You're offline
Skip to content
Question paper

Agricultural Management Practices Nov 2018 Afr hlayiso.com

Subject: Agricultural Management PracticesGrade 12201813 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE NOVEMBER 2018 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Die klimaatsfaktor wat 'n invloed op biochemiese en fisiologiese prosesse in die plant het: A Wind B Temperatuur C Reën D Humiditeit 1.1.2 Gronderosie in die veld lei tot … A velddepresiasie. B grasvelde. C velddegradasie. D Karooveld. 1.1.3 Moderne tegnologie wat in presisieboerdery gebruik word om veranderlikheid in die land te korrigeer: A VTT B GIS C GPS D SIR 1.1.4 Die proses waar bogrond en ondergrond versamel word om die voedingstatus van die grond te bepaal: A Grondontleding B Bodemopname C Grondmonster D Gronddata 1.1.5 Die boerderybestuursbeginsel wat gekenmerk word deur die bepaling van die produksieproses en die opstel van die bygaande begroting: A Motivering B Kontrole C Koördinering D Beplanning Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.6 … word gebruik om die vervaldatum van 'n geprosesseerde landbouproduk te bepaal. A Plantdatum B Oesdatum C Bemarkingsdatum D Waardetoevoegingsdatum 1.1.7 'n Betalingsmetode waar die internet gebruik word: A Elektriese fondsinsameling B Tjekbetaling C Elektroniese fondsoordrag D Kredietnota 1.1.8 Die agribesigheidsektor waarbinne die boer gewoonlik funksioneer: A Primêre sektor B Sekondêre sektor C Tersiêre sektor D Prosesseringsektor 1.1.9 Dit is nodig om daagliks …-rekords op te dateer. A arbeids B opbrengs C elektrisiteits D groei 1.1.10 Die prysvasstellingsmetode wat die boer gebruik om ekwilibrium te bepaal en dan 15% vir wins by te voeg: A Vraag en aanbod B Marknavorsing C Bemarkingsketting D Gelykbreekpunt (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2018 NSS 1.2 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Algemene plaaskoste A bemarking by munisipale markte 1.2.2 Agri-SEB-wetgwewing B vermeerder die hoeveelheid werk wat in 'n sekere tydperk voltooi word 1.2.3 Produkpromosie met gebruik van minder arbeiders 1.2.4 Arbeidskoste C koste wat salarisse en werkers se voordele insluit 1.2.5 Finansiële rekordhouding D 'n werker op 'n plaas wat die meeste van die tyd aan bestuurstake bestee 1.2.6 Etiketwetgewing E plaaskoste wat nie aan net 1.2.7 Leierskap een onderneming toegedeel kan word nie 1.2.8 Meganisasie F landboubeleid wat ten doel het om 1.2.9 Plaasbestuurder voorheen benadeelde mense ekonomies te bemagtig 1.2.10 Plaashekbemarking G proses wat die korrekte inskryf van finansiële aktiwiteite, posisie en nakoming in rekenkundige state verseker H 'n finansiële staat wat die wins of verlies aandui I aksie gebruik om verbruikers aan te moedig om die produk te koop J delegering van gesag en verantwoordelikhede K boere verkoop direk van waar produkte geproduseer word L 'n geïllustreerde voorstelling van die inhoud van die geprosesseerde landbouproduk (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2018 NSS 1.3 Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 Die finansiële hulpbron wat 'n boer finansiële beskerming teen onvoorsiene gebeure, soos hael en brande, bied 1.3.2 Die aantal produkte wat deur verbruikers teen 'n bepaalde prys gekoop word 1.3.3 Arbeidswetgewing wat voorsiening maak vir betaling van werknemers wat beserings en siektes by die werkplek opgedoen het 1.3.4 'n Boerderyonderneming wat deur toeriste besoek word om wilde diere in hul natuurlike omgewing waar te neem 1.3.5 Plaasgeriewe benodig, soos stoorgeriewe, elektrisiteit en paaie (5 x 1) (5) 1.4 Die volgende stellings is VERKEERD. Verander die ONDERSTREEPTE woord om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Geld gebruik in die proses om 'n besigheid te bedryf, is inkomste. 1.4.2 Krediteure is die mense wat die besigheid geld skuld. 1.4.3 'n Tjek is in die vorm van banknote en muntstukke beskikbaar. 1.4.4 Die brondokument wat uitgereik word as bewys dat geld deur die besigheid ontvang is, staan as betalings bekend. 1.4.5 Handelsmerk het meer te make met die beskerming van die produk, maklike hantering en die vertoon van inligting vir verbruikers. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2018 NSS AFDELING B VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE BEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die topografie van 'n stuk grond bepaal die grondproduktiwiteit. 2.1.1 Trek die tabel oor en verduidelik hoe terrein en topografiese aspekte die gewasproduksiepotensiaal van die grond kan beïnvloed. TERREIN EN PRODUKSIEPOTENSIAAL TOPOGRAFIESE ASPEKTE Diep grond met min klippe, effense hellings Vlak grond met matige klipperige helling Baie steil hellings (3) 2.1.2 Die prente, A, B en C, hieronder toon verskillende metodes wat boere kan gebruik om gronderosie te voorkom. Identifiseer ELKE metode en skryf die antwoord langs die letters (A, B en C) in die ANTWOORDEBOEK neer. A B C (3) 2.1.3 Twee verskillende verbouingspraktyke (A en B) word in die diagram hieronder getoon. Kies die KORREKTE metode om op 'n helling van 45° te gebruik en gee TWEE redes vir jou antwoord. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2018 NSS 2.2 'n Vleisbeesboer gebruik 2 000 ha grasland-veldtipe vir weiding met 'n drakrag van 4 ha/GVE/jaar. Die volgende groepe diere word op die plaas aangehou, elk met hulle eie gebruiksfaktor, soos in die tabel aangedui. DIEREGROEP GETAL GEBRUIKSFAKTOR TOTAAL Lakterende koeie 300 1,2 360 Kalwers 1–2 jaar 300 0,6 Vervangingsverse 60 1,0 Bulle 10 1,3 Totaal – – 2.2.1 Teken die tabel oor en voltooi dit in die ANTWOORDEBOEK. Bereken die totale getal diere wat die boer op die veld het. (4) 2.2.2 Bereken die maksimum getal grootvee-eenhede (GVE) wat hierdie plaas volgens die drakrag kan akkommodeer. (2) 2.2.3 Noem of die plaas as 'n volhoubare weidingseenheid bestuur word. Noem DRIE moontlike invloede op die volhoubaarheid. (4) 2.2.4 Gee VYF moontlike oplossings om die natuurlike weidingseenheid meer volhoubaar te maak. (5) 2.3 Noem en beskryf DRIE hoofboerderystelsels (-metodes) wat in die kommersiële boerderysektor in Suid-Afrika gebruik word. (6) 2.4 Noem TWEE aktiwiteite waar boere dieretrekkrag kan gebruik om trekkergebruik aan te vul. (2) 2.5 Noem VIER metodes wat 'n boer kan gebruik om 'n goed gemotiveerde produktiewe werksmag te verseker. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2018 NSS 2.6. Bestudeer die begroting van 'n gewasproduksie-eenheid hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERWAGTE INKOMSTE Item Bedrag Eenheidsprys (R) Totaal Verkope 400 sakke 250,00 100 000,00 Lening 50 000,00 Gehuurde ploeg 10 000,00 TOTALE 160 000,00 INKOMSTE VERWAGTE UITGAWES Item Bedrag Eenheidsprys (R) Totaal Saad 20 sakke 400,00 8 000,00 Kunsmis 600 kg 80,00/50 kg 960,00 Lone 8 850,00 6 800,00 Plaagbeheermiddels 20 liter 90,00 1 800,00 Vervoer 4 000,00 TOTALE KOSTE 21 560,00 2.6.1 Noem die tipe finansiële staat wat met die waardes in die begroting vergelyk word. (1) 2.6.2 Identifiseer die item wat deur die verandering in rentekoers beïnvloed word en gee 'n rede vir die antwoord. (2) 2.6.3 Noem EEN item wat deur die inflasiekoers beïnvloed word. Verduidelik hoe dit die waardes in die begroting sal beïnvloed. (2) 2.6.4 Noem die item wat deur arbeidswetgewing beïnvloed word. (1) 2.7 Bespreek hoe ELK van die volgende die keuse van produksiemetode sal beïnvloed: 2.7.1 Winsgewendheid (2) 2.7.2 Markte (2) 2.7.3 Beleide (2) 2.8 Bespreek kortliks die volgende stelling: Die verkryging van krediet is 'n hoë-risiko-aksie. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3: ENTREPRENEURSKAP, REKORDHOUDING, BEMARKING, BESIGHEIDSBEPLANNING EN GEORGANISEERDE LANDBOU Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings van 'n besigheidsplan: 3.1.1 Die onderafdeling wat die prys, bemarking en promosie van die produk beskryf (1) 3.1.2 Die onderafdeling wat die werking/funksionering of vervaardiging beskryf (1) 3.1.3 Die onderafdeling wat die werknemers beskryf (1) 3.1.4 Hierdie onderafdeling word ook gebruik om die interne en eksterne faktore te identifiseer wat voordelig of nadelig vir die bereiking van jou doelwitte is (1) 3.2 Noem VYF voordele van 'n besigheidsplan vir 'n boerderyonderneming. (5) 3.3 'n Suksesvolle entrepreneur het sekere bestuursvaardighede en persoonlike eienskappe. 3.3.1 Noem DRIE faktore wat bydra tot 'n suksesvolle bestuurder. (3) 3.3.2 Gebruik die inligting hieronder om 'n vloeidiagram te teken wat die fases van die entrepreneursproses illustreer. Die verskillende vlakke moet in jou vloeidiagram, in die korrekte volgorde, duidelik wees. Die fases van die entrepreneursproses is: • Begin en bestuur die onderneming • Ontwikkel die besigheidsplan • Identifiseer en evalueer die geleenthede • Bepaal die hulpbronne benodig (4) 3.4 Noem DRIE vereistes van goeie besigheidsrekords. (3) 3.5 Beskryf die belangrikheid van 'n Balansstaat vir 'n plaaseienaar. (3) 3.6 Onderskei tussen die volgende terme en gee 'n toepaslike voorbeeld van elk: 3.6.1 Diversifikasie (2) 3.6.2 Spesialisasie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2018 NSS 3.7 Daar is verskeie produkorganisasies, soos Graan Suid-Afrika en Kaap Sybokhaar en Wol, wat boere met die produksie en bemarking van hulle produkte bystaan. 3.7.1 Noem en bespreek die DRIE rolle van produkorganisasies in die landbousektor. (6) 3.7.2 Noem TWEE nadele van produkorganisasies. (2) 3.8 Voorbeelde van tradisionele advertensiemetodes word in die lys hieronder gegee. mondelings; koerant- en tydskrifadvertensies; radio en televisie; pamflette en plakkate Noem VIER moderne metodes om landbouprodukte te adverteer wat nie in die lys hierbo genoem is nie. (4) 3.9 Verduidelik VYF faktore wat die verbruiker se gewilligheid om 'n landbouproduk te koop, beïnvloed. (5) 3.10 Die diagram hieronder dui die verwantskap tussen bruto inkomste en die verskillende tipes koste aan wat 'n invloed sal hê op die wins wat 'n boer sal maak. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 900 Inkomste 800 700 B C 600 D Waarde (R) 500 400 300 200 100 A 0 0 100 200 300 400 500 600 700 800 900 1000 Produksie 3.10.1 Kies 'n byskrif vir elke grafiek uit die lys hieronder. Skryf die byskrif langs die letter (A, B en C) in die ANTWOORDEBOEK neer. • Vaste koste • Veranderlike koste • Totale koste (3) 3.10.2 Gee die term vir die punt wat D gemerk is. (1) 3.10.3 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van punt D, voor punt D en ná punt D, soos op die grafiek gemerk. (3) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2018 NSS VRAAG 4: OES, VERWERKING, BESTUUR EN AGRITOERISME Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Noem VYF belangrike faktore wat 'n boer in ag moet neem wanneer voor-oes-beplanning van enige gewas gedoen word. (5) 4.2 Beskryf VYF goeie hanteringspraktyke van landbouprodukte om te verseker dat die verbruiker produkte van hoë gehalte kry. (5) 4.3 Voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK. Gee 'n voorbeeld van 'n vars geoeste landbouproduk wat soos aangedui, gestoor word. STOORMETODE VOORBEELD VAN PRODUK Koue stoor by temperature onder 10 °C 4.3.1 Vrieskamers by –20 °C 4.3.2 Silo's 4.3.3 Vlekvryestaaltenks tussen 0 °C en 3 °C 4.3.4 (4) 4.4 Noem VYF voordele van grootmaatstoor van landbouprodukte. (5) 4.5 Noem VIER gunstige groeitoestande waaronder mikro-organismes floreer. (4) 4.6 Evalueer die geskiktheid van die volgende verpakkingsmateriaal vir vleis en verwante produkte: 4.6.1 Polistireen (3) 4.6.2 Karton (3) 4.7 Identifiseer, in die lys hieronder, die bemarkingskanaal wat die beste by ELK van die volgende scenario's pas: veilings; plaashekbemarking; kontrakbemarking; varsproduktemark; handelaars; internetbemarking 4.7.1 Bemarking aan groot kettingwinkels en voedselprosesseerders teen 'n prys en hoeveelheid wat vooraf vasgestel is (1) 4.7.2 Boer verkoop produkte aan kliënte via 'n aanlyn katalogus (1) 4.7.3 Plaasdiere word aan die hoogste bieër verkoop (1) 4.7.4 Die verkoop van vrugte en groente by groot sentrale geriewe deur bemarkingsagente (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2018 NSS 4.8 Beplanning en koördinering is absoluut noodsaaklik vir 'n boerderyonderneming. 4.8.1 Noem DRIE voordele van beplanning. (3) 4.8.2 Noem DRIE voordele van koördinering. (3) 4.9 Beskryf die invloed/effek van motivering op werkers en hulle produktiwiteit. (4) 4.10 'n Gewasboer besluit om te diversifiseer deur die bergagtige natuurlike woud op die plaas te gebruik. 'n Selfsorg-behuisingseenheid is gebou langs die rivier wat van die berg af, deur die plaas, loop. Hierdie natuurlike woudgebied en die rivier huisves 'n verskeidenheid voëlsoorte. 4.10.1 Noem die tipe onderneming wat die boer beplan om by die boerderyonderneming te voeg. (1) 4.10.2 Ontwerp 'n strooibiljet, van nie meer as 'n halwe bladsy nie, wat die boer as advertensie kan gebruik om besoekers na die plaas te lok. (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Explore more published documents in this catalogue.

View all