Skip to content

Economics Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201212 pages

Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 EKONOMIE V2 MODEL 2012 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae. 8. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word nie. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C. 1.1.1 Wanneer die staat eienaarskap van besighede in die privaat sektor oorneem, staan dit as … bekend. A privatisering B kommersialisering C nasionalisering 1.1.2 Wêreldmarkte staan ook as … markte bekend. A kollektiewe B globale C volmaakte 1.1.3 Die lyn wat verskillende kombinasies van goedere toon wat deur 'n verbruiker aangekoop kan word, staan as die … lyn bekend. A begrotings- B produksie- C verkoops- 1.1.4 'n Voorbeeld van 'n openbaresektor-entiteit is 'n ... A publieke maatskappy. B staatshospitaal. C buitelandse besigheid. 1.1.5 Die arbeidsmark in Suid-Afrika word … A deur vraag en aanbod van arbeid ondersteun. B deur werkgewers gedomineer. C deur vakbonde gedomineer. 1.1.6 'n Ekonomies aktiewe bevolking bestaan uit … tussen die ouderdom van 15 en 64. A persone in diens B werklose persone C persone in diens en werklose persone Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.1.7 'n Aanvaarbare reël of gedragsmetode wat 'n invloed op arbeid het, staan as 'n arbeid-… bekend. A konsultasie B konvensie C beweging 1.1.8 In Suid-Afrika is werkloosheid die vernaamste oorsaak van … A xenofobie. B rassisme. C armoede. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Oligopolie A onwettige handel van goedere 1.2.2 Wet van aanbod B die studie van bevolkings 1.2.3 Swart mark C verteenwoordigers van die owerheid, besigheid en 1.2.4 Pareto- arbeidsorganisasies doeltreffendheid D ekonomies gemarginaliseerd 1.2.5 NEOAR ('Nedlac') E positiewe verwantskap tussen prys 1.2.6 Werkloses en hoeveelheid 1.2.7 Demografie F omgekeerde verwantskap tussen prys en hoeveelheid 1.2.8 Wet op Basiese Diensvoorwaardes G die reg op menswaardige werkstoestande H 'n mark waar daar 'n paar groot ondernemings bestaan, byvoorbeeld motorvervaardigers I produksie- en toedelings- doeltreffendheid word bereik (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die bykomende bevrediging wat verkry word deur die verbruik van 'n addisionele eenheid, staan as (marginale/gemiddelde) nut bekend. 1.3.2 Pryse wat onder die ewewigsprys vasgestel word, staan as (minimum/maksimum) pryse bekend. 1.3.3 (Geleentheidskoste/Vaste koste) verwys na die ruil tussen twee produkte. 1.3.4 Die program wat na die 1994-verkiesing geïmplementeer is om rassediskriminasie en ongelykheid te verwyder, staan as (GEAR/ HOP) bekend. 1.3.5 Die (Wet op Gelyke Indiensneming/Wet op Arbeid) word gebruik om gelykheid in die werkplek te behaal. 1.3.6 'n Werkplek-(forum/bespreking) fasiliteer interaksie tussen werknemers en verteenwoordigers van werkers. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1. Noem VIER eienskappe van nut. (4 x 1) (4) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. V1 Prys A V R13 E1 R10 E A V1 R8 V 0 8 20 30 Hoeveelheid 2.2.1 Definieer die wet van vraag. (2) 2.2.2 Dui die oorspronklike ewewigsprys in rand aan. (1) 2.2.3 Beskryf die helling van die aanbodkurwe. (1) 2.2.4 Verwys na vraagkurwe VV en aanbodkurwe AA. (a) Dui die prys, in randwaarde, aan waar daar 'n surplus in die mark sal wees. (b) Bereken die surplus. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) 2.2.5 Wat kan produsente doen indien daar 'n surplus goedere op die mark is? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder oor die produksiemoontlikheidskromme en beantwoord die vrae wat volg. PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME Appels 600 575 M H 300 W 275 S 0 300 450 500 Lemoene 2.3.1 Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskromme (PMK)? (2) 2.3.2 Is produksie by punt H moontlik? Motiveer jou antwoord. (3) 2.3.3 Watter punt word as ondoeltreffend beskou? Motiveer jou antwoord. (3) 2.3.4 Hoeveel appels kan vervaardig word indien al die hulpbronne gebruik sou word om appels te vervaardig? (2) 2.4 Verduidelik die kenmerke van indifferensiekrommes met behulp van 'n grafiek. (4 x 2) (8) 2.5 Onderskei tussen komplementêre goedere en substituutgoedere. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Noem VIER funksies van vakbonde. (4 x 1) (4) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MIV-POSITIEWE SCENARIO'S IN SUID-AFRIKA – 2008 PROVINSIE BEVOLKING PERSENTASIE VAN BEVOLKING WAT MIV-POSITIEF IS Limpopo 5 857 622 12,9% Mpumalanga 3 181 041 7,0% Gauteng 8 170 386 18,0% Vrystaat 2 878 993 6,3% KwaZulu-Natal 9 308 565 20,5% [Bron: Stats SA, 2010] 3.2.1 Watter provinsie het die grootste getal geregistreerde MIV-positiewe mense? (1) 3.2.2 Bereken die getal mense in Gauteng wat MIV-positief is. Dui ALLE berekeninge aan. (3) 3.2.3 Watter maatreëls kan die staat en ekonomiese sektore gebruik om hierdie MIV-pandemie te beveg? (2) 3.2.4 Verduidelik die impak van MIV/Vigs op produksie in arbeidsintensiewe nywerhede. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITGEBREIDE OPENBAREWERKEPROGRAM (UOWP) Die UOWP poog om geleenthede vir die armes en kwesbares te skep deur arbeidsintensiewe programme deur die owerheid. Dit fokus op die skep van infrastruktuur en fisiese dienste, soos die opruim van aanlegte. Ooreenkomste met duidelike teikens vir elke provinsie en munisipaliteit, waarin hul bydraes tot die skep van vier miljoen werksgeleenthede verduidelik word, is deur alle premiers en burgemeesters onderteken. 223 568 werksgeleenthede is tussen 1 April 2009 en 31 Augustus 2009 geskep. [Aangepas uit SA Jaarboek, 2009/10] 3.3.1 Wat word bedoel met openbarewerkeprogram? (2) 3.3.2 Verduidelik die term infrastruktuur. (2) 3.3.3 Wie is verantwoordelik vir die implementering van die Openbarewerkeprogram? (2) 3.3.4 Beskryf, in jou eie woorde, hoe jy dink die Openbarewerkeprogram armoede kan verlig. (4) 3.4 Bespreek kosteverlaging en markte as kenmerke van massaproduksie. (2 x 4) (8) 3.5 Onderskei tussen seisoenswerkloosheid en strukturele werkloosheid. (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Noem VIER faktore wat die vraag na 'n goed kan verander. (4 x 1) (4) 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE MACLEAN BAKKERY Die enigste bakker binne 30 km. Verkoop jy nie Nee, en as jy nie PRYSE volgraanbrood daarvan hou nie, nie? koop elders! Witbrood R4 Dis jammer dat daar nie 'n ander bakkery is nie. Ek gaan vir … en dis nie Hy verkoop eeue wag teen eens altyd net wit, onge- hierdie tempo! vars nie. snyde brood. 4.2.1 Dui die spotprent hierbo 'n voorbeeld van 'n volmaakte mark of 'n monopoliemark aan? Gee 'n rede vir jou antwoord. (4) 4.2.2 Identifiseer 'n voorbeeld van die mark hierbo in Suid-Afrika. (1) 4.2.3 Noem 'n ander markstruktuur buiten 'n volmaakte mark en 'n monopoliemark. (1) 4.2.4 Verduidelik hoe 'n tweede bakkery die dorp se inwoners kan bevoordeel. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ARBEIDSDISPUTE OPGELOS Die KVBA is 'n onafhanklike liggaam wat in 1996 gestig is ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, soos gewysig. Dit word deur geen politieke party, vakbond of besigheid besit of beheer nie, alhoewel die KVBA 'n uitstekende rekord van 1 069 400 arbeidsdispute toon wat tussen November 1996 en 31 Januarie 1997 verhoor is. Die totale getal verlore werksdae as gevolg van nywerheidsoptrede het met 68% gedaal sedert die instelling van die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge in 1995. [Bron: Suid-Afrikaanse Jaarboek 2008/2009] 4.3.1 Skryf die afkorting KVBA volledig uit. (2) 4.3.2 Noem 'n doelwit van die Wet op Arbeidsverhoudinge. (2) 4.3.3 Hoekom, dink jy, is dit belangrik dat die KVBA nie aan enige politieke party, vakbond of besigheid behoort nie? (2) 4.3.4 Hoekom, dink jy, is dit belangrik om die getal verlore werksdae te beperk? (2) 4.3.5 Watter frase uit die uittreksel hierbo dui daarop dat die bekendstelling van die Wet op Arbeidsverhoudinge tot voordeel van die ekonomie in sy geheel was? (2) 4.4 Verduidelik TWEE interne faktore wat 'n verandering in die produksiemoontlikheidskromme kan veroorsaak. (4 x 2) (8) 4.5 Verduidelik kortliks die impak wat werkloosheid op die individu het. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 3 Inhoud: • Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/ Maks. 24 Evalueer/Assesseer • Addisionele deel: Gebruik/trek/teken 'n grafiek/diagram …/ Maks. 6 Lei af/Verduidelik kortliks/Brei uit op …/Jou eie opinie Slot Maks. 2 Interpretasie/Rubriek Maks. 5 TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE Bespreek die verskillende maniere waarop die owerheid in die mark inmeng. Beskryf verder kortliks die redes waarom dit nodig is dat die owerheid in die ekonomie inmeng. [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE Suid-Afrika se transformasie na demokrasie in 1994 het gelei tot ernstige pogings om 'n totale verandering in die lewens van gewone Suid-Afrikaners te bring. Skryf 'n opstel oor die pogings tot herstel sedert 1994 en gee 'n kort oorsig oor die opleidingsprogramme wat deur die owerheid ingestel is om lewens te verander. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorgehou

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all