Skip to content
Question paper

Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the 2017, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Afrikaans HLGrade 1220177 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. In hierdie vraestel is daar TWEE afdelings: Letterkunde (Drama en Prosa) en Transaksionele skryfwerk. 3. Beantwoord VIER vrae: TWEE uit Afdeling A (Letterkunde) en TWEE uit Afdeling B (Transaksionele skryfwerk). 4. Daar is EEN VERPLIGTE vraag oor die dramas en TWEE vrae oor die prosawerke. Beantwoord die VERPLIGTE VRAAG oor die drama van jou keuse (in ongeveer 400 woorde) en EEN vraag oor die prosawerk van jou keuse (in ongeveer 600 woorde). 5. In Afdeling B is Vraag 7 verpligtend. Doen dan óf Vraag 8 óf Vraag 9. Al die vrae moet in ongeveer 250 woorde beantwoord word. 6. Lees die inligting, instruksies en opdragte by elke vraag noukeurig deur sodat jy presies weet wat van jou verwag word. 7. Jou antwoorde moet presies soos die vrae in die vraestel genommer wees. 8. Begin elkeen van die vier vrae boaan 'n nuwe bladsy in jou antwoordboek. 9. Let noukeurig op die puntetoekenning van die verskillende vrae. 10. Dit is in jou eie belang om netjies en duidelik leesbaar te skryf. 11. Goeie taalversorging sal in jou guns tel. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 7 AFDELING A LETTERKUNDE DRAMA Daar word in hierdie afdeling EEN VRAAG oor elk van die twee voorgeskrewe drama- tekste gestel. Na aanleiding van die drama wat jy bestudeer het, moet jy Vraag 1 (oor Die Keiser) of Vraag 2 (oor Kanna hy kô hystoe) beantwoord. Jou mini-essay moet betogend van aard wees. Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na of aanhalings uit die teks. Bring die woordtal (ongeveer 400 woorde) onder jou essay aan. 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou essay gebruik word. VRAAG 1 DIE KEISER (Bartho Smit) André P. Brink (bekroonde romanskrywer en akademikus) meen dat die keiser ná sy floute nie by sy volle positiewe was nie en daarom die moed aan die dag gelê het om die optog byna kaal aan te pak. Betoog in 'n mini-essay van ongeveer 400 woorde dat die keiser met die aanvang van die optog nie regdenkend was nie en toevallig die korrekte besluit geneem het OF dat hy presies geweet het wat hy doen toe hy kaal, soos sy mense, in die optog gestap het. Jou slot moet duidelik verwys na die uitkoms van die optog. Daar word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy jou mini-essay aanpak. [30] OF VRAAG 2 KANNA HY KÔ HYSTOE (Adam Small) Dr. Thys Human sê in sy voorlegging van die epiese teater dat Kanna in Kanna hy kô hystoe se mense hom as 'n tipe mosesfiguur gesien het. As 'n mosesfiguur wat sy volk moet red, faal Kanna egter jammerlik. Betoog in 'n mini-essay van ongeveer 400 woorde of die uitwissing van 'n gesin te wyte was aan oorsaaklike faktore (en nie net aan Kanna se onvermoë en skynbare liefdeloosheid nie) en dat Kanna, as enigste geleerde persoon, ook magteloos sou staan om hierdie tragedie te verhoed, maar nietemin tog op 'n manier sy mense sou kon bystaan. Jou slot moet duidelik uitwys of Makiet se gesin uitgewis is deur skurke of dalk deur 'n onregverdige stelsel en 'n onsimpatieke samelewing wat Kanna moes oorbrug. Dit word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy jou mini-essay aanpak. [30] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 7 PROSA Daar word in hierdie afdeling telkens twee vrae oor twee verskillende prosatekste gevra. Na aanleiding van die roman wat jy bestudeer het, moet jy Vraag 3 OF 4 (oor Toorberg) of Vraag 5 OF 6 (oor Frats) beantwoord. Jou literêre opstel moet beredenerend van aard wees. Ondersteun jou stellings deurgaans met verwysings na of aanhalings uit die teks. Bring die woordtal (ongeveer 600 woorde) onder jou literêre opstel aan. 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou literêre opstel gebruik word. Beantwoord Vraag 3 OF Vraag 4 wat oor die roman Toorberg gestel is. VRAAG 3 TOORBERG (Etienne van Heerden) Rialette Wiehahn (akademikus) sê in haar bespreking in Tydskrif vir Letterkunde (Mei 1995) dit blyk dat by die leser se eerste ontmoeting met die magistraat (in 'n skommelende trein- kompartement) asof die magistraat op kommissie, as "speurder", na Toorberg onderweg is. Dit word egter gou duidelik dat Toorberg nie 'n konvensionele speurroman is nie. Beredeneer in 'n literêre opstel van ongeveer 600 woorde die moontlikheid dat Toorberg 'n andersoortige speurroman is deur na die magistraat, sy ondersoek na 'n moontlike misdaad en 'n skuldige, die nielewendes, asook die rol van die leser te verwys. Jou slot moet 'n duidelike gevolgtrekking rakende die sukses, al dan nie, van die magistraat se soektog na 'n skuldige bevat. Dit word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy jou literêre opstel aanpak. [30] OF VRAAG 4 TOORBERG (Etienne van Heerden) Magistraat Van der Ligt moet kom vasstel of die voorval waar Druppeltjie du Pisani in die boorgat geval en gesterf het, 'n ongeluk was, en of iemand skuld aan sy dood het. Met behulp van die getuienis wat hy inwin, slaag die magistraat geleidelik daarin om die geskiedenis van die Moolmans bloot te lê en te verstaan. Hy begin begryp hoe belangrik die verlede vir die gebeure in die hede is, asook vir vooruitwysing na die toekoms. Beredeneer in 'n literêre opstel van ongeveer 600 woorde hoe die Moolmanfamilie in drie verskillende groepe verdeel word en dit aanleiding gee tot die kwessie van kleur en vooroordeel wat die familie (as 'n soort straf) uitroei, en uiteindelik met die dood van Druppeltjie die einde van dié hovaardige wit Moolmanfamilie beteken. Dit word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy die literêre opstel aanpak. [30] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 7 OF Beantwoord Vraag 5 OF Vraag 6 wat oor die roman Frats gestel is. VRAAG 5 FRATS (Chris Karsten) Petra Müller (Afrikaansskrywer) sê: "In Frats het Chris Karsten die waagmoedige ding gedoen om op die spore van Saartjie Baartman se lewe 'n werklik aangrypende roman te konstrueer waarin haar gevoelslewe as objekgeworde vrou-mens die hartklop van die boek word." Beredeneer in 'n literêre opstel van ongeveer 600 woorde hoe die titel, Frats, vir Khoena (in Engeland en Frankryk) as abnormaal uitlig terwyl sy eintlik bloot mens was. Dit bring dan ook die kwessie wie en wat normaal is sterk na vore in hierdie verhaal van 'n jong vrou wat as frats in die vreemde moet optree. Jou slot moet 'n duidelike gevolgtrekking bevat oor die uitbuiting van lewende wesens wat nie as normaal in die samelewing beskou word nie, deur persone wat hulself die reg toe-eien om te mag besluit oor wie normaal is en wie nie. Dit word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy die literêre opstel aanpak. [30] OF VRAAG 6 FRATS (Chris Karsten) In hierdie roman word al die karakters deur 'n eksterne verteller, wat gebruik maak van interne fokalisering (vertelling vanuit die gesigspunt van die karakters), beskryf. Beredeneer in 'n literêre opstel van ongeveer 600 woorde hoe Dolly en Simon se onderskeie beweegredes (motiewe) om Khoena te red van 'n onmenslike situasie in Engeland en Frankryk, in elkeen se vertelbeurte na vore kom. Besluit ten slotte hoe Dolly en Simon se pad met Khoena haar swaarkry beklemtoon sodat haar storie vandag erkenning kan verkry. Dit word sterk aanbeveel dat jy 'n beplanning/breinkaart doen voor jy die literêre opstel aanpak. [30] 60 punte IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 7 AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK In hierdie afdeling word DRIE opdragte gegee. Vraag 7 is VERPLIGTEND. Doen dan óf Vraag 8 óf Vraag 9. Elke skryfstuk moet ongeveer 250 woorde bevat. Maak seker dat jy die gepaste register en taal, soos gevra, gebruik. Die formaat, teikenleser en toon moet by elke skryfstuk pas. 'n Nasienrubriek sal vir die assessering van jou skryfwerk gebruik word. Die volgende verwerkte artikel op Maroela Media (2 Desember 2015) kan as prikkel vir jou skryfstukke dien. Dié skool keer tradisionele stelsels op sy kop Primêre Skool Sun Valley in Kaapstad het omtrent mense aan die gons gehad met sy besluit om huiswerk af te skaf. Volgens die hoof, Gavin Keller, sien hulle reeds ongelooflike resultate. Deur Adéle Changuion Dié besluit volg op jare se navorsing. "Die tradisionele skoolstelsel het baie goed gewerk toe jy mense wou voorberei om in fabrieke te gaan werk, maar vandag is ons besig om mense voor te berei om as entrepreneurs en denkers, innoverend en kreatief te wees." By Sun Valley word leermetodes geskoei op navorsing oor hoe die brein werk. Die brein leer nie as dit spanning ervaar nie. Sodra 'n persoon spanning ervaar, gebruik hy nie die kognitiewe deel van sy brein nie, maar sy "oorlewingsinstink". Keller sê die huidige skoolstelsel is baie akademies-gedrewe, wat hoë vlakke van spanning veroorsaak en wat kinders verhoed om reg te leer. Hy meen ook dat huiswerk een van die faktore is wat die meeste spanning veroorsaak, nie net by kinders nie, maar ook by ouers en onderwysers. "Na 'n voldag van leer het die kind nog 'n groot hoeveelheid werk wat hy by die huis moet voltooi. Die ouers, wat ook hul pond vleis by die werk moes betaal, kom doodmoeg tuis en moet dan die kinders ook help met huiswerk." Intensiewe toetse het gewys dat kinders akademies beter presteer as daar minder druk is. Keller meen daar is 'n persepsie dat as 'n mens nie vir 'n kind huiswerk gee nie, hy nie verantwoordelikheid gaan leer nie. "Daar is geen navorsing wat dit bewys nie," sê hy. Hoewel die kinders nie meer huiswerk kry nie, moet hulle daagliks 20 minute lees. "Ons kry terugvoer van ouers wat sê hulle kinders het nooit 'n boek in hulle lewe gelees nie, maar dieselfde kinders kan nou nie genoeg kry van lees nie. As ons hierdie nasie wil verander, moet ons ons kinders aan die lees kry." IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 7 VRAAG 7 ARGUMENTBEWOORDING (VERPLIGTE VRAAG) Die laerskool in julle omgewing het aangedui dat hulle die geen-huiswerk-beleid wil ondersoek. In die Afrikaansklas word 'n debat hieroor gevoer. As klastaak moet elkeen 'n argumentbewoording skryf waarin almal hulle siening oor die geen-huiswerk-beleid moet uitwys. Die volgende argumente moet aandag in die argumentbewoording geniet: geen huiswerk dra nie tot leerlinge se verantwoordelikheidsin by nie; 'n tradisionele skoolstelsel het nie meer 'n plek in ons samelewing nie; dit is nie ouers se taak om leerlinge in skoolwerk te help nie en spanning verminder met 'n geen-huiswerk-beleid. Skryf jou argumentbewoording in ongeveer 250 woorde. [20] EN DOEN NOU VRAAG 8 OF VRAAG 9 VRAAG 8 RESTAURANTRESENSIE Die Hoërskool Sun Valley het besluit om hierdie navorsing (dat leerlinge akademies beter presteer as daar minder druk is en waar daar 'n ontvanklike, rustige atmosfeer is) ernstig op te neem en 'n deftige restaurant op die kampus te begin waar leerlinge (asook hulle ouers) kan ontspan en die mooi skoolterrein waardeer. As plaaslike joernalis en koskenner moet jy 'n resensie oor hierdie restaurant skryf. In jou resensie moet jy aandag aan die volgende skenk: ontvangs, interieur, atmosfeer en musiek, bediening en gehalte van die spys en drank. Jou resensie moet ongeveer 250 woorde wees. [20] OF IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 7 VRAAG 9 FORMELE BRIEF As ouboet/ousus van 'n graadsesleerder in Primêre Skool Sun Valley, voel jy dit jou plig om te reageer op hierdie berig. Volgens jou is dit 'n skool se plig om sy leerders 'n verantwoordelikheidsin te leer en is jy van mening dat hierdie laerskool se huidige stelsel dit wel regkry OF dat hulle hul plig versuim. Skryf nou aan die voorsitter van die beheerliggaam 'n formele brief en lug jou opinie hieroor. Gee die volgende in jou formele brief weer: bewyse van verantwoordelikheidsin of gebrek daaraan by jou boetie/sussie in graad ses soos jy en jou ouers dit beleef. Verwys na sy/haar werksetiek, take by die huis, uitbreiding van algemene kennis en algemene persoonlikheidsverandering. Jou formele brief moet ongeveer 250 woorde wees. [20] 40 punte Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all