Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN LASLAP- EN
KWILTWERKARTIKELS MET DIE HAND)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2016
Hierdie riglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2016 (Patchwork Quilting by hand) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2016 · Afrikaans. Practical assessment task, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2016
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 775.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN LASLAP- EN KWILTWERKARTIKELS MET DIE HAND
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent
bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en
Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt
vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte)
van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale
van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner
aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om
op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook
voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of
eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker
dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering
van die PAT verskil van vak tot vak.
• Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese
vermoë/vaardighede toon om laslap- en kwiltwerkartikels te maak/produseer met die
fokus op verkoopbaarheid.
• Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies graad 12 bestaan uit een uitlê-en-
uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en twee praktiese eksamens van vier uur
elk. Leerders voer die praktiese eksamens individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie)
Leerders sal die helfte van die artikel maak wat vir die mikro-onderneming vir die
projek in kwartaal 1 gekies is.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal die artikel wat hulle in praktiese eksamen 1 begin het, voltooi.
2. PUNTETOEKENNING
• Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak
word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer soos hieronder
aangedui word.
Praktiese eksamen: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100
Praktiese eksamen: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
• Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
• Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een
vir die PAT, voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate deur die
onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool kies om
Verbruikerstudies, met Laslap- en Kwiltwerk met die Hand as praktiese opsie, as 'n vak aan
te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT asook die gespesifiseerde aantal
praktiese klasse die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-
dokument.
Maak seker van die volgende:
• 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting: tafels vir uitlê en uitknip; twee of meer
strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir elke leerder); elektrisiteit; merk- en
meetgereedskap.
• 'n Minimum van R30 tot 'n maksimum van R75 per leerder vir ELK van die twee
praktiese eksamens word benodig om die artikels te maak, buiten die fondse benodig vir
die SGA- ('SBA') praktiese klasse.
• Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig
leerders (twee groepe van 12 leerders) kan dan die eksamen op dieselfde dag doen
(bv. van 08:00 tot 12:00 en van 12:00 tot 16:00).
• Die onderwyser het tyd nodig tussen die twee sessies om die lokaal vir die volgende
groep gereed te maak.
• Skole met baie leerders sal meer as een dag nodig hê om die eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
• Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-PERIODE onder eksamentoestande gedoen.
• 'n Tydsbestek van 4 UUR in totaal word per eksamen benodig (die een-uur-uitlê-en
uitknipsessie in eksamen 1 uitgesluit).
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2)
• Hierdie praktiese eksamen moet by die eksamenrooster vir die tweede
kwartaal ingesluit word.
• Leerders sal die artikel wat vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1)
gekies is, maak. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die
artikels/produkte vorm 'n belangrike aspek van die eksamen.
• Die onderwyser moet 'n handelspatroon vir 'n artikel koop wat binne 8 uur
voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die praktiese
klasse vir SGA ('SBA') aangeleer het.
• Die artikel wat gekies is, moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte volgens
die vaardigheidskode hê.
• Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde
van 50 punte vir elke PAT-taak hê.
• Leerders moet die helfte van die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi.
• Leerders moet die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor praktiese eksamen 1,
onder eksamentoestande, voltooi.
• Na vier uur moet die leerders hul artikels vir assessering ingee. Na afloop van
die assessering word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te
maak en afronding, indien nodig. Die artikels word NIE weer nagesien nadat
foute reggemaak is NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
• Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is.
• Die leerders sal volgens die produksieproses, vakmanskap en die
verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word.
• 'n Tydraamwerk van 4 uur in totaal word vir hierdie eksamen benodig.
• Die tegnieke wat voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte
hê.
• Na vier uur moet die leerders hul artikels vir finale assessering ingee. Na afloop
van die assessering word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg
te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels word NIE weer nagesien nadat
foute reggemaak is NIE.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
• Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om seker te maak dat hierdie datums nie met ander skool-
aktiwiteite bots nie.
• Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke
leerder 'n patroon. Dit is verpligtend dat elke leerder vanaf 'n instruksieblad werk.
• Berei die puntestate verskaf voor met leerders se name en eksamennommers ingevul.
• Leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê-en-
uitknipsessie ontvang sodat hulle kan voorberei.
• Koop die kleedstof en ander benodigdhede, knip die kleedstof volgens die vereiste
grootte vir elke leerder.
• Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die ander benodigdhede (kramery), bv. knope, kant, borduurgare, spelde, ens.
• Verdeel die leerders in groepe volgens die getal leerders wat gemaklik in die vertrek
kan pas.
• Berei die klaskamer voor en maak seker dat die volgende beskikbaar is:
o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters
o Strykysters en -planke
o Groot tafels vir uitlê en uitknip van die artikels
o Genoeg klein gereedskap, bv. skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing,
spoeletjies en skerp uitknipskêre.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 5 uur in totaal
7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur (voor die dag van praktiese eksamen 1)
• Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit asook die kleedstof, patroon-
instruksieblad en ander benodigdhede (kramery), soos die kant.
• Die onderwyser mag NIE enige hulp tydens die uitlê-en-uitknipsessie aan
leerders verleen nie.
• Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.
• Leerders mag die uitgeknipte patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele
uitsny nadat die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal
NIE weer nagesien word NIE.
• Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek
tot die dag van praktiese eksamen 1.
7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 3: 4 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul
stelletjies ('kits') met die uitgeknipte patroondele en ekstra stukkies
kleedstof.
• Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen praktiese
eksamen 1.
• Die produkte moet ná die 4 uur vir assessering gereed wees.
• Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is tot 'n
maksimum van 20 punte.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die
praktiese eksamen in die klaskamer wees.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle
die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag nie ander werk doen of hulp
aan die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken.
Hierna mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die
artikels voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat
verbeterings aangebring is NIE.
• Nadat die verbeterings aangebring is, word die artikel in 'n veilige plek
bewaar tot die dag van praktiese eksamen 2.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 4 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies
('kits') met die halfvoltooide artikels en ekstra stukkies materiaal.
• Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen praktiese
eksamen 2.
• Die produkte moet ná 4 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte
vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese
eksamen in die klaskamer wees.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of hulp aan
die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken.
Daarna kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikels
voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring
is NIE.
• Nadat die verbeterings aangebring is, word die artikels weer veilig bewaar tot
die dag van moderering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
8. EVALUERING
• Die onderwyser en moderator het een uur om die finale produkte te evalueer, die
leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
• Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die
onderwyser hulle werkplekke kan inspekteer vir die finale puntetoekenning.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet voor die einde van kwartaal 1 die volgende vir moderering
ontvang, om te verseker dat die standaard van die eksamen geskik is:
• 'n Fotokopie van die patroonkoevert
• 'n Illustrasie van die artikel
• Die lys van kleedstof, kramery/ander benodigdhede, ens. wat gekoop moet
word
• Die beraamde koste per leerder
• Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof onderteken
• 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir beide die praktiese eksamensessies
• Puntestate vir beide praktiese eksamens
• Beplanning vir al drie sessies (uitlê en uitknip, praktiese eksamen 1 en
praktiese eksamen 2) met die totale gewigswaarde van tegnieke aangetoon
Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
• In kwartaal 3 sal die laaste groep van 'n maksimum van 12 leerders deur die
vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by
die skool aflê.
• Die onderwyser moet op die dag van die moderering die volgende vir die
moderator beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders tydens die praktiese klasse vir SGA ('SBA')
gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie)
o 'n Kopie van die voltooide puntestaat vir praktiese lesse
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds praktiese
eksamen 2 voltooi het
o Die punte van al die leerders wat reeds praktiese eksamen 2 voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator om te gebruik,
met die name en eksamennommers van die leerders reeds op die
puntestaat
• Die moderator sal willekeurig ses kandidate kies en hulle onafhanklik assesseer
terwyl hulle die eksamen doen, asook die artikels wat hierdie leerders gemaak
het.
• Daarna sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser
vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van
sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak
word na gelang van die verskil.
• Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
• Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bereken om te bepaal of 'n aanpassing gemaak moet word en
die aanpassingspeling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
• 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator
gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard
voldoen nie.
• Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek.
Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat
aangebring word.
• Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word.
• Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer en
deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet
op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK VIR
LASLAP- EN KWILTWERKPRODUKSIE MET DIE HAND
• Gebruik die vaardigheidskode-gewigswaarde hieronder om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse
praktiese lesse te kies.
• Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke en NIE die puntetoekenning aan NIE.
• Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
• Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur
bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
Keuse van kleedstof 10 Kwiltwerk 20
(Onderwyser moet 'n houer met kleedstof hê waaruit • Plaas bolaag, watteersel en voering opmekaar 2
leerders kan kies) • Ryg die drie lae 4
• Kleedstoftipes pas bymekaar (100% katoen) 3 • Oordrag van kwiltontwerp 4
• Kleedstof sal maklik versorg en gewas word 3 • Egalige en netjiese kwiltsteke 4
• Suksesvolle keuse van kleure 4 • Stiksel reguit/rondings egalig/hoeke vierkantig 4
• Keuse van kwiltgaring 2
Laslapontwerp 10 Nate en naatafwerkings (aanmekaar werk van artikel, 10
• Template/Patrone korrek en ekonomies op die bv. sak)
kleedstof geplaas 2 • Reguit nate met afwerking 3
• Laslappatroon op papier ontwerp 2 • Stiksel reguit/gladde rondings/hoeke vierkantig 2
• Ontwerp pas by die keuse van kleedstof en artikel 3 • Naattoelating korrek met egalige wydte 3
• Moeilikheidsgraad (getal en fatsoen van laslappies) 3 • Naatafwerking 2
Verwys na KABV vir tegnieke per graad)
Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20 Randafwerking/Skuinsomboorsel 15
(Laslappies, voering en watteersel ingesluit) • Knip en las skuinsstroke vir skuinsomboorsel/ 5
Laslappies: Knip akkurate reguit stroke volgens afmetings/patroon 3
• Meet en knip kleedstoflappies akkuraat 4 • Vaswerk van skuinsomboorsel
• Grootte van kleedstoflappies geskik vir grootte van o Korrekte en egalige breedte 2
artikel 3 o Lê plat en gelyk 2
• Korrekte getal laslappies 5 • Netjies gestik/gewerk 3
Ander patroondele:
• Patroondele ekonomies op kleedstof geplaas 2
• Voering- en watteerselpatroondele akkuraat gemeet
en akkuraat op kleedstof gemerk 4
Knipwerk reguit 2
Nate/Las van laslappies 20 Bo-op gestikte sak 10
• Laslappies volgens ontwerp gelas 3 • Fatsoen van sak, grootte, soom 4
• Klein egalige stekies (hand) 4 • Plasing van artikel (korrekte posisie) 3
• Nate reguit/gladde rondings/hoeke vierkantig 3 • Stiksel om sak aan artikel te heg 3
• Naattoelating = 0,5 cm 3
• Groepering van laslappies/Finale voorkoms 4
• Korrekte stryk van naattoelating 3
Borduurwerk: 3–5 siersteke met hand 10 Bande (handvatsels vir sakke) 10
• Goeie ontwerp, geskik vir artikel 2 • Egalige breedte, geskik vir sak 2
• Goeie keuse van kleure 3 • Versterk met geskikte kleedstof 3
• Tegnieke vir borduursteke 5 • Vasgewerk en versterk op sak 5
Ander versierings (nie borduurwerk nie) 5 Vasheg van vasmaakmiddels 5
• Gebruik van ander versierings, bv. kant, krale, • Soos Velcro (klitsband)/knoop & lussie/drukkers, ens.
knope, ens.
Knip van voering en watteersel 8 Strykwerk: 5
• Geskikte kleedstofkeuse 4 • Stryk deurgaans korrek tydens konstruksie 3
• Korrekte grootte/fatsoen 4 • Finale pars 2
Vasheg van voering 15
• Naattoelating 0,5 cm 3
• Reguit nate 4
Netjies aan sak geheg 4
• Korrekte grootte 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 1 KWARTAAL 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word.)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
25 1 8 10/09/ 08:00–13:00
2 8 10/09/ 12:30–17:30
3 9 11/09/ 08:00–13:00
Eksamen Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
benodig per leerder leerders
1 100% katoenmateriaal 90 cm 25 22,5 meter
(30 cm x 3)
Garing 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Watteersel 1m 25 meter
Ryggaring 1 tolletjie 25 tolletjies
Kant/Gallon/Sierband 50 cm 12,5 meter
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
100% katoenmateriaal 22,5 meter
Garing 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Watteersel 25 meter
Ryggaring 25 tolletjies
Kant/Gallon/Sierband 12,5 meter
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
Eksamen Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
1 benodig per leerder leerders
Eksamen Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
2 benodig per leerder leerders
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
PUNTESTAAT VIR LASLAP- EN KWILTWERK – PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 1
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Interpretasie van patroon 15
Volg patrooninstruksies, uitleg en knipwerk 7
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van klein gereedskap,
bv. maatbande, skêre, naalde, ens. 2
Korrekte hantering van groter gereedskap, bv.
strykyster ens. 3
(Masjiene korrek bedraad en gebruik, veilige
en korrekte gebruik van gereedskap/
toerusting.)
Doeltreffende gebruik van tyd 5
Doeltreffende gebruik van tyd terwyl leerder
wag om toerusting te gebruik
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK
VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte
hantering van afvalmateriaal en rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder
tydens die eksamen dop om finale punt te
bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van
eksamen 5
Elektriese toerusting uitgeprop, skoongemaak
en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID:
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 40
Stiksels 10
Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
VERBRUIKERSTUDIES LASLAP- EN KWILTWERK MET DIE HAND
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum
PAT-sessies
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Artikels vir PAT 1 ingesluit
'n Illustrasie van die artikel/foto-
kopie van die patroonkoevert
Kopie van die patroon-
instruksieblad vir leerders
Voltooide tegnieke en totale
gewigswaarde van artikel vir
PAT 1
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ________
Handtekeninge:
ONDERWYSER:_________________________ DATUM:_______________________
HOOF:_________________________________ DATUM:_______________________
MODERATOR: __________________________ DATUM:_______________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
VOORBEELD VAN ARTIKEL VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1 EN 2
KWILT MET HARTJIE
GEWIGSWAARDE:
UITLÊ EN UITKNIP PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20
SUBTOTAAL: 20
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1/2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Keuse van kleedstof 10
Borduurwerk 10
Nate 20
Versierings 5
Kwiltwerk 20
Skuinsomboorsel 15
SUBTOTAAL: 80
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
BENODIGDHEDE:
1 x 12,5 cm vierkant ongebleikte linne
Afvalstukkies kleedstof vir hartjies
30 x 40 cm appliekpapier
10 x 50 cm stukkies kleedstof in ligte, medium en donker kleure vir die stroke (agt tot tien
verskillende patrone)
20 x 20 cm donker kleedstof vir omboorsel
25 x 25 cm watteersel
25 x 25 cm voering
Versierings: gekoopte lintrosies, knope, krale, garing
Borduurgaring om by kleedstof/hartjies te pas
Potlood en skêr
Borduurnaald, kwiltnaald en neutrale kleur kwiltgaring
'Rotary cutters', snymatjie en liniaal (indien moontlik)
DIE UITLÊ-EN-UITKNIPSESSIE: 1 uur ('n dag voor PAT 1)
• Jy (die leerder) moet 'n stelletjie ('kit') ontvang met die kleedstof, patrooninstruksieblad en ander
benodigdhede (kramery), soos kant, knope, ens. Kies self die kleedstof wat jy vir die artikel wil
gebruik.
• Tydens hierdie een-uur-sessie moet jy die patroondele, watteersel en voering uitknip.
• Patroonmerke moet waar van toepassing oorgedra word.
• Gee by onderwyser in om nagesien te word.
• Jy mag die uitgesnyde dele verbeter/regmaak, indien nodig, nadat die uitknipsessie verby is,
maar dit word NIE weer nagesien NIE.
• Die patroondele moet by die onderwyser ingegee word vir veilige bewaring tot die dag van
PAT 1.
PAT 1-SESSIE: 4 uur
PATROONINSTRUKSIEBLAD
Uitlê-en-uitknipsessie:
1. Kopieer die hartpatroontjies op die patroonblad op appliekpapier en knip uit. Knip 'n 12,5 cm-vierkant
uit die appliekpapier asook die kleedstof van jou keuse.
2. Knip 3,5 cm-stroke uit 8 verskillende ligte, medium en donker kleedstof.
3. Knip vier stroke, 5 cm wyd en 19 cm lank, uit een van die donkerste kleedstowwe.
4. Knip een 18 cm-vierkant uit watteersel- en voeringkleedstof.
5. Stryk die hart(e) vas op die ongebleiktelinne-vierkant met behulp van vasstryktussenbelegsel.
Praktiese eksamensessie 1 en 2:
1. Gebruik bypassende borduurgaring en werk komberssteek om die hart(e).
2. Wanneer voltooi, stryk die oorblywende appliekpapiervierkant vas aan die agterkant/verkeerde kant
van die ongebleiktelinne-vierkant om dit te verstewig sodat versierings daarop aangebring kan word.
3. Versier die harte soos verkies
4. Werk die eerste strook (ligste) met die hand aan die ongebleiktelinne-vierkant vas. Pars en sny
oortollige materiaal af.
5. Werk die volgende strook met die hand aan die volgende kant van die ongebleiktelinne-vierkant vas.
Pars en sny oortollige materiaal af.
6. Hou aan om stroke aan die vierkant vas te werk met die donkerste stroke aan die buitekant. Sien
diagram hieronder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
7. Knip vierkante gelyk, werk versierings op sommige stroke vas.
8. Plaas die voering met die regtekant onder op die werkoppervlak. Plaas dan die watteersel bo-op en
dan die voltooide vierkant.
9. Steek vas en ryg aanmekaar.
10. Kwilt volgens die naatlyne.
11. Vou die strook in die helfte (in die lengte) met die verkeerde kante na mekaar (in die lengte) en pars.
Plaas die rafelrand van die strook teen die rafelrand van die vierkant (aan die regtekant) en werk
vas.
12. Vou die strook om na die agterkant van die vierkant en werk met die hand vas. Knip rande gelyk.
13. Doen dieselfde aan die teenoorgestelde kant.
14. Werk die omboorsel aan die bo- en onderkant van die vierkant vas, maar laat 'n ekstra 1 cm aan die
kante. Vou die ekstra materiaal aan die kante netjies in en vou om na die agterkant (verkeerde kant)
en werk met die hand vas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
PUNTESTAAT VIR LASLAP- EN KWILTWERK – PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 2
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Interpretasie van patroon 15
Volg patrooninstruksies, uitleg en knipwerk 7
Akkurate naaldwerktegnieke 8
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner gereedskap,
bv. maatbande, skêre, naalde, ens. 2
Korrekte hantering van groter gereedskap,
bv. strykyster, ens. 3
(Masjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en
korrekte gebruik van gereedskap/ toerusting.)
Doeltreffende gebruik van tyd 5
Doeltreffende gebruik van tyd terwyl leerder wag
om toerusting te gebruik
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK
VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte
hantering van afvalmateriaal en rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder tydens
die eksamen dop om finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van eksamen 5
Elektriese toerusting uitgeprop, skoongemaak en
veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID:
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 40
Stiksels 10
Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
TEMPLATE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2016
NSS (Produksie van Laslap- en Kwiltwerkitems met die Hand)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper