Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees ALLE vrae korrek en beantwoord slegs wat versoek word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die maag by pluimvee waar soutsuur afgeskei word.
A Krop
B Proventrikulus
C Retikulum
D Ventrikulus
1.1.2 Die beweging van oplosbare voedselpartikels deur die wande van die
ingewande tot in die bloedstroom is …
A retensie.
B ingestie.
C mastikasie.
D absorpsie.
1.1.3 Die belangrikheid van emulsifisering tydens vertering behels:
(i) Toename van oppervlak vir effektiewe aktiwiteit van lipase
(ii) Werk teen ontbinding
(iii) Verander die pH van chiem van alkalies tot suur
(iv) Help met die absorpsie van vetoplosbare vitamiene
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.4 Die metaboliese energie van die voer is gelyk aan die bruto energie
van voer, minus die energie wat verloor is deur …
A mis, urine en liggaamshitte.
B gasse, urine en liggaamshitte.
C mis, urine en gasse.
D mis, gasse en liggaamshitte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.5 Die volgende toerusting is belangrik by pluimvee-produksie
behalwe …
A drippers.
B voeders.
C laaghoutborde.
D slaapplekke.
1.1.6 Die volgende gebeur by ʼn kommersiële boerderystelsel:
(i) Uitsette word vir huishoudelike gebruik geteiken.
(ii) Verbeterde diererasse en gewasvariasies word gebruik.
(iii) Wins word deur grootskaalse produksie gemaksimeer.
(iv) Moderne tegnologie word gebruik.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 Voorbeeld van metaboliese siektes wat plaasdiere beïnvloed:
A Parakeratose, goiter en anemie
B Anaplasmose en keratomalasie
C Klontwol, hipomagnesemie en tetanus
D Osteomalasie, artritis en koksidiose
1.1.8 Die giftige plant met ʼn slegte reuk en smaak wat algemeen in die
veld gevind word:
A Mielieswam
B Geeltulp
C Gifbol
D Doringappel
1.1.9 Sigbare tekens deur ʼn koei getoon wat naby daaraan is om
geboorte te gee:
(i) Urineer en mis gereeld
(ii) Stres en ongemak
(iii) Isoleer haarself van die kudde en hou op vreet
(iv) Drup van melk vanuit die spene as gevolg van kalf se
suiging
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.10 Die membraan wat die fetus omring en verantwoordelik is vir die
wegvoer van afvalprodukte is die …
A naelstring.
B allantoïs.
C chorion.
D amnion. (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN langs
die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld,
1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Vitamiene A Gebrek veroorsaak brosheid en
B: Vitamiene K poreusheid van bene
1.2.2 A: Hoë VP inhoud Geskik vir groei, melkproduksie en
B: Lae vesel-inhoud reproduksie
1.2.3 A: Drukgang Hanteringsfasiliteit waar diere gehou
B: Houhok word voor hantering
1.2.4 A: Spuit Toediening van medisyne vir die
B: Dosering behandeling van eksterne parasiete
1.2.5 A: Testosteroon Ontwikkeling van sekondêre manlike
B: Estrogeen geslagskenmerke
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die rantsoen wat genoeg voedingstowwe aan ʼn dier verskaf om dit
lewendig en in goeie kondisie te hou
1.3.2 Die aksie deur boere uitgevoer wat diere immuniteit teen siektes gee
1.3.3 Die struktuur wat op die ovarium in die plek van ʼn oopgebarste
follikel vorm
1.3.4 ʼn Sterk sametrekking van die uretra wat die deponering/uitstorting
van semen in die vagina veroorsaak
1.3.5 Die hormoon by koeie wat vir uier- en melkproduksie
verantwoordelik is (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om elk van die volgende
stellings WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Vlugtige vetsure is organiese verbindings wat die boustene van
proteïene vorm en kan nie deur diere gesintetiseer kan word nie.
1.4.2 Miltsiekte is ʼn nie-aansteeklike bakteriële siekte wat plaasdiere
beïnvloed.
1.4.3 Pro-estrus is die fase in die bronstigheidskringloop wanneer die
corpus luteum ten volle funksioneel is.
1.4.4 Semen-vesikels vervoer spermselle vanaf die epididimus na die
uretra.
1.4.5 Aborsie is die toestand waar die vagina buite die vulva uitsteek en tot
infeksie lei. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die onderstaande diagramme toon die spysverteringskanaal, maag en die
proses wat in die maag van ʼn plaasdier plaasvind.
DIAGRAM A DIAGRAM B
DIAGRAM C
2.1.1 Dui die ouderdom van die diere aan met ʼn maag soos in
DIAGRAM A en DIAGRAM B. (2)
2.1.2 Gee ʼn rede wat sigbaar is uit DIAGRAM A en DIAGRAM B om jou
antwoord op VRAAG 2.1.1 te staaf. (2)
2.1.3 Identifiseer die prosesse wat deur pyl A en pyl B in DIAGRAM B
geïllustreer word. (2)
2.1.4 Verduidelik die belangrikheid van die proses wat deur pyl B in
vertering geïllustreer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.1.5 Gee die verskil tussen deel F in DIAGRAM C met die van ʼn vark. (1)
2.1.6 Identifiseer die letter wat die maag van die dier in DIAGRAM C
voorstel wat met deel C in DIAGRAM B in terme van funksionering
ooreenstem. (1)
2.2 Die onderstaande tabel toon die mineraal-gebreksimptome, metodes van
toediening en die tipe diere wat daardeur geaffekteer word.
Vul die uitstaande inligting in A, B, C en D in die tabel in.
MINERAAL METODE VAN DIER GEAFFEKTEER
GEBREKSIMPTOOM TOEDIENING
Binne-aarse toediening Melkkoeie
A
met kalsiumboroglunaat
B C Varke in sementhokke
Duinetering D Beeste (4)
2.3 ʼn Boer het twee voere beskikbaar om ʼn gebalanseerde rantsoen vir
lakterende koeie wat 16% verteerbare proteïene nodig het, saam te stel. Die
volgende inligting is die voedingstof-samestelling van hierdie voere.
SAMESTELLING (%) VOERE
HAWERMEEL GRONDBOONTJIE
OLIEKOEKMEEL
Koolhidrate 56 25
Verteerbare proteïene 8 36
TVV 80 72
2.3.1 Klassifiseer die voere in die bostaande tabel. (1)
2.3.2 Stel TWEE redes waarom dit belangrik is om die diere met die voer
genoem in VRAAG 2.3.1 te voer. (2)
2.3.3 Identifiseer die voer vanuit die bostaande tabel wat die volgende kan
hê:
(a) Wye voedingsverhouding (1)
(b) Nou voedingsverhouding (1)
2.3.4 Bereken die verhouding van elke voer benodig om ʼn rantsoen met 16%
verteerbare proteïene vir lakterende koeie saam te stel. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.4 Die inligting hieronder dui die daaglikse metaboliese energievereistes vir die
onderhoud van koeie per lewende gewig aan.
LEWENDE GEWIG VAN KOEI (KG) METABOLIESE VEREISTE IN
(MJ/DAY)
350 15
400 23
450 35
500 45
550 50
600 65
2.4.1 Gee die bostaande inligting in die vorm van ʼn lyngrafiek. (6)
2.4.2 Lei die neiging van die metaboliese behoefte per lewende gewig van
ʼn koei af. (2)
2.4.3 Bereken die metaboliese energie behoefte vir die onderhoud van ʼn
koei met ʼn lewende gewig van 400 kg vir 5 dae. (2)
2.4.4 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om die energiewaarde van
voer uit te werk. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, -BESKERMING EN -BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die prente onderaan toon gereedskap/apparate/toerusting wat gebruik word
om plaasdiere te hanteer.
PRENT A PRENT B
PRENT C PRENT D
3.1.1 Identifiseer die prent van ʼn gereedskap/toerusting/apparaat wat vir elk
van die volgende take geskik sal wees:
(a) Vashou van die dier wanneer hul onthoring word (1)
(b) Kan nie gebruik word om lammers te kastreer nie (1)
(c) Gebruik om groot diere te hou (1)
(d) Apparaat wat gebruik word om diere bloedloos te kastreer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.1.2 Dui aan hoe die volgende tegnieke om diere se beweging te strem
gedurende hantering gebruik kan word
(a) Beenbinding (1)
(b) Immobilisering (1)
3.2 Die onderstaande illustrasies toon die faktore wat gebruik word om die
produksie op ʼn plaas te verhoog.
A B
Verseker goeie sanitasie, Produseer hoë kwaliteit
deur konstant die diere diere om produksie te
se gesondheid na te verhoog
gaan en korrekte aksie uit
te voer
C
Formuleer rantsoen
volgens die
produksiestatus van ʼn
dier
3.2.1 Dui die soort diereproduksiestelsel wat deur die faktore in die
bostaande illustrasie aangewys word. (1)
3.2.2 Identifiseer die faktore om produktiwiteit te verhoog soos deur A, B en
C geïllustreer. (3)
3.2.3 Noem EEN faktor, wat nie hierbo geïllustreer is nie, om produksie te
verhoog. (1)
3.2.4 Dui die manier aan hoe boere die faktor genoem in VRAAG 3.2.3 kan
aanspreek. (1)
3.3 Onderaan is verskillende maniere hoe plaasdiere optree:
A. Lê in modder om af te koel
B. Grou die grond wanneer hulle aggressief is
C. Pik na alle voorwerpe op die grond as moontlike kos
D. Bly naby aan mekaar wanneer hulle wei of bymekaar gemaak word
3.3.1 Noem die tipe dier wat die gedrag in A, B, C en D toon. (4)
3.3.2 Dui DRIE tekens aan wat deur ʼn dier by VRAAG 3.3 A getoon sal
word wanneer dit onder stres verkeer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.4 Die prent onderaan toon die lewensiklus van ʼn parasiet wat plaasdiere
affekteer.
3.4.1 Klassifiseer die parasiet in die prent en gee sy naam. (2)
3.4.2 Gee die tipe dier wat vir hierdie parasiet vatbaar is. (1)
3.4.3 Identifiseer DRIE stadiums in die lewensiklus van die parasiet in die
prent getoon. (3)
3.4.4 Noem EEN voorsorgmaatreël wat die boer in plek kan stel om
besmetting met hierdie parasiet te voorkom. (1)
3.5 Onderaan is ʼn lys siektes wat algemeen by plaasdiere voorkom.
Tuberkulose/duinetering; hartswater; klontwol; rooiwater;
koksidiose; anemie
3.5.1 Kies ʼn siekte uit die bostaande lys wat op elk van die volgende
metodes oorgedra kan word:
(a) Oorgedra deur die bont bosluis
(b) Spore kan deur besmette skeertoerusting oorgedra word
(c) Geïnfekteer wanneer eiers ingeneem word wanneer kos met
mis besmet is
(d) Oorgedra deur inaseming (4 x 1) (4)
3.5.2 Dui die siekte uit die lys hierbo aan wat nie aansteeklik is nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.6 Dui aan of elk van die volgende praktyke die rol van die staat of die van die
boer is om siektes by plaasdiere te beheer:
3.6.1 Toediening van voorgeskrewe medikasie (1)
3.6.2 Invoer van entstowwe (1)
3.6.3 Verseker goeie sanitasie by ʼn melkstal (1)
3.6.4 Uitvoer- en invoer-verbod (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die onderstaande diagram toon die voortplantingstelsel van ʼn plaasdier.
4.1.1 Identifiseer die dier met die voortplantingstelsel soos in die diagram
hierbo aangetoon. (1)
4.1.2 Gee TWEE sigbare redes in die diagram om jou antwoord by
VRAAG 4.1.1 te staaf. (2)
4.1.3 Identifiseer die letter wat die deel voorstel wat vir die volgende
funksies verantwoordelik is:
(a) Gamete word gevorm (1)
(b) Samesmelting van manlike en vroulike gamete (1)
(c) Inplanting van die embrio (1)
4.1.4 Noem TWEE hormone wat in die deel gemerk D geproduseer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.2 Die bul is noodsaaklik by dierereproduksie om semen te produseer om
sodoende die koei te bevrug. Indien die bul nie die koei kan bevrug nie, is dit
steriel of onvrugbaar.
4.2.1 Onderskei tussen steriliteit en onvrugbaarheid. (2)
4.2.2 Noem TWEE kongenitale defekte wat tot die steriliteit by bulle kan
lei. (2)
4.2.3 Noem TWEE toestande wat kan veroorsaak dat ʼn bul nie met ʼn koei
kan kopuleer nie. (2)
4.3 Semen van ʼn bul kan geoes, nagegaan word, verdun word en gestoor word
vir latere gebruik.
4.3.1 Noem TWEE vereistes vir die versameling van semen. (2)
4.3.2 Dui die hoofdoel vir die verdunning van semen aan. (1)
4.3.3 Die storing van semen het ʼn voordeel vir die boer. Regverdig hierdie
stelling met TWEE voordele. (2)
4.4 Koeie met die bewyse oorerflike eienskappe word gebruik om embrio’s te
produseer om in minder produktiewe koeie in te plant: Hieronder is die
stappe wat by hierdie proses betrokke is:
Foley-kateter word gebruik om die embrio te oes
Semen word in die voortplantingskanaal van die koei geplaas
Isolasie en klassifikasie van die embrio
Oordrag van die embrio na die uterus van die koei
Behandeling van die koei met gonadotropien hormoon
4.4.1 Herrangskik die bostaande stappe om te verseker dat die proses met
sukses uitgevoer word. (5)
4.4.2 Noem die soorte TWEE koeie wat in hierdie proses betrokke is. (2)
4.4.3 Gee TWEE nadele van hierdie proses. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.5 Die grafiek onderaan toon ʼn normale laktasiekurwe van ʼn melkkoei.
4.5.1 Identifiseer, vanaf die bostaande laktasiekurwe, die week wanneer
die koei haar maksimum produksie bereik het. (1)
ë
4.5.2 Gee TWEE voordele wat die melk, wat binne die eerste 3 dae na
geboorte geproduseer word, vir die kalf inhou. (2)
4.5.3 Verduidelik die verhouding tussen die persentasie bottervet inhoud
en die hoeveelheid van die melk geproduseer soos in die kurwe
getoon. (2)
4.5.4 Noem die tydperk in lakterende koeie wat na 42 weke volg. (1)
4.5.5 Gee die rede waarom hierdie tydperk belangrik vir die koei is. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.