Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ICVLTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 1 antwoordblad.
Skip to contentAll 2020 papers %20-%20GR11%20MEMO%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_--d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d/v1-7ce45b2351c5700335af/card.webp)



%20Afr%20Nov%202020_SIVIELE%20DIENSTE_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_--a014afb0-d15f-4eaa-838f-0768b568dc8b/v1-faed7b104eb0fbf75540/card.webp)

View all

/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5/v1-2f03d63ea54e6bd10d71/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_English_hlayiso.com_--ed0b5808-e643-408f-bef2-165736e1c4b6/v1-0797091449081c3c3dfd/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Construction_English_hlayiso.com_--ef9cc9f6-54a4-49fb-a7b1-407a487eeec8/v1-ddd234b1e4aa182f38ab/card.webp)

Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo
Grade 11 Civil Technology memorandum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
BENODIGDHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekeninstrumente
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x
110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 5.1 en 5.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur
gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, al het jy die vraag nie beantwoord nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Watter tipe persoonlike beskermingstoerusting is verpligtend om ten alle tye
op ‘n bouterrein te dra? (1)
1.2 Waarom moet jou das verwyder word wanneer jy met masjiene met
bewegende dele werk? (1)
1.3 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR.
1.3.1 Twee operateurs word toegelaat om terselfdertyd op ʼn masjien te
bedryf. (1)
1.3.2 Petrolenjins mag in die werkswinkel gebruik word. (1)
1.3.3 Dra gereedskap met hul skerp punte na onder. (1)
1.3.4 Glyvaste skoene is verpligtend wanneer jy masjinerie gebruik. (1)
1.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die berging van materiaal op
die terrein.
1.4.1 Waarop kan materiaal geplaas word wat nie direk op die vloer
geberg kan word nie? (1)
1.4.2 Waarom moet hope sand en klip met plastiek bedek word? (1)
1.4.3 Waarom moet skeidsmure opgerig word om sand en klip te skei? (1)
1.5 Bereken die maksimum breedte van die gestapelde materiaal, indien die
stapel 1 800 mm hoog is. (Wys berekeninge). (2)
1.6 Wat is die verskil tussen ongewapende beton en gewapende beton? (1)
1.7 Noem EEN doel van growwe aggregaat in betonmengsel. (1)
1.8 Watter tipe materiaal verhoog die plastisiteit van daghamengsels? (1)
1.9 Watter tipe materiaal word as ʼn gelykmakingslaag vir betonvloere gebruik? (1)
1.10 Noem die TWEE hoofgroepe waarin hout verdeel kan word. (2 x 1) (2)
1.11 Noem EEN gebruik van laaghout. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
1.12 Identifiseer die volgende metale as YSTERHOUDEND of NIE-
YSTERHOUDEND:
1.12.1 Koper (1)
1.12.2 Gietyster (1)
1.13 Noem EEN gebruik van lood in die bou-omgewing. (1)
1.14 Noem EEN gebruik van vlekvrye staal in die bou-omgewing. (1)
1.15 Beskryf stapsgewys hoe PVC-kleefstof gebruik moet word. (3 x 1) (3)
1.16 Wat is die minimum dikte van ʼn vensterruit? (1)
1.17 Noem TWEE gebruike van deurskynende glas. (2 x 1) (2)
1.18 Noem die TWEE hoofgroepe waarin plastiek verdeel kan word. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5
VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Waarom moet ʼn graaf liggies geolie word wanneer dit nie gebruik word nie? (1)
2.2 Verduidelik kortlik die verskil in die gebruike van die koubeitel en steenbeitel. (2)
2.3 Benoem die gereedskapstukke in FIGUUR 2.3.1 tot 2.3.3 en noem EEN
gebruik van elk.
FIGUUR 2.3.1 FIGUUR 2.3.2 FIGUUR 2.3.3
(3 x 2) (6)
2.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
FIGUUR 2.4.
FIGUUR 2.4
2.4.1 Wat word dié gereedskapstuk genoem? (1)
2.4.2 Verduidelik kortliks hoe die gereedskapstuk gebruik sal word tydens
die installering van ʼn deurkosyn. (2)
2.4.3 Noem TWEE versorgingsmaatreëls van die gereedskapstuk. (2 x 1) (2)
2.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
FIGUUR 2.5.
FIGUUR 2.5
2.5.1 Wat word dié gereedskapstuk genoem? (1)
2.5.2 Noem TWEE gebruike van dié gereedskapstuk. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die detailtekening in
FIGUUR 2.6.
A
B
E
C
D
FIGUUR 2.6
2.6.1 Waarom word detailtekeninge op ‘n vergrote skaal geteken? (1)
2.6.2 Motiveer kortliks waarom beskrywende notas op detailtekeninge
ingesluit word. (2)
2.6.3 Watter tipe dakrandkonstruksie word in FIGUUR 2.6 geïllustreer? (1)
2.6.4 Benoem onderdele A tot E. (5)
2.6.5 Wat is die doel van deel B? (1)
2.6.6 Wat is die doel van deel C? (1)
2.7 Verduidelik die doel van die kontroletoets vir vloerplanmates. (2)
2.8 Verduidelik die posisie, op die tekenvel vir bouplanne, waar die noordpyl
aangedui moet word. (2)
2.9 Op watter skaal word vloerplanne gewoonlik geteken? (1)
2.10 Identifiseer die volgende afkortings op die aansigte van geboue:
2.10.1 NGV (1)
2.10.2 VVV (1)
2.11 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer:
2.11.1 Venster (2)
2.11.2 Elektrisiteitsmeter (2)
2.11.3 Riool (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7
VRAAG 3: VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die planaansig in FIGUUR 3.1.
BOSTONSTRAAT
B
A
C
ERF125
ERF 123 ERF 127
ERF 134 ERF 136
FIGUUR 3.1
3.1.1 Wat word die planaansig genoem? (1)
3.1.2 Wat is die erfnommer aan die westekant van erf 125? (1)
3.1.3 Wat word die lyne by A genoem? (1)
3.1.4 Identifiseer die simbole by B en C. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
3.2 Noem EEN gebruik van PVC-kleefstof. (1)
3.3 Watter verbindingskleefstof-materiaal bestaan uit gom? (1)
3.4 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ʼn vloerplan te illustreer:
3.4.1 Rioolput (2)
3.4.2 Aard (2)
3.4.3 Afgewerkte hout (2)
3.5 Beskryf kortliks die stappe om PVA-kleefstof aan te wend. (3 x 1) (3)
3.6 Noem DRIE voorsorgmaatreëls by die gebruik van kontaklym. (3 x 1) (3)
3.7 Noem enige VYF gebruike van silikoon. (5 x 1) (5)
3.8 Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende kleefmiddels:
3.8.1 Silikoon (2)
3.8.2 Kontakgom (2)
3.8.3 PVA-gom (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9
VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Beskryf kortliks hoe rioolvuil afkomstig van informele nedersettings die
waterkwaliteit in damme kan beïnvloed. (2)
4.2 Verduidelik kortliks waarom rioolvuil ʼn gesondheidsrisiko is. (2)
4.3 Wat is die beste metode om ʼn ligte brandwond veroorsaak deur ʼn
soldeerbout te behandel? (1)
4.4 Noem DRIE gebruike van keramiekprodukte in ʼn woonhuis. (3 x 1) (3)
4.5 Watter tipe metaal word in die vervaardiging van die volgende
loodgietermateriale gebruik?
4.5.1 Mangatdeksels (1)
4.5.2 Opwasbakke (1)
4.5.3 Drukbeheerkleppe (1)
4.5.4 Vakuumbrekers (1)
4.5.5 Warmwaterpype (1)
4.6 Kies ʼn gereedskapstuk uit KOLOM B wat by die gebruik in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.6.1–4.6.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.6.4 F.
KOLOM A KOLOM B
4.6.1 Vasdraai van boute A Bolpenhamer
4.6.2 Werkstukke om saagwerk vas te klem B Blikskêr
4.6.3 Om ʼn klinknael se nuwe kop te vorm C Sleutels
D Knyptang
E Bankskroef
(3 x 1) (3)
4.7 Noem TWEE versorgingmaatreëls wat op die walsmasjien van toepassing is.
(2 x 1) (2)
4.8 Noem die TWEE metodes om laedigtheidpoliteenpype te buig. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
4.9 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
FIGUUR 4.9.
FIGUUR 4.9
4.9.1 Wat word dié gereedskapstuk genoem? (1)
4.9.2 Noem die gebruik van dié gereedskapstuk. (1)
4.9.3 Beskryf puntsgewys die metode waarvolgens die gereedskap
gebruik moet word. (4)
4.10 Motiveer volledig waarom pype stewig tydens die installeringproses geheg
moet word. (2)
4.11 Wat is die doel van teflonkleefband wanneer pype gelas word? (1)
4.12 Wat is die doel van die ingeboude swak plek van ʼn plofklinknaelpen? (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11
VRAAG 5: GRAFIKA, KONSTRUKSIE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 Gebruik jou tekeninstrumente en verdeel die lyn XY op ANTWOORDBLAD 1
in ses gelyke dele. Toon alle konstruksielyne. (3)
5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD 1 toon die bo- en kantaansigte van ʼn
250 x 250 mm vierkantige pyp met ʼn lengte van 500 mm. Die naat van die
pyp is in die middel van sykant AD.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
pyp op skaal 1 : 10. (11)
5.3 Motiveer kortliks waarom die storting van beton op baie koue dae vermy moet
word. (2)
5.4 Wat is die minimum dikte van die betonblad vir ʼn mangat? (1)
5.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
5.5.1 Die plasing van beton moet in die hoeke naaste aan die betonmenger
begin word. (1)
5.5.2 Beton moet 200 mm hoër as die korrekte hoogte gegooi word om
voorsiening te maak vir die sakking van die beton. (1)
5.5.3 Beton moet vir twee dae verhard voordat daarop gebou word. (1)
5.6 Verduidelik kortliks die prosedure om ʼn verdigte betonblad met ʼn houtbalk
gelyk te maak. (2)
5.7 Noem TWEE redes vir die afstryking van beton. (2 x 1) (2)
5.8 Wanneer koperpype met behulp van sand gebuig word, moet die sand aan
sekere eienskappe voldoen. Noem TWEE eienskappe van dié tipe sand.
(2 x 1) (2)
5.9 Beskryf puntsgewys die metode om politeenpype met hittesmelting te las. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING EN
SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die watertoevoerstelsel vir ʼn
woonhuis in FIGUUR 6.1.
STRAAT ERFGRENS
A B
D
C
FIGUUR 6.1
6.1.1 Benoem die installasies A en B. (2)
6.1.2 Wat is die doel van installasie B? (1)
6.1.3 Benoem die pypleidings C en D. (2)
6.1.4 Wat is die deursneegrootte van die pyp by D? (1)
6.1.5 Motiveer waarom die pypleiding by D ten minste 450 mm onder die
grond gelê moet word. (2)
6.2 Noem DRIE nadele van gegalvaniseerde pype vir watervoorsiening. (3 x 1) (3)
6.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die koppelstuk in FIGUUR 6.3.
FIGUUR 6.3
6.3.1 Wat word dié koppelstuk genoem? (1)
6.3.2 Watter tipe pype word met dié tipe koppelstuk gekoppel? (1)
6.3.3 Watter verbindingsmetode word gebruik om dié koppelstuk aan pype
te heg? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13
6.4 Identifiseer die volgende simbole wat vir kouewaterstelsels gebruik word:
6.4.1
(1)
6.4.2
(1)
6.4.3
(1)
6.5 Motiveer kortliks waarom die kouewaterinlaatpyp aan die onderkant van die
hoëdrukgeiser is. (2)
6.6 Verduidelik die doel van die termostaat in die hoëdrukgeiser. (2)
6.7 Verduidelik waarom die warmwateruitlaatpyp aan die bokant van ʼn
hoëdrukgeiser is. (2)
6.8 Kies die korrekte antwoord tussen hakies en skryf dit teenoor die
vraagnommers (6.8.1–6.8.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
6.8.1 Die (anode / element) verhit die water in die geiser. (1)
6.8.2 Vakuumbrekers word (300 mm / 330 mm) bo die geiser
geïnstalleer. (1)
6.8.3 ʼn (20 mm / 50 mm) Dreineringspyp word aan die drupbak
gekoppel. (1)
6.9 Noem TWEE redes waarom warmwaterpype vanaf geisers geïsoleer moet
wees. (2 x 1) (2)
6.10 Wanneer stormwater-sugrioleringpype geïnstalleer word, moet gate aan
albei kante in die boonste derde van die pyp geboor word. Wat is die doel
van dié gate? (1)
6.11 Motiveer kortliks waarom stormwater weg van geboue gelei moet word. (1)
6.12 Beskryf die regulasie wat van toepassing is wanneer drekwatertoebehore
permanent ontkoppel word. (2)
6.13 Identifiseer die volgende afkortings vir dreineringstelsels:
6.13.1 RWP (1)
6.13.2 ST (1)
6.13.3 WHB (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
6.14 Motiveer kortliks waarom die stompstamstelsel goedkoper is as ander
rioolstelsels. (2)
6.15 Identifiseer onderdele A tot C van die spoelbak in FIGUUR 6.15. (3)
A
B
C
FIGUUR 6.15
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD 1 SIVIELE DIENSTE
5.1 Gebruik jou tekeninstrumente en verdeel die lyn XY op ANTWOORDBLAD 1 in
ses gelyke dele. Toon alle konstruksielyne. (3)
X Y
5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD 1 toon die bo- en kantaansigte van ʼn 250 x
250 mm vierkantige pyp met ‘n lengte van 500 mm. Die naat van die pyp is in
die middel van sykant AD.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en ontwikkel en teken die ontvouing van die pyp
op skaal 1 : 10. (11)
A D
SYAANSIG
A1 D1 ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
SE PUNT
Basislyn 2
Hoeklyne 6
Lastoelating 2
B C Skaal 1
BO-AANSIG
TOTAAL 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)
1.1 Veiligheidshelm / “hard hat” (1)
1.2 ƌ Das kan deur die bewegende dele ingetrek word en kan tot beserings lei. (1)
1.3 1.3.1 Onwaar (1)
1.3.2 Onwaar (1)
1.3.3 Waar (1)
1.3.4 Waar (1)
1.4 Berging van materiaal op die terrein.
1.4.1 Enige EEN waarop materiaal geberg kan word.
x Rakke
x Palette (1 x 1) (1)
1.4.2 Enige EEN rede waarom hope sand en klip met plastiek bedek
word.
x Om dit skoon te hou
x Wegspoeling tydens reënbuie te vermy
(Soortgelyke antwoord) (1 x 1) (1)
1.4.3 Om te verhoed dat die materiale meng (1)
1.5 1 800 mm ÷ 3 (1) = 600 mm (1) (2)
1.6 Gewapende beton het staalversterkingstawe (1)
1.7 Enige EEN doel van growwe aggregaat in ƌ betonmengsel:
x Verleen stabiliteit aan volume van beton
x Ekonomies – vorm die grootste deel van die mengsel
x Verminder die krimpingspotensiaal van beton (1 x 1) (1)
1.8 Kalk (1)
1.9 Gidspleister / vlaklaag / “screed” (1)
1.10 Harde hout (1) en sagte hout (1) (2)
1.11 Enige EEN gebruik van laaghout:
x Onderkant van laaie
x Muurpaneelwerk
x Deurpanele
x Kaspanele
x Binnenshuise balustrades / relings
x Raamwerk (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3
1.12 1.12.1 Nie-ysterhoudende metaal (1)
1.12.2 Ysterhoudende metaal (1)
1.13 Enige EEN gebruik van lood in die bou-omgewing:
x Batterye
x Kabelhulse
x Loodpype
(Soortgelyke antwoord) (1 x 1) (1)
1.14 Enige EEN gebruik van vlekvrye staal in die bou-omgewing:
x Opwasbakke
x Baddens
x Waterkrane
x Sperders
x Suigwaaiers
(Soortgelyke antwoord) (1 x 1) (1)
1.15 x Pas eers die pype inmekaar en maak seker dit loop in die regte rigting (1)
x Wend dun lagie PVC-gom op die passtuk en pyp (1)
x Draai dit liggies en druk die dele in posisie (1) (3)
1.16 3 mm (1)
1.17 Enige TWEE gebruike van deurskynende glas:
x Badkamer / toiletvensterruite
x Glasstene vir mure
x Deure
x Stedelike meubels en toestelle (2 x 1) (2)
1.18 Termoplastiek (1) en termoverharde plastiek (1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)
2.1 Voorkom roes (1)
2.2 Koubeitel word gebruik om gate / gleuwe in beton / steenwerk / metaal
te kap (1)
Steenbeitel word gebruik om stene te sny (1) (2)
2.3 Benoem die gereedskapstukke in FIGUUR 2.3.1 tot 2.3.3 en noem EEN
gebruik van elk.
2.3.1 Pik (1)
Enige EEN gebruik (1):
• Harde grond losmaak tydens uitgrawings
• Opbreek van rots (2)
2.3.2 Blokborsel / Blokkwas (1)
Enige EEN gebruik (1):
• Pleister klam te maak
• Om oppervlaktes / beton klam te maak (2)
2.3.3 Skaaf (1)
Enige EEN gebruik (1):
• Hout te skaaf
• Rowwe houtoppervlaktes gelyk te maak (2)
2.4 2.4.1 Lugbelwaterpas (1)
2.4.2 Toets of die kopbalk horisontaal is (1) en die style vertikaal
geïnstalleer is (1) (2)
2.4.3 Enige TWEE versorgingsmaatreëls van die lugbelwaterpas:
• Vee skoon af na gebruik
• Moenie toelaat dat pleister / sement daarop droog word nie
• Bêre op ƌ droë plek (2 x 1) (2)
2.5 2.5.1 Draagbare rolsaag (1)
2.5.2 Enige TWEE gebruike:
• Hout te saag
• Ander materiale met spesifieke lemme te saag
• Sponnings te sny (2 x 1) (2)
2.6 2.6.1 Meer inligting in te sluit (1)
2.6.2 Om die aandag te vestig op (1) besonderhede wat nie duidelik
verstaan sal word nie (1) (2)
2.6.3 Oopdakrand (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5
2.6.4 A – VWL (1)
B – Balkvulling / halfsteenmuur (1)
C – Fassieplank / fassiebord (1)
D – Eensteenmuur (1)
E – Plafon / kroonlys (1) (5)
2.6.5 Voorkom dat stof / gediertes / ens. onder dak inkom (1)
2.6.6 Geute aan te heg / reg te maak (1)
2.7 Om te verseker dat die horisontale en vertikale buitemates (1) ooreenstem
met die individuele binnemates (1) (2)
2.8 Regs (1) onderaan die tekenvel (1) (2)
2.9 1 : 100 (1)
2.10 2.10.1 Natuurlike grondvlak (1)
2.10.2 Voltooide vloervlak (1)
2.11 2.11.1
(2)
2.11.2
W (2)
2.11.3 (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)
3.1 3.1.1 Terreinplan (1)
3.1.2 123 (1)
3.1.3 Boulyn / bougrens (1)
3.1.4 B = Mangat C = Steekoog (2)
3.2 EEN gebruik van PVC-kleefstof:
x PVC-pype te las (1)
3.3 PVC-gom (1)
3.4 3.4.1
(2)
3.4.2
(2)
3.4.3
(2)
3.5 Die aanwendingsproses van PVA kleefstof:
(1) Pas eers die pype inmekaar om seker te maak dat dit in die regte
rigting loop / pas
(2) Wend 'n dun laag PVC-gom op die passtuk en die pyp aan
(3) Draai dit liggies en druk die dele in posisie (3)
3.6 Enige DRIE voorsorgmaatreëls by die gebruik van kontaklym:
x Wees versigtig om nie die kleefstof heeltemal te laat droog word voor
samevoeging nie
x Moenie te lank wag voor die dele saamgevoeg word nie
x Die lym moet nie te vinnig aangewend word nie (3 x 1) (3)
3.7 Enige VYF gebruike van silikoon:
x Basiese verseëlaar teen lug- en waterlekkasie
x Tekstielgebruike
x Versterk materiale
x In lugvaart
x Konstruksieherstelwerk
x Elektronika (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7
3.8 Enige TWEE eienskappe van ELK van die volgende kleefmiddels:
3.8.1 Silikoon
x Vuurbestand
x Geleidend of isolerend
x Rubberagtig
x Lae hittegeleiding
x Weerstaan chemikalieë / lae chemiese reaktivering
x Lae giftigheid
x Waterbestand / stoot water af (2 x 1) (2)
3.8.2 Kontakgom
x Heg goed aan meeste materiaal (plastiek, rubber, papier, hout,
ens.)
x Sit vas aan meeste nie-poreuse materiaal
x Rubberagtig en het ƌ roomkleur
x Vlambaar
x Waterbestand
x Droog vinnig en kan onmiddellik heg (2 x 1) (2)
3.8.3 PVA-gom
x Waterbasis
x Vir binne- en buitegebruik
x Wit of geel kleur voor dit droog word, deurskynend wanneer dit
droog is
x Geel PVA is nie heeltemal deurskynend wanneer dit droog is nie
x Besonder sterk wanneer dit op hout gebruik word
x Droog vinnig
x Goedkoop (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDINGS
(SPESIFIEK)
4.1 (1) Rioolvuil sypel in die grond in en (1) vloei / sypel deur grondwater na
riviere en damme (2)
4.2 (1) Dit bevat onbehandelde / afvalmateriaal / menslike uitskeiding wat (1)
skadelike mikro-organismes / bakterieë / virusse / parasiete bevat (2)
4.3 Spoel die wond met koue water af. (1)
4.4 Enige DRIE gebruike van keramiekprodukte in ƌ woonhuis:
x Vloerteëls
x Muurteëls
x Baddens, wasbakke, spoelklosette
x Materiale wat teen hoë temperature bestand is (3 x 1) (3)
4.5 4.5.1 Mangatdeksels – Gietyster (1)
4.5.2 Opwasbakke – Vlekvrye staal (1)
4.5.3 Drukbeheerkleppe – Brons (1)
4.5.4 Vakuumbrekers – Brons (1)
4.5.5 Warmwaterpype – Koper (1)
4.6 4.6.1 Vasdraai van boute C Sleutels
4.6.2 Werkstukke vir saagwerk vas te klem E Bankskroef
4.6.3 Om ƌ klinknael se nuwe kop te vorm A Bolpenhamer (3 x 1) (3)
4.7 Enige TWEE versorgingmaatreëls:
x Olie bewegende dele
x Diens gereeld
x Masjien nie oorlaai nie
x Rollers nie aanmekaar raak wanneer dit nie gebruik word nie (2 x 1) (2)
4.8 Noem die TWEE metodes om laedigtheidpoliteenpype te buig:
x Vul pyp met sand, verhit en buig
x Pypbuigveer (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9
4.9 4.9.1 Pypsnyer (1)
4.9.2 Koperpype/gegalvaniseerde pype te sny (1)
4.9.3 (1) Snywiel op die snylyn
(2) Draai die snyer kloksgewys en (3) antikloksgewys
(4) Stel die snyer stywer tot die pyp deurgesny is (4)
4.10 (1) Voorkom dat pype vibreer (2) wanneer water daardeur beweeg /
Beweging veroorsaak spanning op lasse en kan begin lek (2)
4.11 Verseker waterdigte lasse (1)
4.12 Stel dit in staat om af te breek wanneer die klinknael geïnstalleer is (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 5: GRAFIKA, KONSTRUKSIE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK)
5.1 Gebruik jou tekeninstrumente en verdeel die lyn XY op
ANTWOORDBLAD 1 in ses gelyke dele. Toon alle konstruksielyne. (3)
5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD 1 toon die bo- en kantaansigte van ƌ
250 x 250 mm vierkantige pyp met ƌ lengte van 500 mm. Die naat van die
pyp is in die middel van sykant AD.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
pyp op skaal 1 : 10. (11)
5.3 Soortgelyke antwoord.
(1) Die verharding van beton word belemmer (2) wanneer die temperatuur
onder 5° is. (2)
5.4 150 mm (1)
5.5 5.5.1 Onwaar (1)
5.5.2 Onwaar (1)
5.5.3 Onwaar (1)
5.6 (1) Gebruik eers ƌ kapbeweging en (2) daarna ƌ saagbeweging (2)
5.7 Enige TWEE redes vir die afstryking van beton:
x Gee ƌ gladde afwerking
x Verwyder merke
x Help met die verdigting
x Dryf stukkies gruis onder na die oppervlak (2 x 1) (2)
5.8 Noem enige TWEE eienskappe van dié tipe sand:
x Droog
x Fyn
x Gekompakteer (2 x 1) (2)
5.9 (1) Die ente van die pype moet skoon en haaks wees.
(2) Verhit ente met ƌ temperatuurbeheerde apparaat.
(3) Druk die gesmelte ente teenmekaar en
(4) behou die drukking terwyl die pype afkoel. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11
VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING EN
SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)
6.1 6.1.1 A – Afsluitkraan
B – Watermeter (2)
6.1.2 Meet die volume water wat gebruik word (1)
6.1.3 C – Hoofwatertoevoer
D – Watervoorsieningspyp (2)
6.1.4 15 mm (1)
6.1.5 Voorkom bevriesing en direkte laste op die pyp (2)
6.2 Enige DRIE nadele van gegalvaniseerde pype vir watervoorsiening:
x Moeilik om te buig
x Bevat lood, maak korrosie onvermydelik
x Sediment kan in die pype akkumuleer
x Moeilik om van roes ontslae te raak (3 x 1) (3)
6.3 6.3.1 45°-elmboog (1)
6.3.2 Koperpyp (1)
6.3.3 Soldering of sweissoldering (1)
6.4 6.4.1 Pyplas – Gestuiksweis (1)
6.4.2 Pyplas – Flens-en-bout (1)
6.4.3 Watervlakbeheerklep (1)
6.5 Soortgelyke antwoord.
(1) Namate die koue water warm word, styg dit en (2) daarom moet koue
water van onder af ingelaat word (2)
6.6 (1) Dit neem die watertemperatuur waar en skakel die element aan wanneer
die water te koud word en (2) skakel dit weer af wanneer die water te warm
word (2)
6.7 (1) Warm water styg na bo (2) en laat die koue water in van onder (2)
6.8 6.8.1 Element (1)
6.8.2 300 mm (1)
6.8.3 50 mm (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2020)
6.9 Enige TWEE redes waarom warmwaterpype vanaf geisers geïsoleer moet
wees:
x Voorkom hitteverlies
x Voorkom bevriesing tydens wintermaande (2 x 1) (2)
6.10 Sodat stormwater kan insyfer (1)
6.11 Enige soortgelyke antwoord.
x Voorkom struktuurskade
x Kan lei tot krake
x Kan lei tot fondamentskade (1)
6.12 (1) Dit moet op só ƌ wyse verseël word dat die diskonneksie (2) nie ƌ
gesondheidsgevaar sal inhou nie. (2)
6.13 6.13.1 Reënwaterpyp (1)
6.13.2 Septiese tenk (1)
6.13.3 Handewasbak (1)
6.14 (1) Omdat minder pype gelê word, word minder arbeid en (2) materiaal
benodig. (2)
6.15 A – Hewelpyp
B – Diafragma
C – Plunjersuier (3)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD 1 SIVIELE DIENSTE
NAAM:
5.1 Gebruik jou tekeninstrumente en verdeel die lyn XY op ANTWOORDBLAD 1 in
ses gelyke dele. Toon alle konstruksielyne. (3)
X Y
5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD 1 toon die bo- en kantaansigte van ƌ
250 x 250 mm vierkantige pyp met ƌ lengte van 500 mm. Die naat van die pyp
is in die middel van sykant AD.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en ontwikkel en teken die ontvouing van die pyp
op skaal 1 : 10. (11)
A D A1 A B C D D1
SYAANSIG
A1 D1 Basislyn 2
Naatlyne 6
Lastoelating 2
Skaal 1
B C TOTAAL 11
BO-AANSIG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%20-%20GR11%20MEMO%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_--d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d/v1-7ce45b2351c5700335af/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo
%20Afr%20Nov%202020_SIVIELE%20DIENSTE_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_--a014afb0-d15f-4eaa-838f-0768b568dc8b/v1-faed7b104eb0fbf75540/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo
More from Grade 11 Civil Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Cons ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Civil Ser ATP 2023 24
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5/v1-2f03d63ea54e6bd10d71/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Civil%20Services_English_hlayiso.com_--ed0b5808-e643-408f-bef2-165736e1c4b6/v1-0797091449081c3c3dfd/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Eng)
/CIV%20TECH%20GR11%20QP%20NOV2022_Construction_English_hlayiso.com_--ef9cc9f6-54a4-49fb-a7b1-407a487eeec8/v1-ddd234b1e4aa182f38ab/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 2022 QP (Eng)

Question paper