Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the 2019, 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2019. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 24
- File size
- 524.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 24
AFDELING A LETTERKUNDE
DRAMA
VRAAG 1 DIE KOGGELAAR (Pieter Fourie)
Instruksies
• Hierdie vraag is verpligtend.
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Die vraag bestaan uit 'n stelling oor die drama waarop jy in 'n mini-essay betogend
moet reageer.
• Jou inleiding moet duidelik aantoon of jy met die stelling saamstem of nie en ook jou
hoofargument verwoord.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die teks.
• Jou gevolgtrekking moet terugverwys na jou argument en 'n duidelike slotsom gee.
• Bring die woordtal (ongeveer 400 woorde) onder jou mini-essay aan.
• 'n Nasienmatriks sal vir die assessering van jou mini-essay gebruik word.
'n Kaal verhoog. In die middel 'n wit, sirkelvormige vloerkleed, drie meter in deursnee; dit stel die
bodem van 'n plaasdam voor. Op die kleed lê die lyk van 'n boer; in sy een hand 'n kalkkwas, langs
hom 'n emmertjie en digby sy ander hand 'n .38-rewolwer. Net buite die sirkel lê die karkas van 'n
week-oue lammetjie.
***
KNAPLAT: Dit was die laaste druppel. Dis die skok waarvan hy gepraat het.
Die lig trek in op Boet waar hy op die sirkelvormige vloerkleed – die damvloer en nog nie wit geverf
nie – staan. Die emmer en kwas is byderhand, die rewolwer lê eenkant.
BOET (kyk op): Wit! Wit sal ek sy vloer uitkalk dat Jy kan sien hy's leeg. (Hy begin verf) Wit! Wit soos
ek! (Hy staan hygend in die dam. Stadig keer sy asemhaling terug na normaal.) Dit was al.
Stelling
Knaplat en Boet se woorde aan die einde van die drama bevestig dit wat die
toneelaanwysings reeds van die begin af by die gehoor wil tuisbring. Dit word 'n
profetiese vooruitwysing na die mens wat oor die aarde wil heers deur ander te
vertrap, maar uiteindelik sy eie ondergang bewerkstellig.
Opdrag
Skryf nou 'n mini-essay van ongeveer 400 woorde waarin jy betogend op hierdie stelling
reageer. Gebruik ten minste DRIE aspekte uit die toneelaanwysings, soos herhaal in die
woorde van Knaplat en Boet aan die einde van die drama, om jou betoog te ondersteun.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 24
RIGLYNE VIR HULP BY DIE NASIEN VAN VRAAG 1
LW: Wat volg is voorstelle. Elke kandidaat se benadering moet op eie meriete
beoordeel word.
Titel:
• Gee eie gepaste titel wat die kandidaat se siening vasvang. (Die titel is opsioneel –
m.a.w. as kandidaat geen titel gegee het nie, mag hulle nie benadeel word nie. Dit is
egter tog 'n aanbeveling.)
Inleiding:
• Dit is wys om te begin deur na die tekstitel, genre en dramaturg te verwys, bv. In
Pieter Fourie se drama Die Koggelaar [onderstreep in geskrewe teks] (1988) ...
• formuleer betoog; bv.
• ... bevestig Knaplat se woorde dit wat die toneelaanwysings aan die begin van die
drama reeds profeties aan bod bring. Die "kaal" verhoogruimte word geaktiveer as 'n
ruimte waarbinne die mens se rol as heerser oor die aarde (hier die droë Koggelkaroo)
nie net ondersoek word nie, maar waarbinne die mens (veral in die vorm van die
patriarg Boet Cronjé) onbevoeg verklaar word om te heers. In die drama word die
klakkelose miskenning/vertrapping van mens en dier en grond op die keper beskou en
die selfverwoesting daarvan uitgespeel. Die drama voorspel/maak juis voorsiening vir
'n nuwe (op dié stadium slegs fiksionele) ruimte waarbinne gemarginaliseerdes binne
'n nuwe orde/bedeling die boer uit die sentrum (visueel voorgestel as die matsirkel)
verwyder en die reën (as teenpool vir die droogte as metafoor van die gevolge van
misbruik) uiteindelik die aarde kan voed.
• verwoord hoofargument n.a.v. beplanning
Paragrawe:
• Verskillende argumente word hier betoog wat die onderwerp (wat in inleiding gekies is)
gaan ondersteun.
• In elke paragraaf word 'n argument bespreek – ondersteun met verwysings en/of
aanhalings uit die drama.
• Die betogende styl van die kandidate moet deurgaans gesien word.
Moontlike argumente wat ter betoog aangevoer kan word (kandidate kan enige van die
volgende in hul betoog ondersoek. DRIE van die toneelaanwysings moet egter aan bod
kom):
• Die mens moet natuurlik in die eerste plek as manlik raakgelees word in dié
vraagstelling (vgl. moederaarde as gender-teenpool). Manlike beheer is uit Genesis
verletterlik as 'n patriargale plig (maar ook voorreg wat dikwels misbruik is/word).
• Ironies genoeg maak die drama melding van "'n Kaal verhoog." Hoewel dit tegnies
gesproke moontlik verwys na Peter Brook se "empty space" asook die epiese
teatertegnieke hierdeur inspan, sal dit die leser van die drama moontlik ook wys op die
gestrooptheid van die aanbieding self. Hier is nie kans vir 'n gemaklike uitruil van
boererate of pittige woordinkleding nie. Die saak op die tafel word sonder omhaal of
melodrama aangespreek. 'n Banale, maar tog belangrike verband tussen hierdie kaal
verhoog en die kaal Anna (Bedryf 2 toneel 1) kan ook getrek word waar sy as
"stoetooi" opgeoffer word om die geboorte van nog 'n kind moontlik te maak. Die
skokkende wreedheid in hierdie toneel is ontstellend omdat dit die naakte waarheid
rondom vroue as biologiese gebruiksartikels teken. Dat Anna juis deur Anker gered
word, verskaf 'n teenpool op Boet se wreedheid.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 24
• Die "wit, sirkelvormige vloerkleed, drie meter in deursnee" verwys moontlik na die
heersende bestel gedurende die tydruimte. Wit heerskappy was 'n gegewe gedurende
apartheid, terwyl die getal 3 tekenend kan wees van die drie-eenheid van God die
Vader, Seun en Heilige Gees. Gedurende apartheid het die kerk apartheid
gelegitimiseer en selfs uit die Bybel gemotiveer. Die dominee gebruik uitstel om die
probleem aan te spreek (op bl. 41), maar erger nog, Boet tart God op vele maniere om
SY sin te kry. Die toneel rondom die biddag vir reën word in die drama omvorm tot 'n
klagstaat teen Boet wat sy vrou (nou geklee in haar swart trourok – as simbool van rou
oor hul huwelikstaat) slegs gebruik het as meganisme in sy doel tot voortplanting.
• Die sirkel kan simbolies as die sentrum of binnekring van die koggelaars beskou word,
nl. diegene wat die reëls gemaak het rondom hoe die mense en die omgewing
gebruik/misbruik kon word.
• Die plaasdam vorm die sentrum van die vooruitgang van die aarde. As opvangsgebied
van water is 'n vol plaasdam sprekend van welvaart terwyl die leë plaasdam droogte
simboliseer. Die droogte (letterlik en figuurlik) van Boet Cronjé is die setel van die
konflik in die drama. Hoewel daar 'n goeie aar is om oop te boor, weier hy om
vruggebruik te neem hiervan. Na Klein-Ben kan hy nie weer kinders verwek nie en sal
ook nie mediese hulp hiervoor aanvaar nie. Die uitkoms wat almal (mens en dier) so
nodig het, word versmaai deur Boet se trots.
• Die kalkkwas (wat herinner aan Brecht se Caucasion Chalk Circle –
vervreemding/epiese teater) kan vertolk word as manier om die wêreld na jou eie
ewebeeld (wit) te teken. Boet glo in homself as waardige erfgenaam a.g.v. sy wit
afkoms en speel tekenend sy heerskappy uit in die toneel in die kroeg (en vooraf) met
Anker wat sy gemengde afkoms moet verloën (om nie eens van sy broederskap te
praat nie).
• Die rewolwer is uiteraard sprekend van die afloop van die gebeure, nl. dat Boet
homself skiet. Die veelvoudige motiverings vir sy selfdood word hier nie indringend
bespreek nie, maar wat wel van belang is, is die feit dat hy as heerser abdikeer en
alles en almal aan hul eie lot oorlaat – asof hy verantwoordelikheid laat vaar. Die
familiemoord kan gesien word as die uithaal van 'n hele geslag van heersers en
sondes wat ruimte laat vir 'n nuwe orde. Ironies genoeg word uit sy waansin en die
aftakeling van sy geestesgesteldheid 'n nuwe bedeling moontlik gemaak.
• Die karkas van 'n week-oue lammetjie is sprekend van die lot waaraan die mees
weerloses oorgelaat is a.g.v. die sondes van die (voor)vaders. Boet is ook
verantwoordelik vir die dood van sy eie vee! As ekogerigte drama is dit byna die
sterkste aanklag wat die drama maak in die vorm van Knaplat as stoetram, nl. dat hy
ingespan is om die (wit) heersers te verryk en dat sy nageslag moet ly onder die
hardkoppigheid/hartvogtigheid van dié wat vir hulle moet sorg. As Anker saam met
Knaplat uiteindelik die heerskappy gesamentlik kan oorneem, is dit asof hulle in 'n
akoord gaan om hierdie misbruik uit te wis. Aan die einde van die drama haal Knaplat
sy wit masker af en trek dit oor Boet se kop. Daardeur neem die stoetram afskeid van
sy rol as ondergeskikte en ontmasker die klug van wit heerskappy.
Slot:
• Hoofpunte word saamgevat – kom tot 'n eindbetoog.
Die stelling word finaal bewys of afgekeur, bv..
• Die Koggelaar slaag daarin om van die eerste toneel af reeds die verhoog te aktiveer
as 'n metaforiese ruimte waarbinne die mens se rol as heerser oor moederaarde
ondersoek word en (die mens) uiteindelik te lig bevind word veral as gevolg van die
misbruik en miskenning van die ander (mens, dier en die aarde self). Dit stel 'n nuwe
orde voor waarbinne gemarginaliseerdes saam met geobjektiveerdes (die diere en by
implikasie die aarde self) saam 'n beter toekoms, wat deur moederaarde self geseën
word (in die vorm van reën), kan aanpak.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 24
PROSA
• Twee vrae word oor elk van die twee voorgeskrewe romans gestel waarvan jy slegs
een vraag moet beantwoord:
óf Vraag 2 óf Vraag 3 (oor frats – Chris Karsten)
óf Vraag 4 óf Vraag 5 (oor Toorberg – Etienne van Heerden).
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Jou literêre opstel moet beredenerend van aard wees.
• Jou inleiding moet reeds duidelik aantoon wat die uitgangspunt(e) van jou opstel is.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die teks.
• In jou gevolgtrekking moet jy terugverwys na jou hoofargument en telkens die
verwagte inhoud, soos aangedui by elke vraag, aanspreek.
• Bring die woordtal (ongeveer 600 woorde) onder jou literêre opstel aan.
• 'n Nasienmatriks sal vir die assessering van jou literêre opstel gebruik word.
VRAAG 2 FRATS (Chris Karsten)
Die frats [word] voorgehou as 'n persoon wat ongewoon (of dan "verskillend" of "anders") is in
voorkoms of gedrag, maar die konsep word ook verder beskou as sinoniem met abnormaliteit,
vreemdheid, onreëlmatigheid, misvorming en monsteragtigheid.
[Gerber, Reviews in American History, 1990:15; Kochanek, Reframing the freak: from sideshow to science,
1997:228]
In die roman frats word Khoena as 'n "onmens" ('n mens lyk nie so nie) beskou en worstel
sy met hierdie fratsstatus wat aan haar toegeken is. Beredeneer in 'n literêre opstel watter
DRIE ander karakters of instansies eintlik dié titel van onmenslikheid verdien.
Jou gevolgtrekking moet duidelik aantoon waarom die verwysing na Khoena as "frats"
ironies is in die lig van jou bespreking rondom die eintlike frats(e) in die roman.
Belangrik: hierdie drie ander karakters of instansies kan uiteraard NIE een van die ander
"fratse" wees wat in Archibald Varley se shows optree nie.
RIGLYNE VIR HULP BY DIE NASIEN VAN VRAAG 2
LW: Wat volg is voorstelle. Elke kandidaat se benadering moet op EIE MERIETE
beoordeel word.
Titel: Gee eie gepaste titel wat die vraag verwoord (opsioneel, tog 'n aanbeveling).
Inleiding:
• Dit is wys om te begin deur na die tekstitel, genre en skrywer te verwys,
‒ bv. In Chris Karsten se roman frats [onderstreep in geskrewe teks] (2007) ...
• Formuleer onderwerp: ... word verskeie ander karakters en instansies indirek
daarvan aangekla dat hulle die eintlike fratse in die verhaal is. Heelparty van die
manlike karakters word as monsteragtige uitbuiters van veral vroue uitgebeeld, maar
ook van ander karakters wat 'anders' of eksoties is. Die roman verskuif dus die idee
van fratse na diegene wat uit gierigheid, seksuele wandade of in die naam van
wetenskaplike navorsing vanuit 'n morele oogpunt die eintlike fratse in ons samelewing
was en dalk selfs tot nou toe is.
• Vooruitwysing hoe die literêre opstel aangepak gaan word waarbinne hoofargumente
afgebaken word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 24
Paragrawe:
• Verskillende hoofargumente word beredeneer.
• Elke paragraaf hanteer 'n hoofargument – ondersteun met verwysings na/aanhalings
uit die teks.
• Die beredenering van die kandidaat moet deurgaans duidelik blyk.
Moontlike karakters of instansies wat bespreek kan word:
• Die strafekspedisie in die voorspel vertel hoe die vroue en oumense van sogenaamde
veediewe wreed vermoor word en hoe kinders gevang word om as slawe verkoop te
word.
• Tiebout Boelens word uitgewys as verkragter en hoereerder en word deur Bartol as
troefkaart gebruik om Khoena te oortuig dat hulle die Kaap moet verlaat om weg te
kom van Tiebout se misbruik van haar liggaam.
• Peniston Woodcock se alkoholisme het veroorsaak dat 'n vrou en haar baba sterf en
hy is na die skande deur sy eie familie verwerp. Hy probeer sy naam in ere herstel
deur sy sukses met Khoena as frats in Londen. Hy sien Khoena dus as kommoditeit
wat verhuur en verkoop kan word. Hy manipuleer die kontrak met Khoena sodat sy nie
werklik haar slaafstatus opgee nie. Saam met Bartol Boelens maak hulle haar
afhanklik van drank (as deel van haar salaris) en sy sien min van die profyt wat hulle
deur haar maak. As die gereg probleme begin gee rondom die wet op afskaffing van
slawerny en die fratsvertonings, verdwyn hy van die toneel.
• Achibald Varley en Hippolyte Fortoul word as fratsmeesters as die opvallendste
monsters geteken. Hulle dryf handel in fratse en die dwerg word as vrag
(teaterrekwisiet) verskeep. Die fratse word in haglike omstandighede aangehou, kry
skamele mediese behandeling – meestal in die vorm van opium – en daar word uiters
wrede dinge van hulle verwag tydens vertonings. Heelwat van die fratse sterf ook in
hulle diens gedurende die roman. Nooit word daar eers 'n sweem van
medemenslikheid of barmhartigheid teenoor enige van hulle gewaar nie.
• Woody en Lord Willy word ook as onmenslik uitgebeeld. Woody, in sy gewelddadige
verkragting van Dolly, word geteken as 'n bedorwe geweldenaar wat altyd sy sin kry.
Sy pa se monsteragtigheid lê daarin dat hy eers op die laaste 'n dokter laat kom om na
Dolly om te sien en wanneer Dolly nie 'n courtisan wil word vir een van Lord Willy se
welgestelde vriende nie, word sy gedwing tot 'n lewe as prostituut.
• Die wetenskaplikes in Parys wat Khoena vir drie dae lank soos 'n dier ondersoek en
uiteindelik weer op straat sit, behandel haar as artifak, 'n spesimen, en wil "die
afwykende en misvormde karakteristieke anatomie van die Afrikavrou teenoor die
Europese norm" ondersoek. Hulle laat haar naak poseer en hulle probeer haar
omkoop met geld om haar geslagsdele te teken. Na haar dood word sy staatseiendom
en word haar oorskot uitgestal as museumstukke. Baron La Villegris se huiwerige
uitspraak: "Sy was 'n merkwaardige ... mens," kom te laat vir Khoena en klink koud in
die lig van die haglike omstandighede van haar dood.
• Bartol self beweeg van 'n simpatieke slawe-eienaar, wat Khoena altyd beskerm het en
veral daarop aangedring het dat sy nie 'n frats is of so genoem mag word nie, na 'n
geldgierige en inhalige bestuurder wat Khoena uiteindelik verraai en 'n rat voor die oë
draai as hy haar op 'n skip na Calais stuur in plaas van terug Kaap toe.
• Ander karakters wat ook monsteragtig uitgebeeld word, is natuurlik die bokser en
Charlie Bird.
• Die regstelsel word ook as onreëlmatig voorgestel daarin dat in die Wedderburn-geval
te laat opgetree is vir Josiah en dat Bartol vrygespreek word na hy en Khoena voor die
hof verskyn. So ook word die hele koloniale stelsel van slawerny en die uitbuiting van
onderdane onder die loep geneem.
• Geskiedskrywing in die breë kan ook beskou word as 'n hegemoniserende industrie
wat altyd die verhaal van die oorwinnaar vertel. Hierdie narratief teken die oorwinnaar
gewoonlik as heldhaftig, positief en moreel verhewe bo diegene wat gely het. In frats
word daar 'n korrektief hierop gegee omdat daar stem gegee word aan diegene wie se
stories deur tradisionele geskiedskrywing stilgemaak word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 24
Slot:
• Hoofpunte moet saamgevat word.
• Op grond hiervan moet tot 'n finale gevolgtrekking gekom word oor dit wat in die vraag
aanhangig gemaak is.
• Hoofpunte moet kortliks saamgevat word – finale besluit rondom die ironie daarin dat
Khoena die frats genoem word in die lig van die monsteragtige dade van ander.
Voorbeeldgevolgtrekking:
• Khoena vra haarself gedurig af waarom sý as frats gesien word; waarom mans aan
haar wil vat en wat dan nou so anders is aan haar. Die roman verironiseer hierdie
opvatting van Khoena deur die monsteragtige fratse wat haar van haar menslikheid
ontneem, en ook ander karakters wat misbruik word en sterf aan die hand van
uitbuiters wat ontmasker word as die ware fratse in hierdie verhaal.
OF
VRAAG 3 FRATS (Chris Karsten)
Daar is onlangs aangekondig dat daar 'n film gemaak gaan word van die roman frats. Die
vervaardigers het jou (as kenner van die teks) gevra om jou mening te gee oor die
moontlikhede wat hierin opgesluit lê.
Beredeneer in 'n literêre opstel of die verhaal van Khoena in frats 'n geslaagde film sou
wees om menswaardigheid terug te gee aan die historiese figuur van Sarah Baartman
deur onder meer te verwys na die genre en tydsgees asook die verhouding tussen die
vertelruimtes, plot en spanning.
Dui in jou gevolgtrekking duidelik aan watter uitwerking die film volgens jou op vandag
se gehore sal hê.
RIGLYNE VIR HULP BY DIE NASIEN VAN VRAAG 3
LW: Wat volg is voorstelle. Elke kandidaat se benadering moet op EIE MERIETE
beoordeel word.
Titel: Gee eie gepaste titel wat die vraag verwoord (opsioneel, tog 'n aanbeveling).
Inleiding:
• Dit is wys om te begin deur na die tekstitel, genre en skrywer te verwys,
• bv. Chris Karsten se roman frats [onderstreep in geskrewe teks] (2007) ...
• Formuleer onderwerp: ... sou 'n meevoerende film wees. Dolly Tooley en Simon
Pickering se soeke na geregtigheid binne die tydsgees sal gehore aangryp en hoewel
die meeste kykers reeds die verhaal van die ware Khoena, nl. Sarah Baartman, ken,
sal die storielyn en spanning wat in die roman realiseer uitstekend uitgebeeld kan word
as aanklag teen die uitbuiting van en onmenslikheid teenoor diegene wat ander vir
hulle eie gewin misbruik. Die historiese ruimtes wat opgeroep word deur die roman sal
ook gehore in die 21ste eeu dwing tot selfondersoek van die koloniale verlede en
maak dat hulle hulself die vraag afvra of dinge noodwendig soveel verander het sedert
die 1800's.
• Vooruitwysing hoe die literêre opstel aangepak gaan word waarbinne hoofargumente
afgebaken word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 24
Paragrawe:
• Verskillende hoofargumente word beredeneer.
• Elke paragraaf hanteer 'n hoofargument – ondersteun met verwysings na/aanhalings
uit die teks.
• Die beredenering van die kandidaat moet deurgaans duidelik blyk.
Moontlike redenasies wat aangevoer kan word:
• Die genre en tydsgees van frats is dié van 'n historiese drama wat afspeel gedurende
die koloniale bewind van Brittanje aan die Kaap (en elders). Die verhaal in London
begin net na die wet op slawehandel goedgekeur is. Dit vertel ook duidelik die verhaal
van 'n historiese figuur, Sarah Baartman, wat deur die personasie van Khoena
uitgebeeld word.
• Khoena word as jong dogtertjie gesteel van haar geliefde Gamkamma waarna sy as
slaaf by Bartol Boelens (en voor hom, sy pa) werk. Hiervandaan gaan sy na London
waar sy volgens Dr. Peniston Woodcock aan shows sal deelneem om mense te
vermaak. Sy bevind haarself in die haglike krotbuurtes van armoede aan die East End –
gekenmerk deur hongersnood, werkloosheid en morele verval. Gou blyk dit dan ook dat
dit in der waarheid freak shows is van Archibald Varley waar haar rojale boude die
eintlike aantrekkingskrag is. Nadat hulle met die gereg bots, wyk Bartol en Khoena uit na
Manchester waar sy nogmaals onder haglike omstandighede moet optree en uiteindelik
selfs as prostituut werk om kop bo water te hou. Sy raak swanger en kry 'n aborsie.
Hierna word sy belowe dat sy kan terugkeer Kaap toe, maar dit was 'n slenter van Bartol
wat haar eintlik verkoop het aan Hippolyte Fortoul in Parys. Laasgenoemde verhuur
haar uit in salonvertonings en hoewel haar omstandighede op die oog af beter lyk, word
sy (nogmaals) siek. Wanneer Hippolyte met haar klaar is, word sy verhuur aan die
wetenskaplikes by die Muséum d'Histoire Naturelle waar haar menswaardigheid finaal
van haar gestroop word as selfs haar geslagsdele ondersoek word. Sy sterf hierna en
haar liggaam word staatseiendom in 'n land waarin sy 'n vreemdeling gebly het.
• Khoena bly deurgaans hoop dat sy uiteindelik sou terugkeer Kaap toe en kan teruggaan
na waar haar mames begrawe is. Hierdie hoop word egter nooit 'n werklikheid nie – die
swaarste aanklag van die verhaal. Dit skep egter deurgaans spanning aangesien die
kyker weet wat haar lot is (na aanleiding van die verhaal van Sarah Baartman), maar
deurgaans teen dié wete stry aangesien ons empatie met die karakters bou: ons wíl hê
dat Khoena se lot anders moet wees as haar historiese eweknie.
• Intussen word ook die verhaal van Dolly Tooley vertel, 'n weeskind wat wreed verkrag is
deur haar werkgewer se seun en sy word uiteindelik op die straat uitgegooi om 'n skande
te vermy. Dolly ontmoet later vir Simon Pickering, 'n joernalis van die Penny Chronicle
wat die lot van onderdruktes ondersoek. Saam besluit hulle om die fratse van Varley se
freak shows te probeer red asook vir Khoena. Telkens is hulle te laat (bv. in die geval van
Jiva en later ook Khoena in Parys) om vroue te red. Nogtans verkry Dolly 'n mate van
vryheid deur haar reddingswerk. Hierin lê die spanning opgesluit: Dolly en Simon se
pogings om uitbuiting stop te sit in spesifieke gevalle, terwyl daar op 'n hoër vlak deur Sir
Thomas Ross en Wedderburn geveg word vir die afskaffing van slawerny in al sy vorme.
• Die ruimte verskaf ook 'n spanningslyn van sy eie aangesien daar kontras ingebou word
in die ruimtes waarbinne Dolly beweeg. As weeskind by die Foundling is sy die enigste
meisie tussen 'n klomp leerjongens, sy beleef die wêreld van die Britse hoogste klas as
diensmeisie en beleef eerstehands die wreedheid en hartvogtigheid van hierdie upper
class. Later, as vriendin van Lord Ross, vind sy wel 'n goeie man wat werk vir die lot van
slawe, maar telkens moet sy terugkeer na die agterstrate en haar geskiedenis by die
Little Swan blyk haar verhouding met Lord Ross ook in die wiele te ry (die feit dat hy self
getroud is, is duidelik van minder belang). Die uitbuiting in die tekstielfabriek deur
Horace Beeby en die misbruike in die tronkruimte aan die hand van Charlie Bird is ook
in teenstelling met die Band of Hope (die koor waaraan sy behoort) by Reverend
Paxton.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 24
Slot:
• Hoofpunte moet saamgevat word.
• Op grond hiervan moet tot 'n finale gevolgtrekking gekom word oor of Sarah Baartman
se menswaardigheid herstel word deur Khoena se verhaal te vertel en die uitwerking
wat dit op vandag se gehore sal hê.
Voorbeeldgevolgtrekking:
• Die verhaal van Sarah Baartman is bekend aan mense, maar dit bly koue feite wat min
bespreek word buite die mure van die geskiedenisklas. 'n Historiese film wat empatie
ontwikkel met Khoena sal kykers dwing om die geskiedenis met meer deernis te
beskou. Hoewel 'n fiksionele verhaal nie werklik Sarah Baartman se menswaardigheid
aan haar kan teruggee nie, is dit simbolies tog 'n mate van restitusie aangesien sy
uiteindelik tog 'n stem gegee word. Haar binnewêreld en haar verlange na haar broer,
haar land en oorspronklike woning in die Gamkamma sal gehore hopelik noop om nie
net Khoena of Sarah se menswaardigheid te besef nie, maar juis ook die menslikheid
en gedeelde hoop van alle mense – veral dié wat so maklik as minderwaardig beskou
word – daarin raak te sien en raak te voel.
OF
VRAAG 4 TOORBERG (Etienne van Heerden)
Die romantitel Toorberg is meerduidig.
"Paradysberg was die ander naam wat StamAbel glo oorweeg het, maar toe die aandmis uit die
vleie opstaan, die ganse met hul klae begin en hy in die lig van die vlamme na die skarrelende
Boesmantekeninge teen die grot se wande kyk, het hy gedink: Onbegryplike aarde. Tóórmooi.
Toorberg."
[bl. 189]
Beredeneer in 'n literêre opstel in hoe 'n mate die titel Toorberg die konflik binne dié
ruimte voorafbepaal. Verwys in jou opstel na die "toor" in "Toorberg", die rol wat die
berg self speel, die plaas wat hierdie naam dra asook die saambestaan van die
lewendes en die dooies binne hierdie ruimte.
Jou gevolgtrekking moet duidelik aantoon of Toorberg 'n suksesvolle naam vir die ruimte
asook die plaas self is en of "Paradysberg" nie dalk 'n beter toekoms sou voorspel het nie.
RIGLYNE VIR HULP BY DIE NASIEN VAN VRAAG 4
LW: Wat volg is voorstelle. Elke kandidaat se benadering moet op EIE MERIETE
beoordeel word.
Titel: Gee eie gepaste titel wat die vraag verwoord (opsioneel, tog 'n aanbeveling).
Inleiding:
• Dit is wys om te begin deur na die tekstitel, genre en skrywer te verwys, bv. In
Etienne van Heerden se roman Toorberg [onderstreep in geskrewe teks] (1986) ...
• Formuleer onderwerp ... dui die titel van die roman op die ruimte waar die meeste
van die gebeure gaan afspeel. Hierdie ruimte word nie net geteken deur die towermooi
berg self nie, maar dui ook baie spesifiek op die magiese ruimte wat hierdeur geteken
word. Die dooies bestaan hier saam met die lewendes. Ander karakters word
reïnkarnasies van afgestorwenes. So skep dit 'n ruimte wat die tragiese verhaal vertel
waarbinne die paradys wat hierdie ruimte eertyds was, nou 'n ruimte van droogte,
kollektiewe skuld en die aftakeling van 'n hele geslag Moolmans blyk te wees wat
eerder die era ná die sondeval sou kon uitbeeld.
• Vooruitwysing hoe die literêre opstel aangepak gaan word waarbinne hoofargumente
afgebaken word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 24
Paragrawe:
• Verskillende hoofargumente word beredeneer.
• Elke paragraaf hanteer 'n hoofargument – ondersteun met verwysings na/aanhalings
uit die teks.
• Die beredenering van die kandidaat moet deurgaans duidelik blyk.
Moontlike redenasies wat aangevoer kan word:
• Die ruimte van die verhaal is die Toorberg-plaas, geleë in Graaff-Reinet se omgewing
in die Oos-Kaap. In die verhaal is die plaas ontdek deur StamAbel, saam met sy
agterryer, Jan Swaat, en sy spoorsnyer Hans-Boesman. Dis 'n paradyslike stuk grond
met vleie en vrugbare aarde waar die rooi- en suurgras welig groei. Boonop is die
plaas aanvanklik baie waterryk. StamAbel oorweeg dit eers om die plaas Paradysberg
te noem, maar besluit uiteindelik op die naam Toorberg, "...omdat hy die wonder van
dié nuwe wêreld met sy Oog, vleie en gras nie heeltemal begryp het nie." (p. 14).
• Die Toorberg-opstal wat StamAbel met sy ferm, gerigte treë afgemeet het, is die
grootste opstal in die kontrei. Vir die dak het StamAbel sinkplate uit Engeland laat
invoer. Die huis se inhoud getuig ook van welvaart. Omtrent alles – van die porselein
tot die meubels – is ingevoer. Kaatjie-hulle se huisie in die Stiefveld getuig weer van
groot armoede. Dis 'n klein plekkie waarby die magistraat moet in-"buk". Die voorhuis
word net met 'n afskorting van die res van die huis geskei. Die plek is karig
gemeubileer. Daar is net 'n vuurherd en 'n kombuiskas met blikbekers en –borde in.
Teen die muur staan 'n voosgevatte kitaar (in vergelyking met Ouma Olivier se
ingevoerde klaviere). Die kontras in ruimte beklemtoon die onregverdige verdeling van
rykdom tussen die Familie en die Skaamfamilie.
• Soos die Moolman-geskiedenis vorder, verander die ruimte. Die Oog wat eens water
uit sewe klipgleuwe gespuit het, droog heeltemal op. Volgens Waterwyser bruis
Toorberg se watertafels nog van die soet, helder water, maar die ondeurdringbare
rotslaag keer Abel se boormasjien om daarby uit te kom. Dis asof die plaas sy water
met opset van hulle weerhou: "Lieflike aarde: Tooraarde. Klipbank van 'n aarde. Aarde
wat hom skielik kan teësit en ongenaakbaar kan sê: 'Hokaai, Abel.'" (p. 162). Die
plaas/die natuur is dus die enigste "karakter" wat die moed het om die Abels teen te
gaan en hulle te laat boet vir hul sonde.
• 'n Volgende belangrike "karaktertrek" van die Toorberg-ruimte is die waas van misterie
wat dit omgewe. Die mis teen die berghange, die geroep van kolganse en die grot met
sy Boesman-tekeninge en doodsbeendere, dra alles daartoe by. Dis in só 'n millieu nie
vreemd dat "... waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms en lewe en dood ..."
deurmekaar loop nie (p. 10). Die landelike atmosfeer van Toorberg word gekontrasteer
met die milieu van verstedeliking en rassespanninge. Die "slams" (soos genoem deur
die inwoners) is nog 'n verteenwoordiger van die "toor"-gegewe. Hy help met
vrugafdrywings asook Tillie se doedoetee wanneer hulle hom nodig het, maar eintlik is
die meeste karakters bang vir hom (en ook vir dit wat hy weet).
• Die ruimte het 'n groot invloed op die Toorberg-karakters. Hulle is nie net lief vir die
grond nie, maar is op 'n manier ook gebonde daaraan. Ella sê: "Toorberg het geen
Moolman nog vry laat gaan nie (...) nie in die lewe nie en nie in die dood nie." (p. 12).
By ál die Moolmans wat nie meer op die plaas bly nie, is daar 'n intense verlange na
die grond. Daar word byvoorbeeld vertel van hoe Posmeester met sy verkyker na
Toorberg kyk as die verlange te veel raak en hoe Andreas homself vermom net om
weer op die plaas te kom. Nóg 'n voorbeeld van die karakters se gebondenheid aan
hul geboortegrond is die feit dat ál die Moolmans (die "weggooivelle" ingesluit) ná hul
dood weer daarheen terugkeer.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 24
• Sentraal in die roman staan die droogte wat so deel is van die Suid-Afrikaanse
werklikheid. Die magistraat som die invloed wat die droogte op mense het soos volg
op: "Dis 'n land (...) wat mense laat skuldig voel. 'n Land wat jou laat voel daar moet 'n
rede wees waarom die genadige reën net so dan en wan oor jou trek." (p. 56). OuAbel
en Abel word die ergste deur die droogte geraak. Omdat hulle "baas van die plaas" is,
is dit hul verantwoordelikheid om te sorg dat daar genoeg water op Toorberg is. Dis 'n
"roeping" waaraan hulle albei swaar dra en wat OuAbel sommer van jongs af al
lewensmoeg het. OuAbel probeer sy verantwoordelikheid nakom deur die massiewe
akwaduk te laat bou en Abel laat kom 'n boormasjien waarmee hy die plaas vol gate
boor – sonder sukses. Hulle moet magteloos toekyk hoe die plaas stadig maar seker
onder hul hande doodwurg. Die kragmeting tussen mens en natuur het die funksie dat
dit die spanning verskerp. Die ruimte beïnvloed ook die gebeure in die verhaal. As dit
nie vir die droogte was nie, sou Abel nie nodig gehad het om die boorgat te boor
waarin Druppeltjie geval het nie.
• Dit is duidelik dat die gebeure van die roman in 'n magies-realistiese wêreld afspeel.
Die roman is realisties in die sin dat die omgewing van die plaas en die tipe mense wat
dit bewoon, herkenbaar is vanuit die alledaagse lewe. Die vreemd-magiese is veral
daarin geleë dat daar geen onderskeid gemaak word tussen gestorwenes en
lewendes nie; dat hulle saam op die plaas verkeer, sonder dat die lewendes die
gestorwenes kan waarneem. Alleen die magistraat, wat as reïnkarnasie skynbaar tot
albei wêrelde behoort (as De la Rey tot die gestorwenes, as Van der Ligt tot die
lewendes), het tot albei wêrelde toegang om getuienis in te win.
• Dit is nie dat die karakters van die hede realisties uitgebeeld word, en dié uit die
verlede "magies" nie. Eerder is dit so dat die skrywer 'n skemerwêreld skep op die
rand van lewe en dood, waar die sintuiglike en die geestelike ontmoet. Met hierdie
magies-realistiese aanbod wil die skrywer ons oë oopmaak daarvoor dat daar meer in
die lewe is as wat ons met die sintuie kan waarneem. Daar is 'n geheimsinnige skakel
wat die mens aan sy voorgeslag bind; die gestorwenes leef voort na hul dood. Die
mense van die verlede en die hede dra 'n gesamentlike verantwoordelikheid, en die
skuld van die verlede moet in die hede verwerk en versoen word.
(Met dank aan die insigte van Chris van der Merwe en Johan Anker.)
Slot:
• Hoofpunte moet saamgevat word.
• Op grond hiervan moet tot 'n finale gevolgtrekking gekom word oor dít wat in die vraag
aanhangig gemaak is.
• Slot moet aantoon of Toorberg 'n suksesvolle naam is om die konflik binne die ruimte
te aktiveer en of Paradysberg nie moontlik 'n beter toekoms sou voorspel het nie.
Toorberg is dus 'n uiters suksesvolle naam vir die roman aangesien dit die konflik
binne die ruimte waarin die verhaal afspeel, voorafskadu en selfs aktiveer. Nie net
beskryf dit die oorvloed waarbinne die Moolmans hulle plaas gemaak het nie, asook
die manier waarop die natuur haarself wreek deur die droogte nie, maar dit word ook
tekenend van die skemerwêreld tussen waarheid en leuen asook die magiese ruimte
waarbinne die lewendes en dooies ewe swaar dra aan die verlede. Net soos die plaas
Toorberg niemand ooit vry sal laat gaan nie, word die romanruimte 'n setel van die
kollektiewe skuld wat niemand kan ontkom nie. Paradysberg as naam sou dus wel 'n
beter toekoms kon voorspel, maar die berg staan juis daar as ooggetuie vir dit wat
gebeur het ná die sondeval.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 24
OF
VRAAG 5 TOORBERG (Etienne van Heerden)
Daar is onlangs aangekondig dat daar 'n film gemaak gaan word van die roman
Toorberg. Die vervaardigers het jou (as kenner van die teks) gevra om jou mening te gee
oor die moontlikhede wat hierin opgesluit lê.
Beredeneer in 'n literêre opstel of Toorberg 'n geslaagde historiese film sou wees om
die geskiedenis van rassediskriminasie in Suid-Afrika te ondersoek deur te verwys na
die genre en tydsgees, die vertelruimtes waarbinne die verhaal afspeel asook die plot
en spanning.
Dui in jou gevolgtrekking duidelik aan watter uitwerking die film volgens jou op vandag
se gehore sal hê.
RIGLYNE VIR HULP BY DIE NASIEN VAN VRAAG 5
LW: Wat volg is voorstelle. Elke kandidaat se benadering moet op EIE MERIETE
beoordeel word.
Titel: Gee eie gepaste titel wat die vraag verwoord (opsioneel, tog 'n aanbeveling).
Inleiding:
• Dit is wys om te begin deur na die tekstitel, genre en skrywer te verwys, bv. Etienne
van Heerden se roman Toorberg [onderstreep in geskrewe teks] (1986) ...
• Formuleer onderwerp ...sal 'n uitstekende voertuig wees waardeur die geskiedenis van
rassespanning in Suid-Afrika visueel in heroënskou geneem kan word. Geraam deur die
ondersoek van Magistraat van der Ligt se oopkloof van die waarheid rondom die dood van
Druppeltjie du Pisani, wil die verhaal juis die ongelykheid van die samelewing, soos
verbeeld in die ongelyke regte van die Skaamfamilie en die Stieffamilie teenoor die ryk,
bevoorregte Moolmans op 'n deernisvolle wyse aan die lig bring. Die plaas, as setel of
simbool van Afrikanernasionalisme in die ou bedeling, word op Toorberg juis die plek waar
die stemme van onderdruktes en verontregtes saam met dié van die dooies die kyker
uitnooi om selfondersoek te doen oor hulle aandeel aan die onregte van die verlede.
• Vooruitwysing hoe die literêre opstel aangepak gaan word waarbinne hoofargumente
afgebaken word.
Paragrawe:
• Verskillende hoofargumente word beredeneer.
• Elke paragraaf hanteer 'n hoofargument – ondersteun met verwysings na/aanhalings
uit die teks.
• Die beredenering van die kandidaat moet deurgaans duidelik blyk.
Moontlike redenasies wat aangeroer kan word:
• Die genre waarbinne Toorberg as roman verskyn het, was dié van die plaasroman,
maar juis dan een wat die tradisionele genre uitdaag. Van Heerden se roman sluit
daarom veral by die latere plaasroman aan. StamAbel is nog die baas van die plaas,
die absulute alleenheerser op Toorberg – in 'n mate heroïes, maar veral meedoënloos.
Sy verdrywing van sy seun Floors en die verwerping van Floors en Ouma Kitty se
nageslag sit 'n ketting van rassediskriminasie en skuld aan die gang. Met die sterwe
van Druppeltjie vind 'n belangrike verandering plaas wanneer Abel ook die
toestemming van die "Skaamfamilie" vra om die seun te skiet. Hiermee erken hy dat
die "Skaamfamilie" ook deel van die Moolmans is. Die magsbasis begin verskuif van
die blankes na hul bruin familie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 24
• In teenstelling met die ou plaasroman, waar die werkers meestal randfigure was en die
Afrikanerboer in die sentrum was, is daar in die roman Toorberg 'n groter polifonie, 'n
veelheid van stemme; by die ondersoek van die magistraat is elkeen se getuienis van
belang. In dié opsig is dit 'n "demokratiese" verhaal. Dit is ook veelseggend dat dit
Kaatjie Danster, 'n bruin vrou, is wat ten slotte die "legkaart" van die geskiedenis
voltooi met 'n uiters belangrike stuk getuienis, dit waarna die magistraat die hele tyd op
soek was: die gebeure wat die dood van Druppeltjie voorafgegaan het. Die een wat
dubbeld aan die kortste ent moes trek, die vrou wat gekleurd is, kry hier die laaste
woord.
• Die vertelruimtes kom dus nie net vanuit die Moolmans se plaasopstal nie, maar word
ook verskuif na die Stiefveld waar Kaatjie en haar kinders 'n armsalige lewe voer, Amy
O'Leary se skooltjie in Voetpad, die Halte waar Posmeester en Koevert hul bitterheid
teenoor die Moolmans uitleef asook in die tronk waar Oneday homself bevind as
gevolg van sy politieke betrokkenheid en oortuigings binne die bevrydingsteologie.
• Verskeie belangrike faktore beïnvloed die handeling in hierdie roman. Die inwoners van
Toorberg se geskiedenis is deurdrenk met die bloedsweet van mense aan beide kante
van die kleurgrens – aan die "regmatige" blanke kant is die trotse StamAbel Moolman en
aan die "stief" kant is die agterryer Jan Swaat en die spoorsnyer, HansBoesman. Tog is
die doringdraadheinings van vooroordeel, meerderwaardigheid en rassisme so styf in
die psiges van die twee families gespan, dat die feit dat dieselfde bloed deur beide die
Skaamfamilie en die Moolmans se are vloei as irrelevant beskou word. Selfs die
gedeelde fisiese kenmerke, bv. KleinKitty se "Moolmanblouoë", en die vlek oor
ShalaRiet se linkeroor wat hom kenmerk as 'n Moolman, word deur die Moolmans
geïgnoreer.
• Die dubbelsinnigheid en skynheiligheid wat deel vorm van die rasseverhoudings word
geïllustreer deur die feit dat StamAbel "die wêreld met sy mak pandoer aan sy sy
oopgeboer het vir die nageslagte" – as gelykes het die twee mans saam baklei teen
die elemente – en tog trek slegs die "suiwer" afstammelinge van StamAbel voordeel
daaruit. StamAbel se reaksie toe hy uitvind van Floors se verhouding met Kitty, (Jan
Swaat se dogter) was om hom met 'n sweep van die werf af te jaag – 'n duidelike
teken dat die fisiese en geestelike reis wat hul saam onderneem het, nie van Jan
Swaat sy gelyke gemaak het nie. Die inwoners van Toorberg se gedrag en waardes
word egter ook grootliks deur die politieke situasie van die tyd waarin die gebeure
afspeel, beïnvloed. Die gebeure speel af in die 1980's gedurende die apartheidsjare,
wat beteken dat die denkbeeldige skeidslyn tussen die families deur die regering in 'n
wetlike sisteem verander is en dat die superioriteit van die Afrikaanse wit, ryk
Moolmans deur die samelewing van hul tyd as korrek en goed aanvaar is.
• Die omverwerping van die sisteem om plek te maak vir die nuwe bedeling, is egter
reeds in die pyplyn met die einde van die vorige era in sig: Oneday Riet se "politiek in
die lokasie" en die doodloop van die bloedlyn van die Abels as gevolg van Abel se
dood en DwarsAbel se onvrugbaarheid, regverdig Shala se gedagte: "So, dit is verby."
• Aan die begin van die roman word 'n onopgeloste "raaisel" aan die leser (en aan Van
der Ligt) gestel: Wat het presies gebeur by die dood van Druppeltjie? Hierdie "raaisel"
is een van die belangrikste elemente om spanning by die leser te wek; en elke stukkie
getuienis voor die magistraat dra daartoe by om hierdie raaisel op te los.
• Aan die een kant word die spanning gewek deur die raaisels van die verlede; aan die
ander kant word dit volgehou deur die geheimsinnige verdwyning van Abel. Hierdie
dubbele spanning, uit die verlede en die hede, word tot aan die einde van die roman
volgehou, totdat die dubbele raaisel van die twee sterftes op Toorberg, dié van
Druppeltjie en dié van Abel, opgelos is.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 24
Slot:
• Hoofpunte moet saamgevat word.
• Op grond hiervan moet tot 'n finale gevolgtrekking gekom word oor dit wat in vraag
aanhangig gemaak is.
• Slot moet aantoon wat die uitwerking van die film op gehore van vandag sal wees.
Voorbeeldgevolgtrekking:
• Die roman Toorberg sal kennelik 'n indruk laat by hedendaagse gehore. Omdat die
ruimte self 'n mikrokosmos vorm van die apartheidsgeskiedenis van Suid-Afrika sal dit
die kyker dwing om selfondersoek te doen na die ongelykheid en miskenning van
mense op grond van hul andersheid of hul velkleur. Uiteindelik word almal, die kyker
inkluis, skuldig verklaar aan die sistematiese onderdrukking wat ons geskiedenis
gekenmerk het. Uiteindelik sal die film ook die uitdaging rig om vanuit 'n hedendaagse
perspektief te vra of die demokratiese toekoms, wat in die vorm van KleinKitty Riet en
Koevert Moolman se verhouding voorspel word, enigsins gerealiseer het.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 24
AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK
VRAAG 6 VERPLIGTE VRAAG – REDAKTEURSBRIEF
Dit is 2019. Francois van Coke ruk nou die Afrikaanse musiekbedryf saam met die Gevaar.
"Hemel op die platteland" is deesdae 'n immergewilde Instagram-onderskrif vir meisies wat
êrens langs 'n grondpad staan. En hier en daar sing 'n millenniër, "kan jy apatie spel?"
Dit is inderdaad 'n baie goeie vraag.
Maar vandag skryf ek nie oor of ons dit kan spel of nie. Ek skryf oor die feit dat ons, as
millenniërs, al hoe meer apaties raak.
Die woord in die liriek wat ons tog so graag saamsing, word gedefinieer as onverskilligheid
(sonder belangstelling), gevoelloosheid en lusteloosheid. En asof dit nie genoeg is nie, word
apatete gekonfronteer deur die afwesigheid van drif, hartstog en strewe.
Die gemiddelde millenniër word met elke terugslag, negatiewe kommentaar en social media
update al hoe meer apaties.
Dis te veel moeite.
Laat ek verduidelik. Ons as Generasie Y word geroetineer en gereguleer om slegs te doen wat
ons moet en wat van ons verwag word. Die res is heeltemal te veel moeite. Ons verlaat nie die
huis of ons veilige ruimte tensy dit noodsaaklik is nie.
Die enigste motivering wat ons het om enigsins die buitewêreld te betree, is die konstante vrees
dat ons iets gaan misloop, oftewel "Fomo" (fear of missing out). Dus is ons lusteloos.
Ons het bitter min vertroue in ons land. Die politieke landskap. En ons eie toekoms.
[Artikel verkort uit: <https://www.netwerk24.com/Stemme/Die-Student/millenniers-ons-is-apaties-maar-dis-
nie-ons-skuld-nie-20190128>]
OPDRAG
Jy het onlangs die artikel hierbo gelees. As redakteur van die tienertydskrif Wending! het
jy besluit dat die volgende uitgawe aan die sogenaamde millenniërs gewy gaan word.
Skryf die redakteursbrief van hierdie uitgawe (die redaksionele kommentaar as
redakteur) waarin jy die mites en waarhede rondom jou ervaring van millenniërs
verwoord.
Jy moet veral na die vetgedrukte woorde in die artikel hierbo verwys. Dui ook aan wie jy
dink verantwoordelik is vir die situasie waarin millenniërs hulself bevind.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 24
Belangrik:
• Jou redakteursbrief moet 250 woorde lank wees. Bring die woordtal onder jou
skryfstuk aan.
• Die hoofkwessie moet gedek word, maar jy kan verwys na ander (denkbeeldige)
verwante artikels in die tydskrif om lesers se aandag daarop te vestig.
• Jou redakteursbrief moet die teikengroep aanspreek.
• Jou taal en styl moet pas by die tydskrif én jou posisie as redakteur.
NASIENRIGLYNE BY DIE REDAKTEURSBRIEF:
Redaksionele kommentaar is die hoofartikel wat deur die redakteur van 'n koerant of
tydskrif geskryf word. Hier volg 'n voorbeeld oor 'n ANDER ONDERWERP.
Sportboewe moet streng vasgevat word Wenke:
Terwyl Suid-Afrika regmaak vir die toestroming van • Redaksionele kommentaar
sportliefhebbers vir 2010 se Wêreldbeker- handel oor aktuele sake van
sokkertoernooi het sportboewery die laaste tyd op en die dag, bv. misdaad,
langs die sportveld kop uitgesteek. armoede, werkloosheid.
• Dit word deur die redakteur
Ondersteuners van die Kaizer Chiefs-sokkerspan het van 'n koerant/tydskrif
Saterdag in Kaapstad in die wedstryd teen Ajax leë geskryf. Dit word ook die
bottels en vuvuzelas op die veld gegooi. "hoofartikel" genoem.
• In 'n tydskrif lewer dit
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied gewoonlik kommentaar oor
word. die artikels in die spesifieke
• Die onderwerp moet oor sake van die dag handel uitgawe.
en die leser se belangstelling prikkel. • Die standpunt van die
• Die titel/opskrif moet kort en treffend wees en moet redakteur of die uitgewers
by die onderwerp pas. van die koerant/tydskrif word
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. gegee.
• Die inhoud/inligting moet logies en betroubaar • Vir die koerant kan dit in
wees. paragrawe of in kolomme
• Die inligting moet duidelik uiteengesit word. aangebied word.
Woorde moet eenvoudig en verstaanbaar wees.
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant
wees. Die teikengroep moet in gedagte gehou
word.
• Feite mag opspraakwekkend wees.
• Standpunt teen of vir iets mag ook ingeneem word.
• Gee idees en aanbevelings oor die onderwerp.
• Aanhalings mag gebruik word.
'n Tydige terugkeer is nodig na twee van die pilare • Die slotparagraaf bevat die
waarin sport geanker staan: respek vir basiese reëls gevolgtrekking waartoe
en respek vir dissipline. Op die sportveld én op die gekom word en 'n oplossing
paviljoen. word verskaf.
[Voorbeeld verwerk uit: Beeld, 18 Augustus 2009]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 24
Beantwoord VRAAG 7 of VRAAG 8.
VRAAG 7 BROSJURE
Waaroor is jy passievol?
Skryf die kopie vir 'n brosjure waarin jy
ander mense uitnooi na 'n fees/
geleentheid/ekspo waartydens hulle meer
kan leer van jou passie of hoe jy hierdie
passie uitleef.
Belangrik:
• Gee aan jou brosjure 'n prikkelende titel.
• In jou brosjure verskyn drie foto's of grafika. BESKRYF elkeen in minder as 20 woorde.
(Jy hoef dus niks te teken nie!)
• Die toon van jou teks moet passievol, uitnodigend en inspirerend van aard wees.
• Die toon en styl moet jou teikenmark oortuigend betrek.
• Jou brosjure moet ongeveer 250 woorde beslaan (insluitend jou grafika-beskrywings).
Dui jou woordtal onder jou teks aan.
NASIENRIGLYNE BY DIE BROSJURE:
Brosjure/Pamflet/Strooibiljet
'n Brosjure is 'n klein blaadjie wat iets adverteer. Dit maak die leser lus om 'n plek te
besoek of iets te koop. 'n Strooibiljet/pamflet en 'n brosjure word albei gebruik om iets te
adverteer, maar 'n strooibiljet/pamflet fokus op prys en 'n brosjure verskaf meer inligting.
'n Brosjure word gewoonlik van duurder papier gemaak as 'n strooibiljet en het meer
volkleurfoto's.
ONTHOU:
'n Brosjure is vollediger as 'n advertensie.
Jou brosjure moet interessant en prikkelend met foto's en/of illustrasies wees.
Jy moet die nodige inligting verskaf wat dit vir die voornemende klant makliker maak om
die maatskappy te kontak of die produk maklik te kan aanskaf.
Moenie in die eksamen te veel tyd gebruik vir die uitleg en versiering nie – die punte word
toegeken vir die inhoud (die geskrewe deel).
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 24
'n Brosjure vir 'n gastehuis kan byvoorbeeld op die volgende manier uitgelê word:
Die voorblad moet interessant wees en die Bv. Verduidelik waarom die plek besoek
leser se aandag trek. moet word.
Daarna word meer inligting oor die plek Waar is die plek? Gee die fisiese adres.
(bv. 'n gastehuis) gegee. Waaroor handel
die brosjure? WAT is die naam daarvan?
Gebruik die logo as dit beskikbaar is.
Meer inligtig oor die plek kan gegee word Gee 'n eenvoudige kaart of verduidelik hoe
en wat alles by die plek verwag kan word. om die plek te bereik.
Verduidelik die inligting kortliks. Sorg dat
die aanbieding interessant en aanloklik is.
Wie is almal betrokke by die plek? Gee alle kontakbesonderhede –
telefoonnommers, e-posadresse,
faksnommers en die naam van 'n
kontakpersoon.
Besienswaardighede en ander belangrike Watter ander interessante plekke is in die
inligting. omgewing? Gee belangrike tye en
moontlike kostes.
OF
VRAAG 8 KOERANTBERIG
IETS HET GEBEUR!
Jy is 'n verslaggewer by die Son. Skryf 'n koerantberig waarin jy die gemeenskap inlig oor
'n kontroversiële gebeurtenis wat onlangs in jou omgewing plaasgevind het. (Dit mag
fiksioneel wees.)
Belangrik:
• Gee jou berig 'n prikkelende hoofopskrif/kop.
• 'n Foto/grafika sal saam met jou berig geplaas word. BESKRYF die foto/grafika in
minder as 20 woorde onderaan jou berig.
• Jou berig moet ongeveer 250 woorde lank wees. Dui jou woordtal onder jou teks aan.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 24
NASIENRIGLYNE BY DIE KOERANTBERIG:
Vrystater wil almal in voordele van Oosterse Wenke:
gevegkuns laat deel
• Feite of inligting moet in 'n
Louis Fouché (Johannesburg) koerantartikel gegee word.
• Die titel vat die onderwerp
Uiter 'n mens die woorde "kung-fu", kom baie saam.
stereotipiese beelde van Oosterse gevegskuns by jou • 'n Subtitel mag ook gegee
op. word.
• Die omgekeerde piramiede-
Ontmoet jy egter vir ... metode word gebruik.
• Die meeste feite word in die
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied eerste paragraaf geggee.
word. Wie, wat, waar, wanneer,
• Die onderwerp moet aktueel wees en die leser se waarom en hoe.
belangstelling prikkel. • Die wie, wat, waar en
• Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die wanneer word in die
onderwerp pas. volgende paragrawe
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit uigebrei. Meer inligting – die
moet ook kort en kragtig wees en die leser dadelik hoe en die hoekom – kan
in die prentjie bring. nou ook gegee word.
• Die belangrikste nuus/nuusmaker moet eerste • Die res van die inligting
gestel word. word daarna in dalende orde
• Die inhoud/inligting moet logies en betroubaar van belangrikheid gegee.
wees. • Deeglike kennis oor die
• Die inligting moet duidelik uiteengesit word. onderwerp is belangrik.
Subtitels mag gebruik word. • Die artikel word in die
• Die woorde moet eenvoudig en verstaanbaar wees. bedrywende vorm geskryf.
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant • Die slot vat die artikel saam.
wees. Die teikengroep moet in gedagte gehou • Die koerantartikel kan in
word. paragrawe of in kolomme
• Feite mag opspraakwekkend wees. aangebied word (in die
• Aanhalings mag gebruik word. eksamen verkieslik in
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe paragrawe).
gekom word.
Kung fu is 'n leefwyse waarin liggaam en gees gesond
gehou word.
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 24
DRAMA en ROMAN – Inhoudsmatriks: PUNT uit 20
INHOUDSPUNT uit 20: Lees altyd van bo na onder om vlak/band te bepaal
Vlak Inleiding, aanhalings, gevolgtrekking bepaal plek binne band % EN PUNT
7+ JA!!! ALMAL MOET DIT LEES! 'n Intelligente brein is hier aan die werk.
90–100%
Onderwerp en argument tot nuwe vlak van interpretasie verhoog. Skok van
18–20
genot. Teoretiese kennis gesofistikeerd. FANTASTIES!/UITSTAANDE!
Inleiding: skep grootse verwagtinge + ½
Bv. 18 + ½ +
Aanhalings/teksverwysings: oorspronklik en oortuigend geïntegreer + ½
0+½
Gevolgtrekking: stem tot nadenke en dieper/oorspronklike insig + ½
JA! EK MOET HIERVAN ONTHOU! Oorspronklik; verbeeldingryk; stem tot
80–89%
nadenke; baie goeie interpretasie van onderwerp; skerp insigte. Begrip van
16–17½
tekstualiteit. WAARDIG/INDRUKWEKKEND
7
Inleiding: skep afwagting + ½
Aanhalings/teksverwysings: baie interessant en goed geïntegreer + ½
Gevolgtrekking: toon dieper insig + ½
JA! EK STEM SAAM! Belowend, oortuigend, interessante interpretasie van
70–79%
onderwerp, nuwe perspektief, toon insig, maar tog nie genoeg vir Vlak 7 nie.
14–15½
VERDIENSTELIK/BAIE GOED
6
Inleiding: skep verwagting van goeie oortuigingsvermoë + ½
Aanhalings/teksverwysings: goed gekies en geïntegreer in aanbieding + ½
Gevolgtrekking: stem tot nadenke + ½
JA. Onderwerp begryp. Bogemiddeld, maar sonder sprankel en
60–69%
oorspronklikheid. Reproduksie van geleerde werk.
12–13½
GEWOON/SUBSTANSIEEL
5
Inleiding: kandidaat neem standpunt in + ½
Aanhalings/teksverwysings: ondersteun standpunt + ½
Gevolgtrekking: noem hoe eie standpunt bewys is en onderstreep slotsom + ½
JA ... WAT. Inhoud korrek; dog oninspirerend. Wys potensiaal, maar nie
50–59%
ontwikkel nie. Begryp die onderwerp, maar onopwindend en soms
10–11½
onoortuigend. Voorspelbaar. GANGBAAR
4
Inleiding: vraagstelling herhaal, kies bloot kant, rigtingwysers onduidelik + ½
Aanhalings/teksverwysings: raakpunte met standpunt aanwesig + ½
Gevolgtrekking: gevolgtrekking uit vraag herhaal + ½
MMM, Ja, maar EK WEET DAREM NIE... Idees baie voorspelbaar,
tweedehandse respons (bv. volgens handleidings, maar misplaas).
40–49%
Onderwerp misverstaan en toon beperkte verbeelding. Min progressie van
8–9½
idees; swak argumentering; min bewys van beplanning.
3
ONDERGEMIDDELD
Inleiding: verwys wel na vraag + ½
Aanhalings/teksverwysings: aanwesig + ½
Gevolgtrekking: hoewel nie volgens respons nie, maar wel volgens vraag + ½
TELEURSTELLEND Onoorspronklik; onrealisties; geen progressie van idees
30–39%
nie; foutiewe argumentering; onbeplan; verwarrend; respons verdien nie 'n
6–7½
slaagpunt nie. ELEMENTÊR
2
Inleiding: vraagwoorde genoem + ½
Aanhalings/teksverwysings: waarneembaar, nie regtig sinvol nie + ½
Gevolgtrekking: daar is 'n waarneembare einde + ½
NEE! Swak; tweedehands; kinderagtig/distorsie van teks; swak smaak; totale 15–29%
versinning; onverstaanbaar; verdien nie 'n slaagpunt nie. ONGESLAAGD 3½–5½
1 Inleiding: waarneembaar + ½
Aanhalings/teksverwysings: waarneembaar + ½
Gevolgtrekking: waarneembaar + ½
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 24
DRAMA: TAAL- en STYLMATRIKS: Punt uit 10
7 6 5 4 3 2 1
Taalbeheer Begryp en pas Goeie sins- Sinskonstruk- Teenstrydige Meestal Geheel en al
TEGNIESE AKKURAATHEID uitstekend grammatikale konstruksie sie redelik skryfwerk onsinnig onsinnig
reëls gepas
toe
Woordeskat Uitdrukkings- Goeie Woordeskat Woordeskat Woordeskat Onverstaan-
helder en volle woordeskat geskik voorspelbaar verbeelding- baar
gesofistikeerd woordeskat of vol cliché's loos en soms
foutief
Lengte perfek Lengte gepas Lengte gepas Lengte kan Lengte pla Lengtevereis- Lengtevereis-
pla tes is tes is
geïgnoreer geïgnoreer
Byna foutloos Netelige Min taalfoute Taalfoute Taalfoute pla Herhaaldelike Verwronge
STYL en STRUKTUUR: BETOGEND taalfoutjies begin taalfoute idioom
betekenis
beïnvloed
A+
Betogende styl versterk betekenis op uitnemende wyse. 90 –100%
Register perfek vir akademiese idioom. 9–10 9½ 9
Struktuur en samehang buitengewoon goed.
A
Betogende styl ondersteun betekenis ten volle. 80–89%
Register uiters gepas vir akademiese idioom. 8½–9 8 7½
Struktuur en samehang baie goed.
B
Betogende styl ondersteun betekenis.
70–79%
Goeie uitdrukkingsvermoë. Vloeiend.
8 7½ 7 6½
Register goed en deurgaans volgehou.
Struktuur en samehang goed.
C
60–69%
Betogend, maar nie volgehou nie.
7½ 7 6½ 6 5½
Duidelike struktuur, maar samehang ontbreek soms.
D
Neig tot oorvertel. Register dikwels nie volgens akademiese
50–59%
idioom nie.
6½ 6 5½ 5 4½
Struktuur nie deurgaans duidelik nie.
Samehang minder geslaagd.
E
Akademiese styl afwesig. Slegs vertelling. Cliché;
40–49%
herhalend.
5½ 5 4½ 4 3½
Onvanpaste register.
Struktuur en samehang onduidelik.
F
Slordig, onsamehangend. 30–39%
Register totaal onvanpas. 4½ 4 3½ 3
Struktuur en samehang feitlik afwesig.
G
0–29%
Swak; deurmekaar; onleesbaar.
3½ 3 0–2½
Geen struktuur of samehang te bespeur nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 22 van 24
ROMAN: TAAL- en STYLMATRIKS: Punt uit 10
7 6 5 4 3 2 1
Taalbeheer Begryp en pas Goeie sins- Sinskonstruk- Teenstrydige Meestal Geheel en al
TEGNIESE AKKURAATHEID uitstekend grammatikale konstruksie sie redelik skryfwerk onsinnig. onsinnig
reëls gepas
toe
Woordeskat Uitdrukkings- Goeie Woordeskat Woordeskat Woordeskat Onverstaan-
helder en volle woordeskat geskik voorspelbaar verbeelding- baar
gesofistikeerd woordeskat of vol cliché's loos en soms
foutief.
Lengtevereis-
Lengte perfek Lengte gepas Lengte gepas Lengte kan Lengte pla Lengte- tes is
pla vereistes is geïgnoreer
geïgnoreer
Byna foutloos Netelige Min taalfoute Taalfoute Taalfoute pla Herhaaldelike Verwronge
STYL en STRUKTUUR: BEREDENEREND taalfoutjies begin taalfoute idioom
betekenis
beïnvloed
A+
Beredenerende styl versterk betekenis op uitnemende wyse. 90–100%
Register perfek vir akademiese idioom. Struktuur en 9–10 9½ 9
samehang buitengewoon goed.
A
Beredenerende styl ondersteun betekenis ten volle. Register 80–89%
uiters gepas vir akademiese idioom. Struktuur en samehang 8½–9 8 7½
baie goed.
B
Beredenerende styl ondersteun betekenis.
70–79%
Goeie uitdrukkingsvermoë. Vloeiend.
8 7½ 7 6½
Register goed en deurgaans volgehou.
Struktuur en samehang goed.
C
60–69%
Beredenerend, maar nie volgehou nie.
7½ 7 6½ 6 5½
Duidelike struktuur, maar samehang ontbreek soms.
D
Neig tot oorvertel.
50–59%
Register dikwels nie volgens akademiese idioom nie.
6½ 6 5½ 5 4½
Struktuur nie deurgaans duidelik nie.
Samehang minder geslaagd.
E
Akademiese styl afwesig. Slegs vertelling. Cliché; herhalend. 40–49%
Onvanpaste register. 5½ 5 4½ 4 3½
Struktuur en samehang onduidelik.
F
Slordig, onsamehangend. 30–39%
Register totaal onvanpas. 4½ 4 3½ 3
Struktuur en samehang feitlik afwesig.
G
0–29%
Swak; deurmekaar; onleesbaar.
3½ 3 0–2½
Geen struktuur of samehang te bespeur nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 23 van 24
Transaksionele skryfwerk NASIENMATRIKS
TOTAAL: 20 PUNTE (Inhoud, doel en teikengroep = 10 + Styl, taal en formaat = 10)
VLAK EN PUNT TRANSAKSIONEEL: INHOUD, DOEL en TEIKENGROEP (10)
Vlak 7+ Inhoud uitmuntend en volledig volgens opdrag.
UItmuntend Doel en teikenleser voortdurend duidelik. Kreatief, relevant, sprankelend.
9,5–10 Oorspronklike idees.
Vlak 7 Inhoud baie goed en volledig volgens opdrag.
Uitstekend Doel en teikenleser voortdurend duidelik. Kreatief en relevant.
8–9 Oorspronklike idees.
Vlak 6 Inhoud gepas volgens opdrag. Relevant. Goeie detail.
Baie goed Doel en teikenleser nie heeltemal volgehou nie. Opdrag korrek uitgevoer.
7–7,5 Detail interessant. Diepte kom effens kort.
Vlak 5 Inhoud bevredigend volgens opdrag.
Goed Poging tot gepaste doel en inagneming van teikenleser. Af en toe steurende leemtes.
6–6,5 Enkele interessante idees, maar eie stem en diepte kom kort. 'n Gemiddelde respons.
Vlak 4 Inhoud: Kandidaat toon begrip vir opdrag.
Gangbaar Probeer doel en teikenleser in ag neem. Poging nie heeltemal geslaagd nie.
5–5,5 Respons baie gewoon en gemiddeld. Min sprake van eie stem en oorspronklikheid.
Vlak 3
Inhoud eenvoudig en verbeeldingloos.
Ondergemiddeld
Doel: Poging om opdrag uit te voer nie heeltemal geslaagd nie. Min tekens van gepaste teikenleser. Pedanties.
4–4,5
Vlak 2 Inhoud kom kort. Kandidaat het waarskynlik nie vraag en opdrag verstaan nie.
Elementêr Doel: Opdrag nie korrek uitgevoer nie. Teikengroep geïgnoreer. Beperkte respons in die algemeen. Kandidaat toon min insig in en kennis
3–3,5 van vereistes.
Vlak 1
Inhoud, doel en teikengroep toon min/geen tekens van begrip van opdrag nie. Selfs onsinnig. Kandidaat is duidelik nie in beheer van hierdie
Ontoereikend
afdeling van skryfwerk nie. Kandidaat kan nie slaag nie.
0–2,5
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 24 van 24
TRANSAKSIONEEL: STYL, TAAL EN FORMAAT (10)
Hoogsgesofis- Gesofistikeerde Taalkonvensies Taalkonvensies, Register en Formaat meestal Formaat toon baie Formaat
tikeerde gebruik gebruik van goed gebruik. register en woordeskat onvanpas. foute. heeltemal
van taalkonvensies. Register en woordeskat gewoon en Register en Min begrip van foutief.
taalkonvensies. Woordeskat en woordeskat baie genoegsaam vir 'n algemeen. woordeskat pas korrekte register, Geen begrip van
Woordeskat en register goed goed hoewel gemiddelde Taal en sinsbou nie regtig by die woordeskat en korrekte taal-,
register uitstekend gekies volgens enkele swakhede respons. Taal en toon lastige foute. opdrag nie. Styl en taalfunksies. register- en/of
gepas volgens opdrag. voorkom. Taal en sinsbou toon soms Formaat toon toon dikwels Styl en toon formaatkonven-
opdrag. Formaat korrek. sinsbou foute. Formaat steurende foutief. Taal-, spel- onvanpas. sies nie. Geen
Formaat absoluut hoofsaaklik korrek. meestal korrek. leemtes. Styl en en sinsbou swak. moontlikheid van
korrek, selfs Formaat Styl toon begrip vir toon nie 'n slaagsyfer nie.
innoverend. hoofsaaklik korrek. opdrag. genoegsaam
volgens opdrag
nie.
VLAK Vlak 7+ Vlak 7 Vlak 6 Vlak 5 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1
EN UItmuntend Uitstekend Baie goed Goed Gangbaar Onder-gemiddeld Elementêr Ontoereikend
PUNT 9,5–10 8–9 7–7,5 6–6,5 5–5,5 4–4,5 3–3,5 0–2,5
Lengte: 250 woorde (Let op dat lengtevereiste deurgaans geld as deel van formaat en styl.) Indien lengte nie die vereistes nakom
nie, moet 'n kategorieverskuiwing gemaak word.
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper
Related documents

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

AddendumIEB

