Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P1 Memo 2018 hlayiso.com
Afrikaans HL · Grade 12 · 2018. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 237.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 15
AFDELING A BEGRIP, TAAL EN STYL
VRAAG 1 BEGRIP, TAAL EN STYL
1.1 Om iets in 'n neutedop saam te vat, beteken om dit kernagtig op te som en
aan te bied vir ander mense. (een punt) In hierdie rubriek bespreek Myburg
'n interessante kunstenaar se werk kortliks en redelik eenvoudig. Daar is
nie ruimte om dit volledig te bespreek nie, maar hy gee genoeg inligting dat
sy lesers verder daaroor kan nadink. (een punt)
1.2 1.2.1 Die onderstreping dui die beklemtoonde vokaal/lettergreep/sillabe/
klankgreep aan. (halfpunt)
Die kolletjies dui die lettergrepe/sillabegrense aan/dui aan hoe die
woord opgebreek word. (halfpunt)
1.2.2 Eie antwoorde. Gepaste naam of nie: Elke krap woon alleen in 'n
skulp omdat elkeen beskerming nodig het aangesien sy lyf nie 'n
harde dop vorm nie; tog is daar interaksie tussen krappe soos deur
die verwysing na wyfies wat eiers lê (par. 2), aangedui.
[Om die punt te verdien moet die kandidaat aandui watter vorm
verkies word en 'n oortuigende rede as motivering daarvoor verskaf.
Dit is nie nodig om na albei vorms te verwys nie.]
1.3 1.3.1 Namate die krap groei, moet dit (hy/sy/die krap) 'n groter blyplek soek.
1.3.2 Eie antwoorde. Lydende vorm lê klem op die blyplek en verwyder
probleme met geslagsverwysing (hy/sy). Bedrywende vorm kan "dit"
gebruik om die geslagsprobleem op te los en klink minder lomp/
minder formeel/meer gemaklik en soepel.
[Om die punt te verdien moet die kandidaat aandui watter vorm
verkies word en 'n oortuigende rede as motivering daarvoor verskaf.
Dit is nie nodig om na alle vorms te verwys nie.]
1.4 Par. 3 beëindig die biologiese inhoud van die rubriek. Par. 4 lui die
metaforiese toepassing van die biologiese inhoud in. Daar is dus 'n duidelik
verwoorde onderskeid tussen die twee dele van die rubriek.
[Een punt vir duidelike uitspel van par. 3 se afsluitende funksie; een punt vir
die skakel met par. 4 ('n verandering in die aard van die inhoud).]
1.5 Metingskaal vir 3 punte
Tipiese verwagte inhoud: Die idee dat mense hul lewens/kulture/lande/
eiendom agterlaat en 'n tuiste probeer vind in 'n nuwe omgewing fassineer
kunstenaars.
Die manier waarop mense swaarkry, waarop hulle uitstyg bo hul lyding en
sterker of beter mense word, dra by tot ons kollektiewe kennis van die
mensdom; kunstenaars kan hierdie idees boeiend uitbeeld.
Erger nog: tans is daar ook 'n vorm van "swaarkry"-toerisme: mense wat
ander se moeilike omstandighede uitbuit vir eie gewin. Die fotograaf David
Goldblatt is onder meer daarvan beskuldig.
1.6 Metafories, veral in politieke en sosiale omstandighede, beteken
"deursigtig" dat jy niks wegsteek nie, dat jy eerlik is oor wat jy doen, dat jy
iets beter begryp, en dat jy dinge volgens die korrekte reëls doen. Inomata
laat toeskouers dieper inkyk in die lewe van kluisenaarskrappe omdat hulle
presies kan sien hoe die krap in die skulpe inpas. Dit kan ook, in 'n
negatiewe sin, beteken dat privaatheid binnegedring word.
[Een punt vir die omskrywing van die woord self; een punt vir toepassing op
Inomata se idee met die kunsprojek.]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 15
1.7 Die Japannese woord vir kluisenaarskrap is dieselfde as dié vir
huishuurder. Hierdie twee betekenisse word as verskillende "lae" gesien
wat die krappe vir die kunstenaar juis interessant gemaak het. (Die
betekenisse vul mekaar aan en verryk die hele konsep, wat Inomata tot
haar kunsuitstalling geïnspireer het.)
[Een punt vir die dubbelsinnigheid van die Japannese woord vir
"kluisenaarskrap"; een punt vir die toepassing op die idee van Inomata se
kuns.]
1.8 1.8.1 Driedimensionele/driedimensioneel
1.8.2 In die eerste geval word 'n afkorting en 'n soortnaam tot 'n nuwe
samestelling gekoppel. In die tweede geval is 'n samestelling ook ter
sprake, maar hier verseker die koppelteken leesbaarheid weens die
lengte van die woord en bowenal die vokaalopeenhoping wat
voorkom. "Video" is ook aanvanklik as 'n leenwoord beskou, wat ook
'n koppelteken in 'n samestelling nodig gemaak het.
[Een punt vir elke korrekte verduideliking van beide woorde se
koppeltekengebruik.]
1.9 Hulle kon kundiges aangestel het om hulle van raad te bedien.
Hulle kon verseker het dat die uitstalkaste ideale omstandighede vir die
krappe bevat in terme van beligting en temperatuur.
Hulle kon verseker dat die korrekte soort water gebruik word.
Hulle kon gesorg het vir geskikte voeding vir die krappe.
Hulle kon videomateriaal of foto's uitgestal het (nie die lewendige krappe nie).
[Een punt vir elke duidelik omskrewe, verstaanbare feit.]
1.10 Haar werke se titels is bes moontlik oorspronklik in Engels, nie Japannees
nie.
Haar eie woorde was dalk oorspronklik in Japannees; Myburg het dit dalk in
Engelse vertaling gelees.
Selfs al het sy oorspronklik Engels gepraat, wou Myburg nie lang dele in
Engels in sy rubriek insluit nie, want dit sou sy Afrikaanssprekende lesers
vervreem.
[Enige van bogenoemde stellings word met een punt beloon. Twee redes
moet verskaf word vir die volle punte. Oorweeg ander geskikte redes wat
slaag in die konteks van die rubriek.]
1.11 Die vrou en die hond ruil nie werklik jasse nie, want die hond het nie
dieselfde denkproses as die vrou nie en kon dus nie saam met haar op die
uitruiling besluit het nie. 'n Hond het ook nie werklik 'n jas nodig nie, veral
nie een met lang genoeg hare dat die vrou vir haarself daarvan 'n jas kon
maak nie!
[Indien die kandidaat twee goed verwoorde stellings maak, kan albei punte
toegeken word. Indien slegs een stelling gemaak word, maar deeglik
uitgebrei word, is twee punte ook moontlik. Indien die antwoord arm en
oorvereenvoudig is, kan dit slegs een punt verdien.]
1.12 Dit beklemtoon dat die mens (enkelvoud) magtig is en heers oor die diere
(meervoud). Die mens se impak op diere is veel groter as omgekeerd; die
enkelvoud suggereer dat die mens selfsugtig en onbedagsaam is en nie
besef watter invloed sy optrede op al die verskillende soorte diere op aarde
het nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 15
VRAAG 2 BEGRIP, TAAL EN STYL
2.1 Ja, dit is oordrewe omdat Michell nog net een boek geskryf het.
Nee, dit is nie oordrewe nie omdat sy boek "wêreldwyd uitgegee" word en in
heelwat tale vertaal is – op hierdie manier sal baie mense van hom weet.
2.2 2.2.1 • Die 73-jarige Michell het in die suide van Engeland grootgeword.
• Michell (73) het in die suide van Engeland grootgeword.
• Michell, tans 73, het in die suide van Engeland grootgeword.
[Enige ander korrekte moontlikheid wat nie 'n tweede hoofwerkwoord
invoeg nie – die gebruik van 'n bysin is dus verkeerd (soos: Michell,
wat tans 73 jaar oud is, het in die suide van Engeland grootgeword./
Michell, wat in die suide van Engeland grootgeword het, is tans 73.).]
2.2.2 Op die laaste aand, terwyl hy langs die strand gaan stap het, het hy
derduisende dooie pikkewyne gesien wat die slagoffers van
oliebesoedeling was. [Enige antwoord wat uit EEN sin bestaan en
saamgevoeg is met behulp van voegwoorde en/of betreklike
voornaamwoorde.]
2.3 "smokkel" [Indien kandidate "verbysmokkel" vorm uit die infinitief in die teks,
sal dit ook aanvaar word.]
2.4 Eie antwoord met sinvolle inhoud (dit moet 'n belangrike les wees) en
duidelike motivering waarom dit belangrik is.
2.5 Metingskaal vir 3 punte
Tipiese moontlike argumente:
Ja – hy het die pikkewyn se lewe gered. Hy het die besoedeling wat deur
mense veroorsaak is, verwyder en die pikkewyn weer gemaklik laat lewe.
Daarby het hy mense bewus gemaak van die probleem; eers plaaslik (by die
skool) en later internasionaal (deur sy boek).
Nee – hy het die pikkewyn onder onnatuurlike omstandighede aangehou. Hy
moes die voël weer in die natuur vrygelaat het. Om die voël van sy
spesiegenote weg te hou, en onder kunsmatige omstandighede by die
skoolkoshuis aan te hou, is verkeerd. Die voël sou siektes kon opdoen, sy
liggaam sou ongemaklik kon wees weens harde oppervlaktes en hitte, en hy
het nie water tot sy beskikking gehad om in te swem nie. Sou hy genoeg en
die regte soort kos kon kry om te eet?
2.6 Uitgewery: hulle hoop om die boek wyer bekend te stel en meer kopieë te
verkoop. (Die verband tussen die uitgewer se naam en die boek se titel kan
ook uitgewys word.)
Ambassade: hulle wil betrekkinge tussen Brittanje en Suid-Afrika verbeter en
daarom borg hulle 'n Britse skrywer se besoek aan RSA.
Kandidate moet NET een deel van een van die instansies noem.
2.7 Dit is 'n lewe wat nie die hulpbronne van die natuur vernietig en/of uitput nie.
Dit verseker ook die voortbestaan van toekomende geslagte.
2.8 Eie antwoorde. Een punt vir styl en inhoud.
Soos: Beroemde pikkewynskrywer bespreek boek in SA
Pikkewyn se 'baas' vertel storie in SA
Lesse uit pikkewyn se lewe in nuwe boek.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 15
VRAAG 3 TEKSVERWERKING
Nasieninstruksies:
(a) Indien die woordtelling weggelaat is, of verkeerd aangedui is (meer as 2 minder
woorde as werklik gebruik): Trek 'n punt af.
(b) Indien die woordtelling die perk oorskry, trek punte soos volg af:
75 woorde en meer: 1 punt
85 woorde en meer: 2 punte
95 woorde en meer: 3 punte.
(c) Daar word nie 'n punt afgetrek vir (a) asook (b) nie.
(d) Indien 'n opskrif ontbreek: Trek 'n punt af.
(e) Taal en styl word met behulp van die metingskaal hieronder beoordeel. Dui foute
in die paragraaf aan.
(f) 'n Lys wenke gebaseer op die teks word hieronder verskaf. Dui die wenke aan
sodat dit getel kan word; dan word 'n punt op die metingskaal bepaal.
Die volgende wenke kom in die teks voor en kan deur kandidate gekies word
Ter toeligting: die opskrif by die voorbeeldantwoord "kontrolelys vir briljante resensies" is
'n poging om superoordrewe positiewe tienertaal na te boots. Dit weerspreek nie die
inligting wat in die vraestel self verskaf word nie.
Die lys is omvattend en bevat verskillende voorstelle om een idee te verwoord – geen
kandidaat hoef almal te noem nie – die woordperk maak dit onmoontlik. Let egter op dat
kandidate sekere aspekte anders kan verwoord of beklemtoon: Hulle moet krediet
daarvoor kry, tensy dit duidelik nie op die gegewe teks gebaseer is nie.
• Spreek 'n waarde-oordeel oor die boek uit./Oordeel of die boek goed of swak is.
• Meet die teks aan bepaalde aspekte in verhouding met ander dinge/Dui aan of die teks
die werklikheid uitbeeld/weerspieël./Dui aan wat die werklikheid is waarmee jy die teks
vergelyk.
• Meet die teks aan die uitbeelding van politieke of ekologiese aspekte van die dag.
• Beoordeel die boek in terme van morele waardes/Wees eerlik omtrent jou eie morele
waardes waaraan jy die boek meet.
• Fokus op die emosionele effek op die leser./Dui aan wat die emosionele impak op die
leser is.
• Dui aan of die leser met die inhoud of karakters of omstandighede kan identifiseer.
• Oordeel of 'n boek leersaam is/of die leser iets uit die boek kan leer/of die leser
inligting in die boek kan bekom/oordeel of die boek uitstekend in sy genre is.
• Bepaal of die boek die skrywer se beste werk is.
• Dui aan of die boek oorspronklik is of nie.
• Dui aan of nuwe tendense of tegnieke in 'n boek voorkom.
• Beoordeel of die boek 'n eenheid vorm./Dui aan of alle elemente in die boek deeglik
geïntegreer is.
• Gebruik verskillende argumente om 'n boek te beoordeel./Fokus op meer as een
argument in die beoordeling van 'n boek.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 15
'n Voorbeeld van 'n antwoord:
KONTROLELYS VIR BRILJANTE RESENSIES
• Spreek 'n waarde-oordeel oor die boek uit.
• Sê of die verhaal realisties is.
• Sê of dit politieke of ekologiese kwessies uitbeeld.
• Wees eerlik oor jou morele waardes waaraan jy die boek meet.
• Dui die moontlike emosionele impak op die leser aan.
• Oordeel of lesers met karakters kan identifiseer.
• Dui aan of die boek 'n skrywer se beste werk is.
• Sê of dit uitblink in die genre.
Woordtelling: 66
Metingskaal:
Inhoud: 8 7 6–5 4–3 2–1 0
6 5 4 3 2 0
Taal, Foutloos/ Minder Groter foute Baie groot Onleesbaar
styl en enkele belangrike (woordkeuse, foute (teks
spelling onbelangrike foute sinstipe, word
foute (spelling, taalfoute, moeilik om
meestal) woordordefoute) te begryp)
4 3 2 1 0
LW: Die VAR-dokument vereis NIE 'n paragraaf nie. Ander formate, soos die kontrolelys
in hierdie geval, is dus toelaatbaar.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 15
AFDELING B POËSIE
VRAAG 4 VOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG
4.1 Dit is vroue met wie die spreker (amper noodgedwonge) identifiseer – sy
voel haarself deel van daardie groep. Dit is welgestelde blanke vroue (een
punt). Die toon is satiries en spottend (een punt).
'n Tweepuntantwoord sal eerstens die groep "susters" identifiseer en
tweedens die toon as spottend/satiries uitwys.
4.2 Nee: Die toon word ernstig en byna wanhopig. Die kru woorde in strofe 4
("aai en paai" in mindere mate, maar "naai" en "maai" definitief!) pas glad
nie by die spottende toon oor die vroue se oppervlakkigheid in strofe 1 nie,
maar suggereer dat die spreker al hoe ernstiger raak oor sekere sake.
4.3 "aandagtig sit en tydhou voor musiekkamers" (versreël 8) kan tweeledig
wees. Eerstens, om in musiek tyd te hou beteken om die tempo en ritme
korrek te handhaaf; die moeders wil hê hul kinders moet musiek neem en
daarin uitblink; daarom moet hulle goed kan tydhou. Die moeders help hulle
daarmee wanneer hulle oefen; terwyl die moeders vir die kinders wag buite
die "musiekkamers" waar hulle les neem, probeer hulle luister of die kinders
suksesvol "tydhou". Andersyds is die moeders en die kinders baie besig en
beweeg vinnig van die een aktiwiteit na die ander – vele woorde in die
strofe beklemtoon spoed. Die moeders hou dus die horlosie dop om te kyk
of die kinders se lestyd nie al verby is nie – hulle mag nie laat wees vir die
volgende aktiwiteit nie.
4.4 "die waansin van wa-pak" (versreël 12) verwys na die Groot Trek. Vroue
moes sorg vir die basiese lewensmiddele soos kos en klere; hulle het ook
ernstige ontberinge die hoof gebied tydens die Trek. Die hedendaagse
manier waarop vroue hul gesinne bestuur en beplan hoe daar betyds van
die een aktiwiteit na die ander beweeg gaan word, herinner die spreker aan
die presiese manier waarop Voortrekkervroue die waens gepak het – selfs
al het hulle nie eintlik geweet waarop hulle hul moet voorberei nie.
OF
"kamp en kroep" (versreël 14) verwys na die Tweede Anglo-Boereoorlog
(aanvaar ook ander korrekte benamings van hierdie oorlog, soos die Suid-
Afrikaanse oorlog – onderwysers sou verskillende benamings aan klasse
geleer het). Vroue en kinders is deur die Britse magte in
konsentrasiekampe aangehou, waar derduisende weens ontbering, siekte
en swak versorging dood is. Kroep is 'n algemene siekte onder jong kinders
wat sonder die nodige mediese behandeling tot die dood kan lei. Die
angstige manier waarop Boervroue hul kinders probeer gesond hou het in
die kampe herinner die spreker aan die manier waarop kinders deur die
moeders aangespoor word om te presteer en aan baie aktiwiteite deel te
neem.
[Een punt vir die verduideliking van die gebeurtenis – nie slegs die noem
daarvan nie; een punt vir die verband tussen die gebeurtenis en die gedig.]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 15
4.5 Metingskaal vir 3 punte
Die kandidaat behoort na onder meer die volgende te verwys:
"melk en heuning" verwys na die Beloofde Land waarheen die volk Israel
op pad was nadat hulle uit Egipte getrek het. Hier verwys dit na die ideale
omstandighede vir die spreker en haar soortgenote wat hulle kinders kon
"verblond" (met ander woorde: blank en bevoorreg hou) in apartheid-Suid-
Afrika.
Die voorregte wat blankes beleef het tydens die apartheidsbewind is besig
om ineen te stort: Die spreker kom tot die besef dat sy en haar "susters" die
laaste groep is wat hierdie voorregte sal beleef. Die verandering sal ook
vinnig en maklik kom: Soos braaivleishout uitbrand en ineenval, "met sagte
geluid van as", net so maklik sal die beleid in die land verander en blanke
bevoorregting verwyder. Die woord "as" is hier dubbelsinnig: Dit dui ook op
waarvoor daar gewens word ("as dinge maar anders was ..."), maar hierdie
wense word nie waar nie – hulle word onderdruk.
Die toon van die spreker is hier angstig, gerig op die verlies van
bevoorregting; nie op die voordeel wat die onderdrukte deel van die
bevolking uit die verandering sal trek nie.
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
5.1 5.1.1 Die spreker wou eers 'n gedig skryf oor Monroe, maar het toe besluit
om die gedig aan Monroe self te rig. Daarom word Monroe direk
aangespreek.
5.1.2 Haar onvermoë om 'n gedig oor Monroe te skryf word opgehef
wanneer sy die foto van Bert Stern sien en besef dat Monroe hier
gans anders lyk as gewoonlik.
5.2 "jou kop skalks weg áfgedraai" (versreël 23). – skaam vs.
selfversekerdheid.
"Marilyn Monroe in rou!" (versreël 19). Monroe is gewoonlik afgeneem met
die klem op haar seksualiteit; sy is dikwels naak of skraps geklee. In Bert
Stern se foto is sy heeltemal geklee, hoewel haar skouers ontbloot is; daar
is niks prikkelends omtrent haar voorkoms nie; trouens, die kyker word tot
nadenke gestem deur die erns van die foto. Sy is duidelik hier 'n ouer en
ernstiger persoon as die speelse poppie op foto's in haar jonger jare.
[Indien kandidate ander versreëls aanhaal, moet hul voorstelle en
verduidelikings ernstig oorweeg word.]
[Een punt vir 'n aanvaarbare aanhaling; een punt vir 'n oortuigende
verduideliking van die kontras tussen die twee versreëls.]
5.3 Seksualiteit en sonde word dikwels gelykgestel; omdat Monroe nie hier die
"seksgodin" is nie, herinner sy die spreker aan die frase "witter as sneeu",
wat verwys na hoe gelowiges se sonde van hulle afgewas word. Meer direk
verwys die frase hier na Monroe se "immer wit gebleikte hare" (versreël 28),
wat haar onnatuurlikheid beklemtoon. Ook hierdie gekunstelde voorkoms
sal deur sommiges as sondig beskou word. Hambidge speel dus 'n fyn
intertekstuele spel met hierdie frase in hierdie konteks.
Twee punte vir 'n uitgebreide, ryk antwoord; een punt vir 'n akkurate maar
arm antwoord; nul vir 'n antwoord wat nie die vraag beantwoord nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 15
5.4 Metingskaal vir 3 punte
'n Belangrike inhoudelike verskil tussen die gedigte is dat Spies kyk na 'n
foto van 'n jong Monroe voordat sy die prikkelpop geword het; Hambidge
kyk na 'n foto van 'n ouer, wyser, melancholiese Monroe wat lyk of sy
verlies moet verwerk.
Die ernstige toon van Hambidge ("die dood is net 'n droom" – versreël 36)
kontrasteer met die waardering wat Spies uitspreek vir die energieke,
natuurlike jong vrou wat sy op 'n ander foto sien.
Die res van die antwoord val in die domein van smaak: Indien 'n kandidaat
'n keuse kan motiveer met spesifieke verwysing na die teks wat gekies
word, behoort die punte toegeken te word. Daar is nie een regte antwoord
nie, selfs al sou die nasiener hierdie vraag op 'n spesifieke manier
beantwoord.
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG
6.1 Die foto's is op die strand geneem; Venus verskyn in 'n skulp by die
oseaan. Sowel Venus (die godin van liefde) as Marilyn Monroe ('n
seksgodin in eie reg) is beeldskoon en lyk heeltemal onskuldig in hierdie
kontekste.
6.2 "pendun wenkbroue" – versreël 33. Die spreker in die gedig spreek haar
waardering uit vir die vars en natuurlike voorkoms van Monroe in hierdie
foto. Sy is nie so gestileerd en onnatuurlik soos wat sy in latere foto's
uitgebeeld word nie. Daarby lyk sy nog nie so oorbewus van haar voorkoms
as in latere fotosessies nie. Later sou haar wenkbroue gestileer word deur
grimeerkunstenaars; hier lyk dit maar net soos wat dit van nature is.
6.3 6.3.1 Marilyn Monroe se woorde – of minstens: woorde wat die spreker
haar in die mond lê.
6.3.2 Die spreker laat dit klink asof Monroe weet dat sy natuurlik wil
voorkom op die foto's. Eintlik is sy besig om te poseer, maar sy laat
dit lyk asof sy natuurlik optree. (Die komplekse spel tussen natuur en
kultuur, tussen toevallige optekening en gestileerde fotorekord word
hier geaktiveer.)
6.4 Metingskaal vir 3 punte
'n Belangrike inhoudelike verskil tussen die gedigte is dat Spies kyk na 'n
foto van 'n jong Monroe voordat sy die prikkelpop geword het; Hambidge
kyk na 'n foto van 'n ouer, wyser, melancholiese Monroe wat lyk of sy
verlies moet verwerk.
Die ernstige toon van Hambidge ("die dood is net 'n droom" – versreël 36)
kontrasteer met die waardering wat Spies uitspreek vir die energieke,
natuurlike jong vrou wat sy op 'n ander foto sien.
Die res van die antwoord val in die domein van smaak: Indien 'n kandidaat
'n keuse kan motiveer met spesifieke verwysing na die teks wat gekies
word, behoort die punte toegeken te word. Daar is nie een regte antwoord
nie, selfs al sou die nasiener hierdie vraag op 'n spesifieke manier
beantwoord.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 15
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG: VERPLIGTE VRAAG
7.1 Die pasiënt op die operasietafel se bors is oopgemaak sodat 'n
hartomleidingsoperasie uitgevoer kan word. Die nodige operasiegerei is
uitgepak, gereed om die nodige mediese prosedure uit te voer. Die pasiënt
word uitgebeeld as 'n "hoofgereg", die belangrikste dis by 'n ete, wat op
'n netjies gedekte tafel voorgesit word. Dit lyk asof sy dood is, en geslag om
geëet te word deur die sjirurgiese personeel wat haar omring. Die
operasiegereedskap word vergelyk met "geslypte silwer": Enersyds
suggereer dit 'n deftige en spesiale geleentheid; andersyds suggereer dit
die netjiese voorbereiding wat gewoonlik vir operasies gedoen word.
[Sonder die titel sou die toneel soos 'n lykskouing kon lyk.]
7.2 Alliterasie: Die herhaling van die letters b en r beklemtoon die
breekbaarheid van die pasiënt, wie se lewe in die sjirurg se hande lê. 'n
Hartomleiding is 'n lewensreddende operasie, maar kan ook gevaarlik wees
en onderstreep die mens se sterflikheid.
Verkleinwoord: Die pasiënt is bes moontlik klein van postuur of 'n kind en
die feit dat "borsie" die enigste verkleinwoord in strofe 1 is, beklemtoon haar
weerloosheid teenoor haar mediese toestand asook die belang van die
sjirurg en sy span se optrede om haar lewe te red.
7.3 Daar is 'n beduidende tydsverloop tussen strofe 1 en 2 (die operasie en
die herstel van die pasiënt), en weer tussen strofe 2 en 3 (in strofe 2 is die
pasiënt dalk nog besig om die effek van narkose af te slaap, hoewel dit
duidelik is dat sy die operasie oorleef het, en in strofe 3 kan die dokter
reeds vir haar die operasie en die sukses daarvan verduidelik). Gewoonlik
is die tydverloop tussen strofes nie so duidelik of groot nie. Hoewel die
inhoud die leser van die tydverloop bewus sal maak, word dit deur die
asteriske beklemtoon.
7.4 Die kandidaat se oordeel oor die nodigheid van die kleurbenoeming tel nie
as sodanig punte nie. Dit is belangriker dat die kleur in die konteks
verduidelik word.
Wit is die handskoen van die dokter, wat op 'n "prentjie" (m.a.w. nie op x-
strale of op foto's nie) die operasie verduidelik. Die kleur beklemtoon die
steriele omstandighede waaronder sulke operasies moet plaasvind. In die
wyer konteks van die hospitaal dui wit ook op skoonheid en reinheid, selfs
afstandelikheid.
Bloedrooi kom veral onnodig voor: Ons weet mos watter kleur bloed is.
Hier beklemtoon dit egter die hartwerking: Die hart kan nou weer vryelik
suurstofryke (en dus besonder rooi) bloed deur die slagare aan die liggaam
verskaf. Die operasie was dus 'n sukses. (Die "bloedrooi" sluit ook daarby
aan dat die operasie op 'n "prentjie" verduidelik word – die illustrasie se
kleurgebruik is dalk effens oordrewe.) Die alliterasie en herhaling
beklemtoon die bloed wat pols.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 15
7.5 Metingskaal vir 3 punte
Die volgende opmerkings kan oor die laaste twee versreëls gemaak word:
Dit lyk nie asof die vrou belangstel in hoe die operasie haar lewe gered het
nie, hoewel sy belangstelling veins deur haar kop te knik. Sy dink slegs aan
haar rose wat sy jaarliks snoei. Dit lyk dus asof sy ondankbaar is, asof sy
afgesluit is van die werklikheid van wat met haar gebeur het. Is sy in
ontkenning oor die erns van die situasie? Andersyds is dit dalk 'n goeie
teken: Sy is nie angstig oor haar mediese toestand nie, maar dink reeds
weer aan haar alledaagse lewe en hoe sy dit gaan voortsit. Sal sy voor die
komende winter gesond genoeg wees om haar rose te kan snoei?
Sy is self gesnoei deur die operasie – is sy dalk te veel gesnoei? Lê winter
vir haar voor?
Die hart word metafories gesien as setel van die gevoelslewe; danksy die
operasie klop dit nou weer sterk, maar emosioneel kan sy nie reggedokter
word nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 15
AFDELING C VISUELE GELETTERDHEID EN KRITIESE TAALBEWUSTHEID
VRAAG 8 ADVERTENSIE
8.1 As jy nie die plaag van miere vinnig en doelgerig oplos nie, sal hulle jou
privaatruimte binnedring (hierdie mier sit heel gemaklik op jou
tuinmeubels!). Die probleem sal te groot word om maklik op te los (die mier
is so groot soos 'n mens!).
8.2 Die mier hou 'n mengeldrankie vas wat in 'n pynappel opgedien is en met
blomme en strooitjies versier is. Dit impliseer dat die mier baie gemaklik en
tuis is in jou tuin, soveel so dat dit eksotiese mengeldrankies drink wat
gewoonlik met tropiese vakansies geassosieer word.
8.3 Die booglyn kan impliseer dat die gif natuurlik is, dat dit nie 'n sterk of
dramatiese effek op die gebruiker sal hê nie. Die soliede, reguit lyn
impliseer dat jy as huiseienaar sterk standpunt moet inneem teen die plaag
van miere en op 'n vasberade manier moet optree om van hulle ontslae te
raak. 'n Sagte, natuurlike benadering is dalk net nie goed genoeg nie. Die
produk word as betroubaar uitgebeeld.
[Die kandidate se eie interpretasie van hierdie twee lyne en hoe hulle bydra
tot die advertensie en met mekaar kontrasteer, moet beoordeel word. Hulle
kan dit heeltemal anders lees as die beskrywing hierbo.]
8.4 Metingskaal vir 2 punte
Eie antwoorde. Ja/Nee met 'n ondersteunende motivering.
8.5 Die effek van die geadverteerde produk is om insekte, wat die mense in die
huis se lewens onaangenaam sal maak, buite te hou. Die illustrasie dui 'n
enorme mier aan wat ewe tuis om die tuinmeubels sit – dit is dus reeds
buite. Die mier is dus eintlik reeds op die plek waar die advertensie sê dit
behoort te wees – dit lyk dus nie na 'n probleem nie. Daarom lei 'n mens af
dat die advertensiekopie met "buite" eintlik bedoel buite die erf, of buite die
tuinmuur – buite die alledaagse lewensruimte van die mense, of dit nou
binnens- of buitenshuis is.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 15
VRAAG 9 SPOTPRENT
9.1 Die leeu op die kaart lyk rustig en skadeloos, amper sonder energie, ietwat
vaak. Die leeu in die agtergrond lyk aktief, energiek, kwaai en honger. Die
oop bek maak die tande duideliker, wat hom veel gevaarliker laat voorkom
as die toemond-leeu in die foto, met so 'n enkele stukkie tand wat uitsteek.
Die foto se halfmas-oë lyk ook nie so gevaarlik as die fronsende ronde oë
van die werklike leeu nie. Die speekseldruppels uit sy mond dra by tot die
honger en gevaarlike uitdrukking op die gesig van die werklike leeu, wat
glad nie te sien is in die foto nie.
9.2 Eerstens is die inligting oor die natuur wat die kinders leer, foutief.
Tweedens: Indien hulle hierdie foutiewe inligting toepas, soos in die situasie
wat hier uitgebeeld word, kan dit tot 'n tragedie lei, pleks daarvan dat dit
hulle plesier in die natuur verbreed.
9.3 Daar is geen menslike infrastruktuur te sien nie: geen paaie, voertuie of
selfs elektriese kragdrade nie.
9.4 Ja: Die mense kom bekyk bloot die natuur; hulle dra alles wat nodig is met
hulle saam; hulle "neem slegs foto's (gesuggereer deur die kamera) en laat
slegs voetspore", soos 'n gewilde stukkie raad aan mense in die natuur lui.
Daar is ook nie baie mense te sien nie, wat die impak verminder.
OF
Nee: Hulle blote teenwoordigheid in die natuur sal lei tot besoedeling, selfs
in baie klein mate. Alle mense is selfsugtig en onbedagsaam teenoor die
natuur; selfs al het hulle goeie bedoelings, behoort hulle daar weg te bly.
(Hierdie standpunt is natuurlik ekstreem en moontlik ongewoon.) Die mense
plaas leeus ook onder druk: As die leeu hulle aanval, sal hy geskiet word, al
is dit hulle indringing in sy gebied wat die probleem veroorsaak.
9.5 Plantegroei of flora (natuurlik nie fauna nie – dit sou die leeu wees).
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 15
9.6 Die AWS (2017) aanvaar slegs die spelling van sebra met 'n "s", maar in
hierdie konteks sal die spelling met 'n "z" ook aanvaar word omdat dit in die
spotprent so voorkom.
Pa: Sy oë is halfoop, wat op rustigheid dui; sy mond is oopgetrek in 'n
glimlag, wat daarop dui dat die pa geamuseerd is oor die kind se
opmerking. Hy lyk kalm en gemaklik, gelukkig om in die natuur te wees. Hy
is duidelik nie oplettend genoeg om te weet wat om hom aangaan nie;
daarom sal hy 'n slagoffer word van sy seun se feitfout. Die bydrae tot die
ironie lê hierin: Hy besef nie die seun maak 'n feitfout nie; daarom kan hy
homself nie beskerm nie.
OF
Seun: Sy oë is groot oop, maar nie van skok of spanning nie, eerder van
verwondering oor die natuur wat hy waarneem. Miskien is hy selfs trots
daarop dat hy sy nuwe natuurkennis so vinnig en nuttig kan toepas. Hy wil
sy pa beïndruk met hierdie nuwe kennis. Sy hoë wenkbroue sluit aan by die
oopgetrekte oë, maar verraai geen negatiewe emosie soos spanning of
vrees nie. Sy oop mond dui aan dat hy praat – hy praat duidelik hard
genoeg sodat sy pa hom oor die afstand kan hoor, maar dit lyk ook nie asof
hy van vrees skreeu nie. Sy natuurkennis lig hom in dat 'n sebra onskadelik
is; ironies weet hy nie genoeg van die natuur om te weet dat hy die
verkeerde naam by die beeld plaas nie. Daarom sal sy feitfout tot 'n
tragedie lei. Dit is vreemd dat sy natuurkennis so klein is dat hy deur hierdie
enkele fout mislei word, maar dit is sekerlik moontlik dat deesdae se
kinders nie meer soveel weet omtrent wilde diere nie.
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 15
METINGSKAAL
Hierdie metingskaal word gebruik om die volgende vrae na te sien: 1.5; 2.5; 4.5; 5.5 of 6.4
(keusevraag); 7.5; 8.4.
VLAK EN BESKRYWINGS 3-PUNTVRAAG 2-PUNTVRAAG
Die uitstekende/baie goeie respons
• Is volledig/gedetailleerd met spesifieke
verwysing na die gegewe teks en opdrag;
• Maak insigryke/spesifieke verbindings tussen die 3 2
opdrag en die teks;
• Integreer alle elemente, toon 'n duidelike begrip
van hoe dele bydra tot 'n groter geheel;
• Maak gebruik van gesofistikeerde taalgebruik.
Die redelike respons
• Maak redelike verwysing na die gegewe teks en
die opdrag;
• Maak algemene verbindings tussen die opdrag
en die teks; 2 1
• Gee 'n bewys/bewyse dat die konteks begryp
word;
• Toon 'n gedeeltelike begrip van die
samehangende geheel;
• Maak gebruik van redelik goeie taalgebruik.
Die onvolledige respons
• Verwys na die teks en/of opdrag in die
algemeen;
• Is soms onakkuraat en oorvereenvoudig; 1 ½
• Demonstreer konkrete denke en 'n onvolledige
begrip van die elemente;
• Maak gebruik van swak taalgebruik wat
steurend word.
Die onvoldoende respons
• Verwys glad nie na die teks en/of die opdrag nie;
• Beantwoord nie werklik die vraag nie weens 'n
gebrek aan begrip; 0 0
• Maak gebruik van ontoereikende taalgebruik;
• Verskaf geen poging om die vraag te
beantwoord nie.
Die nasiener mag 'n halfpunt meer of minder gee as wat die matriks toelaat om taalgebruik
wat beter as die inhoud is, te beloon, of om taalgebruik wat swakker as die inhoud is, te straf.
By elke vraag wat hierbo genoem is, verskaf die nasienriglyne tipiese inhoud wat by die
vraag verwag kan word. Die nasiener moet egter die kandidaat se aanbod op eie meriete
oorweeg en dit nie bloot meet teen die moontlikhede in die nasienriglyne nie.
IEB Copyright © 2018
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo hlayiso.com

Memorandum
FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo hlayiso.com

Question paper
AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 May June 2018 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Feb March 2018 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans HL
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper