Skip to content

Agricultural Management Practices Grade 12 2024 QP (Afr)

Question paperAgricultural Management PracticesGrade 12202417 pages

Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE NOVEMBER 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE stappe in die berekeninge. 7. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. Nov 1.1.1 'n Probleem wat met vlak gronde geassosieer word, is … A erosie. B loging. C versuiping. D voedingstoftekort. 1.1.2 Die foto hieronder toon 'n voorbeeld van … beweiding. A selektiewe B geen C wissel- D aanhoudende 1.1.3 'n Fisiese eienskap van grond wat nie deur grond- verbeteringsmaatreëls verander kan word nie, is grond-… A dreinering. B tekstuur. C voedingstofinhoud. D struktuur. 1.1.4 Die groepering van landbouprodukte volgens kwaliteitspesifikasies: A Sortering B Standaardisering C Prosessering D Preservering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.5 Kies die bemarkingsketting hieronder getoon wat op die meeste landbouprodukte van toepassing is: A B C D 1.1.6 'n Permanente werker … A word in diens geneem om gedurende die jaarlikse skaapskeer skeer- en wolklassifikasietake te verrig. B word in diens geneem om 'n nuwe skuur te bou en verlaat dan die plaas. C is verantwoordelik vir die daaglikse voer van beeste en skape. D help met instandhouding van plaastoerusting by 'n besigheid in die dorp. 1.1.7 EEN van die volgende is NIE 'n funksie van landboubemarking NIE: A Bemesting B Advertering C Vervoer D Prosessering 1.1.8 Dié begroting dui die moontlike uitgawes vir die herstel van trekkers en masjinerie vir die volgende seisoen aan: A Arbeidsbegroting B Onderhoudsbegroting C Vastekapitaal-uitbreidingsbegroting D Gelykbreekbegroting (Winsdrempelbegroting) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.9 Debiteure word beskryf as … A mense wat deur die besigheid betaal moet word. B al die geld wat deur die besigheid ontvang word. C mense wat geld aan die besigheid moet betaal. D al die geld wat die besigheid betaal om insette te bekom. 1.1.10 Die weeg van diere voor bemarking sal deel van die …-rekords wees. A produksie B instandhoudings C arbeids D klimaat (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Surplus/Oorskot A die mees ekonomiese bron van dierevoer 1.2.2 Natuurlike weiding B die gesprek wat 'n boer met 'n 1.2.3 Beweeglike kapitaal arbeider het wat toerusting beskadig het 1.2.4 Veranderlike koste C sluit die geld in wat op 1.2.5 Promosie geleentheidswerkers, dierevoer, bemesting en saad spandeer word 1.2.6 Dissiplinêre aksie D die verkryging van grond is 'n 1.2.7 Sekondêre prosessering voorbeeld 1.2.8 Bestanddele E 'n buitensporige aantal produkte of goedere op die mark beskikbaar 1.2.9 Wet op die Suiwelnywerheid, 1961 F reguleer die proses om jogurt te (Wet 30 van 1961) maak 1.2.10 Kombinering G moedig verbruikers aan om 'n produk te koop H moet in die volgorde van die meeste gebruik tot die minste gebruik wees I bak van brood by die bakkery is 'n voorbeeld J lewende hawe is 'n voorbeeld K die maal van 'n rou produk L proses om produkte soos blatjang en slaaie te maak (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.3 Gee die KORREKTE landboukundige term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 Die primêre bron van vars water in Suid-Afrika 1.3.2 Die proses om die geskiktheid van grond vir landboukundige en nie-landboukundige doeleindes te bepaal 1.3.3 Die tipe bemarking wat die boer doen by die plek waar die produk geproduseer word 1.3.4 Konsep gebruik om die produk ná oes en voordat dit mark toe geneem word, op die plaas te hou 1.3.5 Die finansiële staat wat gebruik word om die wins van 'n onderneming aan te dui (5 x 1) (5) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD om die volgende stellings KORREK te maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Lae is die bedekking van bewerkte grond met verskillende materiale soos gras of blare. 1.4.2 Kwaliteit-bepaling is die proses wat gebruik word om die koste van 'n produk of diens te bepaal wat verbruikers gewillig is om te betaal. 1.4.3 Botsende take tussen verskillende boerderyvertakkings word deur motivering uitgeskakel. 1.4.4 Droging word tydens prosessering van melk en gars gebruik om produkte soos kaas en bier te vorm. 1.4.5 Die waarde is 'n belangrik deel van 'n brondokument om die ouderdom van 'n implement aan te dui. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 'n Plaas het 'n area vir gewasproduksie met 'n helling, soos in die diagram hieronder aangedui. PROJEKSIE VAN HELLING VIR DIE AREA 2.1.1 Beskryf die helling van die area en die bruikbaarheid daarvan vir gewasproduksie. (2) 2.1.2 Noem TWEE maatreëls wat die boer kan gebruik om die bruikbaarheid van die area vir gewasproduksie te verbeter. (2) 2.2 Grondeienskappe het 'n invloed op die grondkwaliteit. 2.2.1 Noem TWEE boerderypraktyke wat boere kan toepas om grondgesondheid en bewaring te verbeter. (2) 2.2.2 Beskryf die eienskappe van 'n enkelkorrel-struktuurgrond. (2) 2.2.3 Verduidelik die effek van 'n blokagtige struktuur op die bewerkbaarheid van gronde. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.3 Die tabel hieronder toon die grondtemperatuurlesings by twee verskillende dieptes wat van 06:00 tot en met 18:00 gemeet is. TEMPERATUURLESINGS TYD OP DIE OPPERVLAK 20 cm DIEP (°C) (°C) 06:00 8 4 08:00 10 4 10:00 14 5 12:00 21 12 14:00 27 16 16:00 24 18 18:00 19 16 2.3.1 Gebruik die assestelsel hieronder en teken 'n volledige dubbelstaafgrafiek wat die grondtemperatuurlesings op die oppervlak en op 20 cm diep toon. 06:00 08:00 Tyd van die dag (ure) (4) 2.3.2 Beskryf kortliks jou waarnemings oor die tendens van die temperatuur op die grondoppervlak. (1) 2.3.3 Noem TWEE maniere om die tendens wat in VRAAG 2.3.2 beskryf is, te verminder. (2) 2.3.4 Lei die optimale tydgleuf vir plantgroei af. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 'n Boer het opgemerk dat een van die werkers in die voedsel- prosesseringsaanleg baie begin hoes het. As 'n voorsorgmaatreël het die boer die werker geskuif om instandhoudingswerk buite die prosesseringsaanleg te doen. Die boer het bevestiging van 'n professionele gesondheidspraktisyn nodig oor die gesondheidstoestand van hierdie werker. 2.4.1 Evalueer die aksie wat deur die boer geneem is rakende hierdie werker. Regverdig jou antwoord. (2) 2.4.2 Noem 'n aansteeklike siekte wat met hoes geassosieer word en deur rou voedselprodukte oorgedra kan word. (1) 2.4.3 Na 'n herstelperiode verklaar die gesondheidspraktisyn die werker gesond, maar met 'n positiewe MIV-status. Moet hierdie werker by die voedselprosesseringsaanleg uitgesluit word? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 2.5 Noem belangrike faktore wat 'n bank in ag sal neem voordat 'n kredietaansoek deur 'n boer goedgekeur sal word. (2) 2.6 'n Veld produseer 4 200 kg voer per dag met 'n weidingsverliesfaktor (vertrappingsfaktor) van 0,4. Die boer weet dat een bees 10,55 kg voer per dag benodig. 2.6.1 Bereken die beskikbare voer vir die beeste. (3) 2.6.2 Bereken die getal beeste wat die boer op hierdie veld kan aanhou sonder om die toestand van die veld negatief te affekteer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.7 Die diagram hieronder toon drie tipes gronddegradasie. B A CHEMIES C FISIES bv. verbrakking BIOLOGIES bv. versuiping bv. indringerplante GROND- DEGRADASIE 2.7.1 Gee ander voorbeelde van gronddegradasie wat deur die letters A, B en C in die diagram hierbo verteenwoordig word. (3) 2.7.2 Noem TWEE landboukundige praktyke wat gronddegradasie veroorsaak. (2) 2.7.3 Stel TWEE beheermaatreëls voor wat geïmplementeer kan word om oppervlakwaterafloop in bewerkbare lande te verminder. (2) 2.8 Die tegnologies gevorderde boer gebruik die globale posisioneringstelsel (GPS) wat op 'n trekker geïnstalleer is, om die presiese posisie van aanplanting aan te dui. Die plaasmasjinerie is toegerus met 'n geografiese inligtingstelsel (GIS), wat die areas in die veld aandui waar die grond klam is en waar daar faktore is wat groei beperk. 2.8.1 Identifiseer die intensiewe produksiemetode in die scenario hierbo. (1) 2.8.2 Identifiseer in die scenario die tegnologiese toerusting wat gebruik word wanneer gewasse aangeplant word. (2) 2.8.3 Bespreek TWEE faktore wat sal bepaal watter tipe tegnologie 'n boerderyonderneming sal benodig om meer doeltreffend te wees. (4) 2.9 Agritoerisme het op plase noodsaaklik geword om in tye van onsekerheid te oorleef. 2.9.1 Noem TWEE maniere waarop boere 'n agritoerisme-onderneming kan bemark. (2) 2.9.2 Dui aan hoe agritoerisme tot die algehele waarde van die boerderyonderneming kan bydra. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING, PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 'n Besigheidsplan is 'n formele geskrewe dokument waarin die langtermyn- en korttermyndoelwitte van 'n besigheid, die metodes om hierdie doelwitte te bereik, en die tydraamwerk vir die bereiking van die doelwitte vervat is. 3.1.1 Noem die deel van die stelling hierbo wat na die missiestelling van die boerderyonderneming verwys. (1) 3.1.2 Noem die deel van die stelling hierbo wat na die visiestelling van die boerderyonderneming verwys. (1) 3.1.3 Bespreek die redes waarom 'n boer 'n besigheidsplan moet ontwikkel. (4) 3.2 Noem die aspekte wat oorweeg moet word wanneer data as deel van marknavorsing versamel word om die lewensvatbaarheid van 'n nuwe boerderyonderneming te bepaal. (3) 3.3 'n Graanboer lees die volgende insetsel op die internet: Moringa is 'n meerjarige, droogtebestande en geharde gewas wat 'n wye verskeidenheid omgewings- en klimaatstoestande kan oorleef. Met inagneming van die voorspelde klimaatsveranderinge wat waarskynlik nadelige gevolge vir boerdery sal inhou, kan Moringa as 'n moontlike alternatiewe gewas dien. Die boer besluit om die lewensvatbaarheid van die aanplant van Moringa- bome te ondersoek. Die boer vind dat Moringa-blare 'n hoë voedingswaarde het en daagliks ingeneem kan word, wat uiters voordelig is vir mense wat 'n gebrek aan noodsaaklike voedingstowwe het. Moringa-blare kan vars, gekook of fyngedruk geëet word, en dit kan vir etlike maande as 'n droë poeier, sonder 'n verlies aan voedingswaarde, gestoor word. Navorsers ondersoek Moringa as 'n behandeling vir kanker, asma, kardiovaskulêre siektes, diabetes en ander siektes. 3.3.1 Identifiseer die eienskappe van 'n entrepreneur wat duidelik in die scenario hierbo is. (3) 3.3.2 Motiveer vanuit die scenario waarom die produksie van Moringa- blare tot 'n uitstekende waardetoevoegingsgeleentheid vir die boer kan lei. (1) 3.3.3 Dui aan of die risikovermydingstrategie, diversifikasie of spesialisasie sal wees indien die boer sou besluit om Moringa- bome te plant. Motiveer jou antwoord. (2) 3.4 Noem DRIE voordele van produkspesialisasie op die plaas. (3) 3.5 Noem VIER bestuursbeginsels. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.6 Noem die voordele vir 'n boer om aan 'n produkte-organisasie te behoort. (3) 3.7 Bestudeer die tabel en die grafiek hieronder wat die vraag en aanbod illustreer vir 'n produk wat op 'n plaas geproduseer word. HOEVEELHEID HOEVEELHEID PRYS VRAAG AANBOD OORSKOT TEKORTE PER WEEK PER WEEK (R/kg) (kg) (kg) (kg) (kg) 20 3 000 0 3 000 40 2 500 500 2 000 60 2 000 1 000 1 000 80 1 500 1 500 0 100 1 000 2 000 1 000 Vraag en aanbod van 'n produk Hoeveelheid aanbod per week Hoeveelheid vraag per week 120 100 Prys (R/kg) 80 60 40 20 0 00 500 500 1 000 1000 1500 500 2 000 2000 22500 3000 000 3 500 3500 Hoeveelheid (kg) 3.7.1 Identifiseer die ewewigsprys vir die produk vanaf die grafiek. (2) 3.7.2 Verduidelik die belangrikheid van die ewewigsprys. (2) 3.7.3 Verduidelik kortliks die moontlike redes vir die tekorte aan die produk in die mark op spesifieke tye. (2) 3.7.4 Stel oplossings voor wat die boer kan gebruik om die probleem te hanteer van tekorte op spesifieke tye soos in VRAAG 3.7.3 verduidelik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.8 Voltooi die volgende paragraaf oor die bemarkingsketting deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (3.8.1 tot 3.8.5) neer. Elke woord mag slegs EEN keer gebruik word. verlies; kompetisie; laer; produk; hoër; wins; verbruiker Die bemarkingsketting is die proses wat die boer volg om die (3.8.1) ... van die plaas na die (3.8.2) …. te neem. Hoe korter die bemarkingsketting, hoe (3.8.3) … is die wins, op voorwaarde dat jy 'n hoëgehalteproduk het. Verbruikers het 'n wye verskeidenheid produkte om van te kies, dit is daarom belangrik om 'n beter produk te hê as dié van die (3.8.4) … Waarde kan tot produkte toegevoeg word om (3.8.5) … te verhoog en raklewe te verleng. (5) 3.9 Die prentjie hieronder dui 'n dier aan wat by 'n veeveiling bemark word. 3.9.1 Verduidelik waarom 'n boer sal verkies om vee by 'n veiling te koop, eerder as om van internetbemarking gebruik te maak. (4) 3.9.2 Die boer het die dier in die prentjie hierbo vir R50 000,00 by die veiling gekoop. Die koste vir die verkoop van 'n dier by hierdie veiling is 5% van die verkoopprys. Bereken die hoeveelheid geld wat die verkoper vir die dier sal ontvang (ignoreer BTW). (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.10 Die prent hieronder toon 'n werker wat slegs in die voor-oes-periode werk om plaagdoders te spuit. 3.10.1 Noem die Wet wat vereis dat die boer die werker in beskermende klere moet klee wanneer plaagdoders gespuit word. (1) 3.10.2 Noem of die werker 'n seisoenale werker of 'n geleentheidswerker is. Motiveer jou antwoord. (2) 3.10.3 Noem EEN manier waarop die beskermende klere van die werker in die prentjie hierbo verbeter kan word. (1) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Insette vorm deel van 'n geheelplaasbegroting. 4.1.1 Beskryf die term geheelplaasbegroting. (2) 4.1.2 Noem belangrike aspekte van insette wat die boer in ag moet neem om 'n begroting saam te stel. (3) 4.2 Verduidelik die volgende konsepte soos dit gebruik word in finansiële evaluering van 'n plaas: 4.2.1 Bruto wins (2) 4.2.2 Netto wins (2) 4.3 Bestudeer die volgende finansiële staat en beantwoord die vrae wat volg. BATES WAARDE (R) LASTE WAARDE (R) Geoeste gewasse 292 000,00 NPK Kunsmis 156 000,00 Diereprodukte 300 000,00 ABC Chemikalieë 675 000,00 Gewasprosessering- Instandhouding en 1 450 000,00 25 000,00 masjien herstel Balans in bank 218 000,00 Koöperasierekening 800 000,00 Lewende hawe 802 000,00 Veeartsrekening 56 000,00 Vervoermaatskappy 500 000,00 Huur 500 000,00 SUBTOTAAL: (b) NETTO WAARDE: (c) TOTAAL: (a) TOTAAL: (d) 4.3.1 Noem die tipe finansiële staat wat hierbo getoon word. (1) 4.3.2 Bereken die waardes (a) tot (d). (4) 4.3.3 Evalueer die groeipotensiaal van hierdie boerderyonderneming. Gee 'n rede vir jou antwoord. (3) 4.3.4 Gee redes waarom die waarde van die plaas nie as 'n bate genoem is nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.4 Beskryf die tipe meganiese rekords wat 'n boer sal hou vir 'n vragmotor wat produkte na die mark vervoer. (4) 4.5 Noem die brondokumente wat deur 'n veeboer gebruik word om 'n finansiële staat saam te stel. (4) 4.6 Dui veiligheidsmaatreëls aan wat 'n boer moet instel wanneer elektroniese betalings gedoen word. (4) 4.7 Gradering van diereprodukte is belangrik om beter pryse te verkry. Noem die aspekte wat belangrik is wanneer rou diereprodukte gegradeer word. (4) 4.8 Bespreek die nadele van die prosessering van landbouprodukte. (4) 4.9 Vormingswyses van verpakkingsmateriaal verskil tussen houers. Noem aspekte wat die vorm van verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte beïnvloed. (3) 4.10 Gee redes vir die etikettering van 'n landbouproduk. (4) 4.11 Beskryf die voordele van goeie landboukundige praktyke tydens die prosessering van produkte. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

View all