Skip to content

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12201814 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2018 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2018 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens … A keur produkte van 'n hoë gehalte goed. B bepaal die inflasiekoers. C ontvang en oorhandig belastinggeld. D reguleer die boubedryf. (1) 1.1.2 Die repokoers is die rente wat deur … gehef word. A meubelwinkels B die Nasionale Kredietreguleerder C banke vir huislenings D die Reserwebank (1) 1.1.3 'n Voordeel van windenergie: A Veroorsaak lugbesoedeling B Veilig vir voëllewe C Het geen invloed op landskappe nie D Wind waai altyd (1) 1.1.4 Die gebruik van antioksidante as voedselbymiddels voorkom … A allergieë en skeiding. B verkleuring en galsterigheid. C galsterigheid en allergieë. D skeiding en verkleuring. (1) 1.1.5 Beperkte voedselinname tot die punt van gevaarlike gewigsverlies toe: A Wanvoeding B Bulimia C Anorexia D Dieet (1) 1.1.6 'n Beperkte vetinname sal help met die bestuur van … A anemie. B anorexia. C diabetes. D osteoporose. (1) 1.1.7 'n Voedselkombinasie wat help met die vorming van rooibloedselle: A Tamatieslaai en gestoofde lewer B Diepgebraaide aartappelskyfies en vis C Macaroni en maalvleis D Wortelslaai en oondgebraaide hoender (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.8 'n Geskikte keuse vir ontbyt vir 'n persoon wat aan seliaksiekte ly: A All Bran-vlokkies B Jungle-hawermout C Weet-Bix D Mieliepap (1) 1.1.9 Ekovriendelike kleedstowwe … A is klassieke modes. B het 'n lae koolstofvoetspoor. C bevat nie enige kleurstowwe nie. D word van geregenereerde vesels gemaak. (1) 1.1.10 'n Persoon met 'n ovaal liggaamsvorm moet klere met … dra. A gekurfde lyne en analoë kleure B donker kleure en 'n kontrasterende belt C horisontale lyne en ligte kleure D monochromatiese kleure en vertikale lyne (1) 1.1.11 'n Aanvangsfooi word gehef deur 'n … A bank om eiendom te assesseer. B aktekantoor vir die registrasie van 'n verbandlening. C bank om 'n huisleningaansoek te verwerk. D prokureur wat 'n verbanddokument opstel. (1) 1.1.12 Heffings moet deur … betaal word. A bouers B deeltiteleienaars C voltiteleienaars D huurders (1) 1.1.13 Die opsie by aanskaf van huisvesting wat ruimte laat vir die meeste kreatiwiteit: A Bou eie huis B Huur 'n huis C Koop 'n voltitelhuis D Koop 'n deeltitelhuis (1) 1.1.14 'n Verantwoordelikheid van 'n deeltitelhuiseienaar: A Maak die swembad skoon B Verf die buitemure van die eenheid C Betaal die elektrisiteit wat in die eenheid verbruik is D Werk in die gemeenskaplike tuin (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2018 NSS 1.1.15 'n Verbruiker kwalifiseer vir 'n regeringsbehuisingsubsidie indien hy/sy … A voorheen eiendom besit het en ouer as 21 jaar is. B R3 000,00 per maand verdien en 'n tweede huis wil koop. C geen finansiële afhanklikes het nie en vir die eerste keer 'n huiseienaar is. D finansiële afhanklikes het en R3 300,00 per maand verdien. (1) 1.1.16 Winsopslag sluit ... in. A bokoste en profyt/wins B verpakking en grondstowwe C profyt/wins en verpakking D grondstowwe en bokoste (1) 1.1.17 Dit sal 'n entrepreneur help om te besluit of hy/sy met 'n besigheidsidee moet voortgaan: A Kontantvloeiprojeksie B Berekening van winsopslag C Finansiële uitvoerbaarheidstudie D Kwaliteitsbeheer (1) 1.1.18 Om aan spesifikasies te voldoen, … A help met die noukeurige beheer van finansies. B verseker dat produkte altyd dieselfde is. C maak personeelopleiding makliker. D stel 'n standaard vir verpakking. (1) 1.1.19 Die betekenis van volhoubare produksie en verbruik: A Bepaal die spesifikasie van die produk B Maak op die lange duur 'n profyt/wins C Verminder besoedeling en afval D Verkry langtermyn finansiële hulpbronne (1) 1.1.20 'n Beste-verkope-scenario sal plaasvind indien 'n besigheid … A langtermyndoelwitte het. B elke maand 'n profyt/wins maak. C genoeg produkte vervaardig om gelyk te breek. D 'n bemarker aanstel om die reklame te doen. (1) 1.2 Kies DRIE faktore uit die lys hieronder wat die doeltreffende vervaardiging van kwaliteitsprodukte beïnvloed. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Verbruikersaanklank B Kliëntebetrekkinge C Beplanning D Kwaliteitsbeheer E Vermindering van afval F Voorraadbeheer (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2018 NSS 1.3 Identifiseer die stadium in die modesiklus vir ELK van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die stadium langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Belangstelling in die mode-item neem geleidelik af. (1) 1.3.2 Die mode-item is duur en by ontwerpers beskikbaar. (1) 1.3.3 Die mode-item is nie meer in kettingwinkels beskikbaar nie. (1) 1.3.4 Die mode-item word in groot getalle vervaardig en is goedkoper. (1) 1.4 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die tipe kontrak in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B TIPE KONTRAK BESKRYWING 1.4.1 Versekeringskontrak A die bank betaal die prys van die eiendom namens die verbruiker 1.4.2 Huurkoopkontrak B die eienaar van die eiendom gee 1.4.3 Verbandkontrak toestemming aan 'n verbruiker om die eiendom teen 'n vasgestelde 1.4.4 Huurkontrak maandelikse paaiement te gebruik 1.4.5 Selfoonkontrak C die winkel hou die item totdat die uitstaande balans ten volle betaal is D die kleinhandelaar vergoed die verbruiker in die geval van die verlies van 'n spesifieke item E twee of meer verbruikers kom ooreen om ewe veel geld by te dra om 'n item te koop F die verbruiker ontvang dikwels 'n gratis produk, maar moet vir 'n aantal maande subskripsiegeld betaal G die kleinhandelaar laat toe dat die verbruiker die item gebruik terwyl hy/sy die uitstaande balans in maandelikse paaiemente betaal (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2018 NSS 1.5 Identifiseer DRIE KORREKTE stellings in die lys hieronder oor die verbruik van nie-menslike energie deur huishoudelike toestelle. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A 'n Vol koelkas gebruik minder energie. B Induksiekookblaaie bespaar elektrisiteit. C Mikrogolfoonde is energiedoeltreffend. D Spiraalstoofplate gebruik meer energie as soliede stoofplate om warm te word. E Tuimeldroërs is energiedoeltreffend. F Regop vrieskaste gebruik minder elektrisiteit as kisvrieskaste. (3) 1.6 Identifiseer VYF KORREKTE stellings in die lys hieronder oor hoë bloeddruk. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Vermy geprosesseerde voedsel. B Verbruik genoeg kalium, magnesium en kalsium. C Eet genoeg hoender en vis. D Dit word deur oormatige natriuminname veroorsaak. E Sluit vitamien C by die dieet in om met die absorpsie van natrium te help. F Dit verhoog die hart se werklading. G Normale bloeddruk is 140/90. H Mense met anemie is meer geneig om aan hoë bloeddruk te ly. I Verminder die inname van eiers. J Die wande van die groter slagare verloor hulle natuurlike elastisiteit. (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2018 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Definieer die term stokvel. (1) 2.2 2.2.1 Gee die tydraamwerk vir 'n afkoeltydperk soos van toepassing op die teken van 'n kontrak. (1) 2.2.2 Noem onder watter omstandighede 'n afkoeltydperk van toepassing is wanneer direkte bemarking vir 'n verkoopstransaksie gebruik is. (2) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Entrepreneur ontvang 'n telefoonoproep. Die persoon wat skakel, sê dat hy inligting oor een van die entrepreneur se werknemers het wat voorraad steel en dit verkoop. Hy sê dat hy 'n ontmoeting met hierdie werknemer gereël het om hom aan die kaak te stel. Hy noem 'n bedrag wat nodig is om die gesteelde goedere te koop, maar hy het nie die geld nie. Hy versoek dan dat die geld na hom oorgeplaas word sodat hy die verkoopstransaksie kan opstel en die entrepreneur kan help om die werknemer uit te vang. [Eie teks] 2.3.1 Noem die tipe saketransaksie wat in die scenario duidelik is. (1) 2.3.2 Voorspel wat waarskynlik sal gebeur wanneer die geld oorgeplaas word. (2) 2.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE MANIERE VIR WATERDOELTREFFENDHEID Ons spoel bykans 'n kwart van die water wat ons gebruik, in die toilet af. Ons huishoudelike waterverbruik kan in die somer verdubbel wanneer ons ons tuine natlei! [Bron: http://energy.vi.gov/resources/publications/fact-sheets/water-conservation] Stel voor hoe water meer doeltreffend gebruik kan word deur te verwys na: 2.4.1 Toilette (2) 2.4.2 Plante (2) 2.5 Volgens Statistiek Suid-Afrika spandeer munisipaliteite meer as 20% van hulle inkomste aan elektrisiteit. Verduidelik waarop hierdie geld spandeer word. (3) 2.6 Verduidelik die onderlinge verband tussen die verdien van 'n hoë salaris en die betaal van belasting. (3 x 2) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Gee TWEE redes waarom stabiliseerders by voedsel gevoeg word. (2) 3.2 Voedseletikette beskerm verbruikers, verskaf inligting en help met die keuse van voedselitems vir 'n gesonde dieet. Noem die inligting op 'n voedseletiket wat aan hierdie doelwitte voldoen. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nicole is 'n 55-jarige vrywillige verpleegassistent met 'n lang geskiedenis van vetsug. Sy geniet koek, sjokolade, gebraaide vleis en gasdrankies. Sy is baie onaktief. Sy het onlangs begin om outomaties baie gewig te verloor; sy bly moeg en dors en sukkel met infeksies wat nie vinnig genees nie. Sy verloor geleidelik gevoel in haar voete en bene. Die dokter het gewaarsku dat haar cholesterolvlakke hoog is, al het sy nog nie arteriosklerose of hoë bloeddruk nie. Hy het aanbeveel dat sy mono-onversadigde vette inneem en fisiese oefeninge doen. [Eie teks] 3.3.1 Definieer die gesondheidstoestand vetsug. (2) 3.3.2 Gee EEN rede vir Nicole se vetsug. (2) 3.3.3 (a) Behalwe vetsug, identifiseer die voedselverwante gesondheidstoestand waaraan Nicole ly as gevolg van haar hoë koolhidraatinname. (1) (b) Verduidelik die oorsake van die voedselverwante gesondheidstoestand wat in VRAAG 3.3.3(a) geïdentifiseer is. (5) 3.3.4 Nicole was bekommerd dat sy moontlik MIV-positief is. Gee TWEE redes vir haar kommer. (2) 3.3.5 Verduidelik waarom Nicole se cholesterolvlakke hoog is. (6) 3.3.6 Beskryf die voordele van die volgende vir Nicole: (a) Fisiese oefeninge (2) (b) Die insluit van mono-onversadigde vette by haar dieet (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2018 NSS 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Volgens voedselveiligheidsregulasies is Listeria 'n bakterie wat in grond, water en plantegroei voorkom. Dit kan ook in sommige diere, soos pluimvee en beeste, voorkom. Rou melk en voedsel gemaak van rou melk, kan draers van die bakterieë wees en goedkoper geprosesseerde vleis kan 'n bron van Listeria wees. Die meeste mense wat met Listeria besmet is, herstel binne sewe dae. Diegene met 'n swak immuniteitstelsel, bv. ouer volwassenes, babas of swanger vroue, benodig dringende mediese sorg. Behandeling behels óf 'n kursus antibiotika óf vloeistowwe deur 'n drup. Die behandeling van listeriose is gewoonlik simptomaties en hang van die erns van die siekte af. Indien die infeksie ernstig is, kan antibiotika aanbeveel word. [Bron: www.cgcsa.co.za, www.fedhealth.co.za, wwww.health.gov.za] 3.4.1 Verduidelik hoe swak voedselhigiëne van verbruikers wat in landelike gebiede woon, tot die oordrag van listeriose bydra. (2 x 2) (4) 3.4.2 Bespreek waarom listeriose verbruikers in die lae sosio-ekonomiese groep so maklik affekteer. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2018 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Gee VIER voorstelle waarop verbruikers volhoubare tekstiele kan ondersteun wanneer hulle kledingitems koop. (4) 4.2 Verduidelik wat organiese katoen is. (1) 4.3 Bestudeer die prentjie en inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hierdie uitrusting bestaan uit: • 'n Vlootblou pak klere (noupassende baadjie en broek) • Ligblou/Hemelsblou hemp • Lig- en donkerbruin geruite das met 'n 1970's-voorkoms • Sakdoek met lig- en donkerblou en bruin patrone • Donkerbruin skoene, aktetas en horlosiebandjie van egte leer • Bril met donkerbruin raam [Bron: www.pinterest.com] 4.3.1 (a) Identifiseer die kledingitem wat 'n voorbeeld van retrospektiewe mode is. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1(a). (1) 4.3.2 Beskryf die optiese illusie wat deur die volgende items in die uitrusting hierbo geskep word wanneer dit deur 'n jong volwassene gedra word: (a) Hemp (2) (b) Pak klere (2) 4.3.3 Skryf 'n paragraaf om die veelsydigheid van die vlootblou pak klere te bespreek. (4) 4.3.4 Analiseer waarom die gekose bykomstighede noukeurig gekies is. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2018 NSS VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Noem DRIE tipes maandelikse betalings wat 'n huiseienaar aan die plaaslike munisipaliteit moet betaal. (3) 5.2 Verduidelik die funksie van 'n regspersoon. (2) 5.3 Noem TWEE koste wat by die maandelikse terugbetaling van 'n huislening ingesluit word. (2) 5.4 Gee TWEE redes waarom verminderde menslike energieverbruik oorweeg moet word wanneer huishoudelike toestelle gekoop word. (2) 5.5 Verduidelik wat 'n regeringsbehuisingsubsidie is. (3) 5.6 Verduidelik die verskil tussen voltiteleienaarskap en deeltiteleienaarskap. (2 x 2) (4) 5.7 Bespreek VIER finansiële nadele om eiendom te huur. (4 x 2) (8) 5.8 Stel 'n kontrolelys op van AGT universele ontwerpeienskappe wat op 'n gekombineerde gas- en elektriese stoof van toepassing is. (8) 5.9 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. José het besluit om 'n huis te bou nadat hy vir baie jare 'n huis gehuur het. Hy het 'n ongeskoolde bouer met baie min ervaring uit die plaaslike gemeenskap gehuur sodat hy die bouer nie elke dag 'n groot loon hoef te betaal het nie. Die bouer het 'n kwotasie vir die boumateriaal en arbeid gegee, wat nogal goedkoop in vergelyking met ander plaaslike bouers was. Nadat die mure gebou is, het die bouer besef dat een van die mure skeef was en herbou moes word sodat die dak behoorlik kon pas. Dit het die bouproses met nog 'n maand vertraag. José was bekommerd omdat hy twee maande kennis gegee het om uit die huurhuis te trek. Meer boumateriaal moes gekoop word om die skewe muur te herbou en dit het die koste baie hoër gemaak as wat José verwag het. [Eie teks] Analiseer die nadele vir José om 'n huis te laat bou. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2018 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem TWEE opsies wat vir 'n entrepreneur beskikbaar is om sy/haar produkte te versprei. (2) 6.2 Definieer die term teikenmark. (2) 6.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nelisa het kursusse gevolg om te leer hoe om silwer te bewerk en kralewerk te doen. Sy het armbande en halssnoere gemaak en 'n paar aan nabygeleë winkels verkoop om 'n klein inkomste te verdien terwyl sy aan die universiteit studeer het. Sy het krale by elke kralewinkel in haar omgewing gekoop. Sy het 'n basiese logo en gedrukte etikette ontwerp om haar produkte te verkoop. Nadat sy haar kursus aan die universiteit voltooi het, het sy besef dat die maak van juweliersware haar passie is. Sy het opknappingskursusse bygewoon en na video's op YouTube oor die handewerk gekyk. Sy het 'n groter werksarea nodig gehad en het haar wins en spaargeld gebruik om 'n tuin-ateljee by haar huis te bou. Sy het 'n Facebook-bladsy geskep en 'n plaaslike kunstenaar het haar logo en etikette herontwerp. Sy het haar juweliersware op daardie stadium slegs in plaaslike winkels verkoop, maar sy het toe begin om dit by 'n mark te verkoop en haar verkope het verdubbel. Sy het 'n stalletjie in 'n gewilde winkelsentrum oopgemaak en na 'n groter ateljee getrek om haar juweliersware te maak. Sy het haar webtuiste in 2015 herontwerp om haar in staat te stel om ook aanlyn te verkoop. Nelisa het begin om van die stene wat sy gebruik het om die juweliersware te maak, by internasionale handelaars te koop. Sy het tans vier voltydse en 'n paar tydelike personeellede. Haar man hou toesig oor die vervaardiging, webtuiste en doen die rekeninge. Sy ontwerp die stukke, verkry die materiaal en hanteer kliëntenavrae. Haar produkreeks sluit armbande, halssnoere, ringe en oorbelle teen verskillende pryse in. [Aangepas uit 'n artikel in Woman and Home, Augustus 2017] 6.3.1 Noem die hoofrede vir voorraadbeheer in Nelisa se besigheid. (3) 6.3.2 Verduidelik waarom 'n netjiese werkplek vir die doeltreffende vervaardiging van Nelisa se produkte belangrik is. (4) 6.3.3 Noem VIER inligtingitems wat op die etikette van Nelisa se produkte moet verskyn. (4) 6.3.4 Bespreek waarom dit belangrik is dat Nelisa kliëntenavrae hanteer. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2018 NSS 6.3.5 Verskillende faktore moet in aanmerking geneem word wanneer 'n entrepreneur 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie kies. Bespreek hoe ELK van die volgende faktore tot Nelisa se sukses bydra: (a) Beskikbaarheid van finansiële bronne (3) (b) Beskikbaarheid van grondstowwe (3) 6.3.6 Die verkoopprys van 'n paar oorbelle is R290,00. Die grondstowwe om 150 pare oorbelle te maak, kos R7 970. Die bokoste om 150 pare oorbelle te maak, is R8 270. (a) Bereken hoeveel pare oorbelle verkoop moet word om die produksiekoste te dek. Toon AL jou berekeninge. (3) (b) Bereken die wins wat Nelisa sal maak as sy 150 pare oorbelle verkoop. Toon AL jou berekeninge. (3) 6.3.7 Nelisa het elk van die afgelope 18 maande haar verkoopsteikens en haar maandelikse verkoopsdoelwit bereik. Gee redes vir haar sukses EN verduidelik waarom sy waarskynlik sal voortgaan om sukses te behaal. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all