Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
ONTWERP
(TEORIE)
2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC June Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
'ONGESIENDE' VOORBEELDE
BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 Punte]
1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van 10 punte)
Die illustrasie maak gebruik van duidelike buitelyne wat die beeld afplat en help om
dit te vereenvoudig. Die lyne is meestal gekrom en organies, byvoorbeeld rondom
die titel, die hare en die menslike figuur, wat 'n beeld skep wat vol energie is. Die
diagonale lyn van die gebuigde been en die skild dra by tot die dinamika van die
werk. Die lyne rondom die woorde 'Nandipha' kom voor asof dit vibreer en net
bokant die woorde is lyne wat sonstrale of 'n ontploffing voorstel. Die gebruik van
hierdie lyne beklemtoon dat 'Nandipha' 'n magtige persoon is.
Die fatsoene is gestileer om eenvoudige beelde wat maklik 'leesbaar' is, en toepaslik
is vir die illustrasie van 'n storie. Organiese vloeiende fatsoene domineer,
byvoorbeeld die liggaam, die fatsoen waarin die titel geplaas is en die heuwel wat
agter die figuur staan.Sommige geometriese fatsoene is gebruik om kontras te
skep met die organiese fatsoene en om die beweging te stabiliseer, byvoorbeeld die
blokagtige stadsprofiel en die hoekerige fatsoen van die skild.
Die swartkleur area agter die titel skep 'n sterk kontras met die geel letterwerk wat dié
area 'n fokuspunt maak. Die swart figuur kontrasteer ook met die heldergekleurde
kleredrag en lig wat 'n vibrerende beeld skep.
Die teksture van die beelde is meestal glad met detail aangedui in lyn. Die gladde
oppervlaktes help ook om die helder beelde te skep wat maklik verstaanbaar is.
Die hare bestaan uit baie vloeiende lang lyn-teksture wat wilde, los stringe hare
suggereer. Die herhaling van kort diagonale lyne (die skild, beskermde kleredrag)
skep 'n illusie van rowwe tekstuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Warm kleure soos roomkleurig, lig en donker oranje sowel as maroen domineer die
illustrasie en dra by tot die algemene atmosfeer van opwinding. Die koue turkoois
op haar romp, sowel as die koue pers in die geboue kontrasteer met al die warm
kleure en hierdie kontras dra by tot die drama van die toneel.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.1.1 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken 1.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.1 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 3
1
Analiseer, Interpreteer 1.1 3
Reflekteer, Beoordeel 30%
Hoër Orde
Sintetiseer
OF
1.2 1.2.1 (Ken 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van 8 punte)
Die herhaling van baie klein blomblaar-fatsoene in FIGUUR B skep 'n
reëlmatige klein skulpagtige ritmiese patroon. Die binneste ry krul
inwaarts en die buitenste ry krul uitwaarts, wat 'n reeks verskillende ritmes
skep. Ritmiese patroon is ingesluit in 'n perfekte sirkel wat 'n
gekontroleerde beweging skep.
Omrede die herhalende blomblare drie-dimensioneel is, bestaan die bak uit
tasbare tekstuur. Die teksturekom skerp en rimpelend voor, geskep deur
die sig-sag lyn, gevorm deur die herhaling van die skulpagtige vorms. Die
feit dat die bak van 'n tipe plastiek gemaak is suggereer dat die werklike
tekstuur ook hard is. Die bak in die middel is glad en lyk koud en
masjienagtig.
Die kleur van die bak is wit, wat dit 'n suiwer en kalm kwaliteit gee. Die
skaduwees van die baie blomblare dra by tot 'n groter variasie van
verskillende gryse wat die drie-dimensionaliteit van die bak beklemtoon.
Van vooraf, lyk die bak simmetries gebalanseer met die linkerkant wat 'n
presiese spieëlbeeld van die regterkant is. Dit dra by tot die algemene
gevoel van orde. Van bo-af, lyk die bak radiaal gebalanseer wat herinner
aan sonstrale, wat 'n spirituele kwaliteit beklemtoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
1.2.2 (Ken 2 punte toe)
Biomimiek is 'n studie van ontwerp in natuur wat die natuurlike wêreld
naboots om menslike uitdagings op te los. Die bak boots die
struktuur/vorm van 'n Chrysanthemum blom na. Die hol en sirkelvormige
vorm van die blom laat toe dat dit 'n funksionele produk word.Die bak is
geïnspireer deur die perfekte orde wat in die ritmes van die natuur gevind
word.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.1.2 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken 1.2.1 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.2.1 2
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2.1 3
1.2.2 1
Analiseer, Interpreteer 1.2.1 1
Reflekteer, Beoordeel 1.2.1 1
30%
Hoër Orde 1.2.2 1
Sintetiseer, Regverdig
KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 6 punte toe)
Die gebruik van wit simboliseer vrede en suiwerheid. Die kleur rooi
simboliseer liefde/bloed. Die gebalde vuis simboliseer krag. Die beeld van
die vrou/blom simboliseer vroulikheid. Die sirkel met 'n aangehegde kruis
simboliseer die vroulike geslag. 'n Doilie simboliseer vroulikheid omrede
doiliemaak as 'n vroulike tydsbesteding gesien is.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
(Ken 4 punte toe)
2.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Daar is 'n lang tydperk van stereotipering in gemeenskap wat vroue merk as
mense wat daarvan hou om te argumenteer, en sonder om te dink, alles te
bevraagteken. Die ontwerper verwerp die stereotipering deur die gebruik van 'n
beeld van 'n sterk en individuele vrou, wat nie in die tradisionele stereotipering
van 'n vrou pas nie en assosieer haar met die beroep van 'n prokureur wat
strategie gebruik om beskuldigings te dispuut en te bevraagteken.
Die ontwerper se gebruik van beelde en woorde wil die stereotipering van vroue
wat argumenterend is, vir die pret daarvan laat vaar. Die ontwerper bereik dit
visueel, deur die positiewe visuele en skriftelike assosiasies rondom dié
persepsie te weerlê.
Die ontwerper gebruik wit skrif en die vrou is in 'n wit hemp aangetrek om vrede
te projekteer, in teenstelling met die stereotipering dat vroue geweldadig en mag
ook toegeken word.aggressief is. Die liggaamstaal van die vrou is selfvertroud
en ferm.
Die identifikasie en motiveering van godsdienstige en kulturele stereotipes mag ook
toegeken word.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.2 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 2.1 3
Laer Orde 30%
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 2.1 3
2.2 1
Analiseer, Interpreteer
Hoër Orde
Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 2.2 3
Sintetiseer, Regverdig
VRAAG 3 [10 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 (Ken 10 punte in totaal toe)
Beide FIGUUR E en FIGUUR F maak gebruik van natuurlike materiaal om die
finale produk te maak, alhoewel FIGUUR E vergulde goud metaal in 'n pavé
plasing as materiaal gebruik, terwyl FIGUUR F van hout gemaak is, wat 'n
organiese materiaal is. Die goud-en-diamantring is uitspattig en kan gedra
word deur gebruikers wat hul rykdom wil afwys, terwyl die houtringe deur
gebruikers verkies word wat in eenvoud glo en ook omgewingsbewus is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Beide FIGUUR E en FIGUUR F toon natuurlike kleure aan die buitekantafwerking
van die produk. Die goudkleur van FIGUUR E het 'n 'bling' konnotasie en
suggereer rykdom en oormatigheid, terwyl die natuurlike aardse bruin en
gladde hout wat in FIGUUR F gebruik is, eenvoud en nederigheid voorstel.
FIGUUR E toon die invloed van moderne industriële tegnologie (masjien
vervaardiging) in vergelyking met FIGUUR F wat 'n tipiese handgemaakte
Kuns en Kunsvlyt invloed wys. FIGUUR E weerklank die 'glitz and glamour'
van stadsleefstyl in teenoorgestelde met FIGUUR F wat 'n kalm
landelikelewensstyl.
Die vorm van FIGUUR E is bonkig, ongelyk en regdeur getekstureer met
diamante. Die voorkant van die ring is effens verleng en staan uit in
vergelyking, is die vorm van FIGUUR F rond, gelyk, glad en aaneenlopend soos
'n silinder.
Beide FIGUUR E en FIGUUR F is ringe, wat funksioneer om te versier of om
vingers mooi te maak. Beide mag ook funksioneer om die draer as getroud of
verloof aan te wys. Hierdie ringe kan ook bewyse wees van die draer se
lewensstylkeuse, byvoorbeeld, die draer FIGUUR E kan geassosieer word met
die hip-hop kultuur en die draer van FIGUUR F mag geassosieer word met 'n
meer natuurlike en volhoubare lewensstyl.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings
NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien.
V.3.1 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken 3.1 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 3.1 2
40% 3.1 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.1 2
Evalueer, Reflekteer 3.1
30%
Hoër Orde 3.1 1
Skep, Sintetiseer
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 (Ken 10 punte toe)
Die 'Capitol' in Dougga (FIGUUR G) is die mees indrukwekkendste van die twaalf
tempels in Tunisië, Afrika, gebou in 166 AE. Hierdie indrukwekkende Romeinse
tempel is opgedra aan die Capitoline Triade: Jupiter, Juno en Minerva. Die
materiaal wat vir die bou van die Capitol gebruik is, was plaaslike klip met vloere
wat met mosaïek inlegwerk versier is. In vergelyking hiermee sal die hoofkern
voorgestelde 2013 Regterlike Hof Projek in Meru, Kenia, (FIGURE H) van beton
met bamboes dakbalke gebou word. Die gebruik van bamboes verminder die
boukoste en omdat dit 'n natuurlike materiaal is, is dit ook omgewingsvriendelik.
Weens sy duursaamheid en die feit dat dit in natuurlike lang lengtes voorkom kan
groter areas oorspan word.
Nadat Kenia se Hoofregter langtermynplanne vir nog meer spasie en geboue wat
as regterlike geboue kan funksioneer aangekondig het, het Dennis Mukuba, 'n
student van Nairobi Universiteit hierdie ontwerp vir 'n Hooggeregshof in Meru,
voorgestel. Soortgelyk, was die Capitol in 'n antieke administratiewe sentrum en
het gefunksioneer as 'n gebou om die beelde van die vereerde/aanbiddende
beskermheiliges te huisves. Kontemporêre geboue soos die Hooggeregshof in
Meru se funksie is om die gebruikers en hul behoeftes te akkommodeer, terwyl
Klassieke tempels nie ontwerp vir die gebruik vir aanbidders was nie, maar om
die beelde van hul gode te huisves. Die marmer beelde van die Triade gode van
Dougga word gehuisves in niches/muuruithollings onder 'n gebufferde hout plafon.
Die Capitol Tempel is hoog op 'n heuwel geplaas; die terrein verskaf 'n
panoramiese uitsig van die vrugbare vallei van Dougga, Tunisië wat onderkant lê.
Wanneer dit va n onder van die vallei besigtig word, laat die terrein die Capitol
toe om die droë landskap te domineer, wat 'n oorheersende indruk skep wat die
mag van die keiser kommunikeer. In kontras met dié hoë terrein, loop die terrein
van die Hooggeregshof van Meru (FIGURE H) afdraend na die Kathita rivier.
Die gekromde vertikale betonvinne wat die vorm van die dop van die struktuur van
die Hoogsgeregshof van Meru (FIGUUR H) vorm, wys dat die bron van inspirasie 'n
boom is. Die hele dopstruktuur vorm 'n huidskelet wat die betonvloer ondersteun
en soliede volumes skep wat die omtrek span. Nie alleenlik is die uitwaartse
gekromde betonvinne 'n estetiese oorweging nie, hulle verskaf ook skadu vir die
laevlak fasades. Die struktuur maak gebruik van natuurlike daglig wat versterk kan
word deur die insluiting van dakligte met goeie skerms. In kontras met dié
kontemporêre, dinamiese gekromde struktuur van die tipiese Klassieke pilaar en
latei, het die reghoekige struktuur van die Capitol tempel 'n pediment en ses
vertikale pilare met Romeinse Korintiese kapitele.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Die Romeinse tempel van Dougga (FIGUUR G) is swaar beïnvloed deur die
vorige Griekse en Fenisiese argitektuurstyle wat sigbaar is in die pilaar en latei
sisteem sowel as die pilare en entablement. Die Hooggeregshof van Maseru
(FIGUUR H) is beïnvloed deur die verbruikers van die moderne hofsisteem, maar
respekteer ook die breedvoerige verwerking van 'n tradisionele Afrikahof en in dié
geval, die Njuri Ncheke van die Meru gemeenskap van Oos-Kenia. Tradisioneel
word ʼn Afrikahof (Kgotla) deur die ouderlinge onder 'n boom gehou, dus die
strukturele invloed op die gebou. Dit is waar die gemeenskap hul misnoeë kan
rapporteer en die raad (die ouderlinge) se uitspraak oor die saak sal die finale
besluit wees.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings of 'n
vergelyking van 'n klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat
bestudeer het.
NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien.
V.3.2 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken 3.2.2 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 3.2.2 1
Klassifiseer
40% 3.2.2 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.2.2 2
Evalueer, Reflekteer 30%
Hoër Orde
Skep, Sintetiseer, Regverdig 3.2.2 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERP GESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
(Ken toe 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net een punt word toegeken
vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging. Die kandidaat
moet na die kwotasie verwys vir die volledige puntetoekenning. Gebruik
asseblief die kognitiewe tabel vir jou punte toekenning.)
Hierdie nasien riglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
Skandinawies EN Dekonstruktivisme
Kandidate mag enige twee bewegings kies solank die stellings geregverdig is en
verband hou met die aanhaling.
Skandinawiese Ontwerp
Skandinawiese ontwerp se doelstellings is om ontwerpe te skep wat beide die
skoonheid en gemak (ergonomiese kwaliteit) wat in organiese vorms van natuur
gevind is, te reflekteer. Die koste-effektiwiteit en funksionaliteit van produkte is
massa geproduseer deur masjinerie, met die gebruik van nuwe tegnologieë en
materiaal.
Skandinawiese ontwerp is beïnvloed deur die eenvoud en die masjienagtige gevoel
van die Bauhaus en Modernistiese ontwerpe. Hulle was ook geïnspireer deur die
sosialistiese filosofieë van die dag en die idee van 'n demokratiese gemeenskap
waarin alles beskikbaar gemaak word vir almal. Natuur en die Noordelike klimate
met sy lang winters en min ure van sonlig het hul geïnspireer om helder, ligte en
praktiese omgewings met skoon lyne te skep. Die delikate, natuur geïnspireerde
vorms, grasieuse lyne en kleure van Art Nouveau pas ook goed in met die
Skandinawiese estetika.
'n Belangrike karaktereienskap van Skandinawiese ontwerp is dat 'n balans tussen
koste-effektiwiteit, funksie en estetika behou is. Ontwerpe is minimalisties wat
eenvoud beklemtoon, maar hulle is nie so minimalisties soos modernistiese
ontwerpe nie. Klem is geplaas op eenvoud en skoon lyne, wat herinner aan
masjien geïnspireerde Bauhaus en modernistiese ontwerpe. Omrede ontwerpe
elegante, organiese lyne en fatsoene gebruik, is 'n sagter meer menslik-
georiënteerde effek behaal. Die inspirasie van die natuur is duidelik sigbaar in die
gestileerde versierings op keramiek en tekstiele, wat ontwerpe van blomme, plante,
voëls en diere is. Die insluiting van hout van die natuur as 'n materiaal onderskei
ook Skandinawiese ontwerp van Modernisme (waar die masjien-eeu materiaal soos
staal, glas, beton en plastiek gebruik het).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
'n Goeie voorbeeld van Skandinawiese ontwerp is die Paimio Stoel deur Alvar
Aalto (1949). Die vorm is eenvoudig en elegant en reflekteer die skoon lyne wat
tipies van Skandinawiese ontwerp is. Die eenvoudige, blokagtige arms herinner
mens aan die masjien-geïnspireerde fatsoene van die Bauhaus. Hierdie
masjien-effek is gekombineer met die organiese 'perkamentrol' vorms op die bokant
en onderkant van die stoel wat na die natuur verwys en die ontwerp versag. Die
gebruik van ligte laaghout, 'n nuwe masjien geproduseerde materiaal is ook
beïnvloed deur die natuur. Die stoel was spesiaal ontwerp vir pasiënte met
tuberkulose omdat die skuins rugstut, spanbaarheid en buigbaarheid gemaklike
asemhaling toelaat.
Dekonstruktivisme
Dekonstruktivistiese ontwerpers se doelstelling was om die masjien en
tegnologiese vooruitgange, soos 'rekenaargesteunde ontwerpprogramme' en nuwe
hoogtegniek materiaal te maak wat ondersoek en aanvaarbare standaarde en
ontwerpnorme ondermyn. Hulle ontwerpe het harmonie, eenheid en balans
verwerp en ontwerpe aangemoedig wat verwrong, gefragmenteerd en gereeld
vorms gebruik wat lyk asof hul swaartekrag uitdaag.
Dekonstruktivistiese ontwerp is beïnvloed deur die meganiese, geometriese en
gefragmenteerde vorms van Kubisme..Hulle is ook beïnvloed deur die 'Anti-
Design' beweging se doelstelling tradisionele konvensies en norme te ondermyn en
konsepte van skoonheid te ondersoek deurmiddel gebruik van distorsie van vorms
met beklemtoning en kleurverheldering,asook deur die gebruik van visuele
woordspeling of dubbelsinnighede.
Dekonstruktivistiese ontwerpe word gereeld gekarakteriseer deur geometriese en
gefragmenteerde fatsoene wat 'n gevoel van beweging of dinamika skep.
Verplaaste en verwronge hoekerige vorms word gereeld gebruik met konflikterende
geometriese of deurkruisende vlakke (plat oppervlaktes wat blyk asof hulle
oormekaar kruis). Hierdie beklemtoning op diagonale en geometriese vorms en
vlakke verskaf 'n baie masjienagtige, tegnologiese gevoel aan die ontwerpe. 'n
Gevoel van visuele chaos is geskep wat 'n begrip van onsekerheid, skok of
onderbreking aan die toeskouer gee. Die struktuur verwerp suiwer funksie en
tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit. Materiaal soos staal,
glas, titaan, aluminium en beton domineer ook wat hierdie ontwerpe 'n
baie masjienagtige voorkoms gee.
The Foundation Louis Vuitton Contemporary Art and Performance Space deur
Frank Gehry is 'n goeie voorbeeld van Dekonstruktivisme. Dit is beskryf as 'n
'katedraal van lig' en 'n 'wonderwerk van intelligensie, kreatiwiteit en tegnologie'.
Van vêraf, lyk dit soos 'n produk wat deur 'n masjien gemaak is d.i. 'n ruimteskip of
'n boot. Dit bestaan uit twaalf aparte 'seile' wat die gebou omhels en sy funksie
verbloem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Die gebou is gefragmenteer en verwrong. Dit is gemaak van skerp, botsende hoeke,
skuinsgetrekte fatsoene en deurkruisende vlakke wat dit 'n baie dinamiese kwaliteit
gee, tipies van Dekonstruktivisme. Die gebruik van glas gee dit 'n gevoel van
gewigloosheid wat suggereer dat dit in die lig dryf.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.4.1 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (20)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.1 4
Klassifiseer
40% 4.1 8
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.1 2
Evalueer, Reflekteer 4.1 1
30%
Hoër Orde 4.1 3
Skep, Sintetiseer, Regverdig
4.2 (Ken 10 punte toe)
Die ongewone buisvormige lemmetjiegroen horlosie in FIGUUR I toon die invloed
van die Pop-era se liefde vir eenvoudige, kinderlike vorms en helder kleure. Dit
wys ook die invloed van die Anti-Design beweging wat hul rûe teen tradisionele
ontwerp gedraai het, en gebruik gemaak het van helder, skelkleure en verwronge
vorms. Die Postmodernistiese horlosie in FIGUUR J is eklekties in styl, en wys
ook die invloed van veelvoudige bewegings. Sy bene herinner mens aan klassieke
Griekse pilare, terwyl die eenvoudige, blokagtige omhulsel van die horlosie en die
eenvoudige sirkel van die pendulum heel modernisties in styl is.
Pop-ontwerp beklemtoon 'die nuwe', doelstellings om produkte te herontwerp en
nuwe tegnologie gebaseer op wetenskaplike navorsing te gebruik. Dit kan gesien
word in die gebruik van 'n nuwe, nie-tradisionele vorm vir die horlosie, sowel as in
die gebruik van die spuitgegote plastiek, 'n nuwe tegnologie. In kontras hiermee,
het Postmodernistiese ontwerpers gepoog om moderner elemente met aspekte van
die style van die verlede te verbind – dit kan gesien word in die gebruik van
klassieke Doriese styl pilare en hout, 'n tradisionele materiaal, in FIGUUR J.
Beide ontwerpe wil die individuele smaak aantrek en maak gebruik van snaakse,
humoristiese, onverwagte vorms om dit te bereik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Die helder, plat kleur van die horlosie in FIGUUR I is tipies van Pop ontwerp, se
uitdrukking van lighartigheid en pret, terwyl die horlosie in FIGUUR J gebruik
maak van aardsebruin, goud en houtskool wat 'n meer gedempte, formele gevoel
uitdruk wat nie tipies is van Postmodernisme nie. Postmodernistiese ontwerpe
sluit gewoonlik sommige helder kleurige elemente in om hulle meer aantrekking vir
die algemene publiek te maak.
Die sirkelvormige en diagonale buitelyne wat die horlosie in FIGUUR I domineer,
straal energie en pret uit, wat Pop-ontwerp se beweging weg van die rigiede,
reglynige styl van modernisme toon. In kontras, die vertikale en horisontale lyne
wat FIGUUR J domineer, dra die stabiliteit en orde tipies van klassieke ontwerpe
oor. Die harde kwaliteit van die blokagtige bokant is versag deur die gekromde
kante van die pilare en die gekromde onderste kant van die vierkantige omhulsel,
omrede die Postmoderniste ook gepoog het om weg te beweeg van die reglynige
styl van modernisme.
FIGUUR I maak gebruik van spuitgegote plastiek, 'n gunsteling nuwe nie-organiese
materiaal van die Pop-era. FIGUUR J maak gebruik van laaghout vir die bokant
en 'n ebbehout beskermingslaag vir die pilare. Alhoewel laaghout 'n 20ste eeuse
ontdekking is, lyk dit natuurlik en herinner 'n mens aan tradisionele organiese
boumateriaal.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien
V.4.2 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.2 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.2 1
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.2 1
Evalueer, Reflekteer, Oordeel 30% 4.2
Hoër Orde
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.2 2
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: SOSIOKULTUREEL/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 [Ken 20 punte toe]
5.1.1 (Ken 4 punte toe)
Die ontwerper van die plakkaat in FIGUUR K kommunikeer duidelik hoe
ons verslawing aan ons selfone en sosiale media ons aftrek en ons
uiteindelik kan verdrink. Die beeld van die selfoon met die sosiale
ikone, Facebook, Pinterest, Twitter, Internet, ens. is baie groter as die
figuur, wat die mag van sosiale media beklemtoon. Die geboeide hand
en enkelboeie en die ligborrels van die vrou verwys na die feit dat sy
vasgevang is en onder die gewig van sosiale media verdrink. Die selfoon
is in die sand begrawe wat wys hoe moeilik dit is om van die verslawing
aan ons selfoon te ontsnap. Die ongekompliseerder uitleg van die
plakkaat is in 2 afdelings verdeel; water en sand. Die gesilhoeëtteerde,
vereenvoudigde vroulike fatsoen is in die boonste regter area van die
komposisie geplaas. Die gestileerde, plat en skematiese getekende
selfoon is begrawe in die seebedding. Beide die seewater en die
seebodem is voorgestel as 'n plat area. 'n Diagonale lyn is gevorm
deur die plasing van die vrou en die selfoon – alles help om die afwaartse
diagonale beweging in die komposisie te versterk. Die horisontale lyn
wat deur die seebedding geskep is, kontras met die dinamiese diagonale
lyn en hierdie kontras versterk die smorende effek van die selfoon wat
vasgelê is.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
5.1.2 Ken 16 punte in totaal toe
(Ken 8 punte per gevalle studie toe)
Ken toe 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
produk toe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
EEN KONTEMPORêRE SUID-AFRIKAANSE
ONTWERPER/ONTWERPGROEP:
Suzette Hendricks, plastiese slaapmatte.
Die ontwerper se doelstellings is om slaapmatte en komberse vir
straatmense te skep om warm te bly. Die ontwerper het gepoog om
plastieksakke te hergebruik en om plastiekafval te verminder. Die
tegniek wat deur die ontwerper gebruik is, sluit in die sny van
plastieksakke in stroke om balle van plastiek te maak, wat daarna in
matte gehekel word. Plastiek as materiaal verskaf goeie insulasie van
koue en is ook waterdig. Plastiek is redelik goedkoop en maklik
verkrygbaar en daarom is die mat ekonomies om te maak. Die
gebruik van plastiek voorkom dat mense die matte van hierdie
straatmense steel.
Die ontwerper pak die sosiale kwessies van om sonder 'n huis te wees
aan. Straatmense het geen manier om hulself te beskerm van die
weertoestande soos reën, wind en die koue nie. Die ontwerper het die
plastiek slaapmatte vir gemak en 'n oppervlak vir die straatmense om op
te slaap geskep.
EEN KONTEMPORêRE INTERNASIONALE
ONTWERPER/ONTWERPGROEP:
Dalian Nationalities Universiteit: The Bike Washing Machine of BiWa.
Die produk kombineer die funksie van 'n wasmasjien met dié van 'n
stilstaande oefenfiets. Die ontwerper se doelstellings is om jou fiks te
hou deur oefeninge op 'n stilstaande fiets en terselfdertyd die
vervelende taak van klere was, te doen. Die tegniek wat deur die
produk gebruik is, vereis dat die pedale van die fiets, wat 'n wasgoeddrom
is, die voorste wiel spin en roteer. Die ekstra energie wat geskep is deur
die oefeninge gee krag aan die digitale vertoonpaneel en monitor die
wassiklusproses. Die ontwerper het verskillende materiaal vir
verskillende komponente gebruik, soos plastiek vir die buiteraam en
pedale, staal vir die wasdrom en rubber wat as 'n band om die bandwiel
tussen die pedale en die wasdrom dien. Elke materiaal wat gebruik is, is
vir die voordeel van die produk om te werk as 'n eenheid en om
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
duursaam te wees.
In hierdie produk gee die ontwerper aandag aan die sosiokulturele
bemoeienis van te min tyd maak vir oefening en die was van klere.
Moderne lewenstyl is teen so 'n vinnige pas dat mense nie gereeld tyd in
'n dag het om te oefen nie wat gereeld oorgewig veroorsaak. Sowel as,
met die hoë koste van kos, brandstof en ander lewensuitgawes, kan
meeste mense nie 'n huishulp of die gebruik van 'n wassery bekostig
nie. Die ontwerper gee aandag aan die sosiokulturele kwessie van klein
leefruimtes deur die ontwerp van die oefenfiets as een komponentproduk
met veelvuldige funksies.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.5.1 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (20)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.1.1 2
Laer Orde Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 30% 5.1.2 4
Klassifiseer
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 2
Middel Orde 5.1.2 6
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.2 3
Evalueer, Reflekteer, Oordeel 30% 5.1.2 1
Hoër Orde
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 2
OF
5.2 Ken 20 punte in totaal toe
5.2.1 (Ken 2 punte toe)
Die ongewone stoele in FIGUUR L behoort aan die kategorie van beide
kunsvlyt en/of ontwerp. Dit is kunsvlyt omrede dit geproduseer is deur die
gebruik van 'n tradisionele handweef-mandjietegniek. Die stoele is van
riete geweef wat 'n tradisionele kunsvlyt materiaal is. Die stoel is nie 'n
nabootsing van 'n bestaande ontwerp nie, maar is uniek, oorspronklik en
vermeng tradisionele kunsvlyt en kontemporêre ontwerp om 'n produk wat
goed sal funksioneer in 'n kontemporêre interieur te skep.
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Tradisionele Xhosa-vroue gekraalde rokke gaan terug na pre-koloniale
tye. Die oorsprong van die gekraalde Xhosa vroueromp; die Isikhakha of
Umbhaco kom van 'n ryk tradisie van gekraalde seremoniële rokke wat 'n
vername deel van 'n kulturele estetiese uitdrukking in Suid-Afrika vir amper
200 jaar gevorm het.
Gedurende die laat agtiende en vroeë negentiende eeu, was glaskrale
eers ingevoer in klein hoeveelhede na Afrika van Europa af. Hulle was
eksklusief die eiendom van die heersende elite en simboliseer hul
belangrike status. Teen die einde van die negentiende eeu, was Afrika die
wêreldse grootste verbruiker van krale wat van Europa af ingevoer is.
Daarna, het die hoeveelheid en die tipe versierings gemaak van krale baie
toegeneem, omrede kralewerk nog steeds gesien was as deel van vroue
kunsvlyt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Binne in die Xhosa kultuur, vorm die funksie en sosiale rol van die
Isikhakha of Umbhaco deel van 'n komplekse dragkode wat ingelig is deur
'n persoon se sosiale posisie. Terwyl gekraalde klere en bykomstighede
verskillend deur verskillende etniese groepe gebruik word, speel hulle in
elke gemeenskap in kommunikasie aspekte van die draer se identiteit
gespeel ʼn hoofrol. Sosiale en huwelikstatus, aantal kinders, en 'n
persoon se tuisligging en etniese subgroep was, en is nog steeds,
gekommunikeer deur items van kleredrag. Tradisioneel wys vroue se
kleredrag en bykomstighede die verskillende stadiums van hul lewe.
Tradisionele rokke is nog steeds gewaardeer en gedra as 'n teken van
respek aan die voorvaders. In vroeë tye, het die sendelinge aangedring
dat bekeerdes na Christendom hul inheemse modes moet opgee. Dié wat
nog steeds tradisionele kleredrag gedra het kon maklik onderskei word
van die bekeerdes. Die Xhosa terme vir die tradisionele was amaQaba,
die "Rooi mense" omrede hul aangehou het om rooi oker op hul klere en
liggame aan te wend.
Oordadige gekraalde nekstukke wat ithumbu genoem word was rondom
die nek gedra, met gekraalde armbande en enkelbande.
Die iqhiya of kopdoek is tradisioneel deur getroude vrouens gedra en om
die uitrusting af te rond, is geborduurde mantels of komberse om die
skouers gedra. Die serp is bedoel om die vrouefiguur weg te steek sowel
as om haar vrugbaarheid te beskerm, terwyl die 'doek' 'n teken van respek
vir die ouderlinge was; 'n nuwe bruid mag nie sonder 'n doek met die
ouderlinge praat nie.
Iqhiya of kopserp of 'doek'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Boonop, word die kleur van 'n rok deur die Xhosa subgroep, die spesifieke
area, en die sosialestatus van 'n persoon bepaal. Die tradisionele Xhosa
troudrag, die Umakoti net soos ander Afrika en Westerse kulture, is
gewoonlik die kern van aandag gedurende die trou seremonie. Hoe die
bruid lyk is van kardinale belang vir die dag se verloop, omrede sy
tradisionele simbolisme moet vertoon en ook asemrowend moet lyk om al
die ander vrouens in die seremonie uit te stof.
Afhangende van die spesifieke area en Xhosa sub-groep, verskil die
materiaal, tegnieke en kleur van die tekstiele grootliks. Die isikhakha of
imibhaco is 'n elegante tekstiel romp wat krale en appliekwerk strokies kan
insluit. Delikate bekraalde appliekwerk ontwerpe afgewissel met knope,
was bygevoeg tussen die rye. Die romp was met 'n gekraalde belt en
gekraalde tossels wat tot op die grond hang gedra. Die kombinasie van
oordadige kralewerk met helderkleurige tekstiele en ander materiaal soos
knope en tosseltjies skep beide 'n ryk tasbare oppervlak en 'n mooi
effek. Gekraalde werke soos hierdie was werklik net voltooi wanneer dit
in 'n seremoniële dans gesien was.
'n Voorbeeld is die gekraalde Xhosa vroue romp; die Isikhakha of
Umbhaco wat bestaan uit geweefde katoen, wol, glaskrale, skulpknope
en soms oker pigment. Xhosa mense dra gereeld 'n gewone wit of rooi
mantel. Soms is 'n wit katoen kombers met oker gekleur, wat ʼn ryk rooi-
bruinstof geskep het dan gesny en gestik in drie dele om die romp te
vorm.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Die romp het vyf rye van swart appliekwerk strokies wat die kurwe van die
soom gevolg het en was geborduur met rye van delikate wit en donker
blou krale en nou swart appliekwerk strokies.
5.2.3
(Ken 10 punte toe)
Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
produk toe.
Thandazani Nofingxana is 'n kontemporêre Suid-Afrikaanse
modeontwerper wat die modereeks Rich is Black en Vice Versa,
geïnspireer deur die Xhosa kultuur en erfenis geskep het. Hy gebruik
kleur as 'n eerbetoning tot die tradisionele kleurvolle Xhosa rok,
Umbatu. Meeste van sy ontwerpe is sterk geïnspireer deur
mandjieweef, omrede hy dit as 'n algemene kulturele band tussen baie
tradisionele Afrika kulture sien. Sy modeontwerpe neem inspirasie van
die Isikhakha of Umbhaco, 'n gekraalde Xhosa-vroue romp wat
tradisioneel met geweefde katoen, wol, glaskrale, skulpknope en oker
pigmentgekleurde katoen. Sy inspirasie is gereflekteer in sy gebruik van
simboliese skild en geometriese patrone, sterk aardse kleure en
herhaalde strepe op soomlyne. Sy nuutste reeks, SITHI ABA
beklemtoon die diversiteit in Afrika kultuur. Met hierdie reeks het hy die
gebruik van rooi, oranje en geel as sy kenmerkende kleure bevestig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
In sy Rich is Black en Vice Versa modereeks, werk hy met sosiale
kwessies wat kultuurstereotipering, xenofobie, ras, emosies en
onsekerhede insluit. Thandazani Nofingxana sê: “vir 'n hele rukkie al,
voel ek onseker oor my donker gelaat, natuurlik is ek gedruk deur die
samelewing se persepsie van wat mooi en perfek is, wat nie gewoonlik
van donker toonwaardes hou nie”. Hy het sy frustrasie en angs na
modeontwerp gedraai. Onder sy maatskappy Chap, stel hy stylvolle
kledingstukke wat geïnspireer is deur sy lewenservaring vry. Agter sy
sterk patroonafdrukke is daar 'n graad van innerlike selfwaarneming en
twis.
Thandazani Nofingxana het gevind dat omrede stereotipes nog steeds
bestaan, is sy seksualiteit gereeld bevraagteken weens sy belangstelling
in mode, in plaas van 'n tradisionele beroep soos regte of medisyne.
V.5.2 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (20)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.2.2 2
Laer Orde 30% 5.2.3 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.2.2 1
Klassifiseer 5.2.3 1
40% 5.2.2 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
5.2.3 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.1 2
30% 5.2.2 1
Hoër Orde Evalueer, Reflekteer
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6 [20 punte]
6.1 (Ken 4 punte toe)
Hierdie klein huis is toegerus met alles wat nodig is om van die munisipale
kragnetwerk af te gaan, omrede dit op hernubare energie hardloop. Die huis
is van hout gebou wat organies is, bioafbreekbaar en laat nie gifstowwe vry nie,
het sonkrag, vang reënwater op, en genereer selfs gas via 'n
biogasverwerker. Die biogasverwerker werk om huishoudelike oorskietkos en
tuinafval in bruikbare gas te verander, wat dan gebruik word vir kook en verhitting
van water vir die huis. Die ontwerp van die huis is lig en oopplan, met kombuis,
badkamer, sitkamer, kantoor en stoortrappe wat tot die boonste vlak lei. Die
klein huis het sy koolstof voetspoor verminder en sal minder elektrisiteit vir
verhitting gebruik. Die badkamer het 'n kompostoilet wat geen impak op die
omgewing het nie.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
6.2 (Ken 16 punte in totaal toe)
(Ken 8 punte per gevalle studie toe)
Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.
VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hy/sy/hulle ontwerpproduk(te)
Milky Rose Designs: Lampskerm.
'n Bespreking van die ontwerper/ontwerpgroep se doelstellings, ontwerp
prosesse, tegnieke en materiaal
Die doelstelling van die ontwerpe is om besoedeling te vermy deur die
versameling van plastiek, water en gemmerbottels, om haar handgemaakte
huiswareskeppings te maak. Die ontwerpproses van vervaardiging van hul
produkte begin met die aankoop van gewone plastiek materiaal en dan om te
besluit te op 'n toepaslike produk vir dit. Die ontwerper, deur 'n kombinasie van
juweliersware en binne-huis ontwerptegnieke, kombineer hand borduurwerk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 21 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
met materiaal soos silwer en herwinde plastiek.
Hierdie materiaal is gewas en dan tot 'n grote gesny om by die toepaslike produk
te pas. Nadat die vorm van die produk vasgestel is, is borduurwerk bygevoeg
om die eenvoudige plastiek mooi te maak. Soms is silwer en silikoon bygevoeg
om tekstuur te skep.
'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking waarom dit
omgewingsverantwoordelik is
Plastiekbesoedeling is 'n groot probleem vir die omgewing, die land en die see,
hoofsaaklik omdat dit nie bioafbreekbaar is nie. Milky Rose Designs strewe om
die omgewing skoon te maak, om gifstowwe wat die planeet affekteer, te
verminder. Herwinning, hergebruik en 'upcycling' van plastiekrommel help om
die omgewing te vernu.
VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hy/sy/hulle ontwerpproduk(te)
Nader Khalili in samewerking met Cal-Earth; 'n Voorbeeld van hierdie is die
Superadobe huise.
Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die
bogenoemde ontwerper/ontwerpgroep,
Nader Khalili se hoof doelstelling is om koste-effektiewe behuising te bou.
Khalili, met die hulp van Cal-Earth fokus op 'n area wat hoofsaaklik erg beïnvloed
is deur klimaatverandering en lei mense regoor die wêreld op hoe om
rampbestande grondhuise te bou met die gebruik van gereedskap van oorloë
soos lemmetjiesdraad en sandsakke. Hierdie Superadobe huise is baie maklik
en vinnig om te bou, sterk, bekostigbaar en verskaf skuiling teen die elemente wat
„n verdere doelstelling is.
Deel van die ontwerpprosesse sluit in omvattende navorsing oor
grondboumetodes in Iran, en na 'n aantal prototipes het hulle die sandsak of
'super adobe' sisteem ontwikkel. Die basiese konstruksietegniek behels die
volmaak van sakke met grond of sand en die opmekaar lê of stapel van hulle in 'n
sirkelvormige patroon of plan. Die gestapelde sirkelvormige lae naby die bokant
vorm 'n koepel.
Materiaal sluit in lemmetjiesdraad wat tussenin gespan is om te voorkom dat die
grond/sandsakke skuif en om hul aardbewing bestand te maak.
Grond/sandsakke en lemmetjiesdraad – is vir vredes doeleindes gebruik, wat
tradisionele grondargitektuur met kontemporêre globale veiligheidsvereistes
integreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 22 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
'n Bespreking van die ontwerp, 'n verduideliking hoekom dit
omgewingsverantwoordelik is
Die ontwerpplan vir die Superadobe huise sluit in boë, koepels en gewelwe waar
'n enkel of dubbelverdieping huis geskep kan word. Meeste van die huise bestaan
uit drie kamers; een hoof gekoepelde ruimte met addisionele ruimte vir kook en
badkamerfasiliteite. Oonde en diereskuilings kan ook gemaak word om 'n meer
permanente status te verskaf. Terwyl hierdie huise na die antieke modder
baksteen argitektuur van die Midde-Ooste verwys, verwys die gebruik van
lemmetjiesdraad na die vervoerbare strukture gebruik deur nomadiese kulture.
Die aërodinamiese vorm weerstaan orkane: die gebruik van grond/sandsakke
help met vloedweerstand en die aarde self verskaf insulasie en vuurbestandheid.
Die Superadobe huise is tenvolle volhoubaar omrede die materiaal gevind word
op die terrein en met die hand gebou word. Mans en vrouens, oud en jonk, help
om die sakke met grond/sand te vul. Die Superadobe huissisteem is veral
toepaslik vir tydelike behuising, omrede dit goedkoop is en geboue toelaat wat
vinning gebou kan word met die minimum opleiding. Die huise/tydelike behuising
fokus op die ekonomiese bemagtiging van mense deur deel te neem aan die bou
van hul eie huise en gemeenskappe.Op die buitekant van die gebou, is 'n
wateropvanggebied geskep om die huis met water te verskaf. Die buitenste
modderlaag maak die huis koel in die somer en warm in die winter. Die
bygevoegde grondsilinder en 'pop-up'/opskiet daklig verskaf genoeg lig en
bespaar dus op elektrisiteit.
Khalili het 'n behuisingsontwerp geskep wat aanpasbaar is in grootte en struktuur.
Groepies kan gevarieerd wees en toegepas word tot verskillende ekosisteme om
vestigings wat geskik is vir 'n verskeidenheid van indiwidue of groepe met
verskillende sosiaal- en omgewingsbenodighede.
Met die gebruik van menshande, natuurlike materiaal en slim
ontwerpkaraktereienskappe, Nader Khalili se Superadobe huise is 100%
omgewingsvolhoubaar en ekovriendelik.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.6 PUNTE
VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (20)
TOEKENNING
Onthou, Herroep, Herken, Noem 6.1 1
Laer Orde Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 30% 6.2 5
Klassifiseer
Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1 2
Middel Orde 6.2 6
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.1 1
Evalueer, Reflekteer , Oordeel 6.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 30% 6.2 4
Hoër Orde
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper