Skip to content

Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Question paperCivil TechnologyGrade 11202214 pages

Grade 11 Civil Technology question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EKSEMPLAAR) PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 1 antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) BENODIGHEDE: 1. Tekeninstrumente 2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar 3. ANTWOORDEBOEK INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. Moet NIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 2.7 en op die aangehegde ANTWOORDBLAD 1 deur waar nodig van tekeninstrumente gebruik te maak. 13. SKRYF jou NAAM op ANTWOORDBLAD 1 en handig dit in saam met jou ANTWOORDEBOEK, of jy dit geantwoord het of nie. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese kopiëring. 15. Google images is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik. 16. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES) 1.1 Watter tipe stewel is verpligtend om te dra wanneer daar met sement of beton gewerk word? (1) 1.2 In watter omstandighede sal die volgende persoonlike beskermingstoerusting gebruik word: 1.2.1 Skermbrille (1) 1.2.2 Oorproppe (1) 1.3 Motiveer kortliks waarom loshangende klere vermy moet word wanneer daar met masjiene gewerk word. (2) 1.4 Beskryf die veiligheidsmaatreël wat van toepassing is op die volgende handgereedskappe: 1.4.1 Hamerkoppe (1) 1.4.2 Saaggereedskap (1) 1.4.3 Wanneer beitels gedra word (1) 1.5 Motiveer kortliks waarom ʼn betonmenger met ʼn petrolenjin slegs in die buitelug gebruik mag word. (2) 1.6 Noem TWEE vereistes vir die berging van sement. (2 x 1) (2) 1.7 Waarom moet waarskuwingstekens vertoon word waar werkers oorhoofse werk doen? (1) 1.8 Noem VIER vereistes vir die berging van gevaarlike materiaal in die werkplek. (4 x 1) (4) 1.9 Noem die DRIE bestanddele om benodig word om gidspleister te meng. (3 x 1) (3) 1.10 Noem DRIE gebruike vir gidspleister. (3 x 1) (3) 1.11 Motiveer kortliks waarom growwe aggregaat nie in ʼn daghamengsel gebruik moet word nie. (1) 1.12 Identifiseer die tipe bordprodukte wat vir die volgende werk gebruik sal word: 1.12.1 Agterkant van kaste (1) 1.12.2 Bekisting vir beton (1) 1.13 Beskryf kortliks die verskil tussen pleisterstene en sierstene. (2) 1.14 Noem TWEE gebruike van gietyster. (2 x 1) (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES) 2.1 Motiveer kortliks waarom die rondepuntskopgraaf nie effektief is om fondamentslote haaks af te werk nie. (1) 2.2 Noem DRIE handgereedskapstukke wat gebruik kan word om stene te sny. (3 x 1) (3) 2.3 Identifiseer die gereedskapstuk wat vir die volgende werk gebruik sal word: 2.3.1 Dra van pleister sodat dit op ʼn muur aangewend kan word (1) 2.3.2 Vir afstryking van gepleisterde mure (1) 2.3.3 Om ʼn geronde rand langs buitehoeke te skep (1) 2.3.4 Opknapping van klein areas wat opgevul moet word (1) 2.4 Beskryf kortliks die verskil in gebruik van ʼn kloofsaag en ʼn dwarssaag. (2) 2.5 Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.5.1 tot 2.5.3 hieronder en noem EEN gebruik van elk. FIGUUR 2.5.1 FIGUUR 2.5.2 FIGUUR 2.5.3 (3 x 2) (6) 2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in FIGUUR 2.6. FIGUUR 2.6 2.6.1 Wat word die gereedskapstuk genoem? (1) 2.6.2 Beskryf die doel van die masjien. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5 2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband. Gebruik ANTWOORD- BLAD 1 en teken die vooraansigte van die steenmuur op skaal 1 : 10. (13) 2.8 Beskryf die doel van detailtekeninge. (2) 2.9 Noem DRIE besonderhede wat op ʼn terreinplan aangedui moet word. (3 x 1) (3) 2.10 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer. 2.10.1 Waterkloset (2) 2.10.2 Warmwatersilinder (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES) 3.1 FIGUUR 3.1 toon die fondamentstroke vir ʼn gebou. Die fondamente is 600 mm breed en 200 mm dik. ʼn Betonmengsel van 1 : 4 : 4 word gebruik. 9 000 6 000 FIGUUR 3.1 3.1.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5) 3.1.2 Bereken die volume beton benodig. (3) 3.2 ʼn Eensteenmuur van 1,2 m hoog en 12 m lank moet opgerig word. Bereken die hoeveelheid stene wat vir die muur benodig word. Toon alle berekeninge. (5) 3.3 Beskryf die aanwendingsprosedure van PVC-lym, wanneer PVC-pype gelas word. (4) 3.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. 3.4.1 Kontaklym is rubberig. (1) 3.4.2 Kontaklym word net aan een oppervlak gesmeer om vas te sit. (1) 3.4.3 Kontaklym moet ten minste 5 mm dik aangewend word. (1) 3.4.4 Silikoon is hittewerend. (1) 3.4.5 Silikoon het ʼn lae toksisiteit. (1) 3.5 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wanneer epoksie gebruik word. (2 x 1) (2) 3.6 Maak ʼn netjiese skets van ʼn standaard boutekenpraktyk noordpyl. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7 3.7 Beskryf die posisie van die noordpyl op ʼn tekenvel. (2) 3.8 Identifiseer die volgende tekensimbole. 3.8.1 40 W (1) 3.8.2 (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 4: MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van sellulêre stene. 4.1.1 Noem EEN gebruik van hierdie steen. (1) 4.1.2 Wat is die maksimum persentasie wat die holtes mag beslaan? (1) 4.1.3 Noem TWEE voordele van die holtes in die stene. (2 x 1) (2) 4.2 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR. 4.2.1 Klei-pleisterstene hoef nie gepleister te word nie. (1) 4.2.2 Soliede betonstene kan met ʼn troffel gebreek word. (1) 4.2.3 Betonplaveistene word dikwels sonder dagha gelê. (1) 4.3 Identifiseer die tipe steen wat in die volgende stellings beskryf word. 4.3.1 Gleuwe op die kant verskaf ʼn beter greep vir pleister (1) 4.3.2 Bros en breek maklik (1) 4.3.3 Word by parkeerterreine gebruik (1) 4.4 Noem die TWEE hoofbestanddele van sement. (2 x 1) (2) 4.5 Benoem die druksterkte in MPa van die volgende betonsterktes. 4.5.1 Laesterkte-beton (1) 4.5.2 Hoësterkte-beton (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9 4.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toerusting in FIGUUR 4.6. A B D C E FIGUUR 4.6 4.6.1 Wat word hierdié steierwerk genoem? (1) 4.6.2 Benoem dele A tot E. (5 x 1) (5) 4.6.3 Wat is die doel van deel B? (1) 4.7 Identifiseer die toerusting wat beskryf word in die volgende stellings. 4.7.1 Om leë ruimtes uit vars gegiete beton te verwyder. (1) 4.7.2 Om ʼn gelyk, gladde afwerking op groot betonvloere te verkry. (1) 4.7.3 ʼn Steier met ʼn maksimum hoogte van twee meter. (1) 4.8 Noem TWEE maniere om ʼn houtdeurkosyn aan steenwerk te heg. (2 x 1) (2) 4.9 Noem TWEE tipes muurbinte. (2 x 1) (2) 4.10 Noem EEN materiaal waarvan muurbinte gemaak kan word. (1) 4.11 Wat is die doel van ʼn muurbint? (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 5: UITGRAWINGS, FONDASIES EN STAAL (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die fondamentuitgrawing in FIGUUR 5.1. A C B Pen FIGUUR 5.1 5.1.1 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3) 5.1.2 Hoe diep moet die penne in die grond ingeslaan word? (1) 5.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 5.2.1 Datumpen A duur materiaal vir bekisting 5.2.2 Hout B akkuraatste manier om vir waterpas te toets 5.2.3 Bogrond C verwyder 450 mm 5.2.4 Staal D alle hoogtes word vanaf die punt bepaal 5.2.5 Bukswaterpas E verwyder 300 mm F goedkoop materiaal vir bekisting G onakkurate manier om vir waterpas te toets (5 x 1) (5) 5.3 Noem TWEE metodes vir die van ontwatering van fondasieslote. (2 x 1) (2) 5.4 Noem DRIE oorsake van slootongelukke. (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11 5.5 Kies die beste antwoord uit die onderstaande blok vir die volgende stellings. Wyestrookfondasie, Kortboor-heipaal (awegaar), Blokfondasie, Franki-heipaal, Heipaal met staalpyphulsel 5.5.1 Gebruik om die las van ʼn kolom oor te dra. (1) 5.5.2 Staalomhulsel word in die grond gelos. (1) 5.5.3 Gebruik om die las van ʼn lang muur te dra. (1) 5.5.4 Staalhulsel word agterna onttrek. (1) 5.5.5 Maksimum boordiepte van 15 meter. (1) 5.6 Beskryf stapgewys die installasieproses van ʼn kortboor-heipaal. (3) 5.7 Noem DRIE voordele van die gebruik van heipale. (3 x 1) (3) 5.8 Bespreek die verskil tussen ʼn I-balk en ʼn H-balk. (2) 5.9 Watter staalprofiel word die algemeenste gebruik? (1) 5.10 Identifiseer watter tipe staalprofiel word in die volgende beskrywings gebruik: 5.10.1 Vervoermasjienerie (1) 5.10.2 Heinings (1) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 6: BEKISTING, STEENWERK, TRAPPE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK) Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 6.1 Definieer die term bekisting. (2) 6.2 Beskryf DRIE vereistes van goeie bekisting. (3 x 1) (3) 6.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die bekisting in FIGUUR 6.3. A C B D FIGUUR 6.3 6.3.1 Is hierdie bekisting vir ʼn kolom of ʼn balk? (1) 6.3.2 Benoem dele A tot D. (4 x 1) (4) 6.4 Noem TWEE redes vir die dekkingsdiepte by beton. (2 x 1) (2) 6.5 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR. 6.5.1 ʼn Latei word in ʼn horisontale posisie gebruik. (1) 6.5.2 Die staaldraad in ʼn latei moet ʼn hoë druksterkte hê. (1) 6.5.3 Sykante van lateie moet effens skuins wees. (1) 6.5.4 Die onderkant van ʼn latei moet groewe hê. (1) 6.6 Wat is die breedte van ʼn vrousluiter? (1) 6.7 Kan die engelse verband by ʼn halfsteenmuur gebruik word? (1) 6.8 Hoekom sal die engelse verband gebruik word? (1) 6.9 Noem DRIE plekke waar vogwerende lae in ʼn huis geplaas word. (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13 6.10 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die boogkonstruksie in FIGUUR 6.10. A C B D FIGUUR 6.10 6.10.1 Benoem dié tipe boogkonstruksie. (1) 6.10.2 Is die muur in strykverband of in engelse verband gebou? (1) 6.10.3 Benoem dele A tot D. (4 x 1) (4) 6.11 Voorsien EEN woord vir die volgende beskrywings van trappe: 6.11.1 Die horisontale deel van ʼn trap (1) 6.11.2 Die vertikale deel van ʼn trap (1) 6.12 Beantwoord die volgende vrae van FIGUUR 6.12 in die ANTWOORDEBOEK. 2 300 Inligting: • Muurwydte = 220 • D1 = 900 x 2100 1 500 D1 V1 • V1 = 300 x 600 Struktuur nie volgens skaal FIGUUR 6.12 6.12.1 Bereken die omtrek van die struktuur. (Toon ALLE stappe). (3) 6.12.2 Bereken die vloeroppervlakte, sonder deel by deuropening. (Toon ALLE stappe.) (3) 6.12.3 Bereken die lengte vloerlyste wat benodig word. (Toon ALLE stappe.) (4) [40] TOTAAL : 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE ANTWOORDBLAD 1 NAAM: KONSTRUKSIE 2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband. Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op ʼn skaal 1 : 10. (13) FIGUUR 2.7 T-aansluiting 4 Steengrootes / Skaal 3 Hoogte en lengte 2 Strykverband 2 Lynwerk / Netheid 2 TOTAAL: 13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Civil Technology

View all