Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT GR 12 2019 (Patchwork Quilting) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201919 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN LASLAPKWILTWERK- ARTIKELS MET DIE HAND) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2019 Hierdie riglyne bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN LASLAPKWILTWERK-ARTIKELS MET DIE HAND 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie; Tegniese Wetenskappe • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. • Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede toon om laslapkwiltwerkartikels met die hand te produseer met die fokus op verkoopbaarheid. • Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies, graad 12, bestaan uit EEN uitlê-en-uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en TWEE praktiese eksamens van 4 UUR ELK. Leerders voer hierdie praktiese eksamens individueel uit. o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie) Leerders sal die helfte van die artikel maak wat hul vir die mikro-onderneming vir die projek in kwartaal 1 gekies het. o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2 Leerders sal die artikel wat in praktiese eksamen 1 begin is, in praktiese eksamen 2 voltooi. 2. PUNTETOEKENNING • Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te kombineer soos hieronder aangedui: Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100 Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100 Totaal 200 ÷ 2 Finale punt vir PAT 100 • Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering. • Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT verskaf. Albei puntestate moet deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) 3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die produksie van laslapkwiltwerkartikels as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde aantal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV-dokument uiteengesit. Maak seker van die volgende: • 'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir elke leerder); elektrisiteit; gereedskap vir meet en merk. • 'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir ELK van die twee praktiese eksamens word benodig om die vereiste artikels te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse. • Deel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders per sessie. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders elk) kan die eksamen op dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 12:00 en van 13:00 tot 17:00. • Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die volgende groep gereed te maak. • Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK • Uitlê en uitknip word vooraf in 'n 1 UUR-sessie onder eksamentoestande gedoen. • 'n Tydraamwerk van 4 URE in totaal word per eksamen benodig (die 1 uur- uitlê-en-uitknipsessie voor praktiese eksamen 1 uitgesluit) 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS 5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2) • Hierdie praktiese eksamen moet by die toets- en eksamenrooster vir die tweede kwartaal ingesluit word. • Leerders moet die helfte van die artikel voltooi wat vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel vorm 'n belangrike aspek van die eksamen. • Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in 9 URE voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA ('SBA') praktiese klasse in graad 10 en 11 geleer het. • Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir die praktiese eksamens gekies word: o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat binne 9 URE voltooi kan word (1 uur-uitlê-en-uitknipsessie plus 2 x 4 ure); OF o Gebruik dieselfde handelspatroon wat tydens die praktiese klasse gebruik is en laat die leerders dieselfde artikel weer in 9 ure (1 uur-uitlê-en- uitknipsessie plus 2 x 4 ure maak. • Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte volgens die vaardigheidskode hê. • Die tegnieke wat per eksamen uitgevoer moet word, moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) • Leerders moet die 1-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor die dag van praktiese eksamen 1 onder eksamentoestande voltooi. • Leerders moet die helfte van die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi. • Leerders moet na 4 URE hulle artikels vir nasien ingee. Na afloop van die nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is NIE. 5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3) • Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is. • Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word. • 'n Tydsbestek van 4 URE in totaal word vir hierdie praktiese eksamen benodig. • Die tegnieke wat per eksamen vereis word, moet 'n vaardigheidskode- gewigswaarde van 50 punte hê. • Leerders moet na 4 URE hulle artikels vir nasien ingee. Na afloop van die nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute reggemaak is nie. 6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik: • Bepaal die datums vir albei praktiese eksamens. Dra hierdie datums aan die bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander skoolaktiwiteite bots nie. • Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n patroon vir elke leerder. Dit is VERPLIGTEND dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik. • Berei die puntestate wat verskaf word voor met die leerders se name en hulle eksamennommers. • Leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê- en-uitknipsessie vir voorbereiding ontvang. • Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die verlangde grootte vir elke leerder. • Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. kant, knope, spelde • Deel leerders in groepe volgens die getal leerders wat gerieflik in die lokaal geakkommodeer kan word. • Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar: o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en -planke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies en skerp uitknipskêre Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) 7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS 7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 5 ure in totaal 7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur (voor die dag van praktiese eksamen 1) • Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit met die kleedstof, patroon- instruksieblad en ander benodigdhede soos die kant. • Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie enige hulp aan leerders verleen nie. • Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken. • Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer nagesien word NIE. • Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 1. 7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 4 ure • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die uitgeknipte dele en ekstra afvalmateriaal. • Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer praktiese eksamen 1 uit. • Die halfvoltooide artikels moet NA 4 URE vir nasien gereed wees. • Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie. • Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken. Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak of die artikels voltooi tot by die vereiste stadium waar praktiese eksamen 2 sal begin. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels in die stelletjie ('kit') teruggeplaas word en op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen 2 bewaar word. 7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 4 ure • Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits') met die halfvoltooide artikels en ekstra afvalmateriaal. • Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees. • Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer praktiese eksamen 2 uit. • Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte. • Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees. • Die artikels moet NA 4 URE vir assessering gereed wees. • Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) • Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikels voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE. • Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels weer op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar word. 8. EVALUERING • Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi. • Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 9.1 VOOR praktiese eksamen 1 Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang en modereer om te verseker dat die standaard van die praktiese eksamen geskik is: • Die artikel gekies met die tegnieke se gewigswaardes volgens die vaardigheidskode aangedui • 'n Fotokopie van die patroonkoevert • 'n Illustrasie van die artikel • 'n Opsomming van die gewenste eienskappe ten opsigte van die kriteria vir die tegnieke aangewend • 'n Lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. om te koop • Die beraamde koste per leerder • Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken • 'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir beide praktiese eksamensessies • Beplanning vir al drie sessies (uitlê-en-uitknip-, praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2-sessies) wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui] • Die puntestaat vir die praktiese eksamens. Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie. 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2 • In kwartaal 3 sal die laaste groep met 'n maksimum van 12 leerders deur die betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê. • Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die moderering beskikbaar hê: o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie) o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese klasse o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds praktiese eksamen 2 voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds praktiese eksamen 2 voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat • Die moderator sal SES leerders lukraak kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê, asook die artikels wat die leerders gekies, gemaak het. • Daarna sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) • Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering ingevul word. • Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word: PAT 2 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator • 'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie. • Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word. • Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. • Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer word en die puntestate moet deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK VIR LASLAPKWILTWERK MET DIE HAND • Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as vir die weeklikse praktiese klasse te kies. • Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning nie. • Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word. • Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit • 'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek. • Die totale gewigswaarde van die tegnieke in ELKE praktiese eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 50 punte in totaal hê. Keuse van kleedstof 10 Kwiltwerk 20 (Onderwyser moet 'n houer met kleedstof hê waaruit • Plaas bolaag, watteersel en voering aanmekaar 2 leerders kan kies) • Ryg die drie lae 4 • Kleedstof tipes pas bymekaar (100 % katoen) 3 • Oordrag van kwiltontwerp 4 • Kleedstof sal maklik versorg en gewas word 3 • Egalige en netjiese kwilt steke 4 • Suksesvolle keuse van kleure 4 • Stiksel reguit/rondings egalig/hoeke vierkantig 4 • Keuse van kwiltgaring 2 Laslapontwerp 10 Nate en naatafwerkings (aanmekaar werk van 10 • Template/Patrone korrek en ekonomies op die artikel, bv. sak) kleedstof geplaas 2 • Reguit stiksels/gladde rondings/vierkantige • Patroon op papier geteken 2 hoeke 4 • Ontwerp pas by die keuse van kleedstof en artikel 3 • Naattoelating korrek en egalige breedte 3 • Moeilikheidsgraad (aantal en fatsoen van laslappies) 3 • Naatafwerking 3 Verwys na KABV vir tegnieke per graad) Uitlê en uitknip van patroondele 15 Randafwerking/skuinsomboorsel 20 • Mate akkuraat op kleedstof aangebring 3 • Knip van skuinsstroke vir skuinsomboorsel 5 • Korrekte aantal laslap deeltjies 4 • Las van skuinsstroke 5 • Lengtedraad korrek gebruik 3 • Werk omboorsel aan rafelkante 3 • Reguit knipwerk 5 o Korrekte en egalige breedte 3 o Lê plat en gelyk 2 • Netjies kwiltwerk met hand 2 Nate/Las van laslapdele 20 Bo-op gestikte sak 10 • Laslappies volgens ontwerp gelas 3 • Fatsoen van sak, grootte, nate 4 • Klein egalige stekies (hand) 4 • Korrekte plasing van sak 3 • Nate reguit/gladde rondings/ hoeke vierkantig 3 • Stiksel om sak aan artikel te heg 3 • Naattoelating = 0,5 cm 3 • Groepering van laslappies/Finale voorkoms 4 • Korrekte stryk van naattoelating 3 Borduurwerk: 3–5 dekoratiewe steke met hand 10 Bande (handvatsels vir sakke) 10 • Goeie ontwerp, geskik vir item 2 • Egalige breedte, geskik vir sak 2 • Goeie keuse van kleure 3 • Versterk binne met geskikte kleedstof 3 • Tegnieke vir borduursteke 5 • Vasgewerk en versterk op sak 5 Ander versierings (nie borduurwerk nie) 5 Vasmaakmiddels (Velcro (klitsband)/knoop/ • Gebruik van ander versierings, bv. kant, krale, lussie/drukkers: 5 knope • Korrekte posisie 2 • Stewig vasgewerk 3 Knip van voering en watteersel 10 Strykwerk: 5 • Geskikte keuse van watteersel 3 • Stryk deurgaans tydens konstruksie 3 • Korrekte grootte/vorm 3 • Finale pars 2 • Lengtedraad korrek gebruik 2 • Reguit geknip 2 Vasheg van voering 15 Appliek 10 • Korrekte naattoelating 3 • Goeie ontwerk 2 • Reguit nate 4 • Goeie keuse van kleure 3 • Netjies aan sak geheg 4 • Netjiese stiksels – • Korrekte grootte 4 komberssteek/glipsteek/'needle-turn appliqué' 5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2 (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: PRAKTIESE EKSAMENS 1 EN 2 – GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN 1 IN TERMYN 2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN 2 IN TERMYN 3 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd leerders groep 25 1 8 10/09/2019 08:00–12:00 2 8 10/09/2019 13:00–17:00 3 9 11/09/2019 08:00–12:00 Praktiese Benodigdhede per leerder Hoeveelheid benodig Getal Totaal Eksamen per leerder leerders 1 100% katoenmateriaal 90 cm 25 22,5 meter (30 cm x 3) Garing 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Watteersel 1m 25 meter Ryggaring 1 tolletjie 25 tolletjies Kant/Gallon/Sierband 50 cm 12,5 meter ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste 100% katoenmateriaal (30 x 30 cm) 22,5 meter Garing 25 tolletjies Patroon 25 patrone Watteersel 25 meter Ryggaring 25 tolletjies Kant/Gallon/Sierband 12,5 meter Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word) Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd leerders groep Praktiese Benodigdhede per leerder Getal Totaal eksamen leerders Praktiese Benodigdhede per leerder Getal Totaal eksamen leerders ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE OPSIE: LASLAPKWILTWERK MET DIE HAND PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER HOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items ingesluit 'n Illustrasie van die artikel/foto- kopie van die patroonkoevert Kopie van die patroon- instruksieblad vir leerders Voltooide tegnieke en totale gewigswaarde van artikel vir praktiese eksamen 1 EN 2 Assesseringskriteria aangewend Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ________ Handtekeninge: ONDERWYSER:_________________________ DATUM:_______________________ HOOF:_________________________________ DATUM:_______________________ MODERATOR: __________________________ DATUM:_______________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) KRITERIA VIR TEGNIEKE GEBRUIK: Netheid van die artikel • Geen vuil merke nie/kleedstof skoon (10) • Geen los garingdrade nie • Geen skroeimerke nie • Geen sigbare patroonmerke nie Voorgeskrewe • Alle tegnieke suksesvol voltooi (10) tegnieke voltooi Stikwerk • Steeklengte geskik vir die tipe kleedstof (10) • Kleur van kwiltgaring geskik vir die vereiste effek • Kwiltgaring geskik vir die vereiste effek • Spanning korrek • Stiksels moet goed afgeëindig wees • Eenhede moet akkuraat geheg wees met nate wat presies ewe breed is • Handkwiltsteke moet klein en eweredig aan beide die bokant en agterkant wees Konstruksie • Watteersel moet stewig geheg wees om te voorkom dat (20) dit skuif • Sak moet netjies aanmekaar geheg wees • Handvatsels/bande moet stewig geheg wees • Sakke moet stewig aan die voering van die sak geheg wees • Voering behoort netjies te pas Afwerking • Geen los drade nie (10) • Verdelers en randstroke moet netjies afgewerk wees • Geen skroeimerke nie/netjies gestryk Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk, konstruksie en afwerking: 0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie 2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 4–6 Gemiddeld: voldoen aan sommige van die vereistes, sal moontlik verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkool 9–10 Uitstekend: oortref al die vereistes, behoort baie goed te verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: LASLAPWERK EN KWILT MET DIE HAND Praktiese Eksamen 1 (Kwartaal 2) SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Uitlê en uitknip van patroondele (laslapwerk, voering en watteersel ingesluit) 15 Laslapwerk: Meet en sny laslapdele akkuraat 2 Grootte van kleedstofdele geskik vir kleedstofgrootte 3 Korrekte getal laslapdele 3 Ander patroondele: Ekonomiese plasing van patroondele op kleedstof 2 Voering- en watteerselpatroondele gemeet en akkuraat op kleedstof gemerk 2 Reguit knipwerk 3 Interpretasie van patroon 5 Volg patrooninstruksies 3 Akkurate naaldwerktegnieke 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van kleiner toerusting bv. maatband, skêr, naalde 2 Korrekte hantering van groot toerusting, bv. naaimasjien, omkapmasjien, strykyster (Naaimasjiene korrek bedraad 3 en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd, 2 Kleiner toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel. (Onderwyser hou deurgaans 2 tydens die eksamen elke leerder dop om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van 5 praktiese eksamen Elektriese toerusting afgeskakel, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel en afwerking 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 20 Stikwerk/stiksels 10 Konstruksie 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: LASLAPWERK EN KWILT MET DIE HAND Praktiese Eksamen 2 (Kwartaal 3) SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Patrooninterpretasie 15 Volg patrooninstruksies 8 Korrekte hantering van klein gereedskap, bv. maatbande, skêre, naalde 3 Korrekte hantering van groter gereedskap, bv. strykyster, omkapmasjien 4 (Veilige en korrekte gebruik van toerusting) Werksvolgorde en doeltreffende 10 gebruik van tyd Vermoë om patrooninstruksies te volg 5 Doeltreffende gebruik van tyd 5 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner gereedskap lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte hantering van afvalmateriaal en rommel 2 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder tydens die eksamen dop om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van eksamen 5 Elektriese toerusting uitgeprop, skoongemaak en veilig gebêre 2 Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID: Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stiksels 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) VOORBEELD VAN 'N ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK [Bron: Country Threads, Volume 8] GEWIGSWAARDE: UITLÊ EN UITKNIP Praktiese Eksamens 1 en 2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20 SUBTOTAAL 20 PRAKTIESE EKSAMENS 1 EN 2 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Keuse van kleedstof 10 Appliek 10 Nate (aanmekaarwerk van laslappies) 20 Kwiltwerk 20 Bande/handvatsels 10 Nate (sit sak aanmekaar) 10 SUBTOTAAL: 80 TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) BENODIGDHEDE: 20 cm elk van effe roomkleurige, effe rooi en rooi geblomde kleedstof 30 cm groen kleedstof met kolletjies 20 cm donkergroen effekleurige stroke om die skuinsstroke vir die stingels te sny 40 cm voeringkleedstof DMC nr. 8 Perlé-katoengaring; 1 bol donker beige-grys (642) vir kwiltwerk 40 cm Pellon/dun watteersel ('batting') 40 cm stywe vasstryktussenvoering Plastiektemplaat Katoengaring wat by die appliek pas 50 cm Rigaline 6 mm band vir kwiltwerk 6 mm aansmeltsoombelegsel ('hem facing') Potlood Rolsnyer, liniaal en mat Algemene naaldwerk voorraad GROOTTE NA VOLTOOIING: 30,5 cm x 35,5 cm (handvatsels uitgesluit) LET WEL: Daar word aanbeveel dat die kleedstof 100% katoen, vooraf gewas en gestryk moet wees. Vereistes is gebaseer op die gebruik van kleedstof wat 112 cm wyd is. Alle stroke word oor die wydte van die kleedstof geknip. Die 6 mm- naattoelating wat deurgaans gebruik word, is by die uitknipmates ingesluit. Lees instruksies voor jy begin. UITKNIP: Uit die effe roomkleurige kleedstof, knip: • Twee 17 cm x 27 cm reghoeke Uit die effe rooi kleedstof, knip: • Twee 12 cm x 17 cm reghoeke • Een 7 cm x 76 cm strook Uit die groen kleedstof met kolletjies, knip: • Twee 12 cm x 27 cm reghoeke • Twee 6 cm x 27 cm reghoeke Uit die rooi geblomde kleedstof, knip: • Twee 7 cm x 12 cm reghoeke • Twee 12 cm vierkante • Een 4 cm x 76 cm strook Uit die voeringkleedstof, knip: • Twee 32 cm x 37 cm reghoeke APPLIEK: Knip 'n 76 cm x 0,5 cm skuinsstrook uit die donkergroen effekleurige kleedstof. Kopieer die blomblaar/blaar- en binnesirkels vanaf die patroon op die plastiektemplaat. Trek 20 keer om die blomblaar op die regte kant van die effe rooi kleedstof af, laat 2,5 cm tussen die blare en knip dan elke blaar uit met 'n 2 mm-naattoelating. Trek 8 keer om dieselfde templaat op die regte kant van die groen kolletjieskleedstof en knip op dieselfde wyse uit. Trek vier keer om die sirkeltemplaat op die regte kant van die geblomde rooi kleedstof en knip dit uit. Plaas die patroonblad teen 'n goed verligte venster of 'n ligkas, plaas die effe roomkleurige reghoek daaroor en trek die stingels af. Sny die skuinsstrook volgens grootte en indien aansmeltsoombelegsel gebruik word, druk dit op die agtergrond en volg die patroon met die onderste rande en reghoek in lyn. Stik dit dan met bypassende garing. Anders bring die soom van die skuinsstrook in lyn met die linkerkantste lyn, stik dit in plek met bypassende garing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) KONSTRUKSIE: Stik 'n 12 cm rooi geblomde vierkant vas aan die onderkant van 'n 12 cm x 27 cm groen kolletjies reghoek met die regte kante na mekaar en pars die nate na die donker kant. Maak TWEE van hierdie eenhede. Stik die 12 cm x 17 cm effe rooi reghoek vas aan die onderkant van die 17 cm x 27 cm effe roomkleurige reghoek, met die regte kante na mekaar en pars die nate na die donker kant. Maak TWEE van hierdie eenhede. Heg die 7 cm x 12 cm rooi geblomde reghoeke aan die onderkant van die 7 cm x 27 cm groen kolletjies reghoeke met die regte kante na mekaar en pars die nate. Lê drie dele vir die voorkant van sak uit en werk aanmekaar met die regte kante na mekaar, pars die nate na buite, sien DIAGRAM 1. Doen dieselfde vir die agterkant. DIAGRAM 1 Plaas blomblare om die boonste gedeeltes van die stingels en 'needleturn-appliqué' dit, met bypassende garing. Doen dieselfde vir die blare en werk dan die binnesirkels bo-oor die punte van die blomblare sodat dit bedek is. Herhaal vir die agterkant van die sak. Plaas die dele vir die sak op die Pellon-watteersel met die verkeerde kante na onder en ryg aanmekaar vas. Knip die Pellon-watteersel met 'n klein naattoelating reg rondom. Kwilt albei kante van elke naat met die Perlé-garing nr. 8 en 2,5 mm kwiltband – sien foto. Knip die Pellon-watteersel gelyk met die dele van die sak, plaas dan verkeerde kante op die vasstrykkant van die stywe vasstryktussenvoering en smelt aanmekaar vas. Knip die aanstryk tussenvoering dieselfde grootte as die dele van die sak. Plaas die dele van die sak met die regte kante na mekaar, steek die ooreenstemmende nate vas en stik langs die kante en oor die onderkant vas. Vorm die onderkant van die sak deur die onderste naat in lyn te bring met die synaat. Stik oor die punt 3 cm vanaf die punt en knip die naat korter tot 0,5 cm, sien DIAGRAM 2. Herhaal aan die ander kant. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2018 NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand) DIAGRAM 2 HANDVATSEL: Plaas die 3 cm x 76 cm rooi geblomde strook langs die 6 cm x 76 cm effe rooi strook met die regte kante na mekaar en die rafelrande kante aan een kant wat in lyn is. Stik langs daardie kante af en plaas die ander rafelrande teen mekaar en stik vas. Keer die regte kant na buite, pars, en sentreer die rooi geblomde strook. Doen groefstiksel ('stitch-in-the-ditch') van beide nate. Ryg die Rigaline in die band en voer deur totdat dit aan die anderkant uitkom. Stik dit in aan die kort kante van die handvatsel vas. Die handvatsels behoort nou geplooi te wees. VOERING: Stik die voeringreghoeke langs die kante en oor die onderkant vas met die regte kante na mekaar en laat 'n opening om dit om te draai. Vorm die onderkant soos vir die buitenste sak, AFWERKING: Steek die handvatsels aan elke kant van die sak vas en sorg dat die middel van die handvatsels ooreenstem met die nate. Die punte van die handvatsels moet effens oor die onafgewerkte rand sigbaar wees. Plaas die buitenste sak binne-in die voering met die regte kante teen mekaar en steek vas, maak seker die synate ooreenstem en dat die handvatsel uit die pad is. Stik rondom die boonste rand en stik versigtig oor die handvatsels. Draai dit om na buite deur die opening in die voering en werk toe met glipstekies. Druk die voering in die sak, rol die boonste rand sodat die voering heeltemal aan die binnekant van die sak is, steek vas en gebruik die 2,5 mm kwiltband en die Perlé-garing om rondom die boonste rand te kwilt. Indien die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ook ingesluit word. . Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all