Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT GR 12 2016 (Clothing) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201625 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN KLEDINGITEMS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. • Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede demonstreer om kledingstukke te produseer met die fokus op verkoopbaarheid. • Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies graad 12 bestaan uit 'n uitlê-en-uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en twee praktiese eksamens van drie uur elk. Leerders voer hierdie praktiese eksamens individueel uit. o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie) Leerders sal die helfte van die kledingstuk maak wat hul vir die mikro- onderneming vir die projek in kwartaal 1 gekies het. o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2 Leerders voltooi die kledingstuk wat hulle in praktiese eksamen1 begin het. 2. PUNTETOEKENNING • Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer soos hieronder aangedui. Praktiese eksamen: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100 Praktiese eksamen: kwartaal 3 100 Totaal 200 ÷ 2 Finale punt vir PAT 100 • Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar assessering. • Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMENS Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die kleding praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV- dokument. Maak seker van die volgende: • 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: groot tafels vir uitlê en uitknip; 'n minimum van 12 naaimasjiene; twee omkapmasjiene; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir elke leerder); elektrisiteit; naaldwerktoerusting om kledingstukke te maak. • 'n Minimum van R30 tot 'n maksimum van R75 per leerder vir ELK van die twee praktiese eksamens word benodig om die vereiste kledingstukke te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse. • Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00. • Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die volgende groep gereed te maak. • Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK • Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-tydperk onder eksamentoestande gedoen. • 'n Tydsbestek van 3 UUR in totaal word per eksamen benodig (die een-uur- uitlê-en uitknipsessie voor praktiese eksamen 1 uitgesluit) 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS 5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2) • Hierdie praktiese eksamen moet in die eksamenrooster vir die tweede kwartaal ingesluit word. • Leerders sal die helfte van die kledingstuk voltooi wat vir die mikro- onderneming (projek in kwartaal 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die kledingstukke vorm 'n belangrike aspek van die eksamen. • Die onderwyser moet EEN geskikte kledingstuk vir die mikro- onderneming (projek in kwartaal 1) identifiseer en kies. Die leerders sal hierdie kledingstuk tydens praktiese eksamen 1 en praktiese eksamen 2 maak. • Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in SES uur voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA ('SBA') praktiese klasse in graad 10 en 11 geleer het. • Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir die praktiese eksamen gekies word: o Koop 'n handelspatroon vir 'n kledingstuk wat binne 7 uur voltooi kan word; OF o Gebruik dieselfde handelspatroon as wat tydens die praktiese lesse gebruik is en laat die leerders die kledingstuk weer in 7 uur maak Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) • Die artikel sal 'n totale gewigswaarde van 100 punte volgens die vaardigheidskode hê. • Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte vir elke PAT-taak hê. • Leerders begin en voltooi die helfte van die kledingstuk in PAT 1. • Leerders moet die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor die dag van praktiese eksamen 1 voltooi. • Na drie uur moet leerders hulle kledingstukke vir assessering ingee. Na afloop van die assessering word die kledingstukke aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die kledingstukke sal NIE weer nagesien word nadat foute reggemaak is nie. 5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3) • Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is. • Die leerders sal volgens die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word. • 'n Tydsbestek van DRIE uur in totaal word per eksamen benodig (die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie uitgesluit). • Die kledingstuk gekies, moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte volgens die vaardigheidskode hê. • Die tegnieke wat per eksamen vereis word, moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte vir elke PAT-taak hê. • Na drie uur moet leerders hul kledingstukke vir finale assessering ingee. Na afloop van die assessering word die kledingstukke aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die kledingstukke sal NIE weer nagesien word nadat foute reggemaak is nie. 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende: • Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie. • Al die toerusting moet in 'n werkende toestand wees en die naaimasjiene moet versien en herstel word voordat die praktiese eksamen begin. • Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n patroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik. • Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle eksamennommers. • Leerders moet die instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê-en- uitknipsessie ontvang sodat hulle kan voorberei. • Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die vereiste grootte vir elke leerder. • Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. 'n ritssluiter, knope, spelde, ens. • Verdeel leerders in groepe volgens die getal naaimasjiene wat beskikbaar is. • Bedraad al die naaimasjiene met die gepaste kleur garing en toets die spanning vooraf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) • Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar: o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en -planke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels o Genoeg klein gereedskap soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en skerp uitknipskêre 7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN 7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 4 uur 7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur ('n dag voor praktiese eksamen 1) • Deel die leerders se stelletjies ('kit') uit met die kleedstof, patroon, instruksieblad en ander benodigdhede soos die ritssluiter. • Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie enige hulp aan leerders verleen NIE. • Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken. • Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny nadat die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer nagesien word nie. • Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 1. 7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die uitgeknipte patroondele en ekstra afvalmateriaal (om die naaimasjien se spanning te toets, indien nodig). • Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees. • Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer hierdie praktiese eksamen uit. • Die produkte moet na 3 uur vir assessering gereed wees. • Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of hulp aan die leerders verleen NIE. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken. Die leerders kan daarna foute regmaak en verbeterings aanbring. Die kledingstuk sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die kledingstukke in die stelletjie ('kit') teruggeplaas word en op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 2 in kwartaal 3 bewaar word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die half voltooide kledingstukke asook ekstra afvalmateriaal (om die spanning van die naaimasjiene te toets, indien nodig). • Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees. • Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen hierdie praktiese eksamen. • Die produkte moet na 3 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag in die klaskamer wees tydens die praktiese eksamen. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen NIE. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Die leerders kan dan foute regmaak, verbeterings aanbring en die kledingstukke voltooi. Die kledingstukke sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is nie. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die kledingstukke weer op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar word. 8. EVALUERING • Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi. • Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR praktiese eksamen 1 Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang om dit te modereer en om te verseker dat die standaard van die eksamen geskik is: • 'n Fotokopie van die patroonkoevert • 'n Illustrasie van die kledingstuk • Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat gekoop moet word • Die beraamde koste per leerder • Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken • 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir die praktiese eksamensessies • Die puntestaat vir die praktiese eksamens • Beplanning vir albei sessies (uitlê-en-uitknip-, praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2-sessies) wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2 • In kwartaal 3 sal die laaste groep met 'n maksimum van 12 leerders deur die vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê. • Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die moderering beskikbaar hê: o Al die kledingstukke wat die leerders tydens die praktiese klasse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie) o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese klasse o Die voltooide kledingstukke (nagesien) van al die leerders wat alreeds die eksamen voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds die eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat • Die moderator sal ses leerders willekeurig kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê, asook die kledingstukke wat hierdie leerders wat gekies is, gemaak het. • Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. • Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering ingevul word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) • Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word: PAT 2 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator • 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie. • Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word. • Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. • Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE IN KLEDINGPRODUKSIE GEBRUIK • Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om patrone vir die PAT sowel as vir die weeklikse praktiese lesse te kies. • Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde van die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie. • Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word. • Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 12 Maak en sit moue in 15 • Kleedstof korrek gevou 1 • Inruim of inryg (3 rye) om moukop 3 • Patroon op reguit draadrigting (lengtedraad) van • Moue pas netjies in mousgat 5 kleedstof geplaas 2 • Alle nate en naatafwerkings netjies 4 • Alle relevante dele op vou geplaas 2 • Mousoom 3 • Patroondele korrek op kleedstof vasgesteek 2 Ritssluiter 15 • Reguit geknip op kniplyne 2 • Naattoelating korrek en egalige breedte 2 • Kepies akkuraat geknip 2 • Naatafwerking 2 • Patroonmerke 1 • Insit van rits: stikwerk netjies, korrekte breedte van Pylnate 10 rits 4 • Stik van breed na smal 2 • Hoeke by onderkant van rits netjies en vierkantig 3 • Reguit stiksel 2 • Hoeke by bokant van rits netjies en vierkantig 3 • Pars afwaarts of na middel toe 3 Skuinsomboorsel 20 • Knoop gare by nou punt en ryg terug in pylnaat in 3 • Sny van skuinsstroke 5 Rygsdrade/Bostiksel 10 • Las van skuinsstroke 5 • Patroonmerke korrek oorgedra 2 o Heg omboorsel aan vir randafwerking 3 • Egalig gespasieer 3 o Korrekte en egalige breedte 3 • Stiksel reguit 3 o Lê plat en egalig 2 • Pas by item/kleedstof 2 o Met masjien of hand vasgewerk 2 Oop- of toe reguit nate met afwerking 10 Plooie 12 • Reguit stikwerk/egalige ronding/vierkantige hoek 4 • Patroonmerke korrek oorgedra 2 • Naattoelating korrek en egalige breedte 3 • Eweredig gespasieer 2 • Naatafwerking 3 • Egalige breedte 3 Vasmaakmiddels: lussie en hakie/knopie 5 • Pas by kleedstof/patroon 2 • Dieselfde grootte 1 • Voue van plooie op reguit draadrigting (regsdraad) • Spasiëring 1 van kleedstof 3 • Geskik vir kledingstuk 1 Bo-opgestikte sak (Vasgestikte sak) 10 • Stewig vasgewerk 2 • Fatsoen van sak, grootte, soom/nate 3 Gefatsoeneerde belegsel (vir openinge soos 20 • Korrekte posisie op kledingstuk 3 mousgat of halslyn) • Stikwerk om sak aan item te heg 4 • Berei belegsel en ryg vas aan opening 3 Knope en knoopsgate 10 • Heg belegsel aan 4 • Knoopsgate: dieselfde grootte (hand/masjien) 3 • Belegsel lê plat en pas netjies in opening in 3 • Spasiëring 2 • Naattoelating aan binnekant uitgedun, onderstiksel 4 • Voorkoms 2 • Belegsel egalige breedte 2 • Stewig vasgewerk 3 • Afwerking van rafelrande 2 Some 10 • Belegsel aan skouer-/synate vasgewerk 2 • Egalig en korrekte breedte oral 3 • Lê plat, geen plooie/rygsels aan regte kant nie 2 • Netjiese, reguit stikwerk/netjies met hand gewerk 3 • Korrekte steeklengte/korrekte handsteek 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) Maak en heg kraag aan 20 Smal enkelsome 8 • Voorbereiding van kraag voor stikwerk (houstiksel • Egalige en korrekte breedte 2 en ryg dele aanmekaar) 5 • Netjies omgekap 2 • Kraagrand egalig gestik, dus egalige rondings en/of • Egalig omgevou 2 skerp hoeke 4 • Netjies gestik 2 • Albei kante dieselfde 2 Uitlê en knip van afmetings, geen patroon nie 15 • Naattoelating binne kraag korrek uitgedun en • Kleedstof korrek gevou 3 gekeep 2 • Afmetings akkuraat op kleedstof afgemerk 4 • Kraagrand ondergestik, geryg en gestryk 2 • Reguit draadrigting (lengtedraad) van kleedstof • Heg kraag aan kledingstuk: pas behoorlik 3 korrek gebruik 4 • Naat egalig gestik, uitgedun, naatafwerking 2 • Reguit knipwerk 4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGTAKE 1 EN 2 (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN 1 KWARTAAL 2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) VOORBEELDE VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep 25 1 8 10/09/2016 08:00–11:00 2 8 10/09/2016 12:30–15:30 3 9 11/09/2016 08:00–11:00 Eksamen Benodigdhede Hoeveelheid Getal Totaal benodig per leerder leerders 1 Poliësterkatoen 1m 25 25 meter Garing vir stikwerk 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Vilene/Tussenvoering 0,50 m 12,5 meter Ryggaring 1 25 tolletjies Ritssluiter 1 25 ritssluiters ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Poliësterkatoen 25 meter Garing vir stikwerk 25 tolletjies Patroon 25 patrone Vilene/Tussenvoering 12,5 meter Ryggaring 25 tolletjies Ritssluiter 25 ritssluiters Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep Eksamen Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal benodig per leerders leerder ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) VERBRUIKERSTUDIES KLEDINGPRODUKSIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER HOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum PAT-sessies KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Artikels ingesluit vir PAT 1 'n Illustrasie van die kledingstuk/fotokopie van die patroonkoevert Kopie van die instruksieblad wat aan leerders verskaf moet word Ingevulde lys van tegnieke en gewigswaarde van artikel vir PAT 1 en PAT 2 Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________ Handtekeninge: ONDERWYSER:_________________________ DATUM:___________________ HOOF:___________________________ DATUM:___________________ MODERATOR: ___________________ DATUM:___________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) PUNTESTAAT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK PAT 1 SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Uitlê en uitknip van patroon 15 Kleedstof korrek gevou 2 Ekonomiese plasing van patroondele 3 Patroondele op vou van kleedstof 2 Reguit geknip 3 Volg patrooninstruksies 5 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. maatband, skêr, naalde, ens. 2 Korrekte hantering van groter toerusting, bv. naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, ens. 3 (Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) Werksvolgorde en doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om patrooninstruksies te volg 3 Doeltreffende gebruik van tyd 2 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel 2 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal.) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van prakties 5 Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID: Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stikwerk/Stiksels 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) PUNTESTAAT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 2 PAT 2 SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Interpretasie van patroon 15 Volg patrooninstruksies 8 Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. maatband, skêr, naalde, ens. 3 Korrekte hantering van groter toerusting, bv. naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, 4 ens. (Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) Werksvolgorde en doeltreffende gebruik van tyd 10 Vermoë om gegewe patrooninstruksies te volg 5 Doeltreffende gebruik van tyd 5 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel 2 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal.) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van prakties 5 Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID: Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stiksels 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) VOORBEELD VAN 'N KLEDINGITEM VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK HEMP VIR 'N SEUN (Simplicity 5581) GEWIGSWAARDE: TEGNIEK GEWIGSWAARDE Uitlê en uitknip 15 Oop/Toe nate en afwerking 10 Maak en werk kraag aan 20 Moue 15 Some 10 Gefatsoeneerde belegsel 20 Knope en knoopsgate 10 TOTAAL: 100 BENODIGDHEDE: 0,75 m poliësterkatoen Twee 0,5 cm knope 0,50 m vasstryktussenvoering/Vilene Garing Naalde Spelde Maatband Torringmessie (opsioneel) Skêr (uitknip en klein/gebruikskêr) UITLÊ-EN-UITKNIPSESSIE: 1 uur voor praktiese eksamen 1 (eksamentoestande) 1. Lê die patroondele op die kleedstof en tussenvoering uit, steek vas en knip uit. 2. Dra patroonmerke oor waar toepaslik. 3. Steek tussenvoering aan patroondele vas. Knip diagonaal oor die hoeke wat in toe nate sal wees. Stryk tussenvoering vas. 4. Vou al die patroondele en ekstra kleedstof op en gee by onderwyser in vir nasien. 5. Jy mag die uitknipwerk regmaak nadat die onderwyser jou werk nagesien het. GEEN punte sal vir uitknipwerk wat weer gedoen is, toegeken word NIE. 6. Alle patroondele moet by die onderwyser ingegee word vir veilige bewaring tot die dag van praktiese eksamen 1. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) PRAKTIESE EKSAMEN 1: 3 UUR INSTRUKSIES ILLUSTRASIES 1. Houstik voor- en agterkant van nek (hals) 8 mm vanaf knipkant in rigting van pyltjies. Hierdie stiksel is permanent en help om te voorkom dat geronde rande uitrek. 5. Stik voorpant aan agterpant by skouernate. Werk rafelrande af met omkapmasjien of met sigsagsteek. 6. Masjienstik kraag 1 cm vanaf kraagrand met kepies. Knip gekeepte kraagrand in tot by die stiksel by die klein kolletjies. 7. Vou gedeelte tussen kepies om na verkeerde kant (1 cm) en stryk. Plaas REGTE kante teen mekaar, stik belegsel vas aan kraag, moenie gekeepte rande stik nie. Knip naat en hoeke weg ('trim'). 8. Keer kraag om; pars. Kneep halsrand van kledingstuk tot by houstiksel. Aan BUITEKANT, steek kraag (regte kant) vas aan halsrand (onderste deel van kraag teen hemp), pas middel- agter van kraag en hemp opmekaar, plaas klein kolletjie op skouernaat en punte van kraag op groot kol op voorpant. Ryg beide kraag- en onderste dele aan voorste halsrand vas tot by klein kolletjies. Ryg slegs die onderste deel van die kraag (deel tussen klein kolletjies) aan die oorblywende halsrand vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 9. Masjienstik 8 mm vanaf halsrand van belegsel. Om RANDE van lang kant sonder kepies en skouer van belegsel AF TE WERK, stik rafelrande met omkapmasjien of sigsagsteek. Keep halsrand van belegsel in tot by stiksel. PRAKTIESE EKSAMEN 2: 3 UUR 10. Met REGTE kante saam, steek belegsel aan opening voor en halsrand met spelde vas. Ryg. Keep halsrand in deur al die diktes by klein kolletjie. Stik opening voor en halsrand vas volgens rygsteke, wees versigtig om nie die rafelrand van die kraag vas te stik nie. Knip naat en hoeke weg ('trim'); keep rondings in. 11. Keer belegsel om na BINNEKANT, keer agterhalsnaat om na kraag; pars. Stik geparste kraagrand oor halsnaat. Werk belegsel aan skouernaat- toelatings met die hand vas sodat dit in plek bly. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 12. Met REGTE kante saam, steek mou aan mousgat vas met middelkolletjie op skouernaat, pas op oorblywende klein kolletjies. Stik. Stik weer 2 mm vanaf eerste stiksel. Werk rafelrande af met omkapmasjien/sigsagsteek. Pars naattoelating na moue. 13. Steek voorpant aan agterpant vas by hele onderarmnaat, pas mousgatnate en groot kolle op mekaar. Stik naat vanaf groot kol tot by rand van mou. Stik terug by groot kol om naat te versterk. 14. Vou soom van mou en pars. Vou 2 mm van rafelrand om. Stik naby binneste gevoude rand. 15. Keer belegsel om na BUITEKANT. Stik oor belegsel presies 1,5 cm bokant onderste rand. Knip belegsel so na as moontlik aan stiksel weg ('trim'). Knip kledingstuk weg ('trim') tot 6 mm van binnerand van belegsel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) 16. Keer belegsel terug na BINNEKANT; pars, vou soom en pars. Vou rafelrand 2 tot 3 mm om. Pars Stik soom in plek, begin by spleetopening. Vou 2 mm van rafelrand om en pars; stik, sorg dat stiksel bokant opening haaks is. 17. Om knoopsgate op LINKERvoorpant te merk, plaas knoopsgatgids op afgewerkte rand van kledingstuk, pas middellyne, soos getoon. Dra knoopsgatmerke na kledingstuk oor. Maak knoopsgate by merke. Plaas LINKERvoorpant oor REGTERvoorpant, pas middellyne. Werk knope onder knoopsgate vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) PATROON Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2016 NSS (Produksie van Kledingitems) Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all