Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN
SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRADE 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2020 (Soft Furnishings) Afr (Hersien)
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 987.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
DIE PRAKTIESE ASSESSERSINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word tot aan die einde van Oktober geïmplementeer en maak voorsiening vir die
assessering van vaardighede wat nie in geskrewe formaat geassesseer kan word
nie, bv 'n toets of eksamen. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoë/vaardighede toon om sagtemeublement-artikels te produseer
met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies, graad 12, bestaan uit 'n
uitlê-en-uitknip-sessie en 'n praktiese eksamen, soos hieonder aangedui.
Uitlê en uitknip EEN UUR
Praktiese eksamen DRIE URE
Leerders voer hierdie praktiese eksamens individueel uit.
Kwartaal 3/4: Leerders moet 'n klein artikel, deur die onderwyser gekies, maak.
2. PUNTETOEKENNING
Die PAT tel 100 punte. Die puntetoekenning word hieronder aangedui.
Uitlê en uitknip 15
Praktiese eksamen 85
Finale punt vir PAT 100
Die punt vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT verskaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies met die produksie van Sagtemeublement-artikels as 'n vak aan te
bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde
aantal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV-
dokument uiteengesit op bladsy 10.
Maak seker van die volgende:
'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels
vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir
elke leerder); elektrisiteit; gereedskap vir meet en merk.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder word benodig om
die vereiste artikel te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA')
praktiese klasse.
Deel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders per sessie. Vier
en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders elk) kan die eksamen op
dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.
Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen
te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
Uitlê en uitknip word in 'n EEN UUR-sessie onder eksamentoestande gedoen,
voor die praktiese eksamen.
'n Tydraamwerk van DRIE URE word benodig om die praktiese eksamen te
doen.
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Praktiese eksamen (Kwartaal 3/4)
Leerders sal 'n klein artikel, deur die onderwyser gekies, maak.
Die geselekteerde artikel moet 'n minimum gewigswaarde van 50 punte volgens
die vaardigheidskode hê.
Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is
belangrike aspekte van die praktiese eksamen.
Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat in DRIE URE
voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA ('SBA')
weeklikse praktiese klasse en die praktiese eksamens in graad 10 en 11 geleer
het.
Hierdie praktiese eksamen sal plaasvind op 'n datum soos met die moderator
oorengekom.
Leerders moet die EEN UUR uitlê-en-uitknipsessie onder eksamentoestande
voor die dag van die praktiese eksamen voltooi.
Leerders moet die artikel begin en voltooi in die voorgeskrewe tyd van DRIE
URE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:
Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Al die toerusting moet in 'n werkende toestand wees en die naaimasjiene moet
versien en herstel word voor die begin van die praktiese eksamen.
Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n
patroon vir elke leerder. Dit is VERPLIGTEND dat elke leerder 'n instruksieblad
gebruik.
Berei die puntestate wat verskaf is, voor met die leerders se name en hulle
eksamennommers.
Leerders moet die patroon en instruksies EEN week (7 skooldae) voor die uitlê-
en-uitknipsessie vir voorbereiding ontvang.
Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die
verlangde grootte vir elke leerder.
Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die kramery/ander benodigdhede, bv. kant, knope, spelde
Deel leerders in groepe in volgens die getal leerders wat gerieflik in die lokaal
geakkommodeer kan word.
Bedraad al die naaimasjiene met die gepaste kleur garing en toets die spanning
vooraf.
Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar:
o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir alle strykysters en naaimasjiene
o Strykysters en -planke
o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die artikels
o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde,
garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en skerp uitknipskêre
7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
7.1 Die uitlê-en-uitknipsessie: EEN UUR (voor praktiese eksamen)
Deel elke leerder se stelletjie ('kit') uit met die kleedstof, patroon- instruksieblad
en ander benodigdhede, soos kant.
Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknipsessie enige hulp aan die
leerders verleen nie.
Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.
Leerders kan die uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny
NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer
nagesien word NIE.
Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die
dag van die praktiese eksamen.
7.2 Praktiese eksamen in Kwartaal 3/4: DRIE URE
Wanneer leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul stelletjies ('kits')
met die uitgeknipte patroondele en ekstra afvalmateriaal.
Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees.
Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.
Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, voer hierdie praktiese
eksamen uit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag tydens die praktiese
eksamen in die klaskamer teenwoordig wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen uitvoer.
Hy/sy mag NIE enige ander werk doen of enige hulp aan die leerders verleen
NIE.
Die onderwyser moet die praktiese eksamen nasien en die punte aanteken.
Na afloop van die nasien kan die leerders foute regmaak of die artikels voltooi.
Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.
Nadat die verbeterings aangebring is, moet die artikels ingelewer word en op 'n
veilige plek tot die dag van moderering bewaar word.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te
evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.
Die leerders moet hul werkplekke na afloop van die eksamen opruim sodat die
onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
9.1 VOOR die praktiese eksamen
Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van Junie of vroeër ontvang en
modereer om te verseker dat die standaard van die praktiese eksamen geskik is:
Die geselekteerde artikel met die tegnieke se gewigswaardes volgens die
vaardigheidskode aangedui
'n Fotokopie van die patroonkoevert
'n Illustrasie van die artikel
Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat gekoop moet
word
Die beraamde koste per leerder
Die ingevulde oorsiglys, gekontroleer en deur die skoolhoof geteken
'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en
puntetoekenning vir die praktiese eksamensessies
Beplanning vir die praktiese eksamen, d.w.s. uitlê en uitknip en die praktiese
eksamen), wat die totale gewigswaarde van tegnieke aandui
Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie.
9.2 OP DIE DAG van die praktiese eksamen
In Kwartaal 3/4 sal 'n groep met 'n maksimum van 12 leerders ekstern deur die
betrokke vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by
die skool aflê.
Die onderwyser moet die volgende vir die moderator op die dag van die
moderering beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir
SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie)
o 'n Kopie van die ingevulde puntestaat vir praktiese klasse
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese
eksamen voltooi het
o Die punte van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
Die moderator sal SES leerders lukraak kies en hulle onafhanklik assesseer
terwyl hulle die praktiese eksamen aflê, asook die artikels wat die leerders
wat gekies is, gemaak het.
Daarna sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser
vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10%
van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts
gemaak word na gelang van die verskil.
Die gerekenariseerde puntestate moet op die dag van moderering ingevul
word.
Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeiling wat vereis word.
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde
puntestaat aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
Die punte van al die leerders moet op die dag van hierdie eksamen gefinaliseer
word en die puntestate moet deur die vakadviseur, die skoolhoof en die
onderwyser geteken word. Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag
van moderering voltooi word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK
IN DIE PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die
weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN KEER toegeken word.
Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die
vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die
nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir die praktiese eksamen moet 50 vaardigheidskode-
punte wees.
Uitlê en uitknip van kommersiële patroon 20 Uitlê en uitknip van laslappatroondele 20
Kleedstof korrek gevou 2 Meet en sny laslapdele akkuraat 5
Patroon op lengtedraad geplaas 4 Grootte van dele geskik vir grootte van artikel 3
Alle toepaslike dele op vou geplaas 4 Korrekte aantal dele 2
Patroondele korrek op kleedstof vasgesteek 2 Patroondele ekonomies geplaas 2
Reguit knipwerk 4 Voering en watteersel korrek gemeet/geknip 5
Kepies korrek uitgeknip 2 Reguit knipwerk 3
Patroonmerke 2
Uitlê en uitknip sonder kommersiële patroon 20 Laslapontwerp 10
Kleedstof korrek gevou 2 Ontwerp op papier geteken 2
Mate korrek op kleedstof aangebring 8 Ontwerp pas by kleedstof en artikel 3
Lengtedraad korrek gebruik 4 Moeilikheidsgraad (aantal/vorm van lappies) 5
Reguit knipwerk 2
Korrekte aantal dele 4
Oop- of toenate van artikel 10 Oop- of toenate – las van laslappies 15
Reguit stiksel/gladde ronding/vierkantige 3 Laslappie volgens patroon gelas 3
hoek Reguit nate/gladde rondings/vierkantige hoek 3
Naattoelating korrek, egalige breedte 4 Naattoelating 0.5 cm 4
Naatafwerking 3 Nate stem ooreen 5
Skuinsstroke/omboorsel 20 Skuinsstrookkoord ('piping') 20
Knip skuinsstroke korrek 5 Knip skuinsstroke korrek 5
Las skuinsstroke 5 Korrek gelas 5
Korrekte en egalige breedte 3 Maak koord 5
Lê plat en gelyk/geen voue/plooie nie 2 Krimp tou 2
Masjien/handsteke 5 Vasstik van koord 3
Ritssluiter 15 Verstekhoek 15
Naattoelating korrek 2 Presiese mates reg rondom 3
Naatafwerking 3 45º-hoeke met naattoelating geknip 3
Stiksels korrekte breedte van ritssluiter 5 Stik hoeke en knip naattoelating korter 3
Hoeke aan onderkant netjies en reguit 3 Vou rafelrande om en ryg vas deur al die lae 3
Hoeke aan bokant netjies en reguit 2 Bo-op-stiksel egalig deur al die lae/geen voue
nie/plooie 3
Borduurwerk/versiering 3–5 steke met hand 10 Bo-opgestikte sak 10
Goeie ontwerp, geskik vir artikel 3 Fatsoen/vorm van sak, soom breedte 3
Goeie keuse van kleure 2 Korrekte posisie op artikel 3
Borduursteke – korrek 5 Stiksel op sak om vas te werk 4
Kwiltwerk 20 Passende hoek 10
Drie lae (boonste laag/watteersel/voering) 5 Korrekte mate en knipwerk 3
Rygwerk deur al drie lae 5 Naat gestik 2
Lyne vir kwiltsteke aanbring 5 Soom korrekte breedte (vir rek) 3
Akkurate kwiltsteke 5 Inryg en vasheg van rek 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
Gordynvoering 15 Randstrook aanheg 10
Nate reguit gestik 3 Egalige breedte 3
Soom 3 Reguit stiksel/geen plooie nie 2
Gordynband korrekte posisie 3 Netjies simmetriese hoeke 3
Gordynband 3 rye stiksels 3 Geen slordige lasplekke nie 2
Komberssteek lussie (posisie van voering) 3
Knope/Versierings op artikel 5 Vasmaakmiddels: knoop/lussie/drukkers/ 10
Korrekte keuse vir artikel 2 knoopsgate/Velcro (klitsband)
Vasgewerk deur al die lae 1 Korrek gespasieer 4
Werk af met komberssteek 2 Korrekte steek 4
Stewig vasgewerk 2
Bedekte Gordynkappe 5 Bande/Handvatsels vir sak 10
Geknip volgens vorm/ontwerp 2 Egalige breedte, geskik vir artikel 3
Watteersel 1 Aan binnekant versterk 2
Stikwerk reguit/hoeke netjies/ 2 Stewig vasgestik 5
Voering vir sak 15 Valletjies – rygsplooie 15
Korrekte naattoelating 3 Soom netjies, egalige breedte, netjiese stiksel 3
Reguit nate 4 Korrekte steeklengte vir rygsels 1
Netjies aan sak geheg 4 2/3 rye rygsels 2
Korrekte grootte 4 Rygsplooie egalig versprei 3
Vaswerk aan artikel – in middel van rygsels 4
Naatafwerking 2
Plat plooie 15 Kussingsloop 10
Patroonmerke korrek oorgedra 3 Vou oor belegsel korrek/soom netjies 2
Egalig gespasieer 3 Nate egalig/netjies (Platnate/toenate) 3
Egalige breedte 3 Stiksel reguit 3
Geskik vir materiaal/patroon 3 Hoeke geknip 2
Plooie op lengtedraad gevou 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN
(Moet aan die einde van Junie of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum en tyd van eksamensessies:
PRAKTIESE EKSAMEN VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
PRAKTIESE EKSAMEN
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Junie of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
25 1 8 10/09/2020 08:00–11:00
2 8 10/09/2020 12:00–15:00
3 9 11/09/2020 08:00–11:00
Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
benodig per leerders
leerder
100% katoen (30 cm x 3) 90 cm 25 22,5 meter
Garing 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Watteersel/Tussenbelegsel 1m 25 meter
('Batting')
Ryggare 1 tolletjie 25 tolletjies
Kant 1 12,5 meter
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
100% katoen 22,5 meter
Garing 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Watteersel/Tussenbelegsel ('Batting') 25 meter
Ryggare 25 tolletjies
Kant 22,5 meter
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Junie of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
Benodigdhede per leerder: Hoeveelheid Getal Totaal
benodig per leerder leerders
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste
Beraamde koste van inkopielys: …………………………………………..
BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
VERBRUIKERSTUDIES: PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD
SKOOL
ONDERWYSER
SKOOLHOOF
DATUM INGELEWER
Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde
PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit
'n Illustrasie van die artikel/foto-
kopie van die patroonkoevert
Kopie van die patroon-
instruksieblad vir die leerders
Voltooide tegnieke en totale
gewigswaarde van artikel vir
praktiese eksamen
Assesseringskriteria vir tegnieke
aangewend
Inkopielys
Beraamde koste per leerder
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: __________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________
SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________
MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
KRITERIA VIR TEGNIEKE GEBRUIK:
Netheid van die artikel Geen vuil merke nie/kleedstof skoon (10)
Geen los garingdrade nie
Geen skroeimerke nie
Geen sigbare patroonmerke nie
Voorgeskrewe tegnieke Alle tegnieke suksesvol voltooi (10)
Voltooi
Stikwerk Steeklengte geskik vir die tipe kleedstof (10)
Kleur van kwiltgaring geskik vir die vereiste effek
Kwiltgaring geskik vir die vereiste effek
Spanning korrek
Stiksels moet goed afgeëindig wees
Eenhede moet akkuraat geheg wees met nate van
presies dieselfde wydte
Handsteke moet klein en aan beide die bokant en
agterkant eweredig wees
Konstruksie Watteersel moet stewig geheg wees om te voorkom dat (20)
dit skuif
Sak moet netjies aanmekaar geheg wees
Handvatsels/Bande moet stewig geheg wees
Sakke moet stewig aan die voering van die sak geheg
wees
Voering behoort netjies te pas
Afwerking Geen los drade nie (10)
Verdelers en randstroke moet netjies afgewerk wees
Geen skroeimerke nie/netjies gestryk
Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk, konstruksie en afwerking:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie
2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
4–6 Gemiddeld: voldoen aan sommige van die vereistes, sal moontlik verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, behoort goed te verkool
9–10 Uitstekend: oortref al die vereistes, behoort baie goed te verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
PUNTESTAAT VIR PRAKTIESE OPSIE: PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS
Praktiese Eksamen
SKOOL NAME VAN LEERDERS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
DATUM
EKSAMINATOR
1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN
TEGNIEKE
Uitlê en uitknip van patroondele
(laslapwerk, voering en watteersel
ingesluit) 15
Laslapwerk:
Meet en sny laslapdele akkuraat 2
Grootte van kleedstofdele geskik vir
kleedstofgrootte 3
Korrekte getal laslapdele 3
Ander patroondele:
Ekonomiese plasing van patroondele op
kleedstof 2
Voering- en watteerselpatroondele gemeet
en akkuraat op kleedstof gemerk 2
Reguit knipwerk 3
Interpretasie van patroon 5
Volg patrooninstruksies 3
Akkurate naaldwerktegnieke 2
Gebruik van toerusting 5
Korrekte hantering van kleiner toerusting,
bv. maatband, skêr, naalde 2
Korrekte hantering van groot toerusting, bv.
naaimasjien, omkapmasjien, strykyster 3
(Naaimasjiene korrek bedraad en veilige en
korrekte gebruik van toerusting)
2 NETHEID EN EKONOMIESE
GEBRUIK VAN HULPMIDDELS
Organisasie van werkplek en toerusting 5
Werkplek goed georganiseerd 2
Kleiner toerusting lê nie rond nie 1
Hantering van toerusting na gebruik,
korrekte hantering van afvalmateriaal en
rommel 2
(Onderwyser hou deurgaans elke leerder
dop tydens die eksamen om finale punt te
bepaal)
Persoonlike voorkoms 5
Paslik geklee (skooldrag, skoon hande)
Netheid van werkplek na afloop van 5
praktiese eksamen
Elektriese toerusting afgeskakel,
skoongemaak en veilig gebêre 2
Elektriese kragpunte afgeskakel 2
Werkplek netjies en skoon 1
3 VERKOOPBAARHEID
Algemene voorkoms 20
Netheid van artikel en afwerking 10
Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10
Vakmanskap 40
Stikwerk/stiksels 10
Konstruksie 20
Afwerking 10
Totaal 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
VOORBEELD VAN 'N ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
ARTIKEL: DUBBELE VIER-VIERKANTE-LASLAPKUSSING
GEWIGSWAARDE:
UITLÊ EN UITKNIP PRAKTIESE EKSAMEN
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 10
SUBTOTAAL 10
PRAKTIESE EKSAMEN
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Vierkante en reghoeke korrek volgens die 5
patroon gerangskik
Nate 10
Hoeke 10
Watteersel 5
Steke 5
Bo-op-stiksel 5
SUBTOTAAL 40
TOTAAL: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
BENODIGDHEDE:
50 cm van 112 cm-wye effekleurige magenta katoenkleedstof
50 x 15 cm reghoekige geblomde kleedstof (pienk)
50 x 25 cm kontrasterende geblomde kleedstof (blou)
Bypassende garing
40 cm vierkantige kussing (watteersel)
UITKNIP:
Sestien 6,2 cm-vierkante van die effekleurige magenta kleedstoftussenvoering vir die klein
vierkante (gebruik templaat B).
Sestien 6,2-cm vierkante van die (pienk) geblomde kleedstof vir die klein vierkante (gebruik
templaat B).
Agt 11,2 cm vierkante van die (blou) geblomde kleedstof vir die groot vierkante (gebruik
templaat A).
Twee 41,2 cm x 29 cm reghoeke van die effekleurige magenta kleedstof vir die agterkante.
MAAK VAN DIE KUSSING:
1. Speld elke effekleurige magenta vierkant
aan 'n (pienk) geblomde vierkant langs die
een rant met die regte kante na mekaar.
Laat 'n 6 mm-naattoelating en stik die
vierkante aan mekaar (ketting) en verwyder
die spelde soos jy stik.
2. Knip die pare van mekaar en pars die nate
in die rigting van die effekleurige magenta
vierkante van al die pare. Jy moet nou 16
pare hê, wat jy sal gebruik om die vier
aparte dubbele vierlaslapblokke te vorm.
3. Speld en stik twee paar van die klein
vierkante aan mekaar met die regte kante
op mekaar en met 'n naattoelating van
6mm. Herhaal en vorm agt sulke stelle
geruite ('checkerboard') vierkante. Pars die
naattoelatings na die regter- of die
linkerkant toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
4. Speld en stik elke geruite ('checkerboard')
vierkant aan 'n groot (blou) geblomde
vierkant, met die regte kante op mekaar en
'n naattoelating van 6 mm. (Maak seker dat
vier van die groot vierkante bo die ruite
'checkerboards') is en vier daarvan aan die
onderkant.)
5. Jy sal nou twee helftes van elke dubbele
vierlaslapblokke hê. Pars die nuwe
naattoelatings sodat dit in alternatiewe
rigtings lê (bo na onder) wanneer die finale
naat van elke blok aanmekaargesit is.
6. Plaas die helftes saam sodat die hoeke van
twee aangrensende effekleurige magenta
vierkante en twee groot vierkante in die
middel van die naat bymekaarkom. Speld
vas, deur by die middel van die naat te
begin, dan by elke hoek.
7. Stik die nate met 'n naattoelating van 6 mm
en verwyder die spelde soos jy stik.
Herhaal tot vier dubbele vierlaslapblokke
gevorm is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
8. Lê al vier blokke uit sodat elke blok 'n
spieëlbeeld van die aangrensende blok is.
Speld (vanaf die middel) en stik saam om
pare te vorm, regte kante op mekaar met 'n
naattoelating van 6 mm.
9. Pars die twee nuwe naattoelatings sodat dit
in teenoorgestelde rigtings lê. Speld die
pare blokke vanaf die middel aan mekaar
met die regte kante op mekaar. Stik en laat
'n naattoelating van 6 mm.
10. Pars 1 cm, dan 2,5 cm, aan die verkeerde
kant van elke lang reghoek van die
agterkant. Stik na aan die binneste
geparste rante sodat 'n soom aan die
agterkante gevorm word.
11. Met die regte kante na mekaar, speld die
effekleurige kleedstof-agterkante aan die
laslapwerk-voorkant, met die onafgewerkte
rante wat op mekaar pas en die some wat
oorvleuel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)
12. Stik rondom die buitenste rant van die
kussing, met 'n naattoelating van 6 mm.
Knip die hoeke en keer die regte kante na
buite deur 'n breinaald of stomp potlood te
gebruik om die hoekte netjies te maak.
Plaas die kussinggedeelte in die sloop.
TEMPLATE
Kniplyn
Naatlyn
Reguit draad
Kniplyn
Naatlyn
Reguit draad
As die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad bygevoeg
word.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper