Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. In hierdie vraestel is daar TWEE afdelings: Letterkunde (Drama en Prosa) en
Transaksionele skryfwerk.
3. Beantwoord VIER vrae: TWEE uit Afdeling A (Letterkunde) en TWEE uit Afdeling B
(Transaksionele skryfwerk).
4. Daar is EEN VERPLIGTE vraag oor die dramas en TWEE vrae oor elk van die
prosawerke. Beantwoord die VERPLIGTE VRAAG oor die drama van jou keuse (in
ongeveer 400 woorde) en EEN vraag oor die prosawerk van jou keuse (in
ongeveer 600 woorde).
5. In Afdeling B is Vraag 7 verpligtend. Doen dan óf Vraag 8 óf Vraag 9. Al die vrae
moet in ongeveer 250 woorde beantwoord word.
6. Lees die inligting, instruksies en opdragte by elke vraag noukeurig deur sodat jy
presies weet wat van jou verwag word.
7. Jou antwoorde moet presies soos die vrae in die vraestel genommer wees.
8. Begin elkeen van die vier vrae boaan 'n nuwe bladsy in jou antwoordboek.
9. Let noukeurig op die puntetoekenning van die verskillende vrae en beplan jou tyd
daarvolgens.
10. Dit is in jou eie belang om netjies en duidelik leesbaar te skryf.
11. Goeie taalversorging sal in jou guns tel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the 2018, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2018. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 8
AFDELING A LETTERKUNDE
DRAMA
• EEN VRAAG is oor elk van die twee voorgeskrewe dramatekste gestel.
• Beantwoord VRAAG 1 (oor Die Keiser – Bartho Smit)
OF
VRAAG 2 (oor Kanna hy kô hystoe – Adam Small).
• ELKE VRAAG BESTAAN UIT 'N STELLING OOR DIE DRAMA EN JOU RESPONS
MOET BETOGEND VAN AARD WEES.
• Jou inleiding moet duidelik aantoon of jy met die stelling saamstem of nie en ook
jou hoofargument hiervoor verwoord.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die teks.
• Jou gevolgtrekking moet terugverwys na jou argument en 'n duidelike slotsom
moet gegee word.
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Bring die woordtal (ongeveer 400 woorde) onder jou mini-essay aan.
• 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou mini-essay gebruik word.
VRAAG 1 DIE KEISER (Bartho Smit)
Die kostuums soos dit in die hoof- en neweteks beskryf word, is 'n uiters belangrike draer
van die tema van skyn en werklikheid in Bartho Smit se drama Die Keiser en aan die
einde van die drama word die Keiser juis hierdeur gedwing om die waarheid oor homself
en sy volk in die gesig te staar.
Verwys in jou mini-essay veral na die wisselende kostuums van die Keiser en die
wewers, maar ook na die kleredrag van die ander karakters om die tema van skyn en
werklikheid uit te lig en sodoende die Keiser die waarheid laat sien.
[30]
OF
VRAAG 2 KANNA HY KÔ HYSTOE (Adam Small)
Die spel in Adam Small se Kanna hy kô hystoe is volgens die nota voorin 'nie
chronologies nie'. Dit dwing die gehoor om medeskeppers te word van Kanna se
worsteling met sy skuld aan die verlede.
Verwys in jou mini-essay na hoe die gehoor hulle eie verantwoordelikheid tot die lot
van die armes hierdeur moet konfronteer.
[30]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 8
PROSA
• TWEE VRAE is oor elk van die twee voorgeskrewe romans gestel.
• Beantwoord slegs EEN VRAAG oor die roman wat jy bestudeer het:
Vraag 3 OF Vraag 4 (oor frats – Chris Karsten)
OF
Vraag 5 OF Vraag 6 (oor Toorberg – Etienne van Heerden).
• Jou literêre opstel moet beredenerend van aard wees.
• Hoewel dit nie bepunt sal word nie, is deeglike beplanning uiters belangrik.
• Jou inleiding moet reeds duidelik aantoon wat die uitgangspunt(e) van jou opstel is.
• Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na en/of aanhalings uit die
teks.
• In jou gevolgtrekking moet jy terugverwys na jou hoofargument en telkens die
verwagte inhoud, soos aangedui by elke vraag, aanspreek.
• Bring die woordtal (ongeveer 600 woorde) onder jou literêre opstel aan.
• 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou literêre opstel gebruik word.
VRAAG 3 FRATS (Chris Karsten)
In die roman frats deur Chris Karsten is daar 'n fyn (en by tye 'n tong-in-die-kies) spel met
naamgewing. Khoena se vele name is veral sprekend van hoe sy reeds van kleins af en
tot haar dood toe deur ander mense gedefinieer is. Dolly Tooley is op dieselfde manier
ook 'n slagoffer van misbruik, maar sy kry dit uiteindelik reg om hieruit te ontsnap.
Beredeneer in 'n literêre opstel hoe die name van die twee belangrikste vrouefigure
aansluit by die manier waarop hulle (veral deur mans) in hulle lewens misbruik is. Jy
mag in jou opstel verwys na die naamgewing van die manlike karakters, maar die fokus
moet bly by die gebeure wat betrekking het op Khoena en Dolly.
In jou gevolgtrekking moet jy duidelik aantoon of Khoena haar lot as slaaf en seksobjek
in die dood ontsnap het en of Dolly aan die einde van die roman werklik bevry is van
haar lot as werkersklasvrou en prostituut.
[30]
OF
VRAAG 4 FRATS (Chris Karsten)
Geskiedskrywing is afhanklik van bewyse wat oorgebly het uit die verlede. Fiksie is slegs
afhanklik van die verbeelding.
Beredeneer in 'n literêre opstel in hoe 'n mate die fiktiewe voorstelling van die verhaal
van Sarah Baartman deur die karakter van Khoena ons begrip van ons traumatiese
koloniale geskiedenis aanvul.
In jou gevolgtrekking moet jy duidelik aantoon of jy glo dat fiksie 'n rol het om te speel op
die pad na versoening.
[30]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 8
OF
VRAAG 5 TOORBERG (Etienne van Heerden)
In Etienne van Heerden se roman Toorberg is daar 'n fyn spel met naamgewing. Dit is
byna asof karakters se name (en vanne) 'n voorbepaling is van hulle lot in die lewe.
Daarmee saam het Andries Moolman egter gekies om sy verbintenis met die Moolman-
familie te verbreek deur sy van na Riet te verander.
Beredeneer in 'n literêre opstel hoe die name van VYF karakters ("Die Familie", "Die
Stieffamilie" en "Die Skaamfamilie") hulle lot bepaal as draers van die stamboom of
nie.
In jou gevolgtrekking moet jy duidelik aantoon of die Moolman-familienaam sal kan
voortbestaan en of Andries se nageslag ooit werklik die juk van die Moolman-van kon
afgooi, selfs al het hulle nou 'n ander van.
[30]
OF
VRAAG 6 TOORBERG (Etienne van Heerden)
Geskiedskrywing is afhanklik van bewyse wat oorgebly het uit die verlede. Fiksie is slegs
afhanklik van die verbeelding.
Beredeneer in 'n literêre opstel in hoe 'n mate die verbeelde ruimte en die skuldtema
ons begrip van ons traumatiese onderdrukkingsgeskiedenis aanvul.
In jou gevolgtrekking moet jy duidelik aantoon of jy glo dat fiksie 'n rol het om te speel op
die pad na versoening.
[30]
60 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 8
AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK
• In hierdie afdeling word DRIE opdragte gegee. VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
Doen dan óf VRAAG 8 óf VRAAG 9.
• Elke skryfstuk moet ongeveer 250 woorde bevat.
• Maak seker dat jy die gepaste register en taal, soos gevra, gebruik.
• Die formaat, teikenleser of -gehoor en toon moet by elke skryfstuk pas.
• 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou skryfwerk gebruik word.
VRAAG 7 BRIEF AAN DIE PERS (per e-pos)
Die volgende artikel (waarvan hier net 'n gedeelte gepubliseer is) het in Beeld van 17
November 2017 verskyn. Die spotprent is op 30 November 2017 in Beeld se
susterskoerant, Die Burger, gepubliseer.
Die wetsontwerp wat dit ACDP-LP, gister gesê nadat daarop gemik om bepalings
vir pa's in Suid-Afrika vir die die parlement Dinsdagaand oor kraamverlof in die
eerste keer moontlik sal maak die Wysigingswetsontwerp huidige Wet op Basiese
om ook kraamverlof by die op Arbeidsregte, wat sy Diensvoorwaardes te wysig
geboorte van hul biologiese aangevoer het, aanvaar het. sodat dit kraamverlof vir pa's,
kinders te neem, sal Die wetsontwerp is nou op wat tans net geregtig is op
waarskynlik teen middel pad na die Nasionale Raad drie dae se gesinsverlof per
aanstaande jaar wet word. van Provinsies. jaar wanneer hul babas
Só het Cheryllyn Dudley, Die wetsontwerp is dkakdkddddk gebore word, moontlik maak.
Dinsdagaandl
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 8
Uit die spotprent is dit duidelik dat nie alle mans noodwendig die wet op kraamverlof vir
pa's verwelkom nie. Jy het 'n paar mense uitgevra oor hoe hulle daaroor voel en besluit
toe om 'n brief aan een van die twee susterskoerante te skryf waarin jy jou mening oor die
saak uitspreek.
In jou brief moet jy verwys na die impak wat hierdie wet gaan hê op die volgende:
ouerskap en gesinsverhoudings, die ekonomie, gelyke regte vir mans en vroue
asook jou eie persoonlike verwagtinge van jóú toekoms.
Let ook op die volgende:
• Jou en die koerant se adresse hoef nie aangebring te word nie aangesien jy die brief
per e-pos gaan stuur.
• Dui die onderwerp duidelik aan.
• Jy móét 'n gepaste skuilnaam gebruik.
[20]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 8
EN
VRAAG 8 ONDERHOUD
Op 16 Januarie 2018 het die volgende Facebook-inskrywing op die Suidoosterfees se
webwerf verskyn.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 8 van 8
Jy werk by die promosie-afdeling van die Suidoosterfees en fokus op die dramas wat by
die fees aangebied word. Jou werk is dus om artikels wat teatergangers na produksies
lok, te skryf.
Dink aan VYF vrae wat jy aan die regisseur van NRNNSA sou vra en skryf dan die
onderhoud wat jy met die regisseur gevoer het, neer. [Gee die onderhoud 'n treffende
hoofopskrif.]
BELANGRIK:
• Jy hoef nie jou onderhoud in vraag-en-antwoordformaat aan te bied nie, maar jy mag
as jy wil. Dit sal wel handig wees om jou vrae aan die regisseur kortliks neer te skryf.
• Engelse woorde is onvanpas hoewel loslit-Afrikaans toelaatbaar is.
[20]
ÓF
VRAAG 9 HULDEBLYK
'n Gewilde onderwyser by julle skool, wat op sy/haar vak- en ook op kultuurgebied julle
skool verryk het, gaan binnekort aftree. Die hoof het jou gevra om 'n huldeblyk tydens die
onderwyser se laaste saalbyeenkoms te lewer. Die skool se beheerraad en ander ouers
gaan ook die geleentheid bywoon.
Jy moet in jou huldeblyk na hierdie onderwyser se positiewe bydrae op kultuurgebied
(toneel/musiek/skoolkoerant) asook sy/haar positiewe voorbeeld in jou land se oorgang
tot 'n demokrasie, verwys.
BELANGRIK:
• Goeie taalversorging en spelling is van uiterste belang aangesien jou huldeblyk ook in
die jaarblad sal verskyn.
• Die huldeblyk moet inspirerend en motiverend van aard wees.
[20]
40 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum
Related documents

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB

