Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V2
2015
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 551.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Agricultural production factors20 marks
- Question 1.2Agricultural production factors10 marks
- Question 1.3Agricultural production factors10 marks
- Question 1.4Agricultural entrepreneurship5 marks
- Question 2.1Agricultural entrepreneurship10 marks
- Question 2.2Agricultural entrepreneurship8 marks
Show all 16 questions
- Question 2.3Agricultural entrepreneurship9 marks
- Question 2.4Agricultural entrepreneurship8 marks
- Question 3.1Agricultural entrepreneurship9 marks
- Question 3.2Agricultural production factors9 marks
- Question 3.3Agricultural production factors8 marks
- Question 3.4Agricultural entrepreneurship9 marks
- Question 4.1Basic agricultural genetics10 marks
- Question 4.2Basic agricultural genetics10 marks
- Question 4.3Basic agricultural genetics9 marks
- Question 4.4Basic agricultural genetics6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, ingeslote die formules, waar van toepassing en rond
die antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die produkfunksie wat deur die diagram hieronder voorgestel word,
is ...
Dikmelk
Melk Jogurt
Kaas
A vervoer.
B standaardisering.
C prosessering.
D gradering.
1.1.2 Dit is NIE 'n manier om die landboubedryfsketting te vereenvoudig
en te verbeter NIE:
A Verbeter paaie om bemarking te fasiliteer
B Verskaf selfone en Internet vir maklike toegang tot bemarking
C Verhoog vervoerkoste deur die vars produkte na nabygeleë
markte te versprei
D Gebruik verkoelingsfasiliteite om oorverskaffing aan die markte
te voorkom
1.1.3 Die volgende stelling is van toepassing op eko-etikettering:
A Dit bevorder produketikettering as omgewingsvriendelik.
B Die onvolhoubare etikettering is op die verbruiker gemik.
C Dit het komponente wat 'n negatiewe impak op die omgewing
het.
D Dit neem nie omgewingskwelpunte in ag nie.
1.1.4 Die volgende stelling is NIE deel van 'n SSGB('SWOT')-analise NIE:
A Identifiseer sterk en swak punte van 'n onderneming
B Instrument vir strategiese beplanning om 'n onderneming te
evalueer
C Identifiseer geleenthede en die voordelige benutting daarvan
D Strategie-instrument om werkers te straf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/2015
SSE
1.1.5 Krediet wat oor 'n tydperk van minder as twee jaar bekom en
terugbetaal word, word ...-termynkapitaal genoem.
A lang
B kort
C medium
D kort- tot medium
1.1.6 Enige menslike onderneming/strewe, fisies of verstandelik, wat in
afwagting van vergoeding uitgevoer word, is ...
A kapitaal.
B arbeid.
C verlof.
D salaris.
1.1.7 'n Toename in die inset in grond lei nie tot 'n eweredige toename in
opbrengs nie. Hierdie stelling word met die volgende ekonomiese
kenmerk van grond geassosieer:
A Grond is duursaam.
B Grond is beperk.
C Grond is onderhewig aan die wet van dalende
meeropbrengste.
D Grond is onvernietigbaar.
1.1.8 Die kleinste eenheid wat die vermoë het om genetiese inligting te
dra wat van 'n ouer na die nageslag oorgedra word:
A DNS ('DNA')
B RNS ('RNA')
C GGO ('GMO')
D Chromosoom
1.1.9 Die struktuur wat deur die proses van genetiese modifikasie
verander word:
A Sel
B Gene
C Nukleus
D Antigeen
1.1.10 Die herverskyning van 'n eienskap na 'n lang afwesigheid in 'n
dierebevolking:
A Erfdwang
B Epistase
C Onvolledige dominansie
D Atavisme (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/2015
SSE
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Verskansing A tydelike arbeid
1.2.2 Waterkanaal B 'n voorbeeld van roerende kapitaal
1.2.3 Bates C die produksie van 'n identiese kopie
van biologiese materiaal
1.2.4 Bioballistiek
D kontrak om 'n veilige mark en prys vir
1.2.5 Kloning vars produkte te verseker
E fisiese items met ekonomiese waarde
F 'n voorbeeld van vaste kapitaal
G meer as twee ondernemings op
dieselfde plaas
H tegniek van genetiese modifikasie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Kommoditeit wat 'n produsent teen enige gegewe prys te koop
aanbied
1.3.2 Die verskil tussen die waarde van die bates en die waarde van die
laste
1.3.3 Geld wat in die boer se bankrekening inkom en uitgaan
1.3.4 Die verskille in die fenotipes van plante of diere van dieselfde
spesie as gevolg van gene en omgewing
1.3.5 Die tipe seleksie waar 'n individu op grond van rekords van die
voorgeslagte gekies word (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/2015
SSE
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Koöperatiewe bemarking is 'n bemarkingstrategie waar die
regering die prys van 'n kommoditeit vasstel en aankondig.
1.4.2 Beplanning is 'n bestuursvaardigheid wat aan werkers leiding gee
en hulle beïnvloed om hulle doelwitte te bereik.
1.4.3 Mark-strategie dui 'n toestand aan waar die hoeveelheid van 'n
produk wat verbruikers vereis, presies gelyk is aan die hoeveelheid
wat 'n produsent wil verkoop.
1.4.4 Manipulasie is 'n situasie waar te veel kapitaal in verhouding tot
ander produksiefaktore bestee word.
1.4.5 Rose met pienk blomme (R) en rose met wit blomme (r) sal 'n
F 1 -generasie met rooi blomme voortbring. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/2015
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die illustrasie hieronder stel 'n spesifieke tipe bemarking voor.
2.1.1 Identifiseer die tipe bemarking wat hierbo geïllustreer word. (1)
2.1.2 Verduidelik waarom die produsent in hierdie tipe bemarking die
volgende moet doen:
(a) Inisiatief en gedrewenheid toon (2)
(b) Produkte van hoë gehalte verskaf (2)
2.1.3 Noem DRIE riglyne vir boere om die bemarkingsketting van vars
produkte te vereenvoudig en te verbeter. (3)
2.1.4 Noem TWEE benaderings in die bemarking van landbouprodukte. (2)
2.2 'n Suiwelboer sukkel met 'n suiwelonderneming en is onder geweldige
finansiële druk as gevolg van die lae prys van melk. Daar is 'n gebied op die
plaas waar swartwattelbome baie goed groei. Die boer is ingelig dat die
regering 'n wet afgekondig het dat alle indringerbome op plase en
eiendomme verwyder moet word. Die boer het nou 'n sakeonderneming
begin wat 'n diens aan ander boere en eienaars van eiendomme in die
omgewing lewer deur indringerbome af te kap.
2.2.1 Gee 'n gepaste sakebestuursterm vir elk van die volgende:
(a) Hierdie boer se boomkappery-onderneming (1)
(b) Die meeste bome word in kleiner stukke gekap en as
vuurmaakhout verkoop. Sommige word gebruik om houtskool te
vervaardig. (1)
(c) 'n Klein aantal kliënte vra vir hout wat op 'n spesifieke manier
gekap is. (1)
(d) Faktore en bedreigings wat die onderneming kan benadeel (1)
(e) Die boer tref voorsorgmaatreëls om werkers teen gevaar en
beserings te beskerm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/2015
SSE
2.2.2 Noem DRIE voordele wat hierdie boomkappery-onderneming vir die
boer sal inhou. (3)
2.3 Landboukoöperasies is betrokke by die produksie, prosessering en bemarking
van landbouprodukte. Verder verskaf koöperasies ook insette en dienste aan
hulle lede.
2.3.1 Gee DRIE voorbeelde van landboukoöperasies. (3)
2.3.2 Noem DRIE voordele van landboukoöperasies. (3)
2.3.3 Maak 'n lys van DRIE beginsels van landboukoöperasies. (3)
2.4 Die data hieronder stel die vraag en aanbod van tamaties voor.
PRYS PER KG HOEVEELHEID HOEVEELHEID
(RAND) GEVRA (BOKSE) AANGEBIED (BOKSE)
14 35 10
17 30 15
20 25 20
23 20 25
27 15 30
30 10 35
2.4.1 Teken 'n lyngrafiek om die vraag en aanbod van tamaties op EEN
grafiek aan te dui. (6)
2.4.2 Lei die verhouding tussen vraag en aanbod van die grafiek af. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 'n Voornemende boer wil 'n onderneming begin en het R25 000 by die bank
geleen. Hierdie boer het nie dadelik begin nadat die lening toegestaan is nie.
Teen die tyd dat die onderneming gevestig is, het die totale skuld tot vyf keer
die oorspronklike bedrag gegroei. Die wins was gemiddeld R12 000 per jaar,
behalwe vir die eerste jaar toe die wins slegs 18% van die aanvanklike
hoofskuld was.
3.1.1 Bepaal die totale skuld van die entrepreneur nadat die onderneming
uiteindelik gevestig is. Toon AL die berekeninge. (2)
3.1.2 Bereken die wins vir die eerste bedryfsjaar. (2)
3.1.3 Bereken die wins (as 'n persentasie) vir die derde jaar. (3)
3.1.4 Noem TWEE ander maniere om kapitaal te bekom, behalwe om dit te
leen. (2)
3.2 Arbeid het 'n groot invloed op die sukses en koste van enige
boerderyonderneming. Op een spesifieke plaas het 'n boer vier werkers:
'n trekkerbestuurder, twee algemene werkers en 'n deeltydse skoonmaker.
Arbeid op hierdie plaas word deur wetgewing gereguleer.
3.2.1 Identifiseer uit die gedeelte hierbo 'n voorbeeld van elk van die
volgende:
(a) Tydelike werker (1)
(b) Bestuurder (1)
(c) Ongeskoolde werker (1)
(d) Geskoolde werker (1)
3.2.2 Dui die wetgewing aan wat die volgende reguleer:
(a) Verlof, werksure en aftrekkings (1)
(b) Bevordering van ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike
geregtigheid (1)
(c) Gesondheid en veiligheid in die werkplek (1)
3.2.3 Noem TWEE maatreëls wat hierdie boer kan tref om die produktiwiteit
van plaaswerkers te verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/2015
SSE
3.3 Die prent hieronder stel 'n produksiefaktor voor.
3.3.1 Identifiseer die produksiefaktor in die prent hierbo. (1)
3.3.2 Maak 'n lys van VIER ekonomiese eienskappe van die produksiefaktor
wat in VRAAG 3.3.1 genoem is. (4)
3.3.3 Gee DRIE funksies wat geassosieer word met die produksiefaktor wat
in VRAAG 3.3.1 genoem is. (3)
3.4 Plaasbestuur vereis beide daaglikse beplanning en langtermyn- strategiese
beplanning om te verseker dat die onderneming sy doelwitte bereik, soos in
die vloeikaart hieronder geïllustreer.
Bestuurs-
beginsels
A B C
3.4.1 Definieer die term bestuur. (2)
3.4.2 Noem die DRIE hoofbestuursbeginsels wat deur A, B en C voorgestel
word. (3)
3.4.3 Maak 'n lys van DRIE doelwitte van strategiese bestuur. (3)
3.4.4 Dui die persoon aan wat vir die algehele bestuur van 'n boerdery-
onderneming verantwoordelik is. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Homosigoties dominante ram met lang, fyn wol word met 'n homosigoties
resessiewe ooi met kort, growwe wol gekruis.
4.1.1 Identifiseer die tipe kruising wat deur die stelling hierbo voorgestel
word. (1)
4.1.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 4.1.1. (2)
4.1.3 Bepaal die fenotipiese verhouding van die F 2 -generasie. (1)
4.1.4 Noem die VIER moontlike fenotipiese kombinasies soos wat dit in die
nageslag van die kruising hierbo kan voorkom. (4)
4.1.5 Verduidelik die ekonomiese belang van hierdie kruising. (2)
4.2 Geneties gemodifiseerde of veranderde gewasse wat as GGO's bekend staan,
word in die Verenigde Nasies se voedselprogram in Afrika en Asië gebruik. Die
gewasse wat die meeste gebruik word, is mielies, rys en aartappels.
4.2.1 Definieer die term genetiese modifikasie. (2)
4.2.2 Noem DRIE voordele van geneties gemodifiseerde gewasse. (3)
4.2.3 Beskryf TWEE potensiële risiko's van geneties gemodifiseerde
gewasse. (2)
4.2.4 Verduidelik die rede vir die genetiese modifikasie van mielies, rys en
aartappels. (1)
4.2.5 Noem TWEE tegnieke wat in die genetiese modifikasie van plante
gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/2015
SSE
4.3 Die grafiek hieronder stel 'n normaalverspreidingskurwe voor wat in die
seleksie van diere vir 'n teelprogram gebruik word deur slegs hul fenotipiese
eienskappe in ag te neem.
B
Getal diere Lae
Verbeterde
lewenskrag
lewenskrag
A C
swak gemiddeld goed
Prestasie
4.3.1 Lei van die grafiek af watter groep diere (A, B of C) die geskikste sal
wees om in 'n teelprogram vir die volgende generasie te gebruik. (1)
4.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1. (1)
4.3.3 Identifiseer die seleksiemetode wat in hierdie teelprogram gebruik
word. (1)
4.3.4 Onderskei tussen seleksie en variasie. (4)
4.3.5 Noem die seleksiemetode wat in elk van die volgende situasies in
diereteling gebruik word:
(a) Seleksie op grond van die gehalte van nabyverwante diere van
dieselfde generasie (1)
(b) Seleksie op grond van die gehalte van die nageslag (1)
4.4 Verskeie teelprogramme/-stelsels word in diereteling gebruik.
4.4.1 Onderskei tussen inteling en kruisteling. (2)
4.4.2 Noem TWEE voordele van inteling. (2)
4.4.3 Noem TWEE voordele van 'n muil vir die boer. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum