Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Die vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2016 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 973.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2016
Questions in this paper
- Question 1.1Soil chemistry and organic matter
- Question 1.2Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 1.3Soil physics10 marks
- Question 1.4Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 2.1Bio-molecules9 marks
- Question 2.2Bio-molecules6 marks
Show all 20 questions
- Question 2.3Organic chemistry in agriculture8 marks
- Question 2.4Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 2.5Organic chemistry in agriculture7 marks
- Question 3.1Soil physics8 marks
- Question 3.2Soil physics8 marks
- Question 3.3Soil physics12 marks
- Question 3.4Soil moisture, air and temperature3 marks
- Question 3.5Soil moisture, air and temperature4 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification9 marks
- Question 4.2Soil chemistry and organic matter7 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter7 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter4 marks
- Question 4.5Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 4.6Soil chemistry and organic matter3 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Toon AL jou berekenings, insluitend formules, waar van toepassing en rond
alle antwoorde af tot TWEE desimale plekke.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 ... is ʼn bousteen van ʼn vetmolekule.
A Glukose
B Aminosuur
C Gliserol
D Laktose
1.1.2 Die chemiese stof wat uit slegs een soort atoom bestaan en nie
verder afgebreek kan word nie is ʼn ...
A verbinding.
B mengsel
C atoom.
D element.
1.1.3 Die struktuur hieronder verteenwoordig die struktuurformule van ʼn
organiese verbinding.
H H
H C C OH
H H
(i) Dit verdamp maklik.
(ii) Dit is ʼn uitstekende oplosmiddel in baie industrieë.
(iii) Dit word as ʼn preserveermiddel gebruik.
(iv) Dit kan as ʼn alternatief vir petrol gebruik word.
Kies die korrekte kombinasie.
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
1.1.4 Die geel kleur in grond is ʼn indikasie van …
A tekens van reduksie in die grond.
B die teenwoordigheid van organiese materiaal.
C die teenwoordigheid van genoeg lug en minder water.
D oksidasie in die grond.
1.1.5 Horisonne in die grond ontwikkel oor ʼn tydperk deur die aksies van
die moedergesteentes en klimaat. Die volgende stelling
karakteriseer die E-horison.
A Dit het baie verrottende organiese materiaal.
B Dit is die logging-sone.
C Dit is taai as gevolg van die permanente versuipte toestande.
D Dit het onverweerde materiaal.
1.1.6 Die illustrasie hieronder toon ʼn voorbeeld van ʼn anorganiese
kolloïed.
Silika-plaat
Aluminium-plaat
Silika-plaat
(i) Dit is taai en sit vinnig uit wanneer dit aan water blootgestel
word.
(ii) Dit is die eindproduk van verwering.
(iii) Dit word saam met smektiete groepeer.
(iv) Dit het ʼn hoër absorpsie oppervlakarea.
Kies die korrekte kombinasie.
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 Die rede vir grond-alkaliniteit is die akkumulasie van … -ione in die
grond.
A kalsium en waterstof
B natrium en aluminium
C magnesium en kalsium
D kalium en natrium
1.1.8 Die swam wat help dat plantwortels meer fosfor opneem deur ʼn
simbiotiese verhouding is ...
A mikorisa.
B rhizobium.
C azotobacter.
D klostridium.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Die volgende word NIE deur grondtemperatuur beïnvloed NIE.
A Saadontkieming
B Grondformasie
C Mikrobiese aksies
D Grondkleur
1.1.10 Die landboupraktyk hieronder lei tot die vernietiging van struktuur.
A Die byvoeging van ʼn weidingsgewas in ʼn wisselbousisteem.
B Vermy grondversteurings in nat toestande.
C Aaneenlopende grondbewerking.
D Minimum bewerking om organiese materiaal in grond te
behou. (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM B op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE
A EN B of GEENEEN van die items/stellings in KOLOM A van toepassing is.
Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Anioon
1.2.1 Atome met meer elektrone
B: Katioon
A: Valensie elektron
1.2.2 Die buitenste energievlak van ʼn atoom
B: Valensieskil
A: Adhesie Die aantrekkingskrag tussen
1.2.3
B: Kohesie molekules van dieselfde soort
A: Grondhorison Rangskikking van grond in groepe
1.2.4
B: Grondprofiel volgens eienskappe
A: Soutgehalte
1.2.5 Oormaat chloriede en natriumsulfate
B: Wit brak
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die disakkaried gevorm wanneer glukose met fruktose bind
1.3.2 Die rangskikking van elemente volgens hul atoomnommers
1.3.3 Die vergelyking tussen die massa en volume van droë grond
1.3.4 Die kleur van grond met ʼn aantal vlekke as gevolg van seisoenale
versuipte toestande
1.3.5 ʼn Toestand waar ʼn stof ʼn groter konsentrasie hidroksiel-ione as
waterstof-ione het (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Polariteit is die deel van elektrone by atome.
1.4.2 Die hoeveelheid water wat in goed gedreineerde grond gehou word
is die verwelkingspunt.
1.4.3 Die B-horison is teenwoordig in swak belugte grondtoestande.
1.4.4 Mineralisasie is die omskakeling van nutriënte van anorganiese na
organiese voedingstowwe in die liggame van mikro-organismes.
1.4.5 Die uitruilbare aluminium en waterstof-ione op die oppervlak van
grondkolloïede is natriumbelasting. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE
2.1 Die diagram hieronder illustreer atome verantwoordelik vir die vorming van
ʼn verbinding.
2.1.1 Identifiseer die verbinding gevorm deur die atome in die diagram
hierbo. (1)
2.1.2 Dui die gesondheidsvoordeel van die verbinding hierbo in kos aan. (1)
2.1.3 Noem die dele gemerk A, B en C. (3)
2.1.4 Elemente in die periodieke tabel word gegroepeer volgens
dieselfde chemiese eienskappe. Dui die groepe aan waarin elkeen
van die elemente in die illustrasie in VRAAG 2.1 behoort. (2)
2.1.5 Noem TWEE algemene eienskappe van die elemente wat in
dieselfde groep as Cl is. (2)
2.2 Disakkariede word gevorm wanneer twee monosakkaried molekules
verbind om een molekule te vorm. Die molekules kan tydens ʼn hidrolise
proses weer afgebreek word. Noem die disakkaried gevorm wanneer elk
van die volgende monosakkariede verbind.
2.2.1 ʼn Glukose en ʼn fruktose (1)
2.2.2 ʼn Glukose en ʼn galaktose (1)
2.2.3 Skryf ʼn chemiese formule neer vir die molekules genoem in
VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 hierbo. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
2.2.4 Noem die belangrikheid van stysel vir diere wat vir die volgende
funksies voorberei word:
(a) Wedrenne (1)
(b) Verkoop op ʼn mark (1)
2.3 Die volgende strukture illustreer die verbindings wat ʼn rol in landbou speel.
O H H H H H H H H H
A.
C C C C C C C C C C H
O H H H H H H H
H
O H H H H H H H H H
B. C C C C C C C C C C H
O H H H H H H H H H
H
O
C.
H H
2.3.1 Klassifiseer die verbindings gemerk A en C. (2)
2.3.2 Dui die naam aan van die vetsure gemerk A en B. (2)
2.3.3 Skryf slegs die letter neer van ʼn vetsuur wat by elkeen van die
stellings pas:
(a) Dit is van dierlike oorsprong (1)
(b) Dit het ʼn lae smeltpunt (1)
2.3.4 Die verbinding gemerk C speel ʼn belangrike rol in landbou.
Regverdig die stelling met TWEE belangrike rolle van die
verbinding. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.4 HCl en NaOH is chemiese formules van verbindings wat in landbou gebruik
word.
2.4.1 Identifiseer die chemiese formule wat die volgende voorstel:
(a) Alkali (1)
(b) Suur (1)
2.4.2 Wys die chemiese reaksie wanneer HCl in water oplos. (3)
2.5 Die produkte hieronder word in ʼn winkel getoon. Bestudeer die produkte
noukeuring en beantwoord dan die vrae wat volg.
PRODUK A PRODUK B
Alkohol
12,5%
2.5.1 Identifiseer die funksionele groep van produkte A en B. (1)
2.5.2 Gee die wetenskaplike name van beide produkte A en B. (2)
2.5.3 Identifiseer die produk (A of B) wat ideaal is om vir verhitting te
gebruik. (1)
2.5.4 Skryf die struktuurformule neer van produk B. (2)
2.5.5 Produk A kan na ʼn ander produk geoksideer word. Gee die
wetenskaplike naam van daardie produk. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 3: GRONDWETENSKAP
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Grondpartikels word saamgegroepeer om aggregate of peds (klonte) te vorm.
Hierdie klonte word geklassifiseer volgens hul vorm. Die diagram hieronder
wys verskillende strukture gebaseer op vorm.
3.1.1 Identifiseer die struktuurtipes gemerk A en D. (2)
3.1.2 Gee die letter van die struktuur wat verteenwoordig word deur elkeen
van die stellings hieronder.
(a) Dit word in gekompakteerde grond gevind. (1)
(b) Ontwikkel in grond met ʼn hoë konsentrasie van kaoliniet. (1)
3.1.3 Gee die letter van die struktuur wat jy aan ʼn boer sal voorstel vir
gewasproduksie. (1)
3.1.4 Gee DRIE redes vir jou voorstel in VRAAG 3.1.3. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.2 ʼn Grondanalis het ʼn studie gedoen om die korrelasie tussen partikelgrootte,
porie-ruimtes en water toestande in ʼn grondmonster te bepaal. Die
wetenskaplike het die volgende indikators gebruik:
Makro-porieë 00
Mikro-porieë ++
Perkulasie ^^
Dreinering - -
Monster A Monster B Monster C
0 000 0 0 0
++ ++ ++++
^^^^ ^^
---- --
3.2.1 Identifiseer die grondtekstuur verteenwoordig deur grondmonsters A
en C. (2)
3.2.2 Gee EEN rede vir elk van die identifikasies in VRAAG 3.2.1. (2)
3.2.3 Tekstuur het ʼn groot invloed op die gedrag en eienskappe van grond.
Gee die letter van die grondmonster wat die volgende invloed op
grond het.
(a) Groter oppervlakarea vir chemiese reaksies (1)
(b) Laer graad van kohesie tussen grondpartikels (1)
(c) Partikels verhoog die hoek van diffraksie as gevolg van hul
grootte (1)
(d) Hoë deurlaatbaarheid (1)
3.3 Die tabel hieronder wys massa, volume, massadigtheid en persentasie porie
spasies in verskillende grondmonsters.
GROND MASSA VOLUME MASSA PORIE
MONSTER (g) (cm3) DIGHTHEID SPASIES (%)
(g/cm3)
A 450 600 0,75 62,7
B 620 550 1,13 56,2
C 880 500 -------- 52,5
D 680 80 8,5 30,8
3.3.1 Gebruik die inligting in die tabel om ʼn staafgrafiek te teken wat die
massa en die volume van die grondmonsters toon. (6)
3.3.2 Identifiseer die grondmonster wat nie deur swaar implemente versteur
is nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
3.3.3 Lei TWEE redes van die data in tabel af, vir jou antwoord in
VRAAG 3.3.2. (2)
3.3.4 Bereken die massadigtheid van grondmonster C. (3)
3.4 Noem die gas wat vir elk van die volgende funksies verantwoordelik is:
3.4.1 Ontoeganklike verbindings word toeganklik vir plantwortels (1)
3.4.2 Vertraag die proses van oksidasie in die grond (1)
3.4.3 Verbeter die formasie van humus in die grond (1)
3.5 Die beskikbaarheid van water vir plante word beïnvloed deur die
teenwoordigheid van beskikbare water. Die plante kan optimaal groei,
verwelk of doodgaan afhangende van die grondvog toestande.
Wys die plant se reaksie op die volgende grondtoestande:
3.5.1 Waterinhoud is permanent op ʼn punt gelyk aan die permanente
verwelkingspunt (1)
3.5.2 Veldwaterkapasiteit (1)
3.5.3 Tydelike verwelkingspunt (1)
3.5.4 Saturasie-punt/Versadig (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 4: GRONDWETENSKAP
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die skematiese voorstelling hieronder wys verskillende horisonne sigbaar na
daar deur die grond gegrawe is.
4.1.1 Bepaal die ouderdom van die grond hierbo. (1)
4.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.1.1. (2)
4.1.3 Teken die profiel van die grond hierbo. (2)
4.1.4 Gee die letter wat die horison met die volgende eienskappe
verteenwoordig:
(a) Verryk met ge-eluveerde materiaal. (1)
(b) Anorganiese materiaal gemeng met organiese materiaal. (1)
4.1.5 Noem TWEE diagnostiese horisonne van die horison gemerk B. (2)
4.2 Katioon absorpsie op die oppervlak van die kolloïed kan verruil word met
katioon-dominansie in die grondoplossing. Die diagram hieronder wys
katioon-adsorpsie op die kolloïed en in die grondoplossing.
A grondkolloïed B grondoplossing
- Ca2+
- H+ Al3+
- H+ + H+
- Mg2+
- Al3+
4.2.1 Identifiseer die vorm van suurheid gemerk A en B. (2)
4.2.2 Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.2.1 hierbo. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
4.2.3 Dui die letter aan van die tipe suur aandui wat ʼn invloed op
plantgroei gaan hê. (1)
4.2.4 Stel ʼn rede voor vir jou antwoord in VRAAG 4.2.3 hierbo. (1)
4.2.5 Gee ʼn gepaste term vir die vermoë van grond om katione uit te ruil
met die grondoplossing. (1)
4.3 Vergelyk witbrak- en swartbrak-grond in terme van die volgende in ʼn tabel:
4.3.1 (a) Dominante soute (2)
(b) Kleur (2)
4.3.2 Die boer kan swartbrak korrigeer deur die toevoeging van gips. Wys
die uitruilreaksie gedurende die herwinningsproses wanneer gips by
grond gevoeg word. (3)
4.4 Grondmikro-organismes het spesifieke funksies in die grond en sonder hulle
sal die grond nie geskik wees om plante te onderhou nie.
Verduidelik TWEE maniere hoe grond voordeel kan trek uit die afbreek van
plant-en dierereste deur grondmikro-organismes. (4)
4.5 Die illustrasies hieronder wys die prosesse gedurende die stikstofsiklus.
A B
Absorpsie van Omskakeling van
stikstofverbindings nitrate na gasse
deur grond-
mikrobes
C D
Omskakeling van Mikrobiese
ammoniumverbindings omskakeling van
na nitrate en nitriete nutriënte na
organiese vorms
vanaf anorganiese
vorms
4.5.1 Identifiseer die prosesse gemerk A, B, C en D. (4)
4.5.2 Noem die grondtoestande wat die proses in B begunstig. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.6 Organiese materiaal dra by tot plantgroei deur die effek wat dit op die
fisiese, chemiese en biologiese eienskappe van grond het.
Noem DRIE praktyke wat tot ʼn afname in die organiese materiaal van
grond mag lei. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2016 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2016 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2016 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum