Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT GR 12 2021 (Clothing) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 34 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12202134 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 34 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie; Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word tot aan die einde van September uitgevoer. Die PAT bied leerders die geleentheid vir die assessering van vaardighede wat hulle tydens die weeklikse praktiese klasse en die praktiese eksamens in graad 10 tot 12 bekom het. Dit laat ook die assessering van vaardighede toe wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die gestipuleerde tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.  Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoëns/vaardighede toon om kwaliteitsartikels te maak, met die fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.  Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met die Kleding praktiese opsie, bestaan uit 'n uitlê-en-uitknipsessie en 'n praktiese eksamen van VIER (4) uur.  Uitleg van die VIER (4) uur: o Uitlê-en-uitknipsessie: EEN-UUR-sessie (voor die praktiese eksamen) o Leerders moet in staat wees om hierdie artikel binne die voorgeskrewe tyd van DRIE (3) uur te voltooi  Leerders moet individueel werk tydens die praktiese eksamen vir die PAT.  Die praktiese eksamen vir die PAT vind tydens Kwartaal 3 plaas. 2. PUNTETOEKENNING  Elke totale toekenning van punte vir die PAT is 100 punte.  Die punte van die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in Kwartaal 4.  Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Uitlê-en-uitknipsessie 6 Praktiese eksamen 94 Finale punt vir PAT 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) 3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMEN Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies as 'n vak aan te bied en die Produksie van Kledingstukke praktiese opsie kies, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde getal praktiese klasse die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument op bladsy 10. Dit is die skool se verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die PAT-eksamen te verseker:  'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: groot tafels vir uitlê en uitknip, 'n minimum van 12 naaimasjiene, 2 omkapmasjiene, 2 of meer strykplanke en strykysters, uitknipskêre (een vir elke leerder), elektrisiteit en naaldwerktoerusting vir die aanmekaarwerk en maak van kledingstukke.  'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder word benodig om die voorgeskrewe artikel te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') se weeklikse praktiese lesse.  Die aantal leerders per sessie moet ooreenstem en aanpas by die getal naaimasjiene wat beskikbaar is.  Dit is belangrik om te voldoen aan die COVID-19-protokol van sosiale distansiëring.  Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag aflê, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.  Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die klaskamer vir die volgende groep gereed te maak.  Skole met baie leerders sal meer as een dag nodig hê om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK  Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-sessie (1) eksamentoestande, voor die praktiese eksamen, gedoen.  'n Tydperk van DRIE (3) UUR in totaal word vir die uitvoer van die praktiese eksamen benodig. 5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN Praktiese eksamen:  Die praktiese eksamen vind plaas op 'n datum soos ooreengekom met die moderator.  Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is belangrike aspekte van die praktiese eksamen.  Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n artikel wat binne DRIE URE voltooi kan word.  Die artikel gekies moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte volgens die vaardigheidskodelys hê.  Die leerders moet die EEN-uur-uitlê-en-uitknipsessie onder eksamentoestande voor die praktiese eksamen voltooi.  Die leerders sal geassesseer word op die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel.  Na die DRIE ure moet die leerders hulle artikel vir finale assessering inlewer.  Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders teruggegee sodat foute reggemaak kan word en afronding gedoen kan word, indien nodig.  Die kledingstukke/artikels sal weer nagesien word nadat die verbeterings aangebring is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:  Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander skoolaktiwiteite bots nie.  Al die toerusting moet in werkende toestand wees en die naaimasjiene moet voor die aanvang van die praktiese eksamen gediens en herstel word .  Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n handelspatroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.  Berei die assesseringsinstrument verskaf met die leerders se name.  Die leerders moet die patroon en instruksies EEN WEEK (7 skooldae) voor die uitlê-en-uitknipsessie ontvang om voor te berei.  Koop die materiaal en ander benodigdhede, knip die kleedstof volgens die verlangde grootte vir elke leerder.  Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. 'n ritssluiter, knope en spelde  Deel die leerders in groepe volgens die getal naaimasjiene wat beskikbaar is.  Bedraad al die naaimasjiene vooraf met die geskikte kleur garing en toets die spanning van al die naaimasjiene.  Berei die klaskamer voor en maak seker die dat die volgende beskikbaar is o Elektriese kragproppe en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en strykplanke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die kledingstukke o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en uitknipskêre  Ontsmet die werksoppervlakke van al die werkstasies. 7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 7.1 Uitlê- en uitknipsessie: EEN (1) uur voor die praktiese eksamen  Maak seker dat die leerders hulle hande met seep en water was, hulle maskers dra en hulle werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring (1,5 m uitmekaar).  Alle leerders wat die uitlê-en-uitknipsessie bywoon, moet die bywoningsregister teken.  Die onderwyser moet die getekende bywoningsregister op 'n veilige plek bewaar en dit moet op aanvraag beskikbaar wees.  Deel elke leerder se 'kit' uit, asook die kleedstof, patroon, instruksieblad en ander benodigdhede, soos die ritssluiters.  Die onderwyser word NIE toegelaat om leerders op enige wyse tydens die uitlê- en-uitknipsessie te help NIE.  Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.  Leerders mag verbeterings aanbring/nuwe patroondele uitknip NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit word NIE weer nagesien NIE.  Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van die praktiese eksamen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) 7.2 Praktiese eksamen in Kwartaal 3: DRIE (3) ure  Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, deel kleding-'kits' aan elke leerder uit asook ekstra afvalmateriaal (om die naaimasjiene se spanning te toets, indien nodig).  Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.  Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.  Leerders, onder toesig van die onderwyser, moet die praktiese eksamen individueel doen.  Die artikel moet na DRIE URE gereed wees vir assessering.  Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte.  Slegs die onderwyser, moderator en kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer wees.  Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl die praktiese eksamen uitvoer word en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders help NIE.  Die onderwyser moet die artikel nasien wat tydens die praktiese eksamen gemaak is en die punte aanteken.  Nadat die artikel nagesien is, moet die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikel voltooi.  Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.  Nadat die verbeterings aangebring is, word die kledingstukke/artikels op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar. 8. EVALUERING  Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesseringsinstrument te voltooi.  Terwyl hulle artikels geëvalueer word, moet die leerders hulle werkstasies opruim en ontsmet sodat die onderwyser/moderator die werkstasies vir die finale puntetoekenning kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR die praktiese eksamen: Die onderwyser moet teen die einde van Maart of vroeër, die volgende aan die vakadviseur vir goedkeuring voorlê om te verseker dat die standaard van die eksamen toepaslik is.  Die artikel gekies met 'n aanduiding van die vaardigheidskodegewigswaarde van die tegnieke  'n Fotokopie van die patroonkoevert  'n Illustrasie van die kledingstuk  Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat gekoop moet word  Die beraamde koste per leerder  Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken  Die assesseringsinstrument  Beplanning vir al die sessies (uitlê en knip en die praktiese eksamen) met die totale vaardigheidskodegewigswaarde van die tegnieke aangedui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen:  Maak seker dat kandidate hulle hande met seep en water was, hulle maskers dra en hulle werkstasies ontsmet.  'n Maksimum van 12 leerders sal in Kwartaal 3 ekstern deur die relevante vakadviseur gemodereer word tydens die uitvoering van die praktiese eksamen by die skool. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke)  Die onderwyser moet op die dag van die moderering die volgende vir die moderator gereed hê: o Al die artikels wat die leerders tydens die weeklikse praktiese klasse vir SGA gemaak het (indien nie tydens SGA-moderering gemodereer nie) o 'n Kopie van die voltooide puntestaat vir die weeklikse praktiese klasse o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds die eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator om te gebruik, met die name van die leerders reeds op die assesseringstaat  Elke leerder moet die bywoningsregister teken voordat die eksamen voortgaan.  Die moderator sal lukraak 6 kandidate kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen. Die artikels wat hierdie leerders gemaak het, word na die eksamen vir die finale PAT-punt geassesseer.  Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts, na gelang van die verskil, gemaak word.  Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal sodat daar bepaal kan word of 'n aanpassing gemaak moet word of nie asook hoe groot die aanpassing moet wees: PAT 100 Leerders se name *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (Aantal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS -3 *O - Onderwyser; *M = Moderator  'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen nie aan die verwagte standaard voldoen nie.  Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) VAARDIGHEIDSKODEGEWIGSWAARDE VIR TEGNIEKE WAT IN KLEDINGPRODUKSIE GEBRUIK WORD  Gebruik die volgende vaardigheidskodegewigswaarde om 'n patroon vir die PAT, sowel as vir die weeklikse lesse, te kies.   Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning NIE.   Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.   Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.   'n Gewigswaarde word toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die patroon wat vir die praktiese eksamen in graad 12 gekies word, moet 'n minimum totaal van 50 punte hê Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 15 Ritssluiter 15  Kleedstof korrek gevou 1  Naattoelating korrek en egalige wydte 3  Patroondele op lengtedraad geplaas 2  Naatafwerking 2  Alle relevante patroondele op die vou geplaas 2  Insit van rits: reguit steke 4  Patroondele ekonomies geplaas 2  Hoeke onderaan rits netjies en vierkantig 3  Patroondele korrek vasgesteek op kleedstof 1  Hoeke bo-aan rits netjies en vierkantig 3  Egalig geknip op kniplyne 2 Maak en heg kraag aan 20  Kepies korrek geknip 1  Patroonmerke 2  Berei kraag voor dit gestik word 5  Volg patrooninstruksies 2 (houstiksel-stik en ryg dele aanmekaar) Uitlê en uitknip volgens afmetings, 15  Kraagrand netjies gestik, egalige 4 geen patroon nie rondings/skerp hoeke  Albei kante dieselfde 2  Kleedstof korrek gevou 1  Naattoelating binne die kraag uitgedun en  Afmetings korrek op kleedstof aangebring 5 korrek uitgekeep 2  Lengtedraad van kleedstof korrek gebruik 3  Kraagrand onderstiksel, geryg en gestryk 2  Egalige knipwerk 4  Heg kraag aan kledingstuk: pas netjies 3  Korrekte aantal dele 2  Naat netjies gestik, uitgedun, naatafwerking 2 Pylnate 10 Gefatsoeneerde belegsel (vir openinge soos 20  Stik van breed na smal 2 mousgat of halslyn)  Reguit stiksel 2  Pars afwaarts of na middel 3  Berei belegsel en ryg vas aan opening 3  Knoop gare by nou punt en ryg terug in pylnaat 3  Heg belegsel aan 4 in  Belegsel lê plat en pas netjies in opening 3 Rygsdrade/Bo-op stiksel 10  Naattoelating binne uitgedun, onderstiksel 4  Belegsel egalige breedte 2  Patroonmerke korrek oorgedra 2  Afwerking van rafelrande 2  Egalig gespasieer 3  Belegsel aan skouer/synate vasgewerk 2  Stiksel reguit 3  Pas by item/kleedstof 2 Oop- of toenate met afwerking 10 Voorste opening en nekband 10  Reguit stiksel/egalige ronding/reghoek 4  Versterk 2  Naattoelating korrek en egalige breedte 3  Band egalige wydte 3  Naatafwerking 3  Nekband pas behoorlik 3  Stewig vasgestik 2 Vasmaakmiddels: lussie en hakies/knopies/ 5 Bo-opgestikte sak 10 drukknopies  Fatsoen van sak, grootte, naatbreedte 3  Spasiëring 2  Korrekte posisie op kledingstuk 3  Geskik vir kledingstuk 1  Stiksel om sak vas te heg 4  Korrek en stewig vasgewerk 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Knoopsgate 10 Plooie 15  Knoopsgate: dieselfde grootte (hand/masjien) 3  Patroonmerke korrek oorgedra 3  Spasiëring 2  Eweredig gespasieer 3  Voorkoms 2  Egalige breedte 3  Korrek vasgewerk en oop 3  Pas by kleedstof/patroon 3  Voue van plooie op regsdraad van kleedstof 3 Maak en sit moue in 10 Some 10  Ryg of plooitjies (3 rye) om moukop 3  Egalige en korrekte breedte 3  Moue pas netjies in mousgat 5  Lê plat, geen plooie/rygsels aan regte kant nie 2  Alle nate en naatafwerkings netjies 4  Netjiese, reguit stiksel/netjies met hand  Soom van mou 3 gewerk 3  Korrekte steeklengte/korrekte handsteek 2 Heg van raglanmoue 10 Smal enkelsome 8  Stiksel reguit 2  Egalige en korrekte breedte 2  Naattoelating korrek en ewe breed 3  Netjies omgekap 2  Alle nate en naatafwerking is netjies 2  Netjies omgevou 2  Soom van mou 3  Netjies gewerk/gestik 2 Skuinsomboorsel 20  Sny van skuinsstroke 5  Las van skuinsstroke 5  Heg omboorsel aan vir afwerking 3  Korrekte en egalige breedte 3  Lê plat en egalig 2  Met masjien of hand vasgewerk 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) ONDERWYSER SE BEPLANNING: GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN (Moet aan die einde van Maart, of vroeër, aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum(s) en tyd/tye van praktiese eksamensessies: TOETSE VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL PRAKTIESE EKSAMEN TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Maart, of vroeër, aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep 25 1 13 10/09/2021 08:00–11:00 2 12 10/09/2021 12:30–15:30 Benodigdhede Hoeveelheid benodig Getal Totaal per leerder leerders Poliësterkatoen 1m 25 25 meter Garing vir stikwerk 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Vilene 0,50 m 12,5 meter Ryggaring 1 25 tolletjies Ritssluiter 1 25 ritssluiters ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Poliësterkatoen 25 meter Garing vir stikwerk 25 tolletjies Patroon 25 patrone Vilene/Tussenvoering 12,5 meter Ryggaring 25 tolletjies Ritssluiter 25 ritssluiters Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Maart, of vroeër, aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep Benodigdhede per leerder Hoeveelheid benodig Getal Totaal per leerder leerders ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Bedrag Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK KLEDINGPRODUKSIE OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER HOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum PAT-sessies KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items sluit in: 'n Illustrasie van die artikel/fotokopie van die patroonkoevert Kopie van die patrooninstruksieblad wat aan leerders verskaf moet word Voltooide lys van tegnieke en vaardigheidskodegewigswaarde van artikel vir praktiese eksamen Beplanning vir aankope GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________ Handtekeninge: ONDERWYSER: _________________________ DATUM:______________________________ HOOF: ___________________________ DATUM:______________________________ MODERATOR: ________________________ DATUM:______________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK NAME EN VANNE VAN LEERDERS NAAM VAN SKOOL ____________________________________ DATUM _________________ ONDERWYSER ____________________________ MODERATOR ___________________________ PRAKTIESE EKSAMEN 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 1.1 Interpretasie van die patroon 4 Volg patrooninstruksies akkuraat 2 Verstaan terminologie en simbole vir implementering 2 1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20 Korrekte tegnieke vir uitlê en uitknip 6 Korrekte tegnieke toegepas om die produk te produseer: 14 (Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke van toepassing op die produk) Pylnate/Ryg/Bo-op stiksel/Nate/Vasmaakmiddels/Knoopsgate/ Moue/Skuinsomboorsel/Ritssluiter/Kraag/ Gefatsoeneerde belegsel/Voor opening en nekband/Bo-opgestikte sak/Plooie/Some 1.3 Korrekte hantering van toerusting 8 Korrekte hantering van toerusting, bv. maatband, skêre, naalde 3 Korrekte hantering van groottoerusting, bv. naaimasjien, 2 omkapmasjien Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêr/skêr/spelde/ 3 strykyster/stiknaalde 1.4 Ekonomiese produksie van die produk 8 Gereelde gehaltebeheerkontrolepunte gedoen (tydens uitlê en 2 uitknip en produksie) Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing van kleedstof 2 en benodigdhede Werk onafhanklik, stil, steur nie ander nie, vra nie enige vrae nie 2 Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd. 2 2. HIGIËNE EN NETHEID 2.1 Werkstasie en toerusting tydens die praktiese eksamen 8 Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3 Klein toerusting lê nie rond nie 2 Werk higiënies en veilig. 3 2.2 Persoonlike voorkoms 3 Gepas geklee (skooluniform) 1 Naels skoon en kort 1 Hande gewas en ontsmet wanneer in die klas inkom en met 1 gereelde tussenposes 2.3 Netheid van werkstasie na afloop van die praktiese eksamen 4 Werkstasie skoon. 1 Toerusting skoon gemaak en weggepak in korrekte opbergplek. 2 Afval verwyder, vullisblik skoon 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR KLEDING PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (vervolg) NAME EN VANNE VAN LEERDERS 3. VERKOOPBAARHEID 3.1 Verpakking 4 Beskerm die produk 1 Geskik vir die produk 1 Koste-effektief 1 Verbruikersaanklank 1 3.2 Etiket 5 Veselinhoud/tipe kleedstof gebruik 1 Toon kreatiwiteit 1 Vervaardiger se naam/fisiese adres/kontakbesonderhede 1 Grootte/Prys 1 Versorgingsinstruksies 1 3.3 Produk geskep, voldoen aan spesifikasies 36 Geskikte keuse van kleur vir die produk 2 Korrekte grootte van produk volgens die patroon 2 Produk is skoon 2 Eindpunte/garings netjies afgewerk 2 Netjies gestryk/gepars 2 Nate netjies en korrek verbind 2 Nate is netjies gestik en afgewerk 3 Stewig gestik 2 Geen foute (bv. geen gate) in die konstruksie van die produk 2 Korrekte toepassing van tegnieke gebruik in die konstruksie van 5 die produk Korrekte en eweredige spanning regdeur 2 Verkoopbaarheid (gebruik die skaal hieronder) 10 TOTAAL 100 Penalisering vir laat wees: trek 2 punte af vir elke 5 minute laat tot 'n maksimum van 20 punte TOTAAL 100 VERKOOPBAARHEID: 0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop word nie 3–4 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, beter as al die vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) VOORBEELD VAN 'N KLEDINGITEM VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK KINDERHEMP/BLOES DOGTER SEUN GEWIGSWAARDE: Kies tegnieke tot 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode punte. UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Uitlê en uitknip 15 SUBTOTAAL 15 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Maak en heg kraag aan 20 Knope 5 Knoopsgate 10 Maak en heg mou aan 10 SUBTOTAAL: 45 TOTAAL 60 BENODIGDHEDE:  0,75 m teen 1,15 m in lengte katoen/poliësterkatoen  0,25 m aanstryktussenvoering  Garing om te stik en te ryg  Knope  Naald  Spelde  Snyerskryt/Merkpen  Maatband  Torringmessie  Papierskêr  Kleedstofskêr  Knoopsgatskêr  Naaimasjien  Omkapmasjien Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) PATROONDELE LET WEL: Patroondele is op bladsy 27–34 aangeheg. PATROON UITLEG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) UITLÊ EN UITKNIP: (Leerders kan kies om die dogter of seun se hemp of bloes te maak) As die opsie vir die dogter gekies word, moet die onderkant van die voorste en agterste panele van die patroon aangepas word sodat dit 'n ronde fatsoen het. Sien voorbeeld hieronder en volledige instruksies onder stap 2B. As 'n groter grootte verkies word, kan die patroondele op die fotokopieerder vergroot word. Die getal meters kleedstof benodig moet slegs aangepas word volgens die grootte van die hemp/bloes. Voorpant van bloes Agterpant van bloes Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) UITLÊ-EN-UITKNIPSESSIE: 1. Lê die patroondele op die kleedstof uit, steek vas en knip uit. 2. Dra patroonmerke oor, waar van toepassing. Vou al die patroondele en ekstra kleedstof op en lewer by onderwyser in om nagesien te word. 3. Leerders mag verkeerde dele oor knip NADAT die onderwyser hul werk nagesien het. 4. GEEN punte word toegeken as die uitknip weer gedoen word nie. 5. Al die patroondele moet by die onderwyser ingelewer word vir veilige bewaring tot die dag van die praktiese eksamen. LET WEL: Gebruik dieselfde instruksies vir albei hemde. Slegs die dogtersbloes sal voor en agter aan die onderkant gekurf wees, soos hierbo genoem. Slegs 2 knope en knoopsgate moet tydens die eksamen voltooi word Slegs 1 mou moet tydens die eksamen ingesit word. Leerders moet 'n geleentheid kry om die hemp, nadat dit nagesien is, te voltooi. DOGTERBLOES OF SEUNSHEMP PRAKTIESE EKSAMEN: 3 URE INSTRUKSIES ILLUSTRASIES PATROONUITLEG: STAP 1: Uitlê.  Druk die patroon in landskap volgens werklike grootte.  Die patroon kan vergroot word  Vou kleedstof in die lengte met regtekante teenmekaar.  Lê die patroondele op die kleedstof uit.  Die naattoelating is alreeds by die patroon ingesluit. STAP 2 A: Uitknip.  Voorpant (2x)  Agterpant (1x op vou)  Skouerstuk (1x op vou)  Krag (2x)  Mou (2x)  Tussenvoering vir die kraag(1x)  Tussenvoering vir die knoopstaander (2x) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 2 B: Voeg gekurfde rand by op die dogter se agterpant Dogtersbloes.  Brei uit op die seun se patroon by die middel van beide die voor- en agterpantpatroondele met 5 cm + (5 mm + 2,5 cm vir die soom) en teken vanaf een die sykant na die volgende deur die merk om 'n gladde kurwe te maak.  Die soom word op dieselfde manier as die seunshemp bewerk, stap 12, deur die kurwe/ronding te volg. Voorpant van bloes Agterpant van bloes STAP 3: Stik die boonste en onderste agterpante aanmekaar.  Met die regtekante teenmekaar, steek die agterpant en die skouerstuk vas aanmekaar.  Stik met (1 cm) naattoelating.  Werk af ('Serge off') en stryk die nate. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 4: Bo-op-stiksel.  Stik bo-op naby die rand. STAP 5: Stik some in plek (voorkant van hemp/bloes).  Soom die voorpante.  Vou, ryg 1 cm en stik teen 0,5 cm vanaf die buiterand. STAP 6: Stik some in plek (voorkant van hemp/bloes).  Vou weer teen 2 cm en stik teen 1,5 cm vanaf die buiterand. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 7: Steek voor en agterpante bymekaar.  Met die regtekante teenmekaar, steek die voor- en agterpante vas aanmekaar. STAP 8: Stik.  Steek skouerstuknate en synate van die bloes/hemp vas aanmekaar en stik met 1 cm-naattoelating.  Kap die nate om.  Pars die nate. STAP 9: Stik die some in plek.  Vou die rand 0,5 cm weg van die rafelrand na die verkeerde kant.  Vou weer en ryg 1 cm vanaf die buiterand.  Stik naby die eerste gevoude rand. Verkeerde kant Regte kant Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 10: Stik linkermou vas. (Sit slegs EEN mou in)  Vou die mou in die helfte.  Steek dit in posisie in die armholte vas teen 1 cm-soomtoelating, stik.  Kap die nate om.  Stik deur die hele kant teen 1 cm-naattoelating.  Kap die onderarmnaat om. STAP 11: Herhaal vir die regtermou.  Herhaal stap 12 tot 16 vir die regtermou. STAP 12: Vou die onderste soom.  Vou en steek weer vas soos die mousoom stap 9 aan die verkeerde kant van die hemp.  Stik die soom teen 1 cm vanaf die rand. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 13: Heg die kraag aan die hemp/bloes.  Steek een kant van die dubbelkraag vas aan die buitekant van die hemp, met die regtekante teenmekaar.  Stik dit saam vas teen 1 cm- naattoelating. STAP 14: Met regtekante teenmekaar, steek die kraag vas.  Vou die kraag opwaarts.  Vou die kraag in die helfte, breedte-gewys, regtekante teen mekaar en steek vas, pas voorste rande bymekaar. Agter Voor STAP 15: Stik die buiterand.  Stik die buiterand teen 1 cm- naattoelating. Agter Voor Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 16: Keep die hoeke uit.  Keep die hoeke. STAP 17: Draai die kraag se regtekant na buite.  Draai die kraag se regtekant na buite  Stoot die hoeke uit en pars die kraag plat.  Vou die kraag teen 1 cm van die buiterand na binne en steek die kraag vas aan die buitekant van die hemp. STSP 18: Werk kraag aan die buitekant van die hemp/ bloes vas.  Stik saam teen 0,2 cm vanaf die buiterand. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 19: Werk die voulyn van die kraag vas.  Werk die voulyn van die kraag wat as 'n kolletjieslyn op die kraag se patroon aangedui is, vas. STAP 20: Stik die knoopsgate.  Gebruik 'n liniaal, merk waar jou knope en knoopsgate gaan wees.  Stik TWEE knoopsgate.  Knip die knoopsgate oop met 'n knoopsgatskêr STAP 21: Werk die knope aan.  Werk die TWEE knope deeglik aan om seker te maak dat hulle goed funksioneer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) STAP 22: Afronding van die hemp/bloes  Vou die kraag af. Knip alle los garing.  Pars die kledingstuk.  Verpak. As die onderwyser tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) PATROONDELE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 31 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 32 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 33 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 34 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Kledingstukke) Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all