Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. In hierdie vraestel is daar TWEE afdelings:
• Afdeling A: Letterkunde (Drama en Prosa)
• Afdeling B: Transaksionele Skryfwerk.
3. Beantwoord twee vrae uit Afdeling A en twee vrae uit Afdeling B.
4. In Afdeling A is daar een dramavraag (Vraag 1) wat jy moet beantwoord en vier
prosavrae (Vraag 2, 3, 4 en 5) waar jy slegs een moet beantwoord.
5. In Afdeling B moet jy die eerste vraag (Vraag 6) beantwoord. Daarna moet jy óf
Vraag 7 óf Vraag 8 beantwoord.
6. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig deur sodat jy presies weet wat van jou
verwag word.
7. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
8. Begin elkeen van die vier vrae boaan 'n nuwe bladsy in jou antwoordboek.
9. Let op die puntetoekenning van die verskillende vrae en beplan jou tyd
daarvolgens.
10. Skryf netjies en duidelik leesbaar.
11. Skenk aandag aan taalversorging.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the 2019, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 257.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 8
AFDELING A LETTERKUNDE
DRAMA
VRAAG 1 DIE KOGGELAAR (Pieter Fourie)
Instruksies
• Hierdie vraag is verpligtend.
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Die vraag bestaan uit 'n stelling oor die drama waarop jy in 'n mini-essay betogend
moet reageer.
• Jou inleiding moet duidelik aantoon of jy met die stelling saamstem of nie en ook jou
hoofargument verwoord.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die teks.
• Jou gevolgtrekking moet terugverwys na jou argument en 'n duidelike slotsom gee.
• Bring die woordtal (ongeveer 400 woorde) onder jou mini-essay aan.
• 'n Nasienmatriks sal vir die assessering van jou mini-essay gebruik word.
'n Kaal verhoog. In die middel 'n wit, sirkelvormige vloerkleed, drie meter in deursnee; dit stel die
bodem van 'n plaasdam voor. Op die kleed lê die lyk van 'n boer; in sy een hand 'n kalkkwas, langs
hom 'n emmertjie en digby sy ander hand 'n .38-rewolwer. Net buite die sirkel lê die karkas van 'n
week-oue lammetjie.
***
KNAPLAT: Dit was die laaste druppel. Dis die skok waarvan hy gepraat het.
Die lig trek in op Boet waar hy op die sirkelvormige vloerkleed – die damvloer en nog nie wit geverf
nie – staan. Die emmer en kwas is byderhand, die rewolwer lê eenkant.
BOET (kyk op): Wit! Wit sal ek sy vloer uitkalk dat Jy kan sien hy's leeg. (Hy begin verf) Wit! Wit soos
ek! (Hy staan hygend in die dam. Stadig keer sy asemhaling terug na normaal.) Dit was al.
Stelling
Knaplat en Boet se woorde aan die einde van die drama bevestig dit wat die
toneelaanwysings reeds van die begin af by die gehoor wil tuisbring. Dit word 'n
profetiese vooruitwysing na die mens wat oor die aarde wil heers deur ander te
vertrap, maar uiteindelik sy eie ondergang bewerkstellig.
Opdrag
Skryf nou 'n mini-essay van ongeveer 400 woorde waarin jy betogend op hierdie stelling
reageer. Gebruik ten minste DRIE aspekte uit die toneelaanwysings, soos herhaal in die
woorde van Knaplat en Boet aan die einde van die drama, om jou betoog te ondersteun.
[30]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 8
PROSA
Instruksies vir prosavraag
• Twee vrae word oor elk van die twee voorgeskrewe romans gestel waarvan jy slegs
een vraag moet beantwoord:
óf Vraag 2 óf Vraag 3 (oor frats – Chris Karsten)
óf Vraag 4 óf Vraag 5 (oor Toorberg – Etienne van Heerden).
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Jou literêre opstel moet beredenerend van aard wees.
• Jou inleiding moet reeds duidelik aantoon wat die uitgangspunt(e) van jou opstel is.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die teks.
• In jou gevolgtrekking moet jy terugverwys na jou hoofargument en telkens die
verwagte inhoud, soos aangedui by elke vraag, aanspreek.
• Bring die woordtal (ongeveer 600 woorde) onder jou literêre opstel aan.
• 'n Nasienmatriks sal vir die assessering van jou literêre opstel gebruik word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 8
VRAAG 2 FRATS (Chris Karsten)
Die frats [word] voorgehou as 'n persoon wat ongewoon (of dan "verskillend" of "anders") is in
voorkoms of gedrag, maar die konsep word ook verder beskou as sinoniem met abnormaliteit,
vreemdheid, onreëlmatigheid, misvorming en monsteragtigheid.
[Gerber, Reviews in American History, 1990:15; Kochanek, Reframing the freak: from sideshow to science,
1997:228]
In die roman frats word Khoena as 'n "onmens" ('n mens lyk nie so nie) beskou en worstel
sy met hierdie fratsstatus wat aan haar toegeken is. Beredeneer in 'n literêre opstel watter
DRIE ander karakters of instansies eintlik dié titel van onmenslikheid verdien.
Jou gevolgtrekking moet duidelik aantoon waarom die verwysing na Khoena as "frats"
ironies is in die lig van jou bespreking rondom die eintlike frats(e) in die roman.
Belangrik: hierdie drie ander karakters of instansies kan uiteraard NIE een van die ander
"fratse" wees wat in Archibald Varley se shows optree nie.
[30]
OF
VRAAG 3 FRATS (Chris Karsten)
Daar is onlangs aangekondig dat daar 'n film gemaak gaan word van die roman frats. Die
vervaardigers het jou (as kenner van die teks) gevra om jou mening te gee oor die
moontlikhede wat hierin opgesluit lê.
Beredeneer in 'n literêre opstel of die verhaal van Khoena in frats 'n geslaagde film sou
wees om menswaardigheid terug te gee aan die historiese figuur van Sarah Baartman
deur onder meer te verwys na die genre en tydsgees asook die verhouding tussen die
vertelruimtes, plot en spanning.
Dui in jou gevolgtrekking duidelik aan watter uitwerking die film volgens jou op vandag
se gehore sal hê.
[30]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 8
OF
VRAAG 4 TOORBERG (Etienne van Heerden)
Die romantitel Toorberg is meerduidig.
"Paradysberg was die ander naam wat StamAbel glo oorweeg het, maar toe die aandmis uit die
vleie opstaan, die ganse met hul klae begin en hy in die lig van die vlamme na die skarrelende
Boesmantekeninge teen die grot se wande kyk, het hy gedink: Onbegryplike aarde. Tóórmooi.
Toorberg."
[bl. 189]
Beredeneer in 'n literêre opstel in hoe 'n mate die titel Toorberg die konflik binne dié
ruimte voorafbepaal. Verwys in jou opstel na die "toor" in "Toorberg", die rol wat die
berg self speel, die plaas wat hierdie naam dra asook die saambestaan van die
lewendes en die dooies binne hierdie ruimte.
Jou gevolgtrekking moet duidelik aantoon of Toorberg 'n suksesvolle naam vir die ruimte
asook die plaas self is en of "Paradysberg" nie dalk 'n beter toekoms sou voorspel het nie.
[30]
OF
VRAAG 5 TOORBERG (Etienne van Heerden)
Daar is onlangs aangekondig dat daar 'n film gemaak gaan word van die roman
Toorberg. Die vervaardigers het jou (as kenner van die teks) gevra om jou mening te gee
oor die moontlikhede wat hierin opgesluit lê.
Beredeneer in 'n literêre opstel of Toorberg 'n geslaagde historiese film sou wees om
die geskiedenis van rassediskriminasie in Suid-Afrika te ondersoek deur te verwys na
die genre en tydsgees, die vertelruimtes waarbinne die verhaal afspeel asook die plot
en spanning.
Dui in jou gevolgtrekking duidelik aan watter uitwerking die film volgens jou op vandag
se gehore sal hê.
[30]
60 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 8
AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK
VRAAG 6 VERPLIGTE VRAAG – REDAKTEURSBRIEF
Dit is 2019. Francois van Coke ruk nou die Afrikaanse musiekbedryf saam met die Gevaar.
"Hemel op die platteland" is deesdae 'n immergewilde Instagram-onderskrif vir meisies wat
êrens langs 'n grondpad staan. En hier en daar sing 'n millenniër, "kan jy apatie spel?"
Dit is inderdaad 'n baie goeie vraag.
Maar vandag skryf ek nie oor of ons dit kan spel of nie. Ek skryf oor die feit dat ons, as
millenniërs, al hoe meer apaties raak.
Die woord in die liriek wat ons tog so graag saamsing, word gedefinieer as onverskilligheid
(sonder belangstelling), gevoelloosheid en lusteloosheid. En asof dit nie genoeg is nie, word
apatete gekonfronteer deur die afwesigheid van drif, hartstog en strewe.
Die gemiddelde millenniër word met elke terugslag, negatiewe kommentaar en social media
update al hoe meer apaties.
Dis te veel moeite.
Laat ek verduidelik. Ons as Generasie Y word geroetineer en gereguleer om slegs te doen wat
ons moet en wat van ons verwag word. Die res is heeltemal te veel moeite. Ons verlaat nie die
huis of ons veilige ruimte tensy dit noodsaaklik is nie.
Die enigste motivering wat ons het om enigsins die buitewêreld te betree, is die konstante vrees
dat ons iets gaan misloop, oftewel "Fomo" (fear of missing out). Dus is ons lusteloos.
Ons het bitter min vertroue in ons land. Die politieke landskap. En ons eie toekoms.
[Artikel verkort uit: <https://www.netwerk24.com/Stemme/Die-Student/millenniers-ons-is-apaties-maar-dis-
nie-ons-skuld-nie-20190128>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 8
OPDRAG
Jy het onlangs die artikel hierbo gelees. As redakteur van die tienertydskrif Wending! het
jy besluit dat die volgende uitgawe aan die sogenaamde millenniërs gewy gaan word.
Skryf die redakteursbrief van hierdie uitgawe (die redaksionele kommentaar as
redakteur) waarin jy die mites en waarhede rondom jou ervaring van millenniërs
verwoord.
Jy moet veral na die vetgedrukte woorde in die artikel hierbo verwys. Dui ook aan wie jy
dink verantwoordelik is vir die situasie waarin millenniërs hulself bevind.
Belangrik:
• Jou redakteursbrief moet 250 woorde lank wees. Bring die woordtal onder jou
skryfstuk aan.
• Die hoofkwessie moet gedek word, maar jy kan verwys na ander (denkbeeldige)
verwante artikels in die tydskrif om lesers se aandag daarop te vestig.
• Jou redakteursbrief moet die teikengroep aanspreek.
• Jou taal en styl moet pas by die tydskrif én jou posisie as redakteur.
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 8 van 8
Beantwoord VRAAG 7 of VRAAG 8.
VRAAG 7 BROSJURE
Waaroor is jy passievol?
Skryf die kopie vir 'n brosjure waarin jy
ander mense uitnooi na 'n fees/
geleentheid/ekspo waartydens hulle meer
kan leer van jou passie of hoe jy hierdie
passie uitleef.
Belangrik:
• Gee aan jou brosjure 'n prikkelende titel.
• In jou brosjure verskyn drie foto's of grafika. BESKRYF elkeen in minder as 20 woorde.
(Jy hoef dus niks te teken nie!)
• Die toon van jou teks moet passievol, uitnodigend en inspirerend van aard wees.
• Die toon en styl moet jou teikenmark oortuigend betrek.
• Jou brosjure moet ongeveer 250 woorde beslaan (insluitend jou grafikabeskrywings).
Dui jou woordtal onder jou teks aan.
[20]
OF
VRAAG 8 KOERANTBERIG
IETS HET GEBEUR!
Jy is 'n verslaggewer by die Son. Skryf 'n koerantberig waarin jy die gemeenskap inlig oor
'n kontroversiële gebeurtenis wat onlangs in jou omgewing plaasgevind het. (Dit mag
fiksioneel wees.)
Belangrik:
• Gee jou berig 'n prikkelende hoofopskrif/kop.
• 'n Foto of grafika sal saam met jou berig geplaas word. BESKRYF die foto/grafika in
minder as 20 woorde onderaan jou berig.
• Jou berig moet ongeveer 250 woorde lank wees. Dui jou woordtal onder jou teks aan.
[20]
40 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum
Related documents

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum

MemorandumIEB

