Skip to content

Economics Grade 12 P1 National June 2020 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202012 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the National June 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees die vrae aandagtig deur. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die verskil in die waarde van die uitset by die piek en die waarde van die uitset by die trog van 'n sakesiklus staan as die ... bekend. A lengte B tendenslyn C amplitude D werklike uitset 1.1.2 Een van die lidlande van die BRICS-protokol is … A Japan. B China. C Engeland. D Italië. 1.1.3 As die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) in 'n 2-sektor-model 0,6 is, sal die marginale spaargeneigdheid (msg) … wees. A 4 B 6 C 9,4 D 0,4 1.1.4 Watter EEN van die volgende word in Oktober voorgelê om die parlement oor veranderinge in die begroting sedert Februarie in te lig? A Hoofbegroting B Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring C Mediumtermynbestedingsraamwerk D Nasionale begroting 1.1.5 Langtermyndeposito's van die binnelandse sektor by monetêre instellings, vorm deel van die …-geldvoorraad. A M1 B M2 C M3 D M4 1.1.6 'n Aanbodrede vir internasionale handel is … A inkomevlakke. B voorkeure en smake. C die grootte van die bevolking. D arbeidsbronne. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1.7 'n Rentekoers wat handelsbanke aan hulle mees gewaardeerde klante bied, word die … koers genoem. A prima- B repo- C vaste D voorkeur- 1.1.8 Watter EEN van die volgende word as aksynsreg geklassifiseer? A Belasting op alkohol B Geweerlisensie C Belasting op toegevoegde waarde D Persoonlike inkomstebelasting (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Outonome verbruik A die eienaars van die produksiefaktore in . die ekonomie 1.2.2 Nuwe ekonomiese paradigma B koördineer regeringsaksies om die mededingendheid van Suid-Afrikaanse 1.2.3 Burokrasie besighede te vergroot 1.2.4 Massaproduksie C fokus op die verkryging van vaardighede 1.2.5 JIPSA D besteding wat ongeag die vlak van inkome plaasvind 1.2.6 Storting E die effening van sakesiklusse deur die 1.2.7 Ekonomiese groei gebruik van monetêre en fiskale beleid 1.2.8 Geïntegreerde F verseker die aanbod van vervaardigingstrategie gestandaardiseerde artikels deur 'n geoutomatiseerde meganiese proses G styging in 'n land se produksiekapasiteit H amptelike reëls en regulasies wat dienslewering kan verhinder I verkoop van goedere in 'n ander land teen baie lae pryse waarmee die plaaslike nywerheid nie kan meeding nie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2020 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat gewillig en in staat is om te werk 1.3.2 Dit illustreer (toon) die verband tussen werkloosheid en inflasie 1.3.3 'n Vorm van krediet vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat gebruik kan word as betalingsbalansprobleme ondervind word 1.3.4 'n Boete wat deur een of meer lande op 'n ander land gelê word deur handel te beperk 1.3.5 Beraadslaging tussen die Suid-Afrikaanse Reserwebank en banke om hulle te oortuig om op 'n wenslike manier op te tree 1.3.6 'n Toename in die aantal mense wat van landelike gebiede na stede verhuis (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE bronne van staatsinkome. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die doel van die residuele item wanneer die bestedingsmetode gebruik word om nasionale inkome te bereken? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITDAGINGS VAN DIE OPENBARE SEKTOR Die openbare sektor bestaan uit drie regeringsvlakke, naamlik nasionale, provinsiale en plaaslike regering. Die regeringsprogramme sluit die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk in wat van 2014–2019 as deel van die Nasionale Ontwikkelingsplan geïmplementeer is. Dit bestaan uit verskillende fokusareas soos onderwys, gesondheid en ekonomiese groei en ontwikkeling. [Aangepas uit www.gov.za] 2.2.1 Watter regeringsvlak ontwikkel beleid en koördineer dienste in al nege provinsies? (1) 2.2.2 Noem EEN makro-ekonomiese doelwit van die staat. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term rekenpligtigheid. (2) 2.2.4 Hoe sal die staat voordeel trek uit die privatisering van staatsbeheerde ondernemings? (2) 2.2.5 Hoekom is die prysbeleid 'n probleem vir die owerheid met betrekkings tot die verskaffing van goedere en dienste? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2020 SS/NSS 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BETALINGSBALANS 2018 (R MILJOENE) 1. Lopende rekening 2018 Goedere-uitvoere 1 175 547 Netto gouduitvoere 71 678 Dienste-ontvangste 210 415 Inkome-ontvangste 96 507 Min: Goedere-invoere 1 222 944 Min: Betaling vir dienste 217 939 Min: Inkome-betalings 250 552 (A) -35 674 Saldo op die lopende rekening -172 062 2. Kapitaaloordragrekening 236 Netto lenings aan (+) lenings van (-) die res van die wêreld -172 726 [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, Maart 2019] 2.3.1 Watter item in die lopende rekening is uniek aan Suid-Afrika? (1) 2.3.2 Benoem die item (A) wat in die lopende rekening in die tabel hierbo ontbreek. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term Kapitaaloordragrekening. (2) 2.3.4 Verduidelik EEN faktor wat vraag sal beïnvloed om die tekort in die betalingsbalans te verminder. (2) 2.3.5 Bepaal die waarde van die handelsbalans. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Verduidelik kortliks leidende aanwysers en saamgestelde aanwysers as kenmerke onderliggend aan die vooruitskatting van sakesiklusse. (2 x 4) (8) 2.5 Ontleed die impak van 'n devaluasie van die rand op die ekonomie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE aanwysers wat aan buitelandse handel verwant is. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die doel van die Uitgebreide Openbare Werke-program? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EKONOMIESE AANWYSERS 2016 2017 2018 Bevolking (m.) 55,2 56,7 57,7 BBP @ konstante pryse (Rm) 3 076 465 3 119 984 3 144 539 Reële BBP per capita 55 914 55 930 55 595 Reële BBP-groei (%) 2,0 0,7 1,5 Werkloosheid (%) 25,6 26,1 27,6 Inflasie (%) 5,3 4,6 4,4 Gemiddelde wisselkoers 15,02 15,64 16,20 (ZAR : VSA$) [Aangepas uit StatsSA & SARB Quarterly Bulletin, Des. 2019] 3.2.1 Identifiseer die ekonomiese aanwyser wat die gemiddelde verdienste van elke persoon in die land weerspieël. (1) 3.2.2 Noem EEN internasionale instelling wat vereis dat Suid-Afrika se ekonomiese aanwysers gestandaardiseer word. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk. (2) 3.2.4 Hoe word die werkloosheidskoers in die land bepaal? (2) 3.2.5 Hoekom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika se ekonomiese aanwysers volgens internasionale voorskrifte gestandaardiseer word? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2020 SS/NSS 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FOKUS OP SPESIALE EKONOMIESE SONES Die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program het ontstaan uit ontwikkelings in die nasionale ekonomiese beleide en strategieë, soos die Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk. Die SES-beleid het gehelp om uitdagings met die huidige nywerheidsontwikkelingsones, wat deel van die Ruimtelike- Ontwikkelingsinisiatiewe gevorm het, te hanteer. Die Buitelandse Investeringstoelaag en Kritieke Infrastruktuurprogram is sommige van die finansiële aansporings wat streeksontwikkeling bevorder. [Aangepas uit Business Report, 2019] 3.3.1 Gee EEN voorbeeld van 'n ruimtelike-ontwikkelingsinisiatief in Suid-Afrika wat NIE hierbo genoem is NIE. (1) 3.3.2 Watter staatsdepartement is verantwoordelik vir nywerheids- ontwikkeling in Suid-Afrika? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkelingsone. (2) 3.3.4 Hoe help die Buitelandse Investeringstoelaag om streeks- nywerheidsontwikkeling te bevorder? (2) 3.3.5 Hoekom word die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program as 'n verbetering op die huidige nywerheidsontwikkelingsones beskou? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks bevolkingsgroei en lewensverwagting as kenmerke van demografie as sosiale aanwyser. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die sukses van Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) in die Suid-Afrikaanse ekonomie. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie. (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is die fokus van die Nasionale Navorsing- en ontwikkelingstrategie? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SAKESIKLUSSE A B C Klimaatstoestande Vraag-en-aanbodkant- Verbruiker verander wat tot droogtes en beleide bestedingspatrone vloede lei 4.2.1 Identifiseer die eksogene rede vir sakesiklusse in die inligting hierbo. (1) 4.2.2 Noem enige EEN tipe sakesiklus. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. (2) 4.2.4 Hoekom moedig die endogene denkskool owerheidsinmenging in die ekonomie aan? (2) 4.2.5 Hoe kan die Reserwebank 'n vraagkantbeleid gebruik om 'n demper op die ekonomie te plaas? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2020 SS/NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LAISSEZ- FAIRE IS VRY- REGVERDIG! HANDEL MAAK DEURE OOP BESKERMING VERNIETIG WERKSGELEENTHEDE! [Bron: Google images] 4.3.1 Watter internasionale organisasie moedig vryhandel aan? (1) 4.3.2 Noem die term wat met die wêreldwye integrasie van ekonomieë deur handel verband hou. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. (2) 4.3.4 Verduidelik die impak van beskerming op die waarde van die rand. (2) 4.3.5 Hoe sal verbruikers uit 'n beleid van vryhandel voordeel trek? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks goeie owerheidsbestuur en belegging in sosiale kapitaal as maatstafkriteria (verwysings-/normkriteria) vir streeksontwikkeling. (2 x 4) (8) 4.5 Evalueer die sukses van invoervervanging as 'n Suid-Afrikaanse handelsbeleid. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer of te omskryf.  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/ /Vergelyk/ Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Trek 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek Maks. 10 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/ /Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor/Analiseer/Evalueer Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE– 40 MINUTE  Bespreek die rol van markte in die ekonomiese kringloop. (26 punte)  Hoe kan die sakesektor 'n meer positiewe bydrae tot die ekonomie lewer? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, sonder grafieke, die aanbodkantbeleid om ekonomiese groei te bevorder. (26 punte)  Hoekom moet die owerheid meer op klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO's) fokus om die ekonomie te dryf? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all