Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN LASLAPKWILTWERK-
ARTIKELS MET DIE HAND)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2020 (Patchwork Quilting) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 702.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN LASLAPKWILTWERK-ARTIKELS MET DIE HAND
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoë/vaardighede toon om laslapkwiltwerkartikels met die hand te
produseer met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies, graad 12, bestaan uit
EEN uitlê-en-uitknipsessie (deel van praktiese eksamen 1) en TWEE praktiese
eksamens van 4 UUR ELK. Leerders voer hierdie praktiese eksamens
individueel uit.
o Kwartaal 2: Praktiese eksamen 1 (plus uitlê-en-uitknipsessie)
Leerders sal die helfte van die artikel maak wat hul vir die mikro-onderneming
vir die projek in kwartaal 1 gekies het.
o Kwartaal 3: Praktiese eksamen 2
Leerders sal die artikel wat in praktiese eksamen 1 begin is, in praktiese
eksamen 2 voltooi.
2. PUNTETOEKENNING
Elke eksamen bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese
assesseringstaak word verkry deur die punte vir die twee eksamens te
kombineer soos hieronder aangedui:
Praktiese eksamen 1: kwartaal 2 (sluit uitlê en uitknip in) 100
Praktiese eksamen 2: kwartaal 3 100
Totaal 200 ÷ 2
Finale punt vir PAT 100
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT verskaf. Albei puntestate moet deur die onderwyser, hoof en
moderator geteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies met die produksie van laslapkwiltwerkartikels as 'n vak aan te bied,
is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde aantal
praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV-dokument
uiteengesit.
Maak seker van die volgende:
'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels
vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir
elke leerder); elektrisiteit; gereedskap vir meet en merk.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir ELK van die
twee praktiese eksamens word benodig om die vereiste artikels te maak, buiten
die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse.
Deel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders per sessie. Vier
en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders elk) kan die eksamen op
dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 12:00 en van 13:00 tot 17:00.
Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen
te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
Uitlê en uitknip word vooraf in 'n 1 UUR-sessie onder eksamentoestande
gedoen.
'n Tydraamwerk van 4 URE in totaal word per eksamen benodig (die 1 uur-
uitlê-en-uitknipsessie voor praktiese eksamen 1 uitgesluit)
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMENS
5.1 Praktiese eksamen 1 (kwartaal 2)
Hierdie praktiese eksamen moet by die toets- en eksamenrooster vir die
tweede kwartaal ingesluit word.
Leerders moet die helfte van die artikel voltooi wat vir die mikro-onderneming
(projek in kwartaal 1) gekies is. Die produksieproses, vakmanskap en
verkoopbaarheid van die artikel vorm 'n belangrike aspek van die eksamen.
Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in 9 URE voltooi
kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA ('SBA')
praktiese klasse in graad 10 en 11 geleer het.
Onderwysers het TWEE opsies wanneer die patroon vir die praktiese eksamens
gekies word:
o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat binne 9 URE voltooi kan word
(1 uur-uitlê-en-uitknipsessie plus 2 x 4 ure);
OF
o Gebruik dieselfde handelspatroon wat tydens die praktiese klasse gebruik is
en laat die leerders dieselfde artikel weer in 9 ure (1 uur-uitlê-en-
uitknipsessie plus 2 x 4 ure maak.
Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 100 punte volgens die
vaardigheidskode hê.
Die tegnieke wat per eksamen uitgevoer moet word, moet 'n totale
gewigswaarde van 50 punte hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
Leerders moet die 1-uur-uitlê-en-uitknipsessie voor die dag van praktiese
eksamen 1 onder eksamentoestande voltooi.
Leerders moet die helfte van die artikel in praktiese eksamen 1 begin en voltooi.
Leerders moet na 4 URE hulle artikels vir nasien ingee. Na afloop van die
nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af
te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute
reggemaak is NIE.
5.2 Praktiese eksamen 2 (kwartaal 3)
Hierdie eksamen sal plaasvind op 'n datum waarop met die moderator
ooreengekom is.
Die leerders sal oor die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid
van die artikels geassesseer word.
'n Tydsbestek van 4 URE in totaal word vir hierdie praktiese eksamen benodig.
Die tegnieke wat per eksamen vereis word, moet 'n vaardigheidskode-
gewigswaarde van 50 punte hê.
Leerders moet na 4 URE hulle artikels vir nasien ingee. Na afloop van die
nasien word die artikels aan die leerders teruggegee om foute reg te maak en af
te rond, indien nodig. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die foute
reggemaak is nie.
6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:
Bepaal die datums vir albei praktiese eksamens. Dra hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n
patroon vir elke leerder. Dit is VERPLIGTEND dat elke leerder 'n instruksieblad
gebruik.
Berei die puntestate wat verskaf word voor met die leerders se name en hulle
eksamennommers.
Leerders moet die patroon en instruksies een week (7 skooldae) voor die uitlê-
en-uitknipsessie vir voorbereiding ontvang.
Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die
verlangde grootte vir elke leerder.
Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die kramery/ander benodigdhede, bv. kant, knope, spelde
Deel leerders in groepe volgens die getal leerders wat gerieflik in die lokaal
geakkommodeer kan word.
Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar:
o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene
o Strykysters en -planke
o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels
o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde,
garing, spoeletjies en skerp uitknipskêre
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
7.1 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 5 ure in totaal
7.1.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: 1 uur (voor die dag van praktiese
eksamen 1)
Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit met die kleedstof, patroon-
instruksieblad en ander benodigdhede soos die kant.
Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie enige
hulp aan leerders verleen nie.
Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.
Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe
dele uitsny NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is,
maar dit sal NIE weer nagesien word NIE.
Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige
plek tot die dag van praktiese eksamen 1.
7.1.2 Praktiese eksamen 1 in kwartaal 2: 4 ure
Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul
stelletjies ('kits') met die uitgeknipte dele en ekstra afvalmateriaal.
Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees.
Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer
praktiese eksamen 1 uit.
Die halfvoltooide artikels moet NA 4 URE vir nasien gereed wees.
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot
'n maksimum van 20 punte.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens
die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl
hulle die praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE enige ander
werk doen of enige hulp aan die leerders verleen nie.
Die onderwyser moet praktiese eksamen 1 nasien en die punte
aanteken. Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak
of die artikels voltooi tot by die vereiste stadium waar praktiese
eksamen 2 sal begin. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat
verbeterings aangebring is NIE.
Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels in die
stelletjie ('kit') teruggeplaas word en op 'n veilige plek tot die dag van
praktiese eksamen 2 bewaar word.
7.2 Praktiese eksamen 2 in kwartaal 3: 4 ure
Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies
('kits') met die halfvoltooide artikels en ekstra afvalmateriaal.
Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.
Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer praktiese
eksamen 2 uit.
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese
eksamen in die klaskamer teenwoordig wees.
Die artikels moet NA 4 URE vir assessering gereed wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp
aan die leerders verleen nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
Die onderwyser moet praktiese eksamen 2 nasien en die punte aanteken. Na
afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en
die artikels voltooi. Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings
aangebring is NIE.
Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels weer op 'n veilige plek
tot die dag van moderering bewaar word.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te
evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die
onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van kwartaal 1 ontvang en
modereer om te verseker dat die standaard van die praktiese eksamen geskik is:
Die artikel gekies met die tegnieke se gewigswaardes volgens die
vaardigheidskode aangedui
'n Fotokopie van die patroonkoevert
'n Illustrasie van die artikel
'n Opsomming van die gewenste eienskappe ten opsigte van die kriteria vir die
tegnieke aangewend
'n Lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. om te koop
Die beraamde koste per leerder
Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken
'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir beide praktiese eksamensessies
Beplanning vir al drie sessies (uitlê-en-uitknip-, praktiese eksamen 1- en
praktiese eksamen 2-sessies) wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui]
Die puntestaat vir die praktiese eksamens.
Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
In kwartaal 3 sal die laaste groep met 'n maksimum van 12 leerders deur die
betrokke vakadviseur ekstern gemodereer word terwyl hulle die praktiese
eksamen by die skool aflê.
Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die
moderering beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir
SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie)
o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese klasse
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds praktiese
eksamen 2 voltooi het
o Die punte van al die leerders wat reeds praktiese eksamen 2 voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat
Die moderator sal SES leerders lukraak kies en hulle onafhanklik assesseer
terwyl hulle die eksamen aflê, asook die artikels wat die leerders gekies,
gemaak het.
Daarna sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser
vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van
sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak
word na gelang van die verskil.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering ingevul word.
Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word:
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en die puntestate moet deur die vakadviseur en die hoof geteken word.
Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
GEBRUIK VIR LASLAPKWILTWERK MET DIE HAND
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel
as vir die weeklikse praktiese klasse te kies.
Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning
nie.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word.
Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke in ELKE praktiese eksamen in graad 12 moet 'n
minimum van 50 punte in totaal hê.
Keuse van kleedstof 10 Kwiltwerk 20
(Onderwyser moet 'n houer met kleedstof hê waaruit Plaas bolaag, watteersel en voering aanmekaar 2
leerders kan kies) Ryg die drie lae 4
Kleedstof tipes pas bymekaar (100 % katoen) 3 Oordrag van kwiltontwerp 4
Kleedstof sal maklik versorg en gewas word 3 Egalige en netjiese kwilt steke 4
Suksesvolle keuse van kleure 4 Stiksel reguit/rondings egalig/hoeke vierkantig 4
Keuse van kwiltgaring 2
Laslapontwerp 10 Nate en naatafwerkings (aanmekaar werk van 10
Template/Patrone korrek en ekonomies op die artikel, bv. sak)
kleedstof geplaas 2 Reguit stiksels/gladde rondings/vierkantige
Patroon op papier geteken 2 hoeke 4
Ontwerp pas by die keuse van kleedstof en artikel 3 Naattoelating korrek en egalige breedte 3
Moeilikheidsgraad (aantal en fatsoen van laslappies) 3 Naatafwerking 3
Verwys na KABV vir tegnieke per graad)
Uitlê en uitknip van patroondele 15 Randafwerking/skuinsomboorsel 20
Mate akkuraat op kleedstof aangebring 3 Knip van skuinsstroke vir skuinsomboorsel 5
Korrekte aantal laslap deeltjies 4 Las van skuinsstroke 5
Lengtedraad korrek gebruik 3 Werk omboorsel aan rafelkante 3
Reguit knipwerk 5 o Korrekte en egalige breedte 3
o Lê plat en gelyk 2
Netjies kwiltwerk met hand 2
Nate/Las van laslapdele 20 Bo-op gestikte sak 10
Laslappies volgens ontwerp gelas 3 Fatsoen van sak, grootte, nate 4
Klein egalige stekies (hand) 4 Korrekte plasing van sak 3
Nate reguit/gladde rondings/ hoeke vierkantig 3 Stiksel om sak aan artikel te heg 3
Naattoelating = 0,5 cm 3
Groepering van laslappies/Finale voorkoms 4
Korrekte stryk van naattoelating 3
Borduurwerk: 3–5 dekoratiewe steke met hand 10 Bande (handvatsels vir sakke) 10
Goeie ontwerp, geskik vir item 2 Egalige breedte, geskik vir sak 2
Goeie keuse van kleure 3 Versterk binne met geskikte kleedstof 3
Tegnieke vir borduursteke 5 Vasgewerk en versterk op sak 5
Ander versierings (nie borduurwerk nie) 5 Vasmaakmiddels (Velcro (klitsband)/knoop/
Gebruik van ander versierings, bv. kant, krale, lussie/drukkers: 5
knope Korrekte posisie 2
Stewig vasgewerk 3
Knip van voering en watteersel 10 Strykwerk: 5
Geskikte keuse van watteersel 3 Stryk deurgaans tydens konstruksie 3
Korrekte grootte/vorm 3 Finale pars 2
Lengtedraad korrek gebruik 2
Reguit geknip 2
Vasheg van voering 15 Appliek 10
Korrekte naattoelating 3 Goeie ontwerk 2
Reguit nate 4 Goeie keuse van kleure 3
Netjies aan sak geheg 4 Netjiese stiksels –
Korrekte grootte 4 komberssteek/glipsteek/'needle-turn appliqué' 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 1 EN 2
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
PRAKTIESE EKSAMENS 1 EN 2 – GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 1 IN TERMYN 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
PRAKTIESE EKSAMEN 2 IN TERMYN 3
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word.)
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
25 1 8 10/09/2020 08:00–12:00
2 8 10/09/2020 13:00–17:00
3 9 11/09/2020 08:00–12:00
Praktiese Benodigdhede per leerder Hoeveelheid benodig Getal Totaal
Eksamen per leerder leerders
1 100% katoenmateriaal 90 cm 25 22,5 meter
(30 cm x 3)
Garing 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Watteersel 1m 25 meter
Ryggaring 1 tolletjie 25 tolletjies
Kant/Gallon/Sierband 50 cm 12,5 meter
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
100% katoenmateriaal (30 x 30 cm) 22,5 meter
Garing 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Watteersel 25 meter
Ryggaring 25 tolletjies
Kant/Gallon/Sierband 12,5 meter
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van kwartaal 1 of vroeër vir moderering aan vakadviseur voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
Praktiese Benodigdhede per leerder Getal Totaal
eksamen leerders
Praktiese Benodigdhede per leerder Getal Totaal
eksamen leerders
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE OPSIE: LASLAPKWILTWERK MET DIE HAND
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde
PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit
'n Illustrasie van die artikel/foto-
kopie van die patroonkoevert
Kopie van die patroon-
instruksieblad vir leerders
Voltooide tegnieke en totale
gewigswaarde van artikel vir
praktiese eksamen 1 EN 2
Assesseringskriteria aangewend
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ________
Handtekeninge:
ONDERWYSER:_________________________ DATUM:_______________________
HOOF:_________________________________ DATUM:_______________________
MODERATOR: __________________________ DATUM:_______________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
KRITERIA VIR TEGNIEKE GEBRUIK:
Netheid van die artikel Geen vuil merke nie/kleedstof skoon (10)
Geen los garingdrade nie
Geen skroeimerke nie
Geen sigbare patroonmerke nie
Voorgeskrewe Alle tegnieke suksesvol voltooi (10)
tegnieke voltooi
Stikwerk Steeklengte geskik vir die tipe kleedstof (10)
Kleur van kwiltgaring geskik vir die vereiste effek
Kwiltgaring geskik vir die vereiste effek
Spanning korrek
Stiksels moet goed afgeëindig wees
Eenhede moet akkuraat geheg wees met nate wat
presies ewe breed is
Handkwiltsteke moet klein en eweredig aan beide die
bokant en agterkant wees
Konstruksie Watteersel moet stewig geheg wees om te voorkom dat (20)
dit skuif
Sak moet netjies aanmekaar geheg wees
Handvatsels/bande moet stewig geheg wees
Sakke moet stewig aan die voering van die sak geheg
wees
Voering behoort netjies te pas
Afwerking Geen los drade nie (10)
Verdelers en randstroke moet netjies afgewerk wees
Geen skroeimerke nie/netjies gestryk
Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk, konstruksie en afwerking:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie
2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4–6 Gemiddeld: voldoen aan sommige van die vereistes, sal moontlik verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkool
9–10 Uitstekend: oortref al die vereistes, behoort baie goed te verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: LASLAPWERK EN KWILT MET DIE HAND
Praktiese Eksamen 1 (Kwartaal 2)
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Uitlê en uitknip van patroondele
(laslapwerk, voering en watteersel
ingesluit) 15
Laslapwerk:
Meet en sny laslapdele akkuraat 2
Grootte van kleedstofdele geskik vir
kleedstofgrootte 3
Korrekte getal laslapdele 3
Ander patroondele:
Ekonomiese plasing van patroondele op
kleedstof 2
Voering- en watteerselpatroondele
gemeet en akkuraat op kleedstof
gemerk 2
Reguit knipwerk 3
Interpretasie van patroon 5
Volg patrooninstruksies 3
Akkurate naaldwerktegnieke 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner
toerusting bv. maatband, skêr, naalde 2
Korrekte hantering van groot toerusting,
bv. naaimasjien, omkapmasjien,
strykyster (Naaimasjiene korrek bedraad 3
en gebruik, veilige en korrekte gebruik
van toerusting.)
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en
toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd, 2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik,
korrekte hantering van afvalmateriaal en
rommel. (Onderwyser hou deurgaans 2
tydens die eksamen elke leerder dop
om finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van 5
praktiese eksamen
Elektriese toerusting afgeskakel,
skoongemaak en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel en afwerking 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 20
Stikwerk/stiksels 10
Konstruksie 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: LASLAPWERK EN KWILT MET DIE HAND
Praktiese Eksamen 2 (Kwartaal 3)
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE
EN TEGNIEKE
Patrooninterpretasie 15
Volg patrooninstruksies 8
Korrekte hantering van klein
gereedskap, bv. maatbande, skêre,
naalde 3
Korrekte hantering van groter
gereedskap, bv. strykyster,
omkapmasjien 4
(Veilige en korrekte gebruik van
toerusting)
Werksvolgorde en doeltreffende 10
gebruik van tyd
Vermoë om patrooninstruksies te
volg 5
Doeltreffende gebruik van tyd 5
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN
HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en
toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner gereedskap lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na
gebruik, korrekte hantering van
afvalmateriaal en rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke
leerder tydens die eksamen dop
om finale punt te bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon
hande)
Netheid van werkplek na afloop
van eksamen 5
Elektriese toerusting uitgeprop,
skoongemaak en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID:
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 40
Stiksels 10
Konstruksie 20
Afwerking 10
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
VOORBEELD VAN 'N ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
[Bron: Country Threads, Volume 8]
GEWIGSWAARDE:
UITLÊ EN UITKNIP Praktiese Eksamens 1 en 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 20
SUBTOTAAL 20
PRAKTIESE EKSAMENS 1 EN 2
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Keuse van kleedstof 10
Appliek 10
Nate (aanmekaarwerk van laslappies) 20
Kwiltwerk 20
Bande/handvatsels 10
Nate (sit sak aanmekaar) 10
SUBTOTAAL: 80
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
BENODIGDHEDE:
20 cm elk van effe roomkleurige, effe rooi en rooi geblomde kleedstof
30 cm groen kleedstof met kolletjies
20 cm donkergroen effekleurige stroke om die skuinsstroke vir die stingels te sny
40 cm voeringkleedstof
DMC nr. 8 Perlé-katoengaring; 1 bol donker beige-grys (642) vir kwiltwerk
40 cm Pellon/dun watteersel ('batting')
40 cm stywe vasstryktussenvoering
Plastiektemplaat
Katoengaring wat by die appliek pas
50 cm Rigaline
6 mm band vir kwiltwerk
6 mm aansmeltsoombelegsel ('hem facing')
Potlood
Rolsnyer, liniaal en mat
Algemene naaldwerk voorraad
GROOTTE NA VOLTOOIING: 30,5 cm x 35,5 cm (handvatsels uitgesluit)
LET WEL: Daar word aanbeveel dat die kleedstof 100% katoen, vooraf gewas en gestryk
moet wees. Vereistes is gebaseer op die gebruik van kleedstof wat 112 cm wyd
is. Alle stroke word oor die wydte van die kleedstof geknip. Die 6 mm-
naattoelating wat deurgaans gebruik word, is by die uitknipmates ingesluit. Lees
instruksies voor jy begin.
UITKNIP:
Uit die effe roomkleurige kleedstof, knip:
Twee 17 cm x 27 cm reghoeke
Uit die effe rooi kleedstof, knip:
Twee 12 cm x 17 cm reghoeke
Een 7 cm x 76 cm strook
Uit die groen kleedstof met kolletjies, knip:
Twee 12 cm x 27 cm reghoeke
Twee 6 cm x 27 cm reghoeke
Uit die rooi geblomde kleedstof, knip:
Twee 7 cm x 12 cm reghoeke
Twee 12 cm vierkante
Een 4 cm x 76 cm strook
Uit die voeringkleedstof, knip:
Twee 32 cm x 37 cm reghoeke
APPLIEK:
Knip 'n 76 cm x 0,5 cm skuinsstrook uit die donkergroen effekleurige kleedstof. Kopieer die
blomblaar/blaar- en binnesirkels vanaf die patroon op die plastiektemplaat. Trek 20 keer om
die blomblaar op die regte kant van die effe rooi kleedstof af, laat 2,5 cm tussen die blare en
knip dan elke blaar uit met 'n 2 mm-naattoelating.
Trek 8 keer om dieselfde templaat op die regte kant van die groen kolletjieskleedstof en knip
op dieselfde wyse uit.
Trek vier keer om die sirkeltemplaat op die regte kant van die geblomde rooi kleedstof en knip
dit uit.
Plaas die patroonblad teen 'n goed verligte venster of 'n ligkas, plaas die effe roomkleurige
reghoek daaroor en trek die stingels af. Sny die skuinsstrook volgens grootte en indien
aansmeltsoombelegsel gebruik word, druk dit op die agtergrond en volg die patroon met die
onderste rande en reghoek in lyn. Stik dit dan met bypassende garing. Anders bring die soom
van die skuinsstrook in lyn met die linkerkantste lyn, stik dit in plek met bypassende garing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
KONSTRUKSIE:
Stik 'n 12 cm rooi geblomde vierkant vas aan die onderkant van 'n 12 cm x 27 cm groen
kolletjies reghoek met die regte kante na mekaar en pars die nate na die donker kant.
Maak TWEE van hierdie eenhede.
Stik die 12 cm x 17 cm effe rooi reghoek vas aan die onderkant van die 17 cm x 27 cm effe
roomkleurige reghoek, met die regte kante na mekaar en pars die nate na die donker kant.
Maak TWEE van hierdie eenhede.
Heg die 7 cm x 12 cm rooi geblomde reghoeke aan die onderkant van die 7 cm x 27 cm groen
kolletjies reghoeke met die regte kante na mekaar en pars die nate.
Lê drie dele vir die voorkant van sak uit en werk aanmekaar met die regte kante na mekaar,
pars die nate na buite, sien DIAGRAM 1. Doen dieselfde vir die agterkant.
DIAGRAM 1
Plaas blomblare om die boonste gedeeltes van die stingels en 'needleturn-appliqué' dit, met
bypassende garing. Doen dieselfde vir die blare en werk dan die binnesirkels bo-oor die punte
van die blomblare sodat dit bedek is. Herhaal vir die agterkant van die sak.
Plaas die dele vir die sak op die Pellon-watteersel met die verkeerde kante na onder en ryg
aanmekaar vas. Knip die Pellon-watteersel met 'n klein naattoelating reg rondom. Kwilt albei
kante van elke naat met die Perlé-garing nr. 8 en 2,5 mm kwiltband – sien foto. Knip die
Pellon-watteersel gelyk met die dele van die sak, plaas dan verkeerde kante op die
vasstrykkant van die stywe vasstryktussenvoering en smelt aanmekaar vas. Knip die aanstryk
tussenvoering dieselfde grootte as die dele van die sak. Plaas die dele van die sak met die
regte kante na mekaar, steek die ooreenstemmende nate vas en stik langs die kante en oor
die onderkant vas.
Vorm die onderkant van die sak deur die onderste naat in lyn te bring met die synaat. Stik oor
die punt 3 cm vanaf die punt en knip die naat korter tot 0,5 cm, sien DIAGRAM 2. Herhaal aan
die ander kant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020
NSS (Produksie van Laslapkwiltwerk met die Hand)
DIAGRAM 2
HANDVATSEL:
Plaas die 3 cm x 76 cm rooi geblomde strook langs die 6 cm x 76 cm effe rooi strook met die
regte kante na mekaar en die rafelrande kante aan een kant wat in lyn is. Stik langs daardie
kante af en plaas die ander rafelrande teen mekaar en stik vas. Keer die regte kant na buite,
pars, en sentreer die rooi geblomde strook. Doen groefstiksel ('stitch-in-the-ditch') van beide
nate.
Ryg die Rigaline in die band en voer deur totdat dit aan die anderkant uitkom. Stik dit in aan
die kort kante van die handvatsel vas. Die handvatsels behoort nou geplooi te wees.
VOERING:
Stik die voeringreghoeke langs die kante en oor die onderkant vas met die regte kante na
mekaar en laat 'n opening om dit om te draai. Vorm die onderkant soos vir die buitenste sak,
AFWERKING:
Steek die handvatsels aan elke kant van die sak vas en sorg dat die middel van die
handvatsels ooreenstem met die nate. Die punte van die handvatsels moet effens oor die
onafgewerkte rand sigbaar wees. Plaas die buitenste sak binne-in die voering met die regte
kante teen mekaar en steek vas, maak seker die synate ooreenstem en dat die handvatsel uit
die pad is. Stik rondom die boonste rand en stik versigtig oor die handvatsels. Draai dit om na
buite deur die opening in die voering en werk toe met glipstekies. Druk die voering in die sak,
rol die boonste rand sodat die voering heeltemal aan die binnekant van die sak is, steek vas en
gebruik die 2,5 mm kwiltband en die Perlé-garing om rondom die boonste rand te kwilt.
Indien die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ook
ingesluit word.
.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper