NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*CATNA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)




View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 789.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.
6. Laat ʼn reël na ELKE sub-vraag oop.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag
TWEE feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is NIE web-gebaseerde sagteware NIE?
A Adobe Photoshop Express
B Office 365
C Linux
D Google Calendar (1)
1.2 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn monitor se verfristempo?
A 5 ms
B 1920 x 1080
C 16:9
D 60 Hz (1)
1.3 Wolkberging (‘cloud storage’) verwys na ...
A gedeelde stoor van data op ʼn sentrale bediener wat gewoonlik deur ʼn
gasheermaatskappy bestuur word.
B stoor en beheer deur ʼn enkele persoon oor die internet.
C sagteware wat toegang tot lêers toelaat sonder ʼn internetverbinding.
D vinniger oplaai van data. (1)
1.4 Hoe stoor vaste toestand (‘solid state’) hardeskywe data in teenstelling met
tradisionele hardeskywe?
A Opties
B Elektronies
C Magneties
D Digitaal (1)
1.5 Watter EEN van die volgende stellings oor ʼn URL-verkorter is ONWAAR?
A ʼn URL-verkorter is ʼn diens wat gebruik word om ʼn lang URL na ʼn korter
een om te skakel.
B ʼn Webwerf sal toegang toelaat as jy ʼn lang URL plak.
C ʼn URL-verkorter sal ʼn lang URL baie makliker maak om te deel.
D Alle webwerwe voorkom dat URL-verkorters gebruik word. (1)
1.6 Watter EEN van die volgende stellings oor RAM is ONWAAR?
A RAM is duurder per GB as hardeskywe.
B RAM stoor nie data en programme wanneer die toestel afgeskakel is nie.
C RAM het ʼn baie laer kapasiteit as hardeskywe.
D RAM werk op ʼn meganiese basis en is dus relatief stadiger. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.7 Die outomatiese skuif van teks na ʼn volgende bladsy in ʼn dokument, staan as
ʼn …. bekend.
A kontinue seksie-onderbreking.
B sagte bladsy-onderbreking.
C harde bladsy-onderbreking.
D volgende bladsy-seksie-onderbreking. (1)
1.8 Die defragmenteringsnutsprogram kan gebruik word om ...
A lêers in ʼn aaneenlopende volgorde te herrangskik.
B beskadigde lêers te verwyder.
C ongebruikte lêers saam te pers ('compress').
D hardeskyfspasie te vermeerder. (1)
1.9 Jy wil uitvind hoeveel keer ʼn 2014-datum voorkom in ʼn kolom met datums wat
uit maande en jare bestaan. Kyk na die skermbeeld hieronder en voltooi die
formule.
=COUNTIF(B5:B36; )
A “>2013”
B 2014
C “*2014”
D =2014 (1)
1.10 Wanneer jy wil vasstel hoeveel rekords daar in ʼn verslag verskyn, moet jy die
volgende uitdrukking in ʼn berekende veld gebruik:
A =Sum(([Naam van spesifieke veld]) + Count([Naam van spesifieke veld]))
B =Count([Naam van spesifieke veld])
C =Sum([Naam van spesifieke veld])
D =Max([Naam van spesifieke veld]) (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Poort wat gewoonlik op draagbare toestelle soos A Skakeltoestel
slimfone gevind word (‘Switch’)
2.2 ʼn Standaard wat toestelle toelaat om draadloos met B Skare befondsing
mekaar te konnekteer deur hulle aan mekaar te laat
raak of hulle naby mekaar te bring C Tesourus
2.3 Die doel is data diefstal om gratis netwerktoegang te D NVK (NFC)
verkry
E ‘USB Hub’
2.4 ʼn Voorbeeld van ʼn aanlyn stoorfasiliteit of -diens
F Uitvissingsbedrog
(Phishing)
2.5 ʼn Standaard wat gebruik word in draadlose
kommunikasie wat hoëspoed-data-oordrag tussen G LTE
sellulêre toestelle en IDV's (‘ISP’s) verskaf
H Kaartleser
2.6 ʼn Besigheidsidee wat deur verskeie klein
skenkings van vrywillige bydraers befonds word I Trojaan
2.7 ʼn Data-tipe in Access wat ʼn lys met opsies vir J Mikro USB
die gebruiker skep om van te kies wanneer
data in ʼn veld ingevoer word K 1G
2.8 ʼn Woordverwerkingsfunksie om sinonieme vir L Speltoetser
geselekteerde woorde op bevel op te soek
M ‘Piggybacking’
2.9 ʼn Sentrale knooppunt waar al die rekenaars op ʼn
netwerk ingeprop word N VGA
2.10 ʼn Toestel wat ontwerp is om data vanaf die O Toevoermasker
volgende tipe bergingstoestelle te lees: SD-kaarte, (Input mask)
geheuekaarte, ens.
P Opkyk hulpprogram
(‘Lookup wizard’)
Q Eksterne ‘HDD’
R VTA (SSD)
S Dropbox
T Wi-Fi
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR
te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN
punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE (‘CPU’).
3.1 ʼn Multi-raakskerm bied meer funksies sonder die gebruik van kieslyste. (1)
3.2 ʼn Vastetoestand skyf is ʼn skyf wat geen bewegende dele het nie en dit dus
stiller en sterker maak. (1)
3.3 Die term Virtuele Realiteit (VR) hou met simulasie van ʼn 3D-omgewing verband. (1)
3.4 IKT verwys na die neiging waardeur alle soorte voorwerpe en toestelle
toenemend via die Internet met mekaar verbind word. (1)
3.5 Vryware verwys na sagteware met kopiereg, maar wat gekopieer mag word om
dit uit te probeer, met die verstandhouding dat ʼn bedrag betaal moet word vir
aanhoudende gebruik. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOESTEL A
A stylish all-in-one with a stunning screen
196 x 196 x 36mm
VGA and HDMI output
Quad-Core i7
Intel Iris Graphics 6000
Crucial 8GB DDR4-2133Mhz
1TB WD Blue 7200RPM Hard Drive
3 TB SSD
Wireless: 802.11ac, Bluetooth 4.0
MacOS Sierra 10
TOESTEL B
4.1.1 Noem die TWEE hardeware komponente vir Toestel A wat die
belangrikste is vir die effektiewe werking van ʼn rekenaar, behalwe die
hardeskyf. (2)
4.1.2 Verduidelik hoe, die byvoeging van meer RAM by ʼn rekenaar, die
algehele stelselverwerking van die rekenaar kan verbeter. (2)
4.1.3 Gee TWEE redes waarom Vastetoestand skywe (‘SSD’s) hardeskywe
in die toekoms as die hoofbergingstoestel van ʼn rekenaar gaan
vervang. (2)
4.1.4 Gee TWEE voordele daarvan om Apparaat A aan te koop, wat ʼn ‘alles-
in-een’ rekenaar is. (2)
4.1.5 Gee TWEE redes waarom HDMI-afvoer beter is as VGA-afvoer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
4.2 Die volgende vrae verwys na Toestel B.
4.2.1 Noem TWEE kenmerke/funksionaliteite, wat by ʼn selfoon gevoeg is, toe
verskeie tegnologieë as ʼn phablet gekonvergeer het. (2)
4.2.2 Noem EEN manier hoe jy foto’s vanaf Toestel B na jou rekenaar kan
oordra. (1)
4.2.3 Gee EEN voorbeeld van ʼn aksie wat op ʼn ‘multi-aanraakskerm’
uitgevoer kan word. (1)
4.2.4 Noem EEN biometriese kenmerk van Toestel B wat in die advertensie
gelys word. (1)
4.2.5 Vergelyk die bedryfstelsels wat op beide toestelle gevind word deur te
verwys na:
(a) Koste van die sagteware (2)
(b) Ondersteuning van die ontwikkelaar (2)
4.3 Skryf die TWEE prosesse in die inligtingverwerkingsiklus neer wat die minste
invloed op die algehele prestasie van die rekenaar het. (2)
4.4 Verduidelik waarom die sentrale verwerkingseenheid (SVE) van ʼn rekenaar
kasgeheue benodig. (2)
4.5 ʼn Koper oorweeg die aankoop van ʼn 3D-drukker.
Noem TWEE voordele om ʼn 3D-drukker te koop. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Gee TWEE redes waarom lêers saamgepers moet word voordat dit in die wolk
opgelaai word. (2)
5.2 Bestudeer die Internetkonneksie-pakket wat hieronder geadverteer word en
beantwoord die volgende vrae:
30 GB data per maand
15 Mbps
Gevorm (‘Shaped’)
5.2.1 Gee die algemene term wat gebruik word wanneer ʼn Internetdiens-
verskaffer jou Internetspoed stadiger maak wanneer jy groot
hoeveelhede data aflaai. (1)
5.2.2 Gee TWEE faktore (behalwe die een in VRAAG 5.2.1) wat Internet-
spoed kan beïnvloed. (2)
5.2.3 Verduidelik die term gevorm (‘shaped') en verskaf EEN voorbeeld van
ʼn situasie waar dit nodig sal wees om ʼn konneksie te vorm (‘shape’). (2)
5.3 Hoe kan RSS-voere gebruik word om podsendings (‘podcasts’) te versprei? (1)
5.4 Jy kan nie ʼn seminaar in Limpopo bywoon nie as gevolg van protesoptogte.
ʼn Vriend stel voor dat jy ʼn videokonferensie gebruik.
5.4.1 Hoe kan ʼn videokonferensie gebruik word om inligting by die seminaar
in Limpopo te deel? (2)
5.4.2 Gee TWEE voordele verbonde aan die gebruik van ʼn videokonferensie. (2)
5.5 Jou vriend kla dat hy outomaties herlei is na ʼn vals webwerf, selfs al het hy
die korrekte URL vir ʼn spesifieke webblad ingetik.
Noem TWEE maniere hoe hy kan voorkom om ʼn slagoffer van skimkaping
(‘pharming’) te word. (2)
5.6 Wat is digitale migrasie? (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 Jongmense wat deelneem aan sosiale media hou voordele en nadele in.
6.1.1 Kan langdurige aanlyndeelname sosiale interaksie tussen mense
verminder? Motiveer jou antwoord. (2)
6.1.2 Gee TWEE maniere waarop jy sosiale media-webwerwe soos
Facebook tot jou voordeel kan gebruik om werk te soek. (2)
6.2 ʼn Strategie om inligtingsoorlading te verhoed is om meer akkuraat en vinniger te
lees.
Gee nog TWEE strategieë om inligtingsoorlading te voorkom. (2)
6.3 Vergelyk plagiaat en kopieregskending deur te verwys na:
6.3.1 Wat elke oortreding is (2)
6.3.2 Hoe om te vermy dat jy skuldig is aan die oortreding (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Gee TWEE redes waarom dit nodig sal wees vir ʼn skool of maatskappy wat ʼn
beleid van BYOD het om ekstra maatreëls te tref om hul data te beveilig. (2)
7.2 Rekenaars op enige netwerk is altyd vatbaar vir afkoopsagteware aanvalle.
7.2.1 Wat is ʼn afkoopsagteware aanval en wat word van ʼn gebruiker verwag
om te doen? (2)
7.2.2 Wat is die beste manier om jouself teen afkoopsagteware aanvalle te
beskerm? (2)
7.3 Verduidelik kortliks hoe ‘bitcoins’ werk om entrepreneurs of individue finansieël
te bevoordeel. (2)
7.4 Sosiale media is onlangs met valse nuus oorval (‘fake news’).
Gee TWEE maniere om valse nuus raak te sien. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Noem TWEE moontlike databronne om etikette in ʼn possamesmelting te skep. (2)
8.2 Die volgende boodskap verskyn wanneer ʼn mens ʼn Table of Figures vir alle
prente in ʼn dokument wil skep: "No table of figures entries found".
Watter veranderinge moet jy aan die dokument maak om te verseker dat ʼn
Table of Figures gegenereer kan word? (1)
8.3 Bestudeer die skermkopie hieronder wat ʼn deel van ʼn sigblad wys.
Sel B1 bevat die formule =A1 * 5.
Gee ʼn moontlike rede waarom die antwoord in sel B1 nie 60 is nie. (2)
8.4 Verduidelik die verskil tussen ʼn valideringsreël en valideringsteks deur na hul
funksies te verwys. (2)
8.5 Wat is die funksie van die ‘oog’-ikoon in die skermkopie hieronder?
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
8.6 Die skermkopie hieronder vertoon ʼn deel van ʼn sigblad wat fliektitels bevat.
Die funksie =COUNTIF(A2:A11, “Gold*”) gee ʼn resultaat van 3.
8.6.1 Verduidelik die doel van die '*' in die kriterium "Gold*". (2)
8.6.2 Indien die kriterium na “Gold” verander word, wat sal die resultaat dan
wees? (1)
8.6.3 Indien die kriterium na “*Gold*” verander word, wat sal die resultaat
dan wees? (1)
8.7 Die html-kode
<table border=“3”>
<tr>
<td>Cell 1</td>
<td>Cell 2</td>
</tr>
<tr>
<td>Cell 3</td>
<tr>
</table>
vertoon die volgende tabel in die webblaaier:
Hoe sal jy die vetgedrukte (‘bold’) reël (die derde ry van kode) regstel sodat die
tabel soos hieronder sal vertoon?
(2)
8.8 Noem EEN voorbeeld van metadata wat met ʼn woordverwerkingsdokument
gestoor word. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jou nefie is ʼn jong man wat pas sy studies in Kreatiewe Handelsnaam Kommunikasie
voltooi het. Hy wil graag sy eie Handelsnaam-besigheid begin met die geld wat hy
gespaar het tydens sy jare op universiteit. Sy tipe besigheid het ʼn ‘kragtige’
rekenaar/skootrekenaar nodig aangesien hy grafiese-ontwerp sagteware soos
Photoshop moet gebruik.
9.1 Jou nefie moet begin uitkyk vir twee rekenaars; ʼn skootrekenaar vir homself en ʼn
ander een vir sy sekretaresse.
9.1.1 Jy noem aan jou nefie dat die skootrekenaar wat hy vir die sekretaresse
moet koop aan die minimum stelselvereistes moet voldoen.
Wat beteken dit? (2)
9.1.2 Jy stel voor dat hy vir homself ʼn skootrekenaar met hoër spesifikasies as e
van sy sekretaresse moet aankoop.
Gee TWEE redes waarom dit goeie advies is. (2)
9.1.3 Jou nefie het ʼn proefweergawe (‘trial version’) van ʼn program by die
sagteware-ontwikkelaars gekry.
Gee EEN voordeel vir die gebruik van ʼn proefweergawe (‘trial version’)
van die sagteware voordat die volle weergawe geïnstalleer word. (1)
9.2 RFID-etikette en strepieskodes het soortgelyke funksies.
9.2.1 Watter medium gebruik ʼn RFID-leser om RFID-etikette te lees? (1)
9.2.2 Watter medium gebruik ʼn strepieskode-skandeerder ('bar code scanner')
om strepieskodes te lees? (1)
9.3 Gee EEN voordeel vir die gebruik van ʼn QR-kode om sy besigheid te adverteer. (1)
9.4 Jou nefie het baie vertroulike inligting op sy skootrekenaar gestoor.
9.4.1 Noem TWEE praktiese maniere hoe hy kan voorkom dat sy
skootrekenaar uit sy kantoor gesteel kan word, behalwe om dit op die
lesenaar vas te sluit. (2)
9.4.2 Gee TWEE voorbeelde van biometriese kenmerke om veilige toegang tot
skootrekenaars te verseker. (2)
9.5 Die sekretaresse wil op sekere dae telependel (‘telecommute’) (om van die huis
af te werk in plaas daarvan om fisies by die werkplek op te daag).
Gee TWEE algemene voordele wat telependel of telewerk vir die werknemer
inhou. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
9.6 Behalwe sosiale netwerk webtuistes wil jou nefie gebruik maak van ʼn aan-
lyndagboek (‘blog’) vir sy besigheid.
Stel TWEE maniere voor hoe hy lesers kan lok of hulle belangstelling kan hou
om die aanlyndagboek in die toekoms te lees. (2)
9.7 Jou nefie wil versigtig te werk gaan tydens die keuse van ʼn Internetdiens-
verskaffer (IDV).
Lys TWEE moontlike aspekte om te oorweeg wanneer tussen verskillende
Internetdiensverskaffers (IDV) gekies moet word. (2)
9.8 Die gebruiker het ʼn keuse om ʼn outomatiese regstelling (‘patch’) af te laai.
Noem TWEE nadele verbonde aan die keuse van die outomatiese aflaai van ʼn
regstelling (‘patch’). (2)
9.9 Daar sal gevalle wees waar jou nefie van die hardekopieë wat hy het, wil
omskakel in elektroniese kopieë om op sy skootrekenaar te gebruik.
9.9.1 Watter toestel sal geskik wees om dit te doen? (1)
9.9.2 Watter sagteware gebruik die toestel en verduidelik kortliks hoe dié
sagteware werk? (2)
9.9.3 Noem TWEE nadele verbonde aan die gebruik van die toestel wat jy in
VRAAG 9.9.1 genoem het om sagtekopieë te maak. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 10
Jou skool beplan om tablette in die klas te gebruik. Die skool benodig jou
ondersteuning om hierdie oorgang met behulp van IKTs (Inligting en
Kommunikasie Tegnologieë) glad te laat verloop.
10.1 Die volgende is spesifikasies van ʼn tablet wat die skool graag wil koop.
Tegniese Spesifikasie:
1.3 GHz Spreadtrum T-Shark vierkernverwerker
1 GB van stelselgeheue
7" raakskerm, 1024 x 600 resolusie
Ingeboude 802.11b/g/n WiFi en Bluetooth v4.0:
2 MP kamera WiFi
Direk mikro-USB
2.0 poort
SIM kaartgleuf 16 GG eMMC
Tot 64 GB 8 GB aanboord stoorgeheue, addisionele geheue via mikro-
SD kaartgleuf
Luidsprekers
10.1.1 Verskaf TWEE gebruike van ʼn kamera voor aan die tablet. (2)
10.1.2 Wat beteken dit wanneer die tablet beide Wi-Fi en SIM-kaart
geaktiveerd is? (2)
10.1.3 Gee die naam van die spesifikasie waarna 1024 x 600 verwys. (1)
10.1.4 Verduidelik waarna die term mikro-SD verwys en wat die doel van
die mikro-SD is. (2)
10.1.5 Wat word met ʼn ‘quad-core’ verwerker bedoel en wat is die
betekenis van so ʼn verwerker? (2)
10.2 Wanneer tablette in die klaskamer gebruik word, het tablette voordele en
nadele.
10.2.1 Noem TWEE take wat verband hou met onderrig en leer in die klas
wat die beste met die gebruik van ʼn tablet gedoen kan word. (2)
10.2.2 Gee TWEE maniere hoe onderwysers kan verseker dat hul leerders
nie toegang het tot onvanpaste webwerwe terwyl hulle op die
Internet is nie. (2)
10.2.3 Noem TWEE maniere hoe die gebruik van tablette in die klas groen
rekenarisering kan bevorder. (2)
10.2.4 Sommige gesiggestremde leerders sukkel om werk op die tablette te
sien weens die grootte van die skerm.
Stel TWEE oplossings voor wat hierdie uitdaging kan oorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
10.3 IDVs bied databondels wat verskillende beperkings bied in die hoeveelheid data
wat binne ʼn maand afgelaai en opgelaai kan word.
10.3.1 Hoekom is dit vir die skool beter om onbeperkte data (uncapped data)
te hê? (2)
10.3.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn harde limiet (Hard cap) en ʼn sagte
limiet (Soft cap). (2)
10.4 Die skool moet ʼn rugsteunbeleid hê.
10.4.1 Noem TWEE maatreëls wat in so ʼn beleid ingesluit behoort te
wees. (2)
10.4.2 Noem TWEE voordele van toegewyde rugsteunprogramme. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Exam guideline