Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT Grade 12 2020 (Knitting and Crocheting) Afr (Hersien)

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12202021 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE (HERSIEN) GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word tot aan die einde van Oktober geïmplementeer. Die PAT bied aan leerders die geleentheid om vir vaardighede geassesseer te word wat hulle tydens die weeklikse praktiese lesse en praktiese eksamens in graad 10 en 11 ontwikkel het. Die PAT bied leerders die geleentheid om geassesseer te word en in vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.  Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoëns/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gebreide OF gehekelde artikels te maak, met die fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.  Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12 bestaan uit 'n praktiese eksamen van SES URE.  Leerders voer hierdie praktiese eksamen individueel uit. Kwartaal 3/4: Praktiese eksamen Leerders sal 'n artikel gedurende die praktiese eksamen brei OF hekel. 2. PUNTETOEKENNING  Die praktiese eksamen tel 100 punte.  Die punt word verkry deur die artikel in die praktiese eksamen te voltooi, soos hieronder getoon. Praktiese eksamen: Kwartaal 3/4 100 Finale punt vir PAT 100  Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering.  Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT voorsien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) 3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die brei- en hekel- praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse om die PAT uit te voer, sowel as die gespesifiseerde getal weeklikse praktiese lesse, die verantwoordelikheid van die skool, soos uiteengesit in die KABV-dokument op bladsy 10. Maak seker van die volgende:  'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting moet beskikbaar wees: tafels, merk- en meetgereedskap, toerusting vir die brei en hekel van die artikels, bv. breinaalde, hekelpenne.  'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder is nodig om die artikels te maak, buiten die fondse wat vir die SGA ('SBA') weeklikse praktiese klasse benodig word.  'n Aantal leerders kan die eksamen gelyktydig aflê, na gelang van die getal werkplekke en hulpmiddels beskikbaar om die eksamen gerieflik af te lê. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK  'n Tydraamwerk van SES URE in totaal word vir die praktiese eksamen benodig.  Die praktiese eksamen sal in TWEE sessies van DRIE URE afgelê word, met 'n breek/pouse van minstens 30 minute na TWEE URE OF die onderwyser kan besluit om die ses ure oor TWEE DAE te versprei, met ander woorde 'n praktiese sessie van DRIE URE PER DAG. 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMEN Praktiese eksamen (Kwartaal 3/4): Hekel OF Brei  Die onderwyser moet EEN geskikte breipatroon en EEN geskikte hekelpatroon vir die maak van die artikel gedurende die praktiese eksamen identifiseer en kies.  Leerders moet in staat wees om al die gevorderde tegnieke wat vir graad 12 geïdentifiseer is, te kan toon.  Leerders moet in staat wees om die geselekteerde artikel binne SES URE te kan voltooi.  Die geselekteerde artikel moet vaardigheidskode-gewigswaarde van 50 punte hê.  Leerders sal die geselekteerde artikel in die praktiese eksamen brei OF hekel.  Die praktiese eksamen sal plaasvind op ‘n datum soos met die moderator ooreengekom.  Die leerders sal ten opsigte van die vervaardigingsproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel geassesseer word.  Leerders moet na SES URE hulle artikels vir finale assessering ingee. Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders terugbesorg word om foute reg te maak en om afronding te doen, indien nodig.  Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings gedoen is NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD: HEKELTEGNIEKE BREITEGNIEKE Kies EEN van die volgende patrone: Kies EEN van die volgende patrone:  Basiese steekpatroon  Kabelpatroon OF kantpatroon OF  Getekstureerde patroon enige getekstureerde patroon  Kleurpatroon  Oopwerk OF motiewe OF geraamde Die volgende tegnieke is vierkante OF wielvierkante VERPLIGTEND:  Seskantige patroon OF agtkantige  Aanheg patroon  Afheg  Rifsteek Die volgende tegnieke is  Kousbandsteek VERPLIGTEND:  Koussteek  Gebruik 'n randjie om die artikel af  Gebruik verskillende kleure wol te rond  Randjie om artikel af te rond  Gebruik verskillende kleure  Maak artikel gereed/Finale garing/wol afronding  Maak artikel gereed/Finale afronding 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is verantwoordelik vir die volgende:  Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die bestuurspan van die skool oor om te verseker dat die datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie.  Kopieer die illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke leerder 'n patroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.  Berei die puntestate verskaf voor met die leerders se name en hulle eksamennommers.  Leerders moet die instruksies EEN week (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei.  Koop al die benodigdhede.  Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit: o HEKEL-PAT: Hekeltoerusting, patroon, instruksieblad, wol of garing, hekelpenne, ens. OF o BREI-PAT: Breitoerusting, patroon, instruksieblad, garing of wol, breipenne, ens.  Deel leerders in groepe volgens die getal leerders wat gemaklik in die klaskamer geakkommodeer kan word. Die getal per groep sal van die beskikbare hulpmiddels afhang.  Berei die klaskamer vir die eksamen voor en maak seker dat ekstra klein gereedskap, bv. skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers, wol, beskikbaar is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) 7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN Praktiese eksamen in kwartaal 3/4: 6 ure (Hekel OF Brei)  Gee elke leerder se brei-stelletjie ('knitting kit') of hekel-stelletjie ('crocheting kit') uit wanneer hulle die klaskamer binnekom.  Genoeg ekstra wol/garing, skêre moet beskikbaar wees.  Leerder doen die praktiese eksamen individueel onder die toesig van die onderwyser.  Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende die praktiese eksamen in die vertrek/lokaal teenwoordig wees.  Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en hy/sy mag NIE enige ander werk doen of die leerders op enige manier behulpsaam wees NIE.  Die artikels moet na SES URE vir assessering gereed wees. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute wat hulle laat is, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.  Die onderwyser moet die praktiese eksamen nasien en die punte aanteken. Nadat die artikel nagesien is, mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikel voltooi. Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.  Nadat verbeterings aangebring is, moet die artikels op 'n veilige plek bewaar word tot die dag van moderering. 8. EVALUERING  Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te evalueer, die leerders se werkplekke te inspekteer en die puntestate te voltooi.  Die leerders moet hul werkplekke na die eksamen opruim sodat die onderwyser/moderator dit vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR die praktiese eksamen: Die vakadviseur moet die volgende voor die einde van Juni, of vroeër, ontvang en modereer om te verseker dat die praktiese eksamen se standaard toepaslik is:  Die geselkteerde artikel wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens die vaardigheidskode aandui  'n Fotokopie van die patroon  'n Illustrasie van die artikel  Die lys van kramery/benodigdhede wat aangekoop moet word  Die voltooide oorsiglys, nagegaan en deur die skoolhoof geteken  'n Instruksieblad vir die leerders met die assesseringskriteria en puntetoekenning vir die praktiese eksamen  Beplanning van die praktiese eksamen, met die totale gewigswaarde van tegnieke aangedui  Die beraamde koste per leerder  Die puntestate vir die praktiese eksamen Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) 9.2 OP DIE DAG van die praktiese eksamen:  ‘n Groep leerders sal ekstern in Kwartaal 3/4 deur die betrokke vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê.  Die onderwyser moet die volgende op die dag van die moderering vir die moderator beskikbaar hê: o Al die monsters/artikels wat die leerders tydens die weeklikse praktiese lesse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie tydens SGA-moderering gemodereer nie) o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat alreeds die praktiese eksamen voltooi het o Die punte van die leerders wat alreeds die praktiese eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name en eksamennommers van die leerders alreeds op die puntestaat  Die moderator sal 6 kandidate lukraak kies en die leerders en die artikels gemaak, onafhanklik assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen aflê.  Die moderator sal na afloop van die eksamen sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. Die tabel hieronder toon hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal indien 'n aanpassing nodig is asook die aanpassingspeiling wat vereis word. PAT 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator  'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word indien die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie.  Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek. Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word.  Die punte van al die leerders gefinaliseer word en op die die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die gerekenariseerde puntestaat moet deur die onderwyser, skoolhoof en vakadviseur geteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN BREIWERK  Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies.   Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning NIE.   Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN KEER toegeken word.   Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.  'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir die praktiese eksamen moet 50 punte wees. Vashou van breipenne en wol/garing 10 Koussteek 10  Korrekte posisie in linkerhand 3  Steke lyk soos 'n V aan die regtekant 2  Korrekte posisie in regterhand 3  Glad aan die regtekant 2  Hou wol/garing korrek in regterhand 4  Growwer aan die aweregse kant 3  Korrekte spanning 3 Aanheg van steke 15 Riffelsteek 10  Regtekant van steke op regtekant van artikel 3  Egalige rye wat identies aan albei kante  Alle steke deur die voorste of agterste lusse 3 is 4  Korrekte spanning, nie té styf nie 3  Steke moet egalig wees 3  Steke ewe groot 3  Korrekte spanning 3  Netjiese rand 3 Afheg van steke 15 Gebruik van verskillende kleure 10  Heg af in patroonsteek 3  Aanheg van nuwe kleurwol/garing aan  Steke is stewig, sal nie lostrek nie 3 begin van 'n ry 3  Korrekte spanning, nie té styf nie 3  Weef die wol in die rand in 4  Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 3  Netjiese rand 3  Netjiese rand 3 Kousbandsteek 10 Volg patroon 10  Stewige struktuur wat kan rek en vorm behou 4  Korrekte interpretasie van afkortings 3  Egalige steke met egalige voorkoms 3  Volg die patroon stap vir stap 2  Growwe struktuur aan albei kante 3  Korrekte spanning 3  Eindproduk soos patroon 2 Vermeerder of verminder 10 Nate 15  Breiwerk trek nie styf nie 3  Lê plat 4  Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 4  Netjies, nie baie sigbaar nie 3  Vermeerder/Verminder op korrekte posisie 3  Reguit naatlyne 4  Korrekte steek 4 Knope en knoopsgate/Vasmaakmiddels 10 Sakke 10  Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs,  Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3 mans links) 4  Korrekte posisie 3  Korrekte spasiëring 3  Korrekte fatsoen 4  Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaakmiddel 3 Kleurkombinasie 2 Kabelpatroon 10  Mooi kleurkombinasie 2  Verhoogde spanning van gebreide artikel 3  Korrekte gebruik van kabelnaald 3  Kabels is identies 4 Kantpatroon 10 Las van wol/garing 10  Korrekte keuse van wol 2  Verkieslik by rand 3  Korrekte spanning 4  Korrekte metode 4  Patroon korrek 4  Weef wol in breiwerk in 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN HEKELWERK  Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies.   Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die puntetoekenning NIE.   Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN KEER toegeken word.   Die onderwyser mag 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.  'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir die praktiese eksamen moet 50 punte wees. Hou die hekelpen en garing/wol 5 Vorm 'n ringetjie 10  Hekelpen in korrekte posisie 2  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Hou garing/wol korrek vas 3  Steke dieselfde grootte 3  Egalige voorkoms 3 Hekel 'n sirkel 10 Kettingsteke 10  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Steke dieselfde grootte 3  Steke dieselfde grootte 3  Voorkoms egalig 3  Voorkoms egalig 3 Halwe langbeen 10 Kortbeen 10  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Dieselfde grootte 3  Dieselfde grootte 3  Egalige voorkoms 3  Egalige voorkoms 3 'Granny square' 15 Las van motiewe/dele 15  Korrekte spanning 4  Gehekel/Vasgewerk 3  Goeie kleurkombinasie 3  Nie te styf nie 3  Netjies rande 4  Nie sigbaar nie 3  Hoeke korrek, netjies 4  Gebruik korrekte kleur garing 3  Netjiese rande 3 Steekpatrone 20 Vermeerder of verminder 10  Korrekte/Egalige spanning 5  Korrekte metode 4  Korrekte fatsoen/lê plat 5  Korrekte posisie 3  Netjiese rande 5  Fatsoen mag nie patroon beïnvloed nie 3  Egalige voorkoms 5 Las garing/wol 5 Randjie 10  Korrekte metode 3  Korrekte breedte 3  Geen los drade nie/netjies weggewerk 2  Breedte geskik vir artikel 4  Lê plat, krul nie op nie 3 Knope en knoopsgate/vasmaakmiddels 10  Korrekte posisie op kledingstuk (dames regs, mans links) 3  Korrekte spasiëring 3  Korrekte grootte/tipe knoop/vasmaak- middel 4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN (Moet aan die einde van Junie of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word ) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum(s) en tyd van die Praktiese Eksamensessie(s): TOETS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) PRAKTIESE EKSAMEN: BREIWERK TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: TOETS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) PRAKTIESE EKSAMEN: HEKELWERK TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Junie of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Totale getal Groep- Getal leerders Datums Tyd leerders nommer per groep 25 1 13 10/09/2020 08:00 –12:30 2 12 11/09/2020 08:00 –12:30 HEKEL- Benodigdhede Hoeveelheid Getal Totaal WERK per leerder leerders Hekelpen 1 25 25 hekelpenne Bol geel 4-draad-wol 1 25 25 x geel 4-draad-wol Bol groen 4-draad-wol 1 25 25 x groen 4-draad-wol Bol roomkleur 4-draad-wol 1 25 25 x roomkleur 4-draad-wol Knope 3 25 75 knope INKOPIELYS: HEKELWERK Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Hekelpenne 25 Geel 4-draad-wol 25 Groen 4-draad-wol 25 Roomkleur 4-draad-wol 25 Knope 75 Beraamde koste van inkopielys: ................................................................. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………......... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Junie of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Praktiese Opsie: HEKELWERK Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep Benodigdhede per leerder Getal leerders Totaal INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Beraamde koste Beraamde koste van inkopielys: ………………………………………….. BERAAMDE KOSTE PER LEERDER: ……………………………………......... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VERBRUIKERSTUDIES BREI-EN-HEKEL-PRODUKSIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK OORSIGLYS VIR BEPLANNING WAT VIR MODERERING VOORGELÊ MOET WORD SKOOL ONDERWYSER SKOOLHOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle PAT- Voorgestelde Goedgekeurde sessies modereringsdatum modereringsdatum KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items vir Praktiese Eksamen ingesluit 'n Illustrasie van die item Kopie van die patroon- instruksieblad vir die leerders Gevorderde tegnieke genoem vir PAT Kriteria vir tegnieke Inkopielys Beraamde koste per leerder GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: ________________ Handtekeninge: ONDERWYSER:___________________________ DATUM:___________________________ SKOOLHOOF:_____________________________ DATUM:___________________________ MODERATOR: ____________________________ DATUM:___________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) KRITERIA VIR TEGNIEKE GEBRUIK IN ARTIKEL HEKELWERK Netheid van artikel Geen vuil merke nie/werk skoon 10 Voorgeskrewe tegnieke Al die tegnieke suksesvol voltooi 10 Voltooi Steke Spanning korrek/egalige werk 10 Korrekte steke Vorm van steke korrek Geen steke geval nie Steke wat naaldekoker vorm, korrek Konstruksie Wol/garing netjies gewerk/gehekel 20 Splitsteek in middel van 'V' gewerk en nie in lusse nie Geen gate nie Wol/garing korrek gelas Afwerking Geen los drade nie 10 Netjies gestoom BREIWERK Netheid van artikel Geen vuilmerke nie/werk skoon 10 Voorgeskrewe tegnieke Al die tegnieke suksesvol voltooi 10 Voltooi Steke Spanning korrek/egalige breiwerk 10 Korrekte steke Vorm van steke korrek Geen steke geval nie Konstruksie Nate netjies gewerk 20 Geen gate nie Las van garing/wol korrek Afwerking Geen los drade nie 10 Netjies gestoom Netheid van artikels, voorgeskrewe tegnieke, steke, konstruksie en afwerking: 0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie 2–3 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 4–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, oorskry alle vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) PUNTESTAAT VIR HEKELWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK PRAKTIESE EKSAMEN: HEKELWERK SKOOL LEERDERS SE NAME 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 15 Patrooninterpretasie Volg patrooninstruksies, afkortings 7 Akkurate tegnieke Deurgaans korrekte spanning 2 Rande egalig 2 Korrekte metode om steke op te stel 2 Korrekte metode om te hekel 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van hekelpen 2 Korrekte hantering van gareknipper/ klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3 Volgorde van werk en doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om realistiese werksvolgorde soos op patroon aangedui, te volg 2 Doeltreffende gebruik van tyd 3 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Netheid van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner gereedskap lê nie rond nie, hantering van toerusting na gebruik 2 Korrekte hantering van oorskietwol en -garing 1 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van eksamen 5 Toerusting korrek en veilig gebêre 2 Werkarea netjies en skoon 3 3 VERKOOP- Algemene BAARHEID voorkoms 20 Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 VERKOOP- Vakmanskap 40 BAARHEID Steke 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) PUNTESTAAT VIR BREIWERK PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK PRAKTIESE EKSAMEN: BREIWERK SKOOL LEERDERS SE NAME 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 DATUM EKSAMINATOR 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Patrooninterpretasie 15 Volg patrooninstruksies, afkortings 7 Akkurate tegnieke Deurgaans korrekte spanning 2 Rande egalig 2 Korrekte metode om steke op te stel 2 Korrekte metode om te elke steek te brei 2 Gebruik van toerusting 5 Korrekte hantering van breipenne 2 Korrekte hantering van gareknipper/ klein skêrtjie/spelde/stopnaald 3 Volgorde van werk en doeltreffende gebruik van tyd 5 Vermoë om realistiese werksvolgorde soos op patroon aangedui, te volg 2 Doeltreffende gebruik van tyd 3 2 NETHEID EN EKONOMIESE GEBRUIK VAN HULPMIDDELS Netheid van werkplek en toerusting 5 Werkplek goed georganiseerd 2 Kleiner gereedskap lê nie rond nie, hantering van toerusting na gebruik 2 Korrekte hantering van oorskietwol en -garing 1 (Onderwyser hou deurgaans elke leerder dop tydens die eksamen om finale punt te bepaal) Persoonlike voorkoms 5 Paslik geklee (skooldrag, skoon hande) Netheid van werkplek na afloop van eksamen 5 Toerusting korrek en veilig gebêre 2 Werkarea netjies en skoon 3 3 VERKOOP- Algemene voorkoms 20 BAARHEID Netheid van artikel 10 Voorgeskrewe tegnieke voltooi 10 VERKOOP- Vakmanskap 40 BAARHEID Steke 10 Konstruksie 20 Afwerking 10 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN 'N GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GEHEKELDE NAALDEKOKER-('BANDANA')-SERP [Bron: https://i2.wp.com/pattern-paradise.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) GEWIGSWAARDE: TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Hekelpen en -garing vashou 5 Kettingsteke 10 V-steek 1 en 2 10 Vermeerder 10 Kortbene 10 Patroonsteek 20 Las van wol/garing 5 Randjie/'picots' 10 Bandjies 10 Langbeen 10 TOTAAL: 100 BENODIGDHEDE: 4 bolle hekelgaring in verskillende kleure Een 4 mm-hekelpen Naald om punte van garing weg te werk SPANNING IN KB: 167 steke en 8 rye = 10 cm AFKORTINGS: Kettingsteek = ks Spasie = sp Slaan steek oor = ssto Glip = gl Steek/steke = st(e) Kortbeen = kb Langbeen = lb SPESIALE INSTRUKSIES:  Die beginkettingsteek tel as die eerste steek.  Instruksies tussen ( ) of * moet die gespesifiseerde aantal kere herhaal word.  Instruksies tussen [ ] word almal in dieselfde steek/spasie gewerk. V-steek 1 (V-ST1): Werk [lb, 2 ks, lb] in dieselfde steek/spasie V-steek 2 (V-ST1): Werk [lb, 3ks, lb] in dieselfde steek/spasie Picot (Puntjie): 3 ks, glip steek in eerste ks Splitsteek: Om die splitsteek te werk, beteken dat jy in die middel 'V' van die onderste steek werk en nie in die lusse nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) PATROONINSTRUKSIES: Ry 1: 3 ks, in 3e ks van pen maak [2lb, 2ks, 3lb], draai (6lb). Ry 2: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, in 2ks-sp maak[2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22lb). Ry 3: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 6 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 6 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 lb). Ry 4: 3ks, maak 2 lb, in eerste st, lb in volgende 10 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 10 ste, maak 3 lb in laaste st, draai, (30 lb). Ry 5: 2 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 3 ste, in 2 ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 ste). Ry 6: 3 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, maak 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van vorige ry, 3 ks maak 2 lb in volgende lb, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 4 ste, 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van vorige ry, 2 lb in volgende lb, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (34 ste). Ry 7: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (52 ste). Ry 8: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks spasie, lb in elke st tot middel, in 2-ks- spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks spasie, lb in volgende 12 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste). Deel 2: Las nuwe kleur in eerste steek. Ry 9: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (70 lb). Ry 10: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor* lb in 11 ste) herhaal van * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, in ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) een maal , herhaal van* tot * een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai (46 ste). Ry 11: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*3 lb in 3-ks spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot* een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal* ot * een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste). Ry 12: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (90 ste). Ry 13: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 13 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 12 ste, 3lb in laaste st, draai, (102 ste). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) Deel 3: Las kleur in eerste steek. Ry 14: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (110 lb). Ry 15: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor*, lb in volgende 11 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal *tot* een maal, lb in volgende 3 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai, (70 ste). Ry 16: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*2 lb in volgende st, 3 ks, maak split kb in kb van vorige ry, 3 ks, 2 lb in volgende lb*, lb in volgende 9 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb,2 ks,2 lb], lb in volgende 24 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (90ste). Ry 17: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (128 ste). Ry 18: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st en in 1-ks-spasie tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks,2 lb], lb in elke st en 1-ks-spasie tot laaste st, 3 lb in laaste st, draai (142 lb). Deel 4: Las nuwe kleur in eerste steek. Ry 19 tot 23: Herhaal Ry 14 tot Ry 18. Die instruksie tussen ( ) word 2 maal herhaal. Ry 24: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, (192 lb). Randjie en bandjies Ry 25: 21 ks, kb in 2e ks van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 10 ste, lb in volgende st, *slaan 2 ste oor, V-ST1 in volgende st* herhaal tot middel, V-ST2 in 2-ks-spasie, V-ST1 in volgende lb, herhaal instruksies tussen* tot 4 ste oorbly, slaan 2 ste oor, hlb in laaste st. Ry 26: 21 ks, kb in 2e st van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 9 ste, kb in volgende st, tussen volgende lb en V-steek, * in 2-ks-spasie van volgende V-steek, maak [kb, picot, kb] kb tussen V-ste*, herhaal tussen * tot middel, in 3-ks-spasie maak [2 hlb, picot, 2 hlb], *kb tussen V-ste, in volgende V-st maak [kb, picot, kb]*, herhaal tussen * tot laaste V-st, kb tussen V-steek en volgende lb, glst do in hlb. Heg af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN 'N GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK BEDSOKKIES GEWIGSWAARDE: TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Breipenne en wol vashou 10 Aanheg 10 Afheg 10 Enkelrifsteek 10 Kousbandsteek/reksteek 10 Vermeerder 10 Verminder 10 Kleur/Patroonsteek 20 Kwaliteit en verkoopbaarheid 10 TOTAAL: 100 BENODIGDHEDE: 1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur A 1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur B 1 x 100 g bol dubbeldraad – kleur C Breipenne: 1 pr 3,25 mm, 1 pr 4 mm Stopnaald om punte weg te werk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2020 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) INSTRUKSIES: SPANNING: 22 ste en 30 rye = 10 cm in koussteek GEBRUIK 4 mm-BREIPENNE. Vir beste resultate is dit noodsaaklik om die korrekte spanning te verkry. As daar te min steke op toets is, gebruik dunner breipenne; as daar te veel steke is, gebruik groter breipenne. AFKORTINGS: Beg = begin; vermin = verminder; rs = reksteek/kousbandsteek; vermeer = vermeerder; r = regs; pat = patroon; aw = aweregs; herh = herhaal; oorbl = oorblywende; R(V)K = regterkant/verkeerde kant; R(V)KV = regtekant /verkeerde kant voor; rif = rifsteek; st(s) = steek/steke; gl1r2testgso = glips 1 steke, regs 2 tesame, trek glipsteek oor; tes = tesame; yfd = wol vorentoe ('yarn forward') STEKE WAT GEBRUIK WORD Enkel rifpatroon: 1ste ry: RKV, r1, *aw1, r1, herh van * tot einde. 2de ry: werk ste soos gesien (= r die r ste en aw die aw ste). Streeppatroon: *2 rye B, 2 rye C, 2 rye A, herh van * Reksteek/kousbandsteek: R elke ry. Begin by middel van voet. Gebruik 3,25 mm-breipenne en A, heg 47 ste aan en werk in enkel- rifpatroon vir 7 rye. Volgende ry, vermeer ry: R1, *verm in volgende st, r1, herh van * tot einde van ry = 70 ste. Met 4 mm-breipenne hou aan met reksteek/kousbandsteek en streeppatroon tot 25 rye gebrei is, eindig met VKV. Gebruik 3,25 mm-breipenne en A. Volgende ry, vermin ry: R1, *regs 2 tesame, r1, herh van * tot einde van ry = 47 ste. Werk 7 rye in enkelrifpatroon. Heg al die steke af volgens rifpatroon. OM TE VOLTOOI: Met RK na binne, vou gebreide deel met rifkante gelyk. Werk rifkante vas. Werk rykante aan een kant vas en laat ander kant oop. Keer om sodat RK buite is. Indien die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all