Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN
GEHEKELDE ITEMS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2020 (Knitting and Crocheting) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende
fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT
bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede
wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit
is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT
verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gebreide en
gehekelde artikels te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit
twee praktiese eksamens van 8 URE elk. Leerders voer hierdie praktiese
eksamens individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1
Leerders sal die artikel hekel wat hulle vir die mikro-onderneming vir die
projek in kwartaal 1 in praktiese eksamen 1 gekies het .
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal 'n artikel tydens praktiese eksamen 2 brei.
2. PUNTETOEKENNING
Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer soos hieronder aangedui.
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT voorsien. Nadat die punte ingesleutel is, moet albei
puntestate deur die onderwyser, hoof en moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies met die brei- en hekel- praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die
nodige toerusting en fondse om die PAT uit te voer, sowel as die gespesifiseerde
getal praktiese lesse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die
KABV-dokument.
Maak seker van die volgende:
'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels;
twee of meer strykplanke en strykysters; skêre (een vir elke leerder); merk- en
meetgereedskap en toerusting vir die brei en hekel van die artikels.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir ELK van die
twee praktiese eksamens is nodig om die artikels te maak, buiten die fondse wat
vir die SGA ('SBA') praktiese klasse benodig word.
'n Aantal leerders kan die eksamens gelyktydig aflê, na gelang van die getal
werkplekke en hulpmiddels beskikbaar om die eksamens gerieflik af te lê.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydsbestek van 8 UUR in totaal word per eksamen benodig.
Elke eksamen sal in TWEE sessies van VIER ure elk afgelê word, met 'n
breek/pouse van minstens 30 minute na 2 uur OF 'n skool kan besluit om die
8 ure oor TWEE DAE VAN VIER URE PER DAG te versprei, met 'n 30-minuut-
breek/pouse na 2 ure.
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2): Hekel-PAT
Hierdie praktiese eksamen moet by die toets- en eksamenrooster vir die
tweede kwartaal ingesluit word.
Leerders sal die artikels wat vir die mikro-onderneming (projek in kwartaal 1)
gekies is, hekel. Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die
artikels vorm 'n belangrike aspek van die eksamen.
Die onderwyser moet EEN geskikte patroon vir die mikro-onderneming (projek
kwartaal 1) identifiseer en kies. Die leerders sal hierdie artikel tydens praktiese
eksamen 1 hekel.
Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir PAT 1 gekies word:
o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat in 8 URE voltooi kan word met die
vaardighede wat tydens die praktiese lesse vir SGA in graad 10 en 11
aangeleer is; OF
o Gebruik dieselfde handelspatroon as wat tydens die praktiese klasse
gebruik is en maak dieselfde artikel weer in 8 URE.
Die artikel gekies moet 'n minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van
100 punte hê.
Leerders moet die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi.
Die artikel gekies moet in 8 URE gemaak word en al die gevorderde tegnieke
wat vir graad 12 geïdentifiseer is, toon.
Die leerders moet na 8 uur hulle artikels vir finale assessering ingee. Nadat die
assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders terugbesorg word om
foute reg te maak en om afronding te doen, indien nodig. Die artikels sal NIE
weer nagesien word nadat verbeterings gedoen is NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD:
HEKELTEGNIEKE (PAT 1) BREITEGNIEKE (PAT 2)
Kies EEN van die volgende patrone: Kies EEN van die volgende patrone
Basiese steekpatroon Kabelpatroon OF kantpatroon OF
Getekstureerde patroon enige getekstureerde patroon
Kleurpatroon Die volgende tegnieke is
Oopwerk OF motiewe OF geraamde VERPLIGTEND:
vierkante OF wielvierkante Aanheg
Seskantige patroon OF agtkantige Afheg
patroon Rifsteek
Die volgende tegnieke is Kousbandsteek
VERPLIGTEND: Koussteek
Gebruik 'n randjie om die artikel af Gebruik verskillende kleure wol
te rond Randjie om artikel af te rond
Gebruik verskillende kleure Maak artikel gereed/Finale
garing/wol afronding
Maak artikel gereed/Finale
afronding
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is.
Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid
van die artikels geassesseer word.
'n Tydsbestek van 8 URE IN TOTAAL is vir hierdie praktiese eksamen nodig.
Die artikel gekies moet 'n totale vaardigheidskode-gewigswaarde van 100 punte
hê.
Die tegnieke wat per eksamen voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde
van 100 punte vir hierdie praktiese eksamen hê.
Leerders moet na 8 ure hulle artikels vir finale assessering ingee. Die artikels
moet na afloop van die assessering aan die leerders teruggegee word om foute
reg te maak en af te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word
nadat foute reggemaak is NIE.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
Bepaal die datums vir albei eksamens. Dra hierdie datums aan die bestuurspan
van die skool oor om te verseker dat die datums nie met ander skoolaktiwiteite
bots nie.
Kopieer die illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke
leerder 'n patroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.
Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle
eksamennommers.
Leerders moet die instruksies een week (7 skooldae) voor die datum van die
eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei.
Koop al die benodigdhede.
Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit:
o PAT 1: Hekeltoerusting, patroon, instruksieblad, wol of garing, hekelpenne
o PAT 2: Breitoerusting, instruksieblad, garing en wol, breipenne
Deel die leerders in groepe volgens die getal leerders wat maklik in die
klaskamer geakkommodeer kan word. Die getal per groep sal van die
beskikbare hulpmiddels afhang.
Berei die klaskamer vir die eksamen voor en maak seker dat klein gereedskap,
bv. skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers en wol beskikbaar is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMENS
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 8 ure (hekel)
Hierdie eksamen sal plaasvind in TWEE SESSIES VAN VIER URE ELK, met 'n
30-minuut-breek/pouse na 2 ure OF EEN SESSIE VAN AGT URE met 'n
30-minuut-breek/pouse na 2 ure.
Deel elke leerder se stelletjie ('kit') met hekeltoerusting, wol, garing, patrone,
steekhouers, rytellers en instruksies uit.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of die
leerders op enige manier behulpsaam wees NIE.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende die
praktiese eksamen in die vertrek/lokaal teenwoordig wees.
Die artikels moet na 8 uur vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte
vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte aanteken. Nadat
die artikel nagesien is, kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en
die artikel voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings
aangebring is NIE. Nadat die verbeteringe aangebring is, moet die artikels weer
in die stelletjie ('kit') op 'n veilige plek tot die dag van moderering gebêre word.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 8 ure (brei)
Hierdie eksamen sal in TWEE SESSIES VAN VIER URE, met 'n 30-minuut-
breek/pouse na 2 ure OF EEN SESSIE VAN AGT URE met 'n 30-minuut-
breek/pouse na 2 ure plaasvind.
Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies
('kits') met die breitoerusting, wol, garing, patrone en instruksies.
Genoeg wol/garing en skêre moet beskikbaar wees.
Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer praktiese
eksamen 2 uit.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende praktiese
eksamen 2 in die vertrek/lokaal teenwoordig wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders op
enige manier behulpsaam wees NIE.
Die artikels moet na 8 ure vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte
vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.
Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Nadat
die artikel nagesien is, mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring
en die artikels voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat foute
reggemaak is NIE.
Nadat verbeterings aangebring is, moet die artikels tot die dag van moderering
veilig bewaar word.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkplekker te inspekteer en die puntestate te voltooi.
Die leerders moet hul werkplekke na die eksamen opruim sodat die
onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang en
modereer om te verseker dat die standaard van die eksamen geskik is:
In die laaste week van kwartaal 1 of vroeër (24 Maart)
Die artikel gekies wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens die
vaardigheidskode aandui
'n Fotokopie van die patroon
'n Illustrasie van die artikel
Die lys van kramery/benodigdhede wat aangekoop moet word
Die voltooide oorsiglys, nagegaan en deur die hoof geteken
'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir die PAT-sessies
Beplanning van praktiese eksamen 1- en praktiese eksamen 2-sessies, met die
totale gewigswaarde van tegnieke aangedui
Die beraamde koste per leerder
Die puntestate vir die PAT-sessies
Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur
is nie.
9.2 Op die dag van praktiese eksamen 2
Die laaste groep leerders sal in kwartaal 3 deur die betrokke vakadviseur
ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê.
Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die
moderering beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders tydens die praktiese klasse vir SGA ('SBA')
gemaak het (indien nie tydens SGA-moderering gemodereer nie)
o Al die PAT 1-artikels van al die leerders vir verifikasie, indien hulle 'n ander
artikel maak
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds beide
eksamens voltooi het
o Die punte van die leerders wat alreeds die eksamen voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat
Die moderator sal 6 kandidate lukraak kies en die leerders en die artikels
gemaak, onafhanklik assesseer terwyl hulle die eksamen aflê.
Die moderator sal na afloop van die eksamen sy/haar assessering met dié van
die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte
meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of
afwaarts gemaak word na gelang van die verskil.
Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en deur die vakadviseur en die hoof geteken word. Die gerekenariseerde
puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN BREIWERK
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die
weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning nie.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die
vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die
nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen moet 100 punte wees.
Vashou van breipenne en wol/garing 10 Koussteek 10
Korrekte posisie in linkerhand 3 Steke lyk soos 'n V aan die regtekant 2
Korrekte posisie in regterhand 3 Glad aan die regtekant 2
Hou wol korrek in regterhand 4 Growwer aan die aweregse kant 3
Korrekte spanning 3
Aanheg van steke 15 Riffelsteek 10
Regtekant van steke op regtekant van artikel 3 Egalige rye wat identies aan albei kante is 4
Alle steke deur die voorste of agterste lusse 3 Steke moet egalig wees 3
Korrekte spanning, nie té styf nie 3 Korrekte spanning 3
Steke ewe groot 3
Netjiese rand 3
Afheg van steke 15 Gebruik van verskillende kleure 10
Heg af in patroonsteek 3 Aanheg van nuwe kleur aan begin van 'n ry
Steke is stewig, sal nie lostrek nie 3 Weef die wol in die rand in 3
Korrekte spanning, nie té styf nie 3 Netjiese rand 4
Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 3 3
Netjiese rand 3
Kousbandsteek 10 Volg patroon 10
Stewige struktuur wat kan rek en vorm behou 4 Korrekte interpretasie van afkortings 3
Egalige steke met egalige voorkoms 3 Volg die patroon stap vir stap 2
Growwe struktuur aan albei kante 3 Korrekte spanning 3
Eindproduk soos patroon 2
Vermeerder of verminder 10 Nate 15
Breiwerk trek nie styf nie 3 Lê plat 4
Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 4 Netjies, nie baie sigbaar nie 3
Vermeerder/Verminder op korrekte posisie 3 Reguit naatlyne 4
Korrekte steek 4
Knope en knoopsgate/Vasmaakmiddels 10 Sakke 10
Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, 4 Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3
mans linkerkant) Korrekte posisie 3
Korrekte spasiëring 3 Korrekte fatsoen 4
Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 3
Kleurkombinasie 2 Kabelpatroon 10
Mooi kleurkombinasie 2 Verhoogde spanning van gebreide artikel 3
Korrekte gebruik van kabelnaald 3
Kabels is identies 4
Kantpatroon 10 Las van wol 10
Korrekte keuse van wol 2 Verkieslik by rand 3
Korrekte spanning 4 Korrekte metode 4
Patroon korrek 4 Weef wol in breiwerk in 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN HEKELWERK
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as
die weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit
met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen moet 100 punte
wees.
Hou die hekelpen en garing/wol 5 Vorm 'n ringetjie 10
Hekelpen in korrekte posisie 2 Korrekte spanning, nie te styf nie 4
Hou garing/wol korrek vas 3 Steke dieselfde grootte 3
Egalige voorkoms 3
Hekel 'n sirkel 10 Kettingsteke 10
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte spanning, nie te styf nie 4
Steke dieselfde grootte 3 Steke dieselfde grootte 3
Voorkoms egalig 3 Voorkoms egalig 3
Halwe langbeen 10 Kortbeen 10
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte spanning, nie te styf nie 4
Dieselfde grootte 3 Dieselfde grootte 3
Egalige voorkoms 3 Egalige voorkoms 3
'Granny square' 15 Las van motiewe/dele 15
Korrekte spanning 4 Gehekel/Vasgewerk 3
Goeie kleurkombinasie 3 Nie te styf nie 3
Netjies rande 4 Nie sigbaar nie 3
Hoeke korrek, netjies 4 Gebruik korrekte kleur garing 3
Netjiese rande 3
Steekpatrone 20 Vermeerder of verminder 10
Korrekte/Egalige spanning 5 Korrekte metode 4
Korrekte fatsoen/lê plat 5 Korrekte posisie 3
Netjiese rande 5 Fatsoen mag nie patroon beïnvloed nie 3
Egalige voorkoms 5
Las garing/wol 5 Randjie 10
Korrekte metode 3 Korrekte breedte 3
Geen los drade nie/netjies weggewerk 2 Breedte geskik vir artikel 4
Lê plat, krul nie op nie 3
Knope en knoopsgate/vasmaakmiddels 10
Korrekte posisie op kledingstuk (dames 3
regs, mans linkerkant)
Korrekte spasiëring 3
Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2
(Moet aan die einde van kwartaal 1 of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word )
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
TOETSE VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
PAT 1 KWARTAAL 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PAT 2 KWARTAAL 3
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
25 1 13 10/09/2020 08:00 –12:30
2 12 11/09/2020 08:00 –12:30
Eksamen Benodigdhede Hoeveelheid Getal Totaal
per leerder leerders
PAT 1 Hekelpen 1 25 25 hekelpenne
Bol geel 4-draad-wol 1 25 25 x geel 4-draad-wol
Bol groen 4-draad-wol 1 25 25 x groen 4-draad-wol
Bol roomkleur 4-draad- 1 25 25 x roomkleur 4-draad-
wol wol
Knope 3 25 75 knope
INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Hekelpenne 25
Geel 4-draad-wol 25
Groen 4-draad-wol 25
Roomkleur 4-draad-wol 25
Knope 75
Beraamde koste van inkopielys:
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….........
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van Kwartaal 1 of vroeër aan Vakadviseur voorgelê word vir moderering)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
PAT 1 Benodigdhede per leerder Getal leerders Totaal
INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….........
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VERBRUIKERSTUDIES BREI-EN-HEKEL-PRODUKSIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle PAT- Voorgestelde Goedgekeurde
sessies modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit vir PAT 1 en 2
'n Illustrasie van die item
Kopie van die patroon-
instruksieblad vir die leerders
Gevorderde tegnieke genoem vir
PAT 1 en 2
Kriteria vir tegnieke
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: ________________
Handtekeninge:
ONDERWYSER:___________________________ DATUM:___________________________
HOOF:___________________________________ DATUM:___________________________
MODERATOR: ____________________________ DATUM:___________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
KRITERIA VIR TEGNIEKE VAN ARTIKEL
HEKEL
Netheid van artikel Geen vuil merke nie/hekelwerk skoon 10
Voorgeskrewe tegnieke/ Al die tegnieke suksesvol voltooi 10
steke voltooi
Steke Spanning korrek/egalige werk 10
Korrekte steke
Vorm van steek korrek
Geen steke geval nie
Steke wat naaldekoker vorm korrek
Konstruksie Wol/garing netjies gewerk/gehekel 20
Splitsteek in middel van 'V' gewerk en nie in
lusse nie
Geen gate
Wol/garing korrek gelas
Afwerking Geen los drade nie 10
Netjies gestoom
BREIWERK
Netheid van artikel Geen vuil merke nie 10
Voorgeskrewe tegnieke/ Al die tegnieke suksesvol voltooi 10
steke voltooi
Steke Spanning korrek/egalige breiwerk 10
Korrekte steke
Vorm van steke korrek
Geen steke geval nie
Konstruksie Nate netjies gewerk 20
Geen gate nie
Las van garing/wol korrek
Afwerking Geen los drade nie 10
Netjies gestoom
Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, steke, konstruksie en afwerking:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie
2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop
9–10 Uitstekend, oorskry alle vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
PUNTESTAAT VIR HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 1: BREI- EN-HEKELWERK
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINAT
OR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE 15
Patrooninterpretasie
Volg patrooninstruksies, afkortings 7
Akkurate tegnieke
Deurgaans korrekte spanning 2
Rande egalig 2
Korrekte metode om steke op te stel 2
Korrekte metode om te hekel 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van hekelpen 2
Korrekte hantering van gareknipper/
klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3
Volgorde van werk en doeltreffende
gebruik van tyd 5
Vermoë om realistiese werksvolgorde
soos op patroon aangedui, te volg 2
Doeltreffende gebruik van tyd 3
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
Netheid van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie,
hantering van toerusting na gebruik 2
Korrekte hantering van
oorskietwol/garing 1
(Onderwyser hou deurgaans elke
leerder dop tydens die eksamen om
finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop
van eksamen 5
Toerusting korrek en veilig gebêre 2
Werkarea netjies en skoon 3
3 PAT 1: Algemene
VERKOOP- voorkoms 20
BAARHEID Netheid van artikel 10
Voorgeskrewe
tegnieke voltooi 10
PAT 1: Vakmanskap 40
VERKOOP- Steke 10
BAARHEID Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
PUNTESTAAT VIR BREIWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PAT 1: BREIWERK
SKOOL LEERDERS SE NAME
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINAT
OR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Patrooninterpretasie 15
Volg patrooninstruksies, afkortings 7
Akkurate tegnieke
Deurgaans korrekte spanning 2
Rande egalig 2
Korrekte metode om steke op te stel 2
Korrekte metode om te elke steek
te brei 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van breipenne 2
Korrekte hantering van gareknipper/
klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3
Volgorde van werk en doeltreffende
gebruik van tyd 5
Vermoë om realistiese werksvolgorde
soos op patroon aangedui, te volg 2
Doeltreffende gebruik van tyd 3
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
Netheid van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie,
hantering van toerusting na gebruik 2
Korrekte hantering van
oorskietwol/garing 1
(Onderwyser hou deurgaans elke
leerder dop tydens die eksamen om
finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop
van eksamen 5
Toerusting korrek en veilig gebêre 2
Werkarea netjies en skoon 3
3 PAT 1: Algemene voorkoms 20
VERKOOP- Netheid van artikel 10
BAARHEID Voorgeskrewe
tegnieke voltooi 10
PAT 1: Vakmanskap 40
VERKOOP- Steke 10
BAARHEID Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VOORBEELD VAN 'N GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GEHEKELDE NAALDEKOKER-( 'BANDANA')-SERP
[Bron: https://i2.wp.com/pattern-paradise.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
GEWIGSWAARDE:
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Hekelpen en -garing vashou 5
Kettingsteke 10
V-steek 1 en 2 10
Vermeerder 10
Kortbene 10
Patroonsteek 20
Las van wol/garing 5
Randjie/picots 10
Bandjies 10
Langbeen 10
TOTAAL: 100
BENODIGDHEDE:
4 bolle hekelgaring in verskillende kleure
Een 4 mm-hekelpen
Naald om punte van garing weg te werk
SPANNING IN KB: 167 steke en 8 rye = 10 cm
AFKORTINGS:
Kettingsteek = ks
Spasie = sp
Slaan steek oor = ssto
Glip = gl
Steek/steke = st(e)
Kortbeen = kb
Langbeen = lb
SPESIALE INSTRUKSIES:
Die beginkettingsteek tel as die eerste steek
Instruksies tussen ( ) of * moet die gespesifiseerde aantal kere herhaal word
Instruksies tussen [ ] word almal in dieselfde steek/spasie gewerk
V-steek 1: (V-ST1): Werk [lb, 2 ks, lb] in dieselfde steek/spasie
V-steek 2: (V-ST1): Werk [lb, 3ks, lb] in dieselfde steek/spasie
Picot (Puntjie): 3 ks, glip steek in eerste ks
Splitsteek: Om die splitsteek te werk, beteken dat jy in die middel 'V' van die onderste steek werk
en nie in die lusse nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
PATROONINSTRUKSIES:
Ry 1: 3 ks, in 3e ks van pen maak [2lb, 2ks, 3lb], draai (6lb)
Ry 2: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, in 2ks-sp maak[2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22lb)
Ry 3: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 6 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 6 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 lb)
Ry 4: 3ks, maak 2 lb, in eerste st, lb in volgende 10 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 10 ste, maak 3 lb in laaste st, draai, (30 lb)
Ry 5: 2 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st,
4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 3 ste, in 2 ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, 4
ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 2 ste, maak 3 lb in
laaste st, draai (22 ste)
Ry 6: 3 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, maak 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n
split kb in kb van vorige ry, 3 ks maak 2 lb in volgende lb, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie
maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 4 ste, 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van
vorige ry, 2 lb in volgende lb, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (34 ste)
Ry 7: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende
3-ks-spasie, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, 3 lb in
3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st,
draai (52 ste)
Ry 8: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks spasie, lb in elke st tot middel,
in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks spasie, lb in volgende 12 ste,
3 lb in laaste st, draai (62 ste)
Deel 2: Las nuwe kleur in eerste steek.
Ry 9: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke
st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (70 lb)
Ry 10: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks,
slaan 4 ste oor* lb in 11 ste) herhaal van * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, in ks spasie maak
[2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) een maal , herhaal van* tot * een maal, lb in
volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai (46 ste)
Ry 11: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*3 lb in 3-ks spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende
3-ks spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot* een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie
maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal* ot * een maal, lb in
volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste)
Ry 12: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende
3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie
maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot* een maal, lb in
volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (90 ste).
Ry 13: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in
1-ks-spasie, lb in volgende 13 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 13 ste, lb in
1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 12 ste, 3lb in laaste st, draai,
(102 ste)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
Deel 3: Las kleur in eerste steek.
Ry 14: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke
st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (110 lb).
Ry 15: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks,
slaan 4 ste oor*, lb in volgende 11 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal *tot* een maal, lb in
volgende 3 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) twee maal,
herhaal * tot* een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai, (70 ste)
Ry 16: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*2 lb in volgende st, 3 ks, maak split kb in kb
van vorige ry, 3 ks, 2 lb in volgende lb*, lb in volgende 9 ste,), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot*
een maal, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb,2 ks,2 lb], lb in volgende 24 ste, herhaal
( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (90ste)
Ry 17: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende
3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende
8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal *
tot* een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (128 ste)
Ry 18: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st en in 1-ks-spasie tot middel, in 2-ks-spasie maak
[2 lb, 2 ks,2 lb], lb in elke st en 1-ks-spasie tot laaste st, 3 lb in laaste st, draai (142 lb)
Deel 4: Las nuwe kleur in eerste steek.
Ry 19 tot 23: Herhaal Ry 14–18. Die instruksie tussen ( ) word 2 maal herhaal.
Ry 24: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, (192 lb)
Randjie en bandjies
Ry 25: 21 ks, kb in 2e ks van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 10 ste, lb in volgende st,
*slaan 2 ste oor, V-ST1 in volgende st* herhaal tot middel, V-ST2 in 2-ks-spasie, V-ST1 in
volgende lb, herhaal instruksies tussen* tot 4 ste oorbly, slaan 2 ste oor, hlb in laaste st.
Ry 26: 21 ks, kb in 2e st van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 9 ste, kb in volgende st,
tussen volgende lb en V-steek, * in 2-ks-spasie van volgende V-steek, maak [kb, picot, kb] kb
tussen V-ste*, herhaal tussen * tot middel, in 3-ks-spasie maak [2 hlb, picot, 2 hlb], *kb tussen
V-ste, in volgende V-st maak [kb, picot, kb]*, herhaal tussen * tot laaste V-st, kb tussen V-steek en
volgende lb, glst do in hlb. Heg af.
Weef los garingpunte in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
VOORBEELD VAN 'N GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
BEDSOKKIES
GEWIGSWAARDE:
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Breipenne en wol vashou 10
Aanheg 10
Afheg 10
Enkelrifsteek 10
Kousbandsteek/reksteek 10
Vermeerder 10
Verminder 10
Kleur/Patroonsteek 20
Kwaliteit en verkoopbaarheid 10
TOTAAL: 100
BENODIGDHEDE:
1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur A
1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur B
1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur C
Breipenne: 1 pr 3,25 mm, 1 pr 4 mm
Stopnaald om punte weg te werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items)
INSTRUKSIES:
SPANNING:
22 ste en 30 rye = 10 cm in koussteek GEBRUIK 4 mm-BREIPENNE.
Vir beste resultate is dit noodsaaklik om die korrekte spanning te verkry. As daar te min steke op
toets is, gebruik dunner breipenne, as daar te veel steke is, gebruik groter breipenne.
AFKORTINGS:
Beg = begin; vermin = verminder; rs = reksteek/kousbandsteek; vermeer = vermeerder;
r = regs; pat = patroon; aw = aweregs; herh = herhaal; oorbl = oorblywende;
R(V)K = regterkant/verkeerde kant; R(V)KV = regtekant /verkeerde kant voor; rif = rifsteek;
st(s) = steek/steke; gl1r2testgso = glips 1 steke, regs 2 tesame, trek glipsteek oor;
tes = tesame; yfd = wol vorentoe ('yarn forward')
STEKE WAT GEBRUIK WORD
Enkel rifpatroon:
1ste ry: RKV, r1, *aw1, r1, herh van * tot einde
2de ry: werk ste soos gesien (= r die r ste en aw die aw ste)
Streeppatroon:
*2 rye B, 2 rye C, 2 rye A, herh van *
Reksteek/kousbandsteek:
R elke ry
Begin by middel van voet. Gebruik 3,25 mm-breipenne en A, heg 47 ste aan en werk in enkel-
rifpatroon vir 7 rye.
Volgende ry, vermeer ry: R1, *verm in volgende st, r1, herh van * tot einde van ry = 70 ste
Met 4 mm-breipenne hou aan met reksteek/kousbandsteek en streeppatroon tot 25 rye gebrei is,
eindig met VKV.
Gebruik 3,25 mm-breipenne en A.
Volgende ry, vermin ry: R1, *regs 2 tesame, r1, herh van * tot einde van ry = 47 ste.
Werk 7 rye in enkelrifpatroon. Heg al die steke af volgens rifpatroon.
OM TE VOLTOOI:
Met RK na binne, vou gebreide deel met rifkante gelyk. Werk rifkante vas. Werk rykante aan een
kant vas en laat ander kant oop. Keer om sodat RK buite is.
Indien die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ook
voorberei word.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper