) en beantwoord die volgende
vrae:
1.1 Wat beteken die uitdrukking "in 'n neutedop" in die opskrif van die rubriek
en wat beteken dit binne die konteks van die rubriek? (2)
1.2 Bestudeer die volgende uittreksel uit 'n woordeboekinskrywing in die HAT6:
klui•se•naar s.nw. [~s] iemand wat alleen woon en hom/haar van ander mense
afsonder, soms om godsdienstige redes; hermiet; anachoreet: Meer as een vroeë
Christen het as kluisenaar in die Egiptiese woestyn gelewe. Ná die dood van sy
vrou en kinders het hy ’n regte kluisenaar geword.
1.2.1 Verduidelik die gebruik van die onderstreping en die kolletjies
tussen letters in die hoofwoord van die inskrywing. (1)
1.2.2 Bestudeer die inligting wat Myburg in sy rubriek verskaf en
verduidelik of jy dink dat kluisenaarskrap 'n gepaste naam vir
hierdie diersoort is. (2)
1.3 Lees die vetgedrukte sin in par. 2.
1.3.1 Skryf hierdie sin in die bedrywende vorm oor. (1)
1.3.2 Wat is die geskikste vorm vir hierdie sin: die bedrywende vorm of die
lydende vorm? Motiveer jou antwoord. (1)
1.4 Beskryf die verband tussen par. 3 en 4 deur die funksie van par. 3 te
betrek. (2)
1.5 Waarom vind hedendaagse kunstenaars vlugtelinge en immigrante
interessant? Gebruik inligting uit die teks asook jou eie kennis om hierdie
vraag te beantwoord. (3)
1.6 Waarom is die byvoeglike naamwoord deursigtige (par. 6) 'n akkurate en
gepaste beskrywing van Inomata se kunsprojek? (2)
1.7 Wat word met die woord betekenisgelaagdheid in die konteks van par. 7
bedoel? (2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 10
1.8 Die term 3D-drukker kom in par. 8 voor.
1.8.1 Waarvoor staan die afkorting 3D in hierdie term? (1)
1.8.2 Wat is die verskil in funksie tussen die koppelteken in 3D-drukker en
die koppelteken in video-installasiewerk (par. 14)? (2)
1.9 Diereregtegroepe sou sekerlik Inomata se uitstalling deeglik ondersoek het
om te verseker dat die kluisenaarskrappe op 'n etiese manier behandel sou
word. Noem TWEE dinge wat die kunstenaar en die organiseerders van die
uitstalling kon doen om etiese behandeling van die krappe te verseker. (2)
1.10 Waarom word die titels van Inomata se kunswerke in Engels gegee, maar
haar direkte woorde in Afrikaans? Verskaf TWEE redes. (2)
1.11 Verduidelik die gebruik van aanhalingstekens in par. 14 deur die konteks
deeglik te betrek. (2)
1.12 In die eerste sin van par. 15 word melding gemaak van die mens en diere.
Wat is die effek daarvan dat die skrywer 'n enkelvoud en 'n meervoud
kontrasteer? (2)
[27]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 10
VRAAG 2 BEGRIP, TAAL EN STYL
Lees die opskriflose koerantartikel [XXX – OPSKRIF – XXX] deur Lori Farr (Teks 2 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
2.1 Die byvoeglike naamwoord vermaarde (par. 1) beteken "wêreldberoemde".
Is dit oordrewe om Tom Michell 'n "vermaarde skrywer" te noem?
Skryf TWEE antwoorde op hierdie vraag neer: een wat begin met "Ja, ..."
en een wat begin met "Nee, ...". Gebruik inligting uit die teks om jou
antwoorde te motiveer. (2)
2.2 Die skrywer van die artikel, Lori Farr, se styl is soms baie swak, veral in
terme van sinsbou. 'n Goeie subredakteur kan die artikel verbeter. Die
volgende twee opdragte verwag van jou om sulke verbeteringe aan te
bring.
2.2.1 Voeg die twee vetgedrukte sinne in par. 2 saam tot een
enkelvoudige sin. (1)
2.2.2 Skryf par. 3 in een sin oor. Gebruik voegwoorde en betreklike
voornaamwoorde om logiese vloei te verseker. (1)
2.3 Haal 'n woord uit die teks aan wat aandui dat Michell iets onwettigs gedoen
het. (1)
2.4 Die studente by Michell se skool het lewenslesse uit die teenwoordigheid
van die pikkewyn geleer.
Dink aan 'n belangrike lewensles wat jy, nes Michell se studente, tydens jou
matriekjaar geleer het en wat jy graag aan 'n jonger vriend/vriendin wil
oordra.
Skryf hierdie les in 'n kort paragraaf. Maak seker dat dit duidelik is waarom
hierdie les vir jou belangrik is. (2)
2.5 Het Tom Michell vir José Salvado eties korrek behandel? Verduidelik jou
argument in 'n uitgebreide paragraaf. (3)
2.6 Die koste van Michell se besoek aan Suid-Afrika word gedeel deur die
uitgewery Penguin Random House (Suid-Afrika) en die Britse ambassade.
Gee 'n rede waarom EEN van hierdie twee instansies Michell se besoek sal
borg. (1)
2.7 Wat word met 'n volhoubare lewe (par. 8) bedoel? (1)
2.8 Verskaf 'n gepaste opskrif/titel vir hierdie artikel van nie meer as agt woorde
nie. (1)
[13]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 10
VRAAG 3 TEKSVERWERKING
Lees Willie Burger se riglyne oor "Literêre kritiek" (Teks 3 in die Addendum) en voer die
volgende opdrag uit.
Konteks:
Jy is pas aangestel as die nuwe boekeredakteur van jou skool se studentekoerant. Jy
moet dringend vasstel hoe om goeie resensies te skryf en jy vind Willie Burger se rubriek
in Vrouekeur.
Opdrag:
Stel 'n kontrolelys van hoogstens 70 woorde op met wenke oor hoe om 'n goeie
resensie te skryf. Gebruik slegs die idees wat in die rubriek voorkom.
Let op die volgende riglyne:
• Verskaf 'n opskrif vir jou lys, maar moet dit NIE in jou woordtelling inreken nie.
• Sluit ongeveer agt wenke op jou lys in.
• Gebruik slegs bevelsinne in jou lys (indien jy stelsinne of vraagsinne gebruik, sal jy
gepenaliseer word).
• Dui jou woordtelling onder jou lys aan (tel alle woorde, ook die en 'n).
• Jou lys sal met 'n metingskaal, wat die inhoud, die taalgebruik en die spelling in ag
neem, nagesien word.
[10]
50 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 10
AFDELING B POËSIE
VRAAG 4 VOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "Lady Anne by die mikrogolfoond" deur Antjie Krog (Teks 4 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
4.1 Wie is die "susters" wat deur die spreker in strofe 1 aangespreek word en
met watter toon word hulle aangespreek? (2)
4.2 Word hierdie toon, wat jy in Vraag 4.1 beskryf het, deur die hele gedig
volgehou? Verduidelik jou antwoord kortliks deur na spesifieke aanhalings
uit die gedig te verwys. (2)
4.3 Verduidelik die dubbelsinnigheid in versreël 8 in jou eie woorde. (2)
4.4 In strofe 3 (versreël 11 tot 14) verwys die spreker na TWEE spesifieke
historiese gebeurtenisse in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Identifiseer EEN van hierdie twee gebeurtenisse en verduidelik kortliks
waarom dit in hierdie gedig betrek word. (2)
4.5 Verduidelik in jou eie woorde tot watter slotsom die spreker in strofe 4
(spesifiek in versreël 17 tot 23) kom. Verwys spesifiek na die frases "melk
en heuning" (versreël 18) en "sagte geluid van as" (versreël 21) in jou
antwoord. (3)
[11]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 10
BEANTWOORD VRAAG 5 OF VRAAG 6.
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
Lees "Marilyn Monroe: foto in rou" deur Joan Hambidge (Teks 5 in die Addendum)
deur en beantwoord die volgende vrae:
5.1 Die spreker het 'n plan vir die skryf van die gedig gehad, maar sukkel om
vorm daaraan te gee.
5.1.1 Verduidelik hoe die spreker in versreël 3 van plan verander. (1)
5.1.2 Waardeur word die spreker se "onvermoë" (versreël 11) opgehef? (1)
5.2 Haal 'n versreël uit die gedig aan wat kontrasteer met "argetipiese seksgodin"
(versreël 5) en verduidelik hierdie kontras in jou eie woorde. (2)
5.3 Die frase "witter as sneeu" (versreël 29) is 'n Bybelse aanhaling. Is dit 'n
geskikte keuse in die konteks van die gedig? Motiveer jou antwoord kortliks. (2)
5.4 Jy het twee gedigte oor Marilyn Monroe bestudeer: Hierdie een deur Joan
Hambidge en "Marilyn Monroe: foto in goud" deur Lina Spies (teks 6 in die
Addendum). Watter een van hierdie gedigte is na jou mening die beste?
Motiveer jou antwoord deur te verwys na die spreker se siening van Marilyn
Monroe en enige digterlike tegniek wat 'n belangrike verskil tussen die twee
gedigte gaan uitlig. (3)
[9]
OF
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
Lees die gedig "Marilyn Monroe: foto in goud" deur Lina Spies (Teks 6 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
6.1 Marilyn Monroe word in versreël 4 vergelyk met die figuur van Venus in
Sandro Botticelli se skildery Die geboorte van Venus. Verskaf TWEE redes
waarom hierdie interteks van pas en geslaagd is. (2)
6.2 Haal 'n frase uit die gedig aan wat met "breë wenkbrouboog" (versreël 16)
kontrasteer. Verduidelik hoe hierdie kontras die strekking van die gedig
ondersteun. (2)
6.3 Lees weer versreël 22 en 23.
6.3.1 Wie se woorde word hier aangehaal? (1)
6.3.2 Wat is die effek van hierdie aanhaling op die betekenis van die gedig? (1)
6.4 Jy het twee gedigte oor Marilyn Monroe bestudeer: hierdie een deur Lina
Spies en "Marilyn Monroe: foto in rou" deur Joan Hambidge (Teks 5 in die
Addendum). Watter een van die gedigte is na jou mening die beste?
Motiveer jou antwoord deur te verwys na die spreker se siening van Marilyn
Monroe en enige digterlike tegniek wat 'n belangrike verskil tussen die twee
gedigte gaan uitlig. (3)
[9]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 10
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG: VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "Hartomleiding" deur Naudé Kritzinger (Teks 7 in die Addendum) en
beantwoord die volgende vrae:
7.1 Verduidelik in jou eie woorde die metafoor wat in versreël 2 en 3 voorkom
en beklemtoon die verband met die konteks van die hele gedig. (2)
7.2 Die frase "brose borsie" in versreël 5 word op twee maniere beklemtoon:
deur alliterasie en deur die gebruik van 'n verkleinwoord. Verduidelik EEN
van hierdie twee tegnieke en laat dit duidelik blyk hoe die gebruik daarvan
bydra tot die betekenis van strofe 1. (2)
7.3 Waarom word die strofes deur asteriske geskei en nie slegs deur wit reëls
soos gewoonlik nie? Verduidelik ook hoe die gedig se betekenis hierdeur
ondersteun word. (2)
7.4 In strofe 3 lees ons van 'n "wit handskoen" (versreël 10) en "bloedrooi
bloed" (versreël 11). Is dit nodig om in hierdie konteks die kleure so
spesifiek te noem? Bespreek EEN van die twee gevalle om jou antwoord te
ondersteun. (1)
7.5 Watter indruk skep die spreker omtrent die vrouefiguur wat in versreël 12
en 13 beskryf word? Brei jou antwoord genoegsaam uit om die konteks van
die hele gedig asook die titel te betrek. (3)
[10]
30 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 9 van 10
AFDELING C VISUELE GELETTERDHEID EN KRITIESE TAALBEWUSTHEID
VRAAG 8 ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie vir Efekto-miergif (Teks 8 in die Addendum) en beantwoord die
volgende vrae:
8.1 Wat impliseer die advertensie omtrent die mier (regs in die advertensie)?
Neem die plek waar die mier voorkom asook die grootte van die mier in
ag. (2)
8.2 Wat hou die mier in sy pote vas en hoe pas dit by die strekking van die
advertensie? (2)
8.3 Onder die foto van die mier in die tuin kom 'n booglyn voor; tussen die foto
van die produk en die opskriffie "Kliëntediens" is daar 'n soliede en reguit
lyn. Watter betekenisse sou hierdie twee verskillende lyne in die konteks
van die advertensie kon oordra? (2)
8.4 Dink jy dit is eties aanvaarbaar om miergif te gebruik? Motiveer jou
antwoord kortliks. (2)
8.5 Mense wat hierdie advertensie in tydskrifte gesien het, het gekla dat die
woord buite (in die opskrif) verwarrend gebruik word.
Verduidelik hierdie verwarring deur te verwys na die kopie/teks én die
grafika/visuele element van die advertensie. (2)
[10]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 10 van 10
VRAAG 9 SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent deur Fred Mouton (Teks 9 in die Addendum) en beantwoord die
volgende vrae:
9.1 Vergelyk die gesigsuitdrukking van die dier op die dierekaart (in die seun se
hand) met die gesigsuitdrukking van die dier regs agter in die spotprent. (2)
9.2 As 'n mens in gedagte hou dat die dierekaarte gemaak is om kinders se
kennis oor die natuur uit te brei, word twee ironieë in die spotprent duidelik.
Sê in jou eie woorde wat hierdie ironieë is. (2)
9.3 Hoe kan 'n mens uit die spotprent agterkom dat die pa en die seun in 'n
natuuromgewing is? (1)
9.4 Tree dié mense eties korrek op in die natuuromgewing? Motiveer jou
antwoord deur spesifiek na die spotprent te verwys. (1)
9.5 Skryf een woord neer waarmee 'n mens gesamentlik na die bome, bosse
en grasse van die natuuromgewing kan verwys. (1)
9.6 Beskryf óf die pa ٴóf die seun se gesigsuitdrukking. Sê watter emosie agter
daardie uitdrukking skuil en hoe die gesigsuitdrukking en emosie tot die
ironiese strekking van die spotprent bydra. (3)
[10]
20 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum
Related documents

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Addendum

MemorandumIEB

