Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN
GEHEKELDE ITEMS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2017
Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.
Copyright reserved Please turn over
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2017 (Knitting and Crocheting) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2017
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 741.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 2 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
• Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoë/vaardighede demonstreer om gebreide en gehekelde artikels
te produseer, met die fokus op verkoopbaarheid.
• Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit
twee praktiese eksamens van agt uur elk.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1
Leerders sal die artikel wat hulle vir die mikro-onderneming (projek in
kwartaal 1) gekies het, brei/hekel.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal die artikel brei/hekel.
2. PUNTETOEKENNING
• Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer soos hieronder aangedui.
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
• Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
• Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei
puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 3 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies met die brei- en hekel- praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die
nodige toerusting en fondse vir die PAT sowel as die gespesifiseerde getal praktiese
lesse die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument.
Maak seker van die volgende:
• 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels;
twee of meer strykplanke en strykysters; skêre (een vir elke leerder); merk- en
meetgereedskap en toerusting vir brei en hekel.
• 'n Minimum van R30 tot 'n maksimum van R75 per leerder vir ELK van die twee
praktiese eksamens word benodig om die artikels te maak, buiten die fondse
wat benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse.
• 'n Aantal leerders kan die eksamen gelyktydig aflê, na gelang van die getal
werkplekke en hulpmiddels beskikbaar om die eksamen gerieflik af te lê.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
• 'n Tydsbestek van 8 UUR in totaal word per eksamen benodig.
• Elke eksamen sal in TWEE sessies van VIER uur elk afgelê word, met 'n
breek/pouse van minstens 30 minute na twee uur OF 'n skool kan besluit om die
agt uur oor TWEE DAE VAN VIER UUR PER DAG te versprei, met 'n
30-minuut-breek/pouse na twee uur.
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2): Hekel-PAT
• Hierdie praktiese eksamen moet in die toets- en eksamenrooster
vir die tweede kwartaal ingesluit word.
• Leerders sal die artikel wat vir die mikro-onderneming (projek in
kwartaal 1) gekies is, hekel. Die produksieproses, vakmanskap en
verkoopbaarheid vorm 'n belangrike aspek van die eksamen.
• Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in
8 uur voltooi kan word met die vaardighede wat leerders tydens die
praktiese lesse vir SGA ('SBA') in graad 10 en 11 geleer is.
• Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir praktiese
PAT 1 gekies word:
o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat in 8 uur voltooi kan
word met die vaardighede wat tydens die praktiese lesse vir
SGA in graad 10 en 11 aangeleer is; OF
o Gebruik dieselfde handelspatroon as wat tydens die praktiese
klasse gebruik is en maak dieselfde artikel weer in 8 uur.
• Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte
volgens die vaardigheidskodelys hê.
• Leerders moet die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi.
• Die artikel gekies moet in 8 uur gemaak word en al die gevorderde
tegnieke wat vir graad 12 geïdentifiseer is, toon.
• Na 8 uur moet die leerders hul artikels vir finale assessering ingee.
Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders
terugbesorg word om foute reg te maak en om afronding te doen,
indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat
verbeterings gedoen is NIE.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 4 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD:
Hekeltegnieke (PAT 1) Breitegnieke (PAT 2)
Kies EEN van die volgende patrone: Kies EEN van die volgende patrone
• Basiese steekpatroon • Kabelpatroon
• Getekstureerde patroon • Kantpatroon
• Kleurpatroon • Enige getekstureerde patroon
• Oopwerk Die volgende tegnieke is
• Motiewe VERPLIGTEND:
• Geraamde vierkante/Wielvierkante • Aanheg
• Seskantige patroon • Afheg
• Agtkantige patroon • Rifsteek
Die volgende tegnieke is • Kousbandsteek
VERPLIGTEND: • Koussteek
• Gebruik 'n randjie om die artikel af • Gebruik verskillende kleure wol
te rond • Randjie om artikel af te rond
• Gebruik verskillende kleure • Maak artikel gereed/Finale afronding
garing/wol
• Maak artikel gereed/Finale afronding
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
• Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is, plaasvind.
• Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die
verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word.
• 'n Tydsbestek van 8 uur in totaal word per eksamen benodig.
• Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte
volgens die vaardigheidskode hê.
• Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale
gewigswaarde van 100 punte vir hierdie praktiese eksamen hê.
• Na 8 uur moet leerders hulle artikels vir finale assessering ingee. Na
afloop van die assessering moet die artikels aan die leerders
teruggegee word om foute reg te maak en af te rond, indien nodig.
Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat foute reggemaak is
NIE.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
• Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
• Kopieer die illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke
leerder 'n patroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.
• Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle
eksamennommers.
• Leerders moet die instruksies een week (7 skooldae) voor die datum van die
eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei.
• Koop al die benodigdhede.
• Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit:
o PAT 1: Hekelbenodigdhede, patroon, instruksieblad, wol of garing,
hekelpenne
o PAT 2: Breitoerusting, instruksieblad, garing en wol, breipenne
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 5 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
• Verdeel die leerders in groepe volgens die getal leerders wat maklik in die
klaskamer geakkommodeer kan word. Die getal per groep sal van die
beskikbare hulpmiddels afhang.
• Berei die klaskamer vir die eksamen en maak seker dat klein gereedskap, bv.
skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers en wol beskikbaar is.
7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 8 uur (hekel)
• Hierdie eksamen sal plaasvind in TWEE SESSIES VAN VIER UUR
ELK, met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur OF EEN SESSIE
VAN AGT UUR met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur.
• Deel elke leerder se stelletjie ('kit') met hekeltoerusting, wol, garing,
patrone, steekhouers, rytellers en instruksies uit.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander
werk doen of die leerders op enige manier behulpsaam wees NIE.
• Die artikels moet na agt uur vir assessering gereed wees. Leerders
sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte
aanteken. Die leerders kan daarna foute regmaak, verbeterings
aanbring en die artikel voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien
word nadat verbeterings aangebring is NIE.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag
gedurende die praktiese eksamen in die vertrek/lokaal wees.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 8 uur (brei en hekel)
• Hierdie eksamen sal plaasvind in TWEE SESSIES VAN VIER UUR,
met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur OF EEN SESSIE VAN
AGT UUR met 'n 30-minuut-breek/pouse na twee uur.
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul
stelletjies ('kits') met die breitoerusting, wol, garing, patrone en
instruksies.
• Genoeg wol/garing en skêre moet beskikbaar wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer
praktiese eksamen 2 uit.
• Die artikels moet na 8 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal
2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE ander werk
doen of die leerders op enige manier behulpsaam wees NIE.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte
aanteken. Die leerders kan dan foute regmaak, verbeterings
aanbring en die artikels voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien
word nadat foute reggemaak is NIE.
• Nadat verbeterings aan die artikels aangebring is, moet dit tot die
dag van moderering veilig bewaar word.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag
gedurende praktiese eksamen 2 in die vertrek/lokaal wees.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 6 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
8. EVALUERING
• Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkplekker te inspekteer en die puntestate te voltooi.
• Die leerders moet hul werkplekke na die eksamen opruim sodat die
onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1
ontvang en modereer om te verseker dat die standaard van die eksamen
geskik is:
• 'n Fotokopie van die patroon
• 'n Illustrasie van die artikel
• Die lys van wol/garing, kramery/ander benodigdhede, ens. wat
aangekoop moet word
• Die beraamde koste per leerder
• Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken
• 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir beide praktiese eksamensessies
• Die puntestate vir die PAT-sessies
• Beplanning vir praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2-
sessies, wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui
Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur
goedgekeur is nie.
9.2 OP DIE DAG VAN PRAKTIESE EKSAMEN 2
• In kwartaal 3 sal die laaste groep leerders deur die betrokke
vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese
eksamen by die skool aflê.
• Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van
die moderering beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders tydens die praktiese klasse vir
SGA ('SBA') gemaak het (indien nie tydens SGA-moderering
gemodereer nie)
o Al die PAT 1-artikels van al die leerders vir verifikasie, indien hulle
'n ander artikel maak
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds
beide eksamens voltooi het
o Die punte van die leerders wat alreeds die eksamen voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se
gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders
alreeds op die puntestaat
• Die moderator sal ses kandidate lukraak kies en die leerders
onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê.
• Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering
met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die
onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet
'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van
die verskil.
• Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering
voltooi word.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 7 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
• Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS -3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
• 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
• Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
• Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
• Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde
puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 8 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VANTEGNIEKE GEBRUIK IN BREIWERK
• Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as
die weeklikse praktiese lesse te kies.
• Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning nie.
• Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
• Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit
met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
Vashou van breipenne en wol/garing 10 Koussteek 10
• Korrekte posisie in linkerhand 3 • Steke lyk soos 'n V aan die regtekant 2
• Korrekte posisie in regterhand 3 • Glad aan die regtekant 2
• Hou wol korrek in regterhand 4 • Growwer aan die aweregskant 3
• Korrekte spanning 3
Aanheg van steke 15 Riffelsteek 10
• Regtekant van steke op regtekant van artikel 3 • Egalige rye wat identies aan albei kante
• Alle steke deur die voorste of agterste lusse 3 is 4
• Korrekte spanning, nie té styf nie 3 • Steke moet egalig wees 3
• Steke ewe groot 3 • Korrekte spanning 3
• Netjiese rand 3
Afheg van steke 15 Gebruik van verskillende kleure 10
• Heg af in patroonsteek 3 • Aanheg van nuwe wol aan begin van 3
• Steke is stewig, sal nie lostrek nie 3 'n ry 4
• Korrekte spanning, nie té styf nie 3 • Weef die wol in die rand in 3
• Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 3 • Netjiese rand
• Netjiese rand 3
Kousbandsteek 10
Volg patroon 10
• Stewige struktuur wat kan rek en vorm behou 4
• Korrekte interpretasie van afkortings 3
• Egalige steke met egalige voorkoms 3
• Volg die patroon stap vir stap 2
• Growwe struktuur aan albei kante 3
• Korrekte spanning 3
• Eindproduk soos patroon 2
Vermeerder of verminder 10 Nate 15
• Breiwerk trek nie styf nie 3 • Lê plat 4
• Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 4 • Netjies, nie baie sigbaar nie 3
• Vermeerder/Verminder op korrekte posisie 3 • Reguit naatlyne 4
• Korrekte steek 4
Knope en knoopsgate/Vasmaakmiddels 10 Sakke 9
• Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, • Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3
mans linkers) 4 • Korrekte posisie 3
• Korrekte spasiëring 3 • Korrekte fatsoen 3
• Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 3
Kleurkombinasie 2 Kabelpatroon 10
• Mooi kleurkombinasie 2 • Verhoogde spanning van gebreide artikel 3
• Korrekte gebruik van kabelnaald 3
• Kabels is identies 4
Kantpatroon 10 Las van wol 10
• Korrekte keuse van wol/garing 2 • Verkieslik by naatrand 3
• Korrekte spanning 4 • Korrekte metode 4
• Patroon korrek 4 • Weef wol in breiwerk in 3
Finale afronding 10 Verander kleur 10
• Werk skoon en netjies 4 • Spanning egalig 4
• Werk rafel nie uit nie 3 • Verander verkieslik aan begin van ry 3
• Los drade netjies weggewerk 3 • Los drade netjies weggewerk 3
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 9 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN HEKELWERK
• Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as
die weeklikse praktiese lesse te kies.
• Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning nie.
• Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
• Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit
met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
Hou die hekelpen en garing/wol 5 Vorm 'n ringetjie 10
• Hekelpen in korrekte posisie 2 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4
• Hou garing/wol korrek vas 3 • Steke dieselfde grootte 3
• Egalige voorkoms 3
Hekel 'n sirkel 10 Kettingsteke 10
• Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4
• Steke dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3
• Voorkoms egalig 3 • Voorkoms egalig 3
Glipsteek 10 Kortbeen 10
• Korrekte spanning 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4
• Steke dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3
• Vertoon egalig 3 • Egalige voorkoms 3
Halwe langbeen 10 Langbeen 10
• Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Korrekte spanning, nie te styf nie 4
• Dieselfde grootte 3 • Steke dieselfde grootte 3
• Egalige voorkoms 3 • Egalige voorkoms 3
Dubbelslagsteek 10 Las van motiewe/dele 15
• Korrekte spanning, nie te styf nie 4 • Gehekel/vasgewerk 3
• Steke dieselfde grootte 3 • Nie te styf nie 3
• Egalige voorkoms 3 • Nie sigbaar nie 3
• Gebruik korrekte kleur garing 3
• Netjiese rande 3
“Granny square” 15 Vermeerder of verminder 10
• Korrekte spanning 4 • Korrekte metode 4
• Goeie kleur kombinasie 3 • Korrekte posisie 3
• Netjies rande 4 • Fatsoen mag nie patroon beïnvloed nie 3
• Hoeke korrek, netjies 4
Steekpalbone 20 Randjie 10
• Korrekte/egalige spanning 5 • Korrekte breedte 3
• Korrekte fatsoen/lê plat 5 • Breedte geskik vir artikel 4
• Netjiese rande 5 • Lê plat, krul nie op nie 3
• Egalige voorkoms 5
Las garing/wol 5 Knope en knoopsgate/vasmaakmiddels 10
• Korrekte metode 3 • Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, mans 3
• Geen los drade nie/netjies weggewerk 2 linkerkant)
• Korrekte spasiëring 3
• Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 4
Spasies 15 Ronde motief 15
• Dieselfde grootte 2 • Sluit rondte met glipsteek 2
• Steke egalig 5 • Begin nuwe rondte met twee/drie kettingsteke 2
• Elke rondte word met glipsteek gesluit 2 • Las nie sigbaar nie 3
• Begin nuwe rondte met twee/drie kettingsteke 2 • Steke egalige spanning 4
• Korrekte spanning 4 • Motief lê plat 4
• Finale afronding 10 Verander kleur 10
• Werk skoon en netjies 4 • Spanning egalig 4
• Werk trek nie los nie 3 • Verander liefs aan begin van ry 3
• Los drade netjies weggewerk 3 • Los drade netjies weggewerk 3
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 10 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
PRAKTIESE EKSAMEN 1 KWARTAAL 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 2 KWARTAAL 3
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 11 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale getal Groep- Getal leerders Datums Tyd
leerders nommer per groep
25 1 13 10/09/2017 08:00–12:30
2 12 11/09/2017 08:00–12:30
Eksamen Benodigdhede per Hoeveelheid Getal Totaal
leerder leerders
PAT 1 Hekelpen, 3,00 mm 1 25 25
Wol, 50 g 1 25 25
Wol, 50 g kontraskleur 1 25 25
Pêrelwit glaskrale 100 25 2 500
INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Hekelpenne, 3,00 mm 25
Wol, 50 g 25
Wol, 50 g, kontraskleur 25
Pêrelwit glas krale 2 500
Beraamde koste van inkopielys:
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….........
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 12 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
PAT 1 Benodigdhede per leerder Getal Totaal
leerders
INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….........
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 13 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
VERBRUIKERSTUDIES BREI- EN HEKELPRODUKSIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum
PAT-sessies
KRITERIA JA / NEE KOMMENTAAR DEUR
MODERATOR
Items ingesluit vir PAT 1 en 2
'n Illustrasie van die item
Kopie van die patroon se
instruksieblad vir die leerders
Voltooide tegnieke en
gewigswaarde vir PAT 1 en
PAT 2
Assesseringskriteria vir die
tegnieke
Gevorderde tegnieke genoem
vir PAT 1 en 2
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: _____________________ DATUM:___________________________
HOOF: _____________________________ DATUM:___________________________
MODERATOR: ______________________ DATUM:_________________________
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 14 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
PUNTESTAAT VIR HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1
PAT 1: HEKELWERK
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Interpretasie van patroon 15
Volg patrooninstruksies, afkortings 7
Akkurate tegnieke
Deurgaans korrekte spanning 2
Rande egalig 2
Korrekte metode om steke op te stel 2
Korrekte metode om elke steek te brei/hekel 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van hekelpen 2
Korrekte hantering van gareknipper/
klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3
Volgorde van werk en doeltreffende
gebruik van tyd 5
Vermoë om realistiese werksvolgorde soos
op patroon aangedui, te volg 2
Doeltreffende gebruik van tyd 3
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK
VAN HULPMIDDELS 5
Netheid van werkplek en toerusting 2
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie,
hantering van toerusting na gebruik,
korrekte hantering van oorskietwol/garing 1
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder
dop tydens die eksamen om finale punt te
bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop
van eksamen 5
Toerusting korrek en veilig gebêre 2
Werkarea netjies en skoon 3
3 PAT 1 Algemene voorkoms 20
VERKOOP- Netheid van artikel en
BAARHEID afwerking 10
Voorgeskrewe tegnieke
voltooi 10
PAT 1 Vakmanskap 40
VERKOOP- Steke 10
BAARHEID Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 15 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
PUNTESTAAT VIR BREI- EN HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 2: BREIWERK
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Patrooninterpretasie 15
Volg patrooninstruksies, afkortings
Akkurate tegnieke 7
Korrekte spanning gehandhaaf 2
Rande egalig 2
Korrekte metode om steke op te stel 2
Korrekte metode om elke steek te brei 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van breinaalde 3
Korrekte hantering van gareknipper/
klein skêrtjie/spelde/stopnaald 2
Doeltreffende gebruik van tyd 5
Vermoë om realistiese werksvolgorde soos
op patroon aangedui, te volg 2
Doeltreffende gebruik van tyd 3
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
Netheid van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie,
hantering van toerusting na gebruik 2
Korrekte hantering van oorskietwol/garing 1
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder
dop tydens die eksamen om finale punt te
bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop 5
van eksamen
Toerusting korrek en veilig gebêre 2
Werkarea netjies en skoon 3
3 PAT 2 Algemene voorkoms 20
VERKOOP- Netheid van artikel 10
BAARHEID Voorgeskrewe tegnieke
voltooi 10
PAT 2 Vakmanskap 40
VERKOOP- Steke 10
BAARHEID Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Consumer Studies 16 DBE/PAT 2017
NSC (Production of Knitted and Crocheted Items)
VOORBEELD VAN 'N GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
VINGERLOSE HANDSKOENE IN RIF- EN KANTSTEEK
WEIGHTING:
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Vashou van breipenne en wol 10
Aanheg van steke 15
Kousbandsteek 10
Rifsteek 10
Verminder 10
Heg af 15
Werk van nate 10
Las van wol 10
Kwaliteit en verkoopbaarheid 10
TOTAAL: 100
BENODIGDHEDE:
100 g dubbelbreiwol is genoeg vir twee pare
4 mm-breipenne
Naald
AFKORTINGS:
r –brei regs
r2tes – regs twee tesame
aw – aweregs
dop – draad oor pen
PATROON (brei 2):
Heg 36 steke aan.
Ry 1–7: R2, Aw2, tot end.
Ry 8–9: R alle steke.
Ry 10 :R4, *dop, r2tes,r2. Herhaal van * tot 4 steke oorbly. R4.
Herhaal ry 10 totdat die breiwerk 13 cm lank is.
Herhaal rye 1-7. Heg steke af.
Werk die naat toe van die onderkant af, laat ‘n 2.5 cm opening vir die duim voordat die rifsteek
begin. Werk langs een kant van die duim opening en werk dan albei die kante vas tot aan einde
Van die rifsteek. Werk los drade weg.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VOORBEELD VAN GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GEHEKELDE SAKKIE
GEWIGSWAARDE:
TEGNIEK GEWIGSWAARDE
Hou hekelpen en garing 5
Hekel 'n sirkel 10
Kettingsteek 10
Glipsteek 10
Kortbeen 10
Langbeen 10
Dubbelslagsteek 10
Picot randjie 10
Verander kleur 10
Vermeerder 10
Afronding 5
Totaal 100
BENODIGDHEDE:
Wol A: 50 g hoofkleur
Wol B: 50 g konlbaskleur
Hekelpengrootte 3,00 mm
AFKORTINGS:
ks. – kettingsteek
gls – glipsteek
kb. - kortbeen
lb – langbeen
dlb – dubbelslagsteek
verm – vermeerder
st/e – steek/steke
Kopiereg voorbehou Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
METODE:
Alle steke word in die agterste lus gewerk om ‘n rift e skep.
Gebruik wol A: maak 4 ks. Sluit ring/sirkel met ‘n gls in die eerste ks. (Aan einde van elke rondte
sluit rondte met ‘gls en begin nuwe rondte met een/twee/drie ks om eerste steek te vorm).
Rondte 1: Werk 8 kb in ring.
Rondte 2: (1 kb, verm in volgende st) vier maal (12 ste
Rondte 3: (1 kb, verm in volgende st) ses maal (18 ste)
Rondte 4: (1kb, verm in volgende st) nege maal (27 ste)
Rondte 5: (2 kb, verm in volgende st) nege maal (36 ste)
Rondte 6: 1 kb in elke st (36 ste)
Rondte 7: (3 kb, verm in volgende st) nege maal (45 ste)
Rondte 8: 1 kb in elke st (45 ste)
Rondte 9: (4 kb, verm in volgende st) nege maal (54 ste)
Rondte 10: 1 kb in elke st (54 ste)
Rondte 11: (5 kb, verm in volgende st) nege maal (63 ste)
Rondte 12: 1 kb in elke st (63 ste)
Rondte 13: 1 dlb in elke st (63 ste)
Rondte 14: *1 ks, voeg kraletjie in, 1 kb in elke ander st * herhaal (63 ste)
Rondte 15: 1 lb in elke st (63 ste)
Rondte 16: 1 kb in elke st (63 ste)
Rondte 17: *1 dlb in elke st, voeg kraletjie in,elke ander st in*, (63 sts)
Rondte 18: 1 kb in elke st (63 ste)
Rondte 19: * 1ks, 1 dlb in elke st (63 ste)
Rondte 20: 1 kb in elke st (63 ste)
Rondte 21: 1 lb in elke st (63 ste)
Rondte 22: *1 kb in elke st, voeg kraletjie in by ander kb* (63 ste)
Rondte 23: *1ks, dlb in elke ander st* (63 ste)
Rondte 24: 1 kb in elke st (63 ste)
Rondte 25: 1 lb in elke st (63 ste)
Rondte 26: *1ks, lb in elke ander st* (63 ste)
Rondte 27: 1 dlb in elke st (63 ste)
Rondte 28: *1ks, lb in elke ander st (63 ste)
Rondte 29: Dlb in elke st (63 ste)
Rondte 30: *1ks, 1 lb in elke ander st (62 ste), Heg af.
Handvatsel: Die handlvatsel word gemaak deur deur ‘n lang bandjie te maak wat deur Rondte 27
van die sakkie geryg word.
Gebruik wol B maak 200 ks
Steek hekelpen in derde ks vanaf hekelpen en werk langbene in elke steek (197 lb). Heg af.
Picot-randjie: Gebruik wol B. 1 gls in eerste steek, (5ks,gls in 3e ks vanaf hekelpen, 2ks, slaan
2st oor, 1gls in volgende st) herhaal tot einde. Heg af
Kopiereg voorbehou Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
KRITERIA VIR TEGNIEKE WAT GEBRUIK IS:
Netheid van Voorgeskrewe Steke Konstruksie Afronding
artikel tegnieke voltooi
Geen vuil merke Alle tegnieke Steke korrek Konstruksie van Geen los drade
nie/brei/hekelwerk suksesvol voltooi Spanning van elke tegniek nie
skoon steke egalig en volgens vereistes
Geen los drade korrek Verminder en
nie Steke trek nie los vermeerder
nie korrek gedoen
Randjie netjies Netjies aangeheg
en egalig. en afgeheg.
Goeie
(10) (10) 10) verhoudings (20) (10)
Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, steke, konstruksie en afwerking:
0-1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie
2-3 Swak, voldoen aan sommige standaarde, maar kan nie verkoop word nie
4-6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, kan verkoop word
7-8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop
9-10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal goed verkoop
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper