Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2013 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201318 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2013 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE. 2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument wat jy skep of stoor. 3. Die toesighouer sal 'n disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die etiket skryf. Indien jy op die netwerk werk, volg die instruksies wat deur die toesighouer gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat deur die vraag vereis word NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou gegee is, inlewer met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. Moenie onnodige lêers/lêergidse stoor nie en moenie duplikaatantwoordlêers/-lêergidse indien nie. 10. Die aparte inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD en dan aan die toesighouer oorhandig word. 11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 12. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 13. Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in alle vrae oor sigblaaie gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2013 NSS 14. Vir alle woordverwerkingsvrae moet die taal op 'English (South Africa)' gestel word. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 15. Gebruik sentimeter as die meeteenheid om hierdie vraestel te beantwoord. 16. Alternatiewe instruksies vir LibreOffice-gebruikers is in 'n stippellyn- raam gegee waar dit van die instruksies vir Microsoft Office-gebruikers verskil. 17. Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • MyFolder_MyLeergids Lêergids • 1Aware_Bewus Woordverwerkingslêer • 2Bully_Boelie Woordverwerkingslêer • 2Logo_Logo Prentlêer • 3Schools_Skole Sigbladlêer • 4Report_Aanmeld Sigbladlêer • 5Cyber_Kuber Databasislêer • 6Data_Data Woordverwerkingslêer • 6Spreadsheet_Sigblad Sigbladlêer • 6Statistics_Statistiek Woordverwerkingslêer • 7Age_Ouderdom Prentlêer • 7Count_Telling Woordverwerkingslêer • Doc1_Dok1 Woordverwerkingslêer • Doc2_Dok2 Adobe Acrobat-dokument Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2013 NSS SCENARIO Jou skool se beheerliggaam besluit om 'n veldtog te loods om ouers, onderwysers en leerders meer oor kuberafknouery te leer. Die komitee vra jou om met die volgende te help: • Die skep van 'n nuusbrief • Die skep van 'n strooibiljet • Die insameling en verwerking van data VRAAG 1 Die skoolbeheerliggaam besluit om strooibiljette te versprei om leerders meer bewus te maak van kuberafknouery en die hulp wat vir hulle beskikbaar is. Maak die dokument 1Aware_Bewus oop. 1.1 Verander die papiergrootte na A5. (1) 1.2 Verander die bladsyoriëntasie na landskap. (1) 1.3 Voeg 'n 3 pt skadu-bladsyraam ('shadowed page border') in. (3) 1.4 Formateer die woordomvoustyl ('wrapping style') van die ster-/ontploffing ('starburst/explosion') -vorm sodat die versteekte woord 'NOW' steeds in die ster-/ontploffingvorm vertoon word. (1) 1.5 Formateer die vier sirkels sodat hulle as een objek verskyn. (1) 1.6 Voeg 'n teksblokkie met 'n 2 pt stippellyn/('fine dashed')-raam net onder die ster-/ontploffing- ('starburst/explosion') vorm, regs bo in die dokument in. Skuif die gegewe teks 'Don't be part of the problem! Be part of the solution!' na hierdie teksblokkie. (4) 1.7 Verander die fontstyl van die teks 'Treat others as ... when socialising online' na kursief/skuinsdruk. (1) 1.8 Korrigeer die spelfout wat in die eerste kolom voorkom van die tabel wat op die eerste bladsy begin/verskyn. (1) 1.9 Verklein die inkeepvlak van die kolpuntlys ('bulleted list') wat in die tweede kolom voorkom van die tabel wat op die eerste bladsy begin/verskyn. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2013 NSS 1.10 Verander die tabel soos volg: • Voeg 'n derde kolom by die tabel (aan die regterkant). • Vind die teks 'What do you do if your friend is being bullied online?' en skuif dit sodat dit in die eerste ry van die derde kolom as opskrif verskyn. • Skuif die oorblywende teks onder die tabel na die tweede ry van die derde kolom. (3) 1.11 Verander die grootte van die tabel om oor die hele bladsy van die dokument te pas. (1) 1.12 Sentreer die opskrifte in ry 1 van die tabel vertikaal en horisontaal. (1) 1.13 Vind die webadres in die bladsyonderskrif ('footer'). Voeg 'n hiperskakel in wat na die webblad koppel met 'n skermwenk ('screen tip') wat 'Internet search' lees. LibreOffice-gebruikers: Voeg 'n hiperskakel in wat na die webblad koppel en die teks 'Internet Search' vertoon. (2) Stoor en maak die dokument 1Aware_Bewus toe. [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2 'n Nuusbrief wat wenke aan ouers, onderwysers en leerders gee, is voorberei, maar moet geredigeer word. Maak die dokument 2Bully_Boelie oop. 2.1 Verander die onderste kantlyn van die bladsy na 2 cm. (1) 2.2 Vind die hoofopskrif 'Cyberbullying' aan die begin van die dokument. Verander hierdie teks na WordArt/Fontwork met 'n getekstureerde vul. (2) 2.3 Vind al die kere wat die woorde 'cyber bullying' voorkom en maak seker dat hierdie twee woorde as EEN woord verskyn, dit wil sê 'cyberbullying'. Sluit alle gevalle in beide bo- en onderkas in. (1) 2.4 Voeg 'n outomaties gegenereerde inhoudsopgawe ('table of contents') op bladsy 1 onder die hoofopskrif 'Cyberbullying' in. Die inhoudsopgawe moet die volgende toon: • Slegs opskrifte wat as 'Heading 1'- en 'Heading 2'-styl geformateer is • Bladsynommers in plaas van hiperskakels en geen gidslyne ('tab leaders') nie. (5) 2.5 Vind die sin 'She keeps on ....' tot '... must I do?' onderaan bladsy 1. Pas 'n 1½ pt beskadude raam ('shadowed border') en groen skakering ('shading') (uitligting) op hierdie paragraaf toe. (3) 2.6 Vind die teks 'Stand up and peak out' op bladsy 2. s Plaas hierdie teks in 'n geronde reghoekige vorm soortgelyk aan die een hieronder: Stand up and speak out! LET WEL: • Die vorm moet presies 2 cm hoog en 10 cm breed wees. • Die teks moet in Arial Black 16 pt verskyn. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2013 NSS 2.7 Voeg 'n watermerk in deur die prent 2Logo_Logo te gebruik, sodat dit vanaf bladsy 2 tot aan die einde van die dokument verskyn. (3) 2.8 Vind en selekteer die teks boaan bladsy 3 wat met 'Interpretation: Cyberbullying is ...' begin tot by '... to consider suicide' aan die einde van die dokument. 2.8.1 Stel die geselekteerde teks inlyn met beide die linker- en regterkantlyn. (1) 2.8.2 Die geselekteerde teks moet in twee ewe groot kolomme verskyn met 'n spasie van 0.5 cm/14 pt tussen die kolomme. (3) 2.9 Pas 'n vergrote hoofletter ('dropped cap') -effek op die eerste letter van die woord 'Interpretation' (wat boaan bladsy 3 voorkom) toe, sodat dit oor vier reëls en 0.5 cm/14 pt vanaf die teks verskyn. (3) 2.10 Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif in sodat dit op die tweede bladsy van die dokument begin. Die eerste bladsy van die dokument word nie genommer nie. Met ander woorde, die bladsynommering begin op die tweede bladsy en word vanaf 1 genommer. (4) 2.11 Vind die paragraaf 'It can be ...' tot '... pain of cyberbullying'. Verander die paragraafspasiëring van hierdie paragraaf na 0.35 cm/10 pt voor ('before') en die reëlspasiëring na presies ('exactly') 0.92 cm/26 pt. (3) 2.12 Vind die opskrif 'How do I deal with it?' en voeg 'n boekmerk genaamd Stats by hierdie teks. (1) 2.13 Vind die opskrif 'Cyberbullying Statistics' naby aan die einde van die dokument. Voeg 'n eindnoot in wat aan hierdie opskrif gekoppel is, deur die webadres wat aan die einde van die dokument voorkom, as die verwysing te gebruik. LET WEL: Die webadres moet slegs in die eindnoot voorkom. (4) 2.14 Vind die kolpuntteks ('bulleted text') wat met 'Over half of …' begin tot by '… cyberbullying occurs.' naby aan die einde van die dokument. Verander die bestaande kolpunte ('bullets') na die Webdings-simbool  met karakterkodenommer 151 (Microsoft Office)/Webdings-karakterkodenommer U+F097(LibreOffice). (1) Stoor en maak 2Bully_Boelie toe. [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2013 NSS VRAAG 3 Die besonderhede van die skole en hulle afknouerybeleid is in 'n sigblad met die naam 3Schools_Skole gestoor. Maak die 3Schools_Skole-sigblad oop. 3.1 Vee Sheet1 uit, aangesien dit nie meer benodig word nie. (1) Werk in die Policy_Beleid-werkblad. 3.2 Formateer die werkblad soos volg: 3.2.1 Pas 'n rooi vulkleur op die saamgevoegde selle A1:H1 toe. (1) 3.2.2 Selle A2:G2 is saamgevoeg. Verander hierdie saamgevoegde sel sodat sel H2 ook in die saamgevoegde sel ingesluit is. (1) 3.2.3 Verander die fontkleur van die teks in die saamgevoegde selle A2:H2 na wit en stel dit links inlyn. (2) 3.2.4 Plaas 'n dubbellynbuiteraam rondom sel A1:H2. (3) 3.2.5 Verander die breedte van kolom F na 8 karakters/ 61 pixels (Excel)/1.6 cm (Calc). (1) 3.3 Voeg 'n formule in sel G4 in om te bepaal hoe lank 'n beleid al by Bona Secondary School bestaan. (2) 3.4 Aangesien kuberafknouery 'n nuwe tipe gedrag is, is dit nog nie by alle skole se beleid ingesluit nie. Voeg 'n IF-stelling in sel H4 in om 'n asterisk (*) te vertoon as die beleid kuberafknouery insluit (kolom F), anders moet die sel leeg (blanko) gelaat word. (3) 3.5 Versteek kolom I en kolom J, aangesien die waardes wat vertoon word, in die tabel (L1:M2) opgesom is. (1) 3.6 Voeg 'n funksie in sel M4 in om die gemiddelde hoeveelheid jare (kolom G) te bereken wat die skole hierdie beleid al implementeer. Rond die getal tot EEN desimale plek af. (4) 3.7 Voeg 'n funksie in sel M6 om te bepaal hoeveel skole in die sigblad genoem word. (2) 3.8 Voeg 'n funksie in sel M8 om te bepaal hoeveel skole 'n beleid teen kuberafknouery het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2013 NSS 3.9 Skep 'n ringgrafiek ('doughnut chart/graph') oor sel K15:N30 wat op die data in sel L1:M2 gebaseer is, om soos die voorbeeld hieronder te vertoon. Microsoft Office-skermkopie LibreOffice-skermkopie Kuberafknouery Kuberafknouery Incidents with Incidents policy without Insidente policy met Insidente beleid sonder beleid LET WEL: • Die ringgrafiek ('doughnut chart/graph') het 'n 3D verhewe ('bevel') effek. • Die grootte van die ring se gaatjie is ongeveer 20%. • Die opskrif 'Kuberafknouery' verskyn bo ('above') die grafiek. • Alle sleuteletikette ('legend') moet in die segmente van die grafiek verskyn. LibreOffice-gebruikers: • Die ringgrafiek ('doughnut chart/graph') het 'n '3-D realistic'-formaat. • Die 3D-aansig vertoon met objekrame ('object borders'). • Die opskrif 'Kuberafknouery' verskyn bo ('above') die grafiek. • Alle sleuteletikette ('legend') moet in die segmente van die grafiek verskyn. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2013 NSS 3.10 Werk in die Newest_Nuutste-werkblad. In sel K, sleutel die naam van die skool in wat die nuutste beleid het wat kuberafknouery insluit. WENK: Kyk na kolom F en G voordat jy die naam insleutel. LET WEL: Geen formules of funksies word in jou antwoord benodig nie. (1) Werk in die Codes_Kodes-werkblad. Elke skool benodig 'n kode vir die administrasie van die veldtog. 3.11 Voeg 'n funksie in sel C4 in om die eerste twee letters van die skool se naam in sel A4 te onttrek. (2) 3.12 Voeg 'n funksie in sel D4 in om die derde (3de) en vierde (4de) letters van die provinsie in sel B4 te onttrek. (4) 3.13 Die kode vir Bay Secondary School word in sel F5 vertoon. Voeg 'n formule in sel G5 in om die waardes in sel C5 en D5 en die simbool in sel E5 te kombineer. LET WEL: Die nuutsaamgestelde kode moet in bokas ('upper case') verskyn. (3) Stoor 3Schools_Skole. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2013 NSS VRAAG 4 Die veldtogorganiseerders het sommige skole vir statistiek gevra. Werk in die Learners_Leerders-werkblad van die 4Report_Aanmeld-sigblad. 4.1 Verander die oortjie ('tab') -kleur van die Learners_Leerders-werkblad na 'n kleur van jou keuse, anders as die verstekkleur. (1) 4.2 Sommige leerders het afknouery aangemeld. Pas voorwaardelike formatering op kolom G toe sodat al die selle wat leerders vertoon wat afknouery aangemeld het: • Met 'n liggrys vulkleur vertoon • 'n Groen raam ('border') het (4) 4.3 Die leerders is volgens hulle ouderdomme in drie groepe ingedeel. Voeg 'n geneste IF-stelling in sel E2 in om die regte groep vir die leerder wie se naam in sel A2 verskyn, te bepaal. LET WEL: • Leerders jonger as 15 is in Groep A. • Leerders ouer as 17 is in Groep C. • Alle ander leerders is in Groep B. (4) 4.4 Kodes is vir elke skool ontwikkel en in die Data_Data-werkblad gestoor. Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel J2 in die Learners_Leerders-werkblad om die kode te vind wat by die skool pas wat in sel H2 verskyn. Die opsoek ('lookup') -data verskyn in die Data_Data-werkblad. (3) Gaan voort om in die Learners_Leerders-werkblad van die 4Report_Aanmeld- sigblad te werk. 4.5 Sel M2 toon hoeveel leerders afgeknou is, terwyl sel M3 vertoon hoeveel leerders aangemeld het dat hulle afgeknou is. • Voeg 'n formule in sel M4 in om die persentasie leerders te bereken wat afgeknou is en wat aangemeld het dat hulle afgeknou is. • Formateer sel M4 om slegs EEN desimale plek in die antwoord te vertoon. LET WEL: MOENIE die ROUND-funksie gebruik NIE. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2013 NSS 4.6 'n Lyngrafiek is geskep om die vergelyking tussen die werklike hoeveelheid insidente van afknouery en die aangemelde gevalle van afknouery te toon. Verander die grafiek wat in die Learners_Leerders-werkblad verskyn om soos die voorbeeld hieronder te vertoon. Incidents/Insidente 81 72 L 63 e a 54 Learners per group r 45 Leerders per groep n 36 e 27 Reported Aangemeld r 18 s 6 6 8 9 0 Group A Groep A Group B Groep B Group C Groep C LET WEL: • Verander die tipe grafiek na 'n kolomgrafiek. • Vertoon die databyskrifte ('data labels') slegs boaan die 'Reported/ Aangemeld'-kolomme. • Verander die skaal van die Y-as na 9 eenhede. • Verander die titel van die Y-as om van bo na onder te lees. • Pas 'n gradiëntvuleffek op die langste kolom toe. (6) Stoor en maak die 4Report_Aanmeld-sigblad toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2013 NSS VRAAG 5 Die besonderhede van die leerders wat aangemeld het dat hulle afgeknou is, is in 'n databasis gestoor. Maak die 5Cyber_Kuber-databasis oop. 5.1 Werk in die 51School_Skool-tabel en verander die ontwerp van die tabel soos volg: 5.1.1 Verander die eienskappe van die Schoolnum_Skoolnom-veld om seker te maak dat daar vir elke nuwe rekord wat by die tabel gevoeg word, 'n waarde in hierdie veld ingesleutel moet word. (1) 5.1.2 Voeg 'n veld genaamd Visit_Besoek soos volg in: • Plaas die veld direk na die Province_Provinsie-veld. • Stel die datatipe om in 'n langdatum-formaat ('Long Date'), byvoorbeeld 25 November 2013, te verskyn. LibreOffice-gebruikers: Vertoon slegs EEN tabel met al die regte velde, genaamd 51School_Skool. (4) 5.1.3 Stel 'n valideringsreël op die NumLearners_GetalLeerders-veld sodat die minimum hoeveelheid leerders wat ingesleutel kan word 250 is en die maksimum hoeveelheid 2 500. Voeg geskikte valideringsteks by. LibreOffice gebruikers: • Werk in die vorm genaamd 51frmSchool_Skool. • Pas 'n datafilter op die NumLearners_GetalLeerders-veld toe sodat die minimum hoeveelheid leerders wat ingesleutel kan word 250 is en die maksimum hoeveelheid 2 500. • Voeg geskikte hulpteks by. (4) 5.1.4 Verander die veldgrootte/veldtipe van die Ratio_Verhouding-veld na 'Double' en laat slegs EEN desimale plek toe. (2) Stoor en maak die 51School_Skool-tabel toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2013 NSS Die komitee benodig statistiek oor die aard van afknouery met selfone, SMS'e of sosiale media. Maak die 52Type_Tipe-tabel oop. 5.2 Die Reported_Aangemeld-veld in die 52Type_Tipe-tabel word oop (blanko) gelaat wanneer 'n leerder afknouery by iemand anders as sy of haar ouers of onderwysers aangemeld het. Skep 'n navraag genaamd Qry52 wat op hierdie tabel gebaseer is om al die besonderhede van die leerders wat by enigiemand anders as hulle ouers of onderwysers aangemeld het dat hulle afgeknou is, te vertoon. Stoor en maak Qry52 toe. (2) 5.3 Maak Qry53 oop. Pas die navraag aan om slegs die name, vanne en grade van vroulike ('female') leerders in graad 11 en 12, wat die slagoffers van gerugte was, te vertoon. Stoor en maak Qry53 toe. (4) 5.4 Die komitee moet bepaal hoeveel gerugte per graad versprei word. Maak Qry54 oop. Pas die navraag aan deur 'n berekende veld soos volg by te voeg: • Verander die opskrif ('caption')/alias van die berekende veld na Calc54. • Vertoon die hoeveelheid gerugte wat per graad versprei word. • Sorteer die navraag volgens graad, van graad 12 tot by graad 8. Stoor en maak Qry54 toe. (5) 5.5 Maak die vorm genaamd frmType_Tipe oop. Pas die vorm soos volg aan: • Verander die agtergrondkleur van die vorm na 'n rooi kleur. • Sentreer die opskrif 'Statistics_Statistiek' van die vorm. • Verander die raam ('border') rondom die opskrif na 'n soliede lyn. • Verander die redigeerblokkie ('edit box') vir die Gender_Geslag-veld na 'n aftreklys ('drop-down list'). Die waardes in hierdie lys moet 'M' en 'F' wees. • Skuif die prentjie na die vormonderskrif ('form footer'). Stoor en maak frmType_Tipe toe. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2013 NSS 5.6 Skep jou eie verslag genaamd MyReport wat op Qry56 gebaseer is om die data van die leerders wat in die navraag verskyn, te vertoon. • Vertoon slegs die name en vanne van die leerders volgens graad. • Vertoon die opskrif 'Afknouery' boaan die verslag. Stoor en maak MyReport toe. (5) 5.7 Maak die verslag genaamd rptType_Tipe oop. Pas die verslag soos volg aan: • Verwyder die StatsID_StatsID-veld. • Verander die bladsyoriëntasie na landskap. • Pas die grootte van die opskrif 'Name_Naam' in die bladsyboskrif ('page header') aan sodat al die teks sigbaar is. • Pas die grootte van die veld Name_Naam in die detail-afdeling aan sodat al die teks sigbaar is. • Bereken en vertoon hoeveel leerders in elke groep aangemeld het dat gerugte oor hulle versprei is. • Bereken en vertoon die totale hoeveelheid leerders wat NIE enige vorm van kuberafknouery aangemeld het NIE. • Vertoon jou eksamennommer in 'n etiket onderaan elke bladsy. Stoor en maak rptType_Tipe toe. (12) Stoor en maak alle dokumente toe. [45] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2013 NSS VRAAG 6 Maak die 6Data_Data-dokument oop. 6.1 Pas outomatiese nommering op al vier items onder die vraag toe. LET WEL: MOENIE die opskrif 'Biographical data' insluit NIE. (1) 6.2 Voeg 'n teksvormveldkontrole ('text form field control') langs die Age_Ouderdom-veld in wat slegs toelaat dat syfers (nommers) met 'n minimum waarde van 13 ingesleutel kan word. (3) 6.3 Verander die verstekopsie ('default option') vir die Gender_Geslag- aftrekveldkontrole ('drop-down field control') om 'Select one_Kies een' te lees. (2) 6.4 Stel al die vormvelde ('form fields'), aftrekitems ('drop-down items') en merkblokkies ('check boxes') inlyn ('aligned') met 'n linkerinkeepstelling van presies 8 cm. (2) 6.5 Verander die vertikale inlynstelling sodat die vorm wat die teks 'DATA COLLECTION SHEET' bevat, altyd boaan die bladsy sal verskyn. (1) 6.6 Voeg 'n veld wat die huidige datum en tyd vertoon aan die einde van die dokument in. (2) Stoor die dokument 6Data_Data. 6.7 Werk verder in die 6Data_Data-dokument om 'n possamevoeging vir afskeurstrokies voor te berei. • Gebruik die 52Type_Tipe-tabel van die 5Cyber_Kuber-databasis as die databron. • Selekteer slegs manlike leerders in graad 10 wat kuberafknouery by hulle ouers aangemeld het. • Voeg die saamvoegvelde Name_Naam en Surname_Van in die tabel in, in die spasies wat daarvoor voorsien is. • Stel die saamvoegvelde Name_Naam en Surname_Van regs inlyn ('right align') en maak seker dat daar 'n spasie tussen die twee velde is. • Stoor die dokument as 6Ready_Gereed. • Voltooi die samevoeging en stoor die nuwe saamgevoegde dokument as 6Merge_Saamvoeg. Stoor en maak die dokument 6Data_Data toe. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2013 NSS 6.8 Maak die 6Statistics_Statistiek-dokument en die 6Spreadsheet_Sigblad- sigblad oop. 6.8.1 Verdeel ('split') die tabel sodat 'Bullying Statistics' en 'Cyberbullying Statistics' as twee aparte tabelle vertoon, een onder die ander, elk met sy eie opskrif. (1) 6.8.2 Kopieer die Bullying Statistics-tabel uit die 6Statistics_Statistiek-woordverwerkingsdokument. Plak die tabel in die 6Spreadsheet_Sigblad-sigblad in sodat enige toekomstige veranderinge aan die data in die woordverwerkingsdokument outomaties in die sigblad sal opdateer. Stoor die 6Spreadsheet_Sigblad-sigblad en hou dit oop. (2) Werk in die 6Statistics_Statistiek-woordverwerkingsdokument. 6.8.3 Verander die fontkleur van al die data wat nie as 'n persentasie (%) in die datakolom in die 6Statistics_Statistiek-dokument gegee is nie, na 'n rooi kleur. (1) 6.8.4 Gebruik die Bullying Statistics-tabel om 'n nuwe tabel aan die einde van die 6Statistics_Statistiek-dokument te skep. • Vertoon slegs die laerskole ('primary schools') se statistiek in die nuwe tabel. (Jy mag enige metode van jou keuse gebruik om die antwoord te kry.) • Maak seker dat hierdie nuwe tabel die opskrif 'Primary Schools' bevat. • Plak hierdie nuwe tabel in Sheet2 van die 6Spreadsheet_Sigblad-dokument in as 'n ingebedde objek. (3) Stoor en maak al die dokumente toe. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2013 NSS VRAAG 7 Die komitee benodig hulp om hulle dokumente te bestuur. 7.1 Herbenoem die lêergids genaamd MyFolder_MyLeergids na Exam_Eksamen. (1) 7.2 Voeg jou eksamennommer in die outeurseienskap ('author properties') van die TIFF-beeldlêer in. (1) Maak die dokument genaamd 7Count_Telling oop. 7.3 Tik die naam en die grootte op die skyf ('size on disk') van die PDF-lêer in jou eksamenlêer in, in die spasie wat in die 7Count_Telling-dokument voorsien is. (2) 7.4 Gebruik die 7Count_Telling-dokument om die volgende twee vrae te beantwoord. 7.4.1 Lig ('highlight') die woord 'bully' in alle vorme in die 7Count_Telling- dokument in 'n kleur van jou keuse uit. (1) 7.4.2 Sleutel die hoeveelheid kere in wat al die vorme van die woord 'bully' in die dokument 7Count_Telling verskyn, in die spasie wat daarvoor voorsien is. (1) Stoor en maak die 7Count_Telling-dokument toe. [6] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2013 QP (Afr) | Hlayiso