You're offline
Skip to content
Document

Consumer Studies PAT GR 12 2016 (Food) Afr hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12201628 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (VOEDSELPRODUKSIE) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 28 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES VOEDSELPRODUKSIE 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. • Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gehalte voedselprodukte te maak, met die fokus op verkoopbaarheid. • Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit twee praktiese eksamens van 3 uur elk. Leerders voer hierdie praktiese eksamens individueel uit. o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 Leerders sal die produkte wat hulle vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1) gekies het, maak en bedien. o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2 Leerders sal 'n verskeidenheid voedselprodukte maak om te verkoop, deur 'n verskeidenheid vaardighede en tegnieke te gebruik. 2. PUNTETOEKENNING • Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer, soos hieronder aangedui. Praktiese eksamen: kwartaal 2 100 Praktiese eksamen: kwartaal 3 100 Totaal 200 ÷ 2 Finale punt vir PAT 100 • Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering. • Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMENS Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die voedselproduksie praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument. Maak seker van die volgende: • 'n Geskikte opleidingskombuis met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: 'n minimum van ses stowe (gas/elektries); 'n yskas; elektrisiteit/gas; opwasbakke met lopende warm en koue water en toerusting en gereedskap vir bereiding en kook. • 'n Minimum van R30 tot 'n maksimum van R75 per leerder vir ELK van die twee praktiese eksamens word benodig om bestanddele te koop om die vereiste produkte te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse. • Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00. • Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die volgende groep gereed te maak. • Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK 'n Tydraamwerk van DRIE UUR in totaal word per eksamen benodig. Die 3 uur moet soos volg ingedeel word: • 15 minute vir leerders om hulle toetse te trek, rustig te raak by die werkplekke aan hulle toegeken en om die resepte en werksvolgorde ontvang, te bestudeer. Leerders kan ook begin om bestanddele en toerusting in hierdie tyd bymekaar te maak. • 2 uur vir die bereiding van die produkte onder eksamentoestande. • 45 minute vir die onderwyser om te evalueer, die werkplekke van die leerders na te gaan en die puntestate in te vul. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS 5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2) • Hierdie praktiese eksamen moet in die eksamenrooster vir die tweede kwartaal ingesluit word. • Leerders sal die produkte maak wat hulle vir die mikro-onderneming gekies het (projek kwartaal 1). Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die produkte vorm 'n belangrike aspek van hierdie eksamen. 5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3) • Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is, plaasvind. • Gedurende die praktiese eksamen in kwartaal 3 moet leerders 'n verskeidenheid kookkunsvaardighede toon. Assessering sal op die produksieproses en die verkoopbaarheid van die produkte fokus. • Die onderwyser moet 'n minimum van VIER verskillende toetse opstel wat vir die begroting beskikbaar en ander hulpmiddels van die skool geskik is. • Elke toets moet: o Uit ten minste twee produkte bestaan o 'n Minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte hê o ʼn Verskeidenheid kookkunsvaardighede en -tegnieke insluit • Sluit EEN van die volgende PER TOETS in. 'n Produk wat vir een toets gekies is, kan nie in 'n ander toets herhaal word nie, om te verseker dat 'n verskeidenheid vaardighede en tegnieke in elke toets getoets word: o Gisproduk (gebak of diepgebraai) o Chouxdeeg o 'n Gelatiengereg (nie kommersiële jellie nie) o Tuisgemaakte broskors vir terte, pasteie of quiche o Switserse rolkoek o Sagte meringue soos suurlemoenskuimtert of spog- broodpoeding o Suikerkokery • Die tweede produk kan enige geskikte tegniek of vaardigheid insluit solank die vaardigheidskode-gewigswaarde steeds ʼn minimum van 20 punte is. Die gewigswaarde van die twee produkte sal gelyk of so gelyk as moontlik wees. • Alle resepte moet: o Netjies in standaard- of aksieformaat getik wees o Duidelike instruksies in kort sinne en maklike taal hê o Klein wees, 2–3 porsies o Vir die beskikbare begroting en ander hulpmiddels by die skool Geskik wees o Geskik wees om te verkoop o Die verwagte smaak, tekstuur en voorkoms (gewenste eienskappe) van elke produk insluit o Duidelik geïllustreer wees Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende: • Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie. Dit moet by die rooster vir toetse/eksamens inpas. • Al die toerusting/apparaat moet in 'n werkende toestand wees en die stowe moet voor die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word. • Kopieer die toetse (resepte en werksvolgorde) vir die leerders. • Berei puntestate voor met leerders se name en hulle eksamennommers. • Leerders moet al die resepte wat in die vier toetse ingesluit is (nie in toetsformaat nie) een week (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei. Hulle mag nie weet hoe die resepte in toetsformaat gekombineer sal word nie en hulle mag ook nie weet watter resepte hulle sal trek nie. • Bereken die hoeveelhede om aan te koop volgens die getal leerders in graad 12. • Beplan die finale inkopielys met die beraamde pryse. • Koop die bestanddele. • Maak die opleidingskombuis skoon en netjies. • Pak die vereiste toerusting en bestanddele voor die tyd uit. Leerders moet nie tydens die eksamen rondloop en na toerusting in die stoorkamer soek nie, alle toerusting moet geredelik by hulle werkplekke beskikbaar wees. Maak 'n tafel met bestanddele en toerusting gereed (indien nodig) vir elke sessie 7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN 7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur • Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elkeen sy/haar resepte, soos vir die projek in kwartaal 1 gekies, ontvang. • Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te bestudeer voordat hulle met die praktiese eksamen begin. • Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke geplaas word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en stoof deel met 'n leerder wat toets 3 doen. • Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die praktiese eksamen in die lokaal wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op enige wyse help nie. • Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie. • Leerders word toegelaat om finale skoonmaak te doen terwyl die onderwyser hulle produkte assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur • Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elkeen EEN van die vier toetse trek. • Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te bestudeer voordat hulle met die praktiese eksamen begin. • Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke geplaas word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en stoof deel met 'n leerder wat toets 3 doen. • Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die praktiese eksamen in die lokaal wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op enige wyse help nie. • Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie. • Leerders word toegelaat om finale opruiming te doen terwyl die onderwyser hulle produkte assesseer. 8. EVALUERING • Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi. • Terwyl hulle produkte geëvalueer word, moet leerders hulle werkplekke opruim sodat die onderwyser/moderator die werkplekke vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR praktiese eksamen 1 Die onderwyser moet die volgende tydens die laaste week van kwartaal 1, of vroeër, aan die vakadviseur vir goedkeuring voorlê: • Stap 1: In die laaste week van kwartaal 1 of vroeër (24 Maart) o Die toetse en betrokke resepte vir praktiese eksamen 2 (kwartaal 3), wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens die vaardigheidskode aandui o Die voorgestelde datum vir eksterne moderering by die skool vir die laaste groep leerders o Hierdie datum moet met die vakadviseur onderhandel word • Stap 2 (na goedkeuring van stap 1-dokumente): Einde van April (25 April) o Die werksvolgorde vir elke toets o Die memorandum met die gewenste eienskappe van elke produk vir elke toets o Die beplanning vir die aankope o 'n Konsepbegroting en die beraamde koste per leerder (moet op versoek beskikbaar wees) o Die oorsiglys moet deur prinsipaal geteken wees Die eksamen kan nie gedoen word tensy die items hierbo deur die vakadviseur goedgekeur is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2 • In kwartaal 3 sal die laaste groep van 'n maksimum van 12 leerders deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl die praktiese eksamen by die skool uitgevoer word. • Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die moderering beskikbaar hê: o Die punte van al die leerders vir praktiese eksamen 1 in kwartaal 2 o Die punte van al die leerders wat die praktiese eksamen 2 in kwartaal 3 voltooi het o 'n Afskrif van die voltooide puntestaat vir praktiese klasse o 'n Afskrif van die vier toetse wat die leerders sal uitvoer o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat • Die moderator sal willekeurig ses kandidate uit die laaste groep kies en die leerders onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen uitvoer. • Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. • Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) • Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word: PAT 2 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS -3 *O = Onderwyser; *M = Moderator • 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie. • Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word. • Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. • Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN VOEDSELPRODUKSIE • 'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek. • Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die resep(te) gekies vir elke toets vir die praktiese eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 20 punte tel. • Punte mag nie twee maal vir dieselfde tegniek, in dieselfde toets, toegeken word nie. 1 Tegnieke Gewigswaarde- punte 1.1 Bak van 'n koek: 3 Uitvoer van pan, voorverhit oond en stel op die korrekte temperatuur. Posisie van oondrak korrek, bak vir korrekte tyd, blind bak. 1.2 Bak sonder om pan uit te voer: 2 Bak in 'n pan met warm water (bain-marie) bv. gebakte vla. Bak 'n soufflé. 1.3 Blansjeer 2 1.4 Kook bo-op stoof (bv. rys, pasta, groente) 2 1.5 Diepbraai (skyfies, oliebolle, vetkoek, dreineer op papierhanddoek) 3 1.6 Rooster (hamburgerkoekies, biefstuk) 3 1.7 Rooster (groente en vleis) 3 1.8 Gaarmaak in mikrogolfoond, bv. vlasous, witsous, kook van pasta. (nie 3 om melk, voedsel, water warm te maak nie) 1.9 Posjeer 2 1.10 Drukkoker gebruik, bv. vir vleis-en-groentebredie, boontjiesop 3 1.11 Soteer (uie, soetrissies ens.) 2 1.12 Verseël en verbruin vleis/maalvleis/droogbraai van spekvleis 2 1.13 Vlakbraai (pannekoeke, plaatkoekies, hamburgerkoekies, viskoekies) 3 1.14 Prut/Stowe vleis/hoendergereg met groente, droëvrugte 4 1.15 Stoom: Dubbelkoker of mengbak op kastrol, bv. vis, eiervlasous, 3 sjokolade smelt (NIE RYS NIE) 2 Gelatien 2.1 Gelatiengereg, bv. gevormde slaai of nagereg 3 2.2 Gelatiengereg gemaak met kommersiële jellie 2 2.3 Invou van ander bestanddele soos geklopte room of gerasperde 2 komkommer op korrekte stadium 2.4 Ontvorm van gelatiengereg 2 3 Eiers 3.1 Sagte meringue (bv. suurlemoenskuimtert) 3 3.2 Harde meringue (skuimpies) 4 3.3 Vlabasis met eiers, bv. quiche/melktert 2 3.4 Klop en invou van eierwit, bv. soufflé, melktert, roulade 2 4 Gisgebak/Suurdeeggebak 4.1 Berei gisbeslag of gisdeeg 4 5 Mengmetodes 5.1 Beslag, eenbakmetode (pannekoek, plaatkoekies, poffertjies, koek, 3 ens.) 5.2 Beslag, roommetode 3 5.3 Beslag, sjiffonmetode (sluit klits en invou van eierwit in) 4 5.4 Beslag, muffin-/emulsiemetode 3 5.5 Beslag, smeltmetode 3 5.6 Beslag, klopmetode 3 5.7 Chouxdeeg 5 5.8 Deeg, invryfmetode (broskorstertdeeg, skons/botterbroodjies) 3 5.9 Tertdeeg, invryfmetode, meng, uitrol (maak eie skilferdeeg) 5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) 6 Voorbereiding van bestanddele 6.1 Skil, sny, kerf, blokkies sny van groente, bv. julienne-wortels (gebruik van 2 koksmes) 6.2 Ontbeen van hoender/hoenderborsies 2 7 Klaarvoorbereide voedsel 7.1 Berei 'n beskuitjiekors met Marie- of Tennis-beskuitjies en gesmelte botter 2 7.2 Gebruik klaargemaakte/kommersiële tertdeeg/fillodeeg 2 8 Souse en slaaisouse 8.1 Gekookte souse, bv. vleissous, vla, konfyt, lemoensous, sous verdik met 2 meelblom 8.2 Mayonnaise (tuisgemaak) 4 8.3 Ongekookte tuisgemaakte slaaisous 2 8.4 Gekookte slaaisous 4 8.5 Witsous/kaassous, roux-metode 3 9 Suikerkokery en tuisgemaakte lekkergoed 9.1 Karamellisering van suiker, bv. karamelsous 4 9.2 Kook suikerstroop tot sagtebalstadium, hardebalstadium, ens. 4 9.3 Manipuleer suikerstroop, bv. klop fudge, malvalekkers. Sny in vorms 4 wanneer koud. 10 Tegnieke 10.1 Klop en invou van room 2 10.2 Botterversiersel/Vars roomversiersel – berei en versier kolwyntjies en koeke 3 10.3 Garnering, gevorderd, bv. tamatie-/aartappel-/radysblomme/tuilles/ 3 sjokoladekrulle/sjokoladeblare/sjokoladebakkies/vorm en versier met fondantversiersel/marsepein en ander versierings, ens. 10.4 Gebruik van versierbuis/-sak 2 10.5 Royal-versiersel (versiersuiker en water/suurlemoensap/eierwit – 2 verglansing): Bereiding en gebruik 10.6 Berei sjokolade-ganache (sjokolade en room) 2 10.7 Puree 2 10.8 Vorm van deeg, bv. skons, koekies, broodrolle, koeksisters, krokette 3 10.9 Switserse rolkoek/roulade/Chelseabolletjie/Sweedse teering (koek) – rol 3 10.10 Lamingtons/Ystervarkies – maak sjokoladesous en doop, rol in klapper 3 10.11 Gebruik gespesialiseerde toerusting, bv. voedselverwerker, vermenger, 2 pastamasjien, (nie elektriese klitser of diepbraaier nie) 11 Enige ander vaardighede wat nie genoem is nie (mag slegs twee maal 1 in dieselfde toets gebruik word) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) ONDERWYSERBEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3 (Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN 2: GRAAD 12 (heg alle resepte aan) Toets 1: Totaal: Resep 1: Naam: Resep 2: Naam: Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde Totaal resep 1: Totaal resep 2: Toets 2: Totaal: Resep 1: Naam: Resep 2: Naam: Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde Totaal resep 1: Totaal resep 2: Toets 3: Totaal: Resep 1: Naam: Resep 2: Naam: Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde Totaal resep 1: Totaal resep 2: Toets 4: Totaal: Resep 1: Naam: Resep 2: Naam: Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde Totaal resep 1: Totaal resep 2: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) VOORBEELD VAN ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd leerders per groep toetse per toets 25 1 8 4 2 10/16 08:00–11:00 2 8 4 2 10/16 11:30–14:30 3 7 4 2 11/16 08:00–11:00 Toets Produk 1: Quiche Lorraine Produk 2: Koninginpoffertjies 1 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6 Salticrax-beskuitjies ¾ pak 5 pk Koekmeel 125 mℓ 750 mℓ Margarien 50 mℓ/g 300 g Margarien 62,5 mℓ 360 g (60 g) Spekvleis 100 g 600 g Strooisuiker 50 mℓ 300 mℓ Cheddarkaas, 250 mℓ 1 500 mℓ Sout knippie Pakkie gerasper Eiers 4 24 Eiers 2 12 Room, langlewe 125 mℓ 750 mℓ Geklopte room 100 mℓ 500 mℓ Melk 175 mℓ 1¼ liter Papierhanddoek 1 rol Hoenderaftreksel- ½ 3 Olie vir diep 5 liter blokkie braai Spray and Cook 1 blik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd leerders per groep toetse per toets Toets Resep 1: Resep 2: 1 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x Toets Resep 1: Resep 2: 2 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x Toets Resep 1: Resep 2: 3 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) ONDERWYSER SE INKOPIELYS Bestanddele Toets 1 Toets 2 Toets 3 Toets 4 Totaal: Benaderde (herlei na naaste koste van aankoopeenheid in g/kg) hoeveelhede benodig Benaderde koste van inkopielys: ........................................... GERAAMDE KOSTE PER TOETS PER LEERDER: R......................... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) VERBRUIKERSTUDIES – VOEDSELPRODUKSIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING INGEGEE MOET WORD SKOOL: ONDERWYSER: PRINSIPAAL: DATUM VOORGELÊ: Datums van PAT-sessies Voorgestelde Goedgekeurde modereringsdatum modereringsdatum KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODDERATOR Vier toetse Elke toets bestaan uit ten minste 2 produkte Elke toets sluit 'n verskeidenheid tegnieke in en het 'n vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte Alle resepte aangeheg, netjies getik Memorandum met die gewenste eienskappe vir elke produk in elke toets Werksvolgorde/Tydsindeling vir elke toets ontwikkel Beplanning vir aankope aangeheg Beraamde begroting en koste per leerder aangeheg Resepte duidelik geïllustreer GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM:............... Handtekeninge: ONDERWYSER: ............................................. DATUM: ........................................... PRINSIPAAL: ............................................... DATUM: ........................................... MODERATOR: .......................................... DATUM: .......................................... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE EKSAMENS PAT-EKSAMEN 1 2 NAME VAN LEERDERS NAAM VAN SKOOL 1 2 3 4 5 6 7 8 EKSAMINATOR DATUM 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 14 • Interpretasie van resep Korrekte afmeet van hoeveelhede, korrekte bereidingsmetodes, korrekte mengmetodes, korrekte kookmetodes 7 o Resep 1 o Resep 2 7 • Gebruik van gereedskap en toerusting 6 Korrekte kastrol/pan vir tipe voedsel, korrekte grootte van kastrol/pan vir stoofplaat. 1 Gebruik korrekte gereedskap om te berei en te kook. 2 Veilige gebruik van gereedskap, toerusting en stoof. 1 Korrekte temperature vir stoofplate en oond, hoogte van 2 oondrakkies, voorverhit oond, korrekte tyd vir bak/kook. • Werksvolgorde en doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om gegewe werksvolgorde of ander realistiese volgorde te volg. 2 HIGIËNE EN NETHEID • Netheid van werkplek en toerusting 5 Skottelgoed was (warm water, afspoel) 1 Vadoeke skoon, beskikbaar en lê nie rond nie. 1 Hantering van toerusting/gereedskap na gebruik/korrekte 2 berging van oorskietbestanddele. Afval op gepaste wyse weggegooi. 1 Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na die eksamen waar en gee 'n punt daarvolgens. • Persoonlike voorkoms 5 Hare netjies, koksmus/bedek, voorskoot/koksbaadjie, skoon naels Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na die eksamen waar en gee 'n punt uit 5. • Netheid van werkplek na prakties 5 Werkplek, opwasbak en stoof skoon. Gereedskap skoon en weggepak in korrekte stoorplek en ruimte. Asblikke skoon. 3 VERKOOPBAAR- Voorkoms 10 HEID Smaak/Geur 10 PRODUK 1 Tekstuur 10 4 VERKOOPBAAR- Voorkoms 10 HEID Smaak/Geur 10 PRODUK 2 Tekstuur 10 TOTAAL 100 Penalisering vir laat wees: trek 2 punte af vir elke 5 minute laat tot 'n maksimum van 20 punte TOTAAL 100 VOORKOMS, TEKSTUUR EN SMAAK/GEUR VAN DIE FINALE PRODUK: 0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop nie 2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 4–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkoop 9–10 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) VOORBEELDE VAN TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN 2 VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN TOETSE VIR PAT 2 Toets 1: Totaal: 21 Resep 1 Naam: Chelseabolletjies Resep 2 Naam: Pannekoek met Soutvulsel Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde 4.1 Gisbeslag/-deeg 4 5.1 Beslag/Deeg 3 10.8 Vorm van deeg 3 1.11 Soteer 2 1.2 Bak 2 8.5 Witsous, roux- 3 metode 11 Verglansing 1 1.13 Vlakbraai 3 Totaal resep 1 10 Totaal resep 2 11 Toets 2: Totaal 20 Resep 1 Naam: Roompoffertjies met Resep 2 Naam: Hongaarse Frikkadelle Vlavulsel Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde 5.7 Chouxdeeg 5 6.1 Berei bestanddele 2 1.2 Bak 2 10.8 Vorm frikkadelle 3 3.3 Vlabasis met eier 2 1.12 Seël en verbruin 2 frikkadelle 1.14 Prut 4 Totaal resep 1 9 Totaal resep 2 11 Toets 3: Totaal 20 Resep 1 Naam: Koffie-en-karameltert Resep 2 Naam: Blindevinkies Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde 7.1 Berei 'n beskuitjiekors 2 10.9 Rol vleis 3 2.1 Gebruik gelatien 3 1.12 Seël en verbruin 2 vleis 9.1 Karamellisering van 4 1.14 Prut 4 stroop 2.3 Invou van geklitste 2 eierwit Totaal resep 1 11 Totaal resep 2 9 Toets 4: Totaal 20 Resep 1 Naam: Switserse Rolkoek Resep 2 Naam: Gestoofde Hoenderboudjies met Pasta Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde 1.1 Voer pan uit, bak 3 6.1 Berei bestanddele 2 5.6 Beslag, klopmetode 3 1.12 Seël en verbruin 2 vleis 10.9 Rol Switserse 3 1.14 Prut 4 Rolkoek 11 Afmeet 1 1.4 Kook pasta 2 Totaal resep 1 10 Totaal resep 2 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Chelseabolletjies (Maak 8 Chelseabolletjies) 625 mℓ (300 g) koekmeel 2 mℓ sout 50 mℓ strooisuiker 10 g kitsgis 60 mℓ (60 g) margarien 50 mℓ louwarm melk 1 groot eier ± 80 mℓ louwarm water Vulsel: 60 mℓ (60 g) margarien 50 mℓ strooisuiker 5 mℓ kaneel 125 mℓ (75 g) droëvrugtemengsel/ rosyntjies Geklopte eier/suikerwater, om bo-oor te verf Versiersel: 125 mℓ (65 g) versiersuiker Kookwater 1. Voorverhit oond tot 180 °C. 2. Meng die koekmeel, sout en suiker saam. Voeg kitsgis by en meng. 3. Smelt die margarien in die louwarm melk. 4. Klop die eier. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel saam met die eier en genoeg louwarm water om 'n sagte deeg te vorm. 5. Knie die deeg goed tot glad en elasties. 6. Plaas die deeg op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, bedek met gesmeerde kleefplastiek of in 'n mengbak en laat vir 10–15 minute rus. 7. Knie die deeg af. Gebruik 'n rolstok en rol die deeg in 'n 30 cm-vierkant. Smeer die margarien oor die deeg en sprinkel met strooisuiker, kaneel en droëvrugte. 8. Rol die deeg van een kant na die ander om 'n rol te vorm. Sny die rol met 'n skerp mes in 8 ewe groot snye. 9. Plaas die snye, snykant onder, in 'n ronde, gesmeerde 23 cm-koekpan. Plaas 1 sny in die middel en rangskik die oorblywende 7 snye rondom dit. 10. Bedek dit met gesmeerde kleefplastiek en laat vir ongeveer 20 minute in 'n warm plek tot dubbel so groot rys. 11. Verf met geklopte eier/suikerwater. Bak vir 25–30 minute of tot gereed. Dit is gaar wanneer dit goudbruin is en 'n hol geluid maak wanneer die bokant geklop word. 12. Berei die versiersel: Sif die versiersuiker in 'n bak en meng met genoeg kookwater om 'n gladde, drupkonsistensie te vorm. 13. Drup die versiersel oor die bolletjies nadat dit afgekoel het. LET WEL: Maak seker dat geklitste eier of suikerwater beskikbaar is vir leerders om oor Chelseabolletjies te verf. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Chelsea- • Goed uitgerys en lig in • Lig in gewig • Aangename neuterige bolletjies gewig in verhouding tot • Selle klein, egalig smaak die grootte • Elastiese krummel, vogtig • Geen sterk suurdeeg- • Goudbruin bo-op maar nie degerig nie smaak nie • Netjies gerol, rond (10) • Delikaat • Party rosyntjies sigbaar • Soet bo-op. (10) • Kaneelgeur (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Pannekoek met Soutvulsel Pannekoek: (6–10 pannekoeke, afhangende van die grootte van die pan) 250 mℓ koekmeel 5 mℓ bakpoeier 3 mℓ sout 2 eiers 200 mℓ melk 175 mℓ water 5 mℓ suurlemoensap 125 mℓ olie 2 mℓ olie vir gaarmaak 1. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. 2. Klits eiers, melk, water en suurlemoensap saam. 3. Voeg die vloeistofmengsel by die meelmengsel en klits totdat daar geen klonte meer is nie. Voeg die olie by en klop goed. 4. Verhit die olie in die pan op die stoof. 5. Maak die pannekoek gaar tot goudbruin. Gebruik 'n eierspaan om dit om te draai. 6. Plaas die pannekoeke op 'n bord. Hou die pannekoek warm deur die bord oor 'n pot met 7. kookwater op die stoof te plaas. Vulsel: ½ ui 3 spinasieblare en/of 4 sampioene 3 repies spek/1 Weense worsie/50 g vellose, beenlose hoenderborsie 30 mℓ (30 g) margarien 30 mℓ koekmeel 250 mℓ melk Sout en peper na smaak 30 g cheddar-kaas 1. Kap die ui, spinasie en sampioene. 2. Soteer die ui. Voeg die spinasieblare en/of sampioene by en maak gaar. Plaas eenkant. 3. Sny die spek/Weense worsie/hoenderborsie. 4. Maak die spek/Weense worsie/hoenderborsie in 'n bietjie olie gaar. Plaas eenkant. Die Weense worsie hoef nie gaargemaak te word nie. 5. Smelt die margarien in 'n kastrol. Roer die koekmeelblom by tot al die meeldeeltjies met margarien bedek is. 6. Verwyder die kastrol van die hitte, voeg die melk geleidelik by en klop met 'n houtlepel tot goed gemeng. 7. Plaas kastrol terug op die stoofplaat en roer aanhoudend oor matige hitte totdat die sous kookpunt bereik. Prut vir 2–3 minute om seker te maak dat die sous goed deurgekook is en nie 'n rou of melerige smaak het nie. 8. Verwyder kastrol van hitte. Geur met sout en peper. 9. Rasper die kaas en roer by die sous. Voeg die uie, spinasie en/of sampioene en spek/Weense worsie of hoender by. 10. Vul en rol die pannekoeke. Bedien warm. LET WEL: Weeg kaas, draai in kleefplastiek toe en deel aan leerders uit. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Pannekoek • Dun, plat en rond Pannekoek: Dun, val nie • Souterige smaak met • Goudbruin en gespikkeld uitmekaar nie. • Aangename vermenging Soutvulsel aan een kant Sag en lugtig, nie degerig van bestanddele wat in • Netjies gevou of gerol nie. die vulsel gebruik is (10) Vulsel: Geen klonte nie. • Nie smaakloos nie Alle bestanddele gaar en (10) sag. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Roompoffertjies met Vlavulsel Chouxdeeg: (Maak 10 mediumgrootte poffertjies/20 klein poffertjies) 125 mℓ kookwater 50 mℓ margarien 125 mℓ koekmeel 0,5 mℓ sout 2 medium eiers 1. Smeer 'n bakplaat. Voorverhit die oond tot 220 °C en plaas die oondrakkie in die middel van die oond. 2. Sif die koekmeelblom en sout saam. 3. Verhit die water en die margarien tot kookpunt in 'n kastrol op die stoof. Verwyder die kastrol van die stoofplaat sodra die water kook. 4. Voeg die droë bestanddele met een slag by en meng deeglik. 5. Plaas die mengsel terug op die stoofplaat en roer vinnig totdat die chouxdeeg weg van die kante van die kastrol kom. 6. Laat vir 5 minute afkoel en voeg die eiers dan een vir een by, roer goed na elke byvoeging. 7. Gebruik 'n teelepel om die poffertjies op die gesmeerde bakplaat te vorm. 8. Bak vir 10 minute. Verlaag die temperatuur na 180 °C en bak 'n verdere 12 tot 15 minute totdat die poffertjies in die middel uitgedroog is. 9. Haal die poffertjies uit die oond en gebruik 'n toetspen of skerp mes om 'n opening aan beide kante van die poffertjie te maak sodat die stoom kan ontsnap. 10. Wanneer afgekoel, vul met die vlavulsel. Dit kan gedoen word deur: Die poffertjies oop te sny en die vulsel met 'n lepel daarin te skep. OF Plaas die vulsel in 'n versiersak. Maak 'n klein opening aan die kant of onderkant van elke poffertjie spuit die vulsel daarin. LET WEL: Vul die poffertjies net voor opdiening anders raak dit te sag. Indien dit te lank voor bediening gevul word, sal dit sag en pap raak. Vulsel 250 mℓ melk 50 m strooisuiker (40 g) 50 mℓ mielieblom (Maizena) (25 g) 1 mℓ sout 1 eier 5 mℓ vanieljegeursel 250 mℓ vars room 1. Verhit die melk in 'n kastrol. Meng die suiker, meelblom en sout en voeg 'n klein bietjie van die warm melk by en meng goed. Voeg die pasta by die melk, verhit terwyl dit aanhoudend geroer word totdat dit verdik. 2. Klits eier liggies, voeg 'n deel van die warm mengsel by die eier, meng en gooi terug in die kastrol. Verhit en roer aanhoudend om klontvorming te voorkom. 3. Laat afkoel. Klits room. Voeg vanieljegeursel en geklitste room by die vla. Vul die roompoffertjies. 4. Bedien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Choux- Poffertjies: Poffertjies: Poffertjies: poffertjies • Oneweredige ronde • Fyn, bros kors • Aangename geur met Vlavulsel vorm • Lig in gewig Vulsel: • Goeie volume • Goeie grootte holte, • Soet vanieljevla-geur • Nie gekrimp nie/val nie die binnekant vogtig • Nie te soet nie plat nie maar nie degerig nie (10) • Ligte goudbruin kleur Vulsel: • Lig in gewig • Glad, klontvry Vulsel: • Nie styf of loperig nie • Ligte geel kleur • Peul nie by poffertjies • Glad, nie geskei nie uit nie (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Hongaarse Frikkadelle 50 g streepspekvleis 1 ui 12,5 mℓ koekmeel 250 g gemaalde varkvleis 50 g gemaalde beesvleis 37,5 mℓ pietersielie 1 eier 37,5 mℓ broodkrummels 23 mℓ sout 1 mℓ swart peper 10 mℓ paprika 25 mℓ olie 150 mℓ beesvleisaftreksel 25 mℓ room 1. Sny die spekvleis in blokkies. Plaas die helfte van die spekvleis in 'n braaipan en verhit totdat die vet begin smelt. 2. Kap die ui en pietersielie. Voeg twee-derdes van die ui by die vet en braai tot goudbruin. 3. Strooi die helfte van die meel oor en roer goed. 4. Skep in 'n bakkie en voeg die vleis, gekapte pietersielie, eier, broodkrummels, sout peper en 5 mℓ paprika by. 5. Vorm klein frikkadelle. 6. Verhit die olie en verbruin die frikkadelle. 7. Verlaag die hitte en maak vir 10 minute gaar. 8. Verhit die oorblywende spekvleis in 'n ander braaipan totdat die vet smelt. Voeg die res van die ui by en braai tot sag. 9. Strooi die oorblywende koekmeel en paprika oor en roer goed. 10. Voeg die vleisaftreksel by en bring tot kookpunt. 11. Prut totdat sous verdik, voeg room en frikkadelle by. 12. Prut stadig vir 10 minute. 13. Bedien warm. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Hongaarse • Bestanddele eweredig • Goed gaar, vleis sag • Kenmerkende frikkadelle versprei • Uie en spekvleis paprikasmaak • Frikkadelle ewe groot eweredig in sous • Souterige smaak • Eweredig verbrui versprei • Nie laf nie, geen • Sous nie waterig oorheersende peper- nie/dik genoeg om smaak nie frikkadelle te bedek (10) (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Koffie-en-karameltert 100 g Marie-beskuitjies 25 mℓ suiker 2 mℓ fyn kaneel 85 g margarien 15 mℓ gelatien 50 mℓ koue water 15 g margarien 125 mℓ goue stroop 1 x 397 g gekondenseerde melk 250 mℓ sterk, swart koffie 5 mℓ vanieljegeursel 3 eierwitte 1. Smelt die 85 g margarien. 2. Druk die beskuitjies fyn en voeg die suiker, kaneel en gesmelte margarien by. 3. Druk die krummels in 'n tertbord vas en plaas in die yskas. 4. Hidreer die gelatien in die koue water. 5. Smelt die margarien in 'n dikboomkastrol. 6. Voeg die stroop en kondensmelk by en bring tot kookpunt terwyl deurgaans geroer word. 7. Kook vir 10 minute oor matige hitte. Roer deurgaans. 8. Verwyder van die plaat en voeg die gehidreerde gelatien en koffie by. Roer goed. 9. Laat afkoel. 10. Klits die eierwit tot die stywepuntstadium. Voeg die eierwit en vanieljegeursel by die koffiemengsel en vou liggies in. 11. Giet vulsel in die beskuitjiekors en plaas in yskas om te stol. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Koffie-en- • Bruin kleur • Gladde, romerige • Koffie/karamelsmaak karameltert • Ferm gestol tekstuur • Geen gebrande • Geen gelatienkorrels/ karamelsmaak nie -stringe nie. (10) (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Blindevinkies (2 porsies) 2 stukkies dun biefstuk, ± 20 cm lank, 10 cm wyd, 5–7 mm dik Voorbereide mosterd na smaak 5 mℓ droë kruisement Sout en peper na smaak 2 repe spekvleis 2 agurkies, ± 10 cm lank 2 stukkies cheddarkaas, 10 cm lank, 2 cm wyd 12,5 mℓ margarien 100 mℓ asynmengsel (waarin agurkies ingemaak is) 5 mℓ Bisto-souspoeier 1. Smeer elke stukkie biefstuk met mosterd, strooi kruisement, sout en peper oor. 2. Plaas 'n reep spekvleis op elke stukkie biefstuk. 3. Plaas 'n agurkie en 'n stukkie kaas op die kort kant van die reep biefstuk en rol die vleis stewig op. Steek met 'n peuselstokkie vas. 4. Verhit 'n dikboomkastrol, smelt die margarien en braai die rolletjies tot mooi bruin. 5. Voeg die asynmengsel by, sit die deksel op en prut vir 30 minute. 6. Skep die rolletjies uit die kastrol en hou warm. 7. Gooi die sous waarin die rolletjies gaargemaak is deur 'n sif. Gooi die sous terug in die kastrol. 8. Meng die Bisto-souspoeier met 'n bietjie koue water om 'n pasta te vorm en voeg by die sous. Bring tot kookpunt terwyl deurgaans geroer word. Skep die sous oor die rolletjies en bedien warm. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Blindevinkies • Vleis – aantreklike • Vleis sag • Vleis – aangename kleur • Geen klonte in sous pikante smaak • Rolletjies dieselfde nie • Nie te sout nie grootte • Sous verdik, nie waterig nie • Rys – wit kleur (10) (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Switserse Rolkoek 175 mℓ koekmeel 85 mℓ suiker 3 ekstragroot eiers 3 mℓ bakpoeier Knippie sout 125 mℓ fyn appelkooskonfyt Waspapier Suiker, om rolkoek in te rol, opsioneel 1. Voorverhit die oond tot 200 ºC. 2. Voer 'n rolkoekpan (20 cm x 30 cm) met waspapier uit. Spuit met Spray and Cook. 3. Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by terwyl goed geklits word. Die mengsel moet liggeel en dubbel die volume wees. 4. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in 'n mengbak saam. Vou die meel geleidelik in die eiermengsel in. 5. Giet die beslag in die voorbereide rolkoekpan en bak vir 8–10 minute tot goudbruin. 6. Verhit intussen die appelkooskonfyt in die mikrogolfoond sodat dit maklik sal smeer. 7. Haal die rolkoek uit die oond en keer dit uit op 'n klam doek waarop suiker gestrooi is. 8. Verwyder die waspapier, sny die rande van die rolkoek af, smeer die appelkooskonfyt oor. (Werk vinnig terwyl die koek nog warm is om te voorkom dat dit breek as dit opgerol word.) 9. Rol die rolkoek op. Laat afkoel terwyl dit met die klam doek bedek is. 10. Verwyder die doek en bedien. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK.GEUR Switserse Rolkoek • Ligbruin kleur • Fyn krummel, klein • Delikate, • Koeklaag ± 10 mm selletjies aangename smaak dik • Delikate krummel • Geen eiersmaak nie • Kors netjies afgesny • Nie taai nie • Styf opgerol, geen oop spasies nie • Netjiese, ronde vorm, nie gebreek nie (10) (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) Gestoofde Hoenderboudjies met Pasta 2 hoenderboudjies 7 mℓ paprika 25 g margarien 125 mℓ hoenderaftreksel 3 mℓ sout 0,5 mℓ peper 125 mℓ room 50 mℓ pietersielie ½ soetrissie 100 g macaroni 1. Vee hoenderboudjies met 'n skoon klam doek af. 2. Verhit 'n kastrol, voeg die margarien en paprika by en braai vir 1 minuut. Voeg die hoender by en braai tot mooi bruin. 3. Voeg hoenderaftreksel, sout en peper by. Plaas deksel op en prut totdat die hoender sag is. 4. Kook macaroni tot al dente. 5. Kap pietersielie, sny die soetrissie in blokkies. 6. Voeg room, gekapte pietersielie en soetrissie by hoender en prut nog10 minute. 7. Dreineer die macaroni en voeg by die hoender. Meng liggies en geur met sout indien nodig. 8. Verhit tot deurwarm en bedien. VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR Gestoofde • Ligbruin kleur • Hoender is sag • Geurige hoender- Hoenderboudjies • Soetrissiestukkies • Macaroni al dente smaak met Pasta sigbaar • Sous verdik • Nie te sout nie • Romerige sous (10) (10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) TYDSINDELING WERKSVOLGORDE TOETS NR. 1: Chelseabolletjies en Pannekoek met Soutvulsel Horlosietyd Minute 0:00–0:20 20 min Voorverhit die oond. Berei deeg vir Chelseabolletjies. 0:20–0:30 10 min Bedek die deeg en laat dit rus. Terwyl deeg rus, meet die bestanddele vir die vulsel af. Maak skoon. 0:30–0:40 10 min Knie deeg af en vorm die bolletjies. 0:40–1:00 20 min Laat bolletjies om te rys. Terwyl bolletjies rys: • Berei pannekoekbeslag • Begin om pannekoek gaar te maak. 1:00–1:25 25 min Bak Chelsea-bolletjies. Terwyl bolletjies bak: • Maak die pannekoeke klaar en hou dit warm • Berei bestanddele vir pannekoekvulsel 1:25–1:50 25 min Haal bolletjies uit die oond Laat staan om af te koel. Terwyl die Chelsea-bolletjies afkoel: • Berei versiersel vir Chelseabolletjies • Berei die witsous vir die pannekoekvulsel, hou warm • Maak skoon 1:50–2:00 10 min Gooi bereide versiersel oor Chelseabolletjies. Vul pannekoeke en plaas op bord. Bedien produkte. TOTAAL: TOTAAL: 2 uur 120 min TYDINDELING WERKSVOLGORDE TOETS NR. 2: Roompoffertjies en Hongaarse Frikkadelle Horlosietyd Minute 0:00–0:20 20 min Voorverhit die oond en berei die bakplaat voor. Berei die chouxdeeg. 0:20–0:30 10 min Vorm chouxpoffertjies. Bak 0:30–0:40 10 min Berei bestanddele vir Hongaarse Frikkadelle, stap 1–5. 0:40–1:55 15 min Verlaag oondtemperatuur. Braai frikkadelle en maak vir 10 minute gaar. 1:55–1:10 15 min Haal roompoffertjies uit oond en laat afkoel. Voeg vleisaftreksel en ander bestanddele by frikkadelle en prut. 1:25–1:40 30 min Voeg room by frikkadelle en prut vir 10 minute. Hou warm. 1:40–1:45 5 min Berei vlavulsel. Ruim op. 1:45–1:55 10 min Vul die roompoffertjies met vlavulsel. 1:55–2:00 5 min Bedien die produkte. TOTAAL: TOTAAL: 2 uur 120 min Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2016 NSS (Voedselproduksie) TYDINDELING WERKSVOLGORDE TOETS NR. 3: Koffie-en-karameltert en Blindevinkies Horlosietyd Minute 0:00–0:20 20 min Berei die beskuitjiekors, plaas in koelkas. 0:20–0:40 20 min Hidreer gelatien. Berei Blindevinkies, braai tot by stap 5. 040–0:70 30 min Berei koffie-en-karamelvulsel tot by stap 9. 0:70–1:35 25 min Klits eierwit en vou in mengsel in, plaas in koelkas. 1:35–1:45 10 min Skep Blindevinkies uit kastrol, verdik sous, skep oor rolletjies. 1:45–1:50 5 min Ruim op. 1:55–2:00 5 min Bedien. TOTAAL: TOTAAL: 2 uur 115 min TYDINDELING WERKSVOLGORDE TOETS NR. 4: Switserse Rolkoek en Gestoofde Hoender- boudjies met Pasta Horlosietyd Minute 0:00–0:05 5 min Voorverhit oond tot 200 ºC. Voer bakplaat uit 0:05–0:30 25 min Berei hoender tot by stap 3. 0:30–0:55 25 min Kook macaroni. Kap pietersielie, sny soetrissie in blokkies. 0:55–1:10 15 min Voeg room, pietersielie en soetrissie by hoender, prut vir 10 minute. 1:10–1:20 10 min Berei Switserse-rolkoek-beslag. Hou hoender warm 1:20–35 15 min Bak 12–15 minute. 1:35–1:45 10 min Rol Switserse Rolkoek op. 1:45–1:50 5 min Bedien wanneer produkte gereed is TOTAAL: TOTAAL: 2 uur 110 min Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all