Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT Grade 12 2021 (Knitting and Crocheting) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12202125 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN GEBREIDE EN GEHEKELDE ITEMS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word tot aan die einde van September geïmplementeer. Die PAT bied aan leerders die geleentheid om vir vaardighede geassesseer te word wat hulle tydens die weeklikse praktiese lesse en praktiese eksamens in graad 10 tot 12 ontwikkel het. Die PAT bied leerders die geleentheid om geassesseer te word en in vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.  Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoëns/vaardighede toon om kwaliteitsartikels te produseer met die fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.  Die skool of die leerder mag kies om te brei OF te hekel.  Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met Brei of Hekel as 'n praktiese opsie, voltooi 'n praktiese eksamen van AGT (8) URE.  Leerders voer hierdie praktiese eksamen individueel uit.  Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas.  Elke leerder sal 'n artikel in die praktiese eksamen brei OF hekel. 2. PUNTETOEKENNING  Die totale puntetoekenning vir die PAT is 100 punte.  Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in Kwartaal 4.  Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT, voorsien. Praktiese eksamen 100 Finale punt vir PAT 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) 3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die Brei- of Hekel- praktiese opsie as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse om die PAT uit te voer, sowel as die gespesifiseerde getal weeklikse praktiese lesse, die verantwoordelikheid van die skool soos uiteengesit in die KABV-dokument op bladsy 10. Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die PAT-eksamen te verseker:  'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting (tafels, merk- en meetgereedskap, toerusting vir die brei/hekel van die artikels, bv. breinaalde, hekelpenne) moet beskikbaar wees.  'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder is nodig om die voorgeskrewe artikels te maak, buiten die fondse wat vir die SGA ('SBA') weeklikse praktiese lesse benodig word.  'n Aantal leerders kan die eksamen gelyktydig aflê, na gelang van die getal werkstasies en hulpmiddels beskikbaar om die eksamen doeltreffend af te lê.  Dit is belangrik om aan die COVID-19-protokol van sosiale distansiëring te voldoen. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK  'n Tydraamwerk van AGT (8) URE in totaal word vir die praktiese eksamen toegelaat, soos vereis deur die patroon wat gegee word.  Die praktiese eksamen sal in TWEE sessies oor TWEE DAE afgelê word, of sessies kan in EEN dag gedoen word.  Elke VIER(4)-UUR-sessie word in TWEE(2)-UUR-sessies opgedeel, met 'n pouse van 30 minute na elke TWEE(2)-UUR-sessie.  Die TWEE (2) sessies van VIER (4) ure word op TWEE agtereenvolgende dae geïmplementeer. 5. OPSTEL VAN DIE EKSAMEN  Die eksamen sal plaasvind op 'n datum soos vooraf ooreengekom met die moderator.  Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is belangrike aspekte van die praktiese eksamen.  Vir 2021 mag onderwysers die voorbeelde wat verskaf is, gebruik of die praktiese eksamen intern vir brei of hekel opstel. Indien die onderwyser dit intern opstel, moet dit egter aan die vakadviseur voorgelê word vir moderering en goedkeuring om te verseker dat die toegepaste tegnieke aan die kriteria en vereiste vaardigheidskode voldoen.  Die praktiese eksamen moet 'n ruk vooruit beplan word om te verseker dat daar geen botsings met ander skoolaktiwiteite is nie.  Die praktiese eksamen moet by die skool se eksamenrooster ingesluit word. Opstelriglyne:  Die onderwyser moet EEN geskikte hekelpatroon of EEN geskikte breipatroon identifiseer en selekteer, verkieslik dieselfde tipe patroon vir die verskillende metodes.  Onderwysers het DRIE keuses wanneer die patroon vir die praktiese eksamen gekies word: o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat in die toegelate AGT (8) URE voltooi kan word met die vaardighede wat leerders tydens die praktiese lesse vir SGA vanaf graad 10 verwerf het. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) o Gebruik 'n patroon vanaf die internet wat in die toegelate AGT (8) URE voltooi kan word met die vaardighede wat leerders tydens die praktiese lesse vir SGA vanaf graad 10 verwerf het. OF o Gebruik een van die voorbeelde wat ingesluit is.  Die geselekteerde artikel moet 'n minimum vaardigheidskode-gewigstoekenning van 50 punte hê.  Die leerders sal ten opsigte van die produksieproses, vakmanskap en die verkoopbaarheid van die produk geassesseer word.  Aan die einde van die AGT (8) URE moet leerders hul artikels inhandig vir finale assessering inlewer.  Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders teruggegee word om enige foute reg te maak en vir finale afronding, indien nodig.  Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeteringe aangebring is NIE. TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD: PATRONE EN TEGNIEKE HEKELTEGNIEKE BREITEGNIEKE Die volgende tegnieke is Die volgende tegnieke is VERPLIGTEND: VERPLIGTEND:  Kettingsteek  Aanheg/Afheg  Gebruik ten minste TWEE basiese  Gebruik ten minste TWEE steke: basiese steke: o Glipsteek o Riffelsteek o Enkele haak ('Single crochet') o Kousbandsteek o Halwe dubbele haak ('Half o Koussteek double crochet')  Vermeerder (draad-oor-breipen- o Dubbele haak ('Double crochet') metode OF brei voor en agter in  Vermeerder EN/OF verminder steek) EN /OF verminder (glip,  EEN gevorderde tegniek: glip, brei) o Kabelpatroon  EEN gevorderde tegniek: o Kantpatroon o Kabelpatroon o Enige getekstureerde patroon o Kantpatroon o Filet o Enige getekstureerde patroon  Veelkleurige patroon  Veelkleurige patroon  Opmaak van die voltooide artikel  Opmaak van die voltooide artikel 6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:  Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die bestuurspan van die skool oor om seker te maak dat die datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie.  Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir elke leerder 'n handelspatroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.  Berei die gegewe assesseringsinstrument voor met die leerders se name.  Leerders moet die instruksies EEN WEEK (7 skooldae) voor die datum van die eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei.  Koop AL die vereiste benodigdhede.  Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit: o BREI-PAT: Breitoerusting, patroon, instruksieblad, garing/wol, breinaalde, ens. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) o HEKEL-PAT: Hekeltoerusting, patroon, instruksieblad, wol/garing, hekelpenne, ens.  Deel leerders in groepe volgens die aantal leerders wat gemaklik in die vertrek geakkommodeer kan word. Die aantal per groep sal van die beskikbare hulpmiddels afhang.  Berei die klaskamer vir die eksamen voor en maak seker dat ekstra klein gereedskap, bv. skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers, wol, beskikbaar is.  Ontsmet die werkoppervlakke by die werkstasies. 7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN Praktiese eksamen in Kwartaal 3: AGT (8) URE (Brei OF Hekel)  Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en hul werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring (1,5 m uit mekaar).  Deel die breistelletjie ('knitting kit') OF hekelstelletjie ('crocheting kit') uit wanneer leerders die klaskamer binnekom.  Genoeg ekstra wol/garing, skêre moet beskikbaar wees.  Leerders doen die praktiese eksamen individueel onder die onderwyser se toesig.  Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende die praktiese eksamen in die vertrek wees.  Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen doen en GEEN ander werk mag gedurende hierdie tyd gedoen word NIE.  GEEN leerder mag op enige wyse gehelp word NIE.  Die artikels moet na die AGT (8) URE gereed wees vir assessering. Leerders sal 2 punte vir elke 5 minute laat, verloor tot 'n maksimum van 20 punte.  Die onderwyser moet die artikel wat gedurende die praktiese eksamen gemaak is, nasien en die punte aanteken. Nadat die artikel nagesien is, mag die leerders foute regmaak, verbeterings aanbring en die artikel voltooi.  Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.  Nadat verbeterings aangebring is, word die artikels op 'n veilige plek bewaar tot die dag van moderering. 8. EVALUERING  Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesserings- instrument te voltooi.  Terwyl hulle artikels geëvalueer word, moet die leerders moet hul werkstasies en toerusting na die praktiese eksamen opruim en ontsmet sodat die onderwyser/moderator die werkstasies vir die finale toekenning van punte kan inspekteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR die praktiese eksamen: Die onderwyser moet die volgende voor die einde van Maart of vroeër by die vakadviseur inlewer vir goedkeuring om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n toepaslike standaard is:  Die geselekteerde artikel wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens die vaardigheidskode aandui  'n Fotokopie van die patroonkoevert  'n Instruksieblad  'n Illustrasie van die artikel  Die lys van kramery/benodigdhede wat aangekoop moet word  Die voltooide oorsiglys, nagegaan en deur die skoolhoof geteken  Die assesseringsinstrument vir die praktiese eksamen  Beplanning van al die sessies van die praktiese eksamen, met die totale gewigswaarde van tegnieke volgens die vaardigheidskode aangedui Die PAT kan nie gedoen word tensy dit deur die vakadviseur goedgekeur is nie. 9.2 OP DIE DAG van die praktiese eksamen:  Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en hul werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring (1,5 m uit mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.  Gedurende Kwartaal 3 sal 'n groep leerders ekstern deur die betrokke vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê.  Die onderwyser moet die volgende op die dag van die moderering vir die moderator beskikbaar hê: o Al die artikels wat die leerders tydens die weeklikse praktiese lesse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien dit nie tydens SGA-moderering gemodereer is nie) o 'n Kopie van die voltooide puntestaat vir weeklikse praktiese lesse o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o Die punte van die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die name van die leerders reeds op die assesseringsinstrument aangebring  Elke leerder moet die bywoningsregister voor die aanvang van die praktiese eksamen teken.  Die moderator sal lukraak ses (6) kandidate kies. Hierdie kandidate sal onafhanklik deur die onderwyser geassesseer word, terwyl die leerders die eksamen uitvoer. Die artikels wat deur hierdie leerders gemaak word, word na die eksamen vir die finale PAT-punt geassesseer.  Die moderator sal na afloop van die eksamen en konsolidering van punte sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. As die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal om vas te stel of 'n aanpassing nodig is, asook hoe groot die aanpassing moet wees. PAT 100 Leerders se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator  'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word indien die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie.  Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek.  Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die punte van al die leerders sal geaffekteer word as 'n aanpassing gemaak word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE IN BREIWERK GEBRUIK  Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies.   Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE 'n puntetoekenning NIE.   Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN KEER toegeken word.   Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.  'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die tegniek se moeilikheidsgraad.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir die praktiese eksamen moet 50 punte wees. Aanheg van steke 10 Vermeerder of verminder 10  Regte kant van steke op regte kant van artikel 1  Korrekte spanning, trek nie styf nie 4  Alle steke deur die voorste of agterste lusse 2  Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 3  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Vermeerder/Verminder op korrekte  Steke ewe groot 1 posisie 3  Netjiese rand 2 Afheg van steke 10 Gebruik van verskillende kleure 5  Heg af in patroonsteek 2  Aanheg van nuwe wol/garing by die  Steke is stewig, sal nie lostrek nie 1 regte plek 2  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Weef die wol in die rand in 1  Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 1  Netjiese rand 2  Netjiese rand 2 Kousbandsteek 10 Las van wol/garing 5  Korrekte spanning sodat struktuur kan rek en  Verkieslik by rand 2 vorm behou 4  Korrekte metode 2  Egalige steke met egalige voorkoms 3  Weef wol in breiwerk in 1  Growwe struktuur aan albei kante 3 Koussteek 10 Knope en knoopsgate 7  Korrekte spanning 4  Knoopsgate: Ewe groot 2  Growwer aan die aweregse kant 3  Korrekte spasiëring 2  Steke lyk soos 'n V aan die regte kant 2  Korrekte grootte/tipe knoop 1  Glad aan die regte kant 1  Knope stewig vasgewerk 2 Riffelsteek 10 Sakke 10  Korrekte spanning 4  Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3  Egalige rye wat identies aan albei kante is 3  Korrekte posisie 3  Steke en voorkoms moet egalig wees 3  Korrekte fatsoen 4 Kabelpatroon 10 Nate 10  Verhoogde spanning van gebreide artikel 4  Netjies, nie baie sigbaar nie 3  Korrekte gebruik van kabelnaald 3  Reguit lyne 3  Kabels is identies 3  Lê plat 2  Korrekte steek 2 Gevorderde patroon (Kant/Getekstureerd) 10 Aanmekaarsit van dele 10  Korrekte keuse van gare/wol 2  Korrekte metode/steke gebruik 2  Korrekte spanning 4  Nie te styf nie 2  Patroon korrek 4  Nie sigbaar nie 2  Korrekte kleur wol gebruik vir vaswerk 2  Netjies rante 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE IN HEKELWERK GEBRUIK  Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as die weeklikse praktiese lesse te kies.  Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE 'n puntetoekenning NIE.  Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN KEER toegeken word.  Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.  'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die tegniek se moeilikheidsgraad.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir die praktiese eksamen moet 50 punte wees. Kettingsteke 10 Vermeerder of verminder 10  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte spanning, trek nie styf nie 4  Steke dieselfde grootte 3  Fatsoen beïnvloed nie patroon nie 3  Voorkoms egalig 3  Vermeerder/Verminder op korrekte posisie 3 Enkele haak ('Single crochet') (VS)/Dubbele 10 Gebruik van verskillende kleure 5 haak ('Double crochet') (VK)  Aanheg van nuwe wol/garing by die  Korrekte spanning, nie te styf nie 4 regte plek 2  Steke dieselfde grootte 3  Weef die wol in die rand in 1  Voorkoms egalig 3  Netjiese rand 2 Halwe dubbele haak ('Half double crochet) (VS)/ 10 Las van wol/garing 5 Halwe skrikhaak ('Half treble crochet') (VK)  Verkieslik by rand 2  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte metode 2  Steke dieselfde grootte 3  Weef wol in breiwerk in 1  Voorkoms egalig 3 Dubbele haak ('Double crochet') (VS)/Skrikhaak 10 Knope en knoopsgate 7 ('Treble crochet') (VK)  Knoopsgate: Ewe groot 2  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte spasiëring 2  Steke dieselfde grootte 3  Korrekte grootte/tipe knoop 1  Voorkoms egalig 3  Knope stewig vasgewerk 2 Skrikhaak ('Treble crochet') (VS)/ Dubbele 10 Nate 10 skrikhaak ('Double treble crochet') (VK)  Lê plat 2  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Netjies, nie baie sigbaar nie 3  Steke dieselfde grootte 3  Reguit lyne 3  Voorkoms egalig 3  Korrekte steek 2 Oumavierkant ('Granny square') 13 Aanmekaarsit van dele 10  Korrekte spanning. nie te styf of te los nie 4  Korrekte metode/steke gebruik 2  Rye sluit korrek by mekaar aan 3  Nie te styf nie 2  Netjies rante 3  Nie sigbaar nie 2  Hoeke korrek en netjies  Korrekte kleur wol gebruik vir vaswerk 2  Netjies rante 2 'Sunburst'-Oumavierkant 13 Randjie/Randpatroon 5  Korrekte spanning. nie te styf of te los nie 4  Egalige breedte, geskik vir artikel 2  Rye sluit korrek by mekaar aan 3  Lê plat, krul nie op nie 3  Netjies rante 3  Hoeke korrek, netjies 3 Hekel 'n ringetjie 13 Hekel van filet 7  Korrekte spanning, nie te styf nie 4  Korrekte interpretasie van afkortings 3  Rye sluit korrek bymekaar aan 3  Volg die patroon stap vir stap 2  Steke dieselfde grootte 3  Eindproduk volgens patroon 2  Egalige voorkoms 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN (Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum(s) en tyd/tye van die Praktiese Eksamensessie(s): TOETS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) PRAKTIESE EKSAMEN: BREI TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: TOETS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) PRACTICAL EXAMINATION: HEKEL TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Maart of vroeër aan vakadviseur vir moderering voorgelê word) Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd leerders groep 25 1 13 10/09/2021 08:00–12:00 2 12 10/09/2021 12:30–16:30 BREI/HEKEL Benodigdhede Hoeveelheid per Getal leerders Totaal per leerder leerder benodig Breinaalde/Hekelpen 1 25 25 breinaalde/ 25 hekelpenne Bol geel 4-draad-wol 1 25 25 x geel 4-draad-wol Bol groen 4-draad-wol 1 25 25 x groen 4-draad-wol Bol roomkleur 4-draad-wol 1 25 25 x roomkleur 4-draad-wol Knope 1 25 75 knope 1 25 ONDERWYSER SE INKOPIELYS: BREI/HEKEL Benodigdhede Hoeveelheid Breinaalde/Hekelpenne 50/25 Geel 4-draad-wol 25 Groen 4-draad-wol 25 Roomkleur 4-draad-wol 25 Knope 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word) Praktiese Opsie: BREI/HEKEL Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd leerders groep Benodigdhede Getal leerders Totaal per leerder ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK BREI-OF-HEKEL-PRODUKSIE OORSIGLYS VIR BEPLANNING (moet vir moderering voorgelê word) SKOOL ONDERWYSER SKOOLHOOF DATUM VOORGELÊ Datums van alle PAT- Voorgestelde Goedgekeurde sessies modereringsdatum modereringsdatum KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items ingesluit: 'n Illustrasie van die artikel Kopie van die patrooninstruksie-blad wat aan leerders gegee sal word Voltooide lys van tegnieke en vaardigheidskode-gewigswaarde van artikel Beplanning vir aankope is aangeheg GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM: ________________ Handtekeninge: ONDERWYSER:___________________________ DATUM:___________________________ SKOOLHOOF:_____________________________ DATUM:___________________________ MODERATOR: ____________________________ DATUM:___________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BREI PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12 NAME EN VANNE VAN LEERDERS NAAM VAN SKOOL ____________________________________ DATUM __________________________________ ONDERWYSER ______________________________ MODERATOR ______________________________ PRAKTIESE EKSAMEN 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 1.1 Interpretasie van die patroon 4 Volg die patrooninstruksies akkuraat 2 Verstaan terminologie en afkortings vir implementering 2 1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20 Korrekte aantal steke volgens patroon 2 Handhaaf spanning deurgaans tydens produksie van die produk 2 Korrekte tegnieke toegepas om die produk te produseer: (Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op die produk van toepassing is) Aanheg/Afheg/Kousbandsteek/Koussteek/Riffelsteek/ 16 Kabelpatroon/Gevorderde patroon/Vermeerder/Verminder/ Gebruik verskillende kleure/Las van wol/Knope en knoopsgate/ Sakke/Nate 1.3 Korrekte hantering van toerusting 8 Korrekte hantering van breinaalde 3 Korrekte hantering van wol 2 Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêrtjie/skêre/spelde/ 3 strykyster/stopnaald 1.4 Ekonomiese produksie van die produk 8 Gereelde gehaltebeheerpunte tydens produksie 2 Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing van wol nie 2 Werk onafhanklik, stil, steur nie ander leerders nie, vra geen vrae 2 nie Effektiewe gebruik en bestuur van tyd 2 2. HIGIËNE EN NETHEID 2.1 Werkstasie en toerusting gedurende Praktiese Eksamen 8 Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3 Klein toerusting lê nie rond nie 2 Werk higiënies en veilig 3 2.2 Persoonlike voorkoms 3 Toepaslik geklee (skooluniform) 1 Naels skoon en kort 1 Hande gewas en ontsmet by ingang van klas en met gereelde 1 tussenposes 2.3 Netheid van werkstasie na Praktiese Eksamen 4 Werkstasie skoon 1 Toerusting weggepak in korrekte stoorplek 2 Afval verwyder, vullisdrom skoon 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BREI PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12 (vervolg) NAME EN VANNE VAN LEERDERS 3. GESKIKTHEID VIR VERKOPE (VERKOOPBAARHEID) 3.1 Verpakking 4 Beskerming van die produk 1 Geskiktheid van die produk 1 Koste-effektief 1 Verbruikersaanklank 1 3.2 Etiket 5 Tipe wol gebruik 1 Toon kreatiwiteit 1 Vervaardiger se naam/fisiese adres/kontakbesonderhede 1 Grootte/Prys 1 Versorgingsinstruksies 1 3.3 Produk geproduseer, voldoen aan spesifikasies 36 Geskikte keuse van kleure vir produk 2 Korrekte grootte van die produk volgens patroon 2 Skoon produk 2 Drade netjies afgewerk 2 Netjies gestryk/gepars 2 Nate netjies en korrek geheg 2 Nate netjies gestik en afgewerk 3 Stewige stiksels 2 Geen flaters/foute (bv. gate) in die konstruksie van die produk nie 2 Korrekte aanwending van tegnieke in die konstruksie van die 5 produk gebruik Korrekte en egalige spanning deurgaans 2 Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (gebruik skaal 10 hieronder) TOTAAL 100 Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte TOTAAL 100 GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID: 0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop nie 3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie 5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, sal verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR HEKEL PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12 NAME EN VANNE VAN LEERDERS NAAM VAN SKOOL ____________________________________ DATUM __________________________________ ONDERWYSER ______________________________ MODERATOR ______________________________ PRAKTIESE EKSAMEN 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 1.1 Interpretasie van die patroon 4 Volg die patrooninstruksies akkuraat 2 Verstaan terminologie en afkortings vir implementering 2 1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20 Korrekte aantal steke volgens patroon 2 Handhaaf spanning deurgaans tydens produksie van die produk 2 Korrekte tegnieke toegepas om die produk te produseer: (Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op die produk van toepassing is) Kettingsteek/Kortbeen/Langbeen/'treble crochet'/Oumavierkant/ 16 'Sunburst'-oumavierkant/Ringetjie/Vermeerder/Verminder/ Gebruik van verskillende kleure/Las van wol/Knope en knoopsgate/Nate/Aanmekaarheg van dele/Randpatroon/ Filet-hekel 1.3 Korrekte hantering van toerusting 8 Korrekte hantering van hekelpenne 3 Korrekte hantering van wol/hekelgaring 2 Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêrtjie/skêre/spelde/ 3 strykyster/stopnaald 1.4 Ekonomiese produksie van die produk 8 Gereelde gehaltebeheerpunte tydens produksie 2 Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing van wol nie 2 Werk onafhanklik, stil, steur nie ander leerders nie, vra geen vrae 2 nie Effektiewe gebruik en bestuur van tyd 2 2. HIGIëNE EN NETHEID 2.1 Werkstasie en toerusting gedurende Praktiese Eksamen 8 Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3 Klein toerusting lê nie rond nie 2 Werk higiënies en veilig 3 2.2 Persoonlike voorkoms 3 Toepaslik geklee (skooluniform) 1 Naels skoon en kort 1 Hande gewas en ontsmet by ingang van klas en met gereelde 1 tussenposes 2.3 Netheid van werkstasie na Praktiese Eksamen 4 Werkstasie skoon 1 Toerusting weggepak in korrekte stoorplek 2 Afval verwyder, vullisdrom skoon 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR HEKEL PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 12 (vervolg) NAME EN VANNE VAN LEERDERS 3. GESKIKTHEID VIR VERKOPE (VERKOOPBAARHEID) 3.1 Verpakking 4 Beskerming van die produk 1 Geskiktheid vir die produk 1 Koste-effektief 1 Verbruikersaanklank 1 3.2 Etiket 5 Tipe wol/hekelgaring gebruik 1 Toon kreatiwiteit 1 Vervaardiger se naam/fisiese adres/kontakbesonderhede 1 Grootte/Prys 1 Versorgingsinstruksies 1 3.3 Produk geproduseer, voldoen aan die spesifikasies 36 Geskikte keuse van kleure vir produk 2 Korrekte grootte van die produk volgens patroon 2 Skoon produk 2 Drade netjies afgewerk 2 Netjies gestryk/gepars 2 Nate netjies en korrek geheg 2 Nate netjies gestik en afgewerk 3 Stewige stiksels 2 Geen flaters/foute (bv. gate) in die konstruksie van die produk nie 2 Korrekte aanwending van tegnieke in die konstruksie van die 5 produk gebruik Korrekte en egalige spanning deurgaans 2 Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (gebruik skaal 10 hieronder) TOTAAL 100 Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte TOTAAL 100 GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID: 0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, kan nie verkoop nie 3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie 5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, sal verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN 'N GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GEHEKELDE NAALDEKOKER-('BANDANA')-SERP [Bron: https://i2.wp.com/pattern-paradise.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) GEWIGSWAARDE: HEKEL Selekteer tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode-punte. TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Kettingsteke 10 Langbeen 10 Vermeerder 10 Gebruik van verskillende kleure 5 Las van wol/garing 5 'Treble crochet' 10 TOTAAL: 50 BENODIGDHEDE:  4 bolle wol/hekelgaring in verskillende kleure  Een 4 mm-hekelpen  Naald om punte van garing weg te werk SPANNING IN KB: 167 steke en 8 rye = 10 cm BRITSE (VK)-AFKORTINGS: Kettingsteek = ks Spasie = sp Slaan steek oor = ssto Glip = gl Steek/Steke = st(e) Kortbeen = kb Langbeen = lb SPESIALE INSTRUKSIES:  Die beginkettingsteek tel as die eerste steek.  Instruksies tussen ( ) of * moet die gespesifiseerde aantal kere herhaal word.  Instruksies tussen [ ] word almal in dieselfde steek/spasie gewerk. V-steek 1 (V-ST1): Werk [lb, 2 ks, lb] in dieselfde steek/spasie V-steek 2 (V-ST1): Werk [lb, 3ks, lb] in dieselfde steek/spasie Picot (Puntjie): 3 ks, glip steek in eerste ks Splitsteek: Om die splitsteek te werk, beteken dat jy in die middel 'V' van die onderste steek werk en nie in die lusse nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) PATROONINSTRUKSIES: Ry 1: 3 ks, in 3e ks van pen maak [2lb, 2ks, 3lb], draai (6lb). Ry 2: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, in 2ks-sp maak[2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22lb). Ry 3: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 6 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 6 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 lb). Ry 4: 3ks, maak 2 lb, in eerste st, lb in volgende 10 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 10 ste, maak 3 lb in laaste st, draai, (30 lb). Ry 5: 2 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 3 ste, in 2 ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 ste). Ry 6: 3 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, maak 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van vorige ry, 3 ks maak 2 lb in volgende lb, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 4 ste, 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van vorige ry, 2 lb in volgende lb, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (34 ste). Ry 7: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (52 ste). Ry 8: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks spasie, lb in elke st tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks spasie, lb in volgende 12 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste). Deel 2: Las nuwe kleur in eerste steek. Ry 9: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (70 lb). Ry 10: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor* lb in 11 ste) herhaal van * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, in ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal van* tot * een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai (46 ste). Ry 11: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*3 lb in 3-ks spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste). Ry 12: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (90 ste). Ry 13: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 13 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 12 ste, 3lb in laaste st, draai, (102 ste). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) Deel 3: Las kleur in eerste steek. Ry 14: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (110 lb). Ry 15: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor*, lb in volgende 11 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 3 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai, (70 ste). Ry 16: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*2 lb in volgende st, 3 ks, maak split kb in kb van vorige ry, 3 ks, 2 lb in volgende lb*, lb in volgende 9 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb,2 ks,2 lb], lb in volgende 24 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (90ste). Ry 17: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (128 ste). Ry 18: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st en in 1-ks-spasie tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks,2 lb], lb in elke st en 1-ks-spasie tot laaste st, 3 lb in laaste st, draai (142 lb). Deel 4: Las nuwe kleur in eerste steek. Ry 19 tot 23: Herhaal Ry 14 tot Ry 18. Die instruksie tussen ( ) word 2 maal herhaal. Ry 24: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, (192 lb). Randjie en bandjies Ry 25: 21 ks, kb in 2e ks van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 10 ste, lb in volgende st, *slaan 2 ste oor, V-ST1 in volgende st* herhaal tot middel, V-ST2 in 2-ks-spasie, V-ST1 in volgende lb, herhaal instruksies tussen* tot 4 ste oorbly, slaan 2 ste oor, hlb in laaste st. Ry 26: 21 ks, kb in 2e st van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 9 ste, kb in volgende st, tussen volgende lb en V-steek, * in 2-ks-spasie van volgende V-steek, maak [kb, picot, kb] kb tussen V-ste*, herhaal tussen * tot middel, in 3-ks-spasie maak [2 hlb, picot, 2 hlb], *kb tussen V-ste, in volgende V-st maak [kb, picot, kb]*, herhaal tussen * tot laaste V-st, kb tussen V-steek en volgende lb, glst do in hlb. Heg af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) VOORBEELD VAN 'N GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GEBREIDE SIMMETRIESE SITRUSTJALIE GEWIGSWAARDE: BREI Selekteer tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode-punte. TEGNIEKE GEWIGSWAARDE Aanheg 10 Afheg 10 Vermeerder 10 Heg van wol 5 Gebruik van verskillende kleure 5 Gevorderde patroon 10 TOTAAL: 50 BENODIGDHEDE:  4 bolle wol in verskillende kleur  Enige wol/breinaald-kombinasie omdat die artikel ry vir ry vergroot  Stopnaald om punte weg te werk SPANNING: 16 steke = 10 cm Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) BRITSE (VK)-AFKORTINGS: Brei ('Knit') = k Brei volgende 2 steke tesame ('Knit next 2 stitches together') = b2tstes (k2tog) Trek glipsteek oor ('Pass slipped stitch over') = tglso (psso) Wol oor ('Yarn over') = yo 'Slip marker' = sm 'Slip one over' = sl1 Aweregs een ('Purl one') = aw1 (p1) SPESIALE INSTRUKSIES: PATROON:  Die tjalie begin vanuit die middel en word groter a.g.v. wol oor ('yarn over'/yo) die middellyn en by die rante ('edges').  Die eerste en laaste 2 steke word gebrei op elke ry om die rand plat te hou.  Glip die eerste steek van elke ry om 'n 'skoon' of eweredige rand te verseker. BLOM EN OOG-PATROON ('FLOWER AND EYELET PATTERN'):  Wissel die blom-en-oog-patroon af; doen die oogpatroon in die meeste gevalle in al drie kleure afsonderlik/geskei van die blompatroon, maar jy mag slegs 2 oogpatroonrye af en toe doen vir afwisseling van die patroon.  Hou aan totdat die tjalie die gewenste grootte is. PATROONINSTRUKSIES: Heg 5 steke aan. Ry 1: b2, yo, plaas merker, b1, plaas merker, yo, b2 Ry 2: gl1, b1, awe1, glip merker, awe1, glip merker, awe1,b2 Ry 3: gl1, b1, yo, b1, yo, sm, b1, sm, yo, b1, b2 Ry 4: gl1, b1, aweregs tot by merker, glip merker, aweregs 1, glip merker, aweregs tot by merker, b2 Verander kleure en brei die oogpatroon verskeie kere, verander kleure tussen herhalings. Maak seker jy het 13 steke aan elke kant tussen die yo ('yarnovers') voordat jy die blompatroon brei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) BLOMPATROON: Ry 1 (Regte Kant): gl1, b1, yo, [b3, b2tesm, yo, b1, yo, gl1, b1, tglso] herhaal tot by plekmerker, yo glip dan merker, b1, gl merker, yo, [b3, b2tesm, yo, b1, yo, gl1, b1, tglso] tot by laaste 2 steke, yo, b2 (NOTA: Vir hierdie rye, maak seker jy het yo na die eerste 2 steke, aan beide kante van die middelpunt, en voor die laaste 2 steke. Om die middel simmetries te maak, moet jy 2 steke aan die einde en begin die ander kant met 2 steke, ens.) Ry 2: gl1, b1, aweregs tot by merker, glip merker, awe1, glip merker, awe tot by merker, b2 Ry 3: gl1, b1, yo, [b3, b2tesm, yo, b3, yo, gl1, b1, tgso] herhaal tot by merker, yo, sm, b1, yo, [b3, bk2tesm, yo, b3, yo, gl1, b1, tgso] herhaal tot by laaste 2 steke, yo, b2 Ry 4: gl1, b1, awe tot by merker, glip merker, awe1, glip merker, awe tot by merker, b2 Ry 5: gl1, b1, yo, b5, yo, gl1, b2tesm, tgso, yo, herhaal tot by merker, yo, sm, b1, yo, [b5, yo, gl1, b2tesm, tgso, yo] herhaal tot by laaste 2 steke, yo, b2 Blomkaart Sleutel 6 Brei 5 Wol oor pen (yo) 4 Brei 2 tesame 3 Glip 1, b1, tgso 2 Glip1,b2tes, tgso 1 OOGPATROON ('EYELET PATTERN'): Ry 1 (Regte Kant ): gl1, bk1, yo, brei tot by merker, yo, sm, b1, sm, yo, brei tot by merker, b2 Ry 2: gl1, b1, brei tot by merker, sm, awe1, sm, yo, brei tot by merker, b2 Ry 3: gl1, b1, yo, [b2tesm, yo] tot by merker, sm, b1, sm, [yo, b2tesm] tot by laaste 2 steke, b2 (LET WEL: Vir hierdie rye, maak seker jy het yo na die eerste 2 steke, aan beide kante van die middelpunt, en voor die laaste 2 steke.) Ry 4: gl1, b1, brei tot by merker, sm, awe1, sm, yo, brei tot by merker, b2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2021 NSS (Produksie van Gebreide en Gehekelde Items) GEPUNTE AFHEGTING ('POINTED CAST OFF'): 1. In eerste steek, b1, slaan wol oor breinaald (yo), br 1. 2. Draai en aweregs hierdie 3 steke as ook die volgende steek op die breinaald en die eerste nuwe steek. 3. Draai en heg die eerste 2 steke af (b2, trek eerste steek oor). 4. Brei die 3de steek met die volgende steek, gereed om af te heg en heg die 3de steek af. 5. Trek die laaste steek oor die breinaald oor die volgende steek wat gereed is om afgeheg te word. Jy het nou 3 steke afgeheg en het nou 1 punt (gepunte afhegting). Herhaal, begin met b1 slaan wol oor breinaald (yo), b1 in die steek wat jy in stap 5 oorgetrek het. LET WEL: Daar sal baie ente weggewerk moet word as gevolg van al die kleurwisseling. Indien die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all