Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12202114 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae op die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 ʼn Wet van die regering wat arbeidskontrakte reguleer. A Wet op Arbeidsverhoudinge B Wet op Gelyke Indiensneming C Wet op Basiese Diensvoorwaardes D Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 1.1.2 Die beginsel van bestuur waar die bestuurder nagaan of die uitkomste en doelwitte bereik is. A Beheer B Beplanning C Organisering D Verwysing 1.1.3 ʼn Risiko-bestuurstrategie wat ideaal is vir ʼn industrie wat vinnig verander. A Versekering B Buigsaamheid C Spesialisasie D Verskansing 1.1.4 Produkte wat prysonelasties is in terme van vraag: (i) Is luukse items (ii) Het geen plaasvervangers (iii) Neem ʼn groot deel van die verbruiker se begroting (iv) Is noodsaaklike items Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.5 Watter EEN van die volgende is nie deel van die bemarkingsmengsel nie? A Verwerking B Produk C Prys D Plek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.6 Die volgende stellings het betrekking tot eko-etikettering: (i) Laat die verbruikers toe om te sien dat die produsent goeie landboupraktyke gebruik (ii) Dit word deur organiese boere gebruik (iii) Dit handel oor die maksimering van wins (iv) Dit is ʼn vorm van volhoubare bemarking Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.7 … is nie ʼn voorbeeld van ʼn landbou-koöperasie nie. A Aankope-koöperasie B Produksie-koöperasie C Bemarkingskoöperasie D Voorsieningskoӧperasie 1.1.8 Die idee dat vir enige spesifieke eienskap, ʼn paar allele van elke ouer skei en slegs een alleel van elke ouer na die nageslag oorgedra word, staan as Mendel se wet van ... bekend. A Hibridisering B Onafhanklike sortering C Segregasie D Dominansie 1.1.9 Geslagsgekoppelde eienskappe is meer algemeen by manlike organismes as by vroulike organismes, omdat … A alle allele op die X-chromosoom dominant is. B alle allele op die Y-chromosoom resessief is. C ʼn resessiewe alleel op die X-chromosoom sal altyd die eienskap by die manlike organisme produseer. D enige alleel op die Y-chromosoom sal ko-dominant wees met die passende alleel op die X-chromosoom. 1.1.10 ʼn Metode van seleksie wat die mees ingewikkelde rekordhouding- stelsel benodig vir suksesvolle implementering. A Nageslag B Stamboom C Massa D Familie (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn term/frase vanuit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Verantwoordelik vir kwantitatiewe A Multi-segment bemarking eienskappe 1.2.2 Kom voor in ʼn bevolking waar daar B Marksegmentasie baie variasies van ʼn geen is 1.2.3 ʼn Bemarkingstrategie waar ʼn C Koöperatiewe bemarking maatskappy poog om kliënte te werf van meer as een mark, vir dieselfde produk en gebruike 1.2.4 Bemarking van produk is gebaseer D Poligeniese eienskappe op ʼn poelstelsel 1.2.5 Effektiewe kombinasie en koördinasieE Meervoudige allele van alle hulpbronne om wins te maksimeer F Bestuur G Organisering H Prepotensie (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 ʼn Meganisme van oorerwing waar twee dominante allele beide ten volle in die fenotipe uitgedruk word 1.3.2 Die hervoorkoms van ʼn voorvaderlike eienskap in ʼn organisme nadat die eienskap vir baie generasies afwesig was 1.3.3 Die netto hoeveelheid kontant en kontant-ekwivalente wat in en uit ʼn rekening van ʼn besigheid beweeg 1.3.4 ʼn Ooreenkoms tussen deelnemers aan dieselfde kant van ʼn mark wat gesamentlik die prys verhoog, verlaag of stabiliseer 1.3.5 ʼn Dokument wat ʼn skatting gee van die inkomste en uitgawes vir ʼn gegewe tydperk (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) vir elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Mutasie verwys na die verskille tussen individue van dieselfde spesie. 1.4.2 Bemarking is die ruil van goedere vir kontant. 1.4.3 Tydelike werkers word aangestel om herhalende take op die plaas te verrig. 1.4.4 ʼn Kontantvloeistaat is ʼn opsomming van die bates en laste van ʼn besigheid. 1.4.5 Netto waarde verwys na geld of toerusting gespaar of opgegaar deur die boer om in die produksieproses te gebruik. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die tabel hieronder toon die vraag en aanbod van perskes. Prys (R) Hoeveelheid aanbod (kg) Hoeveelheid vraag (kg) 7 80 30 6 70 45 5 60 60 4 50 75 3 40 90 2 30 105 1 20 120 2.1.1 Noem die toestand wat in die mark voorkom by R5. (1) 2.1.2 Lei die wet van aanbod af vanuit die bostaande tabel. (2) 2.1.3 Gee TWEE faktore vanuit die bostaande tabel wat die vraag na perskes kan beïnvloed. (2) 2.1.4 Trek ʼn lyngrafiek om die hoeveelheid perskes in aanvraag vanuit die bostaande tabel aan te dui. (6) 2.2 A B 2.2.1 Voorsien ʼn opskrif vir die bostaande diagram. (1) 2.2.2 Verdeel die bostaande diagram in twee sektore deur byskrifte vir A en B te voorsien. (2) 2.2.3 Identifiseer DRIE bemarkingsfunksies in die bostaande diagram. (3) 2.2.4 Stel TWEE metodes voor hoe die bostaande proses meer effektief gemaak kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.3 Hieronder is die verskillende tipes kopers in landbou-markte in Suid-Afrika. Handelaars; Verbruikers; Voedselverwerkingsmaatskappye Invoeders en uitvoerders; Makelaars Identifiseer die tipe kopers vir elk van die volgende: 2.3.1 Maatskappye wat landbouprodukte in buitelandse markte koop en verkoop. (1) 2.3.2 Hierdie agente werk vir kommissie namens ander deelnemers. (1) 2.3.3 Individue of maatskappye wat vars of verwerkte voedsel koop vir finale gebruik. (1) 2.3.4 Ondernemings wat landbou-kommoditeite as grondstowwe gebruik. (1) 2.3.5 Middelmanne, wat supermarkte insluit, wat groot besendings produkte verdeel en aan eindverbruikers verkoop. (1) 2.4 Die onderstaande prent toon ʼn bemarkingskanaal wat gewild by boere is. 2.4.1 Noem die bemarkingskanaal wat hierbo geïllustreer word. (1) 2.4.2 Noem die bemarkingstelsel wat met hierdie bemarkingskanaal geassosieer word. (1) 2.4.3 Regverdig die gebruik van hierdie bemarkingskanaal vir boere deur TWEE redes te gee. (2) 2.4.4 Lys TWEE ander kanale, behalwe die een in VRAAG 2.4.1 genoem, wat boere kan gebruik om goedere te bemark. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.5 Entrepreneurs is individue wat gewillig en geskik is om ʼn nuwe idee na ʼn suksesvolle besigheid te omskep. Om nuwe besighede te begin moet entrepreneurs ʼn besigheidsplan ontwikkel. 2.5.1 Definieer die onderstreepte woord in die leesstuk. (2) 2.5.2 Gee TWEE redes waarom die dokument boaan genoem, belangrik is. (2) 2.5.3 Gee EEN entrepreneur suksesfaktor. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 A B 3.1.1 Definieer die term grond. (2) 3.1.2 Identifiseer TWEE ekonomiese funksies van grond soos hierbo getoon. (2) 3.1.3 Gee TWEE ekonomiese eienskappe van grond as ʼn produksiefaktor. (2) 3.1.4 Stel TWEE maatreëls voor wat die boer kan neem om die produktiwiteit van sy grond in B getoon, te verhoog. (2) 3.2 Vanaf 1985 tot 2009 het 11 miljoen werkers in die landbou van MIV/Vigs verwante siektes gesterf. Meeste van die slagoffers was in hul fleur, met ander woorde 20 jaar oud. Mense van hierdie ouderdom behoort ekonomies aktief te wees en teen volle kapasiteit te produseer. 3.2.1 Identifiseer die probleem soos in die leesstuk beskryf, wat met arbeid verband hou. (1) 3.2.2 Stel TWEE maatreëls voor wat boere kan neem om die probleem hierbo genoem, te verminder. (2) 3.2.3 Stel TWEE ander probleme in landbou wat met arbeid verband hou voor, wat nie in die leesstuk hierbo genoem word nie. (2) 3.2.4 Gee TWEE strategieë wat deur boere uitgevoer kan word om die arbeidsproduktiweit te verbeter. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.3 ʼn Boer wil met tamatieproduksie begin. Die boer het besluit om die onderstaande begroting op te stel om vas stel of tamatie produksie lewensvatbaar is. Inkomste Getal (R) 300 kg teen R7,00/kg 2 100,00 Uitgawes Sade 100 Bemesting en kalk 700 Brandstof vir masjinerie 600 Besproeiing 450 Oesting 100 Arbeid 300 Onvoorsiene 200 Versekering 100 Wins/Verlies ………. 3.3.1 Identifiseer die begroting hierbo getoon. (1) 3.3.2 Identifiseer EEN wisselende koste vanuit die begroting hierbo. (1) 3.3.3 Regverdig jou antwoord volgens VRAAG 3.3.2 hierbo. (2) 3.3.4 Bereken die wins/verlies. (3) 3.3.5 Lei, met ʼn rede af, of hierdie onderneming lewensvatbaar is. (2) 3.4 Die prent onderaan toon ʼn deel van ʼn plaas se rekords. Bate Aantal Maak Model Jaar Appelsorteerders en -gradeerders Broeistowe Stropers en dorsers Mielieplukkers Kultiveerders Bemesting en kalk verspreider Skottelploeg Skerptandploeg Springtandploeg Besproeiingspomp Broeikas Trekkers 3.4.1 Identifiseer die plaasrekord hierbo getoon. (1) 3.4.2 Motiveer die belangrikheid van sulke rekords op plase. (1) 3.4.3 Stel die tipe kapitaal in die plaasrekord hierbo voor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.4.4 Identifiseer die probleem wat met kapitaal geassosieer word, wat aan die tipe kapitaal hierbo uniek is. (1) 3.4.5 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om kapitaal te skep. (2) 3.5 ʼn Maatskappy wat lemoensap vervaardig is al vir 30 jaar in die besigheid, dus het hulle nou ʼn hoogsvaardige arbeidsmag. Die uitdaging is hul egter verouderde toerusting en verhoogde kompetisie van nuut gestigte maatskappye. 3.5.1 Identifiseer EEN interne en EEN eksterne krag wat die maatskappy in die leesstuk hierbo affekteer. (2) 3.5.2 Identifiseer die tipe risiko wat deur hierdie maatskappy in die gesig gestaar word weens die uitdagings hierbo genoem. (1) 3.5.3 Verduidelik hoe die maatskappy se interne en eksterne kragte tot die risiko genoem in VRAAG 3.5.2. kan lei. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 By ertjieplante is ronde sade (R) dominant en ingeduikte sade (r) ressesief. In ʼn genetiese kruising, word ʼn plant wat heterosigoties is vir die saadvorm- eienskap selfbestuif. 4.1.1 Gebruik ʼn Punnet-vierkant om die kruising hierbo te toon. (4) 4.1.2 Bepaal die genotipe verhouding. (1) 4.1.3 Bereken die waarskynlikheid vir die produksie van ronde sade vanuit die kruising hierbo. (3) 4.1.4 Lei met ʼn rede af die tipe dominansie in die kruising. (2) 4.1.5 Lei af of die saadvorm ʼn kwantitatiewe of ʼn kwalitatiewe eienskap is. (1) 4.1.6 Motiveer jou antwoord tot VRAAG 4.1.5 hierbo. (1) 4.2 A B C D 4.2.1 Klassifiseer die mutasies hierbo as chromosomaal of geen mutasies. (1) 4.2.2 Identifiseer die mutasies B, C en D. (3) 4.2.3 Die proses hierbo getoon lei tot variasie. Gee TWEE redes waarom variasie belangrik vir landbou is. (2) 4.2.4 Gee EEN vooorbeeld van ʼn fisiese agent wat die veranderinge hierbo uitgebeeld, kan veroorsaak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.3 x A B C 4.3.1 Identifiseer dier C in die diagram hierbo. (1) 4.3.2 Identifiseer die teelstelsel hierbo uitgebeeld. (1) 4.3.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.2 hierbo. (2) 4.3.4 Beskryf TWEE voordele van dier C, oor dier A. (2) 4.3.5 Gee TWEE nadele van hierdie teelmetode. (2) 4.4 In die laaste 15 jaar het die GM-gewas produserende lande gebaat by die aanneem van hierdie nuwe tegnologie in die vorm van verbeterde gewas produksie, voedselsekuriteit. Die verhoogde inkomste vir hulpbron-arm boere is die sleutel voordeel op individuele vlak, veral aangesien die meeste lande wat hierdie tegnologie gebruik in die ontwikkelende wêreld is, insluitende drie Afrika lande (Suid-Afrika, Burkina Faso en Egipte). Ondanks duidelike voordele aan lande en boere wat GMO’s groei, is daar baie mense wat skepties is oor die potensiële risiko’s geassossieer met GMO’s. 4.4.1 Identifiseer die plantverbeteringsmetode in die leesstuk hierbo beskryf. (1) 4.4.2 Gee EEN voordeel van hierdie tegnologie wat in die leesstuk hierbo genoem word. (1) 4.4.3 Gee TWEE voordele van die plantverbeteringsmetode genoem in VRAAG 4.4.1 teenoor tradisionele metodes. (2) 4.4.4 Beskryf TWEE huidige aanwendings van hierdie tegnologie by plante. (2) 4.4.5 Noem TWEE menslike gesondheidsrisiko’s van GMO’s. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOT TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all