Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(VOEDSELPRODUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2020 (Food) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 29
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
VOEDSELPRODUKSIE
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende
fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT
bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede
wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit
is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT
verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om verskeidenheid gehalte
voedselprodukte te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit
twee praktiese eksamens van 3 uur elk. Leerders voer hierdie praktiese
eksamens individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1
Leerders sal die produkte wat hulle vir die mikro-onderneming (projek in
kwartaal 1) gekies het, maak en bedien.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal 'n verskeidenheid voedselprodukte maak om te verkoop, deur 'n
verskeidenheid vaardighede en tegnieke te gebruik.
Leerders sal die praktiese eksamens individueel uitvoer.
2. PUNTETOEKENNING
Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer, soos hieronder aangedui.
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei puntestate
deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool
besluit om Verbruikerstudies met die Voedselproduksie praktiese opsie as 'n vak aan
te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde
getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die
KABV-dokument.
Maak seker van die volgende:
'n Geskikte opleidingskombuis met die nodige toerusting moet beskikbaar wees:
'n minimum van ses stowe (gas/elektries); 'n yskas; elektrisiteit/gas; opwasbakke
met lopende warm en koue water en toerusting en gereedskap vir bereiding en
kook.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir ELK van die twee
praktiese eksamens word benodig om bestanddele te koop om die vereiste
produkte te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse.
Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig
leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag doen,
bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.
Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydraamwerk van DRIE UUR in totaal word per eksamen benodig. Die 3 uur moet
soos volg ingedeel word:
15 minute vir leerders om hulle toetse te trek, rustig te raak by die werkplekke
aan hulle toegeken en om die resepte en werksvolgorde ontvang, te bestudeer.
Leerders kan ook begin om bestanddele en toerusting in hierdie tyd bymekaar te
maak.
2 uur vir die bereiding van die produkte onder eksamentoestande.
45 minute vir die onderwyser om te evalueer, die werkplekke van die leerders na
te gaan en die puntestate in te vul.
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2)
Hierdie praktiese eksamen moet by die toets- en eksamenrooster vir die
tweede kwartaal ingesluit word.
Leerders sal die produkte maak wat hulle vir die mikro-onderneming gekies het
(projek kwartaal 1). Die produksieproses en verkoopbaarheid van die produkte
vorm 'n belangrike aspek van hierdie eksamen.
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is,
plaasvind.
Gedurende die praktiese eksamen in kwartaal 3 moet leerders 'n
verskeidenheid kookkunsvaardighede toon. Assessering sal op die
produksieproses en die verkoopbaarheid van die produkte fokus.
Die onderwyser moet 'n minimum van VIER verskillende toetse opstel wat vir
die begroting beskikbaar, en ander hulpmiddels van die skool, geskik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
Elke toets moet:
o Uit ten minste twee produkte bestaan
o 'n Minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte hê
o ʼn Verskeidenheid kookkunsvaardighede en -tegnieke insluit
Sluit EEN van die volgende PER TOETS in. 'n Produk wat vir een toets gekies
is, kan nie in 'n ander toets herhaal word nie, om te verseker dat 'n
verskeidenheid vaardighede en tegnieke in elke toets getoets word:
o Gisproduk (gebak of diepgebraai)
o Chouxdeeg
o 'n Gelatiengereg (nie kommersiële jellie nie)
o Tuisgemaakte broskors vir terte, pasteie of quiche
o Switserse rolkoek
o Sagte meringue soos suurlemoenskuimtert of spog-broodpoeding
o Suikerkokery
Die tweede produk kan enige geskikte tegniek of vaardigheid insluit solank die
vaardigheidskode-gewigswaarde steeds ʼn minimum van 20 punte is. Die
gewigswaarde van die twee produkte sal gelyk of so gelyk as moontlik wees.
Alle resepte moet:
o Netjies in standaard- of aksieformaat getik wees
o Duidelike instruksies in kort sinne en maklike taal hê
o Klein wees, 2–3 porsies
o Vir die beskikbare begroting en ander hulpmiddels by die skool geskik wees
o Geskik wees om te verkoop
o Die verwagte smaak, tekstuur en voorkoms (gewenste eienskappe) van
elke produk insluit
o Duidelik geïllustreer wees
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMENS
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
Bepaal die datums vir albei eksamens. Kommunikeer hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool om te verseker dat dit nie met ander skoolaktiwiteite
bots nie. Dit moet by die rooster vir toetse/eksamens inpas.
Al die toerusting/apparaat moet in 'n werkende toestand wees en die stowe
moet voor die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word.
Kopieer die toetse (resepte en werksvolgorde) vir die leerders.
Berei puntestate voor met leerders se name en hulle eksamennommers.
Leerders moet al die resepte wat in die vier toetse ingesluit is (nie in
toetsformaat nie) een week (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep
leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei. Hulle mag nie weet hoe
die resepte in toetsformaat gekombineer sal word nie en hulle mag ook nie weet
watter resepte hulle sal trek nie.
Bereken die hoeveelhede om aan te koop volgens die getal leerders in
graad 12.
Beplan die finale inkopielys met die beraamde pryse.
Koop die bestanddele.
Maak die opleidingskombuis skoon en netjies.
Pak die nodige toerusting en bestanddele voor die tyd uit. Leerders moet nie
tydens die eksamen rondloop en na toerusting in die stoorkamer soek nie, alle
toerusting moet geredelik by hulle werkplekke beskikbaar wees. Maak 'n tafel
met bestanddele en toerusting gereed (indien nodig) vir elke sessie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMENS
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 3 uur
Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elkeen sy/haar resepte,
soos vir die projek in kwartaal 1 gekies, ontvang.
Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te bestudeer
voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke geplaas
word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en stoof deel met 'n
leerder wat toets 3 doen.
Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte
vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die praktiese
eksamen in die lokaal wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op
enige wyse help nie.
Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot
aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie.
Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 3 uur
Wanneer die leerders die eksamenlokaal binnekom, sal elke leerder EEN van
die vier toetse trek.
Leerders sal 15 minute hê om die resepte en die werksvolgorde te bestudeer
voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkplekke geplaas
word, bv. 'n leerder wat toets 1 doen, moet 'n werkplek en stoof deel met 'n
leerder wat toets 3 doen.
Die produkte moet na 2 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte
vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die praktiese
eksamen in die lokaal wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op
enige wyse help nie.
Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot
aan die einde van die 2 uur-tydperk te wag nie.
Leerders word toegelaat om finale opruiming te doen terwyl die onderwyser
hulle produkte assesseer.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
Terwyl hulle produkte geëvalueer word, moet leerders hulle werkplekke opruim
sodat die onderwyser/moderator die werkplekke vir die finale toekenning van
punte kan inspekteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die onderwyser moet die volgende tydens die laaste week van kwartaal 1, of vroeër,
aan die vakadviseur vir goedkeuring voorlê:
In die laaste week van kwartaal 1 of vroeër (24 Maart)
Die toetse en betrokke resepte wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens
die vaardigheidskode aandui
Die voorgestelde datum vir eksterne moderering by die skool vir die laaste
groep leerders
Hierdie datum moet met die vakadviseur onderhandel word
Die werksvolgorde van elke toets
Die nasienriglyne met die gewenste eienskappe van elke produk vir elke toets
Die beplanning vir die aankope
'n Konsepbegroting en die beraamde koste per leerder (moet op versoek
beskikbaar wees)
Die oorsiglys moet deur prinsipaal geteken wees
Die eksamen kan nie gedoen word nie tensy die items hierbo deur die
vakadviseur goedgekeur is.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
In kwartaal 3 sal die laaste groep van 'n maksimum van 12 leerders deur die
betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl die praktiese eksamen
by die skool uitgevoer word.
Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die
moderering beskikbaar hê:
o Die punte van al die leerders vir PAT 1 in kwartaal 2
o Die punte van al die leerders wat die PAT 2 in kwartaal 3 voltooi het
o 'n Afskrif van die voltooide puntestaat vir praktiese klasse
o 'n Afskrif van die vier toetse wat die leerders sal uitvoer
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat
geskryf
Die moderator sal willekeurig ses kandidate uit die laaste groep kies en die
leerders onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen uitvoer.
Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van
die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte
meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of
afwaarts gemaak word na gelang van die verskil.
Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen
gefinaliseer word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die
gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN VOEDSELPRODUKSIE
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die resep(te) gekies vir elke toets vir die praktiese
eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 20 punte tel.
Punte mag nie twee maal vir dieselfde tegniek, in dieselfde toets, toegeken word nie.
Die onderwyser kan 'n tegniek wat nie op die lys verskyn nie, byvoeg nadat die vakadviseur
geraadpleeg is.
1 Tegnieke Gewigswaarde-
punte
1.1 Bak van 'n koek: 3
Uitvoer van pan, voorverhit oond en stel op die korrekte temperatuur. Posisie
van oondrak korrek, bak vir korrekte tyd, blind bak.
1.2 Bak sonder om pan uit te voer: 2
Bak in 'n pan met warm water (bain-marie) bv. gebakte vla.
Bak 'n soufflé.
1.3 Blansjeer 2
1.4 Kook bo-op stoof (bv. rys, pasta, groente) 2
1.5 Diepbraai (skyfies, oliebolle, vetkoek, dreineer op papierhanddoek) 3
1.6 Rooster (hamburgerkoekies, biefstuk) 3
1.7 Rooster (groente en vleis) 3
1.8 Gaarmaak in mikrogolfoond, bv. vlasous, witsous, kook van pasta. (nie om 3
melk, voedsel, water warm te maak nie)
1.9 Posjeer 2
1.10 Drukkoker gebruik, bv. vir vleis-en-groentebredie, boontjiesop 3
1.11 Soteer (uie, soetrissies ens.) 2
1.12 Verseël en verbruin vleis/maalvleis/droogbraai van spekvleis 2
1.13 Vlakbraai (pannekoeke, plaatkoekies, hamburgerkoekies, viskoekies) 3
1.14 Prut/Stowe vleis/hoendergereg met groente, droëvrugte 4
1.15 Stoom: Dubbelkoker of mengbak op kastrol, bv. vis, eiervlasous, sjokolade 3
smelt (NIE RYS NIE)
2 Gelatien
2.1 Gelatiengereg, bv. gevormde slaai of nagereg 3
2.2 Gelatiengereg gemaak met kommersiële jellie 2
2.3 Invou van ander bestanddele soos geklopte room of gerasperde komkommer 2
op korrekte stadium
2.4 Ontvorm van gelatiengereg 2
3 Eiers
3.1 Sagte meringue (bv. suurlemoenskuimtert) 3
3.2 Harde meringue (skuimpies) 4
3.3 Vlabasis met eiers, bv. quiche/melktert 2
3.4 Klop en invou van eierwit, bv. soufflé, melktert, roulade 2
4 Gisgebak/Suurdeeggebak
4.1 Berei gisbeslag of gisdeeg 4
5 Mengmetodes
5.1 Beslag, eenbakmetode (pannekoek, plaatkoekies, poffertjies, koek, ens.) 3
5.2 Beslag, roommetode 3
5.3 Beslag, sjiffonmetode (sluit klits en invou van eierwit in) 4
5.4 Beslag, muffin-/emulsiemetode 3
5.5 Beslag, smeltmetode 3
5.6 Beslag, klopmetode 3
5.7 Chouxdeeg 5
5.8 Deeg, invryfmetode (broskorstertdeeg, skons/botterbroodjies) 3
5.9 Tertdeeg, invryfmetode, meng, uitrol (maak eie skilferdeeg) 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
6 Voorbereiding van bestanddele
6.1 Skil, sny, kerf, blokkies sny van groente, bv. julienne-wortels (gebruik van 2
koksmes)
6.2 Ontbeen van hoender/hoenderborsies 2
7 Klaarvoorbereide voedsel
7.1 Berei 'n beskuitjiekors, bv. met Marie- of Tennis-beskuitjies en gesmelte 2
botter
7.2 Gebruik klaargemaakte/kommersiële tertdeeg/fillodeeg 2
8 Souse en slaaisouse
8.1 Gekookte souse, bv. vleissous, vla, konfyt, lemoensous, sous verdik met 2
meelblom
8.2 Mayonnaise (tuisgemaak) 4
8.3 Ongekookte tuisgemaakte slaaisous 2
8.4 Gekookte slaaisous 4
8.5 Witsous/kaassous, roux-metode 3
9 Suikerkokery en tuisgemaakte lekkergoed
9.1 Karamellisering van suiker, bv. karamelsous 4
9.2 Kook suikerstroop tot sagtebalstadium, hardebalstadium, ens. 4
9.3 Manipuleer suikerstroop, bv. klop fudge, malvalekkers. Sny in vorms 4
wanneer koud.
10 Tegnieke
10.1 Klop en invou van room 2
10.2 Botterversiersel/Vars roomversiersel – berei en versier kolwyntjies en koeke 3
10.3 Garnering, gevorderd, bv. tamatie-/aartappel-/radysblomme/tuilles/ 3
sjokoladekrulle/sjokoladeblare/sjokoladebakkies/vorm en versier met
fondantversiersel/marsepein en ander versierings, ens.
10.4 Gebruik van versierbuis/-sak 2
10.5 Royal-versiersel (versiersuiker en water/suurlemoensap/eierwit – 2
verglansing): Bereiding en gebruik
10.6 Berei sjokolade-ganache (sjokolade en room) 2
10.7 Puree 2
10.8 Vorm van deeg, bv. skons, koekies, broodrolle, koeksisters, krokette 3
10.9 Switserse rolkoek/roulade/Chelseabolletjie/Sweedse teering (koek) – rol 3
10.10 Lamingtons/Ystervarkies – maak sjokoladesous en doop, rol in klapper 3
10.11 Gebruik gespesialiseerde toerusting, bv. voedselverwerker, vermenger, 2
pastamasjien, (nie elektriese klitser of diepbraaier nie)
11 Enige ander vaardighede wat nie genoem is nie (mag slegs twee maal 1
in dieselfde toets gebruik word)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSERBEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN 2, KWARTAAL 3
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PRAKTIESE EKSAMEN 2: GRAAD 12 (heg alle resepte aan)
Toets 1: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 2: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 3: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Toets 4: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam:
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal resep 1: Totaal resep 2:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep toetse per toets
25 1 8 4 2 10/09/18 08:00–11:00
2 8 4 2 10/09/18 11:30–14:30
3 7 4 2 11/09/18 08:00–11:00
Toets Produk 1: Quiche Lorraine Produk 2: Koninginpoffertjies
1 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Salticrax-beskuitjies ¾ pak 5 pk Koekmeel 125 mℓ 750 mℓ
Margarien 50 mℓ/g 300 g Margarien 62,5 mℓ 360 g
(60 g)
Spekvleis 100 g 600 g Strooisuiker 50 mℓ 300 mℓ
Cheddarkaas, 250 mℓ 1 500 mℓ Sout knippie Pakkie
gerasper
Eiers 4 24 Eiers 2 12
Room, langlewe 125 mℓ 750 mℓ Geklopte room 100 mℓ 500 mℓ
Melk 175 mℓ 1¼ liter Papierhanddoek 1 rol
Hoenderaftreksel- ½ 3 Olie vir diep 5 liter
blokkie braai
Spray & Cook 1 blik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep toetse per toets
Toets Resep 1: Resep 2:
1 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
2 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
3 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Toets Resep 1: Resep 2:
4 Bestanddele 1 x6 Bestanddele 1 x6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Bestanddele Toets 1 Toets 2 Toets 3 Toets 4 Totaal: Benaderde
(herlei na koste van
naaste hoeveelhede
aankoopeenheid benodig
in g/kg)
Benaderde koste van inkopielys: ...........................................
GERAAMDE KOSTE PER TOETS PER LEERDER: R.........................
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
VERBRUIKERSTUDIES VOEDSELPRODUKSIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING INGEGEE MOET WORD
SKOOL:
ONDERWYSER:
HOOF:
DATUM VOORGELÊ:
Datums van alle PAT-sessies Voorgestelde Goedgekeurde
modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Vier toetse
Elke toets bestaan uit minstens 2 produkte
Elke toets sluit 'n verskeidenheid vaardighede
in en het 'n gewigswaarde van 20 punte
Alle resepte aangeheg, netjies getik
Memorandum met wenslike eienskappe vir
elke produk in elke toets
Volgorde van werk/Tydskedule vir elke toets
ontwikkel
Beplanning vir aankope aangeheg
Beraamde begroting en koste per leerder
aangeheg
Resepte duidelik geïllustreer
Sluit EEN van die volgende per toets in:
Gisgebak (gebak/diepgebraai)
chouxdeeg, 'n gelatiengereg (nie kommersiële
gelatien nie), tuisgemaakte broskorsdeeg, terte
of quiche, Switserse rolkoek, sagte meringue,
soos suurlemoenmeringuetert of
koninginbroodpoeding, suikerkokery
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: ........................
Handtekeninge:
ONDERWYSER: ................................................. DATUM: ...........................................
HOOF: ............................................... DATUM: ...........................................
MODERATOR: .......................................... DATUM: ..........................................
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE EKSAMENS
PAT-EKSAMEN 1 2 NAME VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL 1 2 3 4 5 6 7 8
EKSAMINATOR
DATUM
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 14
Interpretasie van resep
Korrekte afmeet van hoeveelhede, korrekte
bereidingsmetodes, korrekte mengmetodes, korrekte
kookmetodes
o Resep 1 7
o Resep 2 7
Gebruik van gereedskap en toerusting 6
Korrekte kastrol/pan vir tipe voedsel, korrekte grootte van
kastrol/pan vir stoofplaat. 1
Gebruik korrekte gereedskap om te berei en te kook. 2
Veilige gebruik van gereedskap, toerusting en stoof. 1
Korrekte temperature vir stoofplate en oond, hoogte van
2
oondrakkies, voorverhit oond, korrekte tyd vir bak/kook.
Werksvolgorde en doeltreffende gebruik van tyd 5
Vermoë om gegewe werksvolgorde of ander realistiese
volgorde te volg.
2 HIGIËNE EN NETHEID
Netheid van werkplek en toerusting 5
Skottelgoed was (warm water, afspoel) 1
Vadoeke skoon, beskikbaar en lê nie rond nie. 1
Hantering van toerusting/gereedskap na gebruik/korrekte 2
berging van oorskietbestanddele.
Afval op gepaste wyse weggegooi. 1
Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na
die eksamen waar en gee 'n punt daarvolgens.
Persoonlike voorkoms 5
Hare netjies, koksmus/bedek, voorskoot/koksbaadjie,
skoon naels
Onderwyser neem elke leerder 'n paar keer tydens en na
die eksamen waar en gee 'n punt uit 5.
Netheid van werkplek na prakties 5
Werkplek, opwasbak en stoof skoon. Gereedskap skoon
en weggepak in korrekte stoorplek en ruimte. Asblikke
skoon.
3 VERKOOPBAARHEID Voorkoms 10
VAN PRODUK 1 Smaak/Geur 10
Tekstuur 10
4 VERKOOPBAARHEID Voorkoms 10
VAN PRODUK 2 Smaak/Geur 10
Tekstuur 10
TOTAAL 100
Penalisering vir laat wees: trek 2 punte af vir elke 5 minute laat tot
'n maksimum van 20 punte
TOTAAL 100
VOORKOMS, TEKSTUUR EN SMAAK/GEUR VAN DIE FINALE PRODUK:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop nie
2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkoop
9–10 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELDE VAN TOETSE VIR PAT 2
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN TOETSE VIR PAT 2
Toets 1: Totaal 21
Vetkoek Souttert sonder 'n Kors
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
4.1 Gisdeeg 4 61. Skil en kap bestanddele 2
10.8 Vorming van 3 1.4 Kook 2
vetkoek
1.5 Diepbraai 3 1.13 Vlakbraai 3
1.11 Soteer 2
1.2 Bak 2
Totaal resep 1 10 Totaal resep 2 11
Toets 2: Totaal 21
Sjokolade-mousse Maalvleis-en-spinasiegebak
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
2.1 Gelatiengereg 3 1.11 Soteer 2
1.15 Smelt sjokolade 3 1.14 Prut 4
(Stoom)
2.3 Invou van 2 8.5 Witsous, rouxmetode 3
styfgeklopte room
en eierwit
2.4 Ontvorm 2 1.2 Bak 2
Totaal resep 1 10 Totaal resep 2 11
Toets 3: Totaal 22
Hertzoggies Lasagne
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.8 Deeg, invryf- 3 1.4 Kook pasta 2
metode
10.8 Vorm koekies 3 1.11 Soteer uie 2
3.1 Sagte meringue 3 1.14 Stowe maalvleissous 4
1.2 Bak 2 8.5 Kaassous, roux metode 3
Totaal resep 1 11 Totaal resep 2 11
Toets 4: Totaal 20
Melktert Maalvliesrol met Skondeeg
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.8 Invryfmetode 3 1.11 Soteer 2
3.3 Vlavulsel 2 1.14 Prut 4
11 Afmeet van 1 5.8 Deeg, invryfmetode 3
bestanddele
10.8 Vorm maalvleisrol 3
1.2 Bak 2
Totaal resep 1 6 Totaal resep 2 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
VETKOEK
250 mℓ koekmeelblom
2,5 mℓ sout
2.6 mℓ suiker
25 mℓ margarien
5 mℓ kitsgis
150 mℓ louwarm water
Metode:
1. Meng die koekmeelblom, sout en suiker saam.
2. Vryf die margarien met die vingerpunte in die meelmengsel in.
3. Voeg die kitsgis by en meng.
4. Voeg louwarm water by en meng goed met hande.
5. Knie die deeg deeglik tot 'n gladde en elastiese tekstuur (± 5–10 minute)
6. Bedek die deeg met 'n plastieksakkie en laat dit toe om dubbel die grootte te rys.
7. Knie af. Knie goed tot die deeg glad is.
8. Vorm die vetkoek deur dit in klein balletjies te rol. Plaas balletjies op 'n bakplaat en laat
dit rys tot dubbel die grootte.
9. Diepbraai die vetkoek tot goudbruin. Dreineer op kombuispapierhanddoek.
10. Laat toe om af te koel en bedien
NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
Raai die leerders om warm kraanwater in 'n wasbak/skottel te tap en die mengbak waarin die
deeg met plastiek bedek is, in die warm water te plaas. Bedek die wasbak/skottel met 'n skoon
vadoek. Dit sal die rystyd verkort.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Vetkoek Goed gerys en lig in massa in Lig in massa Aangename neutsmaak
verhouding met grootte Elastiese krummel Geen sterk gisgeur nie
Goudbruin Vogtig maar nie Delikaat nie olierig nie
Netjies gerond/dieselfde deegagtig nie
grootte
Selle is klein en reëlmatig (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
SOUTTERT/-TERTJIES SONDER 'N KORS (1 TERT/12 TERTJIES)
30 mℓ margarien
2 snye witbrood
500 mℓ melk
1 ui
500 mℓ gerasperde kaas
2 Weense worsies
100 g spekvleis/'macon'
4 eiers
1 mℓ witpeper
3 mℓ gedroogde/vars pietersielie/origanum/gemengde kruie
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n tertbord/muffin pan.
2. Kap die ui, sny die Weense worsies in skyfies, kap die spekvleis/'macon'.
3. Breek die brood in stukkies en kook dit saam met melk en margarien tot dit pap is. Laat
dit afkoel.
4. Soteer uie en verwyder dit van die hitte.
5. Braai spekvleis/'macon' liggies.
6. Meng die broodmengsel, spekvleis/'macon', uie en kaas saam in 'n mengbak.
7. Klits die eiers in 'n aparte mengbak en voeg speserye by.
8. Voeg die gesnyde Weense worsies en geklitste eier by die broodmengsel.
9. Skep die mengsel in die gesmeerde tertbord/muffinpanholtes (vir klein tertjies).
10. Bak vir 35 minute/tot die tert/tertjies gestol het.
11. Laat dit afkoel.
12. Bedien
NOTA VIR ONDERWYSER:
Meet die kaas af, plaas in 'n plastieksakkie en gee aan die leerders.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Souttert/-tertjies Geel – goudbruin met Sag en ferm Aangename
sonder 'n Kors stukkies Weense Klam soutsmaak
worsie en spekvleis/ Nie rubberagtig nie
'macon' en
pietersielie/kruie (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
SJOKOLADEMOUSSE (2 porsies)
5 mℓ gelatien
25 mℓ koue water
100 g baksjokolade
45 mℓ melk
1 eierwit
125 mℓ room, verkoel
Metode
1. Smeer/Spuit 1 groot/2 klein jellievorms liggies met olie of Spray & Cook of spoel dit met
koue water uit.
2. Week gelatien in die koue water in 'n metaalmengbakkie.
3. Breek die sjokolade in stukkies in 'n ander metaalmengbak. Voeg melk by. Plaas die
metaalmengbak op 'n kastrol met kookwater en smelt die sjokolade, terwyl jy
aanhoudend roer, om met melk te meng. Verwyder van die hitte sodra die sjokolade
gesmelt het om oorverhitting te vermy.
4. Smelt die gelatien oor kookwater en voeg by die sjokolade.
5. Klits die eierwit met 'n draai-eierklitser/elektriese klitser tot stywe punte vorm.
6. Klits die room tot stywe punte vorm.
7. Vou die eierwit met 'n metaallepel/slaplemmes by die sjokolademengsel in.
8. Vou die room met 'n metaallepel/slaplemmes by die sjokolademengsel in.
9. Skep die mengsel in die voorbereide jellievorm(s). Plaas in koelkas om te stol.
10. Ontvorm op 'n groot/klein bord/bordjie.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Sjokolademousse Bruin kleur Gladde, romerige Romerige sjokolade-
Goed gestol tekstuur smaak
Gladde oppervlak Geen gelatien Soet
Geen wit spikkels nie (10) korrels/stringe nie (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
MAALVLEIS-EN-SPINASIEGEBAK (2 PORSIES)
Spinasie
5 spinasieblare
1 mℓ sout
50 mℓ kookwater
Metode:
1. Spoel spinasieblare onder lopende koue water af. Verwyder die aar van die blare en kerf
spinasie in smal repies.
2. Kook die water en sout in 'n klein kastrolletjie. Voeg spinasie by en stoom spinasie totdat
dit verwelk het.
3. Dreineer oortollige water en hou eenkant vir latere gebruik.
Maalvleis
1 klein ui
5 mℓ pietersielie
5 mℓ fyn knoffel of 2 mℓ knoffelvlokkies
15 mℓ olie
250 g maalvleis
100 mℓ tamatiepuree/geblikte tamaties/vars tamaties
25 mℓ tamatiepasta/-sous
1 lourierblaar
3 ml origanum/basiliekruid
Sout en peper na smaak
Metode:
1. Voorverhit oond tot 180 ºC.
2. Kap die ui en pietersielie. As vars tamaties gebruik word, skil en rasper die tamaties.
3. Verhit die olie in 'n kastrol. Soteer die ui, pietersielie en knoffel liggies.
4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
5. Voeg die tamatiepuree/geblikte tamaties/vars tamaties, die tamatiepasta/-sous,
lourierblaar en origanum/basiliekruid by. Geur met sout en peper.
6. Meng goed en prut 'n paar minute.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
Kaassous:
40 mℓ margarien
40 mℓ koekmeel
350 mℓ melk
Sout en peper na smaak
50 g (100 mℓ) gerasperde cheddarkaas
Metode:
1. Smelt die margarien in 'n kastrol. Voeg die koekmeel by en roer totdat al die
meeldeeltjies met smeer bedek is.
2. Verwyder kastrol van plaat, voeg die melk geleidelik by en roer met 'n houtlepel om goed
te meng.
3. Plaas kastrol weer op die plaat en roer aanhoudend oor matige hitte totdat sous verdik en
kookpunt bereik het.
4. Verwyder van die plaat. Geur met sout en peper.
5. Voeg die helfte van die kaas by die witsous en roer totdat die kaas gesmelt het. Hou die
res van die kaas eenkant om bo-oor die gereg te sprinkel.
6. Skep die maalvleis in 'n oondvaste bak. Skep die spinasie bo-op die maalvleis en giet die
kaassous bo-oor die spinasie.
Sprinkel die res van die kaas bo-oor die kaassous.
7.
Bak vir 20 minute of tot kaas begin verbruin.
8.
NOTA VIR ONDERWYSER:
Meet die kaas af, plaas in 'n plastieksakkie en gee aan die leerders.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Maalvleis-en- Geel, groen en wit Kaasous: Glad, sonder Aangename smaak
spinasiegebak gemengde kleur klonte Nie té sout nie
Lae sigbaar as Romerige tekstuur
uitgeskep word (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
HERTZOGTERTJIES
Kors
250 mℓ koekmeelblom
25 mℓ strooisuiker
5 mℓ bakpoeier
1 mℓ sout
65 mℓ margarien (teen kamertemperatuur)
2 eiergele (ekstragroot eiers)
25 mℓ koue water
Vulsel:
2 eierwitte
150 mℓ witsuiker
250 mℓ klapper
50 mℓ appelkooskonfyt
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n kolwyntjiepan.
2. Sif koekmeelblom, strooisuiker, bakpoeier en sout saam.
3. Vryf die margarien in.
4. Klits die eiergele en water liggies, voeg dit by die meelmengsel en meng om 'n sagte
deeg te vorm. (Voeg 'n bietjie water by indien die deeg te styf is). Knie die deeg goed,
bedek, plaas eenkant en laat dit rus.
5. Rol die deeg dun uit op 'n meelblom besprinkelde oppervlak.
6. Druk sirkels van 7,5 cm met 'n koekiedrukker of glas uit en plaas die sirkels in die holtes
van die kolwyntjiepan. Skep konfyt in die deegsirkels.
7. Klits eierwitte tot die sagtepuntstadium, voeg die suiker geleidelik by terwyl die eierwitte
geklits word. Roer klapper liggies by die styfgeklitste eierwitte.
8. Skep teelepelsvol van die eierwitmengsel op die appelkooskonfyt in die deegsirkels.
9. Bak 15–20 minute of tot 'n strooibruin kleur.
10. Verwyder die Hertzoggies uit die kolwyntjiepan en laat dit op 'n afkoelrakkie afkoel.
11. Bedien.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK
Hertzoggies Kors: Ligte/strooibruin Kors: Bros maar nie Kors: Aangename
kleur. hard nie smaak
Vulsel: Aantreklik Nie klam nie Vulsel: Aangename,
goud/strooibruin kleur. Vulsel: Sag en klam soet, klappersmaak.
Meringue bedek die aan binnekant
oppervlak (10) Meringue bros (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
LASAGNE (2 PORSIES)
1 liter kookwater
250 mℓ lasagne/noedels
3 mℓ sout
2 mℓ olie
Kook die lasagne/noedels in 'n groot kastrol met water, sout en olie tot sag/al dente.
Voeg ekstra kookwater by indien nodig. Dreineer oortollige water en hou eenkant.
Vleissous
1 klein ui
30 mℓ olie
5 mℓ fyn knoffel of 1 toontjie knoffel
1 lourierblaar
250 g maalvleis
5 ml origanum
1 tamatie of 100 mℓ ingemaakte tamatie
25 mℓ tamatiesous/-pasta
3 mℓ sout
'n Knippie peper
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Kap ui en knoffel (vars knoffel). Rasper vars tamatie.
3. Braai uie in olie tot effens bruin. Voeg knoffel en lourierblaar by en meng.
4. Voeg maalvleis by en roer terwyl dit braai tot goed gaar.
5. Voeg origanum by en meng.
6. Voeg gerasperde tamatie/100 mℓ ingemaakte tamatie by die maalvleismengsel.
7. Voeg die tamatiesous/-pasta by en geur met sout en peper.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
Kaassous
50 mℓ margarien
50 mℓ koekmeelblom
375 mℓ melk
Sout en peper na smaak
100 mℓ gerasperde cheddarkaas
Metode:
1. Smelt die margarien in 'n kastrol, verwyder van die hitte, roer die meelblom by totdat al
die meelblomdeeltjies met margarien bedek is.
2. Voeg die melk by en verhit stadig.
3. Roer aanhoudend totdat die witsous dik word, geur met sout en peper en voeg die helfte
van die gerasperde kaas by. (Behou van die kaas om bo-oor die lasagne te sprinkel.)
Roer tot al die kaas gesmelt het.
4. Skep lae van lasagne/noedels, maalvleissous en witsous in 'n oondbak. Herhaal die lae
en eindig met witsous.
5. Sprinkel die oorblywende gerasperde kaas bo-oor.
6. Bak 20–30 minute.
NOTA VIR ONDERWYSER:
Meet die kaas af, plaas in 'n plastieksakkie en gee aan die leerders.
NOTA VIR ONDERWYSER: Meet die kaas, plaas in plastieksakkie en gee aan leerder.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Lasagne Geel gesmelte kaas bo-op Sagte goedgaar maalvleis Souterige kaassmaak
Geen uitsypeling van vet Lasagne nie te pap nie 'n Tamatie/kruiesmaak/
nie Kaassous glad sonder geur
Eweredig met kaassous klonte
bedek Kaas moenie rubberagtig
By bediening moet die wees nie, slegs gesmelt
lasagne lae van
maalvleis, lasagne/
noedels en kaas toon (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
MILK TART
Kors
160 mℓ bruismeel
5 mℓ vlapoeier
'n Knippie sout
50 mℓ margarien
1 eier
40 mℓ witsuiker
2,5 mℓ vanieljegeursel
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n tertbord/muffinpan (vir melktertjies).
2. Sif bruismeel, vlapoeier en sout saam.
3. Vryf margarien in die meelmengsel in.
4. Klits eier, suiker en vanieljegeursel saam en voeg by die meelmengsel en meng goed om
'n sagte deeg te vorm.
5. Bedek met plastiek en plaas in die koelkas ± 30 minute.
6. Druk die deeg in die gesmeerde tertbord/holtes van die muffinpan (vir melktertjies) uit.
Bedek die boom en die kante van die tertbord/muffinpan met die deeg.
7. Prik met 'n vurk en bak blind tot lig/strooibruin. Verwyder uit die oond en laat dit in die
tertbord/muffinpan afkoel.
8. Berei die melktertvulsel en skep dit in die gebakte kors(e). Indien melktertjies gemaak
word moet die gebakte kors eers uit die muffinpan verwyder word voor die vulsel daarin
geskep word. Laat afkoel voor bedien word.
Melktertvulsel
300 mℓ melk
40 mℓ margarien
2 mℓ vanieljegeursel
2 eiers
40 mℓ suiker
25 mℓ mielieblom (Maizena)
Metode:
1. Verhit die melk, margarien en vanielje geursel saam.
2. Klits die eiers, suiker en mielieblom saam tot glad.
3. Voeg 'n bietjie warm melk by die eiermengsel en meng goed.
4. Voeg die eiermengsel by die res van die warm melk en kook vir ± 5 minute terwyl
deurgaans geroer word.
5. Skep die gaar melktertvulsel in die gebakte kors(e).
6. Sprinkel kaneel oor die vulsel en laat die melktert afkoel.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Melktert Die vulsel moet byna Kors: Bros, maar nie Aangename soet kaneel-
gelyk wees met die rand krummelrig nie smaak
van die kors Vulsel: Ferm wanneer dit Nie gebrand nie
Eweredige kleur gesny word, maar moenie
Kaneel bo-op gesprinkel te styf of loperig wees nie
Glad/geen klonte nie
(10) Geen wit spikkels nie (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
MAALVLEISROL MET SKONDEEG (2 PORSIES)
Vulsel
200 g beesmaalvleis
10 mℓ sonneblomolie
1 klein ui
1 knoffeltoontjie
15 mℓ vars pietersielie
50 mℓ blatjang
2 mℓ mosterd
3 mℓ Worcestershire-sous
50 mℓ gerasperde kaas
1 mℓ wit peper
50 g sampioene
3 mℓ sout
Metode:
1. Verhit die olie in 'n kastrol.
2. Kap die ui en pietersielie en kerf die sampioene.
3. Soteer die gekapte ui, knoffel en gekerfde sampioene tot sag. Voeg die maalvleis by en
verbruin. Roer deurgaans om die maalvleis los te maak.
4. Meng die blatjang, mosterd, sout, peper en Worcestershire-sous met die vleismengsel.
5. Prut vir ± 5 minute tot die mengsel verdik maar nie droog is nie.
6. Verwyder van hitte en voeg die kaas en gekapte pietersielie by.
7. Laat mengsel afkoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
SKONDEEG
250 mℓ koekmeel
2 mℓ sout
2 mℓ suiker
15 mℓ margarien
60 mℓ gerasperde kaas
1 eier
5 mℓ bakpoeier
60 mℓ melk
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
2. Smeer/Spuit 'n bakplaat ( 30 x 20 cm).
3. Sif die droë bestanddele.
4. Vryf die margarien in die droë bestanddele in. Voeg die gerasperde kaas by en meng
goed.
5. Klits die eier en voeg die helfte by die melk.
6. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en meng om 'n sagte deeg te vorm.
7. Rol die deeg in 'n reghoek (25 x 45 cm) op 'n meelbestrooide oppervlak uit.
8. Smeer die vulsel egalig oor die deeg. Rol die deeg op, begin by die breë kant.
9. Plaas die rol op die gesmeerde bakplaat. Plaas die oop kant op die bakplaat. Maak die
kante van die rol netjies.
10. Sny die rol in 1 cm-snye, maar moet nie heeltemal deursny nie. Verf die oppervlak met
ander helfte van geklitste eier.
11. Bak tot goudbruin vir ± 20 minute.
12. Bedien warm op 'n bord/houtplank.
NOTA VIR ONDERWYSER:
Meet die kaas af, plaas in 'n plastieksakkie en gee aan die leerders.
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Maalvleisrol met Kors: Ligte Kors: Bros, nie droog Kors: Aangename
Skondeeg strooikleur/bruin nie kaassmaak
Vulsel: Aantreklike Nie pap nie Vulsel: Aangename
goudbruin kleur Vulsel: Sag en klam souterige vleissmaak
Netjies in spiraalvorm Nie rubberagtig nie
opgerol (10) (10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
TYDTOEKENNING TOETS 1: WERKSVOLGORDE
Vetkoek en Souttert/-tertjies sonder 'n kors
Tyd Minute
0:00–0:25 25 min Berei die vetkoekdeeg voor.
0:25–0:35 10 min Bedek die deeg en laat dit rys.
Ruim op.
0:35–1:05 30 min Voorverhit die oond.
Terwyl die vetkoekdeeg rys, berei die souttert/-tertjies voor.
1:05–1:10 10 min Bak die souttert/tertjies.
Ruim op.
1:10–1:45 30 min Knie die vetkoekdeeg af.
Vorm en laat rys tot dubbel die grootte.
Ruim op.
1:45–1:55 10 min Haal die souttert/-tertjies uit die oond. Laat dit afkoel.
Diepbraai die vetkoek en dreineer op papierhanddoek
Ruim op.
1:55–2:00 5 min Bedien die produkte.
TOTALE TOTALE
TYD: TYD:
2 uur 120 minute
TYDTOEKENNING TOETS 2: WERKSVOLGORDE
Sjokolademousse en Maalvleis-en-spinasiegebak
Tyd Minute
0:00–0:30 30 min Berei die jellievorm voor.
Hidreer die gelatien, berei die sjokolademousse voor en plaas in die
yskas om te stol.
0:30–0:35 5 min Ruim op.
0:35–1:05 30 min Voorverhit die oond tot 180 °C.
Stoom spinasie en hou eenkant.
Berei die maalvleis en die kaassous.
1:05–1:35 30 min Skep die bestanddele in die oondvaste bak
Bak 20 minute by 180 °C
1: 35–1:45 10 min Ruim op
1:45–1:50 5 min Haal die sjokolademousse uit die yskas. Ontvorm.
Haal die maalvleisrol uit die oond.
1:50–2:00 10 min Bedien die produkte.
TOTALE TOTALE
TYD: TYD:
2 uur 120 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2020
NSS (Voedselproduksie)
TYDTOEKENNING TOETS 3: WERKSVOLGORDE
Hertzoggies en Lasagne
Tyd Minute
0:00–0:40 40 min Voorverhit die oond en smeer die kolwyntjiepan.
Berei die Hertzoggies voor. Bak.
0:40– 0:50 10 min Ruim op.
0:50–1:25 35 min Kook die lasagne/noedels.
Haal die Hertzoggies uit die oond en laat dit afkoel.
Berei die maalvleissous voor.
1:25–1:30 5 min Ruim op.
1:30–1:40 10 min Berei die witsous voor.
Skep die lasagne in lae en bak teen 180 °C.
1:40–1:50 10 min Ruim op.
1:50–1:55 5 min Haal die lasagne uit die oond.
1:55–2:00 5 min Bedien die produkte.
TOTALE TOTALE
TYD: TYD:
2 uur 120 min
TYDTOEKENNING TOETS 4: WERKSVOLGORDE
Melktert en Maalvleisrol
Tyd Minute
0:00–0:20 20 min Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei die melktertkors voor.
Plaas in die koelkas.
0:20–0:25 5 min Ruim op.
0:25–0:45 20 min Berei bestanddele vir maalvleisrol, laat afkoel
0:45–0:50 5 min Ruim op.
0:50–1:10 20 min Blindbak die melktertkors. Kook die melktertvulsel.
1:10–1:20 10 min Haal die melktertkors uit die oond en skep die vulsel in.
Plaas dit eenkant om af te koel en te stol.
1:20–1:35 15 min Berei die skondeeg, rol uit en smeer vulsel oor, rol op. Sny skywe
en bak 20 minute by 180 °C.
1:35–1:45 10 min Ruim op.
1:45–1:50 5 min Haal maalvleisrol uit oond.
1:50–2.00 10 min Bedien die produkte.
TOTALE TOTALE
TYD: TYD:
2 uur 120 minute
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper