Skip to content

Economics Grade 12 P1 National June 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202021 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the National June 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAATEKSAMEN EKONOMIE V1 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B – Kitchin  1.1.2 D – depresiasie  1.1.3 D – kleuter  1.1.4 C – reële vloeie  1.1.5 A – plaaslike  1.1.6 C – Uitgebreide Openbare Werke Program  1.1.7 B – sosiale  1.1.8 A – korridor  (8 x 2) (16) 1.2 1.2.1 B – 'n algehele verbod wat op die invoer van goedere uit 'n sekere land ingestel word  1.2.2 C – gemeet van piek tot piek of trog tot trog  1.2.3 A – wanneer 'n land by buitelandse handel en ʼn gegewe goed teen 'n laer insetkoste as ander lande produseer betrokke raak  1.2.4 D – die gedeelte van inkomste wat huishoudings nie gebruik nie  1.2.5 E – verbruik deur een persoon verminder nie verbruik van 'n ander persoon nie  1.2.6 H – gehef op eiendom volgens hul markwaarde  1.2.7 I – 'n omvangryke styging in georganiseerde ekonomiese aktiwiteit om te vervaardig, te ontgin, boer en dienste te lewer  1.2.8 F – Ekonomiese goedere wat nie ʼn tasbare, of opgebergbare vorm aanneem nie  (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Phillips  1.3.2 Geslote  1.3.3 Geïntegreerde vervaardigingstrategie  1.3.4 Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe  1.3.5 Spesifieke  1.3.6 Endogene /Keynesiaanse (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van 'n strategiese nywerheid.  Energie (brandstof)/SASOL/Eskom  Yster en staal/Yskor   Landbou (basiese voedselsoorte)   Chemikalieë (kunsmisstowwe)   Mynbou  Telekommunikasie  Entstofvervaardigers  Toerisme  Outomobiel Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel die herverdeling van inkome beïnvloed? Hoër inkomsteverdieners word teen hoër koerse belas, wat inkome herverdeling beïnvloed deurdat die gaping tussen ryk en arm verklein / verseker  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Watter jaar word tans deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank as basisjaar gebruik? 2010 / 2015 (1) 2.2.2 Identifiseer die syfer wat gebruik word om vir foute en weglatings voorsiening te maak, wanneer die bruto binnelandse produk teen markpryse bereken word. R19 097 m  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse besteding Besteding op alle goedere en dienste geproduseer binne die grense van 'n land binne 'n spesifieke tydperk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2.4 Watter effek sal ʼn toename in ingevoerde klerasie op binnelandse tekstielvervaardigers hê?  Binnelandse tekstiel-vervaardigers sal voor groter mededinging te staan kom wat hulle sal dwing om minder te produseer   Hulle sal minder klante/markaandeel/verkope beleef wat winste sal verlaag   Hulle mag gedwing word om meer oorspronklik te wees as gevolg van groot mededinging van buitelandse produsente   Kwaliteit van hul produkte sal verbeter en hulle sal meer mededingend op wêreldmarkte raak  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.5 Hoe sal bruto kapitaalvorming 'n positiewe trefkrag op die ekonomie hê?  Die verhoogde kapitaalbasis van die land, sal die produksiekapasiteit verhoog   Bruto kapitaalvorming sal bydra tot die groeipotensiaal van die ekonomie deur 'n toegevoegde waarde-proses   Betalingsbalansprobleme sal verminder, deur 'n styging in uitvoerproduksie   Huishoudings kan baat vind by werksgeleenthede, sodoende word armoede verlig/ die regering sal sy doelwit van volle indiensneming bereik en meer belastinginkomste invorder (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem die instelling wat handelsliberalisering bevorder. Wêreldhandelsorganisasie / WHO  (1) 2.3.2 Gee EEN vorm van ekonomiese integrasie.  Doeane-unie   Gemeenskapsmark   Ekonomiese unie   Monetêre unie   Vryhandelgebied (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term vryhandel. Vryhandel is wanneer verbruikers en produsente vry is om goedere en dienste enige plek in die wêreld te koop, sonder beperkings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Hoekom sal invoervervanging oor die lang termyn 'n negatiewe effek op verbruikers hê?  Verbruikerskeuse sal verklein, omdat hulle beperk sal word tot slegs binnelandse produkte   Verbruikers mag hoër pryse vir plaaslike produkte betaal, as gevolg van minder mededinging  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3.5 Hoe kan Afrikalande uit 'n nuwe vryhandel ooreenkoms voordeel trek?  genieting van laer pryse op goedere en dienste   geniet vrye beweging en werksgeleenthede oor grense   spesialisasie in produksie van goedere waar hulle 'n komparatiewe voordeel geniet   produksie van goedere in groot hoeveelhede as gevolg van spesialisasie   produseer beter kwaliteit produkte as gevolg van verbeterde innovering   verbetering in verhoudings deur wedersydse voordele verkry uit die ruil van goedere   verbetering van verbruikerswelstand as gevolg van 'n groter keuse van goedere en dienste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die effek van vraagkantbeleide in die stimulering van ekonomiese aktiwiteite gedurende 'n resessie.  TV TV1 TA Algemene prysvlak  Puntetoekenning: Korrekte benoem van asse = 1 punt  e1 Styging in prys = 1 punt P1 Styging in hoeveelheid = 1 punt P e Styging in TV na TV1 = 1 punt Maksimum = 4 punte TA TV TV1 0 Q Q1  Uitset / Reële BBP  Die vraagkantbeleide behels utbreidende monetêre beleide, soos 'n verlaging in rentekoerse wat lenings aanmoedig en wat besteding en belegging sal verhoog.   Uitbreidende fiskale beleid wat 'n verlaging in belasting en ook 'n toename in staatsbesteding behels, sal ook ‘n verhoging in besteding tot gevolg het.   Beide beleide sal lei tot 'n verskuiwing van die totale vraag van TV na TV1 terwyl die totale aanbod by TA bly.   Reële BBP sal toeneem van Q na Q1 wanneer die totale vraag toeneem   Die algemene prysvlak sal styg van P na P1   Die vraagkantbeleid kan gebruik om ekonomiese groei te stimuleer, hoewel inflasie mag toeneem  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Maks 4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.5 Hoe kan 'n styging in investering tot 'n hoër nasionale inkome in die ekonomie bydra? Investering kan bydra tot 'n hoër nasionale inkome deur:  vergroting van die kapitale basis van die ekonomie wat die kapasiteit om meer goedere en dienste te produseer, sal uitbrei   skepping van meer werksgeleenthede en verhoogde inkomevlakke van huishoudings, wat totale vraag stimuleer   groter mededinging as nuwe besighede ontstaan, wat lei tot verhoogde doeltreffendheid in produksie   aanmoediging van die bekendstelling van nuwe produksietegnologieë wat sal lei tot hoër produktiwiteit   uitbreiding van die belastingbasis vir die owerheid, wat lei tot hoër belastinginkomste om infrastruktuurontwikkeling projekte te finansier   styging in mededingendheid van plaaslike besighede in wêreldmarkte / stimuleer vraag na uitvoere  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde-antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van Nywerheidsontwikkeling- sones in Suid-Afrika.  Coega   OR Tambo Internasionale Lughawe   Oos-Londen   Richardsbaai   Mafikeng IDZ   Saldanhabaai   DUBE tradeport  (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan publieke-privaatsektor vennootskappe meer tot streeksontwikkeling bydra? Publieke-privaatsektor vennootskappe stimuleer die ontwikkeling van infrastruktuur in onderontwikkelde gebiede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Identifiseer die instelling wat klein besighede bevorder. Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (KSOA)  Kleinsake-finansieringsagentskap / (KSFA)  (1) 3.2.2 Watter ekonomiese uitdaging word deur die klein, medium en mikro-ondernemings in die ekonomie aangespreek?  Werkloosheid/ indiensneming  Armoede / Verdeling van inkomste   Ekonomiese en sosiale ongelykhede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term indiensneming. Wanneer mense tussen 15 en 65, wat gewillig en in staat is om te werk, werk vind waarvoor hulle 'n loon of salaris ontvang vir dienste gelewer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.4 Hoe word die klein, medium en mikro-ondernemings deur die kleinsake-ondersteuningsprogram bevoordeel? word bevoordeel deur die KSOP deur:  KMMOs ontvang 'n belastingvrye kontanttoelae vir investering in nywerhede   Nuwe of uitbreidende besighede ontvang 'n toelae vir drie jaar, waarna die maatskappy selfonderhoudend moet wees   Voorsiening van besigheidsadvies en verwante dienste   Het toegang tot platforms wat onderneming die infrastruktuurondersteuning bied en 'n regulerende omgewing wat entrepreneurs in staat stel om te floreer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.5 Wat is die uitdagings by die implementering van breëbasis swart ekonomiese bemagtiging? Die uitdagings wat BBSEB in die gesig staar is:  die meerderheid van swart mense wat nie die nodige finansies het om aandele te koop om te kan deel in die eienaarskap / aandeelhouding van maatskappye nie   landelike en plaaslike gemeenskappe wat nie almal toegang tot ekonomiese geleenthede het nie   korrupsie in die toeken van kontrakte, wat daartoe lei dat slegs 'n paar mense uit BBSEB voordeel trek   vooropplasing ('Fronting') wat daartoe lei dat baie swart mense nie voordeel trek uit die beleid nie   'n gebrek aan vaardighede en nodige kennis wat daartoe lei dat baie swart vroue en die jeug nie in staat is om top strategiese bestuursposisies in maatskappye te bekom nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Watter fokusarea verskaf ekonomiese infrastruktuur vir nywerheidsontwikkeling?  Spesiale ekonomiese sones /SES'e / Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe/ ROI  (1) 3.3.2 Noem die nywerheidsontwikkelingsbeleid wat die owerheid se breë benadering tot nywerheidsontwikkeling bepaal. Nasionale nywerheidsbeleidsraamwerk / NNBR  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term innovering. Die inkorporasie van nuwe idees tot produksieprosesse  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3.4 Hoe bevorder nywerheidsontwikkeling, entrepreneurskap in die ekonomie? Nywerheidsontwikkeling:  moet entrepreneurs aan om die wêreldekonomie te benut, om handel te dryf en kennis te verkry   verstewig innovering en tegnologie   motiveer entrepreneurs om grootskaalproduksie te bedryf  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Wat is die uitdagings waarvoor die Nywerheidsbeleid- aksieplan te staan kom?  ‘n Gebrek aan beleidsamehorigheid en program-opstelling  Die oopstel van die ekonomie aan ‘n diversiteit van deelnemers het nog nie gebeur nie   Konsentrasie en vertikale integrasie binne sektore het sedert 1994 toegeneem, wat versterk is deur hindernisse tot toetrede   Hoë privaatsektor insetkoste – staal, chemikalieë en produkte in die plastiek waardeketting, bly ‘n volgehoue beperking op mededingendheid in SA-vervaardiging   Volgehoue styging in elektrisiteitskoste   Hoë hawegelde en ondoeltreffendheid is ‘n groot hindernis en stremming op die uitvoer van toegevoegde-waarde goedere   Huidige struktuur van die SA-ekonomie lei nie tot die skepping van ‘n groot aantal werksgeleenthede met toepaslike vaardigheidsvlakke nie   onvoldoende staatsondersteuning vir belegging, opgradering, innovasie en tegnologie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.4 Bespreek die algemene maatstaf-kriteria vir streeksontwikkeling.  Goeie staatsbeheer vereis demokratiese besluitneming, deursigtigheid, finansiële bestuur en beheer   'n Geïntegreerde benadering om te verseker dat die voordele van een streek oorspoel na ander nywerhede en gebiede   Vennootskappe moet opgebou word tussen die sentrale owerheid en die privaatsektor   Verskaffing van voldoende hulpbronne aan hulpbron-arm gebiede   Mededingendheid vereis dat nywerhede en besighede wat opgerig word as gevolg van streeksbeleide, nie volgehoue finansiële hulpbron van die owerheid nodig het nie   Ontwikkeling van mense, vir mense, deur mense het ten doel om mense te dien deur opleiding, opvoeding, verbeterde produktiwiteit en die verskaffing van noodsaaklike goedere en dienste om die lewenstandaard in streke te verhoog   Ontwikkeling van onder af onsentreer op kwessies op voetsoolvlak waar die dringendste menslike behoeftes bestaan. Dit begin met die hantering van die armoedeprobleem  Totale ontwikkeling as ’n multi-dimensionele proses Beskou ontwikkeling vanuit ’n globale perspektief deur alle dimensies van die mens se bestaan in ag te neem, insluitend die interaksie van maatskaplike kragte in ’n gemeenskap, bv, onderwys, gesondheid, voeding (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.5 Evalueer die gebruik van aanbodkant-maatreëls, om die volgehoue lae ekonomiese groei in Suid-Afrika op te los. Aanbodkant-maatreëls was suksesvol in die oplos van voortdurende lae ekonomiese groei in Suid-Afrika deur:  aansporings te bied, soos kontanttoelaes en subsidies, om uitvoerbevordering te vergroot en beide privaatsektor investering en BDIs te trek   verlaagde belastingkoerse om mense te motiveer om harder te werk om hul inkomste te verhoog wat die produksievlakke in die ekonomie verhoog   verlaagde belastingkoerse wat mense sal aanmoedig om meer van 'n hoër verbruikbare inkomste te spaar, wat die beskikbaarheid van leenbare fondse vir investering sal verbeter   verbeterde arbeidsproduktiwiteit deur beter onderrig, opleiding en gesondheidsdienste, wat sal lei tot hoër produksie-uitset   bevordering van entrepreneurskap deur oprigting van klein besighede en nuwe nywerhede wat mededinging verhoog en monopolieë en oligopolieë se magte beperk  Aanbodkant-maatreëls moet nog verbeter word, in terme van:  versekering van 'n doeltreffende en betroubare verskaffing van infrastruktuur-dienste, soos vervoer en energie, om die koste van 'n besigheid om sake te doen, te verminder   verminderde administratiewe koste, soos inspeksies en onnodige regulasies / deur eenvoudiger belasting en operasionele regulasies in te stel   privatisering van sommige van die staatsbeheerde bates, om doeltreffendheid in dienslewering te verbeter   verminderde owerheidsinmenging, deur onnodige reëls en regulasies te verwyder / 'n vryemarkstelsel te verseker / markdoeltreffendheid te verbeter  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE effekte van internasionale handel.  spesialisasie   massaproduksie / grootskaalse produksie/ekonomiese groei  doeltreffendheid / kompetisie   globalisering  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe trek verbruikers in die invoerland voordeel uit storting? Verbruikers sal laer pryse vir ingevoerde goedere betaal (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die rekening in die betalingsbalans wat die uitvoer en invoer van goedere en dienste opteken. Lopende rekening  (1) 4.2.2 Watter kommoditeit word as 'n aparte uitvoeritem in die Suid- Afrikaanse betalingsbalans opgeteken? Goud  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term ruilvoet. Ruilvoet druk 'n land se uitvoerpryse in terme van sy invoer pryse uit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Verduidelik die impak van 'n styging in uitvoerpryse op Suid- Afrika se handelsbalans.  Uitvoerverdienste of die waarde van totale uitvoere sal styg, en lei tot 'n styging in die waarde van die handelsbalans /  Vraag na uitvoere sal daal, wat die volume uitvoere verminder, en die handelsbalans benadeel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.5 Hoe kan invoerbeheer gebruik word om die betalingsbalans- tekort reg te stel?  Betalingsbalanstekort kan reggestel word deur invoertariewe en invoerkwotas in te stel   Invoertariewe maak ingevoerde goedere duurder, en ontmoedig plaaslike markte om daar te koop   Invoerkwotas beperk die hoeveelheid of kwantiteit invoere wat in die ekonomie toegelaat word  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Watter staatsdepartement is vir die begroting verantwoordelik? Departement van finansies  (1) 4.3.2 Noem EEN faktor wat tot die afgradering van die Suid- Afrikaanse ekonomie bygedra het.  Stygende skuld (fiskale)  Dalende inkomste   Verbreding van tekort   Korrupsie   Lae BBP groei   Hoë werkloosheid   Kragtekort  Swak beleggingsvertroue (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term regstellende aksie. 'n Beleid wat poog om diskriminasie wat in die verlede plaasgevind het reg te stel, deur die aktiewe gebruik van maatreëls wat gelyke geleenthede verseker, soos in onderwys en werksgeleenthede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Watter impak sal Suid-Afrika se krediet-opgradering na rommelstatus, op die ekonomie hê?  Die regering sal meer rente moet betaal, wat minder geld laat vir dienste (gesondheidsorg, onderwys) en investering in infrastruktuur   Regering sal meer geld benodig om sy basiese uitgawes te dek   Afgradering mag lei tot 'n styging in belasting   Disinvestering kan plaasvind wat lei tot lae ekonomiese groei en verhoogde vlakke van werkloosheid.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Hoe kan staatsbeheerde ondernemings tot die uitbreiding van die ekonomie bydra?  Skep meer werksgeleenthede en kundige bestuur moet aangestel word   Bied vaardigheidsontwikkelingsprogramme aan om produktiwiteit van bestaande werkers te verbeter   Onderhou en diens masjinerie en toerusting gereeld, om kwaliteit dienslewering te verseker   Hanteer van korrupsie om vermorsing van publieke fondse te verminder  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 4.4 Beskryf kortliks ekstrapolasie en amplitude as kenmerke in die vooruit- skatting van sakesiklusse. Ekstrapolasie:  Voorspellers gebruik data uit die verlede bv. neigings, en deur aan te neem dat hierdie neiging sal voortduur, maar hulle vooruitskattings oor die toekoms   'n Onbekende word vanaf feite en inligting wat bekend is, beraam   Dit is duidelik dat die sakesiklus deur 'n trog beweeg het na 'n bloeitydperk, mag voorspellers voorspel dat die ekonomie sal groei in die maande wat volg   Dit word ook gebruik om ekonomiese voorspellings in ander terreine te maak  bv. Voorspelling van toekomstige aandeelpryse  (Maks 4) Amplitude:  Die verskil tussen die totale uitset tussen 'n piek en 'n trog   Meet die afstand van ossilasie van 'n veranderlike van die tendenslyn   Die intensiteit (hoogte) van die opswaai en afswaai (inkrimping en uitbreiding) in ekonomiese aktiwiteit   'n Groot amplitude gedurende 'n opswaai dui op sterk onderliggende magte – wat lei tot langer siklusse   Hoe groter die amplitude, hoe erger die veranderinge wat mag voorkom / omvang van verandering   Gedurende die opswaai, mag inflasie toeneem van 5% tot 10% ('n 100% toename)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (Maks 4) (8) 4.5 Evalueer die impak van die depresiasie van die rand op die Suid- Afrikaanse ekonomie. ‘n Depresieerde rand sal die Suid - Afrikaanse ekonomie positief op die volgende maniere beïnvloed:  Uitvoere sal relatief goedkoper word, wat sal lei tot 'n groter vraag vir Suid-Afrikaanse goedere  Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos basismetale en mineraalprodukte sal styg, namate dit relatief goedkoper word  Buitelandse toeriste-aankomste sal toeneem, omdat dit goedkoper raak om geld in Suid-Afrika te spandeer   Verbetering in die handelsbalans, aangesien uitvoere meer as invoere sal wees ‘n Depresieerde rand sal die Suid - Afrikaanse ekonomie negatief op die volgende maniere beïnvloed:  Ingevoerde produksie-insette soos ru-olie en voertuigonderdele, raak al duurder wat kostedruk-inflasie aanblaas   Hoër koste van ingevoerde produksieinsette, sal plaaslike produksie en ekonomiese groei laat daal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite/voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE  Bespreek in detail die doelwitte van die openbare sektor. (26 punte)  Hoe sal openbare sektor mislukking, ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika negatief beïnvloed? (10 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne INLEIDING Die owerheid reageer op markmislukking deur staatsbeheerde ondernemings te vestig en te onderhou, om publieke goedere en dienste te verskaf  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL 1. EKONOMIESE GROEI   'n Styging in die produksie van goedere en dienste van die ekonomie   Dit word gemeet in terme van 'n styging in die reële bruto binnelandse produk   Reële BBP is die waarde van goedere, geproduseer in die land nadat die effek van inflasie in berekening gebring is   Vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër as die bevolkingsgroeikoers wees   'n Hoë ekonomiese groeikoers beteken dat daar minder mense is wat afhanklik is van die staat om hul basiese behoeftes te bevredig   Die staat poog om te verseker dat daar 'n volgehoue groei in hierdie kapasiteit is, omdat dit lei tot 'n verbetering in die lewenstandaard  2. VOLLE INDIENSNEMING   Bereiking van hoë vlakke van indiensneming, is een van die mees belangrike ekonomiese doelwitte vir alle regerings   Volle indiensneming beteken dat alle mense wat wil werk en werk soek, in staat is om werk te vind of self werk te skep   Die werkloosheidskoers het die afgelope paar jaar toegeneem en is sedert die Covid19-pandemie bo 30%   Informele sektoraktiwiteite moet bevorder word, omdat dit 'n gebied is waar indiensneming toeneem   Oor die kort termyn, versnel die regering werkskepping, deur direkte indiensnemingskemas, geteikende subsidies en uitbreidende makro-ekonomiese pakkette   Oor die medium termyn ondersteun die staat arbeidsintensiewe aktiwiteite in die landbou en ligte vervaardigingsektore   As volle diensneming oor die langer termyn bereik word, ondersteun die regering kennis-intensiewe en kapitaalintensiewe sektore om kompeterend te bly  3. WISSELKOERS STABILITEIT / BETALINGSBALANS EWEWIG   Depresiasie en appresiasie van 'n geldeenheid, skep onsekerheid by produsente en handelaars en moet beperk word   Die owerheid gebruik sy monetêre en fiskale beleide om te verseker dat die wisselkoers relatief stabiel bly so lank as moontlik   Betalingsbalans-ewewig beïnvloed die vloei van goedere, dienste en kapitaal in 'n land   Wisselkoersstabiliteit het 'n sterk impak op die inflasiekoers en ander makro- ekonomiese veranderlikes  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Die keuse en bestuur van 'n wisselkoersstelsel vorm 'n kritieke deel van ekonomiese bestuur, om mededingendheid te beskerm en aan te moedig, en makro-ekonomiese stabiliteit en groei te verseker   Meer geldinvloeie na die land lei tot 'n surplus op die betalingsbalansrekening   SARB het die wisselkoers van ’n beheerde swewing na ’n vryswewing-wisselkoers omgeskakel.  Bevorder binnelandse produksie wat uitvoere verhoog  4. PRYSSTABILITEIT   Markekonomieë produseer beter resultate in terme van ekonomiese groei en indiensneming, as pryse relatief stabiel is   In Suid-Afrika beteken relatiewe prysstabiliteit dat die inflasiekoers binne die inflasieteiken van 3–6% bly   Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die belangrikste instrumente wat gebruik word om prysstabiliteit te bewerkstellig.   Die voordeel van die inflasieteiken is 'n groter mate van deursigtigheid in die monetêre beleid   As inflasie die boonste vlak van die teiken oorskry, moet die Reserwebank 'n verhoogde rentekoers oorweeg, om die oorverhitte ekonomie af te koel  5. EKONOMIESE GELYKHEID   'n Herverdeling van inkomste en rykdom is noodsaaklik in markekonomieë   Daar is sekere groepe in die gemeenskap wat 'n groot hoeveelheid geld verdien, terwyl ander baie min verdien   Progressiewe inkomstebelasting en belasting op winste, rykdom en besteding, word gebruik om gratis maatskaplike dienste te finansier   Basiese onderwys, primêre gesondheidsorg, basiese ekonomiesee dienste en kontanttoelaes aan armes en ander kwesbare groepe, sal ekonomiese gelykheid verbeter  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Die publieke sektor mislukking het 'n negatiewe impak op ekonomiese stabiliteit deurdat dit:  onstabiliteit in pryse veroorsaak wat verbruikersbesteding onderdruk   beleidsonsekerheid veroorsaak wat beleggersvertroue verminder   werkloosheid verhoog omdat die ekonomie misluk om nuwe werksgeleenthede te skep   uitvoerders ontmoedig as gevolg van wisselkoers onstabiliteit   die volume uitvoere verminder, wat die betalingsbalans-tekort mag vergroot   die ekonomie mag uitlewer aan 'n resessie as gevolg van 'n gebrek aan reël BBP- groei   die fiskale las vergroot as gevolg van vermorsing van hulpbronne, veral deur parastatale   produksie van goedere en dienste verlaag, omdat parastatale/staatsbeheerde ondernemings misluk om sleutelinsetdienste te verskaf  bv. Energie en vervoer   die koste om sake te doen verhoog in die ekonomie as gevolg van ondoeltreffendheid  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoorde) (Maks 10) SLOT Die staat speel 'n belangrike rol in die bereiking van makro-ekonomiese doelwitte, deur die ekonomie te rig deur middel van die nasionale begroting  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde slot) Maks (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 19 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES  Bespreek die verskillende ekonomiese aanwysers in detail. (26 punte)  Hoe het die COVID-19-pandemie, die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief beïnvloed? (10 punte) INLEIDING Owerhede gebruik verskillende statistiese data om ekonomiese neigings te voorspel, en formuleer toepaslike ontwikkelingstrategieë om die rigting wat die ekonomie moet neem, te beïnvloed / ekonomiese aanwysers word gebruik om die prestasie van 'n ekonomie in terme van die basiese ekonomiese doelwitte, te bepaal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL 1. PRODUKSIE AANWYSERS  Nominale BBP (teen huidige / markpryse)   Nominale BBP kan nie gebruik word nie, omdat die bedrag neig om oorskat te word (inflasie)  Reële BBP (teen konstante pryse)   Die groeiprestasie van 'n ekonomie word gemeet in terme van reële BBP-syfers   Reële BBP word verkry as die effek van inflasie uit die data verwyder word   As nominale groei 8% en inflasie 3% is, is reële groei 5%  Per capita reële BBP   Per capita reële BBP word bereken deur die reële BBP-syfer deur die totale bevolking te deel   Die doelwit van per capita reële BBP is om die ekonomiese ontwikkeling aan te dui / aandui van lewenstandaarde / vergelyk lewenstandaarde tussen lande  2. PRODUKTIWITEIT AANWYSERS  Arbeidsproduktiwiteit   Moet noukeurig dopgehou word, veral in verhouding tot reële loon stygings   In Suid-Afrika styg produktiwiteit minder as vergoeding vir arbeid   Arbeidsproduktiwiteit word gemeet deur die reële BBP deur die aantal werkers in diens te deel  Vergoeding per werker   As produktiwiteit styg teen 'n laer koers as die reële loonstygings, sal inflasiedruk voorkom   Die verhouding tussen produktiwiteit en lone is noodsaaklik vir werkgewers om in kragtige markte te oorleef, en vir werkers om op hul salarisse te oorleef  (Aanvaar 'n analise of enige ander soort produktiwiteit) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 20 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3. BUITELANDSE HANDEL AANWYSERS  Die ruilvoet   Veranderinge in die ruilvoet dien as 'n aanwyser van veranderinge wat mag oorspoel na die betalingsbalans, en mag lei tot 'n tekort   Die ruilvoet sal verswak, as 'n groter volume uitvoere geproduseer moet word om verdienste konstant te hou  Die wisselkoers   Veranderinge in 'n wisselkoers beïnvloed die pryse van invoere en pryse van uitvoere   'n Depresiasie van die rand teenoor die dollar, sal lei daartoe dat goedere en dienste van die VSA baie duur plaaslik verkoop word, en verdienste uit uitvoere na die VSA styg  4. DIE INFLASIEKOERS  Inflasie kan beskryf word as 'n styging in die algemene prysvlak in 'n ekonomie, wat volhoubaar is oor tyd  SARB poog om die inflasiekoers stabiel te hou tussen 3 en 6%  Die volgende instrumente meet inflasie: Verbruikerspryse (VPI)   Dis die geweegde gemiddelde van die pryse van 'n algemene mandjie goedere en dienste wat heel waarskynlik deur verbruikers gekoop sal word  Produksiepryse (PPI)  Meet pryse van plaaslik geproduseerde goedere sodra hulle die fabriek verlaat en ingevoerde goedere sodra hulle die land binnekom   Dien as 'n aanwyser om verbruikersinflasie (VPI) te voorspel  5. INDIENSNEMING  Die ekonomies-aktiewe bevolking (EAB / arbeidsmag)   Die amptelike ouderdomme vir indiensneming in Suid-Afrika is tussen 15 en 65, wat bereid is om te werk en sluit werkers in die formele sektor, informele sektor, werkgewers, self-indiensgeneemde persone en werkloses in  Indiensneming koers   Die aantal mense in diens uitgedruk as 'n persentasie van die EAP gee die indiensnemingskoers   Die Suid-Afrikaanse indiensnemingskoers was 70,9% gedurende 2019 en het nie gepaardgegaan met 'n soortgelyke groei in indiensneming-syfers nie  Werkloosheid koers   Die werkloosheidkoers word uitgedruk as persentasie van werklose mense uit die totale aantal mense wat gewillig en in staat is om te werk   In Suid-Afrika was die amptelike werkloosheidkoers in 2019, 29.1% en die belangrikste oorsaak van armoede  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 21 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 6. GELDAANBOD   Geldaanbod is van kritieke belang en gee vroegtydige waarskuwing van moontlike veranderinge in inflasie   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank definieer geld in verskillende kategorieë: M1 – munte en note; M2 - gelyk aan M1 plus alle kort- en mediumtermyndeposito's; M3 - gelyk aan M2 plus alle langtermyndeposito's van binnelandse privaatsektor by monetêre instellings  7. RENTEKOERSE  Repokoers   Repokoers is die koers waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld aan kommersiële banke leen   Rentekoers is gebaseer op die repokoers; as die repokoers verander, sal die rentekoers ook verander  (Maks 26) ADDISIONELE DEEL Die COVID-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief beïnvloed deur:  sluiting van nywerheids- en sakesektore, wat gelei het tot die verlaging in produksie van nie-noodsaaklike goedere en dienste   afplatting van ekonomiese groei wat werkloosheid verhoog het / 'n verlies aan inkome   wêreldhandel te beperk, wat gelei het tot 'n daling in die vraag na Suid-Afrikaanse produkte   aanleiding te gee tot meer betalingsbalansprobleme omdat uitvoere afgeneem het   vermindering in mynbou- en vervaardiging produktiwiteit as gevolg van operasionele beperkings of afskaling   beweging van mense aan bande te lê wat toeriste-aktiwiteite binnelands en internasionaal verminder het   belastinginkomste aan die staat te verminder, wat gelei het tot handelsbeperkings op nie-noodsaaklike produkte soos alkohol en tabak   'n daling in reële BBP-groei met 'n moontlike resessie in die ekonomie, as gevolg van die negatiewe impak op produksie van goedere en dienste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks (10) SLOT Die gebruik van ekonomiese aanwysers is belangrik, omdat analiste die data gebruik [40] om huidige of toekomstige beleggingsmoontlikhede te interpreteer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) Maks (2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all