Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n Addendum van 10 bladsye (i–x). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. In hierdie vraestel is daar drie afdelings:
AFDELING A: Begrip, Taal en Styl (50 punte)
AFDELING B: Poësie (30 punte)
AFDELING C: Visuele Geletterdheid en Kritiese Taalbewustheid (20 punte)
3. Beantwoord AL die vrae in Afdeling A en C.
4. In Afdeling B is daar een keusevraag, nl. Vraag 5 of 6. Beantwoord dus drie vrae in
hierdie afdeling: Vraag 4 (verpligtend), Vraag 5 of 6 (kies een) en Vraag 7
(verpligtend).
5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Begin elke vraag boaan 'n nuwe bladsy. Rofwerk moet duidelik aangedui word.
7. Laat 'n reël oop tussen antwoorde en skryf slegs binne die kantlyne.
8. Lees die instruksies by ELKE vraag noukeurig deur en voer die opdragte presies
daarvolgens uit. Let op die puntetoekenning by elke vraag en gebruik dit as riglyn
vir die antwoord se lengte.
9. Langs die nommer van sommige vrae kom die afkorting MS voor. Dit beteken dat
daardie spesifieke vraag met 'n metingskaal nagesien sal word. Jou antwoord
moet 'n uitgebreide paragraaf wees, aangesien jou vermoë om te argumenteer en
inligting te integreer, beoordeel sal word.
10. Skenk aandag aan taalversorging.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the 2019, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans HL · Grade 12 · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 130.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 2 van 8
AFDELING A BEGRIP, TAAL EN STYL
VRAAG 1 BEGRIP, TAAL EN STYL
Lees Deon Meyer se teks "Daar's 'n sissie in elke 4×4" (Teks 1 in die Addendum)
en beantwoord die volgende vrae:
1.1 Die skrywer weet dat sy stelling oor vier-by-vierders (paragraaf 1) sterk
reaksie by lesers sal ontlok. Waarom waag hy dit tog om hierdie stelling in
die openbaar te publiseer? Verskaf TWEE redes. (2)
1.2 Lees die volgende twee aanhalings uit die teks en verduidelik waarom die
skrywer in EEN van hierdie twee gevalle ekstra inligting tussen hakies
byvoeg:
• " 'n man (of vrou) se ryding" (paragraaf 2)
• "ons voorvaders (of dit nou Piet Retief of Shaka was)" (paragraaf 7) (2)
1.3 Bespreek die samehang tussen paragrawe 3 en 4. Verwys ook na die
funksie van die dubbelpunt aan die einde van paragraaf 3. (2)
1.4 MS Bespreek die ironiese effek van "die Origami-lesse of die
kindersielkundige" as voorbeelde om die skrywer se argument in
paragraaf 4 te ondersteun. (3)
1.5 Verduidelik die effek van die gebruik van die direkte rede asook die vraag in
paragraaf 5. (2)
1.6 Skryf 'n sinoniem vir "snoesig" (paragraaf 6) neer. (1)
1.7 Waarna verwys die "Donker Kontinent" (paragraaf 7)? Verduidelik die
humor wat met hierdie benaming in die konteks van die hele leesstuk
geskep word. (2)
1.8 Verduidelik waarom die skrywer enumerasie in paragraaf 8 gebruik. (1)
1.9 Verduidelik hoe die ellips in paragraaf 9 op TWEE maniere geïnterpreteer
kan word. Betrek die hele paragraaf 9 in jou antwoord. (2)
1.10 Hoe pas die vergelyking in paragraaf 11 by die gebruik van
verkleinwoorde in dieselfde paragraaf? (2)
1.11 Hoe pas paragraaf 1 en paragraaf 12 vormlik én inhoudelik by mekaar? (2)
1.12 Waarom verwys die skrywer soveel meer na sintuiglike ervarings in
paragrawe 13 en 14 as in die eerste twaalf paragrawe van die teks? (2)
1.13 Verduidelik die woord heelhuids in die konteks van paragraaf 14. (1)
1.14 Hoe rond die skrywer sy teks in die slotparagraaf af? (1)
[25]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 8
VRAAG 2 BEGRIP, TAAL EN STYL
Lees die webbladteks oor Michael Ende se roman Momo (Teks 2 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
2.1 Watter element van die voorbladontwerp ondersteun die beskrywing van
die roman in paragraaf 1? (1)
2.2 Verduidelik waarom baie mense mag dink dat Momo nie die regte persoon
is om die stad teen die gruwelike grys menere te beskerm nie. (2)
2.3 In paragraaf 2 word beeldryke werkwoorde gebruik:
• Die grys menere ruk op.
• Momo beteuel die mag van die tyddiewe.
Kies EEN van hierdie werkwoorde en verduidelik die beeld wat geskep
word en die emosie wat by die leser ontlok word. (2)
2.4 Hoekom kan 'n mens sê dat Helene de Villiers goed gekwalifiseer is om
hierdie spesifieke roman te vertaal? (1)
2.5 Die volgende inligting word verskaf op die Afrikaanse Wikipedia:
'n Moederbord in 'n rekenaar is 'n gedrukte stroombaanbord met
elektronika waarop ander stroombaanborde gemonteer kan word.
Vandaar die naam, moeder- of hoofbord. Al die verskillende dele van
die rekenaar is aan die moederbord verbind. Dit verseker dat al die
komponente as 'n geheel kan saamwerk.
(Bron: <https://af.wikipedia.org/wiki/Moederbord>)
In sy kommentaar op die webblad gebruik CHW die term "moederbord"
metafories. Skryf nou die eerste sin van sy kommentaar oor MET behoud
van betekenis, maar SONDER metaforiese taalgebruik. (2)
2.6 Hoe suggereer Gifappeltjie se naam dat die kommentaar bes moontlik
negatief sal wees? (1)
2.7 Lees die onderstreepte sin in paragraaf 6.
2.7.1 Noem TWEE maniere waarop die skrywer seker maak dat lesers die
negatiwiteit van die opmerking besef. (Moet nie onderstreping noem
nie; die eksaminator het dit bygevoeg.) (1)
2.7.2 Skryf die onderstreepte sin oor in die lydende vorm. (1)
2.7.3 Watter vorm werk die beste vir hierdie sin in hierdie paragraaf: die
bedrywende of die lydende vorm? Motiveer jou antwoord. (1)
2.8 MS Vir watter een van die twee kommentators se opmerking sou jy 'n "like"
gee? Verwys na al twee kommentators in jou antwoord. Gebruik inligting uit
die hele teks om jou argument te ondersteun. (3)
[15]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 8
VRAAG 3 TEKSVERWERKING
Situasie:
Jy en 'n paar vriende gaan na afloop van julle matriekeksamen vir 'n week saam
vakansie hou.
Jy voel al lankal ongelukkig oor hoeveel plastiek mense gebruik en veral weggooi,
asook die impak wat dit op die omgewing het.
Jou siening word versterk deur Anélle Tewson se tydskrifartikel "Dis nuut en nou"
(Teks 3 in die Addendum).
Opdrag:
In 'n e-pos aan jou vriende sluit jy 'n paar paragrawe in oor hoe julle julle
plastiekvoetspoor tydens julle vakansie kan verklein.
• In een paragraaf verskaf jy jou motivering hiervoor.
• In 'n tweede paragraaf verskaf jy voorstelle oor hoe julle deur wat julle koop 'n
verskil kan maak.
• In 'n derde paragraaf verskaf jy voorstelle oor hoe julle op 'n meer sinvolle
manier met plastiekafval kan werk.
Let wel:
• 'n Opskrif is onnodig omdat jy paragrawe in 'n e-pos skryf.
• Jou drie paragrawe moet saam tussen 90 en 100 woorde lank wees.
• Dui jou totale woordtelling onder jou teks aan.
• Tel alle woorde, ook lidwoorde (die en 'n).
• Jou inhoud mag uitsluitlik uit die teks kom – moenie jou eie idees of voorstelle
byvoeg nie.
• Jy behoort in totaal 8 tot 10 feite in jou drie paragrawe in te sluit.
• Jou toon kan informeel wees, maar sleng, SMS-taal en WhatsApp-taal sal nie
aanvaar word nie.
• Jy mag EEN Engelse woord in jou drie paragrawe gebruik (maar jy hoef nie as
jy nie wil nie).
• Jou paragrawe sal met 'n metingskaal beoordeel word.
[10]
50 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 8
AFDELING B POËSIE
VRAAG 4 VOORBEREIDE GEDIG: VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "'n brief van hulle vakansie" deur Breyten Breytenbach (Teks 4 in
die Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
4.1 Wat impliseer die spreker oor homself in versreël 1 en 5 en hoe sluit dit
aan by die inhoud van die eerste twee strofes? (2)
4.2 MS Trixie se dood word nie uitsluitlik as 'n tragedie uitgebeeld nie.
Verduidelik watter positiewe gevolg van dié hartseer gebeurtenis in die
gedig beskyf word. Ondersteun jou antwoord met aanhalings uit die gedig. (3)
4.3 Watter kontras skep die spreker tussen sy pa en sy ooms? Verwys
spesifiek na versreël 13 en 14, asook versreël 25 tot 28. (2)
4.4 MS Hoe ontwikkel die spreker se insig in sy pa? Betrek die titel, subtitel en
die hele gedig in jou antwoord. (3)
4.5 MS Hierdie gedig van Breytenbach kan gesien word as tegelyk sterk
outobiografies én universeel. Verduidelik hierdie stelling met verwysing
na spesifieke elemente in die gedig. (3)
[13]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 8
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG: KEUSEVRAAG
Lees die gedig "Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga" deur Ingrid
Jonker (Teks 5 in die Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
5.1 Hoekom lig die kind sy vuiste teen sy ouers (versreël 2 en 6)? (2)
5.2 MS Hierdie gedig is reeds in Maart 1960 geskryf, en is in 1963 in 'n
digbundel gepubliseer. Tog word dit steeds met waardering gelees. Wat,
dink jy, is die universele boodskap van hierdie gedig? (2)
5.3 MS Jonker se gedig, asook "Ode" van Johan de Jager (Teks 6 in die
Addendum), druk 'n bepaalde siening van die kontinent Afrika uit. Watter
gedig pas die beste by jou eie siening van hierdie kontinent? Motiveer jou
antwoord. (3)
OF
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG: KEUSEVRAAG
Lees die gedig "Ode" deur Johan de Jager (Teks 6 in die Addendum) en
beantwoord die volgende vrae:
6.1 Waarom praat die spreker soveel meer van "ek" as van "ons"? (2)
6.2 MS Hierdie gedig het reeds in 1973 in 'n digbundel verskyn. Tog word dit
vandag steeds gelees en bestudeer. Bespreek of die beeld van hierdie
spreker steeds in 2019 relevant is. (2)
6.3 MS De Jager se gedig, asook "Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by
Nyanga" van Ingrid Jonker (Teks 5 in die Addendum), druk 'n bepaalde
siening van die Afrika-kontinent uit. Watter gedig pas die beste by jou eie
siening van hierdie kontinent? Motiveer jou antwoord. (3)
[7]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 8
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG: VERPLIGTE VRAAG
Lees die gedig "Toe jy kind was" deur N. P. van Wyk Louw (Teks 7 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
7.1 Hoekom dink 'n kind dat groot en goeie dinge uit hom/haar sal kom? Gee
TWEE redes. (2)
7.2 Die stelling "soos 'n seun moet dink, natuurlik" (in versreël 4) is deesdae nie
meer aanvaarbaar nie. Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou
antwoord. Indien nodig, gee 'n meer aanvaarbare alternatief vir die versreël. (2)
7.3 Wat is die implikasie van die herhaling van die woord "eenvoud" in versreël
8 tot 10? (1)
7.4 MS Hierdie gedig skep 'n kontras tussen die manier waarop 'n kind oor die
lewe dink en die ontwikkelde insig en wysheid van 'n volwassene.
Verduidelik in die konteks van die hele gedig wat deur die "gesprikkelde
sampioene" (versreël 11) en die "teer" (versreël 12) uitgebeeld word. (3)
7.5 Motiveer dat versreël 15 'n oortuigende slotsom vir hierdie gedig bevat. (2)
[10]
30 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 8
AFDELING C VISUELE GELETTERDHEID EN KRITIESE TAALBEWUSTHEID
VRAAG 8 ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie vir die Adventure Lifestyle Show (Teks 8 in die
Addendum) en beantwoord die volgende vrae:
8.1 Bespreek twee betekenisse wat deur die logo/embleem van die Adventure
Lifestyle Show wat boaan die advertensie verskyn, gesuggereer word. (2)
8.2 Onder die opskrif "Maak avontuur jou leefstyl" verskyn drie foto's. Watter
een van hierdie drie foto's beeld vir jou die aanloklikste leefstyl uit?
Motiveer jou keuse. (2)
8.3 Bespreek die gepastheid van die grafiese elemente (die foto's en veral die
ontwerp en bladuitleg) vir die leefstyl wat hier geadverteer word. (2)
8.4 Die teks of kopié van die advertensie is uiters swak geredigeer.
8.4.1 Skryf 'n woord uit die teks neer waarin 'n koppelteken onnodig
gebruik word. Verduidelik waarom die koppelteken onnodig is. (1)
8.4.2 Skryf 'n woord uit die teks neer waarin 'n koppelteken weggelaat is.
Verduidelik waarom 'n koppelteken nodig is. (1)
8.4.3 Skryf 'n frase uit die teks neer waarin 'n verkeerde voorsetsel
gebruik word. Verskaf ook die korrekte voorsetsel. (1)
8.4.4 Skryf 'n woord uit die teks neer wat verkeerd gespel is. Skryf ook
die korrekte spelling neer. (1)
[10]
VRAAG 9 SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent deur Fred Mouton (Teks 9 in die Addendum) en
beantwoord die volgende vrae:
9.1 Noem EEN visuele leidraad wat daarop dui dat die gasheer (die man in die
kombuis) bedagsaam teenoor sy vrou optree. (1)
9.2 Beskryf die gasheer en gasvrou se emosionele reaksie op die gas se
woorde en gee besonderhede uit die spotprent om jou antwoord te staaf. (3)
9.3 Dui aan of die onderstaande stelling WAAR of VALS is en bied een bewys
uit die spotprent aan wat jou standpunt ondersteun.
Die gaste is bekommerd oor hulle kinders se veiligheid. (1)
9.4 MS Bespreek die volwasse gaste se gemaksug in terme van wat hulle in
die spotprent doen en wat hulle nie doen nie. (3)
9.5 Hoe vergelyk die gedrag van die gaste se kinders met die gedrag van die
kind wat by die gasvrou staan? (2)
[10]
20 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum
Related documents

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum

MemorandumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

AddendumIEB
Afrikaans HL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Addendum

MemorandumIEB

