Skip to content
Memorandum

Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Afrikaans HLGrade 12201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 100 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 16 AFDELING A VRAAG 1 BEGRIP, TAAL EN STYL 1.1 Om groen van jaloesie of afguns te wees/Groen wees. 1.2 Om groener te wees beteken in hierdie konteks om daarna te streef om in groter vrede met die natuur te leef; om amper die aarde te bemin vanweë 'n diepe respek en om die aarde te beskerm teen alles wat skadelik is. [Eie woorde vir "harmonie"/"aarde soen"/"net spore" agterlaat wat op begrip dui.] 1.3 "dat ek skoolsielkundige toe gestuur is": Hierdie gedeelte van die sin is wel in die verlede tyd, maar in die lydende vorm (is+ ge-) teenoor die res van die sin wat in die gewone, bedrywende verledetydsvorm is. 1.4 1.4.1 Die skuinsgedrukte dele dui op voorbeeldsinne en –frases om aan te toon hoe die trefwoord tipies gebruik kan word. 1.4.2 Die tweede betekenisverklaring (nr. 2). Die spreker voel dat die stoel in die sielkundige se kantoor doelbewus so opgestel is om die kliënt (in hierdie geval 'n ondeunde skoolseun) effe ongemaklik te laat voel – soos 'n sielkundige streek of truuk. [Oortuigende verband tussen betekenis 2 en konteks.] 1.5 Die spreker is letterlik deeglik en diep in die stoel gesit deurdat die stoel insak en heelwat laer is as die sielkundige s'n. Die spreker glo dat hy hierdeur figuurlik op sy plek gesit is/mee afgereken is deur die sielkundige nog voor hul sessie begin – bloot deur minderwaardig te voel in 'n laer stoel. 1.6 sielkundige (vra droogweg) – "saai" spreker (uitblaker) – "onhebbelike" 1.7 Die mens (as heerser) het toe nog selfsugtig en vernietigend (sonder om die gevolge in ag te neem) met die natuur omgegaan terwyl die hedendaagse mens (as bondgenoot) besef ons moet versigtiger/ verantwoordeliker met die natuur omgaan om te verseker daar bly iets oor. ['n Goedbewoorde verskil – geen punt indien beide samelewings nie in 'n kontrasterende verband betrek word nie.] 1.8 'n Tiener met probleme sou waarskynlik van sy probleme geopper het in 'n gesprek met 'n sielkundige, maar om met "die ontbossing van die Amasone" as antwoord te kom, onderstreep dalk iets van die spreker se aweregse andersdenkendheid wat dit moeilik maak om in die skoolsisteem in te pas sonder om ondeund voor te kom. Die skoolsielkundige het besef so 'n unieke kind het maar net unieke aandag nodig. [Let op eie bewoordings.] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 16 1.9 1.9.1 Volgens die spreker bemoei hy hom vanaf die dag, in standerd 8 (1987), wat hy daar by die skoolsielkundige se kantoor uitgestap het, met die besef dat die natuur vir hom 'n belangrike saak is. 1.9.2 Sedertdien 1.10 Gebruik metingskaal: 3 – Die uitstekende/baie goeie respons • is volledig/gedetailleerd met spesifieke verwysing na die gegewe teks en opdrag; • maak insigryke/spesifieke konneksies tussen die opdrag en die teks; • integreer alle elemente, toon 'n duidelike begrip van hoe dele bydra tot 'n groter geheel • (maak gebruik van gesofistikeerde taalgebruik) 2 – Die redelike respons • maak redelike verwysing na die gegewe teks en die opdrag; • maak konneksies tussen die opdrag en die teks; • gee 'n bewys/bewyse dat die konteks begryp word; • toon 'n gedeeltelike begrip van die samehangende geheel • (redelike taalgebruik) 1 – Die onvolledige respons • verwys na die teks en/of opdrag in die algemeen; • is soms onakkuraat en oorvereenvoudig; • demonstreer konkrete denke en 'n onvolledige begrip van die elemente • (steurende/swak taalgebruik) 0 – Die onvoldoende respons • verwys glad nie na die teks en/of die opdrag nie; • beantwoord nie werklik die vraag nie weens 'n gebrek aan begrip • (ontoereikende taalgebruik) Voorbeeld van die uitstekende/baie goeie respons: Die opgewonde, half waansinnige skare word beter uitgebeeld deur die woord gepeupel as deur die meer neutrale woordkeuse gehoor (wat beskaafde toehoorders impliseer). Gepeupel pas beter in die konteks van 'n nuwejaarskonsert wat gewoonlik luid en jolig is; boonop is die gehoor op 'n manier aangehits deur die sanger wat sy hare met 'n materiaalskêr afsny. Onordelike/speelse gebeure wat lei tot 'n meer onordelike skare. (Vyfduisend mense saam het reeds die potensiaal om handuit te ruk.) [Oortuigende motivering vir die woordkeuse wat die konteks volledig betrek.] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 16 1.11 1.11.1 aktief 1.11.2 Die spreker bespaar water deur die toilet met badwater te spoel./ Hy maak van sonenergie gebruik./ Hy kweek sy eie groente./ Hy hou praatjies oor ontbossing./ Hy sny sy (bos) hare af (as 'n aktivistiese gebaar wat 'n boodskap van verbintenis tot 'n saak dra.) [Enige EEN.] 1.11.3 aktivisme 1. s.nw. Die beleid of aksie om veldtogte in te span/praktiese dinge te doen om sosiale of politieke verandering teweeg te bring: sestien dae van aktivisme teen gesinsgeweld [Halfpunte vir: sinvolle, eie definisie; korrekte woordsoort, gepaste skuinsdrukgedeelte; aanbieding wat ooreenkom met tipiese woordeboekinskrywing.] 1.12 Vreemde figuur wat die spreker reeds is, het die belaglike haarsnit (gesny met 'n materiaalskêr as vermaaklike voorstelling van ontbossing) verseker dat die spreker as 'n besliste buitestander bestempel sal word. [Veral die begrippe kapsel en randfiguur moet begryp word.] 1.13 Die spreker verduidelik in die rubriek sy pad as "groen"-aktivis/beskermer van plant en dier, maar voeg in die slotparagraaf tong-in-die-kies by dat ook hy perke het: hy gaan aanhou vleis eet. Die feit dat hy diere vir meer selfsugtige redes inspan (braaivleis is lekker!) "regverdig" hy dan op komiese (onlogiese) wyse: vleis, want anders moet hy groente "doodmaak" om tog te kan eet. [Eie verduideliking met aanduiding dat humor volledig gesnap word.] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 16 VRAAG 2 BEGRIP, TAAL EN STYL 2.1 Wens/smagting/begeerte/verlange/smeekbede. 2.2 Binne die konteks sou veranderde tegnologie beteken dat die tegnologie klaar verander het terwyl veranderende inhou dat die tegnologie steeds aanhou om te verander. 2.3 Met hierdie verandering in vertelperspektief gee die skrywer eintlik te kenne dat dit hyself is wat die boekliefhebber is van wie hier gepraat word – en nié net enige hom/haar nie. 2.4 Leerder se eie 2–3 sinne oor 'n leeservaring waarin ENIGE VIER van die betrokke lees- en skryftekenfunksies voorkom: • 'n Ellips wat verswygde gedeeltes (suggestie) aandui OF daarop dui dat 'n handeling/gebeurtenis voortduur; • Kommas wat voor en na 'n bystelling optree; • Koppelteken wat op koppeling van woorde tot eie/nuwe (een) begrip dui; • Komma tussen werkwoorde wat afsonderlike gesegdes aandui; • 'n Koppelteken wat as 'n weglatingsteken dien; • 'n Akuut wat beklemtoning aandui. Byvoorbeeld: Lees, uit 'n regte egte boek, is soos suurstoftoevoer vir my … Ek kan nie lééf sonder die blad-omblaai-ervaring nie. As iemand my sou vra wat ek sonder die boek in my kinder- en grootmenslewe sou maak, sou ek sonder twyfel beaam dat ek nie sal asemhaal nie. [Let op vir VIER toepaslike lees- en skryftekens vir twee punte.] 2.5 2.5.1 'n Mens (enige onderwerp) móét 'n Afrikaanse lekkerleesroman koop. 2.5.2 In die lydende vorm val die klem heel gepas op 'n lekkerlees- Afrikaanse vakansieroman – juis die versugting van die skrywer/die sentrale tema van teks. OF Uit die voorafgaande inligting in die paragraaf is dit duidelik dat dit die spreker is wat op soek is na 'n lekkerleesroman en is die onderwerp voor die hand liggend – en die lydende vorm (waar die onderwerp nie klem hoef te geniet nie), is gepas. 2.6 Ons land (Suid-Afrika) het meer storie-agtige/onwerklike/dalk dramatiese of absurde storie-elemente as fiktiewe stories self. [Let op eie bewoordings.] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 16 2.7 2.7.1 Retoriese vraag 2.7.2 Leerder se eie standpunt: duidelike stelling oor die Afrikaanse roman (wroegliteratuur of nie) met gepaste verwysing uit teks om standpunt te ondersteun. Eie kennis (voorbeelde aanvaarbaar) van Afrikaanse leesstof wat aansluit by standpunt. [Oorweeg goedgemotiveerde "Ja"-/"Nee"-opsies.] Byvoorbeeld: Hedendaagse Afrikaanse romans is oorwegend dramaties en wroegend van aard en ligter leesstof is aan die mindere kant in ons taal. Soos die skrywer tereg aandui, is selfs die misdaadroman deesdae "swáár gelaai". Die romans wat in filmmateriaal omgeskakel word, bevat óf oordramatiese gebeure óf wroegende karakters (byvoorbeeld "Dis ek, Anna", "Roepman" en "Die pro"). OF Die verskeidenheid genres in Afrikaans blom tans en daar is van die komplekser roman tot die reisstories tot die ligter leesstof – selfs dié wat jou laat lag. Die skrywer verwys in paragraaf 7 na "Hoge Letterkunde" (waarvoor daar ook 'n plek moet wees), maar ek ervaar hedendaagse Afrikaanse romans oorwegend toeganklik: skrywers skryf soos ons praat en dít oor eietydse kwessies. Op Afrikaanse liefdesfront byvoorbeeld is daar soveel (soetsappige) ontvlugtings- lektuur dat die leser kan kies en keur. 2.8 Die spreker roep beslis nie om hulp a.g.v. een of ander see- of strandgevaar nie, maar hy roep desperaat om hulp (aan wie ook al luister/sy rubriek lees) in sy soeke na 'n lekkerleesboek in Afrikaans wat aan sy vereistes voldoen. 2.9 Die woordkeuse "sug" sluit aan by die titel en sy smagting na 'n lekkerleesboek (sterk samehang van begin tot end), maar dui ook op sy moedeloosheid oor al die wroegromans wat hy verwens. OF Deur "knorrig" juis saam met 'n hond, genaamd Hoekom, langs die see te gaan stap, dui in die slot aan dat die spreker geïrriteerd is met die feit dat sy pogings om 'n lekkerlees-vakansieboek te vind, onsuksesvol was. OF Hoekom is 'n voorstelling van al die vrae wat die spreker vroeër in die rubriek vra om vas te stel waarom Afrikaanse romans tog so wroegend is. OF Die fisiese ruimtebeskrywing is somber ("treurige, gietende reën") en stel die spreker se somberheid voor omdat hy nie 'n boek vind wat aan sy vereistes voldoen nie. OF Die ruimte kan suggereer dat die gewroeg in Afrikaans "treurig" en "gietend" op ons as lesers "reën" en só vind die natuurbeskrywing aansluiting by die inhoud en/of die spreker se gemoed. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 16 VRAAG 3 OPSOMMING Voorgestelde paragraaf: Leerder se eie treffende opskrif Bekendes gaan meer werksgeleenthede buite hul ervaringsveld skep. Die talle sangers wat in ander rolle optree, is sprekend hiervan. Boonop gaan samewerking met ander bekendes of kreatiewes klem geniet. Om leë nywerheidstrukture as wooneenhede te renoveer, gaan spasieprobleme (veral in stede) hokslaan. Hand- aan-hand hiermee is die neiging van woon-waar-jy-werk met gevolglike multifunksionele ruimtes. 'n "Groen"-bewussyn dryf hierdie leefstyl. Selfs dekorasies en 'n minimalistiese voorkoms pas hierby. Tegnologiese nuutjies soos VR-toestelle en toepassings waardeur jy via jou foon plekke besoek en ook kontantlose aankope is aan die voorspits van 2017-tendense. (89 woorde) [11 feite – let op ander bewoordings en selfs ander feite mits dit 2017-tendense is.] Metingskaal: Inhoud 6 5 4 3 2 1 Volledig bewoorde aantal feite. 4–3 2 Korrekte fokus 11–9 feite 8–7 feite 6–5 feite 1 feit feite feite (tendense/neigings vir 2017). Taal en Styl 4 3 2 1 Korrekte, goeie taal en punktuasie. Volsinne; bondige en gepaste styl asook toon en register (formele radioprogram oor Uitstekend Goed Gemiddeld Swak nuutste neigings). Eie woorde. Samehangende, logiese paragraaf. Tel kolomme vir punt uit 10 op. • Penaliseer met 1 punt indien woordperk met 4 woorde oorskry is en tot 3 punte indien heelwat oor die woordperk is. • Penaliseer met 1 punt indien woordperk nie aangedui is nie/foutief aangedui is. • Penaliseer met 1 punt indien paragraafformaat nie gebruik is nie/in meer as een paragraaf opgesom is. • Penaliseer met 1 punt indien geen opskrif nie/'n halfpunt indien onvoldoende opskrif gebruik is. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 16 AFDELING B POËSIE VRAAG 4 VOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG 4.1 Iwan Toergenjef is die Russiese skrywer wat dié stelling in skuinsdruk gemaak het – daar word dus erkenning aan die feit dat dit sy woorde is, gegee. 4.2 'n Student skryf aan sy vorige meisie 'n brief waarin hy besin oor hul verhouding en die liefde. Sy omstandighede en eensaamheid op die Karoo- plasie én sy verlange na hierdie meisie blyk ook uit die brief. Dit is ironies dat daar in die titel verwys word na "sy meisie" terwyl hul verhouding volgens alle aanduidings in die gedig iets van die verlede is ("al is ons ding nou oor"). 4.3 TWEE voorbeelde uit die gedig wat die verband tussen fisiese ruimte en die spreker se eensaamheid aandui: Ek woon hier op 'n plasie (die verkleiningsvorm is funksioneel) Karoo so ver jy kyk 'n trein kom deur die leegte en neem dan weer die wyk roep "Kiep-kiep" teen die wind 4.4 Kandidaat se gemotiveerde keuse vir die tipografie met meegaande voorbeelde uit die gedig. Gebruik onderstaande metingskaal. 3 – Die uitstekende/baie goeie respons • is volledig/gedetailleerd met spesifieke verwysing na die gegewe teks en opdrag; • maak insigryke/spesifieke konneksies tussen die opdrag en die teks; • integreer alle elemente, toon 'n duidelike begrip van hoe dele bydra tot 'n groter geheel • (maak gebruik van gesofistikeerde taalgebruik) 2 – Die redelike respons • maak redelike verwysing na die gegewe teks en die opdrag; • maak konneksies tussen die opdrag en die teks; • gee 'n bewys/bewyse dat die konteks begryp word; • toon 'n gedeeltelike begrip van die samehangende geheel • (redelike taalgebruik) 1 – Die onvolledige respons • verwys na die teks en/of opdrag in die algemeen; • is soms onakkuraat en oorvereenvoudig; • demonstreer konkrete denke en 'n onvolledige begrip van die elemente • (steurende/swak taalgebruik) 0 – Die onvoldoende respons • verwys glad nie na die teks en/of die opdrag nie; • beantwoord nie werklik die vraag nie weens 'n gebrek aan begrip • (ontoereikende taalgebruik) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 16 Voorbeelde van die uitstekende/baie goeie respons: A. Die gewone druk verteenwoordig die brief aan die eksgeliefde omrede dit in ligter, geselstrantstyl geskryf is – "dié briefie" (Hy wil dit nie so swaar soos sy gemoed belaai nie). In hierdie dele vertel hy bolangs hoe dit met hom gaan op die Karoo-plasie ("Ek woon hier op 'n plasie" – iets wat jy nie vir jouself sê nie), maar gee ook te kenne (in 'n styl wat dui op hul gemaklike verhouding) dat hy na haar verlang al is hul verhouding oor ("Ag, dêmmit, ek verlang jong,"). In die skuinsdrukgedeeltes vind ons meer van sy worsteling/filosofiese redenasies oor waarom die verhouding dit nie gemaak het nie. Die verwyte (dalk al moontlik verwerk en aanvaar) word ook in sy gedagtegang aangetref: "Ek glimlag oor jou selfsug; jou passie vir 'n rusie." Sy onsekere hoop om haar bloot te sien, is wat hy neerskryf ("dan sien ons oor 'n week?), maar in sy binneste, in skuinsdruk, is sy ware motief: "gedagtes wat ons twee moet bespreek". [Interessant is die feit dat die titel – wat die skryfaksie aandui – ook in gewone druk is.] OF B. Tipografies lyk dit asof die skuinsdrukgedeeltes die brief kan voorstel ("bêre net dié brief"; dit bevat die gedagtes wat hul moet bespreek). Dit is 'n meer formele, selfs hoogdrawender styl as die gewone druk en 'n mens dink eerder gewoon soos die gewone druk en geskrewe taal is dikwels meer formeel – veral ook omdat daar nou meer "afstand" tussen hom en die eksgeliefde is. Die skuinsdruk kan ook dalk iets van sy studentetaal, 'n sfeer wat hul deel, weergee, bv. "osmose", "distansie", "visie". Boonop is die gewone druk die dele wat 'n mens soms eerder teenoor 'n vorige geliefde wil verswyg en vir jouself hou – soos om haar nog aan te spreek as "liefste" en prontuit te erken "Ag, dêmmit, ek verlang jong". Dit, saam met die onseker vrae ("wil dalk van my hoor?; "sien ons oor 'n week?') in die gewone druk hou jy eerder vir jouself (om jou ego te beskerm) en in die brief skryf jy die tersaaklike. OF C. Die verwysing na "dié briefie" (gewone druk) en "dié brief" (skuinsdruk) asook die feit dat die twee drukvorme in die laaste twee strofes van die gedig vermeng, is merkwaardig. Inderdaad kan dit op 'n onsekere gemoed van die student dui en sy poging om normale geselsies/die alledaagse in die brief neer te pen ("Die oom sal netnou trug wees met meel en Vrydagpos") net om weer te verval in ernstige besinning ("Distansie bring besinning") kan die student se tweespalt in sy gemoed oortuigend en kreatief uitbeeld. Hy verwys dalk nie verniet na die feit dat emosie "ooreis" kan word nie. Ook kan die kursiefgedrukte dele dalk die problematiese dele in hul verhouding voorstel en die gewone druk sy vertellings waarop hy nie noodwendig terugvoer wil hê nie, maar haar "passie vir 'n rusie" is onder andere die sake wat hul moet bespreek. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 16 OF D. ANDER OORTUIGENDE MOONTLIKHEDE, byvoorbeeld: Indien 'n mens nadink oor die belangrike subtitel, is dit duidelik dat ironie sentraal in die gedig behoort te staan. Dalk kan dit ironies wees dat die student nie sover kom om werklik sy ware gevoelens in 'n brief neer te skryf en aan sy meisie te stuur nie? Die student besef dalk die nutteloosheid daarvan ("Watter nut het ironie in eensaamheid"): sy slimpraatjies ("Osmose tussen mense is moontlik, maar beperk") of dan gewone geselsies ("Karoo so ver jy kyk"), en ook die ironiese toespelings op die meisie se emosionele hantering van hul verhouding ("as [emosie] van één kant werk"; "jou selfsug"; "jou passie vir 'n rusie") red 'n mens nie van die werklikheid van eensaamheid nie. 4.5 4.5.1 "sweerlik"/"weer" 4.5.2 Frustrasie/Ongeduld/Ongedurigheid 4.6 Die vraagteken is gepas om reëlings wat nog bevestig moet word, aan te dui: sal 'n afspraak die ander party pas vir oor 'n week. OF Die vraagteken dui op die spreker se onsekerheid/vertwyfeling: wil sy vorige meisie hom enigsins sien om sake op sy hart te bespreek nadat hul uit is. VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG 5.1 Die spreker in hierdie gedig is die boerekryger en heliograaf, Gideon Scheepers, se moeder wat bid om sy dooie liggaam te sien (ter wille van die rouproses) nadat haar seun tydens die Anglo-Boereoorlog (onregmatig) skuldig bevind en gefusilleer is. Die Britte weier om sy stoflike oorskot te oorhandig nadat hul hom herbegrawe het en tot vandag toe weet niemand werklik waar sy graf is nie. 5.2 5.2.1 Gideon Scheepers se lewe was meer as een keer in gevaar totdat hy uiteindelik fisiek doodgemaak is en behalwe vir die gerugte (volgens strofe 1) dat hy nog lewe en die feit dat sy moeder nie sy liggaam te siene gekry het nie, word hy 'n soort simbool van onsterflikheid en/of as verteenwoordiger van almal wat in een of ander stryd in hierdie land moes omkom. 5.2.2 'n Paradoks 5.3 Waar die gebed aanvanklik op 'n moeder se persoonlike verlies en verdriet dui en handel oor 'n baie spesifieke gedeelte van die Afrikaner-geskiedenis en meer nog 'n spesifieke persoon (Scheepers) verruim dié gebed. Die moeder bid naderhand vir meer as net "die drag gebeente" van haar skoot wanneer sy besef daar is "soveel beendre", m.a.w. veel meer pyn in hierdie land as haar eie seun, veel meer mense wat al in stryd gesterf het … En al verwys die "een land vol skedels en gebeente, een groot graf" in die eerste plek na die gevolge van die Anglo-Boereoorlog word laasgenoemde saak verder gevoer wanneer sy bid vir alle ander pyn in hierdie land "een land vol skedels en gebeente". Uiteindelik word dit 'n universele gebed tot versoening vir almal van alle tye: "een groot nasie in dié gramadoelas"…"en wit en bruin en swart"… moet "ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieël". IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 16 VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG – KEUSEVRAAG 6.1 Die spreker is 'n predikant van die "gemeente Stellenbosch-Sentraal" wat bid om leiding, maar eintlik vir God voorsê waarom hy behoort te bly by hierdie gesogte gemeente en nie die beroep na die sendinggemeente op Merweville kan aanvaar nie. 6.2 • Die kerkfonds kry 'n hupstoot omdat die predikant weet by watter geselekteerde (ryker) gemeentelede hy besoek moet aflê om te verseker die kerk word in hul testament ingeskryf. • Die lidmate sorg goed vir hom en sy gesin met oorgenoeg vleis en rooiwyn. • Hy is gerieflik geleë sodat sy kinders sommer in die pastoriehuis kan aanbly tydens hul universiteitsjare. • Boonop het hy daarin geslaag dat die kerkraad dit goedkeur dat hy die groot pastoriehuis (waarin 'n predikant gewoonlik verniet bly) se kamers uitverhuur aan studente en só wins uit die huis maak. • Die spreker voel hy word verryk deur die akademiese gesprekke met die professore by die nabygeleë universiteit. • Dit blyk dat hy ook klas gee (en geld verdien) by die kweekskool by die universiteit. [Enige TWEE, eie woorde.] 6.3 6.3.1 'n Satire/'n Hekeldig 6.3.2 Reeds in die subtitel word gesuggereer dat hier dalk 'n groter saak aangespreek word as net een spesifieke gemeente s'n en die leser besef gou dat hier met veel meer gespot word as een predikant of een gemeente. Hierdie predikant word as voorbeeld ingespan oor die skynheiligheid wanneer hoogdrawende kerktaal en verwronge motiewe (verpak onder 'n Christelike dekmantel) gebruik word om materialisme en selfsug te regverdig in 'n gebed wat nogal om "leiding" vra. Uiteindelik sou 'n mens ook kan sê dat hierdie gedig die kwessie van magsmisbruik aanspreek en dus universeel is. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 16 VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG – VERPLIGTE VRAAG 7.1 'n Engelse sonnet. 7.2 7.2.1 Gebruik metingskaal 3 – Die uitstekende/baie goeie respons • is volledig/gedetailleerd met spesifieke verwysing na die gegewe teks en opdrag; • maak insigryke/spesifieke konneksies tussen die opdrag en die teks; • integreer alle elemente, toon 'n duidelike begrip van hoe dele bydra tot 'n groter geheel • (maak gebruik van gesofistikeerde taalgebruik) 2 – Die redelike respons • maak redelike verwysing na die gegewe teks en die opdrag; • maak konneksies tussen die opdrag en die teks; • gee 'n bewys/bewyse dat die konteks begryp word; • toon 'n gedeeltelike begrip van die samehangende geheel • (redelike taalgebruik) 1 – Die onvolledige respons • verwys na die teks en/of opdrag in die algemeen; • is soms onakkuraat en oorvereenvoudig; • demonstreer konkrete denke en 'n onvolledige begrip van die elemente • (steurende/swak taalgebruik) 0 – Die onvoldoende respons • verwys glad nie na die teks en/of die opdrag nie; • beantwoord nie werklik die vraag nie weens 'n gebrek aan begrip • (ontoereikende taalgebruik) Voorbeeld van die uitstekende/baie goeie respons: Waar die woord "huis"/"huisie" gewoonlik 'n positiewe konnotasie van veiligheid, gemaklikheid en geborgenheid het, word dié begrip van tuiste ondermyn in die gedig. Die spreker se bykans liriese pogings om die huis te beveilig dui op 'n plek van onsekerheid, ongemak en onveiligheid: "tweemanhoog ommuur"; "'n draad gespan"; "'n kopbeen sê: Bly weg!". G'n wonder die spreker beskou dit nie as 'n woning nie, maar as 'n "fort" – een waarin hy homself elke aand "verskans" (opsigself 'n negatiewe konnotasie). In strofe 2 lees 'n mens van al die negatiewe stadsgeluide bv. die geweerskote, en word die spreker se ganse bestaan gereduseer tot die angs dat iets hiervan sy huisie gaan binnedring. Die satiriese kommentaar in die gedig dat dié soort huis 'n "paradys" is en veral die ironiese teenstelling met die huis in Fagan se gedig (die interteks) roep die betekenis van 'n ware tuiste as teenpool op – en só word die negatiewe konnotasie van stadshuise oordryf/versterk. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 16 7.2.2 Die hooftema van die gedig sentreer rondom die persepsie (of die werklikheid?) dat die stadslewe ("die Rand") deur misdaad gekenmerk word en dus nie so 'n ideale, geborge lewe ("huisie by die see") kan bied nie. 7.3 In hierdie gedig verkry "nag" 'n figuurlike betekenis wat op 'n duister, slegte, obskure, erg negatiewe prentjie dui van wat dit is om in die stad te bly: die plek van wanorde en wantroue. Die herhaling hiervan beklemtoon (of oordryf) boonop die nare realiteit van wat die stadslewe vir die spreker inhou. [Let op eie bewoording.] 7.4 Die hakies dui op 'n funksionele tipografiese skeiding tussen die buitekant en die binnekant van die huis./Die hakies dui op die spreker se tersyde/geheime vrees dat die slegtheid wat daar buite is op een of ander stadium sy huis kan binnedring./Die hakies dui op die spreker se onsekerheid of daar enigsins nog 'n oortuigende skeiding is tussen die slegtheid van wat buite is en dit wat binne is. [Let op 'n oortuigende kontekstuele funksie vir die hakies.] 7.5 Personifikasie – Die alarm wat "knipoog" en op wag is, gee 'n gevoel van gerustheid aan die eienaar van die huis. Sonder hierdie sekuriteit kan 'n huis in die stadsomgewing nie klaarkom nie. OF Hiperbool – Beide 'n alarmstelsel en 'n Trellidor word gebruik om die eienaar te beveilig. Die eienaar van die huis maak baie seker dat hy nie oorval word in die stad nie – wat boonop boos uitgebeeld word ("Dis nag."). OF Ironie – Die verkleiningsvorm "huisie" is ironies omdat daar elders verwys word na sy "fort waar ek my saans verskans", die huis het 'n baie hoë muur en 'n draad om hom te beskerm. Die beskermingsmaatreëls is oordrewe en maak die verwysing na "huisie" ironies en belaglik./Veral in die kontrasterende lig van die interteks (Ek het 'n huisie by die see) waar huis 'n positiewe, geborge konnotasie het, is "huisie" hier ironies omdat sekuriteitsmaatreëls en negatiewe beskrywings in die eindkoeplet dié konnotasie ondermyn. OF Paarrym – Die klem op die nag daarbuite wat gefnuik word deur die veiligheidsmaatreëls wat waghou, word verbind deur die paarrym. Die band of ooreenkoms tussen die twee rymwoorde word versterk. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 16 AFDELING C VISUELE GELETTERDHEID, KRITIESE TAALBEWUSTHEID VRAAG 8 A 8.1 Die model (Rachel Weisz) het minder plooie na die digitale redigering as in die werklikheid./Na die redigering is die model se vel heelwat gladder en meer vlekkeloos as wat wel die geval op die werklike foto is./Selfs Rachel Weisz se neus is smaller of "mooier" op die digitaal-geredigeerde weergawe as op die ware foto./Haar gesig (met hoë wangbene) lyk skraler op die advertensie as op die foto. [Enige EEN.] 8.2 Leerder se eie duidelike standpunt (vir of teen digitale redigering) met verwysing na die produk/doel van advertensies en die tegnologie, bv.: Wanneer digitale redigering in advertensies oordoen word, is dit misleidend en oneties. In hierdie geval waar 'n velroom geadverteer word en die kyker laat glo dat dit die produk is wat so 'n radikale uitwerking het, is dit amper nog oneerliker. Natuurlik is die hedendaagse tegnologie gevorderd en kan dit tot 'n mate ingespan word om 'n afgeronde advertensie te lewer (bv. 'n sagter filter of iets onoogliks wat uit die agtergrond van 'n foto verwyder word), maar dit moet met groot omsigtigheid en verantwoordelikheid gedoen word en geloofwaardigheid behoort voorop gestel te word. OF Die kyker of koper is lankal nie meer so naïef om alles te glo wat hul sien nie en om dié Revitalift-advertensie te verban, is beslis 'n bietjie oordrewe. Kykers behoort alles te sien en self te onderskei. Natuurlik is die moderne mens boonop bewus van die snelle ontwikkelingspas van tegnologie en sagteware-programme soos Photoshop is ou nuus. Solank as wat dit beskikbaar is, gaan dit gebruik word – soveel te meer in die reklamebedryf. Juis in 'n veladvertensie wíl die kyker 'n mooi eindproduk sien en is daar geen sin daarin om 'n beplooide model in te span nie. B 8.3 Die aanhalingstekens suggereer dat die onderklere as lyfstuk kan bydra tot die perfekte lyf of liggaam of (erger nog) mooi saamgaan met 'n perfekte liggaam. 8.4 Die nuwe, gewysigde bewoording is meer inklusief en nou voel vroue nie dat die onderklere alleenlik vir vroue met 'n volmaakte liggaamstipe is nie, maar dat daar onderklere is wat vir "elke lyf" sal pas. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 16 8.5 8.5.1 Kandidaat se eie goedgemotiveerde keuse wat styl betrek, byvoorbeeld: Die sarkastiese styl van Emily Chapman se twiet spreek heelwat ernstige gevolge van reklame – met oormatige klem op voorkoms – treffend aan. OF Die hoflike, meer formele styl in Anne Wilson se twiet slaag daarin om die kwessie op 'n nugterder, dog reguit wyse aan te spreek. 8.5.2 namiddag en voormiddag [Beide korrek vir 'n punt.] 8.6 Kandidaat se eie Ja-/Nee-mening, byvoorbeeld: Sosiale media het 'n mag geword om mee rekening te hou juis omdat dit só vinnig mense van oraloor kan mobiliseer. In die geval van Victoria's Secret was dit juis weens druk wat vanuit die sosiale media voortgevloei het dat die adverteerders blitsvinnig besluit het om die advertensie se bewoording te verander. Ander voorbeelde soos die hele kwessie rondom studiekostes word ook op sosiale media gestook en word dikwels met groot vrug ingespan. OF Nee wat, sosiale media het nie noodwendig positiewe verandering tot gevolg nie. Dit bly merendeels redelik passief om 'n mening op een of ander sosiale platform uit te blaker – positiewe aktivisme, wat ware verandering tot gevolg kan hê, vra veel meer. In dié advertensie se geval het die adverteerder eenmalig geswig om bewoording ietwat te verander, maar die "kiem", nl. die oordrewe klem van advertensies op die volmaakte voorkoms is nog nie gesmoor nie. 8.7 Kandidaat se eie gepaste, treffende opskrif, byvoorbeeld: Egtheid is soveel "sterker" as valsheid. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 16 VRAAG 9 SPOTPRENT 9.1 Die vergelyking in hierdie spotprent wil die bekende toneeltjie waar die klein voëltjie wat uiteindelik vlieggereed is en uit die nes geskop gaan word, gelykstel aan matrikulante, wat na hul skoolloopbaan, gewoonlik die huis verlaat. [Let op eie bewoordings.] 9.2 Die jonger voël word gelukgewens met die feit dat hy matriek geslaag het/ sy matrieksertifikaat verwerf het terwyl hy sterkte toegewens word met die harde werklikheid – soos deur die negatiewe elemente in die prent uitgebeeld – wat na skool (buite die nes) op hom wag. 9.3 Sy groot oë./Die sweetdruppels./Die feit dat sy vlerke ingetrek is en nie werklik uitgestrek is vir die groot vlug wat voorlê nie. [Oorweeg ander gepaste moontlikhede.] 9.4 Die wolke is donkerswart./Die bliksemstrale. [Oorweeg ander moontlikhede.] 9.5 Dit behoort opwindend vir matrikulante te wees om die buitewêreld te betree, maar in Suid-Afrika is dit vreesaanjaend en hou 'n matrieksertifikaat nie veel opsies in nie. Die spotprent beeld die tragiese, donker toekomsprentjie vir die jeug uit weens die land se ekonomiese probleme, tekort aan geleenthede, hoë werkloosheidsyfer en hoë studiekoste/onluste- kwessie rakend studiekoste (met geen spreekwoordelike silwer randjie aan die donker wolke nie). [Volledigheid en ironie is belangrik in kandidate se bewoording van die spotprentkommentaar.] Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all