Skip to content

Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 12201916 pages

Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur *CvltA2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 1 antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) BENODIGDHEDE: 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekeninstrumente 3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAD. 8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD en gebruik tekeninstrumente, waar nodig. 13. SKRYF jou NAAM op die ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou ANTWOORDEBOEK, ongeag of jy die vraag beantwoord het of nie. 14. As gevolg van elektroniese oordrag, is tekeninge in die vraestel NIE volgens skaal NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID, WBG EN MATERIAAL (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 1.1 Wat is die maksimum hoogte van ʼn boksteier? (1) 1.2 Bourommel moet nooit vanaf hoogtes laat val word nie. Beskryf die korrekte metode om met bourommel vanaf hoë strukture weg te doen. (2) 1.3 Motiveer kortliks waarom ʼn bouterrein voldoende afgesper moet word. (2) 1.4 Identifiseer die korrekte antwoord tussen hakies wat betrekking het op die konstruksieproses van trappe: 1.4.1 Trappe moet ten minste (30° / 25°) vanaf die horisontale vlak geïnstalleer word en teen nie meer as (45° / 50°) vanaf ʼn muur nie. (2) 1.4.2 Trappe wat nie ʼn permanente deel van die gebou gaan wees nie, moet bordesse van ten minste (760 x 560 mm / 750 x 600 mm) vir elke (3,7 m / 2,5 m) of minder vertikale styghoogte hê. (2) 1.5 FIGUUR 1.5 toon ʼn leer wat teen ʼn muur geplaas is. Wat is die ideale afmeting by A om ʼn stabiele plasing vir die leer te kry? Toon die verhouding om die plasing te bepaal. 2m A FIGUUR 1.5 (2) 1.6 Beskryf die veiligheidsvereistes wat van toepassing is wanneer lere verleng word. (2) 1.7 Beskryf kortliks die elektroplateringproses van metale. (2) 1.8 Noem DRIE voordele van elektroplatering van metale. (3 x 1) (3) 1.9 Noem TWEE voordele van galvanisering van metale. (2 x 1) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van terreinplanne WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 2.1.1 Skaal 1 : 10 word gebruik (1) 2.1.2 Grondkontoere word aangetoon (1) 2.1.3 Uitleg van die riolering word aangetoon (1) 2.1.4 Voorgestelde werk word in rooi aangetoon (1) 2.1.5 Vloerafwerking van vertrekke word aangetoon (1) 2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide vloerplan van ʼn woonstel op skaal 1 : 100. Voltooi die vloerplan deur die volgende inligting te gebruik: 2.2.1 Buitedeur by 2.2.A (2) 2.2.2 Venster by 2.2.B (2) 2.2.3 Waterkloset by 2.2.C (2) 2.2.4 Handewasbak by 2.2.D (2) 2.2.5 Opwasbak by 2.2.E (2) 2.2.6 Eenwegskakelaar-enkelpool by 2.2.F (2) 2.2.7 Fluoresseerlig by 2.2.G (2) 2.2.8 Kontaksok by 2.2.H (2) 2.2.9 Vetput by 2.2.I (2) 2.2.10 Muurlig by 2.2.J (2) 2.3 Identifiseer die tipe boutkoppe in FIGUUR 2.3.1, 2.3.2. en 2.3.3. FIGUUR 2.3.1 FIGUUR 2.3.2 FIGUUR 2.3.3 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5 2.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die instrument in FIGUUR 2.4. A D B C FIGUUR 2.4 2.4.1 Identifiseer die instrument in FIGUUR 2.4. (1) 2.4.2 Noem EEN gebruik van die instrument. (1 x 1) (1) 2.4.3 Benoem die onderdele A–D. (4 x 1) (4) 2.4.4 Noem TWEE gebruike van ʼn laserwaterpas. (2) 2.5 Motiveer kortliks waarom die laserwaterpas nie in uiters koue plekke gebêre moet word nie, deur na die vog binne-in die instrument te verwys. (2) 2.6 Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir Rawlboute: M08/25. (2) [40] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING / HEGTING (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Identifiseer die korrekte antwoord tussen hakies, bv. 3.1.5 Kaplat. 3.1.1 Die helling van ʼn (platdak / geweldak) is minder as 10°. (1) 3.1.2 Die (staandak / vlerkdak) val slegs in een rigting. (1) 3.1.3 Die maksimum spasiëring tussen dakkappe is (760 mm / 1 400 mm) by die gebruik van gegolfde sinkplate. (1) 3.1.4 Die grootte van kaplatte is (38 x 38 mm / 50 x 76 mm) by die gebruik van betondakteëls. (1) 3.2 Noem DRIE vereistes waaraan dakkappe moet voldoen. (3) 3.3 Noem DRIE voordele van die gebruik van dakonderlegsels. (3) 3.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dakkap in FIGUUR 3.4. A C B D E FIGUUR 3.4 3.4.1 Identifiseer die tipe dakkap. (1) 3.4.2 Benoem dele A–D. (4) 3.4.3 Wat is ʼn geskikte spanwydte vir die dakkap? (1) 3.4.4 Wat is die afmetings (groottes) van deel E? (2) 3.5 Noem TWEE tipes materiale waarvan trappe gemaak kan word. (2) 3.6 Teken ʼn netjiese skets van ʼn tipiese trap in die ANTWOORDEBOEK. Verwys met byskrifte na die loopstuk en die optree. (4) 3.7 Wat is die minimum kopruimte-afstand by trappe, vanaf die steeklyn tot by die plafon? (1) 3.8 Wat is die maksimum spasiëring van die balusters wat die handreling by trappe stut? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7 3.9 Verduidelik EEN metode om die volgende materiale te verbind: 3.9.1 Dakkappe aan ʼn steenmuur (1) 3.9.2 Muurplaat teen ʼn steenmuur (1) 3.9.3 Metaal teen ʼn ander metaal (1) 3.9.4 Metaal teen beton (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 4: MATERIAAL, UITGRAWINGS, TOERUSTING EN GEREEDSKAP (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (4.1.1–4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.7 K. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Saktoets A kleiner volumes beton 4.1.2 Kraanarmpomp B nie-ysterhoudende metaal 4.1.3 Staal C getoets in laboratorium 4.1.4 Kubustoets D basiese seëlmiddel 4.1.5 Voerpypbetonpomp E ysterhoudende metaal 4.1.6 Geelkoper F getoets op die terrein G groter volumes beton H verpakkingsmiddel (6 x 1) (6) 4.2 Noem VIER tipes apparaat wat by die saktoets gebruik word. (4) 4.3 Bespreek die doelwitte van die kubustoets. (2) 4.4 Teken ʼn netjiese skets van ʼn normale faling van die kubustoets in die ANTWOORDEBOEK. (3) 4.5 Bespreek die doelwitte van bekleding aan die buiteoppervlakte van geboue. (3) 4.6 Noem TWEE metodes om bekleding vas te heg. (2) 4.7 Noem DRIE veiligheidsfaktore en -regulasies wat ʼn terreinbestuurder in plek moet hê, voordat enige uitgrawings begin. (3) 4.8 Bespreek die veiligheidsmaatreëls vir die volgende gedurende uitgrawings: 4.8.1 Beveiliging van uitgrawings (1) 4.8.2 Dra beskermende klere (1) 4.8.3 Toegang tot ʼn diep uitgrawing (1) 4.8.4 Uitvoer van inspeksies (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9 4.9 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR: 4.9.1 Verspanning is noodsaaklik waar slote dieper as 1,5 meter is. (1) 4.9.2 Trapvorming kan help om te voorkom dat kante van slote inval. (1) 4.9.3 Masjienerie moet twee meter vanaf slote tydens uitgrawings wees. (1) 4.9.4 Uitgegraafde grond moet 1,6 meter vanaf die slootkante wees. (1) 4.10 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die bekisting in FIGUUR 4.10. A C B D FIGUUR 4.10 4.10.1 Identifiseer die tipe grond in FIGUUR 4.10. (1) 4.10.2 Benoem dele A–D. (4) 4.11 Beantwoord die volgende vrae oor die konstruksiemasjien in FIGUUR 4.11. FIGUUR 4.11 4.11.1 Identifiseer die masjien. (1) 4.11.2 Noem DRIE maniere hoe om die masjien te versorg. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 5: STEENWERK, GRAFIKA, PLEISTER EN VLAKLAAG (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 5.1 Beantwoord die volgende vrae oor die muurkonstruksie in FIGUUR 5.1. FIGUUR 5.1 5.1.1 Identifiseer die tipe muurkonstruksie. (1) 5.1.2 Wat is die wydte van die muur? (1) 5.1.3 Noem DRIE doelwitte van die gaping in die muur. (3) 5.2 Kies EEN term vir ELK van die volgende beskrywings uit die onderstaande lys. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 5.2.6 Muurplaat. subbasis; lugstene; vlaklaagsand; randstene; bitumen; syfergat; verbindings; ondergraad; loopvlakke; muurbinte 5.2.1 Die finale laag waarop plaveisel gelê word (1) 5.2.2 Vogtigheid in ʼn muur kan hierdeur ontsnap (1) 5.2.3 Die beste vorm van ʼn kantstrook by plaveisel (1) 5.2.4 Dit word in baie nat streke in die onderste laag van buitemure geplaas (1) 5.2.5 Die natuurlike grond waarop plaveisel gelê word (1) 5.3 Beantwoord die vraag ten opsigte van die muurbint in FIGUUR 5.3. FIGUUR 5.3 5.3.1 Identifiseer die tipe muurbint. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11 5.4 Noem VIER voordele van plaveisel wat droog gelê word. (4) 5.5 Noem TWEE redes vir konstruksiefaling by plaveisel. (2) 5.6 Maak ʼn netjiese gedeeltelike skets van die visgraat-plaveiselpatroon in die ANTWOORDEBOEK. (3) 5.7 Noem DRIE voordele van balkvulling. (3) 5.8 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR. 5.8.1 Balkvulling moet op dieselfde hoogte as die daklatte wees. (1) 5.8.2 Die middelste steen in ʼn boogmuur word die passteen genoem. (1) 5.8.3 Die formeel of profiel vir ʼn boogmuur word van hout gemaak. (1) 5.9 Beantwoord die volgende vrae oor die boogstruktuur in FIGUUR 5.9. A B C FIGUUR 5.9 5.9.1 Identifiseer die tipe boog. (1) 5.9.2 Benoem dele A–C. (3) 5.10 Benoem die bestanddele van pleister (water en kalk uitgesluit). (2) 5.11 Noem EEN doelwit van bouerskalk in ʼn pleistermengsel. (1) 5.12 Noem TWEE doelwitte van binnehuise pleisterwerk. (2) 5.13 Noem EEN doelwit van ʼn vlaklaag. (1) 5.14 Teken die simbole van die volgende: 5.14.1 Elektrisiteitsmeter (2) 5.14.2 Watermeter (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 6: BEKISTING, WAPENING, FONDASIES, BETONVLOERE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 6.1 Noem EEN materiaal wat gebruik kan word om bekisting mee uit te voer, om ʼn gladder afwerking van die beton te verseker. (1) 6.2 Beantwoord die volgende ten opsigte van die bekisting in FIGUUR 6.2. A B C D FIGUUR 6.2 6.2.1 Benoem dele A–D. (4) 6.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die staafkode: 16R10-02-200 6.3.1 Watter tipe staal word gebruik? (1) 6.3.2 Wat is die spasiëring van die stawe? (1) 6.3.3 Wat is die diameter van die stawe? (1) 6.4 Watter kragte weerstaan die volgende dele van ʼn betonbalk: 6.4.1 Ankerstawe (1) 6.4.2 Beuels (1) 6.5 Noem EEN metode om staalstawe met draad te verbind. (1) 6.6 Noem TWEE doelwitte van die dekkingsdiepte vir wapening in betonwerk. (2) 6.7 Noem TWEE tipes heipaalfondasies. (2) 6.8 Noem DRIE redes vir die gebruik van heipaalfondasies. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13 6.9 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die betonvloer in FIGUUR 6.9. A B FIGUUR 6.9 6.9.1 Benoem dele A–B. (2) 6.9.2 Noem EEN nadeel van dié tipe vloerkonstruksie. (1) 6.10 FIGUUR 6.10 toon die fondamentstroke vir ʼn buitekamer. Die fondament is 700 mm breed en 200 mm dik. Beantwoord die volgende vrae in die ANTWOORDEBOEK. 5 500 3 250 6.10.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5) 6.10.2 Bereken die volume beton wat benodig word. (4) [30] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD A GENERIES 2.2 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die vloerplan op skaal 1 : 100. 2.2.I 2.2.J KOMBUIS 2.2.C 2.2.D 2.2.E BADKAMER LEEFAREA KAMER 2.2.G 2.2.F 2.2.H 2.2.A 2.2.B Buitedeur by 2.2.A 2 Venster by 2.2.B 2 Waterkloset by 2.2.C 2 Handewasbak by 2.2.D 2 Opwasbak by 2.2.E 2 Eenwegskakelaar-enkelpool by 2.2.F 2 Fluoresseerlig by 2.2.G 2 Kontaksok by 2.2.H 2 Vetput by 2.2.I 2 Muurlig by 2.2.J 2 TOTAAL: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 12 Civil Technology

View all