You're offline
Skip to content
Document

Consumer Studies PAT Grade 12 2020 (Clothing) Afr (Hersien) hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12202025 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE (HERSIEN) GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie; Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word tot aan die einde van Oktober geïmplementeer. Die PAT bied leerders die geleentheid vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.  Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoëns/vaardighede toon om kledingstukke/artikels te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.  Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit 'n uitlê-en-uitknipsessie en 'n praktiese eksamen.  Leerders voer hierdie PAT individueel uit. o Utlê-en-uitknipsessie: EEN-UUR-sessie (voor die praktiese eksamen) o Kwartaal 3/4: Praktiese eksamen o Leerders sal die kledingstuk/artikel gedurende die praktiese eksamen begin en voltooi.. 2. PUNTETOEKENNING  Elke PAT bestaan uit 100 punte. Die punt vir die finale praktiese assesseringstaak word in die tabel hieronder aangedui. Uitlê en uitknip 15 Praktiese eksamen 85 Finale punt vir PAT 100  Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.  Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMEN Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die Produksie van Kledingstukke praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde getal praktiese lesse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument op bladsy 10. Maak seker van die volgende:  'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: groot tafels vir uitlê en uitknip, 'n minimum van 12 naaimasjiene, 2 omkapmasjiene, 2 of meer strykplanke en strykysters, uitknipskêre (een vir elke leerder), elektrisiteit, naaldwerktoerusting om kledingstukke te maak.  'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir die praktiese eksamen word benodig, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') se weeklikse praktiese lesse.  Verdeel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders) kan die eksamen op dieselfde dag aflê, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:00 tot 15:00.  Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die klaskamer vir die volgende groep gereed te maak.  Skole met baie leerders sal meer as een dag nodig hê om die eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK  Uitlê en uitknip word vooraf in 'n EEN-UUR-PERIODE onder eksamentoestande gedoen.  'n Tydraamwerk van DRIE UUR in totaal word vir die praktiese eksamen benodig. 5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN Praktiese eksamen:  Die praktiese eksamen vind plaas op ‘n datum soos ooreengekom met die moderator.  Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die kledingstuk/ artikel is belangrike aspekte van die praktiese eksamen.  Die onderwyser moet 'n handelspatroon koop vir 'n kledingstuk/artikel wat binne DRIE URE voltooi kan word met die vaardighede wat die leerders tydens die SGA weeklikse praktiese lesse vir graad 10 en 11 geleer het.  Die tegnieke wat gedurende die praktiese eksamen voltooi moet word, moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte volgens die vaardigheidskodelys hê.  Die leerders moet die een-uur-uitlê-en-uitknipsessie onder eksamentoestande voor die praktiese eksamen voltooi.  Leerders moet die kledingstuk/artikel gedurende die praktiese eksamen begin en voltooi.  Na drie ure moet die leerders hulle kledingstuk/artikel vir assessering inlewer. Nadat die assessering voltooi is, word die kledingstukke/artikels aan die leerders teruggegee sodat foute reggemaak kan word en afronding gedoen kan word, indien nodig.  Die kledingstukke/artikels sal NIE weer nagesien word nadat die verbeterings aangebring is NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:  Bepaal die datums vir albei eksamens. Dra hierdie datums aan die bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander skoolaktiwiteite bots nie.  Al die toerusting moet in werkende toestand wees en die naaimasjiene moet voor die aanvang van die praktiese eksamen gediens en herstel word .  Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n handelspatroon vir elke leerder. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.  Vul die leerders se name en eksamennommers in op die puntestate wat verskaf word.  Die leerders moet die patroon en instruksies EEN WEEK (7 skooldae) voor die uitlê-en-uitknipsessie ontvang om voor te berei.  Koop die materiaal en ander benodigdhede, knip die kleedstof volgens die verlangde grootte vir elke leerder.  Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. 'n ritssluiter, knope en spelde  Deel die leerders in groepe volgens die getal naaimasjiene wat beskikbaar is.  Bedraad al die naaimasjiene vooraf met die geskikte kleur garing en toets die spanning van al die naaimasjiene.  Berei die klaskamer voor en maak seker die dat die onderstaande beskikbaar is o Elektriese kragproppe en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en strykplanke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die kledingstukke o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en uitknipskêre Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 7.1 Uitlê- en uitknipsessie: 1 uur voor die praktiese eksamen  Deel elke leerder se 'kit' uit, asook die kleedstof, patroon, instruksieblad en ander benodigdhede, soos die ritssluiters.  Die onderwyser word NIE toegelaat om leerders tydens die uitlê-en- uitknipsessie te help NIE.  Tydens die uitknipsessie moet die onderwyser punte toeken.  Leerders mag verbeterings aanbring/nuwe patroondele uitknip NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit word NIE weer nagesien NIE.  Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van praktiese eksamen. 7.2 Praktiese eksamen in Kwartaal 3/4: 3 ure  Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, ontvang hulle hul 'kits' met die uitgeknipte patroondele en ekstra afvalmateriaal (om die naaimasjiene se spanning te toets, indien nodig).  Genoeg skêre, spelde en naalde moet beskikbaar wees.  Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.  Individuele leerders, onder toesig van die onderwyser, doen die praktiese eksamen.  Die kledingstuk/artikel moet na DRIE URE gereed wees vir assessering.  Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte.  Slegs die onderwyser, moderator en kandidate mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer wees.  Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl die praktiese eksamen uitvoer word en hy/sy mag NIE ander werk doen of die leerders help NIE.  Die onderwyser moet praktiese eksamen nasien en die punte aanteken. Nadat die assessering van die kledingstukke/artikels voltooi is, word die kledingstukke/artikels aan die leerders teruggegee sodat foute reggemaak kan word en afronding gedoen kan word, indien nodig.  Die kledingstukke/artikels sal nie weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is nie.  Nadat die verbeterings aangebring is, word die kledingstukke/artikels op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar. 8. EVALUERING  Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale kledingstukke/artikels te evalueer, die werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.  Die leerders moet hulle werkplekke na voltooiing van die praktiese eksamen opruim, sodat die onderwyser die werkplekke vir die finale puntetoekenning kan inspekteer . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR die praktiese eksamen: Die onderwyser moet teen die einde van Junie, of vroeër, die volgende aan die vakadviseur vir goedkeuring voorlê om te verseker dat die standaard van die eksamen toepaslik is.  Die kledingstuk/artikel met 'n aanduiding van die vaardigheidskodegewigswaarde van die tegnieke  'n Fotokopie van die patroonkoevert  'n Illustrasie van die kledingstuk  Die lys van kleedstowwe, kramery/ekstra benodigdhede, ens. wat gekoop moet word  Die beraamde koste per leerder  Die voltooide oorsiglys, gekontroleer en deur die hoof geteken  'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir die praktiese eksamen  Die puntestaat vir die praktiese eksamen  Beplanning vir al die sessies (uitlê en uitknip en die praktiese eksamen) met die totale vaardigheidskodegewigswaarde van die tegnieke aangedui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit vooraf deur die vakadviseur goedgekeur is nie. 9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen:  'n Maksimum van 12 leerders sal in Kwartaal 3 ekstern deur die vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool doen.  Die onderwyser moet op die dag van die moderering die volgende vir die moderator gereed hê: o Al die kledingstukke/artikels wat die leerders tydens die weeklikse praktiese lesse vir SGA gemaak het (indien nie reeds gemodereer nie) o 'n Kopie van die voltooide puntestaat vir die weeklikse praktiese lesse o Die voltooide kledingstukke/artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds die eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator om te gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders reeds op die puntestaat geskryf  Die moderator sal lukraak 6 kandidate kies en hulle onafhanklik assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen, asook die kledingstukke/artikels wat hierdie leerders gemaak het.  Na afloop van die eksamen sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts, na gelang van die verskil, gemaak word.  Die gerekenariseerde puntestaat moet op die dag van moderering voltooi word.  Die volgende tabel toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal om te bepaal of 'n aanpassing gemaak moet word of nie asook die hoeveelheid aanpassing wat gemaak moet word: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) PAT 100 Leerders se name *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (Aantal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS -3 *O - Onderwyser; *M = Moderator  'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen nie aan die verwagte standaard voldoen nie.  Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word.  Die punte van al die leerders moet gefinaliseer en op die dag van moderering op die gerekenariseerde puntestaat voltooi word.  Die puntestaat moet deur die onderwyser, skoolhoof en moderator geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) VAARDIGHEIDSKODEGEWIGSWAARDE VIR TEGNIEKE WAT IN KLEDINGPRODUKSIE GEBRUIK WORD  Gebruik die volgende vaardigheidskodegewigswaarde om 'n patroon vir die PAT, sowel as vir die weeklikse lesse, te kies.   Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning NIE.   Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.   Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.   'n Gewigswaarde word toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke in die patroon wat vir die praktiese eksamen in graad 12 gekies word, moet 'n minimum totaal van 50 punte hê Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 10 Maak en sit moue in 15  Kleedstof korrek gevou 1  Ryg (3 rye) om moukop 3  Patroondele op lengtedraad geplaas 2  Moue pas netjies in mousgat 5  Dele wat op vou moet kom op vou geplaas 2  Alle nate en naatafwerkings netjies 4  Patroondele korrek vasgesteek 1  Soom van mou 3  Egalig geknip op kniplyne 2 Ritssluiter 15  Kepies korrek geknip 1  Naattoelating korrek en egalige wydte 2  Patroonmerke 1  Naatafwerking 2 Pylnate 10  Insit van rits: steke netjies, korrekte breedte van rits 4  Stik van breed na smal 2  Hoeke onderaan rits netjies en vierkantig 3  Reguit stiksel 2  Hoeke bo-aan rits netjies en vierkantig 3  Pars afwaarts of na middel van kledingstuk 3 Skuinsomboorsel 20  Knoop gare by punt en ryg terug in pylnaat in 3  Sny van skuinsstroke 5 Rygsdrade/Bo-op stiksel 10  Las van skuinsstroke 5  Patroonmerke korrek oorgedra 2 o Heg omboorsel aan vir afwerking 3  Egalig gespasieer 3 o Korrekte en egalige breedte 3  Stiksel reguit 3 o Lê plat en egalig 2  Pas by item/kleedstof 2 o Met masjien of hand vasgewerk 2 Oop- of toenate met afwerking 10 Plooie 12  Reguit stiksel/egalige ronding /reghoek 4  Patroonmerke korrek oorgedra 2  Naattoelating korrek en egalige breedte 3  Eweredig gespasieer 2  Naatafwerking 3  Egalige breedte 3 Vasmaakmiddels: lussie en hakies/knopies 5  Pas by kleedstof/patroon 2  Dieselfde grootte 1  Voue van plooie op regsdraad van kleedstof 3  Spasiëring 1 Bo-opgestikte sak 10  Geskik vir kledingstuk 1  Fatsoen van sak, grootte, soom/nate 3  Stewig vasgewerk 2  Korrekte posisie op kledingstuk 3 Gefatsoeneerde belegsel (vir openinge soos mousgat 20  Stiksel om sak vas te heg 4 of halslyn) Knope en knoopsgate 10  Berei belegsel en ryg vas aan opening 3  Knoopsgate: dieselfde grootte (hand/masjien) 3  Heg belegsel aan 4  Spasiëring 2  Belegsel lê plat en pas netjies in opening 3  Voorkoms 2  Naattoelating uitgedun, onderstiksel 4  Stewig vasgewerk 3  Belegsel egalige breedte 2 Some 10  Afwerking van rafelrande 2  Egalige en korrekte breedte 3  2 Belegsel aan skouer/synate vasgewerk  Lê plat, geen plooie/rygsels aan regtekant nie 2 Maak en heg kraag aan 20  Netjiese, reguit stiksel/netjies met hand gewerk 3  Berei kraag voor dit gestik word (houstiksel – stik en  Korrekte steeklengte/korrekte handsteek 2 ryg dele aanmekaar) 5 Smal enkelsome 8  Naat netjies gestik, egalige rondings/skerp hoeke 4  Egalige en korrekte breedte 2  Albei kante dieselfde 2  Netjies omgekap 2  Naattoelating uitgedun en uitgekeep 2  Netjies omgevou 2  Onderstiksel, geryg en gestryk 2  Netjies gewerk/gestik 2  Heg kraag aan kledingstuk: pas netjies 3 Uitlê en knip van afmetings, geen patroon nie 15  2 Naat netjies gestik, uitgedun, naatafwerking  Kleedstof korrek gevou 3  Afmetings korrek op kleedstof aangebring 4  Lengtedraad korrek gebruik 4  Egalige knipwerk 4 Heg van raglanmoue 5 Voorste opening en nekband 15  Stiksel reguit 2  Versterk 2  Naattoelating korrek en ewe breed 3  Band egalige wydte 4  Nekband pas behoorlik 3  Geen plooie nie 2  Stewig vasgestik 4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) ONDERWYSER SE BEPLANNING: GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN (Moet aan die einde van Junie, of vroeër, aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum en tyd van eksamensessies: TOETSE VIR PAT GRAAD (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: PRAKTIESE EKSAMEN TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Junie, of vroeër, aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep 25 1 8 10/09/2020 08:00–11:00 2 8 10/09/2020 12:30–15:30 3 9 11/09/2020 08:00–11:00 Benodigdhede Hoeveelheid Getal Totaal benodig per leerder leerders Poliësterkatoen 1m 25 25 meter Garing vir stikwerk 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Vilene 0,50 m 12,5 meter Ryggaring 1 25 tolletjies Ritssluiter 1 25 ritssluiters ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Poliësterkatoen 25 meter Garing vir stikwerk 25 tolletjies Patroon 25 patrone Vilene/tussenvoering 12,5 meter Ryggaring 25 tolletjies Ritssluiter 25 ritssluiters Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Junie, of vroeër, aan vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep Benodigdhede per leerder Hoeveelheid benodig Getal Totaal per leerder leerders ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: …………………………………….. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) VERBRUIKERSTUDIES KLEDINGPRODUKSIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK KLEDINGPRODUKSIE OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERINGVOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER HOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle Voorgestelde modereringsdatum Goedgekeurde modereringsdatum PAT-sessies KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Kledingstukke/artikels vir PAT ingesluit 'n Illustrasie van die kledingstuk/ fotokopie van die patroonkoevert Kopie van die instruksieblad vir leerders Voltooide lys van tegnieke en vaardigheidskodegewigswaarde van artikel vir praktiese eksamen Kriteria vir tegnieke wat gebruik word vir kledingstuk Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________ Handtekeninge: ONDERWYSER:_________________________ DATUM:______________________________ HOOF:___________________________ DATUM:______________________________ MODERATOR: ________________________ DATUM:______________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) KRITERIA VIR TEGNIEKE WAT GEBRUIK WORD: Netheid van kledingstuk  Geen vuil merke nie/kleedstof skoon (10)  Nate trek nie op nie  Geen sigbare patroonmerke nie Voorgeskrewe tegnieke  Alle tegnieke suksesvol voltooi (10) voltooi Stikwerk  Smal sigsagsteek/reksteek (10)  Kleur van garing moet pas by die kleur van die kleedstof  Steekspanning korrek/gee mee met die rek van die kleedstof (balpunt/naald vir rekstof in mediumgewig grootte vir korrekte stiksel)  Stiksel stewig afgewerk  Omkapmasjien – gebruik drie-tol-omkapsteek vir hoofnate; gebruik vier-tolsteek vir nate wat aan spanning blootgestel word (kruisnaat van broek, mousgate) Konstruksie  Nate het almal dieselfde/vereiste wydte (20)  Strepe/Geruite kleedstof moet by nate ooreenstem  Nate (sy- en mousgatnate) moet bymekaar pas  Die halsband en band voor moet plat lê en nie optrek nie  Dun naattoelating uit waar nodig om onnodige dikte uit te skakel, bv. by voorste band Afwerking  Geen los drade nie (10)  Geen skroei-/brandmerke nie  Netjies gestryk Netheid van kledingstuk, voorgeskrewe tegnieke, stikwerk, konstruksie en afwerking: 0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop word nie 2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 4–6 Gemiddeld, voldoen aan meeste vereistes, behoort te verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, beter as al die vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) PUNTESTAAT VIR KLEDING PRAKTIESE EKSAMEN SKOOL NAME VAN LEERDERS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Uitlê en uitknip van patroon 15 Materiaal korrek gevou 2 Ekonomiese plasing van patroondele 3 Patroondele op vou van materiaal 2 Reguit geknip 3 Volg patrooninstruksies 5 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van klein toerusting, bv. 2 maatband, skêr, naalde Korrekte hantering van groot toerusting, bv. 3 naaimasjien, omkapmasjien, strykyster (Naaimasjiene korrek bedraad en gebruik, veilige en korrekte gebruik van toerusting.) Werksvolgorde werk en doeltreffende 5 gebruik van tyd Vermoë om patrooninstruksies te volg 3 Doeltreffende gebruik van tyd 2 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Organisasie van werkstasie en toerusting 5 Werkstasie goed georganiseerd 2 Klein toerusting lê nie rond nie 1 Hantering van toerusting na gebruik, korrekte 2 hantering van afvalmateriaal en rommel (Onderwyser neem gereeld elke leerder tydens die eksamen waarom finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Toepaslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkstasie na afloop van 5 prakties Elektriese toerusting uit prop getrek, 2 skoongemaak en veilig gebêre Elektriese kragpunte afgeskakel 2 Werkplek netjies en skoon 1 3 VERKOOPBAARHEID Algemene voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 Vakmanskap 40 Stiksel 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) VOORBEELD VAN 'N KLEDINGITEM VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK JONG VOLWASSENE SE TOP EN BROEK (Simplicity 1285) GEWIGSWAARDE: Selekteer tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode- punte, bv.: Uitlê en uitknip = 10; nate = 10; opening voor en band = 20; boortjie op broekspype = 10 TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Uitlê en uitknip 10 Oop-/toenate en afwerkings 10 Raglanmoue 5 Opening voor en band 20 Some 10 Bo-opgestikte sak 10 Gulpopening 5 Band met rek 20 Boordjie op broekspype 10 TOTAAL: 100 BENODIGDHEDE: 1,60 m rekbare stof vir top (grootte 87–92) 1,40 m rekbare stof vir broek (grootte 87-92) 1,10 m x 3,2 cm breë rek Garing Balpuntnaald of naalde vir rekbare kleedstof vir naaimasjien (mediumgewig grootte) Naalde Spelde Maatband Torringmessie (opsioneel) Skêre (uitknip- en kleiner) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) UITLÊ-EN-UITKNIPSESSIE: (voor die praktiese eksamen) (Kan kies om die top OF die broek te maak) 1. Lê die patroondele op die kleedstof uit, steek vas en knip uit. 2. Dra patroonmerke oor, waar van toepassing. 3. Vou al die patroondele en ekstra kleedstof op en lewer by onderwyser in om nagesien te word. 4. Jy mag verkeerde dele oor knip NADAT die onderwyser jou werk nagesien het. GEEN punte word toegeken as die uitknip weer gedoen word nie. 5. Al die patroondele moet by die onderwyser ingelewer word vir veilige bewaring tot die dag van die praktiese eksamen. PRAKTIESE EKSAMEN: 3 URE INSTRUKSIES ILLUSTRASIE 1. Met regtekante teen mekaar en rafelrande gelyk, steek mou (2) aan voorpant (1) en agterpant (3) as, pas klein kolletjies opmekaar. Stik of werk met omkapmasjien. Pars naat na mou. Indien gestik, werk rafelrande af. 2. Om voorpant te versterk, stik op stiklyn soos aangedui. Knip skuins/diagonaal na klein kolletjies, wees versigtig om nie deur stiksel te knip nie. 3. Vou hals-/nekband (4) in die helfte, in die lengte, verkeerde kante teen mekaar, pas middelagter, klein kolletjies en kepies; pars. Steek vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 4. Aan REGTEKANT, steek band aan halsrand vas, pas middelagter en klein kolletjies. Stik of werk met omkapmasjien, rek band om te pas. Vir gewone naaimasjien: Stik weer 6 mm vanaf eerste stiksel binne die naattoelating. Knip naattoelating af tot naby tweede stiksel. 5. Pars naat afwaarts, en band boontoe. 6. Vou die band (5) in die helfte met regtekante teenmekaar, pas groot kolletjies opmekaar. Stik tot by groot kolletjie. Rond naat af. 7. Keer band om, pars. Ryg rafelrande saam. 8. Werk op een helfte van top op 'n keer. Aan BUITEKANT, steek band aan opening voor, pas klein en groot en klein kolletjies op mekaar. Stik bokant klein kolletjie; stik terug by klein kolletjie om naat te versterk. Rond naat af. 9. Pars band boontoe en naat sywaarts, weg van middel. Bring laer deel na BINNEKANT bo-oor ingeknipte deel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 10. Werk oorblywende band aan op dieselfde manier. Aan BINNEKANT vou REGTERband oor LINKERband, pas klein kolletjies op mekaar. Met REGTERKANTE teen mekaar, steek onderkant van band en geknipte deel van voorpant aanmekaar vas, pas klein kolletjies; stik heen en weer om naat te versterk. 11. Werk naattoelating van bande af met omkapmasjien. Vir gewone naaimasjiene: Sny naattoelating korter tot 6 mm van stiksel af. Pars naat afwaarts. 12. Aan REGTEKANT, stik top teenaan band (hals/nek) tussen voorste band se nate. Stik top teenaan voorste band se naat. 13. Stik of werk met omkapmasjien die voor- en agterpante aan mekaar vas onder hele armnaat, pas mounate opmekaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 14. Pars soom van mou. Stik of sigsag 6 mm van rafelrand en 6 mm onder eerste stiksel. 15. Pars soom op laer rand van top. Stik of sig-sag teenaan rafelrand. BROEK 1. Dra stiklyn op LINKERvoorkant (6) oor na REGTEKANT met rygsteke. 2. Vou boonste rand van sak (8) om na REGTEKANT (8) op voulyn, vorm belegsel. Stik op stiklyn op rafelrande. Sny naattoelating korter by die belegsel deel tot 6 mm. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 3. Keer belegsel om na VERKEERDE kant, druk hoekies uit; pars en vou rafelrande om na verkeerde kant op stiklyn. Stik 6 mm van rafelrande van belegsel. 4. Aan REGTEKANT, steek sak aan REGTERagterpant (7) vas, plaas boonste hoeke op groot kolletjies. Stik so na as moontlik aan sykante en onderste kant. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 5. Stik of werk met omkapmasjien die voor- en agterpante aan mekaar vas by die binnenaat van die broekspype. 6. Met REGTEkante teenmekaar, steek middelnate vas aan mekaar, pas middelvoorlyne, binnebeen- nate, kepies en groot kolletjies op mekaar. Stik op stiklyn en middelvoorlyn van boonste rand van agterpant tot groot kolletjie. Stik weer oor die stiksel om die naat te versterk. Stik met lang steke op die middelvoor van groot kolletjie tot boonste rand. Knip REGTERnaattoelating van voorpant tot by stiksel aan die onderste deel van die gulp. 7. Aan BINNEKANT pars naattoelating van gulp na LINKER- voorpant. Ryg vas aan boonste rand van gulp. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 8. Aan BUITEKANT, steek LINKER- voorpant vas. Stik bo-op stiksel op stiklyn en oor onderste deel. Verwyder rygsteke op middelvoor. 9. Stik of stik met omkapmasjien voor- en agterpante aan mekaar vas by synate. 10. Met REGTEKANTE teen mekaar, stik middelagternaat van band (10), laat 'n opening tussen klein kolletjies soos in skets. Stik terug by klein kolletjies om naat te versterk. Pars naat oop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 11. Om te voorkom dat die rek vassit in die naattoelating as dit ingeryg word, gebruik vasstryktekstielstof of ryg met die masjien om dit in plek te hou. Onthou om die rygsteke te verwyder nadat die skuif ('casing') voltooi is. Vou die skuif in die helfte, in die lengte, met VERKEERDE kante teen mekaar, rafelrande gelyk. Die kant met die opening is die onderkant van die skuif. 12. Met die onderkant van die skuif ('casing') wat na jou wys, steek dit aan die broek vas, pas die middelvoor en middelagter en die klein kolletjies op die synate. Stik of stik met omkapmasjien op stiklyn. Vir gewone naaimasjien: Stik weer 6 mm van die eerste stiksel in die naattoelating. Knip naattoelating naby 2de stiksel. 13. Pars naat na broek en die skuif ('casing') weg van die broek af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 14. Sny die rek in die verlangde lengte volgens die gids (11), ryg rek deur die opening en plaas die punte oormekaar en hou in posisie met 'n haakspeld. 15. Stik die punte van die rek stewig vas. 16. Werk die opening met glipsteke vas en versprei die volheid eweredig. Verwyder rygsdrade. 17. Met REGTEKANTE teenmekaar, stik gekeepte kante van beenband (9) aanmekaar vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Kledingstukke) 18. Vou boordjie in die helfte met VERKEERDE kante teenmekaar en rafelrande gelyk; pars. Op BUITEKANT, steek boordjie aan broekspyp vas, pas binnebeennate en klein kolletjies op synate met rafelrande gelyk. Stik of stik met omkapmasjien, rek band om te pas. Vir gewone masjiene: Stik weer 6 mm van eerste stiksel in die naattoelating. Knip naattoelating naby die tweede stiksel af. 19. Pars naat na broek en band/boordjie weg van broek af. As die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet die patrooninstruksies ingesluit word. Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all