Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-
ARTIKELS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2017
Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2017 (Soft Furnishings) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2017
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 783.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
• Tydens die praktiese assesseringstaak vir die Produksie van Sagtemeublement-
artikels moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede toon
om sagtemeublement-artikels te produseer met die fokus op verkoopbaarheid.
• Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies graad 12 bestaan uit
'n uitlê-en-uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en twee praktiese
eksamens van drie uur elk. Leerders voer hierdie praktiese eksamens
individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie)
Leerders sal die helfte van die artikel maak wat hul vir die mikro-onderneming
vir die projek in kwartaal 1 gekies het.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal die artikel voltooi wat hulle in praktiese eksamen 1 begin het.
2. PUNTETOEKENNING
• Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer soos hieronder aangedui.
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
• Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar assessering.
• Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT verskaf. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate
deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies met Sagte Meublement as praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is
die nodige toerusting en fondse vir die PAT die verantwoordelikheid van die skool,
soos in die KABV-dokument uiteengesit.
Maak seker van die volgende:
• 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: groot
tafels vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre
(een vir elke leerder); toerusting vir meet en merk.
• 'n Minimum van R40 tot 'n maksimum van R85 per leerder vir ELK van die twee
praktiese eksamens word benodig om die vereiste artikels te maak, buiten die
fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese lesse.
• Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig
leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen,
bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.
• Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
• Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen
te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
• Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-sessie onder eksamentoestande
gedoen.
• 'n Tydraamwerk van 3 UUR in totaal word per eksamen benodig (die een-uur-
uitlê-en uitknipsessie voor praktiese eksamen 1 uitgesluit)
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2)
• Hierdie praktiese eksamen moet in die toets- en eksamenrooster
vir die tweede kwartaal ingesluit word.
• Leerders moet die artikel maak wat vir die mikro-onderneming
(projek in kwartaal 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap
en verkoopbaarheid van die artikels vorm 'n belangrike aspek van
die eksamen.
• Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in
6 uur voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens
die SGA ('SBA') praktiese lesse in graad 10 en 11 geleer het.
• Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir die
praktiese eksamens gekies word:
o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat binne 7 uur voltooi kan
word (een-uur-uitlê-en-uitknipsessie, praktiese eksamen 1 en
praktiese eksamen 2);
OF
o Gebruik dieselfde handelspatroon wat tydens die praktiese lesse
gebruik is en laat die leerders die artikel weer in 7 uur maak (een-
uur-uitlê-en-uitknipsessie, praktiese eksamen 1 en praktiese
eksamen 2).
• Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte
volgens die vaardigheidskodelys hê.
• Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale
gewigswaarde van 50 punte hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
• Leerders moet die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor die dag van
praktiese eksamen 1 onder eksamentoestande voltooi.
• Leerders moet die helfte van die artikel in praktiese eksamen 1
begin en voltooi.
• Na drie uur moet leerders hulle artikels vir assessering ingee. Na
afloop van die assessering word die artikels aan die leerders
teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die
artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is
nie.
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
• Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is, plaasvind.
• Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die
verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word.
• 'n Tydsbestek van 3 uur in totaal word vir hierdie eksamen benodig.
• Die tegnieke wat per eksamen vereis word, moet 'n totale
gewigswaarde van 50 punte hê.
• Na drie uur moet leerders hul artikels vir finale assessering ingee.
Na afloop van die assessering word die artikels aan die leerders
teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die
artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is
nie.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
• Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om te verseker dat hierdie datums nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
• Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n
patroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad
gebruik.
• Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle
eksamennommers.
• Leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê-
en-uitknipsessie ontvang sodat hulle kan voorberei.
• Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die
vereiste grootte vir elke leerder.
• Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die kramery/ander benodigdhede, bv. 'n ritssluiter, knope, spelde, ens.
• Gaan al die beskikbare naaimasjiene na, versien dit en maak seker dat al die
naaimasjiene in 'n goeie werkende toestand is.
• Verdeel leerders in groepe volgens die getal leerders wat maklik in 'n lokaal
geakkommodeer kan word.
• Bedraad al die naaimasjiene met die geskikte kleur garing en toets die spanning
vooraf.
• Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar:
o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en
naaimasjiene
o Strykysters en -planke
o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels
o Genoeg klein gereedskap soos skêre, naalde, torringmessies, spelde,
garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en skerp uitknipskêre
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 4 uur
7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur ('n dag voor praktiese
eksamen 1)
• Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit met die kleedstof,
patroon, instruksieblad en ander benodigdhede soos die
ritssluiter.
• Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie
enige hulp aan leerders verleen nie.
• Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.
• Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of
nuwe dele uitsny nadat die uitknipsessie verby is en punte
toegeken is, maar dit sal NIE weer nagesien word nie.
• Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n
veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 1.
7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle
hul stelletjies ('kits') met die uitgeknipte artikels en ekstra
afvalmateriaal.
• Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees.
• Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer
hierdie praktiese eksamen uit.
• Die artikels moet na 3 uur vir assessering gereed wees.
• Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is,
verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag
tydens die praktiese eksamen in die klaskamer wees.
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer
terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE
enige ander werk doen of hulp aan die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die
punte aanteken. Die leerders kan daarna foute regmaak of
die artikels voltooi tot by die vereiste stadium waar praktiese
eksamen 2 begin. Die artikels sal NIE weer nagesien word
nadat verbeterings aangebring is NIE.
• Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels in die
stelletjie ('kit') teruggeplaas word en op 'n veilige plek tot die
dag van praktiese eksamen 2 bewaar word.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur
• Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul
stelletjies ('kits') met die half voltooide artikels asook ekstra
afvalmateriaal.
• Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.
• Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.
• Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen hierdie
praktiese eksamen.
• Die artikels moet na 3 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal
2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
• Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag in die
klaskamer wees tydens die praktiese eksamen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
• Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander
werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie.
• Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte
aanteken. Die leerders kan dan foute regmaak, verbeterings
aanbring en die artikels voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien
word nadat verbeterings aangebring is NIE.
• Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels weer op 'n
veilige plek tot die dag van moderering bewaar word.
8. EVALUERING
• Die onderwyser en eksterne moderator het een uur om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
• Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die
onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1
ontvang en modereer om te verseker dat die standaard van die eksamen
gepas is:
• 'n Fotokopie van die patroonkoevert
• 'n Illustrasie van die artikel
• Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat
gekoop moet word
• Die beraamde koste per leerder
• Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken
• 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir die praktiese eksamensessies
• Die puntestate vir beide praktiese eksamens
• Beplanning vir al drie sessies (uitlê-en-uitknip-, praktiese eksamen
1- en praktiese eksamen 2-sessies) wat die totale gewigswaarde
van tegnieke aandui
Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur
goedgekeur is nie.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
• In kwartaal 3 sal die laaste groep met 'n maksimum van 12 leerders
deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle
die praktiese eksamen by die skool aflê.
• Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van
die moderering beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders gedurende die praktiese klasse
vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie)
o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese lesse
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds
praktiese eksamen 2 voltooi het
o Die punte van al die leerders wat reeds praktiese eksamen 2
voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se
gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders
alreeds op die puntestaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
• Die moderator sal ses leerders lukraak kies en hulle onafhanklik
assesseer terwyl hulle die eksamen aflê, asook die artikels wat die
leerders gekies, gemaak het.
• Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering
met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die
onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet
'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van
die verskil.
• Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering
ingevul word.
• Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
• 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
• Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
• Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
• Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en die puntetstate moet deur die vakadviseur en die hoof geteken word.
Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
GEBRUIK IN SAGTEMEUBLEMENT-PRODUKSIE
• Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om patrone vir die PAT sowel as
vir die weeklikse praktiese lesse te kies.
• Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning nie.
• Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
• Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit
Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 12 Ritssluiter 15
• Kleedstof is korrek gevou 1 • Naattoelating korrek en egalige breedte 2
• Patroon op lengtedraad geplaas 1 • Naatafwerking 3
• Alle relevante dele op die vou geplaas 2 • Sit rits in: stikwerk reguit, korrekte breedte vanaf rits 5
• Patroondele korrek aan kleedstof vasgesteek 2 • Hoeke onderaan rits netjies en reguit 3
• Reguit knip op kniplyne 2 • Hoeke aan bokant van rits netjies en reguit 2
• Kepies akkuraat geknip 2 Gefatsoeneerde hoeke 10
• Patroonmerke 2 • Meet en sny 3
Uitlê en uitknip vanaf afmetings, geen patroon 15 • Stik naat om hoeke te vorm 2
• Kleedstof korrek gevou 2 • Afwerking van naat 2
• Afmetings akkuraat op kleedstof gemerk 3 • Heg rek aan 3
• Lengtedraad van kleedstof korrek gebruik 5 Kwiltwerk 20
• Reguit geknip 5 • Plaas kleedstof, voering en watteersel opmekaar
Laslapontwerp 10 • Ryg die drie lae aanmekaar 5
• Laslappatroon op papier ontwerp 2 • Merk stiklyne 6
• Ontwerp pas by kleedstof en artikel 3 • Akkurate stikwerk 4
• Moeilikheidsgraad (getal en vorm van blokkies; verwys 5
na KABV vir tegnieke per graad) 5 Gebruik van Velcro/vasmaakmiddels 5
Uitlê en uitknip van patroondele 20 • Netjies en korrek gestik of gewerk 3
(Laslapstukkies, voering en watteersel ingesluit) • Korrekte posisie 2
Laslapwerk: Versiering behalwe borduurwerk 5
• Akkurate meet en knip van lappies 5 • Geskik vir artikel 2
• Groote van lappies geskik vir grootte van artikel 3 • Netjiese steke 3
• Korrekte getal laslap-lappies 2 Skuinsomboorsel 20
Ander patroondele: • Knip van skuinsstroke 5
• Ekonomiese plasing van patroondele op kleedstof 2 • Las skuinsstroke 5
• Voering- en watteerselpatroondele akkuraat gemeet en • Heg stroke vir randafwerking
gemerk op kleedstof 5 o Korrekte en egalige breedte 3
• Reguit geknip 3 o Lê plat en egalig 2
Nate/Aanmekaar werk van laslappies 15 o Masjien- of handsteke 5
• Laslappies volgens ontwerp aanmekaar gelas 2 Koord/Buisboorsel gemaak van skuinsstroke 20
• Reëlmatige klein stekies 2 • Sny skuinsstroke 5
• Nate reguit/egalige rondings/vierkantige hoeke 2 • Heg skuinsstroke 5
• Naattoelating = 0,5 cm 3 • Maak omboorsel/koord 5
• Groepering van lappies 2 • Krimp tou 2
• Finale voorkoms 2 • Plaas koord in naat in 3
Smal enkelsome 8
• Egalige en korrekte breedte 2
• Netjies afgewerk/omgekap 2
• Egalig omgevou 2
• Netjies gestik 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
Nate en naatafwerkings (saamstel van artikel, bv. sak) 10 Borduurwerkversiering: drie tot vyf dekoratiewe steke 10
Oop of toe reguit nate met 'n afwerking met hand gewerk
• Reguit stikwerk 3 • Goeie ontwerp, geskik vir artikel 3
• Korrekte naattoelating, egalige breedte 4 • Goeie keuse van kleure 3
• Naatafwerking 3 • Borduursteke – vakmanskap 4
Opgestikte sak 10 Gordynvoering 10
• Sak se vorm, grootte van nate/some 3 • Nate reguit 2
• Posisie op artikel is korrek 2 • Soom 3
• Stiksel om sak op artikel vas te stik 5 • Komberssteektrensies (hou voering in posisie) 3
Kussingsloop 10 • Korter en smaller (egalige afwerking) 2
• Belegsel op korrekte wyse oorgevou/soom netjies en Vaswerk van gordynband 5
gelyk 3 • 3 rye reguit stiksels 3
• Nate gelyk/netjies (rolnaat/oopnaat) 3 • Korrekte posisie op gordyn 2
• Stikwerk reguit 2 Vasmaakmiddels: lussie en hakie/knoop/drukkertjies/ 5
• Hoeke weggeknip 2 knoop en knoopsgat
Knope op kussings/dekoratief 5 • Korrekte spasiëring/grootte 2
• Los stikwerk deur al die lae 2 • Korrekte steek 1
• Afgewerk met komberssteek 2 • Knope stewig vasgewerk 2
• Knope oorgetrek met geskikte kleedstof 1 Oorgetrekte gordynkappe 10
Randstroke aangeheg 10 • Geknip volgens vorm/ontwerp 3
• Egalige breedte 2 • Geen rafels/drade nie 3
• Stikwerk reguit/geen plooie nie (naat vir vaswerk) 3 • Afwerking/egalige stikwerk/hoeke netjies omgekeer/
• Netjiese simmetriese hoeke 3 hoeke netjies weggeknip 4
• Geen los drade/slordige hoeke nie 2 Keuse van kleedstof 10
Verstekhoeke 12 (Onderwyser moet houer hê waaruit leerders kan kies.)
• Presiese breedteafmeting reg rondom 2 • Kleedstowwe pas vir maklike was en versorging 3
• 45°-hoeke geknip met naattoelating 2 • Kleure pas, treffende effek 3
• Stik hoeke en knip oortollige kleedstof af 2 • Motiewe/Ontwerp/Patroon op kleedstof klein en
• Vou naattoelating in en ryg egalig deur al drie lae 3 geskik vir laslapwerk 4
• Bostiksel deur alle lae. Geen plooie/voue nie. 3 Uitsny/Vorms van laslappies 5
• Dol-laslapwerk – grootte van lappies geskik vir
Valletjies 20 grootte van artikel 2
• Some: smal, egalig met netjiese stikwerk 3 • Laslappies akkuraat geknip 3
• Korrekte steeklengte vir rygplooie 1 Randafwerking 15
• 2/3 rye rygsteke 2 • Knip en las skuinsstroke vir skuinsomboorsel 5
• Intrek van rygplooie egalig versprei 3 • Sny reguit omboorsel volgens mate/patroon 4
• Werk valletjie aan artikel 4 • Aanheg van omboorsel vir randafwerking
• Reguit stiksel in middel van rygsteke 4 o Korrekte en egalige breedte 2
• Naatafwerking 3 o Lê plat 2
Borduurwerkversiering 5 o Netjies gestik 2
• Goeie ontwerp 2 Bande/handvatsels (vir sakke/beursies) 10
• Netjies en stewig vasgewerk 3 • Egalige breedte, geskik vir sak 3
Nate en naatafwerkings 10 • Versterk binnekant met geskikte kleedstof 2
Geronde naat • Aan sak geheg en versterk 5
• Stiksel reguit 2 Gehalte en verkoopbaarheid 10
• Korrekte naattoelating, egalige breedte 3 • Algemene afwerking 3
• Naatafwerking 3 • Algehele netheid 3
• Egalige ronding 2 • Geskik vir doel 4
Nate en naatafwerking 12
Nate met hoeke Voering vir sak 10
• Stiksel reguit 3 • Nate 4
• Korrekte naattoelating, egalige breedte 3 • Korrekte grootte/geen plooie/voue nie 3
• Naatafwerking 3 • Netjies aangeheg 3
• Hoeke 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
ONDERWYSER SE BEPLANNING: GRAAD 12 PRAKTIESE
ASSESSERINGSTAAK (Praktiese eksamen 1 en 2
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETS(E) VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
PRAKTIESE EKSAMEN 1 (KWARTAAL 2)
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
PRAKTIESE EKSAMEN 2 (KWARTAAL 3)
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
25 1 8 10/09/2017 08:00–11:00
2 8 10/09/2017 12:30–15:30
3 9 11/09/2017 08:00–11:00
Praktiese Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
Eksamen benodig per leerders
leerder
1/2 100% katoen (30 cm x 3) 90 cm 25 22,5 meter
Garing 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Watteersel/Tussenbelegsel 1m 25 meter
('Batting')
Ryggare 1 tolletjie 25 tolletjies
Kant 1 12,5 meter
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
100% katoen 22,5 meter
Garing 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Watteersel/Tussenbelegsel ('Batting') 25 meter
Ryggare 25 tolletjies
Kant 22,5 meter
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan die Vakadviseur
voorgelê word)
Totale GROEPE Getal leerders Datums Tyd
getal per groep
leerders
PAT Benodigdhede per leerder: Hoeveelheid Getal Totaal
benodig per leerders
leerder
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
VERBRUIKERSTUDIES SAGTEMEUBLEMENT-PRODUKSIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNIING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
SKOOLHOOF
DATUM INGELEWER
Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum
praktiese-eksamen-
sessies
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit
'n Illustrasie van die
artikel/fotokopie van die
patroonkoevert
Kopie van die patroon,
instruksieblad wat aan
leerders verskaf word
Voltooide tegnieke en
gewigswaarde van artikel vir
Praktiese Eksamen 1 en 2
Assesseringskriteria vir
tegnieke
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: __________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________
SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________
MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
PUNTESTAAT VIR SAGTE MEUBLEMENT PRAKTIESE EKSAMEN 1
Praktiese Eksamen 1 (Kwartaal 2)
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
Uitlê en uitknip van patroondele (laslapwerk,
voering en watteersel ingesluit)
Laslapwerk: 20
Meet en sny laslapdele akkuraat 5
Grootte van kleedstofdele geskik vir
kleedstofgrootte 3
Korrekte getal laslapdele 2
Ander patroondele:
Ekonomiese plasing van patroondele op
kleedstof 2
Voering- en watteerselpatroondele gemeet en
akkuraat op kleedstof gemerk 5
Reguit knipwerk 3
PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 15
Interpretasie van patroon
Volg patrooninstruksies 7
Akkurate naaldwerktegnieke 8
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv.
maatband, skêr, naalde, ens. 2
Korrekte hantering van groot toerusting, bv.
naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, ens. 3
(Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik,
veilige en korrekte gebruik van toerusting.)
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN
HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte
hantering van afvalmateriaal en rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop
tydens die eksamen om finale punt te bepaal.)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van
praktiese eksamen 5
Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak
en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID:
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel en afwerking 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 20
Stikwerk/Stiksels 10
Konstruksie 20
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
PUNTESTAAT VIR SAGTE MEUBLEMENT PRAKTIESE EKSAMEN 2
Praktiese Eksamen 2 (Kwartaal 3)
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Interpretasie van patroon 15
Volg patrooninstruksies 7
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv.
maatband, skêr, naalde, ens. 2
Korrekte hantering van groot toerusting, bv.
naaimasjien, omkapmasjien, strykyster, ens. 3
(Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik,
veilige en korrekte gebruik van toerusting.)
Doeltreffende gebruik van tyd 5
Volg instruksies op logiese wyse/in korrekte
volgorde 3
Doeltreffende gebruik van tyd 2
2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK
VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik, korrekte
hantering van afvalmateriaal en rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop
tydens die eksamen om finale punt te bepaal.)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van
praktiese eksamen 5
Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak
en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 40
Stikwerk 10
Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
VOORBEELD VAN 'N ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
ARTIKEL: SAK MET LASLAPPIEWERK
BENODIGDHEDE:
Ligte kleedstof, 50 cm x 10 cm
Gedrukte kleedstof, 50 cm x 10 cm
Donker kleedstof, 45 cm x 115 cm
Watteersel ('Batting'), 30 cm x 30 cm
Kleedstof vir voering, 30 cm x 30 cm
Ongebleikte linne ('Calico'), 25 x 25 cm
Naalde
Koppiespelde
Gare
Skêr (uitknip en algemene gebruik)
Kwiltgaring
Templaat A en Templaat B
Versierings
GEWIGSWAARDE
UITLÊ EN UITKNIP PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20
SUBTOTAAL: 20
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1/2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Keuse van kleedstof 10
Borduurwerk 10
Nate 20
Versierings 5
Kwiltwerk 20
Skuinsomboorsel 15
SUBTOTAAL: 80
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
DIE UITLÊ-EN-UITKNIP-SESSIE: 1 uur (die dag voor praktiese eksamen 1)
• Die leerders sal hulle stelletjies ('kits') ontvang wat die kleedstof, patroon, instruksieblad
en ander benodigdhede soos kant, knope, ens. bevat.
• Gedurende hierdie een-uur-sessie word van die leerders verwag om die patroondele,
watteersel en voering uit te knip.
• Hulle moet, waar van toepassing, die patroonmerke oorgedra.
• Die uitgesnyde patroondele moet by die onderwyser ingegee word om nagesien te word.
• Die leerders kan die uitgeknipte dele verbeter/korrigeer, indien nodig, nadat die
onderwyser hulle werk nagesien het, maar GEEN hernasien sal plaasvind nie.
• Die patroondele moet by die onderwyser ingegee word vir veilige bewaring tot die dag van
praktiese eksamen 1
UITLÊ-EN-UITKNIP-SESSIE: 1 uur (eksamentoestande)
1. Knip die volgende patroondele uit:
• 2 x templaat A – ligte kleedstof
• 2 x templaat A – gedrukte kleedstof
• 2 x templaat A – donker kleedstof
• 2 x templaat B – ligte kleedstof
• 2 x templaat B – gedrukte kleedstof
• 2 x templaat B – donker kleedstof
• 4 x 25 cm x 4 cm stroke
• 2 x 70 cm x 8 cm stroke (bande/handvatsels)
• 1 x 25 x 25 cm donker kleedstof vir rugkant van sak
• 2 x 25 x 25 vierkante – voeringkleedstof
UITLEG:
2. Dra patroonmerke oor, indien van toepassing.
3. Vou alle patroondele en ekstra kleedstof op en gee dit by die onderwyser in vir
nasien.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
PRAKTIESE EKSAMEN 1: 3 UUR
PATROONINSTRUKSIEBLAD:
Afkortings: V = vierkant, bv. V1 = vierkant 1
PRAKTIESE EKSAMEN 1
INSTRUKSIES ILLUSTRASIES
1. Plaas een ligte vierkant op een donker 1.
vierkant, met regte kante na mekaar en
stik op die stiklyn, knip op die kniplyn.
Pars naat. (V1 en V9)
2. Herhaal bogenoemde proses met een
gedrukte en een ligte vierkant.
(V3 en V7)
3. Plaas een donker driehoek op een 3.
gedrukte driehoek, regte kante op
mekaar, stik en knip soos aangedui in
die diagram.
Pars (V5.1 en V5.2).
4. Herhaal die proses hierbo met een ligte
en een gedrukte driehoek (V4.1 en
V6.1) en een donker- en een ligte
driehoek (V 2.1 en V8.1)
5. Plaas V2.1 op V2.2 en stik soos 5.
aangedui om vierkant V2 te vorm.
Pars die nate..
6. Herhaal die proses hierbo met V4.1 en
V4.2 om vierkant V4 en V6.1 en V6.2
(V6) en V8.1 en V8.2 (V8) te vorm.
Pars nate.
7. Stik blokke V1, V2 en V3 aanmekaar
om Ry 1 te vorm.
8. Herhaal om Ry 2 en Ry 3 te vorm.
9. Stik die rye aanmekaar om 'n vierkant te
vorm. Pars die nate.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
10. Stik 'n donker strook (25 cm x 4 cm) 10.
aan die boonste rand van die vierkant.
Pars die naat.
Stik 'n donker strook aan die onderste
rand van die vierkant. Pars.
11. Stik donker stroke aan die regter- en 11.
linkerkante van die vierkant. Pars.
12. Plaas die ongebleiktelinne-vierkante
op tafel, plaas die watteersel ('batting')
bo-op, plaas laslappie-vierkant op
watteersel ('batting'), steek vas en ryg.
13. Kwilt, werk onafgewerkte kante van die Sien diagram hieronder.
vierkant weg.
PRAKTIESE EKSAMEN 2: 3 UUR
14. Plaas vierkant op tafel, regte kant na
bo. Plaas die rugkant (agterkant)
bo-op die voorkant, met die regte
kante wat na mekaar wys. Stik die
synate en die onderste nate. Pars en
draai die binnekant na buite.
15. Plaas voeringvierkante op mekaar,
met regte kante na mekaar en stik die
synate. Pars.
16. Vou die twee 70 x 8 cm-stroke in die
helfte in die lengte. Pars en stik in die
lengte. Keer/Draai om om die
handvatsels te vorm.
17. Steek handvatsels aan sak vas soos in 17.
die illustrasie aangedui.
18. Plaas voering oor sak, met regte kante
na mekaar en stik boonste naat. Pars.
Keer/Draai om.
19. Werk onderste naat van die voering
met die hand vas. Plaas voering in
sak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
VOLTOOIDE VIERKANT
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
TEMPLATE
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2017
NSS (Produksie van Sagtemeubelment-artikels)
KRITERIA VIR TEGNIIEKE GEBRUIK:
Netheid van Voorgeskrewe Stikwerk/stiksels Konstruksie Afronding
artikel tegnieke
voltooi
Geen vuil merke Alle tegnieke Steeklengte Watteersel Geen los
nie/kleedstof suksesvol geskik vir tipe moet stewig drade nie
skoon, voltooi kleedstof vasgewerk Laslappies en
Geen los drade Kleur van wees sodat dit randstroke
nie kwiltgaring moet nie skuif nie moet netjies
Geen geskikte effek Sak moet afgewerk
skroeimerke nie verkry netjies aan wees
Geen sigbare Spanning van mekaar Netjies
patroonmerke steke korrek gewerk wees gestryk/geen
nie Steke moet Handvatsels skroeimerke
stewig afgewerk stewig nie
wees vasgewerk
Blokkies akkuraat Sakke netjies
vasgewerk , vasgewerk
naattoelating Voering moet
deurgaans netjies pas
dieselfde breedte
(10)
(10) (20)
(10) (10)
Netheid van artikel, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk/stiksels, konstruksie en afronding:
0-1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, sal glad nie verkoop nie
2-3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4-6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop
7-8 Goed, voldoen aan aldie vereistes, behoort goed te verkoop
9-10 Uistekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper