Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(VOEDSELPRODUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 30 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2021 (Food Production) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2021 · Afrikaans. Practical assessment task, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2021
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 896.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
VOEDSELPRODUKSIE
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
tot die einde van September geïmplementeer en maak voorsiening dat leerders
geassesseer word op die vaardighede wat hulle gedurende die weeklikse praktiese
klasse en praktiese eksamens in graad 10 en 11 bekom het. Dit maak ook voorsiening
vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of
eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al
die leerders die praktiese assesseringstake binne die gestipuleerde tydperk voltooi om
te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gehalte
voedselprodukte te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met die
Voedselproduksie praktiese opsie, bestaan uit EEN praktiese eksamen van DRIE
(3) ure.
Uiteensetting van die DRIE (3) URE:
o Twee ure en 15 minute om die produkte voor te berei.
o 45 minute vir evaluering, opruim en skoonmaak
Leerders sal die praktiese eksamen vir die PAT individueel uitvoer.
Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas.
2. PUNTETOEKENNING
Die totale puntetoekenning vir die PAT is 100 punte.
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in
Kwartaal 4.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT verskaf.
Praktiese eksamen 100
Finale punt vir PAT 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool
besluit om Verbruikerstudies met die Voedselproduksie praktiese opsie as 'n vak aan
te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde
getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die
KABV-dokument op bladsy 10.
Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die
PAT Eksamen te verseker:
'n Geskikte opleidingskombuis met die nodige toerusting moet beskikbaar wees:
'n minimum van ses stowe (gas/elektries); 'n yskas; elektrisiteit/gas; opwasbakke
met lopende warm en koue water en toerusting en gereedskap vir bereiding en
kook.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir die praktiese
eksamen word benodig om bestanddele te koop om die voorgeskrewe produkte
te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse.
Een leerder per stoof.
Dit is belangrik om aan die Covid-19-protokol van sosiale distansiëring te
voldoen.
'n Maksimum van 6–12 leerders word per sessie toegelaat, afhangende van die
aantal stowe beskikbaar in die opleidingskombuis.
Twee groepe van 6–12 leerders kan die praktiese eksamen op dieselfde dag afê
bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:30 tot 15:30.
Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om die eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydraamwerk van DRIE (3) UUR in totaal word vir die praktiese eksamen benodig.
Die DRIE uur moet soos volg ingedeel word:
5 minute vir oriëntasie en om rustig te raak.
5 minute vir ontsmetting van die werkstasie en hande was.
5 minute om te begin met die afmeet van bestanddele.
2 ure vir die voorbereiding van die produkte onder eksamentoestande.
45 minute vir die onderwyser om te evalueer, die leerders se werkstasies na te
gaan en om die assesseringsinstrument te voltooi.
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is,
plaasvind.
Die produksieproses en verkoopbaarheid van die produkte is belangrike
assesseringskriteria van hierde praktiese eksamen.
Leerders moet in staat wees om alle kookkunsvaardighede en tegnieke te toon
wat vir graad 12 geïdentifiseer is.
Die onderwyser moet 'n minimum van VIER verskillende toetse opstel wat vir
die beskikbare begroting en ander hulpmiddels by die skool geskik is.
Elke toets moet:
o Ten minste TWEE geregte insluit
o 'n Minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte hê
o 'n Verskeidenheid kookkunsvaardighede en -tegnieke insluit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
Sluit EEN van die volgende PER TOETS in. 'n Produk wat vir een toets gekies is,
mag nie in 'n ander toets herhaal word nie, om te verseker dat 'n verskeidenheid
vaardighede en tegnieke in elke toets getoets word.
o Gisproduk (gebak of diepgebraai)
o Chouxpasta
o 'n Gelatiengereg (nie kommersiële jellie nie)
o Tuisgemaakte broskors vir terte, pasteie of quiche
o Switserse rolkoek
o Sagte meringue soos suurlemoenmeringuetert of koninklike broodpoeding
o Suikerkokery
Die tweede produk kan enige geskikte tegniek of vaardigheid insluit solank die
vaardigheidskode-gewigswaarde steeds 20 punte is. Die gewigswaarde van die
twee produkte sal gelyk moet wees of so na aan gelyk moontlik wees.
'n Gewigswaarde mag slegs een keer aan 'n vaardigheid in die toets
toegeken word.
Alle resepte moet:
o Netjies in standaard- of aksieformaat getik wees
o Duidelik instruksies in kort sinne en maklike taal hê
o Klein wees, 2–3 porsies
o Geskik wees vir die beskikbare begroting en ander hulpmiddels
o Die verwagte kriteria insluit: smaak/geur, tekstuur en voorkoms
o Duidelik geïllustreer wees
LET WEL:
Leerders kan kies om hul finale produkte te verpak of op 'n bord te bedien. Die
verpakking en etikettering behoort in die sewe dae, nadat die leerders die toets getrek
het, voor hulle die praktiese eksamen aflê, voltooi te word.
Leerders moet die etiket en verpakking op die dag van die praktiese eksamen
saambring.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMENS
Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:
Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Kommunikeer hierdie datum aan
die bestuurspan van die skool om te verseker dat dit nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Al die toerusting/apparaat moet in 'n werkende toestand wees en die stowe
moet voor die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word.
Kopieer die toetse (resepte en werksvolgorde) vir elke leerder. Dit is verpligtend
dat elke leerder van 'n resep af moet werk.
Berei die assesseringsinstrument verskaf voor met leerders se name.
Leerders moet 'n toets EEN week (7 skooldae) voor die datum van die
praktiese eksamen trek sodat hulle kan voorberei.
Bereken die hoeveelhede om aan te koop volgens die getal leerders in
graad 12.
Beplan die finale inkopielys met die beraamde pryse.
Koop die bestanddele.
Maak die opleidingskombuis skoon en netjies en ontsmet dit.
Pak die nodige toerusting en bestanddele vir die eksamen uit. Leerders
moet nie tydens die eksamen rondloop en na toerusting in die stoorkamer
soek nie. Alle toerusting moet geredelik by hulle werkstasies beskikbaar
wees.
Berei 'n naamplaatjie vir die laaste groep leerders voor om die moderator te help
om die kandidate te identifiseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
7. UITVOER VAN DIE EKSAMENS
Praktiese eksamen in Kwartaal 3: DRIE (3) uur
Wanneer die leerders die opleidingskombuis (eksamenlokaal) binnekom, sal
hulle 5 minute vir oriëntering en om rustig te raak, hê, 5 minute om die
werkstasies te ontsmet en hande te was en dan voortgaan met die afmeet van
bestanddele voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkstasies geplaas
word.
Die produkte moet na 2 uur en 15 minute vir assessering gereed wees.
Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n
maksimum van 20 punte.
Slegs die leerders, die onderwyser en die moderator mag tydens die praktiese
eksamen in die lokaal wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen uitvoer en hy/sy mag NIE ander werk doen nie.
GEEN leerders mag op enige wyse gehelp word NIE..
Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot
aan die einde van die tydperk van 2 uur en 15 minute te wag nie.
Leerders word toegelaat om finale opruimwerk te doen terwyl die onderwyser
hulle produkte assesseer.
Die onderwyser moet die assesseringsinstrument voltooi.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die
assesseringsinstrument te voltooi.
Terwyl hulle produkte geëvalueer word nadat die praktiese eksamen afgehandel
is, moet leerders hulle werkstasies opruim en die toerusting ontsmet sodat die
onderwyser/moderator die werkstasies vir die finale toekenning van punte kan
inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
9.1 VOOR praktiese eksamen 1
Die onderwyser moet die volgende teen die einde van Maart, of vroeër, aan die
vakadviseur vir goedkeuring voorlê om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n
geskikte standaard is:
Die toetse en betrokke resepte wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens
die vaardigheidskode aandui
Die voorgestelde datum vir eksterne moderering by die skool vir die laaste
groep leerders
Hierdie datum moet met die vakadviseur onderhandel word
Die werksvolgorde van elke toets
Die nasienriglyne met die gewenste eienskappe van elke produk vir elke toets
Die beplanning vir die aankope
Die oorsiglys moet deur prinsipaal geteken wees
Die PAT kan nie gedoen word as dit nie deur die vakadviseur goedgekeur is
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen 2
Maak seker dat leerders hulle hande met seep en water was, hul maskers dra
en hul werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring
(1,5 m weg van mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.
Gedurende Kwartaal 3, sal 'n groep van 6–12 leerders, terwyl hulle die praktiese
eksamen by die skool aflê, ekstern deur die relevante vakadviseur gemodereer
word.
Die onderwyser moet op die dag van moderering die volgende vir die moderator
beskikbaar het:
o Die assesseringsinstrument van al die leerders wat die praktiese eksamen
voltooi het
o 'n Afskrif van die voltooide puntestaat vir die weeklikse praktiese klasse
o 'n Afskrif van die vier toetse wat die leerders sal uitvoer
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met
die name van die leerders reeds op die instrument.
Elke leerder moet 'n bywoningsregister teken voor die eksamen begin.
Die moderator sal lukraak ses (6) kandidate kies. Hierdie kandidate sal
onafhanklik van die onderwyser geassesseer word terwyl hulle die eksamen
aflê. Die produkte wat hierdie leerders gemaak het word ná die eksamen vir die
finale PAT-punt geassesseer.
Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van
die onderwyser vergelyk. Indien die moderator vind dat die onderwyser se punte
meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of
afwaarts, na gelang van die verskil, gemaak word.
Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en
die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die
aanpassingspeil wat vereis word.
PAT 2
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek.
Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat
aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN
VOEDSELPRODUKSIE
Gebruik die volgende vaardigheidskodegewigswaarde om resepte vir die PAT, sowel as
vir die weeklikse praktiese lesse, te kies.
Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir beide resepte gekies vir die praktiese
eksamen in Graad 12, moet 'n minimum totaal van 20 punte hê.
1 Gaarmaakmetodes
1.1 Bak: Bak in 'n onuitgevoerde pan (bv. koek) 3
Bak in 'n uitgevoerde pan (bv. koek) 4
Voorverhitting van die oond en stel op die korrekte temperatuur.
Posisie van die oondrak korrek, bak vir gewenste tyd.
1.2 Bak in 'n pan met warm water (bain-marie), bv. gebakte vla, soufflé, bobotie 4
1.3 Blindbak 4
1.4 Blansjering 2
1.5 Kook bo-op die stoof (bv. rys, pasta, groente) 2
1.6 Diepbraai (bv. skyfies, oliebolle, vetkoek) 4
1.7 Rooster (bv. hamburgerkoekies, biefstuk) 3
1.8 Oondbraai (bv. groente, vleis) 3
1.9 Gaarmaak in mikrogolfoond (bv. vlasous, witsous, pasta) (nie om melk, voedsel, water 3
warm te maak nie)
1.10 Posjeer (bv. eiers) 3
1.11 Drukkoker gebruik, (bv. vleis-en-groentebredie, boontjiesop) 3
1.12 Soteer (bv. uie, soetrissie, ens.) 2
1.13 Seël en verbruining van vleis/maalvleis/droogbraai van spekvleis 2
1.14 Vlakbraai (bv. pannekoeke, plaatkoekies, hamburgerkoekies, viskoekies) 3
1.15 Prut/Stowe vleis/hoendergeregte met groente, droë vrugte 3
1.16 Stoom: Dubbelkoker of mengbak op kastrol (bv. vis, eiers, vlasous, smelt sjokolade) (nie 3
rys nie)
2 Gelatien
2.1 Gelatiengeregte (bv. gevormde slaai of nagereg) 3
2.2 Gelatiengereg gemaak met kommersiële jellie 2
2.3 Invou van ander bestanddele op die regte stadium, soos geklopte room of gerasperde 2
komkommer.
2.4 Ontvorming van gelatiengereg 2
3 Eiers
3.1 Sagte meringue (bv. suurlemoenmeringuetert) 3
3.2 Harde meringue (skuimpies) 3
3.3 Vlabasis met eiers, (bv. quiche/melktert) 2
3.4 Klop en invou van eierwit (bv. soufflé, melktert, roulade) 3
4 Gisgebak/suurdeeggebak
4.1 Berei gisbeslag of gisdeeg 4
5 Mengmetodes
5.1 Beslag (bv. pannekoeke, plaatkoekies, poffertjies, koek, muffins ens.) 3
5.2 Chouxpasta 5
5.3 Deeg/tertdeeg, invryfmetode (bv. broskors, botterbroodjies) 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
6 Voorbereiding van bestanddele
6.1 Skil, sny, kerf, blokkies sny van groente, (bv. julienne-wortels,) 2
6.2 Ontbeen hoender/hoenderborsies 2
7 Klaarvoorbereide voedsel
7.1 Berei 'n beskuitjiekors (bv. gebruik van Marie-beskuitjies/Tennis-beskuitjies en gesmelte 2
botter)
7.2 Gebruik klaarvoorbereide tertdeeg/filodeeg/brooddeeg 2
8 Souse en slaaisouse
8.1 Gekookte souse (bv. vleissous, vlasous, coulis, lemoensous, sous verdik met meelblom) 2
8.2 Mayonnaise (tuisgemaak) 4
8.3 Ongekookte, tuisgemaakte slaaisous 2
8.4 Gekookte slaaisous 4
8.5 Witsous/kaassous, rouxmetode 3
8.6 Hollandaisesous 3
9 Suikerkokery en tuisgemaakte lekkergoed
9.1 Karamelisering van suiker, (bv. karamelsous) 4
9.2 Kook suikerstroop tot sagtebalstadium, hardebalstadium, ens 4
9.3 Manipulasie van suikerstroop (bv. klop fudge) 2
9.4 Manipulasie van suikerstroop om gespinde suiker te maak 4
9.5 Sny lekkers (bv. fudge, malvalekkers) in vorms 2
10 Tegnieke
10.1 Klop en invou van room 2
10.2 Botterversiersel/roomkaasversiersel – berei en versier kolwyntjies en koeke 3
10.3 Garnering, gevorderd (bv. tamatie-/aartappel-/radysblomme/tuiles/sjokoladekrulle/ 2
sjokoladeblare, sjokoladekoppies/vorm en versiering met fondantversiersel/marsepein en
ander versierings, ens)
10.4 Gebruik van versierbuis of -sak, vorm eweredige vorms 3
10.5 Royal-versiersel (versiersuiker en water/suurlemoensap/eierwit – verglansing) – bereiding 2
en gebruik
10.6 Voorbereiding en gebruik van sjokolade ganache (sjokolade en room) 3
10.7 Puree 2
10.8 Vorm van deeg (bv. botterbroodjies/skons, koekies, oliebolle, broodrolle, koeksisters, 3
krokette)
10.9 Vorm van stywe deeg (bv. uitrol van tertdeeg, koekiedeeg) 3
10.10 Rol van Switserse rolkoek/Roulade/Chelseabolletjie/Sweedse teering 3
10.11 Lamingtons/Ystervarkies – maak sjokoladesous en doop, rol in klapper 3
10.12 Gebruik gespesialiseerde toerusting, (bv. voedselverwerker, versapper, pastamasjien nie 2
elektriese klitser of diepbraaier nie)
11 Enige ander vaardigheid wat nie genoem is nie (mag slegs twee maal in dieselfde 1
toets gebruik word)
Afmeet van bestanddele kan hier bygevoeg word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE BEPLANNING: GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN
(Moet aan einde van Maart of vroeër, aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum(s) en tyd(e) van eksamensessies:
TOESTE VIR PAT: GRAAD 12 (heg alle resepte aan, sluit die kriteria vir evaluering en 'n
illustrasie van die gewenste produk in).
Die keuse van die illustrasies moet duidelik genoeg wees vir die leerders se reproduksie.
Toets 1: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 2: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 3: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 4: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van Maart of vroeër, aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Aantal Aantal Aantal Datums Tyd
Leerders Leerders toetse leerders
per groep per toets
1 6 4 2 10/09/21 08:00–11:00
19 2 6 4 2 10/09/21 12:30–15:30
3 7 4 2 11/09/21 08:00–11:00
Toets Resep 1: Quiche Lorraine Resep 2: Koninginpoffertjies
1 Bestanddele 1 x6 Koekmeel 1 x6
Salticrax-beskuitjies ¾ pak 5 pk Margarien 125 mℓ 750 mℓ
Margarien 50 mℓ/g 300 g Strooisuiker 62,5 mℓ 360 g
(60 g)
Spekvleis 100 g 600 g Sout 50 mℓ 300 mℓ
Cheddarkaas, gerasper 250 mℓ 1 500 mℓ Eiers knippie Pakkie
Eiers 4 24 Geklopte room 2 12
Room, langlewe 125 mℓ 750 mℓ Papierhanddoek 100 mℓ 600 mℓ
Melk 175 mℓ 1050 mℓ Olie vir diepbraai 1 rol
Hoenderaftrekselblokkie ½ 3 5 liter
Spray and Cook 1 tin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan einde van Maart of vroeër, aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totaal Groepe Aantal leerders per Aantal Aantal leerders per Datums Tyd
leerders groep toetse toets
Toets Resep 1: Resep 2:
1 Bestanddele 1 X Bestanddele 1 X
Toets Resep 1: Resep 2:
2 Bestanddele 1 X Bestanddele 1 X
Toets Resep 1: Resep 2:
3 Bestanddele 1 X Bestanddele 1 X
Toets Resep 1: Resep 2:
4 Bestanddele 1 X Bestanddele 1 X
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Bestanddele Toets 1 Toets 2 Toets 3 Toets 4 Totale Beraamde
(aankope koste van
in g/kg) hoeveelhede
benodig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
VERBRUIKERSTUDIES
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
VOEDSELPRODUKSIE
OORSIGLYS VIR BEPLANNING (WAT VIR MODERERING INGEGEE MOET WORD)
SKOOL
ONDERWYSER
HOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle PAT sessies Voorgestelde Goedgekeurde
modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR
MODERATOR
Vier toetse
Elke toets bestaan uit minstens 2 produkte
Elke toets sluit 'n verskeidenheid vaardighede in en
het 'n gewigswaarde van 20 punte
Alle resepte aangeheg, netjies getik in die korrekte
formaat
Alle resepte is in metrieke vorm.
Alle resepte is vir 'n maksimum van 2–3 porsies.
Resepte duidelik geïllustreer
(Illustrasies is duidelik om te druk)
Nasienriglyne met gewenste eienskappe vir elke
produk/resep is ingesluit.
Volgorde van werk/Tydskedule vir elk van die
vier toetse ontwikkel.
Beplanning vir aankope is aangeheg.
Sluit EEN van die volgende per toets in.
Gisgebak (gebak/diepgebraai), chouxpasta,
'n gelatiengereg (nie kommersiële gelatien nie),
tuisgemaakte broskorsdeeg vir terte, pasteie of
quiche, Switserse rolkoek, sagte meringue
soos suurlemoenmeringue, tert of
koninklike broodpoeding, suikerkokery
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM_________________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: _______________________ DATUM: _____________________
HOOF: _______________________ DATUM: _____________________
MODERATOR: _______________________ DATUM: _____________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOEDSEL PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL____________________________________
DATUM _________________
ONDERWYSER____________________________
MODERATOR____________________________
PRAKTIESE EKSAMEN
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
1.1 Interpretasie van die resep 4
Volg resepinstruksies akkuraat 2
Verstaan terminologie vir interpretasie 2
1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20
Korrekte afmeet van hoeveelhede vir beide resepte 4
Korrekte tegnieke toegepas vir die produksie van resep 1 8
Korrekte tegnieke toegepas vir die produksie van resep 2 8
1.3 Korrekte hantering van gereedskap en toerusting 8
Gebruik korrekte gereedskap/toerusting om voedsel voor te 3
berei en gaar te maak
Korrekte tyd en temperature vir voorbereiding/gaarmaak 2
Veilige gebruik van gereedskap, toerusting/stoof 3
1.4 Ekonomiese produksie van produk(te) 8
Gereelde gehaltebeheer-kontrolepunte (tydens afmeting en 2
produksie)
Ekonomiese gebruik van bestanddele, geen vermorsing van
bestanddele nie, mengbakke skoon uitgekrap 2
Werk onafhanklik, stil, steur nie ander nie, vra nie enige vrae 2
Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd 2
2 HIGIËNE EN NETHEID
2.1 Werkstasie & gereedskap gedurende Praktiese Eksamen 8
Werkstasie netjies en goed georganiseer 2
Skottelgoedwater word gereeld vervang (warmwater, afspoel) 2
Vadoeke skoon, beskikbaar en lê nie rond nie 2
Werk higiënies en veilig 2
2.2 Persoonlike voorkoms 3
Geskik geklee met beskermende klere (Skooluniform en 1
voorskoot)
Naels skoon en kort, hare heeltemal bedek 1
Hande gewas en ontsmet wanneer die klas betree word en 1
tydens gereelde tussenposes
2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4
Werkstasie, opwasbak en stoof skoon 1
Gereedskap skoon en in korrekte stoorplek weggepak 2
Afval verwyder, asblikke skoon 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOEDSEL PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12
(vervolg)
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
3 VERKOOPBAARHEID
3.1 Verpakking Bediening op 'n bord 4
Beskerm die produk Geskik vir die tipe produk 1
Korrekte grootte bord vir die
Geskik vir die produkte 1
produkte
Koste-effektief Kreatiwiteit 1
Aantrekkingskrag vir
Aantrekkingskrag vir verbruikers 1
verbruikers
3.2 Etiket 5
Lys van bestanddele gebruik 1
Toon kreatiwiteit 1
Vervaardiger se naam/fisiese adres/kontakbesonderhede 1
Massa of volume/Prys 1
Allergene/Waarskuwings 1
3.3 Produkte geskep, hou by spesifikasies 36
Alle porsies/produkte in dieselfde grootte bondels (Produk 1) 2
Alle porsies/produkte in dieselfde grootte bondels (Produk 2) 2
Voorkoms van finale produk (Produk 1) (gebruik die skaal
5
hieronder)
Voorkoms van finale produk (Produk 2) (gebruik die skaal
5
hieronder)
Tekstuur van finale produk (Produk 1) 3
Tekstuur van finale produk (Produk 2) 3
Smaak/geur van finale produk (Produk 1) 3
Smaak/geur van finale produk (Produk 2) 3
Geskiktheid vir verkope (Produk 1) (gebruik die skaal hieronder) 5
Geskiktheid vir verkope (Produk 2) (gebruik die skaal hieronder) 5
TOTAAL 100
Penalisering vir laat wees: trek 2 punte af vir elke 5 minute laat tot
'n maksimum van 20 punte
TOTAAL 100
VOORKOMS VAN FINALE PRODUK/GESKIKTHEID VIR VERKOPE:
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan vereistes nie, kan nie verkoop nie
2 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie
3 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop
4 Goed, voldoen aan alle vereistes, behoort goed te verkoop
5 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed verkoop
LET WEL:
Leerders kan kies om hul finale produkte te verpak of op 'n bord te bedien. Die verpakking en
etikettering behoort in die sewe dae, nadat die leerders die toets getrek het, voor hulle die
praktiese eksamen aflê, voltooi te word.
Leerders moet die etiket en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELDE VAN TOETSE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
ROLKOEK
Bestanddele:
Lewer: 6 snye
100 mℓ koekmeelblom
½ mℓ sout
4 eiers
100 mℓ strooisuiker
5 mℓ vanieljegeursel
100 mℓ appelkooskonfyt
Metode:
1. Berei die waspapier bedekte pan/papierkassie voor (17 cm x 23 cm).
2. Voorverhit die oond tot 180 °C.
3. Sif die koekmeel en sout saam.
4. Klop die eiers en strooisuiker tot bleek en dik (oor warm water).
5. Voeg die vanieljegeursel by.
6. Vou die droë bestanddele liggies by die eiermengsel in.
7. Versprei die mengsel in die voorbereide pan/papierkassie.
8. Bak in voorverhitte oond vir 7–10 minute.
9. Besprinkel 'n klam, skoon doek met korrelsuiker.
10. Wanneer die koek gaar is, keer onmiddellik uit op die suikerbesprinkelde doek, sny die kante
netjies ½ cm van die rand af.
11. Rol op deur die klam doek te gebruik.
12. Laat dit afkoel.
13. Rol oop en smeer konfyt op. Rol weer op en laat dit heeltemal afkoel.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Rolkoek Ligbruin kleur Fyn krummel, klein Delikate aangename
Koeklaag 10 mm selle smaak/geur
Stewig gerol Delikate krummel Geen rou-eier-smaak/
Netjiese, ronde vorm Nie klewerig nie -geur nie
Nie gekraak nie/gebreek
(5) (3)
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
FUDGE
Bestanddele:
Lewer: 12 blokkies
375 mℓ suiker
125 mℓ (1/2 blikkie) kondensmelk
62,5 mℓ margarien
62,5 mℓ water
10 mℓ goue stroop
1 mℓ kremetart
3 mℓ vanieljegeursel
Metode:
1. Voeg al die bestanddele, behalwe die kondensmelk en vanieljegeursel saam, in 'n swaarboom-
kastrol en roer oor lae hitte. (Maak seker dat al die suiker opgelos is voordat die mengsel kook.)
2. Kook vir 2 minute, verwyder van die stoofplaat en voeg die kondensmelk by.
3. Borsel die sykante van die kastrol met warm water om suikerkristalle op te los.
4. Verlaag die hitte en roer af en toe (elke 2 minute) om te voorkom dat die mengsel brand.
5. Laat die fudge kook totdat dit die sagtebalstadium (112 oC) bereik.
6. Verwyder die mengsel van die hitte en plaas op 'n klam lap om die kookproses te stop.
7. Klop die mengsel totdat dit tekens van stolling toon.
8. Gooi in 'n gesmeerde pan (17 cm x 15 cm) ('n roomyshouer werk goed).
9. Laat toe om te stol en merk dit af in eweredige blokke.
10. Breek dit in stukke sodra dit heeltemal gestol is.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Fudge Karamelbruin kleur Glad, fyn korrels Fyn delikate smaak/geur
Gladde oppervlak Geen onopgeloste/ Glad op die palet
Goed gestol groot suikerkristalle
Alle blokkies is dieselfde teenwoordig nie
grootte
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
KONINKLIKE BROODPOEDING
Bestanddele:
Lewer: 2
4 snye witbrood
±80 mℓ botter/konfyt
2 eiers geskei
30 mℓ strooisuiker
250 mℓ melk
2 mℓ kaneel
2 mℓ vanieljegeursel
25 mℓ rosyntjies (opsioneel)
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Smeer die botter en konfyt op die brood.
3. Sny die brood in kwarte en pak dig teen mekaar in 'n oondvaste houer. (±10 cm x 15 cm).
4. Klits die eiergeel, kaneel, vanieljegeursel en melk saam en gooi dit oor die brood.
5. Bak vir 10–15 minute.
6. Terwyl broodmengsel bak, klits die eierwitte terwyl die suiker bietjie vir bietjie bygevoeg word,
tot die stywepuntstadium. Verwyder uit die oond.
7. Gebruik 'n versierbuis/lepel om die meringue bo-op die broodmengsel te versprei.
8. Bak totdat die meringue 'n aantreklik bruin kleur het (ongeveer 10 minute).
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Koninklike Sagte meringue bo-op Ligte meringue, nie Ligte kaneelsmaak/
Broodpoeding Ligbruin kleur korrelrig nie, krakerige -geur
Meringue bedek die buitelaag Meringue nie te soet
hele boonste deel van Vla gestol nie
die gereg
(5) (3)
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
OLIEBOLLE
Bestanddele:
Lewer: 6–8
30 mℓ louwarm water
30 mℓ louwarm melk
20 mℓ olie
30 mℓ geklitste eier
0,5 mℓ sout
12,5 mℓ suiker
10 g kitsgis
250 mℓ koekmeeblom
± 500 mℓ olie vir diepbraai
Glaseersel
100 mℓ gesifte versiersuiker
25 mℓ kakao (opsioneel) of sjokolade
Voedselkleursel soos benodig
12,5 mℓ kookwater
Metode:
1. Meng die louwarm water, melk en olie saam.
2. Klits die eier en suiker saam en voeg by die vloeistof hierbo.
3. Sif die koekmeelblom en sout in 'n groot mengbak en sprinkel die gis oor.
4. Voeg die vloeistof by die meelmengsel om 'n sagte kniebare deeg te vorm. (Moenie al die vloeistof
op een slag byvoeg nie, om te voorkom dat die deeg te nat is).
5. Knie die deeg vir 10 minute totdat dit sag en elasties is.
6. Plaas die deeg in 'n mengbak wat met olie uitgesmeer is en bedek met 'n kleefplastiek.
7. Laat die deeg in 'n warm plek rys tot dubbel die grootte (± 20-30 minute).
8. Knie af, vorm die oliebolle of rol die deeg 1 cm dik uit en sny die oliebolle uit met 'n oliebolle
deegsnyer.
9. Plaas die oliebolle op waspapier en laat dit in 'n warm plek rys tot dubbel die volume (bedek met
gesmeerde kleefplastiek) (± 20-30 minute).
10. Braai in diep olie tot goudbruin (gebruik 'n klein tot medium kastrol om olie te bespaar).
11. Dreineer op absorbeer papier.
12. Wanneer dit afgekoel het, bedek met/drup glaseersel oor.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Oliebolle Goed gerys en lig in massa in Lig in massa Aangename
verhouding tot die grootte Elastiese krummel neutagtige smaak/
Goudbruin Vogtig maar nie geur
Netjies gevorm/dieselfde deegagtig nie Geen skerp gissmaak/
grootte -geur nie
Selle is klein, egalig Delikaat, en nie
olierig nie
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
PANNACOTTA
Bestanddele:
Bedien: 2
125 mℓ room
125 mℓ melk
50 mℓ suiker
5 mℓ gelatien
25 mℓ water
5 mℓ vanieljegeursel
Vrugte om te versier
Metode:
1. Kombineer die room, melk en suiker in 'n swaarboomkastrol en bring tot kookpunt.
2. Kook vir 4–5 minute.
3. Skakel die hitte af, voeg vanieljegeursel by en plaas eenkant.
4. In 'n klein glasbak meng die gelatien en koue water.
5. Laat toe om te hidreer.
6. Smelt die gehidreerde gelatien oor 'n kastrol met warm water of plaas in 'n mikrogolfoond vir
20 sekondes om op te los. Moenie laat dit kook nie.
7. Roer die gelatienmengsel by die vanielje-en-roommengsel. Roer liggies.
8. Gooi die mengsel in 'n klein nageregbakkie of pannacotta-vormpie of 'n lang nageregglas.
9. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
10. Verkoel in die yskas vir ten minste een uur totdat dit gestol het.
11. Versier met vars vrugte.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Pannacotta Goed gestol, maar Glad, romerige, Delikate, romerige
drillerig fluweelagtige tekstuur vanieljesmaak
Aantreklike/geskikte Geen duidelike Kenmerkend van
versiering gelatienstringe nie vrugte wat vir
versiering gebruik is
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
SJOKOLADE-ÉCLAIRS
Bestanddele:
Lewer: 4
Chouxpasta/-deeg:
65 mℓ water
30 mℓ margarien
65 mℓ koekmeelblom
1 mℓ sout
1 jumbo-/ekstragroot eier
Vulsel:
100 mℓ room
10 mℓ strooisuiker
Glanssous:
100 mℓ versiersuiker
25 mℓ kakao
12,5 mℓ kookwater
Metode:
Chouxpasta:
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Berei die bakplaat voor (sprinkel liggies waterdruppels op die bakplaat).
3. Plaas die botter en die water in 'n kastrol en verhit met die deksel op, totdat die mengsel begin
kook. Hou die deksel op en laat dit kook vir 'n paar sekondes (min of meer 60 sekondes).
4. Voeg al die gesifte koekmeelblom op een slag by en hou die mengsel op die hitte, klop met 'n
houtlepel totdat die mengsel van die kante van die kastrol wegkom en 'n bal vorm.
5. Hou dit vir 'n verdere 30 sekondes op die hitte totdat al die stysel gaar is.
6. Verwyder van die hitte.
7. Laat dit afkoel tot louwarm/60 °C.
8. Klop die eiermengsel geleidelik by, klop goed na elke byvoeging. Dit moet glansend wees en die
tekstuur van 'n drupbeslag hê.
9. Vorm die éclairs op die bakplaat (gebruik 'n versierbuis/sak).
10. Bak in die oond teen 220 °C vir 10 minute of tot die éclairs genoeg gerys het, verlaag die hitte na
180 °C en bak vir nog ± 10 tot 15 minute, tot dit bros is en 'n ligte goudbruin kleur het. Éclairs
moet hol klink wanneer daaraan getik word.
11. Nadat dit uit die oond verwyder is, maak 'n klein gatjie in die basis van die éclairs. Dit sal die
stoom laat ontsnap en voorkom dat die éclairs pap word. Plaas terug in die afgeskakelde oond
om uit te droog.
12. Laat die éclairs op 'n afkoelrak afkoel.
Vulsel en Glanssous:
1. Klits die room tot die sagtepuntstadium, voeg die strooisuiker by en meng goed.
2. Vul die éclairs met geklitste room en plaas op 'n afkoelrak.
3. Meng die bestanddele vir die glanssous en drup/versprei dit oor die éclairs. Laat dit toe om te stol.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Sjokolade-éclairs Goed gerys Kors: Bros maar Kors: Aangename
Goudbruin kors nie hard nie smaak/geur
Almal dieselfde grootte Nie pap nie Vulsel: Aangenaam,
Sjokolade gestol en Vulsel: Sag en vogtig soet
glansend binne
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
BOTTERSKORSIE-EN-FETA-QUICHE
Bestanddele:
Lewer: 6
Broskorsdeeg:
250 mℓ koekmeelblom
125 mℓ margarien, in blokkies gesny
1 mℓ sout
10 mℓ koue water
1 eiergeel
5 mℓ suurlemoensap
Vulsel:
¼ ui in skywe gesny
125 mℓ blokkies botterskorsie
5 mℓ olie
5 mℓ bruinsuiker
2 mℓ komynsaad
25 g feta kaas
10 mℓ strooisuiker
Eiervla:
125 mℓ room (of 75 mℓ room en 50 mℓ melk vir 'n ligter opsie)
2 heel eiers
Sout en peper vir smaak/geur
Metode:
Broskorsdeeg:
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Berei 6 klein quiche-pannetjies/weggooibare aluminiumtertpannetjies.
3. Berei waspapier en bakgewiggies voor om die deeg blind te bak.
4. Sif die koekmeelblom en sout saam en vryf die margarien by die koekmeelblommengsel in
totdat dit soos broodkrummels vertoon.
5. Meng die eier, water en suurlemoensap saam.
6. Voeg die eiermengsel 'n bietjie op 'n slag by die koekmeelblommengsel. Hou op om nog van
die eiermengsel by te voeg sodra die deeg vorm.
7. Bedek die deeg met kleefplastiek.
8. Laat dit in die yskas rus vir ten minste 15–30 minute.
9. Rol die deeg uit en voer die pannetjies/tertpannetjies met die deeg uit.
10. Prik die bodem met 'n vurk.
11. Plaas in die yskas vir 15 minute.
12. Bak blind vir 10 minute.
13. Verwyder die bakgewiggies en bak totdat die bodem van die kors deurgebak is.
14. Laat dit in die pannetjies/tertpannetjies op 'n afkoelrak afkoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
Vulsel:
1. Soteer die ui in die olie en plaas eenkant.
2. Plaas die botterskorsie op 'n roosterpan.
3. Sprinkel die suiker en komynsaad oor. Besprinkel met olie.
4. Rooster in die oond tot al dente op 180 °C vir ongeveer 10 minute.
5. Versprei die uie op die gaar tertkorse.
6. Plaas die geroosterde botterskorsie en fetablokkies bo-op die ui.
7. Klits die eiers en room/melk saam en smaak/geur.
8. Gooi die eiermengsel oor die groentevulsel.
9. Bak in 'n voorverhitte oond op 180ºC, op 'n voorverhitte bakplaat totdat die eiervla net stol.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Botterskorsie-en-feta- Goudbruin kors, Kors: Bros, maar Kors: Aangename
quiche Kors se randjies nie nie hard nie smaak/geur
gebreek nie, Nie pap nie Vulsel: Kenmerkend
deurgaans egalig Vulsel: Sag en klam van die botterskorsie
Al die vulsel is binne, nie loperig nie en komyn
deurgaans eweredig
versprei
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
PANNEKOEK MET SOUTIGE VULSEL
Bestanddele:
Lewer: 4–6
Pannekoek:
125 mℓ koekmeelblom
1 mℓ bakpoeier
200 mℓ melk
1 groot eier
15 mℓ sonneblomolie
Metode:
1. Sif die droë bestanddele saam.
2. Klits die eier, melk en olie saam.
3. Meng die vloeistof by die droë bestanddele tot 'n gladde beslag.
4. Laat die beslag vir ten minste 30 minute staan (Gooi die beslag in 'n beker).
5. Verhit 'n braaipan oor matige hitte.
6. Gooi 'n klein bietjie olie in die pan (net genoeg om die bodem van die pan te bedek).
7. Gooi genoeg beslag in die pan om die bodem van die pan te bedek.
8. Braai totdat borrels op die oppervlak van die pannekoek vorm. Die pannekoek trek weg van die
kant van die pan en die rande word droog en begin krul.
9. Draai om met 'n spatel of eierspaan en braai die ander kant (ongeveer 1 minuut).
10. Plaas die pannekoek op 'n bord. Hou die pannekoek warm deur dit op 'n bord oor 'n kastrol met
kookwater op die stoof te plaas.
Vulsel:
½ ui
3 spinasieblare
4 sampioene
2 repies spekvleis/macon/1 Weense worsie
30 mℓ (30 g) margarien
30 mℓ koekmeelblom
250 mℓ melk
30 g cheddarkaas (gerasper)
Sout en peper na smaak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
Metode:
1. Kap die uie, spinasieblare en sampioene.
2. Soteer die ui.
3. Voeg die spinasieblare en sampioene by en braai tot dit gaar is.
4. Plaas eenkant.
5. Sny die spekvleis/macon/Weense worsie.
6. Smelt die margarien in 'n kastrol.
7. Roer die koekmeelblom by die gesmelte margarien totdat die koekmeelblom met margarien
bedek is.
8. Verwyder die kastrol van die hitte, voeg die melk geleidelik by en roer met 'n houtlepel om goed
te meng.
9. Plaas die kastrol terug op die hitte en hou aan roer oor matige hitte totdat die witsous kookpunt
bereik.
10. Prut vir 2–3 minute om te verseker dat die witsous goed gaar is en nie 'n rou of meelagtige
smaak het nie.
11. Verwyder die kastrol van die hitte.
12. Smaak/geur met sout en peper.
13. Roer die kaas by die witsous.
14. Voeg die ui, spinasie, sampioene en spekvleis/macon/Weense worsie by die witsous.
15. Skep die vulsel in die pannekoek.
16. Rol of vou die pannekoek.
17. Bedien warm.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR SMAAK/GEUR
Pannekoek met Dun, plat en rond en Pannekoek: Souterige smaak/geur
soutige vulsel deurgaans met Sag en nie deegagtig Aangename mengsel
dieselfde dikte nie. van die bestanddele in
Egalige goudbruin Geen droë rande nie die vulsel
kleur, geen donker Geen klonte
spikkels nie teenwoordig nie
Geen gekraakte Vulsel:
rande nie Geen klonte nie
Netjies gevou of gerol Al die bestanddele
gaar en sag
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDESWAARDE VAN TEGNIEKE
IN TOETSE VIR DIE PAT GEBRUIK
Switserse Rolkoek en Fudge
Resep 1: Naam: Switserse rolkoek Resep 2: Naam: Fudge
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.1 Rolkoekbeslag 3 9.2 Kook suikerstroop 4
1.1 Bak in 'n 4 9.3 Manipulasie van 2
uitgevoerde pan suikerstroop
10.10 Oprol van rolkoek 3 9.5 Sny vierkante 2
11 Smeer konfyt 1 11 Afmeet 1
Totaal resep 1 11 Totaal resep 2 9
Totaal 20
Koninklike Broodpoeding en Oliebolle
Resep 1: Naam: Koninklike Broodpoeding Resep 2: Naam: Oliebolle
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
3.3 Eiervla 2 4.1 Gisdeeg 4
3.1 Sagte meringue 3 10.8 Vorm deeg 3
10.4 Gebruik van 'n 3 1.6 Diepbraai 4
versiersak/buis
1.1 Bak in 'n 3 10.5 Glaseersel 2
onuitgevoerde pan
Totaal resep 1 11 Totaal resep 2 13
Totaal 24
Pannacotta en Sjokolade-éclairs
Resep 1: Naam: Pannacotta Resep 2: Naam: Sjokolade-éclairs
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
1.5 Kook 2 5.2 Chouxpasta 5
2.1 Gelatien 3 10.4 Vorming/buisvorming 3
10.1 Klits en invou van 2 1.1 Bak in onuitgevoerde pan 3
room
10.7 Puree 2 10.5 Glanssous 2
Totaal resep 1 9 Totaal resep 2 13
Totaal 22
Botterskorsie-en-feta-quiche en Pannekoek met Soutige Vulsel
Resep 1: Naam: Botterskorsie-quiche Resep 2: Naam: Pannekoek met Soutige Vulsel
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.3 Invryf 3 5.1 Beslag 3
1.3 Blindbak 4 8.5 Witsous (roux-metode) 3
1.8 Rooster 3 1.14 Vlakbraai 3
3.3 Eiervla 2 1.12 Soteer 2
Totaal resep 1 12 Totaal resep 2 11
Totaal 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
WERKSVOLGORDE EN TYDTOEKENNING
Tydtoekenning Switserse Rolkoek en Fudge
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min Berei die fudge voor.
Laat dit kook.
Roer elke 2 minute.
08:25–08:35 10 min Ruim op.
08:35–08:50 15 min Klits die fudge weg van die hitte af.
Giet in die pan.
Laat toe om te stol.
08:50–09:10 20 min Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei die Switserse rolkoekbeslag voor.
Bak.
09:10–09:20 10 min Berei die doek voor om op te rol.
Rol die Switserse rolkoek op.
Laat dit afkoel.
09:20–09:30 10 min Merk die fudge in blokkies.
09:30–09:40 10 min Ruim op.
09:40–09:55 15 min Rol die Switserse rolkoek oop.
Smeer konfyt op en rol weer op.
Sny die fudge in vierkante.
09:55–10:00 5 min Bedien beide produkte.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Tydtoekenning Koninklike Broodpoeding en Oliebolle
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:30 30 min Berei die olieboldeeg voor.
Bedek die deeg en laat dit rys.
08:30–08:35 5 min Ruim op.
08:35–08:50 15 min Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei die koninklike broodpoeding voor en bak sonder die
meringue.
08:50–09:05 15 min Knie die olieboldeeg af.
Vorm die oliebolle en laat dit toe om te rys tot dubbel die
grootte.
09:05–09:15 10 min Ruim op.
09:15–09:25 10 min Berei die meringue voor, versprei op die poeding en bak.
09:25–09:40 15 min Braai die oliebolle, laat dit afkoel.
09:40–09:50 10 min Berei die glaseersel voor/versier die oliebolle.
09:50–10:00 10 min Bedien beide produkte
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2021
NSS (Voedselproduksie)
Tydtoekenning Pannacotta en Sjokolade-éclairs
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min Hidreer gelatien, berei die pannacotta voor en plaas in die
yskas om te stol.
08:25–08:35 10 min Ruim op.
08:35–08:45 10 min Voorverhit die oond tot 200 °C.
Berei die chouxpasta voor en laat toe om af te koel.
08:45–08:55 10 min Ruim op.
08:55–09:10 15 min Voltooi die chouxpasta en vorm die éclairs.
Plaas in die oond om te bak.
09:10–09:25 15 min Berei die versiering vir die pannacotta.
Klits die room en berei die sjokoladeglanssous voor.
09:25–09:30 5 min Ruim op.
09:30–09:45 15 min Vul die éclairs met room en versier met sjokoladeglanssous.
09:45–09:50 5 min Verwyder die pannacotta uit die yskas en versier.
09:50–10:00 10 min Bedien beide produkte.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Tydtoekenning Botterskorsie-quiche en Pannekoek met Soutige vulsel
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min Berei die deeg voor en plaas in die yskas.
08:25–08:35 10 min Ruim op.
08:35–08:50 15 min Berei die pannekoekbeslag voor en laat dit eenkant staan.
08:50–09:05 15 min Rol die deeg uit, voer die quiche-pan daarmee uit en laat die
deeg in die yskas rus.
09:05–09:20 15 min Rooster die botterskorsie en berei die quiche-vulsel.
09:20–09:30 10 min Voltooi die bereiding van die quiche en bak.
09:30–09:40 10 min Ruim op.
09:40-09:50 10 min Berei die pannekoekvulsel voor.
09:50–09:55 5 min Vul die pannekoek en rol dit op of vou dit.
09:55–10:00 5 min Bedien beide produkte warm.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper