Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2022 papers 
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)


%20-%20GR11%20QP%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_--6fa10e98-7e20-4559-b2c1-946bde02be3b/v1-6c40e20beb2a7509ce30/card.webp)
View all

%20-%20GR11%20MEMO%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_--d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d/v1-7ce45b2351c5700335af/card.webp)



Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)
Grade 11 Civil Technology question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 698.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Exemplar November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
BENODIGHEDE
1. Tekeninstrumente
2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. Moet NIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x
110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.7 en VRAAG 6.6 op die aangehegde ANTWOORD-
BLAAIE deur waar nodig van tekeninstrumente gebruik te maak.
13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou
ANTWOORDEBOEK, of jy dit geantwoord het of nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
15. Google images is as die bron vir alle foto’s en prentjies gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)
1.1 Watter tipe stewel is verpligtend om te dra wanneer daar met sement of beton
gewerk word? (1)
1.2 In watter omstandighede sal die volgende persoonlike beskermingstoerusting
gebruik word:
1.2.1 Skermbrille (1)
1.2.2 Oorproppe (1)
1.3 Motiveer kortliks waarom loshangende klere vermy moet word wanneer daar
met masjiene gewerk word. (2)
1.4 Beskryf die veiligheidsmaatreël wat van toepassing is op die volgende
handgereedskappe:
1.4.1 Hamerkoppe (1)
1.4.2 Saaggereedskap (1)
1.4.3 Wanneer beitels gedra word (1)
1.5 Motiveer kortliks waarom ʼn betonmenger met ʼn petrolenjin slegs in die
buitelug gebruik mag word. (2)
1.6 Noem TWEE vereistes vir die berging van sement. (2 x 1) (2)
1.7 Waarom moet waarskuwingstekens vertoon word waar werkers oorhoofse
werk doen? (1)
1.8 Noem VIER vereistes vir die berging van gevaarlike materiaal in die werkplek.
(4 x 1) (4)
1.9 Noem die DRIE bestanddele om benodig word om gidspleister te meng. (3 x 1) (3)
1.10 Noem DRIE gebruike vir gidspleister. (3 x 1) (3)
1.11 Motiveer kortliks waarom growwe aggregaat nie in ʼn daghamengsel gebruik
moet word nie. (1)
1.12 Identifiseer die tipe bordprodukte wat vir die volgende werk gebruik sal word:
1.12.1 Agterkant van kaste (1)
1.12.2 Bekisting vir beton (1)
1.13 Beskryf kortliks die verskil tussen pleisterstene en sierstene. (2)
1.14 Noem TWEE gebruike van gietyster. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)
2.1 Motiveer kortliks waarom die rondepuntskopgraaf nie effektief is om
fondamentslote haaks af te werk nie. (1)
2.2 Noem DRIE handgereedskapstukke wat gebruik kan word om stene te sny.
(3 x 1) (3)
2.3 Identifiseer die gereedskapstuk wat vir die volgende werk gebruik sal word:
2.3.1 Dra van pleister sodat dit op ʼn muur aangewend kan word (1)
2.3.2 Vir afstryking van gepleisterde mure (1)
2.3.3 Om ʼn geronde rand langs buitehoeke te skep (1)
2.3.4 Opknapping van klein areas wat opgevul moet word (1)
2.4 Beskryf kortliks die verskil in gebruik van ʼn kloofsaag en ʼn dwarssaag. (2)
2.5 Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.5.1 tot 2.5.3 hieronder en noem
EEN gebruik van elk.
FIGUUR 2.5.1 FIGUUR 2.5.2 FIGUUR 2.5.3
(3 x 2) (6)
2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in
FIGUUR 2.6.
FIGUUR 2.6
2.6.1 Wat word hierdie gereedskapstuk genoem? (1)
2.6.2 Beskryf die doel van hierdie masjien. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5
2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn
T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansigte van die steenmuur
op skaal 1 : 10. (13)
2.8 Beskryf die doel van detailtekeninge. (2)
2.9 Noem DRIE besonderhede wat op ʼn terreinplan aangedui moet word. (3 x 1) (3)
2.10 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer.
2.10.1 Waterkloset (2)
2.10.2 Warmwatersilinder (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)
3.1 FIGUUR 3.1 toon die fondamentstroke vir ʼn gebou.
Die fondamente is 600 mm breed en 200 mm dik.
ʼn Betonmengsel van 1 : 4 : 4 word gebruik.
9 000
6 000
FIGUUR 3.1
3.1.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5)
3.1.2 Bereken die volume beton benodig. (3)
3.2 ʼn Eensteenmuur van 1,2 m hoog en 12 m lank moet opgerig word.
Bereken die hoeveelheid stene wat vir die muur benodig word.
Toon ALLE berekeninge. (5)
3.3 Beskryf die aanwendingsprosedure van PVC-lym, wanneer PVC-pype gelas
word. (4)
3.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
3.4.1 Kontaklym is rubberig. (1)
3.4.2 Kontaklym word net aan een oppervlak gesmeer om vas te sit. (1)
3.4.3 Kontaklym moet ten minste 5 mm dik aangewend word. (1)
3.4.4 Silikoon is hittewerend. (1)
3.4.5 Silikoon het ʼn lae toksisiteit. (1)
3.5 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wanneer epoksie gebruik word. (2 x 1) (2)
3.6 Maak ʼn netjiese skets van ʼn standaard boutekenpraktyk noordpyl. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7
3.7 Beskryf die posisie van die noordpyl op ʼn tekenvel. (2)
3.8 Identifiseer die volgende tekensimbole:
3.8.1
40 W (1)
3.8.2
(1)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4: VENSTERS, DEURE, MUURPANEELWERK EN VERBINDINGS
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Bestudeer FIGUUR 4.1 hieronder wat die onderste hoek aan die binnekant
van ʼn geraamde Z-plankdeur toon.
FIGUUR 4.1
4.1.1 Identifiseer dele A tot C. (3)
4.1.2 Wat is die doel van die twee spanstukke of stutte van die deur? (2)
4.1.3 Gee ʼn rede waarom stomptapvoeë vir die buiterande van die
kosyndele verkies word. (1)
4.2 Noem die veiligheidsgereedskap wat jy sal gebruik om jou oë te beskerm
wanneer jy ʼn elektriese handboor gebruik. (1)
4.3 Noem EEN voeg wat gebruik mag word om die styl met die boreling van die
deur te verbind. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9
4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon die vertikale snit/deursneë deur, ʼn sekere
gedeelte van dubbelswaairaam venster. Bestudeer die prent en
beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.4
4.4.1 Wat is die funksie van F? (2)
4.4.2 Identifiseer dele A tot E. (5)
4.5 Verskaf DRIE redes vir die gebruik van muurpanele. (3)
4.6 Identifiseer die volgende lyste A–C:
A B C
(3 x 1) (3)
4.7 Noem EEN metode om ʼn rak aan ʼn muur te heg. (1)
4.8 Wat is die funksie van ʼn hegoor aan ʼn metaaldeurkosyn? (2)
4.9 Teken ʼn netjiese tekening in goeie verhouding van die metode om die
hout/planke aan die onderkant van ʼn geraamde Z-plankdeur vas te maak. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING EN SKORING (SPESIFIEK)
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon die horisontale deursneeaansig van ʼn vierkantige
kolom.
Bestudeer FIGUUR 5.1 en identifiseer dele A tot D. Skryf slegs die antwoord
langsaan die letter (A–D) in jou ANTWOORDEBOEK, bv. Kolom.
FIGUUR 5.1
5.1.1 Identifiseer dele A tot D. (4)
5.1.2 Verduidelik die funksie van E. (1)
5.1.3 Gee die naam en doel van deel F. (2)
5.2 Verduidelik die volgende:
5.2.1 Die doel van skoring (5)
5.2.2 Leunskoor (1)
5.3 Onderskei tussen die funksies van die volgende komponente in lugskoring:
5.3.1 Streekbalke en klampe (1)
5.3.2 Skuins-stutte (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11
5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon die prentaansig van die konstruksie onder die
formeel van platboog. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.4
5.4.1 Identifiseer dele A tot D. (4)
5.4.2 Verduidelik EEN gebruik van A soos in FIGUUR 5.4 getoon. (1)
5.5 Verduidelik wat ʼn formeel is. (4)
5.6 Gee die vereistes vir ʼn formeel. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 6: FORMELE, BEKISTING, SKORING, YSTERWARE, PLAFONNE EN
HANGVLOERE (SPESIFIEK)
6.1 Bespreek die verskil tussen bekisting en ontkisting. (2)
6.2 Watter tipe behandeling sal jy van gebruik maak vir die houtdele van
bekisting en waarom sal jy dit doen? (6)
6.3 Benoem TWEE bordprodukte wat jy vir die kante van bekisting kan gebruik. (2)
6.4 Benoem die funksie van die volgende komponente van ʼn plafon:
6.4.1 Plafonlatte (1)
6.4.2 Dekstroke (1)
6.5 Verduidelik die uitleg van ʼn plafon vir ʼn vertrek. (3)
6.6 FIGUUR 6.6 op ANTWOORDBLAD 2 toon die vertikale aansig van ʼn muur,
voetplaat en soffit-bekistingsbord van ʼn vloerblad.
Voltooi die tekening en toon al die verskillende dele deur ʼn skaal van 1 : 20
te gebruik. (10)
6.7 Beskryf wat die doel van wigpare in die oprigtingsproses van ʼn vloerblad. (2)
6.8 Verduidelik die doel van jukke of ʼn kraag in die bekistingsproses van ʼn
vierkantige kolom. (2)
6.9 Identifiseer of die volgende WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die woord
word ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (6.9.1–6.9.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
6.9.1 Skoring is ʼn permanente konstruksie wat gebruik word om ʼn muur te
verstewig of ondersteun. (1)
6.9.2 Leunskoor word bo op fondasie uitgrawings gebruik om dit te
ondersteun. (1)
6.9.3 Enkellugskoor word gebruik om ondersteuning te verleen tussen twee
mure wat langs mekaar by aangrensende geboue staan. (1)
6.9.4 Die voetplaat verskaf ondersteuning op die grond vir die skoring en
stut en word teen ʼn muur vasgemaak. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13
6.10 Identifiseer die skarnier en die verskillende dele A tot E in FIGUUR 6.10.
FIGUUR 6.10 (6)
6.11 Wat is die doel van die opening onder die hanghoutvloer? (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2022)
HOUTBEWERKING
ANTWOORDBLAD 1 NAAM:
SIVIELE TEGNOLOGIE
2.7 FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ʼn
T-aansluiting van ʼn halfsteenmuur in strykverband.
Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op
skaal 1 : 10. (13)
FIGUUR 2.7
T-aansluiting 4
Steengrootes / Skaal 3
Hoogte en lengte 2
Strykverband 2
Lynwerk / Netheid 2
TOTAAL: 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 15
HOUTBEWERKING
ANTWOORDBLAD 2 NAAM:
SIVIELE TEGNOLOGIE
6.6 FIGUUR 6.6 op die ANTWOORDBLAD 2 toon die vertikale aansig van ʼn
muur met ʼn voetplaat en soffiet-bekistingbord vir ʼn vloerblad.
Voltooi die teken en teken al die dele van die bekisting van die vloerblad
op ʼn skaal van 1 : 20. (10)
Wigpaar 2
Stut 2
Dwarsdraers 2
Draer 2
Skaal 2
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 Memo (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Practical assessment task
Civil Technology PAT GR 11 2017 Afr
%20-%20GR11%20QP%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_--6fa10e98-7e20-4559-b2c1-946bde02be3b/v1-6c40e20beb2a7509ce30/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 QP
More from Grade 11 Civil Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Cons ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Civil Ser ATP 2023 24
%20-%20GR11%20MEMO%20-%20ENG%20-%20NOV2020%20-%20CONSTRUCTION_hlayiso.com_--d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d/v1-7ce45b2351c5700335af/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum