Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRADE 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)

View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)


_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)

Economics Grade 12 P2 National June 2020 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the National June 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · National June · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 494.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
National June 2020
Questions in this paper
- Question 1.1The dynamics of perfect markets16 marks
- Question 1.2The reasons for and consequences of market failures8 marks
- Question 1.3The reasons for and consequences of market failures6 marks
- Question 2The dynamics of perfect markets40 marks
- Question 3Inflation30 marks
- Question 4Environmental sustainability10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die owerheid kan inmeng om die produksie en verbruik van 'n
niemerietegoed te verlaag deur …
A aksynsbelasting te gebruik.
B openbaresektor-voorsiening.
C subsidies toe te staan.
D die implementering van 'n progressiewe belastingstelsel.
1.1.2 Advertensies en handelsmerke speel 'n sleutelrol in 'n … mark.
A monopolie-
B formele
C oligopolie-
D monopolisties-mededingende
1.1.3 Normale wins staan ook as die … punt in 'n volmaakte mark
bekend.
A minimum
B gelykbreek-
C maksimum
D nul-
1.1.4 Sosiale koste bestaan uit die som van private en … koste.
A interne
B openbare
C eksterne
D veranderlike
1.1.5 Ontwikkeling in mediategnologie is belangrik vir toerisme as deel
van die …-infrastruktuur.
A vervoer
B kommunikasie
C energie
D basiese dienste
1.1.6 Wanneer 'n land hoë inflasie, hoë werkloosheid en lae ekonomiese
groei ondervind, word dit … genoem.
A disinflasie
B deflasie
C inflasieteiken
D stagflasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n fiskale maatreël om inflasie
te bestry?
A 'n Verlaging in direkte belastingheffing
B 'n Styging in produktiwiteit
C 'n Verlaging in owerheidsbesteding
D Verhoogde invoerbeheer
1.1.8 Die ontwikkeling van omgewingsvriendelike tegnologie verwys
na … maatreëls om volhoubaarheid te verseker.
A markverwante
B internasionale
C vrywillige
D owerheids- (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kort termyn A besoek 'n land om plekke van argeologiese .
belang, soos die Kangogrotte, te sien
1.2.2 Marginale koste
B die produksietydperk waar ten minste een
1.2.3 Direkte beheer produksiefaktor vas bly
1.2.4 Maksimum pryse C 'n tarief wat op die produksie van produkte
gehef word wat eksterne omgewingskoste
1.2.5 Klimaatsverandering veroorsaak
1.2.6 Paleo-toerisme D die uitgawe aangegaan om 'n ekstra
eenheid te produseer
1.2.7 Produksieprys-
indeks E die meting van die produksiekoste van
goedere met tyd
1.2.8 Groen belasting
F opoffering van een goed vir 'n ander een
G owerheid meng in om goedere meer
bekostigbaar te maak
H wetsontwerpe wat deur die owerheid
aangeneem word om negatiewe
eksternaliteite te reguleer wat deur
besighede veroorsaak is
I 'n aansienlike en volgehoue verandering in
die normale weerpatroon
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2020
SS/NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een individu te
verhoog sonder om iemand anders te benadeel
1.3.2 Die punt waar die marginale koste of gemiddelde inkomste aan die
gemiddelde veranderlike koste gelyk is
1.3.3 Waar goedere onwettig aangekoop en verkoop word
1.3.4 Die aktiwiteite van mense wat vir nie meer as 'n jaar nie buite hul
gewone omgewing reis
1.3.5 Tipe inflasie waar pryse van goedere en dienste deur die owerheid
vasgestel word
1.3.6 Die storting van afvalmateriaal in die omgewing wat die ekosisteem
beskadig (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van eksplisiete koste vir 'n firma. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom word monopolistiese mededinging as 'n hibriede struktuur
beskou? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jammer, mnr. Edison.
Google, Microsoft en
Facebook beweer dat
hulle die patente
besit.
[Aangepas uit Google Images]
2.2.1 Identifiseer die tipe monopolie wat in die spotprent hierbo
uitgebeeld word. (1)
2.2.2 Wat is die aard van die produk wat deur monopolieë aangebied
word? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term patent soos dit in Ekonomie gebruik word. (2)
2.2.4 Hoe verskil die helling van 'n monopolis se vraagkromme van dié
van 'n monopolistiese mededinger? (2)
2.2.5 Hoekom vind staatsbeheerde monopolieë in Suid-Afrika dit moeilik
om 'n ekonomiese wins te maak? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2020
SS/NSS
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MARKMISLUKKING – Owerheid Meng In
Daar is baie oorsake van
markmislukking, soos ekster-
ONS EIS
naliteite, merietegoedere en 'N
ongelyke verdeling van inkome. BESTAANSLOON
Die owerheid het in Januarie 2019
ingemeng om ongelyke verdeling
van inkome te oorbrug en
'n nasionale minimum loon
aangekondig. Hierdie aankondi-
ging is deur Cosatu en die
Federasie van Unies van Suid-
Afrika ondersteun.
[Aangepas uit FIN24, 1 Januarie 2019]
2.3.1 Noem EEN tipe ondoeltreffendheid wat deur markmislukking
veroorsaak word. (1)
2.3.2 Gee EEN regstellende beleid wat die owerheid gebruik om
inkomste te herverdeel. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term merietegoedere. (2)
2.3.4 Hoekom lei 'n negatiewe eksternaliteit tot die oorproduksie van
goedere en dienste? (2)
2.3.5 Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die
ekonomie. (2 x 2) (4)
2.4 Trek 'n volledig benoemde grafiek om die ekonomiese verlies in 'n
monopoliemarkstruktuur te toon. (8)
2.5 Evalueer die impak van produsentesubsidies deur die owerheid op die
sakesektor. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die toerismesektor help om armoede onder die plaaslike
mense in die gemeenskap te verminder? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOOFLYN-INFLASIE
% PERSENTASIEVERANDERING OOR VIER KWARTALE %
[Aangepas uit StatsSA en SARB, 2019]
3.2.1 Waarna verwys die TWEE stippellyne in die grafiek? (1)
3.2.2 Gedurende watter jaar sal die Monetêre Beleidskomitee meer
waarskynlik die terugkoop(-repo)koers verhoog? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term hooflyn-inflasie. (2)
3.2.4 Verduidelik die invloed van inflasieverwagtinge op verbruiks-
besteding. (2)
3.2.5 Hoe sal 'n styging in belasting op toegevoegde waarde die
ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2020
SS/NSS
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOERISME STAAN VOOR UITDAGINGS
Uitstallers het gedurende die 2018 Afrika-Reis-Indaba, wat in Durban gehou
is, gekla dat township-toerisme hoë misdaadkoerse, 'n gebrek aan sekuriteit
en befondsing moes trotseer.
Opkomende besighede in die bedryf ondervind ekonomiese agterstand en
bemarkingsuitdagings, en alhoewel 'n verswakte rand internasionale toeriste
aangemoedig het om na Suid-Afrika te reis, besoek slegs 5% van die wêreld
se toeriste Afrika.
SAToerisme het versoek dat die owerheid nie moet probeer om die bedryf te
bestuur nie, maar eerder ruimte vir besigheid moet skep waarbinne hulle
suksesvol kan funksioneer.
[Aangepas uit @SABCNewsOnline, 2019]
3.3.1 Gee die term wat gebruik word om toeriste uit 'n ander land wat
Suid-Afrika besoek, te beskryf. (1)
3.3.2 Noem EEN doelwit van toerisme. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennis. (2)
3.3.4 Hoekom is bemarking as 'n toerismebeleid belangrik? (2)
3.3.5 Hoe kan toerisme 'n negatiewe invloed op die omgewing hê?
(2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks die voordele van toerisme vir die huishouding. (4 x 2) (8)
3.5 Hoe sal die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE instellings wat vir die regulering van mededinging in
Suid-Afrika verantwoordelik is. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom sal hoë inflasie tot aflegging by die werksplek lei? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Prys (Rand)
V
45
40 E
28
V1
0 400 700 800 Hoeveelheid (miljoen)
4.2.1 Identifiseer die onelastiese deel van die vraagkromme. (1)
4.2.2 Benoem die vraagkromme hierbo. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning. (2)
4.2.4 Hoe verskil die wins van 'n oligopolie van die wins van 'n
monopolistiese mededinger op lang termyn? (2)
4.2.5 Hoekom sal die produsent onwillig wees om die prys van R40,00
na R28,00 te verlaag? Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2020
SS/NSS
4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die owerheid moet Ja, miskien,
inflasie beheer maar daardie
deur verskillende beleide werk nie
beleide te gebruik. altyd nie.
[Aangepas uit Google Images]
4.3.1 Noem die Suid-Afrikaanse instelling wat vir die bestryding van
inflasie verantwoordelik is. (1)
4.3.2 Watter denkskool glo dat inflasie deur die totale geldaanbod
beïnvloed word? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term hiperinflasie. (2)
4.3.4 Hoe sou die koste van ingevoerde sleutelinsette tot 'n hoër
inflasiekoers bydra? (2)
4.3.5 Hoekom is 'n monetêre beleid effektief met die verlaging van
vraagtrek-inflasie? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise. (4 x 2) (8)
4.5 Hoekom is investering in toerisme vir die ekonomie belangrik? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer of te omskryf.
Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Vergelyk/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer/Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe/Stel voor/Analiseer
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE– 40 MINUTE
Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, volmaakte mededinging as 'n
markstruktuur. (26 punte)
Evalueer die mededingingsbeleid in die bevordering van 'n meer mededingende
ekonomie. (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die belangrikste omgewingsprobleme wat lande wêreldwyd beïnvloed.
(26 punte)
Evalueer die sukses van die internasionale maatreëls wat aangeneem is om
omgewingsprobleme aan te pak. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 2 KZN June 2020 Question Paper
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2020 Memo
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper